S v Shabalala en 'n Ander (207/93, 214/94) [1995] ZASCA 16 (17 March 1995)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentence — Appellants convicted of multiple murders and robbery with aggravating circumstances — Dismissal of appeals against convictions and death sentences — Evidence of extreme violence and premeditated intent established — Appellants' roles in the planning and execution of the crimes confirmed through testimonies and forensic evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 16
|

|

S v Shabalala en 'n Ander (207/93, 214/94) [1995] ZASCA 16 (17 March 1995)

NIE RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER: 207/93
214/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
OLGA NAMUSA SHABALALA
EERSTE APPELLANT
en
LESIBI BEN
MOOBI
TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, EKSTEEN, ARR et OLIVIER, Wnd AR
VERHOORDATUM
:
15 FEBRUARIE 1995
LEWERINGSDATUM
: 17 MAART 1995
UITSPRAAK
OLIVIER, Wnd AR:
Die eerste appellant, 'n sewe-en-twintigjarige vrou en die
tweede
appellant, 'n drie-en-dertigjarige man, het in die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof te Pretoria voor 'n regter en twee
assessore
2
op drie aanklagte van moord en een aanklag van roof met
verswarende
omstandighede tereggestaan. Beide appellante is aan al die
aanklagte skuldig bevind. Die doodstraf is aan elkeen vir elke moordklag
opgelê. Vir die roofklag is elkeen tot twintig jaar gevangenisstraf
gevonnis.
Eerste appellant kom nou in hoër beroep teen die
skuldigbevindings en teen die opgelegde doodvonnisse. Tweede appellant kom in
hoër beroep slegs teen die opgelegde doodvonnisse.
DIE AGTERGROND VAN
DIE AANKLAGTE
Die Eksteen-egpaar was woonagtig op 'n hoewe in die Wonderboomgebied, in die
distrik van Pretoria. Mnr Eksteen was 70 jaar oud en
mev Eksteen 72 jaar. Hulle
het vyf werknemers in hul diens gehad, onder andere die twee appellante en die
derde oorledene in die
saak, mnr Andries Mothebu. Op Saterdag 22 Desember 1990
is die Eksteen-egpaar die laaste keer lewend gesien deur hul een seun, Bertie
Eksteen. Op Sondag 23 Desember is die lyke van mnr en mev Eksteen en mnr Andries
Mothebu aangetref: dié van mev Eksteen in
die toegesluite hoofslaapkamer
van die
3
Eksteen-woning; dié van mnr Eksteen in 'n buitevertrek en dié
van mnr
Mothebu in die werknemerskwartiere onder 'n bed. Al die liggame het
veelvuldige steek- en skaafwonde vertoon. Daarbenewens is uit
die Eksteen-woning
'n aansienlike hoeveelheid juweliersware (5 ringe, 2 hangers, 1 armband, 5 pare
oorbelle, 2 stringe pêrels,
4 horlosies, 4 borsspelde, 2 stringe krale, 2
handsakke) asook 'n onbekende bedrag kontant, 'n hoeveelheid klerasie en 5
handwapens
('n FN 9mm Browning pistool, 'n .45 Webley rewolwer, twee .22 Beretta
pistole en een 6.35 Browning pistool) vermis.
Beide appellante het in die loop van die verhoor die bevindinge van 'n
regsgeneeskundige lykskouing ten aansien van die oorsaak van
die dood van die
oorledenes erken, 1e wete in die geval van mnr Eksteen steekwonde aan die hals
met bloeding; in die geval van mev
Eksteen 'n steekwond in die bors met bloeding
en in die geval van mnr Mothebu veelvuldige steekwonde met bloeding.
Uit die gemelde verslag van die lykskouing blyk dat mnr Eksteen ongeveer 16
verskillende skaaf-, sny- en steekwonde opgedoen het tydens
die
4 aanval op
hom. In die geval van mev Eksteen was daar twee naasliggende
steekwonde aan die voorkant van haar bors ongeveer in die midlyn;
'n
oppervlakkige klein steekwond op haar bors asook emstige
verspreide
kneuswonde oor sowel haar liggaam as haar regtervoorarm,
haar
linkervoorarm en haar linkerheupgebied. Die wonde getuig van
'n
buitengewone groot mate van geweld. Mnr Mothebu het ongeveer
14
verskillende steekwonde, almal geleë in die omgewing van die nekbasis
of aan
die regtervoorkant van die bors, opgedoen.
EERSTE APPELLANT SE WEERGAWE
:
Eerste appellant se weergawe kom, kortliks gestel, op die volgende neer:-
Sy is afkomstig van Natal en was 'n huisbediende. Sy het tweede appellant in
1990 by Parkstasie, Johannesburg ontmoet. Hulle het 'n
verhouding aangeknoop. Na
etlike omswerwinge is hulle deur mnr Eksteen in diens geneem as tuinwerkers. Op
daardie stadium was die
ander werknemers van mnr Eksteen ene Patrick, Andries en
'n huiswerker, Anna.
5 Sy en tweede appellant het in November 1990 aldus
begin werk.
Op 'n stadium het tweede appellant Johannesburg besoek en teruggekeer met 'n
mes, bewysstuk 4. 'n Rukkie later, voor Kersfees, het
Anna, die huiswerker, haar
werk verloor weens 'n rusie met mev Eksteen en het sy, eerste appellant, Anna se
werk in die huis oorgeneem.
Een aand het sy, tweede appellant, ene Thomas ('n
buurman se werknemer) en Andries buitekant gesit en gesels, besig om te drink.
Tweede
appellant het egter nie gedrink nie. Thomas en Andries is daar weg om
elders te gaan drink. Later het Thomas opgedaag met die versoek
dat tweede
appellant hom moet kom help om Andries, wat smoordronk was, na sy kamer te neem.
Hulle het Andries op sy bed geplaas en
Thomas is daar weg. Die volgende oggend
het tweede appellant haar opdrag gegee om hom te vergesel na die kamer van
Andries. Daar
aangekom, het sy gesien dat tweede appellant, terwyl sy nog
geslaap het, vir Andries vasgebind het en lappe in sy mond gestop het.
Tweede
appellant het vir Andries, wat nog by sy bewussyn was, gesê dat die
werknemers van mnr Eksteen te min geld
6
verdien en het gevra of Andries daarmee tevrede is. Hy het Andries
ook
daarvan beskuldig dat hy 'n beriggewer is. Hy het hom met die mes op die
linkerslaap "geslaan" en hom daarna met die genoemde mes
gesteek, ook op die
linkerslaap. Hierna het tweede appellant die mes, bewysstuk 4, aan eerste
appellant gegee en haar beveel om Andries
op sy maag te steek, wat sy gedoen
het. Sy getuig dat sy dit gedoen het omdat tweede appellant gedreig het om haar
ook met die mes
te steek as sy nie sy bevele uitvoer nie. Daarna het tweede
appellant die lig afgeskakel en Andries verder met die mes gesteek. Hy
het
daarna Andries se lyk onder die bed in die kamer ingeskuif en hulle twee is
terug na hul eie kamer. Thomas het later opgedaag
en na Andries gesoek, maar
tweede appellant het hom vertel dat Andries na Pretoria is.
Die volgende dag was eerste appellant in die Eksteen-woning werksaam. Op 'n
stadium het tweede appellant vir mnr Eksteen vir spykers
kom vra en dié
twee het na die buitekamer gegaan. Eerste appellant het daarna iemand, wat vir
haar soos 'n vrouepersoon geklink
het, hoor skree.
7 Tweede appellant het
later die woning ingekom en vir suiker en melk gevra.
Sy het mev Eksteen uit die sitkamer gaan roep en hulle het na die
kombuis
gegaan waar tweede appellant gewag het. Daar aangekom, het
tweede
appellant die kombuisdeur gesluit en hulle (haar en mev Eksteen) na
die
slaapkamer gedwing. Op mev Eksteen se vraag waar Mnr Eksteen is,
het
tweede appellant aan haar die bebloede oortrektrui wat hy aangehad
het,
gewys en ook gesê dat sy liewers oor Andries as oor mnr Eksteen moes
vra.
Mev Eksteen was geskok. In die kombuis het tweede appellant bewysstuk 5,
synde 'n mes met 'n houthef en 'n lem van ongeveer 20 sentimeter gesien.
