S v Planck (194/94) [1995] ZASCA 23 (27 March 1995)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm and sentenced to six months' imprisonment — Appellant contended sentence was shockingly inappropriate — Court must consider whether trial court exercised discretion judicially — Factors considered included appellant's status as a first offender, personal circumstances, and the nature of the crime — Sentence upheld as appropriate given the seriousness of the offense and the lack of provocation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 23
|

|

S v Planck (194/94) [1995] ZASCA 23 (27 March 1995)

SAAKNOMMER: 194/94
/jvdm
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
W PLANCK APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, STEYN, ARR et NICHOLAS,
Wnd AR
VERHOOR
: 13 MAART 1995
GELEWER
: 27 MAART 1995
U I T S P R A A K
STEYN, AR/
2
STEYN AR:
Op 5 Augustus 1993 is appellant in die Kimberleyse landdroshof
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en
gevonnis tot
6 maande gevangenisstraf. Daarna het appellant in hoër beroep gegaan na die
Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof
teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Sy appèl is in toto van die hand gewys maar verlof is daarna aan hom
verleen om teen sy
vonnis na hierdie Hof te appelleer.
Díe tersaaklike feite deur die landdros bevind is soos
volg.
Die voorval het plaasgevind op die Spoornet perseel, Kimberley, op 22 April
1993. Al die betrokkenes was in diens van daardie organisasie.
Die klaer, mnr
Mervin Johnson, en sekere van sy kollegas was besig met 'n vergadering van
werkersverteenwoordigers in 'n kantoor
op die perseel. 'n Biblioteek was deel
van die geboue-kompleks waarin die vergadering plaasgevind het. Bouwerk was by
daardie kompleks
aan die gang en los stukke yster pype en stawe het
3
buite rondgelê.
Die klaer hoor 'n geluid wat hy beskryf het as "'n
hengse geraas en gedruis buitekant". Die vergadering is terstond om verstaanbare
redes verdaag en almal het uitgegaan om te sien wat aan die gang is. Dit was 'n
optog van om en by 200 SARWU lede ter herdenking
van 'n voorval op die
Germistonse stasie op 22 April 1986 waartydens daar lewensverlies was. Die doel
van die optog was om van die
Spoornet owerhede te eis dat 22 April 'n jaarlikse
betaalde vakansiedag verklaar moet word. Appellant was een van die optogleiers.
Soos die optog voortbeweeg het, is geboue binnegegaan deur lede daarvan en
werkers wat daarin was, gedwing om daaraan deel te neem.
Appellant self het 'n
skoonmaker aldus gedwing. Sekere Spoomet werkers wat nie aan die optog wou
deelneem nie het in die biblioteek
gaan skuil en die deur daarvan is op hul
versoek van buite met 'n slot gesluit. Appellant is deur 'n optog-ganger vertel
van die
werkers wat daar skuil. Hy is toe soontoe om hulle uit te haal en
4
die optog in te dwing. Hy was in die proses om vir daardie doel die slot met
'n stuk yster oop te breek toe hy deur die klaer gewaar
is en gemaan is om dit
nie te doen nie. Daarop het hy sy knipmes uitgehaal, oopgemaak en arm-omhoog
klaer bestorm met die klaarblyklike
doel om hom daarmee te steek. Klaer het 'n
stuk yster staaf of pyp opgetel om hom mee te verweer maar uit vrees vir die
optog-skare
se reaksie, dit toe laat val en appellant se mes-arm vasgevat om die
steekhou af te weer wat toe reeds op hom gemik was. Appellant
het bly poog om
klaer te steek en worstelend het hulle die gang van die vergaderinggebou in
beweeg. 'n Kollega van die klaer het
met 'n "blikkie gas" (seker 'n spuitkan met
traangas) opgedaag. Hy wou heel duidelik appeliant daarmee bespuit. Van die
optog-gangers
skree toe dat appellant sy aanval moet staak want tyd word nou
gemors en die optog moet voortbeweeg. Appellant het daaraan gehoor
gegee en na
die optog teruggekeer. Soos die optog aanbeweeg het, het appellant en van sy
makkers egter kort-kort omgekyk, gepraat
en
5
vinger na klaer
gewys.
Genadiglik is die klaer nie beseer nie en is geen skade aan die slot
of aan ander Spoornet eiendom berokken nie. Dit is egter duidelik
dat as die
klaer hom nie manhaftig teengesit het nie appellant hom sou raakgesteek het. Dat
klaer derhalwe in onmiddelike gevaar
van ernstige besering verkeer het, is
seker.
