S v Kubheka en 'n Ander (651/93, 421/94) [1995] ZASCA 18 (24 March 1995)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Robbery — Conviction based on confessions and evidence — Appellants convicted of murder and robbery of a police officer — First appellant's conviction challenged on grounds of coerced confession — Second appellant's conviction upheld based on confession and evidence linking him to the crime — Court held that the state proved the guilt of the appellants beyond reasonable doubt, rejecting claims of coercion and affirming the validity of the confessions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 18
|

|

S v Kubheka en 'n Ander (651/93, 421/94) [1995] ZASCA 18 (24 March 1995)

NIE RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER 651/93
421/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MALEFETSANE J KUBHEKA
EERSTE APPELLANT
en
MOLALEHI P
MOTLOKOA
TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: E M GROSSKOPF, NIENABER, ARR et OLIVIER,
Wnd AR
VERHOORDATUM
: 20 FEBRUARIE 1995
LEWERINGSDATUM
: 24
MAART 1995
UITSPRAAK
OLIVIER, Wnd AR:
Eerste appellant is op 18 November 1993 deur 'n regter en
twee
2
assessore in die Rondgaande Hof te Harrismith op die volgende aanklagte
skuldig bevind:-
1. Roof met verswarende omstandighede soos omskryf in artikel 1 van Wet 51 van
1977, deurdat hy op of omtrent 19 Mei 1993 te Phuthaditjhaba
wederregtelik en
opsetlik vir sersant Hadibonoe Peacock Tsosane en/of Refiloe Anastacia Mondwene
geweld aangedoen het en met die
opset om te steel 'n vuurwapen, magasyn en
ammunisie uit die besit van gemelde Tsosane gesteel
het.
2.
Moord op
gemelde Tsosane te genoemde plek en tyd;
3. Oortreding van artikel 2 gelees met artikels 1, 39 en 40 van Wet 75 van 1969
deurdat hy in die periode 19 Mei 1993 tot 6 Junie
1993 te Witsieshoek
wederregtelik en opsetlik in besit van 'n vuurwapen, te wete 'n 7,G5mm pistool,
was.
4. Oortreding van artikel 36 gelees met artikels 1, 39 en 40 van Wet 75 van 1969
deurdat hy op bogenoemde tyd en plek wederregtelik
en opsetlik in besit was van
ammunisie, te wete 14 rondtes 7,65mm
3
patrone en 7 rondtes 9mm patrone, sonder om in regmatige besit van
'n vuurwapen te wees waaruit sodanige ammunisie afgevuur kan
word.
Tweede appellant is deur dieselfde hof aan die eersgenoemde
twee misdade, nl die roof en moord, skuldig bevind.
Eerste aopellant
is soos volg gevonnis: Aanklag 1 (roof): 7 jaar gevangenisstraf. Aanklag 2
(moord): Die doodvonnis.
Aanklagte 3 en 4 (saamgeneem vir vonnisdoeleindes):
9 maande gevangenisstraf.
Tweede appellant
is soos volg gevonnis:
Aanklag 1 (roof): 7 jaar gevangenisstraf. Aanklag 2 (moord): 15 jaar
gevangenisstraf.
Die verhoorhof het gelas dat vier jaar gevangenisstraf,
opgelê ten aansien van die roofklag, gelyktydig met die gevangenisstraf
ten opsigte van die moordklag uitgedien kan word. Tweede appellant is derhalwe
tot 'n effektiewe termyn van 18 jaar gevangenisstraf
gevonnis.
4
Die verhoorhof het aan eerste appellant verlof verleen om na hierdie Hof in
hoër beroep te kom teen die skuldigbevinding en vonnis
op aanklag 1 (roof).
Appellant kom van regsweë in hoër beroep teen die skuldigbevinding en
vonnis in geval van aanklag
2 (moord).
In die geval van tweede appellant het
die verhoorhof verlof geweier om teen die skuldigbevindings en vonnisse te
appelleer. Sodanige
verlof is deur hierdie Hof aan hom verleen.
Die
agterarond
Tydens die verhoor was eerste appellant beskuldigde een en tweede appellant
beskuldigde drie. Ene Mabote Phillip Mosia was beskuldigde
twee.
Die aanklagte spruit voort uit die volgende:
Die oorledene was 'n
lid van die Qwa-Qwa Polisie en werksaam by die dwelm-eenheid. Op die betrokke
aand het hy in 'n bruin Mazda-voertuig,
'n polisiemotor met registrasienommer
MRY 967T, in Phuthaditjhaba gery. Toe hy laas lewend deur sy kollegas gesien is,
was daar 'n
vrouepersoon saam met hom in die motor en was hy, volgens die
polisiegetuienis, op soek na 'n
5
ander voertuig. 'n Kollega van hom, konstabel Lehoaba, het gesien dat die
oorledene in Totiusstraat af ry. Vier of vyf minute later
het hy hom met sy
motor gevolg. Net anderkant die Qwa-Qwa Primêre Skool het hy die oorledene
se motor sien staan en opgemerk
dat 'n persoon agter die voertuig op die grond
lê. Lehoaba het stilgehou, uitgeklim en vasgestel dat die persoon op die
grond
die oorledene was en dat hy dood is. Daar was baie bloed aan sy voorkant.
Lehoaba het in die oorledene se voertuig geklim om per
radio polisiehulp te
ontbied, toe hy 'n gestamp in die bagasiebak hoor. Hy het dit oopgesluit en die
vrou wat vroeër saam met
die oorledene in die motor was, het uitgeklim.
Konstabel Lehoaba het 'n aantal patroondoppies en koeëlpunte wat later
deur die polisie in beslag geneem is daar op die grond
sien lê. Die pad
was met klippe versper waar die oorledene se motor gestaan het. In 'n nadoodse
ondersoek deur die distriksgeneesheer,
Dr Mokhatla, is sewe koeëlwonde in
die liggaam van die oorledene en wel in die linkerbors en -arm gevind. 'n 7,65mm
koeëlpunt
is in die liggaam gevind. Twee van die
6
koeëlwonde het die hart deurboor. Die skote is afgevuur op 'n afstand
van een meter of meer, direk en min of meer horisontaal
in die oorledene se
borskas in.
Die vrou wat saam met die oorledene in die polisievoertuig gery
het en deur konstabel Lehoaba uit die bagasiebak daarvan bevry is,
was Refiloe
Anastacia Mondwene. Haar getuienis lui dat sy nie-amptelik saam met die
oorledene in die polisievoertuig was. Terwyl
hulle naby 'n skool gesit en wag
het, het 'n huurmotor sonder registrasienommers by hulle verbygery. Oorledene
het gesê dat
hy dié voertuig gaan agtervolg om ondersoek in te
stel. Hulle het die huurmotor egter uit die oog verloor en teruggekeer na
die
plek waar hulle voorheen gesit en wag het, toe hulle opmerk dat die pad daarheen
met klippe versper is. Oorledene het stilgehou
en gesê hy sal die klippe
met sy hande verwyder. Hy wou net uit die voertuig klim, toe persone van buite
die deur aan die bestuurder
se kant oopgepluk het. Dit was 'n hele paar persone,
sy weet nie hoeveel nie. Hulle het oorledene beveel om uit te klim en hom na
die
agterkant van die motor getrek. Dit het vir haar geklink
7
asof klere skeur en asof 'n klapper afgaan. Een van die persone het na haar
kant van die voertuig beweeg en 'n vuurwapen op haar gerig.
Hy het 'n klapmus
opgehad en het haar beveel om uit die motor te klim. 'n Ander manspersoon het
gesê: "Skiet haar", maar die
een met die vuurwapen het geweier. Sy is toe
in die bagasiebak gestop. Sy kon geeneen van die aanvallers, wat Sesotho gepraat
het,
identifiseer nie want hulle het klapmusse opgehad.