Tweede appellant het dit geneem en mev Eksteen gevra waar die geld is. Hy
het die slaapkamerdeur agter hulle toegesluit. Sy het geantwoord dat sy
nie
weet nie en dat die sleutel by mnr Eksteen is. Sy het later na 'n muurkas
gewys en eerste appellant het sleutels (vermoedelik van 'n kas of kluis
waarin
die geld sou wees) bo-op die kas gesoek, weer op tweede appellant se
bevel.
Sy het niks gevind nie, maar 'n sleutel is later deur tweede appellant
self
gevind. Hy was steeds met die mes bewapen. Mev Eksteen kon na 'n
8
gesukkel die brandkluis nie met die sleutel oopkry nie nadat tweede
appellant
haar beveel het om dit oop te sluit. Hy het self die sleutel geneem
en die brandkas oopgesluit. Hy het vuurwapens en geld daaruit
gehaal, asook die
dolk, bewysstuk 1 en 'n banksak vol muntstukke. Daar was ook 'n kissie met ringe
op 'n tafeltjie gewees, wat hy
ook geneem het en in 'n sak geplaas het by al die
goed wat uit die kluis geneem is. Tweede appellant het toe vir haar (die eerste
appellant) uit die kamer geneem en gesê dat hy teruggaan na die kamer,
daar is iets wat hy agtergelaat het. Sy kon nie op daardie
stadium vlug nie,
want tweede appellant het reeds vroeër ook die kombuisdeur toegesluit.
Sy het getuig dat sy 'n rukkie gewag het en toe teruggegaan het na die
slaapkamer aangesien sy haar onderrok daar vergeet het. Die
rede waarom sy haar
onderrok in die Eksteens se slaapkamer uitgetrek het, was dat sy weens vrees
begin menstrueer het en die onderrok
uitgetrek en in 'n wasbak in die slaapkamer
geplaas het. Sy het getuig dat toe sy die Eksteens se slaapkamer binnegekom het,
het
sy gesien dat tweede appellant besig was
9 om sy broek op te trek en voor
by sy maag toe te maak. Mev Eksteen het op
daardie stadium op die bed gelê met haar bene opgetrek en daar was
'n
deurskynende stuk materiaal soos 'n gordyn oor haar getrek. Eerste
appellant
het haar onderrok geneem. Mev Eksteen het vir eerste appellant
gevra om
vir haar water te gee, wat sy gedoen het. Tweede appellant het weer
die
slaapkamerdeur toegesluit. Hy het daarna die dolk, Bewysstuk 1, aan
eerste
appellant oorhandig en haar beveel om mev Eksteen daarmee te steek.
Sy
het geweier. Tweede appellant het die dolk geneem en vir haar, eerste
appellant, op die linkervoorarm daarmee gesteek. Hy het haar ook geskop
bokant die linkeroog.
Hierna het hy 'n handdoek geneem en haar beveel om dit oor mev Eksteen se
gesig te plaas, wat sy gedoen het. Daarna het hy mev Eksteen
tweemaal met die
mes gesteek.
Hulle twee is toe na Johannesburg. Daar het tweede appellant tablette,
medisyne en 'n verband by 'n apteek gekoop om die wonde wat
hy in die struweling
met mnr Eksteen opgedoen het, te verpleeg. Hulle het by 'n hotel
10
ingeteken. Hy het aan haar van die gesteelde goed, asook R1500, 'n ring
en
'n vuurwapen gegee. Terwyl hy na 'n eetplek is om te gaan kos koop, het
eerste appellant (met mev Eksteen se nagrok onder haar dagklere
aan) probeer
ontvlug. Tweede appellant tref haar egter by die huurmotorstaanplek aan; 'n
alterkasie vind plaas en uiteindelik is
sy met 'n huurmotor na Durban. Ongeveer
twee weke later het tweede appellant by haar woning in Natal opgedaag. Hy het
aan haar fotos
van hulself wat in koerante verskyn het, getoon. Hulle het daarna
na Butterworth gegaan waar sy later weer ontvlug het en na Durban
teruggaan het.
Sy het daar die vuurwapen aan 'n persoon in die omgewing van die poskantoor
verkoop en die ring aan 'n persoon naby
die Nedbank-gebou. Sy het die nagrok van
mev Eksteen en die horlosie aan ander persone gegee, by wie dit deur die polisie
gevind
is. Sy is later deur die polisie in Durban gearresteer.
TWEEDE
APPELLANT SE WEERGAWE
Hy het nadat hy lank tuinwerk in Pretoria en Benoni gedoen het, eerste
appellant in Johannesburg ontmoet en 'n verhouding het tussen
hulle
ontstaan.
11
Uiteindelik het hulle diens as tuiniers by die Eksteens gedurende die eerste
week in November 1990 aanvaar.
Op 'n later stadium het hy en eerste appellant
besluit om die Eksteens om die lewe te bring. Die voorstel het van eerste
appellant
gekom, en wel omdat die Eksteens blankes was en blankes haar mense,
swart mense, doodgemaak het. Hy het geweier en sy het toe van
sy klere verbrand.
Daarna het sy aan hom gesê dat daar geld in die Eksteen-woning was. Hy het
uiteindelik met haar saamgestem
om die Eksteens te vermoor - onder andere omdat
hy in Johannesburg 'n lid van 'n bende was. Hy was toe reeds 'n kreupele en het
besef
dat hy nie self die daad kon verrig nie. Hy het dus besluit om na
Johannesburg te gaan om 'n vriend te kry om dit te kom doen. Hy
het egter slegs
'n mes bekom, nl. Bewysstuk 4. Eerste appellant het toe voorgestel dat Andries
dronk gemaak word en by die rivier
gelaat word sodat die Eksteens daarna vermoor
kon word. Die plan het nie geluk nie en daar is tussen die twee van hulle
besluit om
mnr Eksteen na hul kamer te lok en om hom daar te vermoor. Voor die
plan in aksie gestel kon word, daag
12 Thomas daar op. Die twee appellante
besluit toe om Andries te probeer dronk
maak. Teen sesuur die Saterdagmiddag het Andries saam met Thomas na
laasgenoemde se woning gegaan om daar verder te drink.
Tweede appellant het hierna 'n kraan in hul kamer gebreek met die doel om mnr
Eksteen daarheen te lok en hom daar om die lewe te bring.
Eerste appellant het
mnr Eksteen in die huis gaan roep. Dit was ongeveer 9 uur die aand. Hy het wel
gekom, maar was gewapen met 'n
handwapen. Die plan om mnr Eksteen daar en dan om
die lewe te bring, is laat vaar. Mnr Eksteen het die kraan herstel en na sy huis
teruggekeer.
Eerste appellant het daarna voorgestel dat as Andries terugkeer, hy vasgemaak
moet word. Toe Andries later die aand smoordronk terugkeer,
het hulle hom,
terwyl hy in 'n diepe dronkslaap verkeer, stewig vasgebind met tou wat eerste
appellant van die wasgoedlyn geneem
het en lappe in sy mond gedruk. Andries het
wakker geword en bevestig dat daar geld in die Eksteen-woning is. Hy het om sy
lewe gepleit
en gesê dat hy een van hulle is. Hy het begin skree. Tweede
appellant het hom met die hef van die mes teen die
13
slaap geslaan. Toe hy weer begin skree, het eerste appellante die
mes,
bewysstuk 4 geneem en hom in sy maag daarmee gesteek.
Tweede
appellant het lug uit die maagwond hoor ontsnap en het aan eerste appellant
gevra waarom sy so iets gedoen het, waarop sy geantwoord
het "die ding wil nie
verstaan nie." Sy het steeds die mes in haar hand gehad. Tweede appellant het
toe besef dat Andries Mothebu
'n langsame dood gaan sterf weens die maagwond. Hy
het die mes by eerste appellant geneem en Andries in die borskas gesteek. Hy het
hom ook in die keel gesteek. Hy kon lug uit Andries se keel hoor ontsnap en
terwyl laasgenoemde nog geskop het, het hulle hom onder
'n bed ingedruk. Daar
was baie bloed in die kamer en eerste appellant het dit opgevee. Hulle het na
hul eie kamer gegaan.
