S v Cilliers (697/92) [1995] ZASCA 17 (24 March 1995)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sexual Offences — Appeal against conviction — Appellant convicted of indecent assault on a minor — Appellant's appeal based on alleged inconsistencies in the complainant's testimony and lack of corroborative evidence — Court held that the trial court properly assessed the credibility of the complainant's evidence, which was sufficient to support the conviction despite the absence of corroboration — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 17
|

|

S v Cilliers (697/92) [1995] ZASCA 17 (24 March 1995)

SAAKNOMMER: 697/92
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
LAFDELING)
IN DIE SAAK TUSSEN:
GERRIT
JOHANNES CILLIERS
                                               Â
APPELLANT
en
DIE STAAT
                                                                       Â
RESPONDENT
CORAM
:
                                 Â
HEFER,STEYN,
ARR
et OLIVIER, Wnd
AR
VERHOORDATUM
: 27 FEBRUARIE 1995
LEWERINGSDATUM
: 24 MAART 1995
UITSPRAAK
OLIVIER, Wnd AR:
Die 43-jarige appellant het in die streekhof
van die Oos-Kaap te
Port Elizabeth tereggestaan op vier aanklagte van
onsedelike aanranding. Dit
is hom ten laste gel
ê
dat hy in
die tydperk Januarie 1987 tot Desember 1989
vier jong seuns
onsedelik aangerand het. Hy is in elke geval in die alternatief
2
aangekla
van 'n oortreding van artikel 14(1 )(b) van die Ontugwet 23 van 1957.
Hy het op al die aanklagte onskuldig gepleit
en is onskuldig bevind op
drie van die aanklagte. In die geval van een
van die aanklagte, ten aansien
van die minderjarige seun G L, is hy op die
hoofklag skuldig bevind.
Hy is gevonnis tot 'n boete van R1 500 of 12
maande gevangenisstraf asook
'n verdere 6 maande gevangenisstraf, welke
tydperk voorwaardelik vir 3 jaar
opgeskort is. Uitspraak is gelewer op 17 April 1991.
Appeltant gaan hierna in ho
ë
r beroep teen die gemelde
skuldigbevinding
na die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof. In 'n
uitspraak gelewer op 16 April 1992 wys die hof die
app
è
l van die
hand.
Dieselfde hof wys ook 'n aansoek vir verlof om na hierdie hof te
appelleer van
die hand.
Hierna doen die appellant by die
Hoofregter aansoek vir verlof om teen
sy skuldigbevinding te appelleer en
tegelykertyd ook om verdere getuienis,
naamlik di
é
van
ene professor D R, aan te bied.
Op 27
Augustus 1992 verleen die Hoofregter verlof aan appellant om
3
teen sy skuldigbevinding na hierdie hof te appelleer en voeg by dat dit
die
appellant vrystaan om 'n aansoek ter oorweging van verdere getuienis aan
die
hof wat met die
app
è
l gemoeid is, te rig.
Daar is in hierdie hof nie volhard met die aansoek om verdere getuienis
voor te l
ê
nie.
Die betrokke aanklaa
In die aanklag tans ter sprake word
beweer dat die appellant gedurende
die tydperk Januarie 1987 tot Augustus 1988
en te [edited]
, die minderjarige seun, G L, op twee
geleenthede onsedelik aangerand
het, te wete:
(i) deur hom tydens die eerste
insident vas te hou en deur sy klere
sy privaatdeel te betas, en
(ii) deur hom tydens die tweede
insident, wat veel later plaasgevind
het, vas te hou, sy broek af te trek
en sy privaatdeel te
masturbeer.
4
G is gebore op 1982 en was agt jaar oud toe
hy
gedurende 1991 getuienis afgel
ê
het. Sy ouers en
appellant en sy eggenote
was vir baie jare huisvriende en vertrouelinge.
Sy vader was 'n [edited] terwyl die
appellant aan die hoof van daardie
universiteit
se administrasie gestaan het. Appellant het hom as advokaat
bekwaam en
is tot die Balie toegelaat. Mevv L en C is beide
gegradueerde dames. Die gesinne het 'n
bo-gemiddelde lewensstandaard gehandhaaf en het vir 'n tyd lank langs mekaar as
bure gewoon.
Beide ouerpare het 'n paar kinders.
Ek behandel die beweerde oortredings kortliks.
Die beweerde eerste aanrandina
:
Volgens G het die eerste aanranding
plaasgevind op 'n dag toe sy
hele familie by die appellant se huis gaan
kuier het. Die ouerpare het in die sitkamer gesit en gesels; die ander kinders
het taamlik
luidrugtig in een van
die slaapkamers gespeel en hyself het in die
sg leeshoekie sit en lees. Dit is 'n verbreding van die gang wat uit die
sitkamer na
die slaapkamers lei, regoor
5
die oopplan kombuis. Volgens hom het appellant sklelik in die
leeshoekie
ingekom en bo-oor sy broek aan sy privaatdeel gevat. Hy het verskrik
opgespring en by die buitedeur van
die leeshoekie na die swembad
gehardloop. By
die deur het die appellant na hom geslaan en hom liggies aan
die skouer geraak. Appellant het hom tot by die
swembad gevolg en hom
aanges
ê
om niks aan
sy ma te vertel nie. Terwyl hy deur appellant agtervolg
is, het hy gesien
dat die gordyne van die sitkamer halfpad oopgetrek was.