Sy het gesien dat die oorledene 'n vuurwapen by hom gehad het. Toe hy uit die
voertuig getrek is, was die vuurwapen nog aan sy sy.
Toe die aanvallers haar
gegryp het om haar in die kattebak te prop, het sy die oorledene agter die motor
op die grond sien lê.
Die oorledene se dienspistool en sy ammunisie is
deur die aanvallers buitgemaak.
Die kernvraag voor die hof
a quo
was of die staat bo redelike twyfel
die aandadigheid van die drie beskuldigdes aan die gemelde misdade bewys het.
Die verhoorhof
het hierdie vraag ten gunste van die staat beantwoord in die
geval van die twee appellante; beskuldigde twee is onskuldig bevind
en
8
ontslaan.
In 'n neutedop saamgevat, is die staat se saak teen
eerste
appellant
gebaseer op 'n verdoemende bekentenis wat hy op Vrydag, 11 Junie
1993 te Phuthaditjhaba voor landdros Tshabalala afgelê het;
op uitwysings
van en by die misdaadtoneel op dieselfde dag aan kaptein Symington van die SA
Polisie; en op die ontdekking van die
vuurwapen waarmee die moord gepleeg is, 'n
7,65mm pistool, in eerste appellant se woning op 5 Junie 1993.
Die staat se
saak teen
tweede appellant
berus op 'n bekentenis wat hy voor landdros
Tshabalala afgelê het op 14 Junie 1993 en waarin hy sy aandadigheid aan
die roof
en moord erken het; en die ontdekking van oorledene se vuurwapen, 'n
Z88 9mm pistool, by ene Godfrey Malinga, terwyl dit beweer is
dat die vuurwapen
na die misdrywe in tweede appellant se huis was en op sy instruksies (terwyl hy
in die gevangenis in Virginia was)
deur sy eggenote daaruit verwyder is en
uiteindelik in Malinga se besit beland het.
Ek behandel eers die
eerste appellant
se skuldigbevinding deur die hof
a quo
.
9
(a)
Die bekentenis voor landdros Tshabalala op 11 Junie 1993
.
Omdat
die voorgelegde bekentenis voldoen het aan die formele vereistes gestel in art
217(1) (a) en (b) van die Strafproseswet, het
die hof a
guo
beslis dat
die las om te bewys dat die bekentenis ontoelaatbaar is, op eerste appellant rus
en wel op 'n oorwig van waarskynlikhede.
Sy advokaat het te kenne gegee dat hy
sal poog om te bewys dat die bekentenis onder dwang afgelê is weens
aanrandings op en
dreigemente teenoor eerste appellant; dat hy onbehoorlik
beïnvloed is tot die aflegging daarvan en dat hy, wat die inhoud daarvan
betref, voorgesê is.
Eerste appellant se getuienis ten aansien van die beweerde aanrandings en
dreigemente is die volgende:
(1) Na sy arrestasie op 5 Junie 1993 is hy in die Phuthaditjhaba-polisieselle
toegesluit tot om 19h00. Nege polisiemanne het die
sel binnegekom en gesê
hulle soek vuurwapens. Kaptein van Staden het 'n vuurwapen op hom gerig. Hy is
beveel om uit te trek
en 'n klapmus asook 'n sak is oor sy kop getrek. Die sak
is om sy nek vasgemaak.
10
Hy is beveel om plat op die sementblad te gaan lê. Een van die
polisiebeamptes het op sy rug gaan sit en sy hande agter sy
rug vasgeboei.
Kabels is aan sy voete vasgemaak en iets is op sy boude en privaatdele gevryf.
Hy het toe begin voel dat hy versmoor.
Hy is aanhoudend gevra waar die
vuurwapens is. Die aanranding het 'n uur-en-'n-half geduur. Eerste appellant het
konstabel Matagoe,
konstabel Leohaba en sersant Motloung as sommige van die
aanranders uitgewys; volgens hom was kaptein van Staden ook teenwoordig.
(2) Op Maandag 8 Junie het daar weer van Phuthaditjhaba se polisie-beamptes by
die selle waar hy aangehou was, opgedaag en hy is
weer geskok en versmoor. Dit
het langer as 'n uur aangehou. Hulle wou van hom weet wat hy van die dood van 'n
polisieman op 5 Junie
weet. (Hierdie navraag het nie op die dood van Tsosane
betrekking gehad nie maar op die moord op die ondersoekbeampte wat besig was
om
Tsosane se dood te
ondersoek)
(3)
Op
Dinsdag 9 Junie is hy weer op dieselfde wyse aangerand, en
wel
11
deur dieselfde persone.
Hy het voorts getuig dat hy op 11 Junie
deur kaptein van Staden onder polisiebegeleiding na Harrismith gestuur is om
daarvoor 'n blanke
landdros, mnr Breyl, 'n bekentenis af te lê. Hy het
egter aan die landdros vertel hoe hy aangerand is en sy beserings uitgewys.
Die
landdros het hom na Phuthaditjhaba teruggestuur.
Eerste appellant is
teruggeneem na kaptein van Staden se kantoor. Daar het laasgenoemde die
kantoordeur toegemaak, sy vuurwapen uitgehaal
en oorgehaal en gesê dat hy
nie van die aanranding mag vertel nie; dat hy hom gaan doodmaak en dat sy
familie nie eers daarvan
sal weet nie; en dat hy nou geneem sal word na 'n
landdros van Qwa-Qwa waar hy moet sê dat dit hy is wat die oorledene
geskiet
het. Eerste appellant getuig dat hy weens vrees ingestem het en na
Phuthaditjhaba geneem is waar hy die gewraakte bekentenis voor
landdros
Tshabalala afgelê het.
Hy het getuig dat hy die bekentenis afgelê
het omdat hy weens die aanranding vreesbevange was. Die inhoud daarvan is leuens
en versinsels.
12
Hy het voorts getuig dat 'n sersant Motloung hom R20 000 aangebied het as hy
die skuldiges sou uitlewer. Eerste appellant sê
dat hy dié aanbod
aanvaar het. Verder is belowe dat as hy die skuldiges aan die moord uitlewer,
die ondersoek teen hom in
verband met die vuurwapen gestaak sou word.
Namens
eerste appellant is landdros Breyl as getuie geroep. Volgens sy aantekeninge het
eerste appellant aan hom gesê dat hy
vanaf die Saterdag aangerand is. Hy
het vier klein rofies aan sy groottone as die plek waar hy na bewering geskok
is, gewys. Daar
was geen sigbare swelsels nie. Geen verdere beserings is
waargeneem nie, ook nie op sy rug nie, hoewel eerste appellant sy hemp opgelig
het om sy rug te ontbloot. Hy het ook van die sak oor sy kop en van die skok
vertel. Tien mense het hom na bewering geslaan en gedreig.
Daar is verwys na 'n
polisiekaptein wie se naam eerste appellant nie geken het nie. Daar is volgens
sy mededelings aan landdros Breyl,
ook aan hom gesê dat as hy die
skuldiges sou uitwys, hy R20 000 sou kry.
Landdros Breyl het weens hierdie bewerings besluit om geen verdere verkiaring
af te neem nie en die appellant se mededelings genotuleer.
Die
13
notule is voor die hof geplaas en is in ooreenstemming met landdros Breyl se
getuienis.
Hy sê voorts dat daar geen brand- of skraapmerke op eerste
appellant se enkels was nie. Daar was ook geen verdere tekens van
ongemak by hom
nie. Daar was wel vier klein rofies aan sy tone.
Mnr G G Lephe het ook namens
eerste appellant getuig. Hy was die tolk tydens eerste appellant se bogemelde
verklarings aan landdros
Breyl. Volgens hom het hy en eerste appellant mekaar
goed verstaan. Hy kan nie onthou of daar beserings uitgewys is al dan
nie.