Tweede appellant het getuig dat hy daartoe oorgegaan het om Andries Mothebu
om die lewe te bring omdat hy 'n obsessie gehad het met
die baie geld in die
Eksteen-woning waarvan eerste appellant hom vertel het.
Op die Sondagoggend, 23 September 1990, het eerste appellant die
bloedbevlekte lappe verbrand. Toe Thomas later vir Andries kom soek
het,
14
het tweede appellant hom vertel dat Andries Sinoville toe is om geld by sy
suster te gaan leen. Dieselfde storie is ook aan mnr Eksteen vertel toe
dié
navraag oor Andries se afwesigheid gedoen het. Tweede appellant
het in
Andries se plek mnr Eksteen se skape uit die kraal gejaag en sy koei
gemelk
en is daarna na sy kamer terug. Toe hy aan eerste appellant vertel dat
mnr
Eksteen gedreig het om Andries hardhandig te behandel by laasgenoemde
se
terugkeer, het sy hardop gelag en gesê hoe sal hy dit doen, hy gaan
binnekort
vir Andries volg.
Hy (tweede appellant) het daarna voorgestel dat die hele
moordplan
laat vaar word, maar eerste appellant het na die dood
van Andries Mothebu
verwys en gesê dat hulle die Eksteens in die huis moes gaan aanval; hy
moes
mnr Eksteen aanval en sy vir mev Eksteen. Sy het ook gesê dat dit
'n
kwessie van lewe en dood was en die mes, Bewysstuk 4, in haar besit
geneem en dit skerp gemaak en muti gekou om haar krag te gee. Van die
muti is in die hol hef van die mes geplaas. Dit is deur die verhoorregter
self
tydens die verhoor in die hef van die mes gevind.
15
Eerste appellant het daarna na die woning van die
Eksteens
teruggekeer sodat die moordplan uitgevoer kon word. Hy
het haar 'n paar minute later gevolg. Hy was met die mes, Bewysstuk 4, bewapen.
Toe hy mev Eksteen sien, het sy moed hom weer begewe en hy het haar vir suiker
gevra. Sy het hom gewaarsku om nie hard te praat,
sodat mnr Eksteen hom
nie daar in die huis hoor nie want sy het hom jammer gekry en het vir hom
suiker en teesakkies gebring.
Hy het na sy kamer teruggekeer en weer oorweeg om te vlug. Eerste appellant
het om ongeveer 12h30 na hul kamer teruggekeer en met
hom geraas omdat hy nie
met die moordplan voortgegaan het nie. Hy het weer by haar gepleit om die plan
te laat vaar, maar tevergeefs.
Sy het weer 'n plan voorgestel om mnr Eksteen in
hul kamer te kry, maar hy het dit verwerp. Sy het daarop voorgestel dat hy 'n
plank
neem en na mnr Eksteen moes gaan en sê dat hy 'n sitbankie wou maak
en hom dan vir die nodige gereedskap vra. Hy het tot dié
plan ingestem en
met die plank by die stoorkamer gaan staan, wetende dat mnr Eksteen hom daar sou
sien. Mnr Eksteen het dan ook later
16 na buite gekom en hom gevra wat by
benodig. Die gereedskap was in 'n
buitekamer toegesluit; toe mnr Eksteen buk om die staaldeur oop te sluit,
het
tweede appellant die mes, bewysstuk 4, geneem en hom daarmee in die
rug
gesteek. Beide van hulle het geval, waarna tweede appellant mnr
Eksteen
aanhoudend verdere messteke toegedien het. Dit was met soveel
krag
gedoen dat die lem van die mes met 90 grade gebuig het. Hy het die mes
neergegooi. Mnr Eksteen het begin skree. Tweede appellant het probeer om
sy mond toe te druk en het 'n pik opgeneem, maar kon mnr Eksteen nie
raakslaan nie. Hy het die erg verwonde mnr Eksteen in die pakkamer gelaat
"
en die deur gesluit.
Hy het hom daarop by eerste appellant en mev Eksteen in die
huis
aangesluit waar hulle in die kombuis gestaan het. Hy het die
kombuisdeur
agter hom gesluit. Mev Eksteen het hom gevra waar mnr Eksteen is, want
daar was nou bloed aan die voorkant van sy klere. Eerste appellant het
vir
mev Eksteen met die arm om haar nek gegryp en dit het gelyk of sy 'n mes
of 'n skêr teen mev Eksteen se nek gedruk het. (Vermoedelik was dit
die
17 genoemde mes met die lang lem, bewysstuk 5). Hyself het mev Eksteen
'n
klap toegedien ten einde die sleutels van die kluis by haar te kry. Mev
Eksteen het geskree, waarop hy mev Eksteen op die vloer vasgedruk het
en
eerste appellant 'n groot braaivleisvurk (bewysstuk 15) geneem het en dit
met
geweld agter in mev Eksteen se mond en keel gedruk het. Mev Eksteen
het
gepleit dat haar lewe gespaar moet word en het belowe om die geld aan
hulle
te oorhandig. Hulle het haar na haar slaapkamer geneem en haar op die
bed
geplaas. Eerste appellant het hom beveel om oor mev Eksteen wag te hou
en sy het die kaste begin deursoek. Sy het vuurwapens in een van die
hangkaste gevind en dit op die vloer geplaas. Hulle het daarna mev
Eksteen
gevra waar die sleutels van die kluis is, waarop laasgenoemde gesê het
dat
dit by die "oubaas" is. Eerste appellant het gedreig om haar weer in die
mond
met die braaivleisvurk te steek en het haar ook geklap. Mev Eksteen het
toe
dadelik gesê dat die sleutels van die kluis bo-op een van die hangkaste
is.
Daar het eerste appellant twee sleutels gevind en mev Eksteen beveel om
die
kluis oop te sluit. Vanweë haar skriktoestand kon mev Eksteen nie
daarin
18
slaag nie. Tweede appellant het dle sleutels geneem en die kluis
oopgesluit.
Daar het hulle nog vuurwapens en R10 000 in note gevind. Hulle
het die geld en al die vuurwapens asook rokke van mev Eksteen in 'n
drasak
geprop. Terwyl tweede appellant in die badkamer was om die bloed van hom af te
was, het eerste appellant mev Eksteen wat op
die bed gesit het, bewaak. Hy het
gesien dat eerste appellant besig was om mev Eksteen te slaan - volgens haar
bewering aan hom omdat
mev Eksteen probeer het om te ontvlug. Eerste appellant
het 'n bajonet, bewysstuk 1, by haar gehad. Sy vra hom waar sy mes, bewysstuk
4
is, en hy het aan haar verduidelik wat daarvan geword het. Hy het voorgestel dat
hulle mev Eksteen vasbind, maar eerste appellant
het aangevoer dat sy bang is
dat die Eksteens se seun daar sou opdaag. Dit was ongeveer 14h00. Sy het
voorgestel dat hulle mev Eksteen
ook moes vermoor. Hy het geweier, waarop eerste
appellant gesê het dat sy self die daad sal pleeg. Hierop het hy mev
Eksteen
met 'n handdoek, wat hy in beide hande vasgehou het, agteroor op die bed
getrek. Eerste appellant het die bajonet, bewysstuk 1, geneem
en mev Eksteen
daarmee in die
19
borskas gesteek. Hulle het mev Eksteen in die kamer gelaat, met die
bajonet
steeds in mev Eksteen se borskas. In die kombuis het hy sy
bloedbevlekte klere uitgetrek en skoon klere, wat eerste appellant spesiaal
vir
hom gehou het, aangetrek. Eerste appellant het die telefoondraad uitgepluk en
hulle het die plaas verlaat.
Hulle het na Johannesburg gegaan en in 'n hotel
ingeboek. Hulle het die buit verdeel en op 24 Desember is hul uitmekaar, met die
voorneme
dat hy in Johannesburg sou bly en teen Nuwejaarsdag by haar by haar
woning in Natal sou aansluit. Hy het haar huisadres in Natal
gehad.