Nadat appellant die
agtervolging gestaak het, het hy, G, op die muurtjie
gaan sit en moerbeie
eet. Volgens hom was die appellant se bediende di
é
dag by die
huis. Hulle gesin is later huistoe maar hy het die insident nie aan
sy ouers gerapporteer nie.
Volgens die appellant het daar nooit so 'n
insident plaasgevind nie. Hy
kan wel van 'n Sondag onthou toe die L na
kerk by hulle kom kuier
het. Die kinders het blindemol gespeel in
een van die kamers en so geraas
dat hy hulle wou gaan stilmaak. Toe hy by die
leeshoekie verbystap, taamlik driftig, sien hy G daar sit. Die kind het
verskrik opgekyk.
Toe hy weer
6
daar verbykom
nadat hy die kinders stilgemaak het, was G nie meer daar
nie.
Hierdie insident, indien dit plaasgevind het, moes
gebeur het
tussen Mei
1986 en Februarie 1988, volgens die omringende getuienis.
Die beweerde
tweede aanranding
In Augustus 1988 was G se vader weens
'n ernstige siekte in die
hospitaal. Mev L het vir G en sy jonger
boetie, J, by appellant
se huis afgelaai om daar versorg te word terwyl sy by haar
eggenoot
hospitaalbesoek doen. Dit was in
die dag. Volgens G was appellant daar;
ook
sy eggenote, want sy het hul koeldrank gegee. Hy het nie die bediende
gesien nie. Hy het weer na die leeshoekie gegaan,
waar appellant later
aangekom het.
Appellant het hom aan sy arm opgelig, sy broek afgetrek en
terwyl hy, G, half-sit en half- staan, het
appellant aan sy privaatdeel gevat
en
dit gewikkel totdat dit styf geraak het. Hy het dit met een hand gedoen met
sy ander hand langs sy sy. G getuig dat hy toe sy
broek opgetrek en na buite gehardloop het en in die struike gaan skuil het.
Later
neem hy J
7
saam met hom na die sitkamer. Daar tref hulle appellant aan wat hom
weer
maan om niks aan sy ma te vertel nie en byvoeg dat as hy dit sou doen,
hy
hom sal vasbind en van 'n ho
ë
krans afgooi. Net hiema daag sy moeder op;
appellant se
eggenote maak vir haar die deur oop, en hy en sy moeder en
J gaan huis toe.
Ook
van hierdie voorval vertel hy eers niks aan sy moeder nie.
Appellant ontken enige kennis van of
aandadigheid aan hierdie insident.
Oorsig:
By die beoordeling van die
skuldigbevinding deur die streeklanddros,
moet dit beklemtoon
word dat daar drie versigtigheidsre
ë
ls hier van toepassing
is: di
é
t o v 'n
kindergetuie, di
é
t o v 'n enkelgetuie en di
é
t o v 'n
gestagsmisdaad.
Hierdie re
ë
ls vereis dat daar
ó
f stawing moet wees
ó
f dat
die staat se
getuienis in elke materi
ë
le opsig wesenlik bevredigend is.
Laasgenoemde
vereiste beteken nie dat die staat se getuienis bo alle
denkbare kritiek
verhewe moet wees nie, maar wel dat die kumulatiewe effek
van redelike en onbeantwoordbare kritiek
daarteen die regsprekende
8
amptenaar tot versigtigheid moet maan. In die besonder moet met groot
omsigtigheid
te werk gegaan word as daar nie stawing is wat die beskuldigde
met die
misdaad verbind nie (sien C W H Schmidt
Bewvsreg,
3e uitgawe, 107
e v, veral te 124 e v en gesag
daar aangehaal).
En juis hier l
ê
die knoop in
die onderhawige app
è
l. Daar is geen
getuienis anders as di
é
van G wat
die appellant met die misdaad verbind
nie. Die staat se getuienis, by monde
van kindersielkundiges, dat G
waarskynlik in 1987/1988 'n
seksueel-traumatiese ervaring beleef het, help dus juis nie ten aansien van die
kernvraag nie. So ook
nie die getuienis van G
se moeder oor sy
afwykende gedrag (bv bednatmaak; histerie; wegkruip onder
die bed) sedert die einde van 1987, vroeg
in 1988 nie.
Dit volg dus dat na G se getuienis gekyk moet
word eerstens uit die
oogpunt dat die staat die bewyslas dra om bo redelike
twyfel te bewys dat
appellant
hom aangerand het soos beweer en dat daar geen bewyslas op
appellant rus nie, en tweedens met werklike (in
teenstelling met retoriese)
toepassing van die versigtigheidsre
ë
ls.
9
Namens appellant is aangevoer dat daar talle
onbevredigende aspekte
in G se getuienis is, die belangrikste wat ek kortliks
vermeld:-
1.
Die inherente onwaarskvnlikhede in Gerio se weergawe
:-
(a)
Die eerste voorval
.