Klaer se optrede teenoor appellant was besadig en redelik. Daar was
geen verskoonbare rede vir appellant se reaksie daarop nie. Sy
vergryp was
uiteraard so ernstig dat hy terdeë bestraf moet word daarvoor. Dit is
nietemin namens appellant betoog dat die opgelegde
vonnis "skokkend onvanpas en
swaar is" en dat hierdie Hof derhalwe behoort in te gryp en dit so te verminder
dat appellant uit die
tronk gehou word. Daar is o a namens hom betoog dat die
onderhawige 'n geskikte geval is vir korrektiewe toesig ooreenkomstig art
276
(1) van die Strafproseswet 51 van 1977.
Dit is geykte reg dat hierdie Hof nie 'n onbeperkte
6
bevoegdheid het om in te meng met die vonnis deur 'n verhoorhof opgelê
nie. In S v Rabie
1975 (4) SA 855
(A) het Holmes AR die korrekte benadering deur
'n hof van appèl bondig só saamgevat op 857 D-F:
"1. In every appeal against sentence, whether imposed by a magistrate or a
Judge, the Court hearing the appeal

(a) should be guided by the principle that
punishment
is 'pre-eminently a matter for the discretion of the
trial
Court';
and
(b) should be careful not to erode such discretion:
hence the further
principle that the sentence should
only be altered if the discreíion
has not been
'judicially and properly exercised'.
2. The test under (b) is whether the sentence is vitiated by irregularity or
misdirection or is disturbingly inappropriate.
See, as to all of the foregoing, R. v. Mapumulo and Others,
1920 A.D. 56
at p.
57; R. v. Freedman,
1921 A.D. 603
at p. 604 in fin.; S v. Narker and Another,
1975 (1) S.A. 583
(A.D.)
at p. 585C"
7
Op 861-862 het die geleerde regter o a soos volg voortgegaan:
"In considering an appropriate sentence, the following guidelines are of general
application:
(a) 'Let the punishment fit the crime — the
punishment fít the
crime',
sang the Mikado in 1885, echoing the British judicial sentiment of those days.
(W.S. Gilbert was a barrister, who retained his interest,
though not his
practice, in the Courts). The couplet is still quoted in Britain, at any rate in
relation to the retributive aspect
of punishment; see Criminal Law of Scotland,
by G.H. Gordon (1967), p. 50, line 3.
(b) That used
to be the approach in this country, too; see,
e.g., R. v. Motsepe,
1923
T.P.D. 380
in fin.:
'The punishment must be made to fit the crime.'
However, in 1959 this Court pointed out that the punishment should fit
'the criminal as well as the crime';
see R. v. Zonele and Others,
1959 (3) S.A. 319
(A.D.) at p. 330E.
8
(c) The interests of society in punishment were noted in R.v. Karg,
1961 (1)
S.A. 231
(A.D.) at p. 236A-B, and S. v. Zinn, 1969(2) S.A. 537(A.D.) at p.
540G.
(d) Then there is the approach of mercy or compassion or plain humanity. It has
nothing in common with maudlin sympathy for the accused.
While recognising that
fair punishment may sometimes have to be robust, mercy is a balanced and humane
quality of thought which tempers
one's approach when considering the basic
factors of letting the punishment fit the criminal as well as the crime and
being fair
to society; see S. v. Narker and Another,
1975 (1) S.A. 583
(A.D.) at
p. 586D. That decision also pointed out that it would be wrong fïrst to
arrive at an appropriate sentence by reference
to the relevant factors, and then
to seek to reduce it for mercy's sake. This was also recognised in S. v. Roux,
1975 (3) S.A. 190
(A.D.)
(e) And does not Portia refer to the
unstrained quality of
mercy 'which seasons justice', in a memorable passage worthy of judicial study?
(The Merchant of Venice, Act IV, Scene 1 —
a court of justice).
(f) The main purposes of punishment are deterrent,
preventive, reformative
and retributive: see R. v.
Swanepoel,
1945 A.D. 444
at p.
455
9
(g) It remains only to add that, while fair punishment may sometimes have to be
robust, an insensitively censorious attitude is to
be avoided in sentencing a
fellow mortal, lest the weighing in the scales be tilted by incompleteness.
Judge Jeffreys ended his days
in the Tower of
London."