Hy het daarna 'n berig oor die Eksteen-moorde in 'n koerant gesien en
afgereis na Durban waar hy eerste appellant ontmoet het. Daar
het sy aan hom
gesê dat haar foto reeds op die televisie vertoon was. Hulle het besluit
om na die Transkei te vlug. Daar het
hulle vir vier dae in 'n hotel gewoon en
daarna na Durban teruggegaan. Tweede appellant het besluit dat sy en eerste
appellant se
weë moes skei, en hy het vertrek, eers na die Transvaal en
later na Kaapstad. Na ongeveer 'n jaar het hy na Johannesburg
20
teruggekeer, waar hy op 15 April 1992 gearresteer is.
Die verhoorhof het
tweede appellant tereg aan die drie moorde en die roof met verswarende
omstandighede skuldig bevind. Die redes
hlervoor is die volgende:
1. Tweede appellant het op al vier die aanklagte skuldig gepleit. Sy
pleitverduideliking ingevolge artikel 112(2) van die Strafproseswet
erken dan
ook al die klagtes hom ten laste gelê.
2. Tweede appellant het op 1 April 1992 'n bekentenis voor landdros Poterill te
Pretoria afgelê. Hierdie bekentenis stem in
alle wesenlike opsigte ooreen
met sy
viva voce
getuienis wat hierbo opgesom is.
3. Op 14 April 1992 het tweede appellant uitwysings aan Luitenant Bouwer gedoen
nadat al die regtens voorgeskrewe vereistes nagekom
is. Dit is genotuleer. Dit
staaf in alle wesenlike opsigte sy getuienis in die hof. Luitenant Bouwer se
getuienis word gestaaf deur
'n reeks fotos wat adjudant-offisíer Beukman
tydens die gemelde uitwysings geneem het.
21
4. Tweede appellant se weergawe word gestaaf deur die getuienis van en
fotos geneem deur adjudant-offisier Thomas. Hy het die moordtoneel besoek op 25
Desember 1990 en 'n aantal fotos geneem. Sy getuienis
en die fotos, insluitende die posisies waarin die lyke gevind ts en die wonde
daaraan, staaf tweede appellant se weergawe in alle
wesenlike opsigte - onder
andere die bajonet wat nog in die borskas van mev Eksteen was en die braaivurk
met bloed daaraan. Hy het
ook 'n aantal bloed- en haarmonsters geneem, en
vinger- en palmafdrukke. Hy het ook 'n .22 Berettapistool in 'n wasbak gevind.
Hy
het ook 'n gebuigde mes, bewysstuk 4, in die motorhuis naby mnr Eksteen se
lyk aangetref, en bewysstuk 5, 'n mes met 'n lem van 20
sentimeter, gevind. Hy
het ook gevind dat die telefoon uitgeruk was. Sekere kledingstukke van die
appellante is op die toneel gevind
en weggestuur vir bloedtoetse. 'n Paar skoene
van eerste appellant in die huis gevind.
5. Mnr B M Eksteen, die seun van die oorlede mnr en mev Eksteen, het
tweede
appellant se weergawe oor die appellante se
indiensneming
22
gestaaf; asook die getuienis ten aansien van die wonde aan die
Eksteen-egpaar, die vermiste handwapens, die kontant en sekere kledingstukke,
o.a die pienk nagrok van mev Eksteen en 'n Nivada-horlosie.
6. (Mev Leonie Jooste, die dogter van die Eksteen-egpaar, het bevestig dat die
gesteelde juweliersware aan haar moeder behoort het;
dat dit in 'n kluis in die
slaapkamer geberg was asook dat minder waardevolle juwele in 'n kissie gehou
was. Ook sy het die reedsgenoemde
horlosie en nagrok van haar moeder
uitgeken.
7. Beide appellante het erken dat die braaivleisvurk, bewysstuk 15, in die
studeerkamer van die huis aangetref is soos wat op een
van die fotos van die
misdaadtoneel aangedui is.
Terwyl daar dus geen redelike twyfel
kan bestaan oor die skuldige aandadigheid van tweede appellant aan die drie
moorde en die roof
nie, ontstaan die vraag of dieselfde van eerste appellant
gesê kan word. Het sy Andries Mothebu met 'n mes gesteek omdat sy
deur
tweede appellant gedreig
23
was? Was sy heeltemal onbewus van die moord op mnr Eksteen, soos
sy
beweer? Het sy, soos sy beweer, niks met die roof van die goedere te
doen
gehad nie? Was sy deur tweede appellant met 'n mes gesteek en geskop
om
haar te dwing om mev Eksteen aan te rand en met 'n handdoek vas te
druk?
Is sy, kortweg, valslik deur tweede appellant geinkrimineer?
Daar bestaan gewigtige getuienis wat teen die eerste appellant
se
verontskuldigende weergawe tel, o a die volgende:-
1. Eerste appellant het op 19 November 1991 in Durban, kort na haar
arrestasie, 'n bekentenis voor kaptein Engelbrecht afgelê,
bewysstuk
Q
.
In die aanhef daarvan verklaar sy dat sy die verklaring vrywillig aflê
omdat sy die waarheid wil praat. Sy verklaar dat sy nie aangerand of
gedreig is nie. Sy sê dat sy reeds haar weergawe mondelings aan
die
polisie gegee het. Die notule van haar verklaring lees dan
soos volg:
(Ek weergee die verklaring
verbatim
met die tik- en taalfoute
daarin
ongekorrigeerd.)
"Firstly I would like to tell you about Andries, it is a black male that was
killed by black male Nathi and Ben. It was on a Saterday
in December,
24
it happened during the night. Andries was stabbed by them with a knife,
although I was not present. I heard him screaming, he was
calling Ben's
name.
On Saturday of the same month, I was in the kitchen of my madam where I was
working in Pretoria. My boyfriend, Ben then came into
the kitchen and ask me to
call our Baas. Ben asked me to ask him to come and give Ben some nails which
were in the garage.
At that stage our Baas was in the dining room drinking tea. I called him and
informed him that Ben was asking for some nails. They
both then went into the
garage, at that stage I heard the Baas screaming "Help, help asseblief". At that
time I saw Ben coming out,
he locked the garage. Ben was wearing a white
"skipper" and his skipper was full of blood. At that time there were clothing
hanging
on the line, he took one of his jackets and put it on. After that he
said to me I must ask the Madam to give hime some sugar. At
that stage black
male Nathi was already in the house from the back. Before the Madam could come
to Ben, Nathi grabbed her. After
Nathi had grabbed the madam Ben also entered
the kitchen. Ben ask me to ask the Madam for money or to threaten her that we
would
kill her. The Madam was crying, Ben then took out her false teeth. Later
he showed us the key for the save where the firearms and
money were kept. I do
not know how much money we got but I received R1 500.00. Six firearm were taken,
I was given a Baby Browning
which I had sold at the Post Office to Joshua Xulu.
We also took some rings and old money as well as neckleces, a writch watch and
bangles.
The rifles we left in the save, we only took the pistols.
After we were finished the Madam ask to drink some water. As we were in the
toilet we allowed her to drink water in the bathroom.
After
25
that I was asked to stab the Madam. I stabbed her twice, I was also injured on
my left arm and on my forehead. I was out by the window
when I took the plaster
from the pantry.
I stabbed the Madam in the chest. We left the Madam on the bed, she was still
alive and was crying.
I then changed my clothes in her bedroom, because mine was full of blood. We
then took a taxi and we went to a place that I did not
know, it was only myself
and Ben, Nathi had left on his own. We slept in the hotel and Ben booked in for
three weeks. After two days
we left the hotel and we come down to Durban. Ben
stayed with me for a few weeks and returned to Pretoria.
After the statement was read over to the deponent she ask to add the
following:
We also took a radio from the scene, I will go and point it out to the
police. I sold it to a person at Dalton Men's Hostel."
2. Op 25
November 1991 het sy voor luitenant Gerber 'n
uitwysingsverklaring afgelê en daarna sekere uitwysings gedoen. Dit
is genotuleer en het gedien as
bewvsstuk U
. Daarin verklaar sy dat sy
vrywillig die uitwysings wil doen en dat sy nie aangerand of gedreig is
nie. Luitenant Gerber se notule van die uitwysings lees soos
volg:
"13:01: Beskuldigde versoek my om te ry na Pretoria-Noord
aangesien sy nie baie vertroud is met Pretoria nie. Ry
met die Apiesrivier snelweg deur die poort na
Pretoria-
26
Noord.