Namens eerste appellant is, by ooreenkoms, ook 'n
waarskuwingsverklaringingehandig. Dit is afgelê om 10h15 op 10Junie 1993
en
daarin het eerste appellant bevestig dat hy verkies om sy verklaring voor die
hof af te lê.
Ter weerlegging van eerste appellant se saak het die
staat in die binneverhoor die getuienis van die volgende persone aangebied:
Kaptein
Symington, bevelvoerder van die misdaadondersoekdiens te
14
Bethlehem aan wie die beweerde uitwysings gedoen is; kaptein van Staden, die
hoof van die moord- en roofafdeling te Phuthaditjhaba;
konstabel Machabalo, van
die moord- en roofeenheid te Qwa-Qwa; konstabel Mokhothu, van die
misdaadondersoekdiens te Bethlehem; speurder
Monoto, die ondersoekbeampte in
hierdie saak; konstabel Morenammele, 'n konstabel gestasioneer te Namahadi
Polisiestasie in Qwa-Qwa;
konstabel Lehoaba, van die moord- en roofeenheid te
Phuthaditjhaba en konstabel Motloung van die moord- en roofafdeling te
Qwa-Qwa.
Dit is onnodig om die getuienis van bogemelde getuies in volle besonderhede
weer te gee. Hulle ontken deur die bank enige aanrandings
op of dreigemente teen
die eerste appellant, of dat enige beloning hom aangebied is.
Die verhoorhof het vir 'n uitspraak na die binne-verhoor die gelewerde
getuienis versigtig oorweeg. Daar is vermeld dat die grootste
probleem in die
weg van die staat die getuienis van landdros Breyl, ten aansien van eerste
appellant se bewerings aan hom op 11 Junie
1993, is. Nogtans het die hof
15
bevind dat die bekentenis en die uitwysings toelaatbaar is op grond daarvan
dat eerste appellant se getuienis ongeloofwaardig is.
In sy finale uitspraak
aan die einde van die verhoor het die verhoorhof weer na hierdie aspek
teruggekeer en die binneverhoor-uitspraak
bevestig. Die hof het weer volledig
redes vir gemelde beslissing gegee, nl.
(i) Hoewel eerste appellant aanvanklik ook die verweer opgewerp het dat die
inhoud van die verklaring aan hom voorgesê is, het
hy later blykbaar die
storie laat vaar. Maar waar sal hy dan aan die feite van die gebeure kom, wat so
nou en presies ooreenstem
met dié van Anastacia Mondwene?
(ii) Die eerste appellant se weergawe is aangedik - bv dat nege polisiemanne
hom gelyktydig sou aangerand het en hard geslaan het,
en dat hy 'n uur en 'n
half lank geskok is. Daar is ook geen tekens daarvan op die foto's wat kaptein
Symington geneem het nie.
16
(iii) Wat landdros Breyl se getuienis betref, het die verhoorhof bevind dat
hy en eerste appellant mekaar in verskeie opsigte weerspreek,
o a dat hy
beserings aan sy enkels aan die landdros getoon het; oor wanneer hy aangerand
is; dat vuurwapens op hom gerig is en dat
hy sy rug ontbloot het en beserings
aangetoon het.
(iv) Die verhoorhof het ook opgemerk dat eerste appellant volgens hom op
Saterdag 5 Junie 1993 aangerand is terwyl die bekentenis
en uitwysings eers op
Vrydag 11 Junie 1993 gemaak is;
(v) Die eerste appellant se getuienis dat hy reeds op Woensdag 10 Junie 1993
na die toneel geneem is, word deur die staatsgetuies
en die voorvalleboek
weerspreek.
Die verhoorhof het bevind dat die staatsgetuies en veral kaptein Symington
hom gunstig beindruk het en dat die eerste appellant 'n
swak getuie was. Die
staat se getuienis is aanvaar. Gevolglik is bevind dat die
17
beskuldigde hom nie op 'n oorwig van waarskynlikhede van díe bewyslas
om aan te toon dat hy 'n gedwonge bekentenis gemaak het
of dat hy onbetaamlik
daartoe beïnvloed is, gekwyt het nie.
In hierdie Hof is geargumenteer
dat die hof
a quo
in sy evaluasie van die getuienis gefouteer
het.
Alhoewel hierdie Hof nie maklik met 'n feitebevinding van 'n verhoorhof
sal inmeng nie, meen ek dat dit in die onderhawige saak wel
geoorloof is. Na my
mening het die verhoorhof die oorhoofse perspektief van die gebeure uit die oog
verloor. Die appellant het van
meet af aan geweier om 'n verduideliking te gee
en volgehou dat hy in 'n hof sal getuig. Voor landdros Breyl weier hy om 'n
verklaring
af te lê en vertel volledig hoe hy aangerand en beinvloed is.
Daarvandaan word hy onmiddellik na kaptein van Staden geneem.
Na 'n "gesprek"
met Van Staden word hy na landdros Tshabalala geneem waar hy 'n volledige en
verdoemende bekentenis aflê. Om
nou te aanvaar dat daar niks anders as 'n
onskuldige geselsie tussen hom en Van Staden was nie, is darem te dik vir 'n
daalder. Die
waarskynlikhede begunstig
18
m i eerste appellant se weergawe dat Van Staden hom daar en dan die dood voor
oë gesweer het - welke ander redelike verklaring
is daar vir die skielike
ommeswaai aan sy kant? Geen aanvaarbare verduideliking hiervoor is aan ons
voorgelê nie.
Dit is ook nie sonder betekenis nie dat eerste appellant,
nadat hy van aanranding gekla het, nie deur 'n distriksgeneesheer ondersoek
is
nie. Hoewel eerste appellant se getuienis nie bo kritiek verhewe is nie - dit
kom beslis voor asot hy die aanrandings aandik -
moet die algemene
waarskynlikhede uiteindelik die deurslag gee. Dit sluit in die klaarblyklike
begerigheid van die polisiebeamptes
om 'n bekentenis te bekom. Ek sou dus
oordeel dat eerste appellant hom van die genoemde bewyslas gekwyt het en dat die
bekentenis
ontoelaatbaar was.
(b) Die staat het vervolgens ook staatgemaak op
inkriminerende uitwysings
by die misdaadtoneel en verklarings daartydens deur eerste appellant aan
kaptein Symington op 11 Junie, net nadat hy die bekentenis
aan landdros
19
Tshabalala afgelê het.
Dit is tereg gemeensaak dat die bewyslas ten
aansien van die toelaatbaarheid van die uitwysings en verklarings op die staat
rus.
Volgens kaptein Symington is eerste appellant op 11 Junie na hom gebring
en is hy op die voorgeskrewe wyse ondervra. Onder andere
het eerste appellant
uitdruklik verklaar dat hy die uitwysings vrywillig sal doen en dat hy nie deur
die polisie aangerand is nie
dog goed deur hulle behandel is. Hy het kaptein
Symington, wat nie geweet het waar die misdaadtoneel is nie, aanwysings gegee
hoe
om daar te kom en op die beweerde toneel het hy sekere verduidelikings (wat
verdoemend vir hom is) gegee. In hierdie opsig is kaptein
Symington deur
konstabel Mokhothu, wat as tolk opgetree het, gestaaf.
Eerste appellant se
weergawe is dat hy op die aand van 11 Junie deur twee polisiebeamtes uit kaptein
van Staden se kantoor geneem
is. Hulle het hom na 'n sekere plek geneem, waar hy
aangesê is om met sy arm in die lug voor hom rond te swaai terwyt foto's
van hom geneem is. Hy ontken dat hy
20
iets uitgewys het of 'n verklaring gemaak het. Hy ontken dat hy die
padaanwysings na die toneel gegee het. Sy weergawe is dat daar
reeds 'n geel
Qwa-Qwa potisie-patrolliewa op die toneel was toe hulle daar aangeland het. Die
tolk het 'n vuurwapen op hom gerig
en gesê hy moet nie weghardloop nie. Sy
saak is steeds dat hy voor dié gebeure deur die polisie aangerand
is.