Volgens G vind die voorval helder oordag
plaas, enkele tre
ë
vanwaar sy ouers en mev L in die sitkamer
sit, en in volle sig van die
oopplan kombuis, terwyl die bediende in die
huis is. Dan hardloop hy by die sydeur uit, voor die sitkamervensters verby,
met beskuldigde
agterna.
Appellant moes dus volgens die betoog
van sy advokaat, 'n baie groot
kans gewaag het met sowel die betasting as
die agtervolging. Die normale
reaksie van 'n kind wat onsedelik betas word,
sou op alle waarskynlikhede
wees om te skree of om na sy moeder te snel
en daar te gaan kla. Appellant,
'n vooraanstaande universiteits-amptenaar en
gemeenskapsleier, sou hom aan
'n enorme risiko blootgestel het beide met
die beweerde betasting en
agtervolging. Die agtervolging sou
plaasgevind het, volgens G se
weergawe, voor die sitkamer, waarin die ander
drie volwassenes gesit het, se
10
venster
verby. Volgens hom was die gordyne half-oop. Dit laat die
moontlikheid, selfs die waarskynlikheid, dat die
agtervolging ten aanskoue van
die
ander volwassenes sou plaasgevind het. Hoe waarskynlik is dit dat
appellant
so iets sou aandurf, word gevra.
Ook is aangevoer dat die getuienis van G dat
appellant na hom sou
geslaan het, erg onwaarskynlik is. 'n Aanrander sou juis
probeer om nie
verder konfrontasie uit te lok nie. Wat sou immers
gebeur het as hy die seun
raakgeslaan het en di
é
begin
huil het?
Ook is geargumenteer dat dit as vreemd
voorkom dat die appellant, wat
by die leeshoekie verby moes gaan om die
ander kinders in die slaapkamer
te gaan stilmaak, en wat hom vir hulle
vervies het en driftig gestap het, skielik
sy tog sou onderbreek om G te betas.
Al die bogenoemde argumente was aan die
landdros voorgel
ê
. Hy het
dit oorweeg. Elke onwaarskynlikheid is deur
hom egter afgemaak, so is
aangevoer, op onoortuigende wyse. So
verklaar hy dat as G dadelik die
insident aan sy ouers sou gaan rapporteer
het, appellant dit as vriend van die
11
Ls maklik sou kon verduidelik het. Hy sou bv kon s
ê
dat die seun
per
ongeluk aangeraak is of dat hy slegs met hom gespeel het. Di
é
verduideliking verloor, volgens die verdediging, die persoonlikheid van mnr L
uit die
oog: hy is klaarblyklik iemand wat streng dissipline en ho
ë
standaarde
handhaaf, en
dis onwaarskynlik dat hy appellant se verskonings net daar sou
gelaat het.
Appellant ken mnr L baie goed en het geweet met welke
soort mens hy te
doen sal kry as hy sy seun onsedelik betas.
Ten aansien van die agtervolging van G
s
ê
die
landdros dat
appellant dit sekerlik nie op so 'n wyse sou gedoen het
wat die suspisie wek
van enige persone wat dit uit die sitkamer kon gadeslaan
nie. Di
é
verduideliking, so is aangevoer, s
ê
egter nie
hoe sodanige agtervolging sou
moes wees om nie suspisie te wek nie. Immers, appellant was uit
die
sitkamer weg na die kinders wat in een
van die slaapkamers gespeel het en
nou
skielik agtervolg hy vir G by die swembad. Waarom sou dit nie suspisie wek nie?
En wat sou sy verduideliking wees as navraag gedoen
word?
12
Afgesien
van die onwaarskynlikhede in G se weergawe, so is
geredeneer, moet dit ook nie uit die oog verloor word nie dat nie een
van die
volwassenes in die sitkamer
ooit die beweerde agtervolging gesien het nie,
terwyl hulle dit
geredelik sou kon waargeneem het. (b)
Die tweede voorval
Hierdie beweerde insident vind ook plaas op
'n tydstip toe minstens
appellante se eggenote en G se broertjie ook
in die huis was. Dit vind
weer plaas in die oop leeshoekie. Hierdie
keer word hy met die dood gedreig.
Dit alles gebeur terwyl appellant weet dat G
se moeder hom kort daama
sal kom haal. Is dit nou waarskynlik, so is
in argument aangevoer, dat
appellant die kanse dat hy op heter daad betrap kan word, dat G
onmiddellik alarm sal maak, of dat hy dadelik die
gebeure aan sy moeder sal
beskryf, sou waag?
Die landdros het, volgens die appellant, nie
die globale
onwaarskynlikheid van die insident behandel nie, maar
sommige van die detail
daarvan oorweeg en verduidelikings aan die hand gedoen,
bv dat daar 'n lang
13
tydsverloop was tussen die gebeure en die verhoor; dat G se getuienis
oor
hoe hy vasgehou was deur appellant maar net sy interpretasie van die
appellant se
doel met die vashou was; en die probleem dat hy oor die
volgorde van die
gebeure anders getuig het as wat hy aan sy moeder vertel
het, met die
verduideliking dat G in 'n toestand van ontsteltenis die
volgorde verkeerd
gehad het of selfs dat sy moeder dit verkeerd herroep het.