13:14 Beskuldigde deel my nou mee dat ek moet ry tot by die ou Warmbad-pad en
versoek my om regs te draai, terug in die rigting van
Pretoria, sy beduie verder
dat ek moet afdraai in Sagelaan en beduie verder dat ek na regs moet gaan in
Chervillaan.
13:20 Beskuldigde versoek my om stil te hou, reg voor no. 8, Chervillaan waar 'n
woonhuis op 'n kleinhoewe is en deel my mee dat
dit díe plek is waar sy
gaan punte uitwys.
13:25 Beskuldigde neem my na gebou agter woonhuis en wys 'n sementblad aan my
uit as die plek waar 'n rondawel was waarin sy en 'n
ene Ben gewoon het. Sy wys
verder 'n vertrek net ten noord uit in 'n gebou waar 'n swartman Patrick en
Andries gebly het. Sy deel
verder mee dat dit die kamer is waar Ben en Natie
Thlakwane vir Andries doodgemaak het op 'n Saterdag in Desember 1990. "Ek het
gehoor
Andries eenmaal skreeu". "Ek het wakker geword want ek was reeds aan die
slaap." "Ek weet nie of Andries dood is nie".
13:37 Beskuldigde wys 'n plek uit aan die westekant van die woonhuis wat 'n
groot skuur of motorhuis is en deel mee dat Ben net op
die Sondag na die
Saterdag toe sy vir Andries hoor skreeu, het met die eienaar van die plek gesien
praat het. Sy het gehoor dat Ben
vir die ouman spykers vra. Die eienaar van die
plek het toe die deur kom oop sluit. Dit is al wat ek weet.
13:51 Beskuldigde neem my na die agterdeur van die hoofwoonhuis en wys my dat sy
in die opwasplek was op die betrokke Sondag. Ben
het by die agterdeur ingekom en
sy het gesien dat Natie by die voordeur inkom. Die eienares van die huis het in
die sitkamer op 'n
stoel gesit. Beskuldigde wys die plek uit. Ben en Natie het
die vrou
27
gegryp en in die gang afgesleep terwyl sy op die grond gelê het, tot in
die hoofslaapkamer waar die dubbelbed gestaan het.
Ben en Natie het 'n sleutel
geëis vir 'n brandkluis wat in die hoek van 'n vertrek gestaan het. Sy wys
die plek uit. Die vrou
het eers met drie sleutels probeer. Sy het toe na die
hangkas gegaan en 'n ander sleutel uitgehaal. Beskuldigde wys hangkas en
aantrekhokkie
uit. Die sleutel het toe die kluis oopgesluit. Dit witvrou het toe
vir ons die geld bo in in die kluis gewys. Ons het die geld uitgehaal
dit was
note ten bedrae R9 500.00. Daar was ses vuurwapens. Beskuldigde wys met die hand
dat dit handwapens is. Verduidelik dat een
groot was, twee bietjie kleiner.
Beskuldigde sê nou dat daar sewe vuurwapens was, een was 'n Baby Browning,
die kleur was silwer.
"Ek sê maar net dit is klein, ek weet nie wat die
naam is nie". Die ander vuurwapens was ook kleinerig. Ben het vir my die
Baby
Browning gegee. Daar was 'n banksakkie vol randstukke. Ben het dit gevat en in
'n sak gesit. Beskuldigde sê dat sy 'n
ring van 9 karaat en R1 500.00 by
Ben gekry het. Sy së verder dat Ben 'n handdoek oor die vrou se kop getrek
het en dat Natie
die vrou se voete vasgegryp het. Natie het my toe met sy skoen
in die oog geskop en my in die arm met 'n mes gesteek. Hy het toe
gesê dat
ek die vrou met die mes moet steek. Ek het haar toe in die bors gesteek met 'n
silwerkleurige mes wat ek van Natie
af gekry het. Natie het die hele tyd
díe mes by hom gehad. Ek het haar twee keer op dieselfde plek gesteek.
Daarna het ons
gevlug na Johannesburg. Dit is al wat ek
weet."
3. Op 30 Januarie 1992 het
eerste appellant in die landdroshof verskyn
28
waar die drie moordklagtes aan haar gestel is. Sy het skuldig gepleit
voor landdros Venter en 'n pleitverduideliking, Bewysstuk B, aangebied. Daarin
verklaar sy dat sy die verduideliking vrywillig aflê.
Die rekord van die
tersaaklike deel van die verrigtinge lees soos
volg:
"V. Was u op 23 Desember 1990 tot 25 Desember 1990 te Plot 8, Chervillaan in die
distrik Wonderboom?
A. Ja.
V. Wat het u daar gedoen?
A. Ek het met die tuinjong my kêrel. Die werkers op die plot het gedurende
Kersfees vakansie huistoe gegaan. Ek, Andries en
Ben het daar agter gebly. Ons
het daar bier gedrink. Ben het met sy vriend gepraat om die ou man dood te kom
maak. Hulle het vir
Andries doodgemaak. Ben en Nati Molakwana het Andries
doodgemaak. Ek het huis ingegaan waar ek my werk gedoen het. Ek het niks aan
die
persone gedoen nie. Nati het my arm gesteek en my gedwing om die blanke vrou te
steek. Ek het haar 32 keer gesteek met 'n mes.
Ek het niks aan die ouman of
Andries gedoen nie. Ek het vrou op bors
gesteek.
V. Is sy oorlede as gevolg van beserings wat sy opgedoen het?
A. Ja ek het nie opset gehad nie en nie gedink sy sal sterf nie.
Hof nie tervrede dat beskuldigde bedoel het om skuldig te pleit nie en
pleit van onskuldig genotuleer in terme van artikel 121(2) (b)Wet 51/77.
Erkennings bly staan."
'n Pleit van onskuldig is tereg
genotuleer.
4. Kaptein Gerber, die ondersoekbeampte in die saak, het nadat hy sekere
inligting ontvang het, na Durban afgereis en eerste appellant daar
29
gekonfronteer. Hy het haar volgens die regtersreëls gewaarsku en
die
volgende vrae aan haar gestel waarop sy soos volg geantwoord het:
"
Vraag:
Weet jy iets van die moorde?
Antw:
Ja, dit was ek, Ben en Nati.
Vraaq:
Waar is Ben en Nati?
Antw:
lewers in Johannesburg.
Vraaa:
Sal jy die plek kan uitwys?
Antw:
Ja."
Hy het hierdie vrae en antwoorde genotuleer en
eerste appellant het dit onderteken.
Hierna het sy hom geneem na 'n vrou, Fortune, wat mev Eksteen se nagrok
aangehad het en wat dit van eerste appellant gekry het. Ook
is die gesteelde
horlosie weens haar uitwysing gevind. Sy het ook aan die ondersoekbeampte gaan
wys waar sy die gesteelde ring en
die gesteelde pistool sou verkoop het.
Eerste appellant het aangevoer dat die genoemde bekentenis, bewysstukke Q,
die uitwysingsverklaring bewysstuk U, die pleitverduideliking
bewysstuk B en die
erkennings en uitwysings aan die ondersoekbeampte (almal genoem onder paragrawe
1-4 hierbo) nie waar en korrek
is en nie vry
30
en ongedwonge deur haar afgelê is nie.
Om hierdie rede is 'n verhoor - binne - 'n verhoor gehou.
Haar
getuienis was dat met haar arrestasie in Durban op 19 November 1991 sy na 'n
polisiestasie geneem is waar kaptein Gerber gedreig
het om haar aan te rand en
te slaan. Hy het haar op haar bors geskop. Sy is nie daar deur enigiemand anders
aangerand nie, hoewel
ene Chirwa en Billy teenwoordig was, asook 'n ander blanke
persoon. Sy het ook getuig dat 'n leerarmband aan haar arm gebreek het
en dat
die ander lede van die polisiemag wat teenwoordig was, kaptein Gerber gesmeek
het om die aanranding te staak.
Sy is daarop na 'n ander kamer geneem en het op 'n stoel plaasgeneem. 'n
Onbekende polisiebeampte het 'n wit 'tou' uit 'n sak geneem.
Haar arms en bene
is aan die stoel vasgebind. 'n Nat, groen balaklawa is oor haar gesig getrek en
'n motorbinneband is daaroor geplaas.
Sy kon nie asemhaal nie en is met
elektrisiteit geskok. Toe sy steeds weier om te praat, is sy weer geskok. As
gevolg van die skokke
het sy geurineer.