Daar is, weens die beweerde uitwysings deur eerste appellant, geen
voorwerp ontdek nie. Die uitwysings kom dus maar slegs neer op
'n bekentenis
in situ
met aanduiding van waar sekere gebeure sou plaasgevind het. Dit
het, na my mening, plaasgevind steeds omdat eerste appellant aangerand
en
gedreig is, soos reeds bevind. Om die redes reeds aangedui, meen ek dat ook
hierdie uitwysings van eerste appellant aan kaptein
Symington ontoelaatbaar is,
in teenstelling met wat die verhoorhof bevind het.
(c) Eerste appellant is voorts aan die misdaad verbind weens sy besit van die
moordwapen ('n 7,65mm pistool) na die gebeure. Die getuienis
in hierdie
21
verband skets die volgende verhaal:
Konstabel Lehoaba het getuig dat hy na
aanleiding van sekere inligting die eerste appellant op 5 Junie 1983 opgespoor
en na die aanklagkantoor
ontbied het. Daar het hy eerste appellant meegedeel dat
hy oor inligting beskik dat laasgenoemde in besit is van 'n vuurwapen en
hom
gevra of dit so is. Eerste appellant het dit bevestig en gesê dat die
vuurwapen by sy huis is. Later die aand is 'n aantal
polisiemanne, konstabel
Lehoaba ingesluit, na eerste appellant se huis. Daar het laasgenoemde aan die
deur geklop en sy eggenote
het die deur oopgemaak. Eerste appellant het sy
eggenote gevra om die vuurwapen uit te haal wat hy aan haar gegee het. Sy het 'n
pot van 'n staalstaander in die kombuis afgehaal en dit op die tafel neergesit
en gesê dat die vuurwapen daarin is. Eerste
appellant was teenwoordig.
Konstabel Mathakhoe het die pot oopgemaak en 'n 7,65mm pistool uitgehaal, asook
'n magasyn daarin met
sewe rondtes en nog 'n magasyn, hierdie keer 'n 9mm
magasyn, ook met sewe rondtes.
Beslag is op die vuurwapen en die twee magasyne gelê. Eerste
22
appellant se verduideliking vir die besit daarvan was dat hy dit by die
huurmotorstandplaas gekoop het. Die nommers van die pistool
was afgeskuur en dit
was onmoontlik om vas te stel aan wie dit behoort.
Die getuienis van
konstabel Lehoaba is in alle opsigte deur kaptein van Staden gestaaf.
Die
onbetwiste getuienis wat hierna gevolg het, is dat die vyf 7,65mm patroondoppies
wat op die moordtoneel op die grond gevind is
asook die koeëlpunt wat uit
die oorledene se liggaam verwyder is, uit die pistool wat in eerste appellant se
huis gevind is,
afgevuur is. Hierdie getuienis is gelewer deur die
polisieamptenare wat die betrokke pistool, doppies en koeëlpunt na die
ballistiese
laboratorium van die SA Polisie afgestuur het, te wete kaptein van
Staden, sersant Lekhetho en sersant Monoto, en die deskundige
getuies, Jacobs en
Kloppers, wie se verslae by ooreenkoms ingehandig is. Hierdie getuienis is nie
deur die verdediging weerlê
nie.
Eerste appellant se weergawe is dat hy niks van hierdie vuurwapen en die twee
magasyne weet nie en dat dit nooit in sy of sy gade
se besit was nie
23
en dat dit nie in die ware sin van die woord in sy huis gevind is nie. Hy
sê hy is op die betrokke aand vergesel van nege polisiemanne,
onder andere
konstabel Lehoaba en kaptein van Staden, na sy huis geneem. Die polisie het sy
huis deursoek en in dié proses
het Lehoaba skielik gesê: "Hier is
die vuurwapen." Hy was verbaas om dit te hoor want hy was nooit in besit van die
vuurwapen
of die ammunisie nie en weet niks daarvan nie. Hy het ook ontken dat
hy ooit gesë het dat hy dit by die huurmotorstaanplek gekoop
het.
Eerste
appellant se eggenote, Elsie Paseletso, het sy weergawe gestaaf. Sy sê dat
die huis deursoek is en dat sy later gehoor
het een van die polisiemanne
sê: "Hier is die vuurwapen." Sy het nooit daardie aand dié
vuurwapen gesien nie. Daar was
nog nooit voorheen 'n vuurwapen in hul huis
nie.
Aan haar is gestel 'n verklaring wat sy op 11 Junie 1993 afgelê en
beëdig het en wat as bewysstuk ingehandig is. Daarin
verklaar sy dat eerste
appellant op 2 Junie 1993 'n vuurwapen aan haar oorhandig het. Dit was klein en
swart. Sy het dit in 'n kastrol
gebêre. Volgens eerste appellant het
24
hy dit êrens opgetel. In die verklaring verwys sy na die gebeure op die
aand van 5 Junie 1993 toe die polisie saam met haar
man opgedaag het. Daarin
bevestig sy die staat se weergawe: dat eerste appellant haar gevra het om die
vuurwapen uit te haal; dat
sy die kastrol waarin dit was aan 'n polisieman
oorhandig het; dat laasgenoemde díe kastrol oopgemaak en die vuurwapen
wat
sy daarin gebêre het, asook 'n ekstra magasyn wat sy nog nooit
voorheen gesien het nie, uitgehaal het. Sy weet nie deur wie
en wanneer die los
magasyn daarin geplaas is nie.
Elsie Paseletso se verduideliking vir hierdie verklaring was, sagkens gestel,
vol teenstrydighede. Eérs het sy ontken dat sy
hoegenaamd 'n verklaring
afgelê het; later voer sy aan dat sy slegs 'n blanko bladsy op versoek van
'n polisieman onderteken
het; later dat die polisieman aan haar voorgestel het
dat die verklaring betrekking het op 'n eis om onderhoud indien haar eggenoot
nie gevind word nie; later erken sy dat dit haar handtekening onder aan die
dokument is en dat dit sersant Monoto was wat die verklaring
by haar geneem het,
hoewel sy vroeër ontken het dat sy hom ooit voorheen
25
gesien het; nog later erken sy dat die verklaring volledig neergeskryf kon
gewees het en dat sy dit daarna onderteken het. Net daarna
sê sy weer sy
weet nie of dit neergeskryf was of nie. Dan ontken sy weer dat sy enigsins die
inhoud van die verklaring gemaak
het en hou vol dat sy bloot dit wat geskryf
was, onderteken het. Sy weet nie waar die polisie aan die inligting in die
verklaring
kom nie.
Die vehoorhof het, myns insiens tereg, haar getuienis as
ongeloofwaardig verwerp weens al die weersprekings daarin asook haar
onvermoë
om haar vroeëre verklaring te verduidelik. Die hof het ook
die weergawe van eerste appellant as ongeloofwaardig venwerp. Die
verhoorhof het
tereg nie die inhoud van Elsie Paseletso se skriftelike verklaring teen eerste
appellant as getuienis gebruik nie,
maar die getuienis van die polisiebeamptes
teen dié van eerste appellant en sy eggenote opgeweeg en sy weergawe
verwerp.
Dat die betrokke moordwapen, die 7,65mm pistool met die 7 rondtes ammunisie
daarin en die los 9mm magasyn met 7 rondtes daarin, op
die
26
betrokke aand in die huis van eerste appellant gevind is, is myns insiens bo
redelike twyfel bewys.
