S v Van Der Westhuizen (32/94) [1995] ZASCA 15 (16 March 1995)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of counterfeit currency — Appellant pleaded guilty to possession of counterfeit R50 banknotes valued at approximately R20,000 — Sentenced to two years' imprisonment — Appellant appealed against the sentence on grounds of severity and alleged misdirection by the magistrate — Court found that the magistrate properly exercised discretion in imposing direct imprisonment given the seriousness of the offence and the amount of counterfeit currency involved — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 15
|

|

S v Van Der Westhuizen (32/94) [1995] ZASCA 15 (16 March 1995)

Saaknommer: 32/94 I
N DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
in die saak tussen:
RICHARD MORNé VAN DER WESTHUIZEN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram:
SMALBERGER, F H GROSSKOPF ARR et OLIVIER Wn AR
Verhoordatum:
10 Maart 1995
Leweringsdatum:
16 Maart 1995
2
UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die appellant het in die streekhof in Klerksdorp skuldig gepleit aan 'n
oortreding van artikel 2(c) van die Wet op Voorkoming van
Vervalsing van
Betaalmiddele 16 van 1965 ("die Wet"). Die betrokke misdryf en die toepaslike
strafbepaling word soos volg in artikel
2(c) en 2(i) van die Wet omskryf:
"2. Iemand wat -
(a)
(b)
(c) enige vals munt, terwyl hy weet dat dit vervals is, of
enige vervalste of veranderde banknoot, terwyl hy weet dat dit vervals of
verander is, uitgee, aanbied of aanneem;
is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar-(i)
in die geval van 'n misdryf vermeld in paragraaf ....(c)
.... met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens
vyftien jaar;
3
Die appellant het 'n skriftelike verklaring ingevolge artikel 112(2) van die
Strafproseswet 51 van 1977 ("die Strafproseswet") onderteken
waarin hy erken het
dat hy in besit was van vervalste R50-banknote met 'n sigwaarde van ongeveer R20
000,00, dat hy geweet het dat
die banknote vervals is, en dat hy van die
vervalste banknote as betaling aangebied het. Na skuldigbevinding het die
landdros die
appellant twee jaar gevangenisstraf kragtens artikel 276(l)(i) van
die Strafproseswet opgelê.
Die appellant het teen die opgelegde vonnis geappelleer, maar die Transvaalse
Provinsiale Afdeling het sy appél afgewys. Daardie
hof het egter verlof
aan die appellant verleen om verder na hierdie hof te appelleer, en soos volg
opgemerk:
"Die oorweging is dat die wet wat hier oortree is spesifiek
voorsiening maak vir gevangenisstraf, hetsy opgeskort of nie. Die vraag
ontstaan of die bepalings van artikel 276(l)(h) of (i) in
dié geval
nogtans toegepas kan word."
Soos blyk uit die bepalings van artikel 2 van die Wet wat
4
hierbo aangehaal is, was die landdros verplig om die appellant
gevangenisstraf op te lê. Niks het die landdros egter verhoed
om sodanige
gevangenisstraf op te skort nie.
(S v Abt.
1975(3) SA 214 (A) op 220 A.)
Die landdros het egter beslis dat dit in die onderhawige saak nie gepas sou wees
om die gevangenisstraf
wat hy wou oplê in die geheel of gedeeltelik op te
skort nie. Soos gemeld, het hy die appellant toe tot twee jaar gevangenisstraf
ingevolge artikel 276(l)(i) van die Strafproseswet gevonnis.
Na my oordeel was die landdros regtens bevoeg om gevangenisstraf ingevolge
artikel 276(l)(i) vir hierdie misdryf op te lê. So
'n straf is immers
daadwerklike gevangenisstraf, soos deur die wetgewer in artikel 2 van die Wet
vir hierdie misdryf vereis. Dit
blyk trouens duidelik uit die onderstaande
bepalings van artikel 276(l)(i) self dat die straf wat ingevolge daardie artikel
opgelê
word, inderdaad "gevangenisstraf" is:
"(i) gevangenisstraf waaruit so iemand na goeddunke deur
5
die Kommissaris onder korrektiewe toesig geplaas
word."
Dit is namens die appellant
betoog dat die landdros 'n mistasting begaan het deurdat hy nie die nuwe
benadering tot vonnis, en in
die besonder die voordele wat korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(l)(h) as strafopsie inhou, oorweeg het nie. Indien hy dit
wel gedoen het, so is betoog, sou hy self korrektiewe toesig ingevolge artikel
276(l)(h) opgelê het, en sou hy nie die oplegging
van korrektiewe
opleiding aan die diskresie van die Kommissaris van Korrektiewe Dienste
oorgelaat het, soos hy nou gedoen het nie.
Na my oordeel het die landdros geen mistasting in hierdie verband begaan nie.
Hy het inderdaad korrektiewe toesig ingevolge artikel
276(l)(h) as moontlike
straf oorweeg, maar in die uitoefening van sy diskresie daarteen besluit. In die