31
Sy is deur die polisie weggeneem en by haar huis het sy 'n ander
romp
en 'n tipe bloes aangetrek omrede haar rok nat was - sy het
trouens in die polisievoertuig op 'n koerantpapier gesit.
Sy het later, op 'n
Maandag, 'n verklaring voor kaptein Engelbrecht afgelê (bewysstuk Q). Sy
verklaar nie dat sy dit weens vrees
gedoen het nie, maar wel dat sy dit gedoen
het op advies van die polisiebeamptes en omdat sy nie kennis en ervaring van wat
aangaan,
gehad het nie. Sy het ook nie aan kaptein Engelbrecht van die
vroeëre aanranding en elektriese skokke vertel nie, en wel uit
vrees vir
die polisie.
Later, op 25 November 1991, het sy in die hof verskyn en is daarna na 'n
polisiestasie geneem. Sy het daarna uitwysings gedoen. (BewysstukU).
Sy sê dat 'n polisiebeampte voor haar verskyning in die hof aan haar
gesê het om niks oor die aanrandings op haar te vermeld
nie, "...want dan
moet ek weet dat ek beslis teëspoed gaan optel indien ek dit openbaar." Om
dieselfde rede vertel sy nie aan
die persoon wat haar vir die uitwysings neem,
van die aanrandings vertel nie.
32
Onder kruisverhoor het sy toegegee dat sy van meet af aan ingelig
was
van die klagtes teen haar. Sy gee toe dat sy op 'n stadium
gesê het dat die dade gepleeg was deur haarself, Ben en Nati. Sy

dit is nadat sy geskok en aangerand is. Sy sê voorts dat sy die aand
gearresteer is en die volgende oggend eers aangerand
is deur sers Gerber. Hy het
haar net een keer op die bors geskop, sy kan nie sê of dit 'n harde of
ligte skop was nie, maar
sy het wel pyn verduur. Maar kaptein Gerber het nie vir
haar 'n storie gegee om te vertel nie - m a w nie iets voorgesê nie;
hy
het haar net gedreig om die waameid te praat. Later vertel sy dat twee
leerarmbande wat sy aangehad het, gebreek is weens 'n rondrukkery
by die hekkie
van die polisiekantoor nog voor sy aangerand is, maar sy kan nie sê deur
wie sy rondgeruk is of hoe dit geskied
het nie.
Sy ontken onder kruisverhoor dat die inkriminerende stellings die waarheid
was en sê dat dit afgelê het ten einde verdere
aanranding af te
weer. Sy het aan die polisie erken dat dit sy was wat mev Eksteen gedood het,
nadat sy eers gesê het sy weet
nie wie dit gedoen het nie.
33
Kaptein Engelbrecht het verduidelik hoe hy die verklaring,
Bewysstuk
Q, van eerste appellant afgeneem het. Hy bevestig dat
sy nooit aan hom gemeld het van enige aanranding op haar nie. Hy het ook geen
resente wonde of merke aan haar gesien nie.
Kaptein Gerber het getuig dat hy
die ondersoekbeampte in die saak was. Hoewel die moorde hier ter sprake gepleeg
was op 23 Desember
1990, het hy eers byna 'n jaar later spoor van die
aangeklaagdes gekry. Hy is op 18 November 1991 saam met sersant Chirwa en
konstabel
Shokane na Natal om eerste appellant te vind. Met behulp van die
polisie in Durban het hulle haar in Kwa Mashu opgespoor. Onmiddellik
toe hulle
haar gevind het, het hy haar gearresteer, haar volgens regtersreëls
gewaarsku en hy aan haar, sonder om haar te dreig
of aan te rand, die vrae, wat
reeds hierbo vermeld is, gestel. Sy het spontaan geantwoord.
Kaptein Gerber het die vrae en antwoorde genotuleer in sy sakboekie en dit is
daar en dan deur eerste appellant onderteken.
Sy is daarna na die kantore van die roof- en moordeenheid in Durban
34
geneem en ondervra. Later is sy na haar huis geneem, waar sy 'n
nagrok
(wat as dié van mev Eksteen geídentifiseer is) wat haar
suster, Tandi, aangehad het, uitgewys het. Later is 'n goudkleurige
horlosie
(ook dié van mev Eksteen) ook aan hom deur haar uitgewys. Dit was aan die
arm van 'n swart vrou, Fortune. Sy het
verdere kledingstukke aan hom oorhandig
en het haar verklee (om ongeveer 07:15) waama sy hulle na die poskantoor en
ander plekke
geneem het om aan te dui waar sy sekere goedere van die oorledenes
verkoop het.
Hy ontken enige aanranding op eerste appellant of enige dreigemente. Sy is
later na Pretoria teruggeneem en het op 25 November in
die Pretoria-Noord
landdroshof verskyn toe die saak bloot uitgestel is tot 30 Januarie 1992. Sy het
die uitwysings gedoen op dieselfde
dag.
Die kwessie van die verkleding van eerste appellant nadat sy die bekentenis
aan kaptein Engelbrecht gemaak het, is in kruisverhoor
met kaptein Gerber gedek.
Hy sê dat nadat sy die bekentenis afgelê het, sy na haar huis in Kwa
Mashu geneem is en dat
sy daar verklee het "...seker maar
35 net om netjies
te lyk. Ek dra nie kennis hoekom sy wou verklee nie." Toe hy
haar vroeër die oggend gearresteer het en na die polisiekantore geneem
het,
het sy nie eers verklee nie. Aan hom is ook gestel dat eerste appellant
in die
polisiekantore met vuiste geslaan is, wat hy ontken het. Ook is gestel
dat
sersant Chirwa en konstabel Shokane haar teen sy aanvalle verdedig het
en
gesê het dat sy 'n vrou is. Hy het dit ontken. Hy het ook getuig dat
tydens
die onderhoud eerste appellant weer erken het dat sy mev
Eksteen
doodgemaak het.
Ook is gestel dat die rede vir die latere verkleding was dat eerste appellant
haarself weens die aanranding benat het. Hy het dit
ontken en gesê dat hy
onder die indruk was dat sy verklee het omdat sy netjies wou lyk.
Majoor Bekker van die kriminele rekordsentrum in Pretoria was tydens die
arrestasie van eerste appellant en haar ondervraging aanwesig,
hoewel nie
deurentyd nie. Hy het sekere fotos geneem, o a van eerste appellant. Hy het
getuig dat sy geen onlangse beserings gehad
het nie. Hy was bewus daarvan dat
eerste appellant na die ondervraging en voor sy die uitwysings gaan doen
36
het, gaan verklee het. Soos wat hy dit verstaan het, was die rok wat sy
aangehad het 'n bewysstuk of kon dit by die saak betrokke gewees het
en
daarom het sy dit gaan verwissel. Hy ontken dat sy moes verklee omdat
sy
in die rok ge-urineer het. Hy sou so iets gesien of geruik
het.
Speurder-sersant Chirwa van Pretoria, wat kaptein Gerber na Durban
vergesel het, het kaptein Gerber se weergawe bevestig en ontken
dat eerste
appellant aangerand of gedreig was. Hy het slegs as tolk opgetree. Hy ontken dat
hy eerste appellant teen die beweerde
aanvalle van kaptein Gerber moes verdedig.
Hy ontken dat sy haar rok benat het. Sy het haar wel later by haar huis gaan
verklee,
maar hy kon nie presies die rede onthou nie. Hy was van mening dat dit
was omdat die rok wat sy aangehad het, 'n bewysstuk was. Hy
sou geruik of gesien
het as sy haar benat het.
Billy Shokane is 'n speurder-konstabel wat in Pretoria gestasioneer was. Hy
het kaptein Gerber na Durban in November 1991 vergesel
en was deurentyd
teenwoordig. Hy het kaptein Gerber se getuienis bevestig. Hy het ontken dat
eerste appellante aangerand of gedreig
is, of dat hy en speurder-
37
sersant Chirwa haar teen kaptein Gerber moes verdedig. Hy bevestig
dat
eerste appellant later by haar huis gaan verklee het. Hy meen dat hulle
'n vermoede gehad het dat die rok wat sy aangehad het, dalk
'n bewysstuk kon
wees. Hy ontken dat sy haar bemors het - as dit so was sou hy nie langs haar in
dieselfde voertuig na Kwa Mashu
gery het nie en sou kaptein Gerber ook nie in
dieselfde motor gery het nie.