Eerste appellant en sy eggenote se ontkenning dat hy
die wapen en ammunisie na sy huis gebring en daar gelaat het en hul getuienis
dat die polisie dit daar "gevind" het, kan slegs twee moontlike
verontskuldigende verduidelikings suggereer: dat 'n derde persoon
dit daar
geplaas het, of dat die polisie dit daar geplaas en kamtig gevind het.
Vir
die eerste moontlikheid is daar geen feitebasis nie, en dit kom ook as vergesog
voor: wie is die derde persoon wat dit daar sou
geplaas het; waar sou hy of sy
dit gevind het; hoekom dit juis in eerste appellant se huis gaan plaas en dan
ook heimlik, sonder
dat eerste appellant en sy vrou dit te wete kom en, les bes,
hoe sou die polisie daarvan te wete gekom het? Die ander beskuldigdes
is immers
eers veel later deur die polisie betrek - tweede appellant op 11 Junie en
beskuldigde twee op 9 Junie. Die inligting kon
dus nie reeds al op 5 Junie, toe
die pistool gevind is, van hulle afkomstig gewees het nie. Die vrae, hierbo
gestel, skyn onbeantwoordbaar
te wees.
27
Die ander moontlikheid kan wees dat die polisie self die moordwapen in eerste
appellant se huis gaan versteek het (op die aand van
5 Junie) en dit kamtig daar
gevind het. Maar ook hieroor bestaan daar talle vrae: waar sou hulle díe
moordwapen gevind het?
En hoe sou hulle geweet het dat dít die moordwapen
is? Nie alleen was die nommers daarvan afgevyl nie, maar die ballistiese
toetse
wat bewys het dat die noodlottige skote uit dié wapen afgevuur is, is
eers weke later in Pretoria uitgevoer.
Ek meen dat daar geen feitebasis vir
genoemde verontskuldigende suggesties bestaan nie, en dat die verhoorhof tereg
bevind het dat
dit bo redelike twyfel bewys is dat die moordwapen in eerste
appellant se woning gevind is.
Die blote vonds van die moordwapen in eerste
appellant se woning is as getuienis toelaatbaar, selfs al sou getuienis oor die
uitwysing
deur eerste appellant ontoelaatbaar wees weens die beweerde
aanrandings (art 218 (1) van die Strafproseswet). In die lig van die
bevindings
hierbo gemaak ten aansien van die beweerde aanrandings, volg dit dat eerste
appellant se appêl
28
beoordeel moet word slegs op die basis van die vonds van die moordwapen in sy
woning op 5 Junie, en nie op die basis dat hy die uitwysing
daarvan gedoen het
nie.
Om op te som
: Myns insiens het die staat nie daarin geslaag om
die toelaatbaarheid van die bekentenis aan landdros Tshabalala en die uitwysings
aan kaptein Symington te bewys nie, maar wel op toelaatbare wyse bewys dat
eerste appellant op 5 Junie 1993 in besit van die 7,65mm
pistool was waarmee die
oorlede op 19 Mei 1993 om die lewe gebring is.
Ten slotte moet die vonds van
die moordwapen in eerste appellant se huis - en daarmee ook sy aandadigheid aan
die roof en moord -
in die lig van sy hoofverweer, nl 'n alibi, oorweeg
word.
Eerste appellant het getuig dat hy 'n kleresmous is. Hy sê dat hy
op die dag waarop die misdrywe gepleeg is, om ongeveer 19h00
na sy huis
teruggekeer en gaan slaap het. Hy sê hy kan die spesifieke aand nie onthou
nie, maar hy het 'n ooreenkoms met sy
eggenote om sewe-uur saans tuis te wees
"... want ek drink nou nie meer nie en die omgewing daar waar ons bly,
29
is vol tsotsies". Hy was die aand gladnie van sy huis weg nie.
Toe sy
eggenote onder kruisverhoor gevra is waar eerste appellant op 19 Mei 1993 was,
het sy eers gevra welke dag van die week dit
was. Toe aan haar meegedeel is dat
dit 'n Woensdag was, verklaar sy dat hy by die huis was. Sy sê dat hy na
16h00 by die huis
gekom het. Sy getuig ook dat daar 'n ooreenkoms tussen hulle
is dat hy om 17h00 elke middag tuis sal wees en dat dié ooreenkoms
aangegaan is "... verlede jaar nadat hy geskiet is."
Feit is dat eerste
appellant getuig het dat die ooreenkoms was dat hy om 19h00 tuis moet wees (en
nie 17h00 soos sy sê nie)
en dat hy gladnie die kwessie van die skietery
op hom as oorsaak van die ooreenkoms gemeld het nie, soos wat sy voorgee nie.
Dit
blyk ook uit haar getuienis dat hierdie ooreenkoms nie 'n wet van die Mede
en Perse daargestel het nie, want teen die einde van die
maand is eerste
appellant nie saans by die huis nie. Dan gaan hy ook saans uit om te smous
aangesien die arbeiders dan hul lone gekry
het en sy goedere kan koop.
30
Daar is natuurlik geen
onus
op die appellant om te bewys dat die
alibi-getuienis waar is nie of om die hof daarvan te oortuig nie. Die vraag is
bloot of die
staat bewys het dat dit nie redelikerwys waar kan wees nie. En
hierin word die staat nie gehelp deur weersprekings tussen appellant
en sy
eggenote nie. Wat gedoen moet word, is om die totaliteit van die alibi-getuienis
op te weeg teen al die ander getuienis,
in casu
die vonds van die
moordwapen in eerste appellant se huis, en dan die vraag te vra of die staat bo
redelike twyfel bewys het dat eerste
appellant se alibi nie redelikerwys waar
kan wees nie
(S v Jochems
1991(1) SASV 208 (A) at 211 a - j). As hierdie
werkswyse gevolg word, het mens die posisie dat die moordwapen relatief kort na
die
roof en moord in eerste appellant se besit gevind is en dat hy die vonds
valslik ontken het. Aanvanklik het hy, volgens Lehoaba,
'n verduideliking vir sy
besit van die moordwapen gehad: hy het dit by die huurmotorstaanplek gekoop.
Maar met dié verduideliking
het hy nie volhard nie. By die verhoor ontken
hy enige kennis van die pistool. Tel daarby dat sy en sy eggenote se getuienis
oor
die alibi die verhoorhof tereg nie beïndruk het nie. Op die totaliteit
van al
31
hierdie getuienis meen ek dat daar slegs een redelike afleiding moontlik is,
nl dat sy alibi vals is en dat hy en die moordwapen verbind
is aan die roof en
moord. Die alibi-verweer is dus nie redelik moontlik waar nie (sien
R v Biva
1952(4) SA 514 (A)) en die vonds van die moordwapen in eerste appellant se
woning staan onverklaard. Ek meen dus dat die staat bo
redelike twyfel bewys het
dat die eerste appellant by die roof en moord betrokke was.
Op grond van die
toelaatbare getuienis teen eerste appellant kan nie bevind word dat hy die
persoon was wat die skote afgevuur het
wat die oorledene gedood het nie. Maar
uit Anastacia Mondwene se getuienis is dit duidelik dat al die persone wat op
die moordtoneel
was, deelgeneem het aan die gebeure en mekaar gehelp het om die
oorledene uit sy motor te pluk en agtertoe te sleep. Daar is hy om
die lewe
gebring en van sy dienspistool beroof.
Die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word, is dat eerste appellant
een van die aanvallers was en dat hy hom vereenselwig
het met die moord en roof.
Daar is gevolglik bo redelike twyfel bewys dat éerste appellant
32
saam met die ander aanvallers die gemeenskaplike opset gehad het om die moord
en roof te pleeg en dat hy aktief daarby betrokke was.
Hy moet dus as mededader
aan die roof en moord hom ten laste gelê, skuldig bevind word (
S v
Safatsa
1988(1) SA 868(A) at 901 H-J).
Eerste appellant se appèl
teen die skuldigbevindings aan klagtes 1 en 2 moet gevolglik van die hand gewys
word.