Teen
elkeen van hierdie verduidelikings, so is aangevoer, kan teenargumente opgewerp
word. Die oorhoofse onwaarskynlikheid bly onbeantwoord,
aldus die appellant.
2.
Ander ernstige gebreke in die staatsaak wat
twyfel werp op G se
geloofwaardigheid
of
betroubaarheid
as
g
etuie, volgens
die
verdediging
.
(a)
Die kwessie van aanmelding deur G van die beweerde aanrandings.
Die eerste beweerde voorval het plaasgevind
ê
rens in 1987
(moontlik
selfs 1986) en die tweede beweerde voorval in Augustus 1988.
Volgens
mev L het G eers in 1989, (d w s nadat die tweede
14
beweerde voorval reeds plaasgevind het) en nadat sy druk
op hom geplaas
het, haar gedeeltelik van die eerste voorval vertel. Hy
is daarna na twee
sielkundiges, mew R en J geneem, en aan hulle vertel hy
slegs
van die eerste voorval. Hy is later ondervra deur die polisie, en aan
hulle
vertel hy ook
slegs van die eerste beweerde insident.
Eers op 11 Junie 1990, ruim agt maande na sy
eerste ontboeseming
en nadat die strafsaak reeds aanhangig gemaak is, vertel
hy aan sy moeder
van die tweede voorval, en dan ook slegs dat appellant sy
broekie afgetrek het
en
aan sy privaatdeel gevat het.
Op 30 Augustus 1990 voer hy 'n
onderhoud met die aanklaer en hy gee weer die weergawe van die tweede insident
so pas vermeld. Aan
die aanklaer s
ê
hy dat appellant hom nie gedreig het nie.
Net daarna ondervra sy moeder
hom weer. Vir die eerste keer vertel hy haar
nou dat appellant hom sou
gemasturbeer het en dat hy by die eerste
voorval teen sy arm geslaan is.
Namate sy moeder verdere druk op hom toepas,
vertel hy haar dat appellant
hom gedreig het.
15
Maar ook die mededeling oor die beweerde dreigement neem 'n
snaakse wending, volgens die verdediging: eers het
hy ges
ê
dat appellant
"miskien" sou ges
ê
het dat hy
'n gat sou grawe en hom daarin sou gooi; net
daama s
ê
hy weer dat
appellant dit nie ges
ê
het nie, maar "miskien" sou ges
ê
het dat hy hom sou vasbind en van
'n krans afgooi.
Die appellant het toegegee dat dit
aanvaarbaar is dat G, as hy wel
aangerand was, bang, skaam en terughoudend
sou gewees het om daaroor
te praat. 'n Mens moet dus ruim daarvoor
toelaat. Maar in die skaal moet
ook geplaas word, aldus die verdediging, dat
hy volgens sy moeder 'n
besonder oop en vriendelike seuntjie was wat
nie vir haar geheime gehad het
nie. Ook eienaardig is dat hy laat in 1987,
vroeg in 1988 (waarskynlik geruime
tyd nadat die eerste beweerde insident sou
plaasgevind het) sterk en
onrusbarende simptome van antisosiale gedrag
begin toon het. Nogtans s
ê
hy niks aan sy ouers nie. Toe hy wel onder aansienlike druk met
ontboesemings begin, gebeur dit drupsgewyse en
steeds met byvoeging van nuwe bewerings. Dit rym nie met die beeld wat sy
moeder van
hom geskets
16
het nie. Die landdros se bevinding dat hierdie feite nie 'n nadelige
afleiding
teen G se geloofwaardigheid regverdig nie, is volgens die verdediging
kontensieus.
Minstens moet die vermelde gebeure 'n ernstige waarskuwing
tot die
feite-beoordelaar gerig het, so is aangevoer, te meer waar daar in
hierdie saak
'n intensiewe proses van konsultasie met G was - deur sy
moeder, deur drie
sielkundiges, deur lede van die S A Polisie en les bes deur
die
staatsaanklaer. Aan die moontlikheid dat die kind, bewustelik of
onbewustelik, be
ï
nvloed is deur vrae wat aan hom gestel is
of deur
suggesties, is, volgens appellant,
nie genoeg gewig geheg nie.
Daar is in verband met die bogemelde aangeleentheid nog 'n
aanverwante aspek wat volgens die verdediging ook
nie genoegsame aandag
gekry het nie,
te wete ander moontlike oorsake vir G se antisosiale gedrag
teen die einde van 1987 en vroeg in 1988. Juis in
daardie tyd was daar baie huislike spanning rondom mnr L se werksituasie en die
afhandeling van
sy proefskrif. Mev L
was verwagtend. G ly aan asma sedert hy 3
jaar oud is en is klaarblyklik 'n gespanne kind. Dit is nie seker of hy
op
17
daardie stadium in 'n skool of kleuterskool was nie, want
sy moeder meld van
'n boeketas wat hy neergooi. Dit kon ook spanning
meegebring het. Al
hierdie faktore kon, kumulatief, so is aangevoer, ook die
soort spanning wat
G gemanifesteer het, teweeggebring het. Appellant voer
aan dat hierdie
aspek nie voldoende ondersoek is en in ag geneem is nie.
Dit wil voorkom,
aldus appellant, asof die landdros se vertrekpunt was dat
G wel seksueel
gemolesteer was en dat die vraag slegs is wie die
oortreder is.