Kaptein van der Merwe van die voertuigdiefstaleenheid in Pretoria was die
persoon aan wie eerste appellant die uitwysings op 25 November
1991 gedoen het.
Aan hom het sy verklaar dat sy nie deur enige persoon aangerand, gedreig of
beïnvloed was om die uitwysings
te doen nie. Sy het al die uitwysings
vrywillig aan hom gedoen en sy notas later onderteken as korrek.
In 'n uitspraak na die verhoor - binne - 'n - verhoor het die hof bevind dat
bewysstukke 0 (die verklaring aan kaptein Engelbrecht)
en Bewysstuk U (die
notule van die uitwysings aan kaptein van der Merwe) toelaatbaar is omdat dit
aan alle regsvereistes voldoen
en vry en vrywillig afgelê is.
38
In die gemelde uitspraak het die verhoorhof die getuienis van
die
getuies namens die staat aanvaar en eerste appellant as 'n
patetiese figuur beskryf. Daar is bevind dat sy haar relaas gewysig en
aangepas
het en klaarblyklik onwaarhede vertel het. Die hof het die indruk gevorm dat sy
'n leuenagtige getuie is. Uit die aard van
die saak is ook die
pleitverduideliking in die landdroshof toegelaat. Die eerste vraag wat
beantwoord moet word is of hierdie bevinding
van die verhoorhof korrek was.
In die eerste appellant se advokaat se betoogshoofde voor hierdie hof is
betoog dat die verhoorhof in die volgende opsigte fouteer
het:-(i) Deur nie ag
te slaan op die wesenlike weersprekings van die
staatsgetuies oor die redes waarom eerste appellant gaan verklee het
na haar ondervraging en die aflegging van die verklaring voor
kaptein
Engelbrecht nie; (ii) Deur nie ag te slaan op die
weerspreking aangaande die rol wat
Shokane by die ondervraging gespeel het nie.
Betreffende (i) moet dit vooropgestel word dat eerste appellant self
39
getuig het dat sy die vorige nag in dieselfde rok wat sy aangehad het toe sy
vir die ondervraging verwyder is, geslaap het. Kaptein
Gerber se verduideliking
dat sy verklee het"... seker om maar netjies te lyk" is dus glad nie
onwaarskynlik nie. Al die ander polisiebeamptes
het getuig dat hulte vermoed dat
eerste appellant verklee het omdat die rok wat sy aangehad het, moontlik 'n
bewysstuk kon wees.
Feit is dat eerste appellant inderdaad nadat sy na die huis
waar sy gearresteer is, geneem was, 'n horlosie en 'n aantal kledingstukke
as
bewysstukke oorhandig het. Dit is nie duidelik of die betrokke rok deel van
dié bewysstukke was nie. Die verduideliking
van sersant Chirwa, konstabel
Shokane en majoor Bekker dat hulle meen dat die rok deel van die bewysstukke
was, is nóg weersprekend
van kaptein Gerber se getuienis, nóg
vergesog.
Betreffende (ii) is dit gemeensaak dat konstabel Shokane deurgaans tydens die
ondervraging van eerste appellant teenwoordig was. Die
punt is namens die
verdediging gemaak dat kaptein Gerber getuig het dat konstabel Shokane in
dié tyd
aesels
het, terwyl konstabel Chirwa nie kan onthou of
hy
40 gepraat het nie. Konstabel Shokane getuig dat hy nie met eerste
appellant of
met kaptein Gerber gedurende die ondervraging gepraat het nie.
Ek meen nie
dat hier wesenlike weersprekings voorhande is nie. Chirwa kan nie van 'n
gepratery onthou nie. Shokane is ook nooit gevra
of hy nie gedurende die
ondervraging met Chirwa gesels het nie, en sowel Gerber se getuienis as
dié van Shokane kan dus heeltemal
waar wees. Die beweerde weersprekings
is ook in elk geval nie deur die verdediging gedurende kruisverhoor aan die
betrokke getuies
gestel nie.
Daar is myns insiens 'n verdere rede waarom die eerste appellant se getuienis
oor die beweerde aanranding by die polisiekantore in
Durban verwerp moet word.
Dit is dat sy reeds vroeër die oggend om 03h09 erken het dat die moorde
deur haar, Ben en Nati gepleeg
is, volgens die getuienis van kaptein Gerber. Sy
het kaptein Gerber se aantekening in dié verband daar en dan onderteken.
Die waarskynlikhede is oorweldigend dat sy die bekentenis aan kaptein
Engelbrecht 'n paar uur later insgelyks vrywillig sou afgelê
het, te meer
waar sy in daardie bekentenis verwys na die verklaring wat
41
sy vroeër die oggend aan kaptein Gerber afgelê het.
Ek meen dus
dat die verhoorhof tereg die bekentenis, uitwysing, erkenning aan kaptein Gerber
en die pleitverduideliking toegelaat
het.
Die advokaat vir eerste appellant
het in hierdie hof tereg toegegee dat die
viva voce
getuienis van tweede
appelant verdoemend teenoor eerste appellant is. Hy het in sy betoogshoofde
(maar nie in argument voor hierdie
hof nie) aangevoer dat die verhoorhof nie die
versigtigheidsreël met betrekking tot die getuienis van mede-beskuldigdes
na behore
toegepas het nie. Geen redes vir die blote stelling is voorgelë
nie en ek meen nie dat daar enige gronde vir dié stelling
bestaan
nie.
In die lig van al hierdie oënskynlik verdoemende getuienis teen haar,
het eerste appellant by die verhoor haar toevlug tot die
enigste ander moontlike
verweer geneem, nl dat sy deur tweede appellant gedwing is om aan die betrokke
handelinge deel te neem. Haar
weergawe in dié verband het ek reeds
volledig hierbo weergegee.
Ek meen dat die gemelde weergawe van eerste appellant tereg
verwerp
42
is, om die redes wat volg:
(a) In haar bekentenis is daar geen sprake van dwang of dreigemente deur tweede
appellant om aan die moorde deel te neem nie. Ene
Nati sou ook 'n deelnemer
gewees het.
(b)
Ook
maak sy geen sodanige bewerings aan kaptein Gerber
nie.
(c) Uit die aantekeninge wat deur kaptein van der Merwe geneem is gedurende haar
uitwysings aan hom, blyk dat ene Nati ook op die
toneel was en dat hy, Nati, (en
nie tweede appellant nie) haar gedwing het om mev Eksteen met die mes te
steek.
(d)
Dit blvk egter uit haar eie aetuienis dat daar nie so 'n persoon soos
Nati bestaan nie en dat aeen derde persoon saam met haar en
tweede appellant aan
die moorde deelgeneem het nie
. Volgens haar het tweede appellant reeds in
Natal voorgestel dat as sy ooit gearresteer word, sy moet sê dat hy
(tweede appellant)
ten tye van die pleging van die moord op mnr Eksteen saam met
ene Nati was. Maar dié verklaring is verregaande: waarom sou
tweede
appellant nie alleen 'n
43
fiktiewe derde persoon op die toneel plaas nie, maar ook homself?
(e) Dit blyk dat tweede appellant 'n kreupele is wat nie vinnig kon loop of
hardloop nie en nie groot van postuur is nie. Tog probeer
sy nie om van hom weg
te vlug nie - wat immers moontlik was toe hy alleen met mev Eksteen in die
slaapkamer sou gewees het. Haar
getuienis dat sy nie kon vlug nie omdat die
agterdeur gesluit was, oortuig nie, want sy het geensins gepoog om uit te vind
of daar
nie ander buite- deure of uitgange uit die huis was nie.
(f) In elk geval het sy die oggend ruim geleentheid gehad om aan mnr en mev
Eksteen te rapporteer dat Andries vermoor is en dat hul
eie lewens in gevaar is
- maar sy doen dit geensins.
(g) Selfs na die gruweldade en hoewel sy nie meer saam met tweede appellant
gewoon het nie, nader sy nie die polisie oor die gebeure
nie. Ek meen dus dat
die verhoorhof tereg eerste appellant se weergawe
verwerp het en
dié van tweede appellant aanvaar het.