lig van die erns van die
misdryf, en die groot hoeveelheid vervalste banknote
wat die appellant in sy besit gehad het (en dus volgens artikel 2(c) van die
Wet
"aangeneem" het),
6
was die landdros van oordeel dat effektiewe gevangenisstraf die gepaste straf
was. Daar is geen aanduiding dat die landdros nie sy
diskresie behoorlik
uitgeoefen het nie. Bygevolg is dit nie nodig nie om te beslis of korrektiewe
opleiding ingevolge artikel 276(l)(h)
'n bevoegde straf in die onderhawige geval
sou wees waar artikel 2 van die Wet gevangenisstraf vir die oortreding vereis.
(Vgl
S v Strydom en 'n Ander
1994(2) SASV 456 (W).)
Dit is verder namens die appellant betoog dat die vonnis wat opgelê is,
so buitengewoon swaar en skokkend is dat dit inmenging
regverdig. Ten einde
hierdie aspek te beoordeel, is dit nodig om die appellant se persoonlike
omstandighede te oorweeg. Verder moet
daar in die lig van die karige inligting
wat beskikbaar is, bepaal word watter rol die appellant by die pleging van die
misdryf gespeel
het.
Die appellant het nie self getuig nie. Dit blyk egter uit die getuienis van
sy moeder dat die appellant amper 21 jaar oud was toe
hy die misdryf gepleeg
het. Hy het matriek in 1990 aan die Klerksdorpse
7
Tegniese Kollege geslaag en daama vir ongeveer agtien maande as
sekuriteitsbeampte by 'n handelsbank gewerk. Hy was besig met sy militêre
diensplig toe hy die misdryf in Oktober 1992 gepleeg het. Die appellant het een
vorige veroordeling. Hy is naamlik in November 1989
met R300 beboet vir 'n
oortreding van die Drankwet van 1977 deurdat hy sonder 'n lisensie in drank
gehandel het. Volgens sy moeder
het hy egter net een bottel bier aan 'n lokvink
verkoop. Ek stem saam met die appellant se advokaat dat daardie vorige
veroordeling
nie besonder strafverswarend is nie.
Aangesien die appellant nie self ter strafversagting getuig het nie, is dit
onbekend wanneer, en onder watter omstandighede, die vervalste
banknote deur die
derde party aan hom oorhandig is. Dit blyk egter dat dit die bedoeling was dat
die appellant die vervalste R50-banknote
vir egte R20-banknote sou omruil. Dit
is namens die appellant betoog dat sy morele verwytbaarheid verminder is deur
die feit dat
hy toe nie die vervalste banknote vir egte banknote omgeruil het
nie. In die lig
8
van die gebrekkige inligting voor die hof sou dit blote spekulasie wees om te
bevind dat die appellant doelbewus besluit het om nie
die vervalste note om te
ruil nie. Dit mag wees dat hy die vervalste note pas tevore ontvang het, en dat
hy nog net nie die geleentheid
gehad het om dit om te ruil nie.
Dit appellant se advokaat het betoog dat die appellant slegs R100,00 vir
homself wou gebruik. Dit blyk dat hy by twee geleenthede
'n vervalste R50-noot
ter betaling aangebied het, maar dat hy nie suksesvol was nie. Dit moet egter in
gedagte gehou word dat die
appellant die volle hoeveelheid vervalste banknote in
stryd met die bepalings van artikel 2(c) van die Wet "aangeneem" het. Die
verdere
betoog dat die appellant hom nie in die ware sin wou verryk nie, berus
nie op enige getuienis nie, maar bloot op spekulasie. Dit
is myns insiens
trouens inherent onwaarskynlik dat die appellant bereid sou gewees het om die
vervalste banknote sonder enige vergoeding
om te ruil.
Wat wel vasstaan, is dat die vervalsing so amateuragtig
9
uitgevoer was dat die banknote as gevolg van die swak kwaliteit daarvan
ooglopend vervals was. Dit kan dus in die appellant se guns
aanvaar word dat
mens hier met naïewe amateurs te doen gehad het.
Die feit dat die appellant skuldig gepleit het, dui nie noodwendig op berou
nie. Soos reeds gemeld, het die appellant nie die hof
in sy vertroue geneem nie.
Dit is dus geensins duidelik onder watter omstandighede hy aan die pleging van
die misdryf deelgeneem
het, en waarom hy besluit het om skuldig te pleit nie.
(Vgl
S v Seegers
1970(2) SA 506(A) op 5HG-512A;
S v Morris
1972(2)
SA 617(A) op 620F-621B.)
Indien al die faktore in die appellant se guns in ag geneem word, is ek
geensins van oordeel dat die opgelegde vonnis enigsins onvanpas
is nie. Die
misdryf wat gepleeg is, moet klaarblyklik in 'n emstige lig beskou word. Die
landdros het ook daarop gewys dat die belang
van die gemeenskap in gedrang kom
indien vervalste banknote in omloop gebring word. Daarbenewens moet dit nie uit
die oog verloor
10
word dat die appellant 'n groot hoeveelheid vervalste banknote aangeneem het
nie. Na my oordeel is daar dus geen rede om met die opgelegde
vonnis in te meng
nie.
Die appèl word gevolglik
afgewys.
F H GROSSKOPF
Appèlregter Smalberger AR Olivier Wn AR Stem saam