Die laaste opmerking lei, volgens die verdediging, na nog
'n
onbevredigende
lacuna
in die staat
se saak. In die geval van een van die
ander
aanklagte, di
é
in verband met J H S, wat ook beweer
het dat
appellant hom onsedelik aangerand het, het die landdros bevind dat
A, die seun
van appellant, 'n intimiderende, afknouerige kind is wat J
H ge
ï
ntimideer het
en selfs seksueel afgeknou het deur sy privaatdele by
geleentheid te knyp.
In die geval van J H het die landdros die mening
uitgespreek"...
dat hierdie optrede van A wat oor 'n lang tydperk strek
dus die redelike
moontlikheid skep dat die simptoom prentjie wat mev
18
J van J H waargeneem het sy oorsprong ook moontlik hierin
kan
l
ê
. Myns
insiens dus is daar op die getuienis nog 'n persoon wat J
H seksueel kon
getraumatiseer het, naamlikdie intimiderende, afknouende
A. Terselfdertyd
meen ek, skep di
é
verhouding tussen die twee seuns
'n
nie-vergesogte motief vir J H om die beskuldigde valslik te
inkrimineer.
A word gestraf deur sy vader te straf."
Die landdros vermeld wel dat hierdie
oorweging nie in geval van G
geld nie. Volgens appellant is hierdie aspek
egter nie voldoende ondersoek
om die analogie met J H se geval te verwerp
nie. Weer eens, veral
waar die versigtigheidsre
ë
ls op die
spel is, moes hierdie aspek ook met groter
diepte behandel gewees het, aldus
appellant.
(b) Appellant se advokaat het gewys op
'n hele aantal weersprekings
en anomalie
ë
in G se
getuienis. Die landdros het dit ook in ag geneem,
maar daarop gewys dat
G 'n jong, onervare kind is wat onder groot
emosionele spanning
moes getuig oor voorvalle wat, indien dit plaasgevind
het, etlike jare gelede gebeur het.
19
Die verdediging het toegegee dat die gemeide
faktore 'n rol kan speel.
Die vraag by die toepassing van die
versigtigheidsre
ë
ls is of die feite-
beoordelaar, juis bewus van al die
genoemde faktore, aan die ander kant ook
die inherente gevare verbonde aan die
aanvaarding van die betrokke getuie
se weergawe voldoende in ag geneem het.
Hierdie vraag moet, volgens die
verdediging, in die huidige geval ontkennend
beantwoord word.
Die inherente onwaarskynlikheid van die twee
beweerde voorvalle, die
probleem met die aanmelding daarvan en die
voortdurende opeenvolging van ondervragings deur verskeie persone, wat 'n
intimiderende
en suggestiewe
effek op G moes gehad het, tesame met die
gebreke in sy getuienis,
moes, volgens appellant, veel meer gewig gedra het.
Aan die ander kant het die staat aangevoer
dat daar die nodige stawing
vir G se weergawe te vinde is in die feit
dat appellant se getuienis deur die
verhoorhof as vals verwerp is. By die verhoor
en weer in hierdie hof is die
appellant se getuienis oor 'n bre
ë
front aangeval.
Mens moet egter
daarteen waak om in die lokval te trap om die
20
appellant
se getuienis onder 'n vergrootglas te plaas en om elke item van
kritiek
daarteen as stawing vir die staat se saak te aanvaar. Die soort
valsheid wat
relevant is, word ge
ï
llustreer deur die feitestel en uitspraak in R
v
Simon
1929 WLD 328.
Dit was beweer dat die
appellant op 24 Desember
1928 in die Carlton
Hotel in die kamer van ene J, 'n gas van die hotel,
ingegaan en 'n sigaretkoker en vuurhoutjiedosie
gesteel het. Hy is daar
gesien, maar
nie gearresteer nie. Op 29 Desember is hy weer in die hotel
betrap en gearresteer. Sy verduideliking vir sy
aanwesigheid in die hotel op
29
Desember is deur die hof as vals verwerp. Die vraag, wat die relevansie
van
gemelde bevinding met betrekking tot die beweerde diefstal op 24 Desember was,
word soos volg beantwoord op bl 333 van die verslag
by monde van Solomon R:-
"His doings in the hotel on December 29th, when he
was arrested, are
part of the evidence in the case. It was important that
he should
establish the innocence of these doings, and he resorted to the
explanation
which
I
have rejected. This explanation given subsequently to the events of
Christmas Eve, first to T, and then in amplified
form under oath in
Court, may have been prompted by the appellant's
consciousness of
guilt in regard to the charge laid, and in that way it is
21
relevant to the question whether or not on Christmas Eve
the appellant
stole the articles from D. J’s room. (See
Moriartv v
London
Chatham and Dover Railwav.
1870, L.R., 5 Q.B.
314.)
The principle
appears to be that conduct of this kind is to be regarded
as showing
the appellant's disbelief in his own innocence, and may, therefore, be
used against
him. (See
Phipson's Law of Evidence.
6th ed. 116.) It is
not, as
I
have said,
proof of his guilt, but it is evidence which must be
considered in
deciding that issue, and, at any rate, it throws light on his
credibility."