Vroeër, in S v Harrison
1970 (3) SA
684
(A) op 686A het dieselfde geleerde regter reeds gesê:
"Justice must be done; but mercy, not a sledge-hammer, is its
concomitant."
In 'n geval soos die onderhawige waar die misdaad
gepleeg is in die loop, en as deel van arbeidspolitieke optrede en daar geen
beserings
toegedoen of skade berokken is nie, is die persoonlike omstandighede
van die oortreder van besondere belang. Is hy bv van beroep
'n opstoker, is hy
'n leeg-lêer, het hy 'n geskiedenis van misdadigheid, is die misdaad
vooraf beplan en gepleeg vir eie stoflike
voordeel, of is hy 'n persoon wat 'h
bestendige, nuttige bestaan gevoer
10
het voor die vergryp en is dit gepleeg op die ingewing van die oomblik,
ens.
Wat hierdie aspek betref is die wesenlike feite soos volg: Appellant was
reeds 'n man van 36 ten tyde van die misdaad, hy was 'n eerste
oortreder en 'n
gesinsman wat sy kinders uit sy verdienste onderhou, hy was toe reeds 11 jaar in
diens van Spoomet en het op 22 April
1993 'n salaris van R900,00 per maand
verdien. Indien moontlik behoort so 'n persoon in 'n geval soos die onderhawige
uit die gevangenis
gehou te word.
Wat dan was die oorwegings wat die landdros
laat besluit het om aan appellant desnieteenstaande 'n vonnis van onopgeskorte
gevangenisstraf
op te lê?
Hy het by 'n ontleding van die gebeure tereg
bevind dat daar strafversagtende en -verswarende omstandighede teenwoordig was
en het
hulle afsonderlik oorweeg en die kumulatiewe effek van die twee stelle
faktore toe teen mekaar opgeweeg. Dit was die korrekte
11
benadering. Of hy korrek was met wat hy as strafverswarende faktore beskou
het en dan evalueer het is egter hier die kern-vraag.
Hy het die feit dat
appellant 'n eerste oortreder was wat in diens was soos hierbo uiteengesit tereg
as strafversagtende faktor in
ag geneem. Dat appellant op 36 jarige ouderdom
steeds 'n skoon rekord had, het die werking van dié faktor versterk. Die
landdros
het appellant se ouderdom egter eerder as strafverswarend dan
versagtend beskou. Dit blyk uit die volgende passasie in sy vonnis
uitspraak:
"Verder is dit so dat die beskuldigde 'n man is van 36 jaar oud. Hy beskik, of
behoort oor die vermoë te beskik om verantwoodelikheid
te dra vir sy
wandade. Die Hof het nie hier te make met 'n jong kind wat nog minder moreel
verwytbaar is nie. Ook nie met 'n man
wat jare der jare op 'n laat stadium in sy
lewe 'n misstap begaan het nie, maar met 'n man van 36 jaar oud."
[Enkele klein taalkundige veranderings is hier aangebring om die leesbaarheid
van die aanhaling te verbeter]
Die strafversagtende
effek van appellant se skoon rekord
12
is na my mening egter soos reeds gemeld, deur sy ouderdom merkbaar versterk.
Die landdros behoort dit só in ag te geneem het,
maar het dit nie gedoen
nie.
Die landdros neem ook ter strafversagting appellant se diens by Spoomet,
sy inkomste en versorging van sy kinders in ag, maar voeg
die volgende dan
by:
"Hy het egter vandag nie 'n sent vir 'n boete nie en sy raadsman doen aansoek
vir 'n uitstelboete, sou 'n boete opgelê word."
Dit is vir
my onduidelik waarom die landdros hierdie opmerking gemaak het veral in die lig
van sy latere opmerking dat gevangenisstraf
in die onderhawige geval die
"enigste vorm van straf is".
Die landdros hou dit as strafverswarend teen appellant dat hy geen berou
getoon het nie. Maar appellant het deurgaans volgehou dat
hy nie die klaer
enigsins aangerand het of die biblioteek se slot probeer oopbreek het nie. Sy
getuienis in dié verband is
tereg deur die
13
landdros verwerp, maar om verstaanbare redes was dit vir appellant onmoontlik
om berou te vertoon. Die feit dat hy dit nie gedoen
het nie beteken nie dat hy
inderdaad geen berou had nie. Die landdros behoort die nie-berou-betoon derhalwe
buite rekening te gelaat
het.