Wat
tweede appellant
betref, is hy skuldig bevind op twee
gronde, eerstens 'n bekentenis deur hom afgelê en tweedens, sy besit van
die oorledene
se vuurwapen.
(i) Wat die beweerde bekentenis betref, is dit op 14 Junie 1993 deur landdros
Tshabalala te Witsieshoek afgeneem.
Die hof het tereg beslis dat die bewyslas
weens die antwoorde op sommige van die preliminêre vrae op die staat rus
om die toelaatbaarheid
van die verklaring te bewys. Daardie preliminêre
vrae en die antwoorde daarop lees soos volg:-"Vraag 3: Were you influenced
in
any manner what-so-ever by any person
33
to make a statement? Reply: No.
Vraag 5: Did anybody make any promises which influenced you to come and make a
statement? Reply: None.
Vraag 6: Were you prompted by any person to come and make a statement? Reply:
No.
Vraag 7: Did you expect to derive any benefit in one way or another if you make
a statement? Reply: Yes.
Vraag 8: Should previous question be replied to in the affirmative, how do you
expect to benefit? Reply: That will make me not to
change."
Dit is duidelik dat die somtotaal van die voorafgaande vrae
en
antwoorde teenstrydig en dubbelsinnig is. Vanaf vraag 3 tot en
met 6 word
voorgegee dat daar geen onbetaamlike beïnvloeding, dwang, beloftes
of
voorsêery was nie. Volgens vraag 7 het die deponent 'n voordeel verwag
as
hy die verklaring maak. Volgens vraag 8 was die voordeel: "That will make
me not to change." Hierdie antwoord is duister en kan daarop dui dat wat
die
34
beloofde voordeel ookal was, die deponent in elk geval van plan was om 'n
bekentenis af te lê. Wat dit egter bedoel was om te
beteken, is
onseker.
Landdros Tshabalala het die deponent nie uitgevra oor hierdie
dubbelsinnige verklaring nie. Hy het hom nie om 'n opheldering daarvan
gevra nie
en ook nie wie die voordeel belowe het, wat die aard van die voordeel was, en
waar en wanneer dít aangebied is nie.
Die gevolg van die landdros se
versuim om hierdie verdere navrae te rig, wat hy verplig was om te doen, (sien
S v Mbonane
1979(3) SA 182 (T) op 186B - 187C;
S v Jika and Others
1991(2) SASV 489 (OK) op 497h; 500 e - h;
S vMaluma en Andere
1990(1)
SASV 65 (T) op 72h) was dat die verhoorhof tereg beslis het dat die bewyslas,
wat die toelaatbaarheid van die bekentenis
betref, op die staat rus.
'n Ander
feit wat voor oë gehou moet word, is dat die verdediging nie aangedui het
op welke aanvalsgronde, om die beweerde bekentenis
van regskrag te beroof, hy
staatmaak nie. Die verdediging was geregtig om sodanige houding in te neem,
gesien die bewyslas wat op
die staat rus, maar die gevolg was dat die staat
iedere en elke getuie wat maar iets met die
35
tweede appellant te doen gehad het sedert sy arrestasie, in die getuiebank
moes paradeer in 'n verhoor-binne-'n-verhoor. Die volgende
getuies het namens
die staat getuig: sersant Koki Monoto, kaptein van Staden, sersant Motloung,
kaptein le Roux, sersant Makhobalo
en sersant Mokoena. Hulle is wydlopend onder
kruisverhoor geneem. Tweede appellant het nie self in die getuiebank gegaan nie,
maar
sersant Ndawo van Korrektiewe Dienste en landdros Maruwa van Witsieshoek as
getuies geroep.
Die kern van die saak is dat tweede appellant op 11 Junie
1993 te Virginia in verband met 'n ander kriminele klag in hegtenis was.
Sersant
Monoto, wat as ondersoekbeampte in hierdie saak oorgeneem het nadat die vorige
ondersoekbeampte vermoor is, het hom, vergesel
van ander polisiebeamptes, daar
gaan haal. Hy is eers in die Harrismith-gevangenis aangehou en is daarvandaan na
die selle in Phuthaditjhaba
geneem vir ondervraging. Op 14 Junie is hy na
landdros Maruwa geneem om 'n verklaring af te lê, maar toe hy daar kom,
het hy
voor die landdros geweier om dit te doen. Die volgende dag het hy wel die
gewraakte bekentenis voor
36
landdros Tshabalala afgelê.
Tweede appellant se advokaat het aan al
die polisiegetuies gestel dat hy deur hulle aangerand en gedreig is. Hulle het
dit deur die
bank ontken.
Sersant Ndawo het namens tweede appellant getuig.
Hy is gestasioneer te Harrismith-gevangenis. Op 13 Junie 1993 het twee speurders
by die gevangenis waar tweede appellant aangehou is, opgedaag met behoorlike
dokumentasie om tweede appellant na die polisieselle
te neem. Toe tweede
appellant besef dat dit speurders is wat hom soek, het hy gesê hy wil nie
saam met hulle gaan nie; hy is
bang vir die speurders, hulle sal hom eers slaan
en dan doodmaak. Op 'n vraag van getuie waarom hy so sê, het hy gesê
hy weet, hy ken hulle. Tweede appellant was opsigtelik verskrik en het gebewe en
gesweet. Getuie het toe sy hoof gaan roep wat aan
tweede appellant die posisie
verduidelik het. Hy is later saam met die speurders weg.
In kruisverhoor gee
dié getuie toe dat 'n persoon wat 'n polisiebeampte van Phuthaditjhaba
vermoor het, presies soos tweede
appellant sal optree wanneer speurders van
daardie plek opdaag om hom te kom haal vir
37
ondervraging. Tweede appellant het in daardie stadium geen beserings gehad
nie; ook het hy nie gekla oor aanrandings toe hy na die
Harrismith gevangenis
oorgeplaas is nie. Onder kruisverhoor het hy ook getuig dat toe tweede appellant
op 17 Junie vanaf Harrismith
na die gevangenis teruggebring is, hy aan getuie
erken het dat die polisie niks aan hom gedoen het nie en het hy normaal
voorgekom.
Nadat die speurders vertrek het, het hy gesê dat hy nie
aangerand was nie.
Landdros Maruwa is vervolgens namens tweede appellant as getuie geroep. Hy is
sedert 1989 'n landdros te Witsieshoek. Hy het getuig
dat hy die voorgeskrewe
vrae op die standaard roneo-vorm vir bekentenisse aan tweede appellant gelees
het, waarop laasgenoemde gesê
het dat hy nie 'n verklaring wil aflê
nie. Getuie het toe 'n polisieman geroep om tweede appellant na die
polisiestasie terug
te neem. Dit het vir getuie voorgekom asof die tweede
appellant baie gesweet het en verskrik voorgekom het. Dit is die enigste
waarneming
wat hy kon maak. Hy het hom nie gevra waarom hy weier om 'n
verklaring af te lê nie.
38
In kruisverhoor erken die landdros dat tweede appellant goed aan hom bekend
was en 'n verhouding met sy niggie gehad het.
Onder kruisverhoor gee hy
toe dat tweede appellant aan hom gesê het dat hy nie aangerand is nie
.
Hy is seker daarvan, want hy herhaal die stelling tweemaal. Ook het hy nie
gesê dat hy beïnvloed is of dat iemand voordele
aan hom belowe het
nie. Die landdros se indruk was dat tweede appellant bang was om 'n verklaring
aan hom te maak omdat hy, getuie,
moontlik sy niggie daarvan sou vertel. Hy het
getuig dat toe tweede appellant by sy kantoor ingekom het, hy op sy gemak was
maar
later begin sweet het.
Die verhoorhof het die weergawe van die staat,
dat daar nie sprake van enige dwang, geweld, dreigement of onbehoorlike
beïnvloeding
was nie, aanvaar.