(Sien ook Hoffmann and Zeffertt,
The South African Law of
Evidence.
4th ed., 1988: 586)
Indien daardie relevantheidstoets toegepas word, blyk dat
die volgende
aspekte van die appellant se getuienis van nader beskou
moet word:-
(i)
Appellant
se kennis van die daa waarop die eerste insident sou
plaasgevind het
.
Die landdros het bevind dat appellant
presies geweet het na watter dag
G verwys het as die dag van die eerste
voorval. Volgens die landdros
baseer appellant gemelde kennis op 'n
gesprek wat hy met die Ls
gehad het op 25 November 1989, waartydens mev L hom sou
meegedeel het dat die insident op daardie Sondag,
toe hy die kinders gaan
stilmaak het,
plaasgevind het. Die landdros konstateer dat dit egter nie mev
22
L se weergawe is nie, want volgens haar het sy gladnie geweet op
welke dag
die voorval plaasgevind het nie. Sy kon die dag dus nie aan
appellant ge
ï
dentiffiseer
het nie. Sy getuienis oor hoe hy aan sy kennis gekom
het van die dag
waarop die eerste insident plaasgevind het, is dus vals en
regverdig die
afleiding dat hy uit eie kennis weet op welke dag die insident plaasgevind het.
Hy het dus ook kennis van die insident
self, wat hy valslik
ontken.
Appellant se getuienis was dat hy op
25 November 1989 gekonfronteer
is deur die Ls by hul huis met die
beskuldiging dat hy G seksueel
gemolesteer het. Toe hy om meer inligting
vra, het mev L gevra of hy
dle dag kan onthou toe hy die kinders wat in
die kamer gespeel het, moes
gaan stilmaak. Hy het geantwoord dat hy die
dag goed kan onthou. Hierop
s
ê
sy G beweer dat dit op die betrokke dag
gebeur het. Toe hy vra wat
hy sou gedoen het, het sy ges
ê
dat hy,
volgens G, by die leeshoekie verbygestap het, hom gevloek het met die woorde
"Jou donder", hom daama
aan sy privaatdeel sou gegryp het, hom na
buite agtervolg het, hom gevang
23
het en ges
ê
het dat hy nie vir sy ma moet s
ê
nie.
Appellant se getuienis was
dat hy aan die Ls ges
ê
het dat hy
die dag goed onthou toe hy die
kinders moes gaan stilmaak, want hy het hom
vervies. Hy onthou dat G
daar in die leeshoekie gesit het en verskrik
opgekyk het toe hy verbystap. Hy
het ook aan die Ls ges
ê
dat as hy
die kind na buite sou gevolg het, hulle hom vanuit die sitkamer moes gesien
het. Hulle het aan hom ges
ê
dat
hulle niks gesien het nie. Hy het ook
getuig dat as hy reg kan onthou het hy
eers aan hulle gevra wat sou gebeur
het (om die molestering daar te stel) waarop mev L ges
ê
het dat G
ges
ê
het dat hy sy broekie afgetrek
het. Mnr L het dit egter ontken en
ges
ê
dat as G dit ges
ê
het, hy
dadelik na die
polisie sou gegaan het. Mev L het ook vertel van G
se angs-simptome en
hoe sy hom, op advies van haar skoonsuster, na die
badkamer geneem en
daar met behulp van botteltjies skoon en troebel water
so ver gekry om te
vertel wat hom hinder. Appellant het getuig dat hy sy
beweerde
aandadigheid ontken het. Hy het voorts getuig dat mev L
aan hom 'n brief
getoon het van mev R, die sielkundige, waarin vermeld
24
sou gewees het dat hy G by een geleentheid op 'n Sondag
sou molesteer
het.
Mev L se getuienis oor die gesprek van 25
November was dat
by appellant se aankoms, sy onmiddellik die verslagbrief
wat hulle van die
sielkundige, mev R ontvang het, aan appellant oorhandig
het. Hy het na
die
brief gekyk.
Uit die getuienis blyk dat mev R reeds vir G op daardie
stadium
gesien het en 'n briefverslag, gedateer 8 November 1989, aan die Ls gestuur
het. Die twee relevante paragrawe lees soos volg:
"Tydens
die onderhoud is dit bevestig met die seun dat 'n sekere 'oom
Jerry' hom seksueel gemolesteer
het.
Dit
wil voorkom asof dit 'n eenmalige gebeurtenis was een Sondag
middag omtrent twee jaar
gelede."
Mev L is nie, toe sy
getuig het, verder oor die konfrontasie op 25
November
gekruisverhoor nie - dit is nooit aan haar gestel dat sy aan
appellant G
se volle weergawe sou vertel het nie.
Mnr
L is deur die hof as getuie geroep. Toe hy kruisondervra is
25
oor die konfrontasie op 25 November, weerspreek hy sy eggenote oor die
vraag of sy
daardie dag ges
ê
het dat G met selfmoord gedreig het. Hy
erken dat
die vloek-bewerings in die gesprek gefigureer het; ook die grypery.
Die res van
sy getuienis op hierdie punt voer die saak nie verder nie.