Die ander strafverswarende faktore wat die
landdros bevind en by bepaling van die vonnis in ag geneem het, was:
(a) die aard en erns van die misdaad, wat met dolus directus gepleeg
is;
(b)
die wyse
waarop dit gepleeg is;
(c)
die afwesigheid van
provokasie;
(d)
appellant se
"motief";
(e) sy lafhartige optrede deur een persoon aan te rand terwyl hy geweet het hy
het nog 199 mense om hom;
(f)
die feit dat dit 'n aanranding oor die kleurgrens heen
was;
(g) die feite dat hy 'n ander persoon (die skoonmaker) "uitgepluk" het om aan
die optog deel te neem, en die biblioteek
wou
14
oopbreek; (h) die voorkoms van optogte in die Kimberley gebied waartydens
"mense amok maak en mense beseer en eiendom beskadig in
die proses"; (i) die
feit dat waar mense "in hierdie tipe van misdryf" in massa handel en misdade
pleeg en dit dan baie moeilik is
om die misdadigers op te spoor, besonder swaar
vonnisse opgelê behoort te word op die boosdoeners wat wel gevang word.
Met
faktore (a), (b) en (c) kan daar nie getwis word nie. Ten aansien van faktor
(d), appellant se "motief', bedoel die landdros moontlik
sy opset om klaer aan
te rand, want in die vonnis uitspraak sê hy die volgende:
"Hy begin om die klaer daar met 'n mes aan te rand of te dreig. Die motief werk
dus verswarend mee."
ïn 'n vroeëre passasie sê
die landdros ook die volgende:
15
"... die rede vir enige aanranding speel 'n baie groot rol. As 'n man onder
provokasie handel en hy steek dan, is dit versagtend.
In hierdie geval is daar
egter geen sprake van provokasie nie. Trouens, die motief werk ook verswarend
mee."
Indien sy bedoeling hiermee was soos hierbo uiteengesit,
belaai hy appellant twee keer met wesenlik dieselfde verswarende oorweging,
t w
die aard en ems van die misdaad en die bedoeling om appellant ernstig te beseer.
Dit behoort hy nie te gedoen het nie. Indien
ek egter met my vertolking daarvan
verkeerd is,belaai hy appellant met 'n verswarende faktor waarvan die aard en
inslag nie verduidelik
is nie. So 'n duistere verswaring is nie geoorloof
nie.
Wat faktor (e) betref is die grondslag van so 'n bevinding van
lafhartigheid afwesig en is dit nie geoorloof nie. Daar is geen getuienis
dat
die skare appellant aangemoedig het nie al was hy een van hul leiers. Hulle het
hom trouens versoek om sy optrede te staak. Appellant
se optrede was
klaarblyklik 'n hoogspersoonlike reaksie op klaer se inmenging in sy poging om
die biblioteek binne te gaan. Hy
16
het ook nie die ander optoggangers versoek om hom te ondersteun nie. Ten
aansien van faktor (f) was dit wel so dat een van die twee
betrokkenes swart was
en die ander wit en dat die voorval in daardie sin 'n aanranding oor die
kleurgrens heen was. Maar dit was
geen rasse-voorval nie. Appellant het die
klaer nie aangeval omdat hy wit was nie maar omdat hy hom gedwarsboom het. Die
landdros
se foutiewe benadering tot hierdie aspek blyk uit die volgende wat hy o
a daaroor te sê gehad het in sy uitspraak op vonnis:
"Die Hof mag nie toelaat dat witmense swartmense aanrand en andersom nie,
trouens die Hof mag geen aanranding toelaat nie,
maar die Hof moet ook kyk
waar rasse-bakleiery plaasgevind het
.
Ek kan nie bevind dat hierdie 'n rassistiese aanval was nie, maar die Hof
moet dit in beperkte mate in ag neem
dat die klaer seer seker ook
vemeder
moes gewees het terwyl hy die belange van sy werkgewer op die
hart dra, word hy sonder meer aangeval"
[my
onderstreping]
Waarom moet sy "vernedering" slegs "in beperkte mate" in ag
17
geneem word as dit nie aan die rasse-faktor gekoppel was in die landdros se
gedagte nie? Na my mening behoort die landdros nie hierdie
faktor enigsins in ag
te geneem het nie.
Faktor (g) is weliswaar tot 'n mate verswarend maar dit is
die soort oorweging wat met omsigtigheid benader moet word. Dií
is aan
die misdaad gekoppel as deel van die omringende omstandighede daarvan. Maar
appellant is nie daarvan aangekla nie. Die landdros
het na my mening die
verswarende werking van hierdie faktor oorbeklemtoon. By die ophaal daarvan
sê hy bv die volgende:
"So nou begin die gemeenskap se belange baie sterk na vore tree. Nou begin die
Hof daaraan dink om te straf met die oog op afskrikking
..."