Ek meen dat dié beslissing op die feite korrek is. Die weersprekings
in die getuienis van die verskeie staatsgetuies wat deur
die verhoorhof oorweeg
is en wat weer in hierdie Hof ge-opper is, dring nie tot die kern van die saak
deur nie en tas nie hul geloofwaardigheid
wesenlik aan nie. Die soort
39
weersprekings waarop die tweede appellant se advokaat ook in hierdie Hof
gewys het, is juis daardie soort verskille wat mens sou verwag
by getuies wat
almal min of meer sydelings in die saak betrokke was en wat, volgens die
getuienis, baie ander sake gehad het om te
hanteer en wat nie met mekaar
gekoukus het nie.
Maar dit is veral tweede appellant se eie twee getuies wat
vir sy saak op hierdie punt fataal is. Sersant Ndawo se getuienis dat tweede
appellant nooit gekla het dat hy aangerand is nie toe hy na Harrismith gebring
is vanaf Virginia, moet swaar weeg. Tweede appellant
kla juis dat hy bang is vir
die speurders; hier was die ideale geleentheid om te verwys na die aanranding,
maar hy doen dit nie.
Hy het slegs gesê hy is bang want hy ken dié
mense.
Ook insiggewend is tweede appellant se verklaring aan sersant Ndawo, nadat hy
van Harrismith teruggekeer het en reeds die bekentenis
aan landdros Tshabalala
gedoen het, te wete dat hy nie aangerand is nie. Daar was geen rede waarom hy 'n
leuen aan die gevangenisbewaarder
wat hy voorheen van sy vrese ingelig het, sou
vertel nie.
40
Insgelyks moet landdros Maruwa se getuienis swaar teen tweede appellant tel,
want aan hom verklaar laasgenoemde pertinent dat hy nie
aangerand, gedreig of
onbetaamlik beinvloed is nie. Hy het geen rede gehad om iets vir landdros Maruwa
weg te steek nie; inteendeeL
Sersant Ndawo en landdros Maruwa was tweede
appellant se getuies en hy is gebonde aan hulle verdoemende getuienis. Hy het
nie self
in die getuiebank gegaan om oor die aanrandings te getuig en 'n ander
lig op die saak te werp nie. Na my mening is die bekentenis
tereg toegelaat.
Die wesenlike deel van die beweerde bekentenis lees soos volg:
(Die
Shooter waarna verwys word is eerste appellant; ek gee die
verklaring weer
met die taal- en spelfoute onveranderd):-
"On the day inquestion I was at the home of my friend, Phillip Mabote at Beirut.
We were setting there busy drinking the liquor.
It was at about 7p.m. I intended
to leave, I then went away with them. Before we could leave they took their fire
arms. I left with
them, we were nów a distance from Mabote's place when
we saw stones in the road. When we got to the stones Shooter said we
should then
get other stones and put them in the road to block the road. A car appeared it
was travelling in our direction. It came
and stopped at the
stones.
41
The driver wanted to alight to remove the stones from the road. Mabote pulled
the door open which was partly open. He (Mabote) pointed
the driver with a
fire-arm. The driver came out I then grabbed him. That person (the driver)
Grabbed me. Mabote went round to the
passengers seat side. At the time when I
was still fighting with this man, Mabote told Shooter to shoot this man. Then
Shooter fired.
I heared about four (4) shots.
We went to the boot of this car, this person then fell down and letting me f
ree. Mabote then came with the woman who was moving with
the driver. Mabote told
Shooter to come with the key. Shooter brought the key. Mabote then put the woman
inside the boot. At the
time when Mabote was putting this woman in the boots,
Shooter was busy searching the man that had fallen down.
I closed the boot, Shooter took the key he wanted to start the motor vehicle.
Mabote said we should run away as there was another
car coming from behind. When
we relaxed somewhere away. Shooter took out a fire-arm and a magazine he said he
had taken it. We stood
there for an hour. We then left Mabote went to his place.
He was not having a fire-arm.
I and Shooter went to my place. I took the fire-arm and put them somewhere
outside. We then went to sleep. Shooter hired a car to
take him to his place,
this was the following day. We then returned with Shooter to my place.
When we arrived at my place Shooter said we should take these fire arms to
Mabote's place. We arrived at Mabote's place. I was then
supposed to go to
Welkom. Shooter said he was going with me to Welkom. I went with Shooter Mabote
said that he is going no where
42
then on Tuesday I went to my case. I was found quilty sentenced to
three and half years or ten thousand rand. After I was sentenced I had
a chance to talk to Shooter, who said he would go and take the fire-arm
and rub off its numbers.
That is all."
Nodeloos om te sê dat dié bekentenis medepligtigheid aan die roof
en
moord openbaar.
(ii)
Die besit van die oorledene se
vuurwapen
Sersant Mokachane van die S A Polisie en gestasioneer te
Qwa-Qwa het getuig dat hy diens doen as kwartiermeester en dus in beheer
is van
die uitreiking van vuurwapens aan lede van die mag. Op 21 September 1990 het hy
'n vuurwapen aan oorledene uitgereik en was
dit ten tyde van sy dood nog steeds
so aangeteken. Dit is 'n Z88 9mm parabellum pistool met registrasienommer
Q010210. Hy het ook
50 rondtes vir dié pistool aan die oorledene
uitgereik. Hierdie pistool is geïdentifiseer as Bewysstuk 1 voor die
hof.
Evelyn Motlokoa, eggenote van tweede appellant, het getuig dat sy op Vrydag
10 Junie 1993 'n oproep van haar eggenoot ontvang het
vanaf
43
Welkom. Hy het gesê dat hy gearresteer is en haar gevra om 'n vuurwapen
wat deur hom onder die kopstuk van die bed geplaas is,
uit te haal en aan sy
jonger suster, Angelinah Motlokoa te gaan gee. Sy het dit op dieselfde dag
gedoen. Sy het Bewysstuk 1 (die
pistool voor die hof) herken as soortgelyk aan
die vuurwapen wat sy daar uitgehaal en aan Angelinah gaan gee het.
Angelinah Motlokoa het getuig dat sy die vuurwapen inderdaad van Evelyn
ontvang het op 11 Junie 1993 met die boodskap dat tweede appellant
versoek het
dat die vuurwapen aan haar oorhandig word. Hulle twee het dit saam in die
sinkstruktuur in 'n kartondoos gebêre.
Die aand toe haar eggenoot, Sipho Madonsela opdaag, het sy hom van die
vuurwapen vertel. 'n Rusie het tussen hulle daaroor ontstaan
en sy het hom gaan
wys waar dit versteek is.
Sipho Madonsela het die getuienis van Angelinah gestaaf. Op sy beurt het hy
die pistool na ene Malinga geneem. 'n Paar dae later,
op 14 Junie 1993, het die
polisie by hom opgedaag en het hy hulle na die huis van Malinga geneem. Daar het
Malinga die vuurwapen
uit 'n staalkas gehaal en
44
aan die polisie oorhandig.
Malinga het weer op sy beurt die getuienis van
Sipho Madonsela gestaaf en bevestig dat die polisie op die pistool, bewysstuk 1
beslag
gelê het.
Dit is geïdentifiseer as die vuurwapen wat aan
oorledene uitgereik is soos hierbo vermeld.
Tweede appellant het die
getuienis van sy eggenote geheel ontken. Hy sê dat hy nooit telefonies met
haar oor 'n vuurwapen geskakel
het nie. Hy was ook nooit in besit van die
vuurwapen nie en het dit nie in sy huis versteek nie. Hy het getuig dat hy wel
oproepe
mag maak vanaf die gevangenis, maar 'n gevangenisbeampte is binne
hoorafstand. Hy het ook beweer dat sy eggenote in 1993 vir ongeveer
'n week in
die hospitaal weens 'n senu-aandoening opgeneem is - sy het destyds onsinnig
gepraat en as 'n mens met haar praat, het
sy nie gereageer nie. Daar was ook
woordewisselings en dan het dit gelyk of sy nie kan verstaan wat hy sê
nie. Hy sê
tydens die telefoongesprek was daar nooit sprake van 'n
vuurwapen nie.