Die probleem is dus nie dat appellant en die Ls mekaar
weerspreek oor die identifikasie van die betrokke
dag en of mev L di
é
dag volgens G se mededelings aan appellant
ge-identifiseer het nie, maar
dat appellant se weergawe in di
é
verband
nooit volledig en duidelik aan die
Ls gestel is om te erken of te ontken nie.
Volgens die advokaat vir die
staat moet 'n nadelige afleiding hieruit
gemaak word. Die verdediging het 'n
teenoorgestelde argument aangevoer: dit was 'n fout van appellant
se
prokureur, wat die hof die versekering gegee
het dat dit sy fout was om nie
appellant
se weergawe te stel nie. Uit daardie oorsig kan nie 'n afleiding
gemaak word dat appellant se getuienis vals is
nie. Dit moet immers in ag
geneem
word dat G reeds aan sy moeder van die eerste insident vertel
het en self die dag waarop dit gebeur het, aan
mev R ge-identifiseer het.
26
Haar brief was deur appellant en die Ls tydens die konfrontasie gelees
en bespreek.
Indien enigiets, so is aangevoer, moet die waarskynlikhede
appellant se
weergawe begunstig. Dit is die natuurlike optrede vir iemand wat
van 'n
misdaad beskuldig word, om heel eerste te vra waar en wanneer dit
sou gebeur
het, en vir die beskuldiger om die besonderhede te gee, aldus die
verdediging.
Ook is daarop gewys dat dit waarskynlik is dat mev L
reeds al daardie
besonderhede gehad het of uit mev R se brief die
afleiding gemaak het
oor welke Sondag die voorval plaasgevind het. Dit is
aangevoer dat dit
waarskynlik is dat sy di
é
inligting aan appellant meegedeel
het, anders
sou die gesprek nie juis verder kon ontwikkel nie.
Die appellant se saak is dat die landdros fouteer het om
sy getuienis
oor
hierdie onderwerp as vals te verwerp. (ii)
Die "broekie-aftrek"
bewerings
Die probleem tans ter sprake ontstaan ook uit die
konfrontasie tussen
appellant
en die Ls op 25 November.
Appellant
se getuienis was, soos reeds vermeld, dat mevrou L
27
ges
ê
het dat G sou ges
ê
het dat
appellant sy broekie afgetrek het; en dat
sy onmiddellik deur
haar eggenoot gekorrigeer is, wat ges
ê
het dat G nie
so ges
ê
het nie.
Mev L, daarenteen, s
ê
dat dit
appellant is wat gevra het of G
sou beweer het dat hy sy broekie afgetrek
het. Sy sou toe ges
ê
het dat G
nooit so 'n bewering gemaak het nie.
Volgens
mnr L was dit appellant wat die vraag oor die broek-
aftrekkery
aanhangig gemaak het en hy, L, het vir hom ges
ê
dat G nie
so beweer het nie. Maar sy getuienis hieroor gee blyke van aansienlike
verwarring.
Ek haal die relevante deel woordeliks aan:
"'n Belangrike punt, kan ek net Edelagbare, dit
stel, wat ek afgelei het
uit die hele situasie, ek kan nou nie
spesifiek - uit die koerant of waar,
en of dit my vrou se woorde was nie,
die beskuldigde het vir ons by
daardie gesprek, het hy vir ons gevra 's
ê
hy dat ek sy
broekie afgetrek
het', ons het nooit van broek aftrek gepraat nie,
inteendeel, toe hy dit
vra het ek persoonlik vir hom ges
ê
nee, hy het
dit nie ges
ê
nie, maar
die gedagte het iewers na vore gekom dat die broek
aftrekkery toe al ter sprake was, hy het vir ons gevra, en ek het vir hom ges
ê
nee, hy
het dit nie
ges
ê
nie, maar die gedagte het iewers na vore gekom dat
die broek
aftrekkery toe al ter sprake was, hy het vir ons gevra en ek
het ges
ê
nee, daar
was nie 'n broek aftrek-episode nie, dit is my eie
28
standpunt."
Dit is duidelik dat op sy weergawe 'n
broek-aftrekkery ter sprake was
en dat dit uit koerantberigte (blykbaar oor
'n ander geval) of selfs van sy
eggenote afkomstig kon gewees het.
Die appellant se weergawe is dus nie so
onwaarskynlik as wat die
landdros bevind het nie, aldus die
verdediging; soos duidelik blyk uit mnr
L se getuienis mag dit juis mev L
gewees het wat die kwessie
van 'n broek-aftrekkery ge-opper het. Dit sou
dan heeltemal natuurlik vir appellant gewees het om te vra of G ook beweer dat
appellant
sy broek
afgetrek
het.
(iii) Die landdros het ook bevind dat
dit vir hom baie duidelik is dat
beskuldigde valse getuienis afgel
ê
het na
aanleiding van sy beskrywing van
sy handelinge op die dag van die eerste
insident. Die punt is dat appellant
getuig het dat hy driftig op pad was na die
kinders se kamer om hulle te gaan
stilmaak en dat hy by die leeshoekie
verbygestap het en nie die beweerde
daad gepleeg het nie. In kruisverhoor is
herhaaldelik aan hom gevra of dit nie
29
moontlik is dat hy tog aan G geraak het nie. Alhoewel hy volhard het met
sy
aanvanklike weergawe, het hy toegegee dat dit moontlik is dat hy in die
verbygaan aan
G kon geraak het - maar hy s
ê
herhaaldelik dat dit nie
gebeur het
nie en dat hy nie die leeshoekie ingegaan het nie. Die landdros
het bevind
dat di
é
getuienis vaag is en van valsheid getuig. Die bevinding is
deur die staat se advokaat in
hierdie hof ondersteun.