Faktore (h) en (i) hang saam. Daardie aspekte was nie in die
onderhawige saak teenwoordig nie, en dus nie relevant by strafbepaling
nie. Die
betrokke optog-gangers het nie amok gemaak en eiendom beskadig nie. Die klaer
het trouens geen probleem gehad
18
met die optog as sulks nie. Appellant het slegs as enkeling opgetree en was
onmiddelik uitkenbaar. Dit was derhalwe ook nie 'n geval
waar die boosdoener
moeilik opspoorbaar was nie en gevolglik ook nie 'n geval waar 'n "besondere
swaar vonnis" om daardie rede oplegbaar
was nie. Die landdros het hom hier na my
mening ook wanvoorgelig. Dit was aan ons as 'n verdere belangrike
strafversagtende faktor
gesubmiteer dat appellant redelik moontlik deur die
"skare-psigose" só beïnvloed was dat hy daardeur dermate opgesweep
en meegesleur was dat hy abnormaal gehandel het en derhalwe minder strafwaardig
was as wat hy andersins sou gewees het. Dit is betoog
dat die landdros daardie
moontlikheid verkeerdelik nie in ag geneem het nie. Daar steek na my mening niks
in dié betoog nie.
Daar is geen getuienis wat aantoon dat so 'n redelike
moontlikheid bestaan nie. Appellant was trouens een van die leiers van die
optog
en sou eerder self enige meesleuring gedoen het as andersom Hy het ook nie self
gesê dat hy enigsins deur die skare beïnvloed
was nie. 'n Mate
van
19
opwinding moes by die betrokkenes teenwoordig gewees het, maar geen
meesleuring of deïndividualisering nie.
Na my mening het die landdros
hom wanvoorgelig in die opsigte hierbo uiteengesit. Alhoewel hulle elk op
sigself geneem moontlik nie
as beslissend beskou behoort te word nie, is dit
anders wat hul kumulatiewe effek betref. Die kumulatiewe effek van die gemelde
wanvoorligtings
is sodanig dat hierdie Hof die gepastheid van die opgelegde
vonnis kan heroorweeg, en indien nodig, kan vervang.
Na my mening was
appellant weens die gemelde wanvoorligtings te swaar gestraf en kan die
opgelegde vonnis derhalwe nie staande bly
nie.
Die persoonlike omstandighede
van appellant, die feit dat die voorval op die ingewing van die oomblik
plaasgevind het, van korte duur
was en daar geen liggaamlike beserings of
saakbeskadiging was nie, dat die misdaad gepleeg is in 'n atmosfeer van
arbeids-politieke
opwinding, al was dit dan slegs matig, en dat appellant
gewis
20
sy werk sal verloor as hy tronk toe moet gaan, het na my mening tot gevolg
dat die gepaste straf in hierdie geval een is wat hom weliswaar
gevoelig sal
tref maar hom nietemin in staat sal stel om sy werk te behou en met sy lewe
voort te gaan. Hy is goeie mensmateriaal
en is die soort van persoon wat in
weerwil van sy vergryp as nuttige landsburger behoue moet bly. Hierdie is na my
mening egter nie
'n geskikte geval vir korrektiewe toesig nie. 'n Gepaste straf
na my mening sal 'n boete wees in 'n bedrag wat vir appellant gevoelig
sal wees,
met 'n altematiewe tydperk van gevangenisstraf en 'n verdere tydperk van
gevangenisstraf opgeskort vir 3 jaar. Mnr Olivier,
namens appellant, het
aangedui dat appellant instaat sal wees om 'n boete van R1000 te betaal by wyse
van periodieke afbetalings.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak:
(1)
Die appèl
slaag.
(2)
Die opgelegde vormis van 6 maande
gevangenisstraf word tersyde gestel en met die volgende bestraffing
vervang:
21
'n Boete van R1000,00 of 3 maande gevangenisstraf plus 'n verdere 3 maande
gevangenisstraf wat opgeskort is vir 3 jaar op voorwaarde
dat appellant nie
skuldig bevind word aan aanranding met die opset om ernstig te beseer wat
gepleeg is gedurende die tydperk van
opskorting nie.
MT STEYN
AR
SMALBERGER, AR) Stem saam NICHOLAS,Wnd AR)