Uit die getuienis blyk dan die volgende prentjie: Die twee
appellante
44
het te hore gekom van 'n groot bedrag kontant in die Eksteenwoning.
Veral
onder aanvoering van eerste appellant, beplan hulle om dié geld
in die hande te kry. Die Eksteens moes uit die weg geruim word.
Ook Andries
Mothebu moes stilgemaak word. Op 'n sluwe wyse word die gruweldade beplan en
word die planne aangepas. Albei neem deel
aan die moord op Andries Mothebu.
Eerste appellant bedink 'n plan sodat tweede appellant mnr Eksteen kan vermoor.
Albei neem deel
aan die moord op mev Eksteen en aan die diefstal van die
genoemde artikels. Eerste appellant se weergawe dat sy onder dwang van tweede
appellant gehandel het, is 'n versinsel.
Hulle is tereg beide aan die ten laste gelegde drie moorde en die roof met
verswarende omstandighede skuldig bevind.
Beide appellante kom ook teen die opgelegde doodvonnisse in hoër beroep.
Daar is aangevoer dat soos die reg tans staan, hierdie
Hof in die lig van die
versagtende en verswarende faktore wat van toepassing is, self moet besluit of
die doodvonnis die enigste
gepaste vonnis is
(S v Nkambule
1993 (1)SASV
136 (A) op 141 J-142A;
S vNkwanvana and Others
1990(4) SA735
45 (A) op
745E). Tereg is ook aangevoer dat die blote feit dat die
strafverswarende faktore swaarder as die strafversagtende faktore weeg,
nie
noodwendig meebring dat die doodvonnis die enigste gepaste een is nie
(S
v Ntuli
1991(1) SASV 137(A) op 142 g) en dat die doodvonnis slegs
in
uitsonderlike ernstige gevalle opgelê word
(S v Senonohi
1990(4) SA 727 (A)
op 734 H). Ook is verwys na die bekende vermaning om straf
met genade te
temper
(S vV
1972(3) SA 611 (A) op 614 D-G).
Die persoonlike omstandighede van die appellante is die volgende:
Eerste appellant was 27 jaar oud toe die misdade gepleeg is en
het
opleiding tot standerd 1 gehad. Sy het toe siek geword en het
geen verdere
opleiding ontvang nie. Sy het as huisbediende en ook op 'n plek waar
sonneblomme gekweek word, gewerk. Sy is nie getroud nie, het twee kinders
gehad, maar een is oorlede en die ander is sewe jaar oud. Haar vader woon
in Natal en sien om na die kind. In 1990 het sy tweede appellant in
Johannesburg by Parkstasie ontmoet, ongeveer twee maande voor die
plaasvind van die tans tersake voorvalle. Hulle het daarna rondgeswerf in
die
46
omgewing van Johannesburg en Pretoria, totdat hulle toevallig by
die
Eksteens werk gekry het.
Tweede appellant was tydens die verhoor
drie-en-dertig jaar oud en is heeltemal ongeletterd. Hy het in die omgewing van
Warmbad grootgeword
in die sorg van sy grootouers. Hy het eers hande-arbeid in
die Warmbad-omgewing verrig, maar is later na Johannesburg waar hy in
die buurt
van Parkstasie rondgeswerf het. Hy is later na Marabastad naby Pretoria waar hy
'n straatkind geword het. Later word hy
'n koerantverkoper en toe 'n tuinier. Hy
gaan daarna terug na Johannesburg en verval in 'n bestaan van daggarokery,
drankmisbruik
en gomsnuiwery. So ontmoet hy vir eerste appellant in 1990.
Die strafverswarende faktore in hierdie saak is voor die handliggend en is
besonder ernstig. Hulle is deur die verhoorhof soos volg
saamgevat: (i) Die erns
en veelvoud van die misdade: drie moorde en roof met
verswarende omstandighede wat oor die verloop van 'n redelike lang
tyd gepleeg is. Daar was ruim tyd vir besinning, maar dit is nie
benut
47
nie; inteendeel is met nuwe moordplanne vorendag gekom.
(ii) Die misdade was vooraf beplan en beredeneer; dit is fyn uitgewerk en slu
beplan. Elkeen van die appellante het afwisselend die
leiersrol in die
sameswering en in die uitvoering daarvan geneem.
(iii) Daar is volhardend met die grusame dade voortgegaan. Selfs nadat Andries
Mothebu om die lewe gebring is en die appellante gaan
slaap het, het hulle nie
tot besinning gekom nie maar steeds beplan hoe om mnr en mev Eksteen na hul dood
te lok.
(iv) Al drie die persone wat om die lewe gebring is, was hulpelose en betreklik
weerlose mense. Andries Mothebu was smoordronk en
is oorval en vasgebind en in
daardie toestand doodgemaak. Mnr Eksteen is van agter aangeval terwyl hy gebuk
het om 'n waenhuisdeur
oop te sluit en mev Eksteen is met 'n handdoek van agter
gewurg en toe doodgemaak.
(v) Daar was absoluut geen rede om Andries Mothebu om die lewe te bring nie,
selfs nadat hy, terwyl hy vasgebind was, te kenne gegee
het
48 dat hy nie met die appellante se planne wou inval nie.
(vi) Dit blyk dat die appellante behoorlik en op menswaardige en vriendelike
wyse deur die Eksteens behandel is.
(vii) Die wreedheid waarmee die moorde gepleeg is, is skokkend. Aan die liggaam
van mnr Eksteen was daar sewe steekwonde en twee
skaafwonde en die fotos van sy
lyk wat as bewysstuk ingehandig is, toon dat hy 'n gruwelike en pynlike dood
gesterf het. In die geval
van mev Eksteen was daar twee steekwonde wat die
borskas gepenetreer het. Daar was 'n verdere steekwond op die regterbors en
verspreide
kneuswonde oor die liggaam. Soos blyk uit die getuienis, is sy vir 'n
aansienlike tyd as gevangene aangehou nadat sy reeds bewus
gemaak was deur die
appellante dat groot onheil haar eggenoot getref het. Besonder wreedaardig is
dat sy deur eerste appellant met
'n braaivleisvurk in die mond gesteek is om
haar te dwing om te openbaar waar die Eksteens se geld te vinde is. Aan die
liggaam van
Andries Mothebu was daar veertien steekwonde.
49 Hy
was, soos uit die foto-bewysstukke blyk op wrede en pynlike wyse
vasgebind, met sy arms en bene agter sy rug bymekaar getrek en
vasgemaak.
In teenstelling met die bogemelde verswarende omstandighede kon
die verhoorhof geen werklike versagtende omstandighede vind nie, na
my mening
tereg. Dat die appellante as eerste oortreders behandel is en dat tweede
appellant nadat hy betrap is, oop kaarte gespeel
het en skuldig gepleit het en,
by monde van sy advokaat, berou betoon, kan geensins teen die gruweldade opweeg
nie. En selfs al hou
mens die strafideaal van rehabilitasie voor oë, is
hierdie geval sekerlik een waar die gemeenskap die swaarste wetlik-toelaatbare
tol eis.
Die verhoorhof het, na my mening, in die lig van die tans nog geldende reg,
die enigste gepaste vonnisse opgelê.
In die lig van die onbeantwoorde vraag of die oplegging van die doodvonnis
deur die hof
a quo
en die bekragtiging daarvan deur hierdie Hof
grondwetlik in orde is en in die lig van die hangende geding wat tans voor die
Grondwetlike
Hof dien, is dit aangewese om, in navolging van wat beslis is
in
50
S v Makwanyane en 'n Ander
1994(3) SA 868(A) te 873 D-G, die
bekragtiging
van die doodsvonnisse uit te stel totdat die Grondwetlike Hof daaroor
beslis
het.
Die volgende bevel word dus gemaak:
1. Die eerste appellant se appèl teen haar skuldigbevindings op klagtes
1, 2 en 3 word van die hand gewys.
2. Die afhandeling van beide appellante se appelle teen die doodvonnisse hul
opgelê op klagtes 1, 2 en 3 word uitgestel tot
'n datum wat deur die
Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal
word.
P J J OLIVIER
WAARNEMENDE
APPèLREGTER
HEFER, AR )
) STEM SAAM EKSTEEN,AR )