Hy het getuig dat hy destyds in Welkom gewerk het; dat hy
eerste
45
appellant nie geken het nie en vir ongeveer een maand voor 11 Junie nooit in
Phuthaditjhaba was nie. Hy weet nie hoe die vuurwapen
daar in sy huis beland het
nie; hy sê sy eggenote beskuldig hom vals.
Hy is ook seker dat hy sy
eggenote slegs eenmaal uit die gevangenis opgebel het.
Volgens bewaarder
Ramatsoto wat toentertyd te die Virginia gevangenis gestasioneer was, het tweede
appellant slegs eenmaal sy eggenote
geskakel en wel op 5 of 6 Junie 1993. Hy het
langs tweede appellant gestaan toe die oproep gemaak is. Tweede appellant het
oor familie-aangeleenthede
gepraat en nie oor vuurwapens nie. Sou hy dit gedoen
het, sou die getuie hom kon stop en na die hoof van die gevangenis neem sodat
hy
aangekla kon word.
Onder kruisverhoor gee hy toe dat hy maar 'n raaiskoot
waag as hy sê tweede appellant het oor algemene sake gepraat. Hy sou
egter
onthou het as tweede appellant na iets verwys het wat weggesteek is; selfs al
word net na 'n pakkie verwys wat sy vrou na sy
suster moet neem en selfs al word
glad nie na die inhoud van die pakkie verwys nie.
46
Die verhoorhof het, myns insiens tereg, bevind dat tweede appellant wel die
oorledene se vuurwapen in sy huis versteek het en dat
hy sy eggenote, Evelyn,
versoek het om dit na sy suster, Angelinah te neem. Dit is die vuurwapen wat die
polisie later in Malinga
se besit gevind het. Die kern van die ondersoek is nie
presies wanneer tweede appellant sy eggenote sou geskakel het nie, maar waar
sy
aan die oorledene se dienspistool sou gekom het om dit aan Angelinah te gee, as
dit nie van tweede appellant afkomstig was nie.
Enige argument dat Evelyn die
dienspistool by 'n derde persoon sou gekry het en dit aan Angelinah gaan gee
het, net om dan later
vals teen tweede appellant te getuig, lê buite die
grense van 'n redelike afleiding. Geen bewese rede is aangevoer waarom Evelyn
valsteen haar eggenoot sou getuig nie. Wie sou die oorledene se dienspistool in
die huis van tweede appellant gaan versteek het?
Wie sou Evelyn versoek het om
dit aan Angelinah te gaan gee - alles nog voordat tweede appellant deur die
polisie oor die huidige
klagtes genader is?
Ek meen dat die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is
dat
47
tweede appellant die oorledene se dienspistool op die aand van die roof en
moord bekom het en in sy huis gaan versteek het.
Uit die bekentenis van
tweede appellant asook die besit van die oorledene se dienspistool het die
verhoorhof die afleiding gemaak
dat hy skuldig is aan die roof en moord. Ek meen
dat dié bevinding korrek is.
Tweede appellant se appèl teen die
skuldigbevindings aan klagtes 1 en 2 moet m i van die hand gewys word.
Die
appèlle teen die opgelegde vonnisse
.
Ek behandel eers die
opgelegde vonnisse in geval van tweede appellant. Ek is van oordeel dat die hof
a guo
by die oorweging van die vonnis geen wanvoorligting begaan het nie
en geen relevante faktor buite rekening gelaat het nie. Die opgelegde
vonnisse
is onder die omstandighede redelik en gepas. Daar bestaan geen rede om daarmee
in te meng nie.
Beide die appellante is 7 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die roofklag
opgelê. In die geval van tweede appellant is gelas
dat vier jaar van die
genoemde gevangenisstraf gelyktydig met die uitdiening van die 15 jaar
48
gevangenisstraf, wat ten opsigte van die moord opgelê is, uitgedien kan
word.
'n Soortgelyke bevel kon natuurlik nie in eerste appellant se geval
gemaak word nie omdat hy ten opsigte van die moordklag die doodvonnis
opgelê is.
In eerste appellant se geval is daar nie redes waarom met
die opgelegde vonnis van 7 jaar gevangenisstraf vir die roof ingemeng kan
word
nie. Die vraag ontstaan of die doodvonnis bekragtig moet word.
Ek meen van
nee. Dit blyk uit die rekord van die verhoorverrigtinge dat die doodvonnis
eerste appellant opgelê op die basis
van die bevinding dat hy die persoon
is wat die skote afgevuur het wat die oorledene se dood veroorsaak het. Daar is
bevind dat tweede
appellant tot 'n mindere mate aan die moord aandadig was.
Weens die bevindinge hierbo bereik, nl. dat daar nie toelaatbare getuienis is
dat eerste appellant die doodskote afgevuur het nie
en dat hy slegs 'n mededader
is, val die
ratio
van die hof
a quo
se oplegging van die doodstraf
weg.
49
By herbesinning van 'n gepaste vonnis in geval van eerste appellant op die
moordklag kan dit nie gesê word dat die doodvonnis
die enigste gepaste
strafvorm in hierdie geval is nie. Die eerste appellant is 29 jaar oud en is
getroud en het twee seuns. Hy het
standerd sewe op skool geslaag en blyk 'n
nuttige burger te wees, in die sin dat hy 'n kleresmous was wat 'n goeie
inkomste verdien
het. Sy persoonlike omstandighede verskil nie in wese van
dié van tweede appellant nie. Die moontlikheid van rehabilitasie
kan nie
uitgesluit word nie. Die doodvonnis is derhalwe nie die enigste gepaste vonnis
nie. Die enigste wesenlike verskil tussen
die posisie van die twee appellante is
die volgende: tweede appellant het geen saakmakende vorige veroordeling nie,
terwyl eerste
appellant vorige veroordelings het. Die belangrikste daarvan is 'n
skuldigbevinding in 1987 aan strafbare manslag waarvoor hy vyf
jaar
gevangenisstraf opgelê is. In 1980 is hy skuldig bevind aan aanranding met
die opset om ernstig te beseer.
Ek meen dat daar rede bestaan om in geval van eerste appellant 'n ietwat
swaarder vonnis op te lê as in die geval van tweede
appellant. Alles
50
in ag genome, meen ek dat in sy geval gevangenisstraf van 17 jaar ten aansien
van klag 2 aangewese is. Dieselfde bevel ten opsigte
van die gelyktydige
uitdiening van die twee gevangenistermyne skyn ook billik te wees. Bygevolg word
die volgende beveel:
1. Die appèl van beide appellante teen die skuldigbevindings aan
aanklagte 1 en 2 word van die hand gewys.
2. Die appél van tweede appellant teen die vonnisse wat op aanklagte 1 en
2 opgelê is, word van die hand gewys.
3. Die appèl van eerste appellant teen die vonnis opgelê op aanklag
1 word van die hand gewys.
4. Die appèl van eerste appellant teen die vonnis wat op aanklag 2
opgelê is, word gehandhaaf. Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en
met die volgende vervang:
"Sewentien jaar gevangenisstraf. Dit word gelas dat vier jaar van
die
51
sewe jaar gevangenisstraf wat op aanklag 1 opgelê is, gelyktydig met
die sewentien jaar gevangenisstraf opgelê op aanklag
2, uitgedien kan
word."
P J J OLIVIER WAARNEMENDE APPèLREGTER
E M GROSSKOPF AR )
)STEM SAAM
NIENABER AR )