Namens die verdediging is aangevoer
dat 'n versigtige nagaan van die
getuienis aantoon dat gemelde bevinding nie
korrek is nie. Appellant het met
sy ontkenning voet by stuk gehou; hy het
slegs die (ook vir hom teoretiese)
moontlikheid toegegee dat hy in die
verbygaan aan G kon geraak het; hy
volhard dat dit na sy wete nie gebeur het
nie. Dit is aangevoer dat sy
getuienis nie as vaag en beslis nie as vals
aangemerk kan word nie. Trouens,
so is geredeneer, uit mev L se getuienis blyk
dat mnr L dieselfde
moontlikhede
ge-opper het gedurende die gesprek op 25 November.
Appellant het dus net soos mnr L op eerlike, maar spekulatiewe wyse
gepoog om vas te stel wat tot G se storie
aanleiding kon gegee het.
30
Evaluasie
.
Dit is al duidelik deur hierdie hof neergel
ê
dat die
staat sy saak bo alle
redelike twyfel moet bewys en dat hoewel die begrip
"redelike twyfel" nie
presies omskryf kan word nie, dit wel ges
ê
kan word dat
dit 'n twyfel is wat
bestaan weens waarskynlikhede of moontlikhede wat op
grond van algemene
gangbare menslike kennis en ondervinding as redelik
beskou kan word (S v
Glegg
1973(1) SA 34 (A)
38-39). Andersom gestel: die toets is nie of die hof
die beskuldigde glo
nie, maar of daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat sy
getuienis waar kan wees (vgl
S v Kubeka
1982(1) SA 534(W) 537). Die
versigtigheidsre
ë
ls wat in
hierdie saak van toepassing is, verswaar nie die
staat se bewyslas
nie, maar is praktykre
ë
ls wat van die regsprekende
amptenaar
vereis om hom- of haarself teen die inherente gevare verbonde
aan die soort
getuienis wat ter sprake is, te waarsku en om op "... some
safeguard
reducing the risk of wrong conviction" aan te dring
(S v Artman and
Another
1968(3) SA 339 (A) op 340 H en 341 B-C).
Na
my mening het die staat die appellant se skuld nie bo redelike twyfel
31
bewys
nie en is slegs lippediens aan die versigtigheidsre
ë
ls gedoen.
Die onwaarskynlikhede in G se weergawe van
altwee insidente is myns insiens nie deur die landdros behoorlike gewig verleen
nie. Daardie
onwaarskynlikhede
waarop die verdediging gewys het en wat ek nie weer
herhaal nie, is nie op 'n wyse wat enigsins oortuig deur die staat
ontsenu nie.
Die verdediging se
kritiek teen die landdros se uitspraak, wat ook hierbo
vermeld is en nie weer herhaal word nie, is
klaarblyklik geregverdig. Dit is
onwaarskynlik
dat die appellant vir G by albei geleenthede helder oordag
in sy eie huis en terwyl ander volwassenes,
insluitende sy eie eggenote, in die
huis
was, onsedelik sou aanrand. Daardie onwaarskynlikheid is sodanig dat
dit by die regspreker 'n twyfel, wat op grond van
algemene gangbare menslike
kennis en
ondervinding as redelik beskou kan word, moet verwek. G se
getuienis
vertoon origens ook ernstige gebreke (bv die lang
aanmeldingsproses) wat eenvoudig nie met verwysing na sy jeugdigheid,
skaamte, skuldgevoel of vrees goedgepraat kan word
nie. Dit is juis hierdie
soort
gebreke wat op die inherente gevaar verbonde aan die aanvaarding van
32
die getuienis dui. Ek meen ook dat die landdros se
verwerping van appellant
se getuienis as vals, ongeregverdig was. As
die getuienis versigtig nagegaan
word (en ek het die relevante gedeeltes
hierbo redelik volledig bespreek) kan
daar nie met reg ges
ê
word dat
appellant 'n leuenaar was nie. Dit skyn
inteendeel of sy getuienis aanvaarbaar
is ten aansien van die vraag of mev
L die een was wat die dag, waarop die eerste
insident plaasgevind het,
geidentifiseer het. Sy getuienis oor die
broek-aftrek bewerings kan ook nie
verwerp word nie. Om te s
ê
dat hy vaag
geword het oor die moontlikheid dat
hy G by die eerste geleentheid in die
verbygaan aangeraak het, skyn my,
in die lig van die kruisverhoor, nie billik te wees nie.
Ek is derhalwe van oordeel dat die staat nie die
appellant se skuld bo
redelike
twyfel bewys het nie.
33
Die app
è
l slaag en
die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
P
J
J
OLIVIER
WAARNEMENDE APP
è
LREGTER
HEFER, AR )
Â
)STEM SAAM STEYN, AR )