S v Nkala en 'n Ander (304/94, 279/94) [1995] ZASCA 13 (14 March 1995)

79 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants convicted of murder and illegal possession of a firearm — Evidence of joint plan to kill victims established — Appellants' claims of coercion and belief in witchcraft rejected by trial court — Appellants' appeals against convictions and sentences dismissed as lacking merit.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 13
|

|

S v Nkala en 'n Ander (304/94, 279/94) [1995] ZASCA 13 (14 March 1995)

Saak nrs 304/94 en 279/94 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak
tussen:
GOLDEN SIMAKADE NKALA Eerste Appellant
LORD BAYEDI NKALA Tweede Appellant
-en-
DIE STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, VIVIER et F H GROSSKOPF
ARR.
VERHOOR: 7 MAART 1995. GELEWER: 14 MAART 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die twee appellante ("beskuldigdes 1 en 2") is saam met
'n
ander ("beskuldigde 3") in die Suid-Oostelike Rondgaande
Plaaslike
Afdeling deur De Klerk R en assessore op twee aanklagte
van
moord (aanklagte 1 en 2) skuldig bevind. Beskuldigdes 1 en 2
is verder
aan die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie
skuldig bevind. Die
saak teen 'n vierde beskuldigde is by die
aanvang van die verhoor
teruggetrek. Op elke moordaanklag
is beskuldigdes 1 en 2 die doodvonnis
opgelê en is beskuldigde 3
tot twaalf jaar gevangenisstraf, wat
saamlopend uitgedien moet
word, gevonnis. Vir die onwettige besit van 'n
vuurwapen en
ammunisie is beskuldigdes 1 en 2 elk tot drie jaar
gevangenisstraf
gevonnis. Ingevolge art 316 A (1) van Wet 51 van
1977
3
appelleer beskuldigde 1 na hierdie Hof teen die doodvonnisse en beskuldigde 2
teen die skuldigbevindings en doodvonnisse.
Die oorledene in aanklag 1, John
Nkosi ("Nkosi") en sy vrou Evelina Maseko ("Evelina") het op die plaas Avoka
naby die dorp Amsterdam
in die distrik van Ermelo gewoon. Die oorledene in
aanklag 2, die 30-jarige Thembi Mbisho Nkosi ("Thembi"), was hulle dogter en het
by hulle gewoon omdat sy van haar man, beskuldigde 3, vervreem was. Beskuldigde
3 het by sy ouers op 'n nabygeleë plaas, ongeveer
10 km daarvandaan,
gewoon. Beskuldigdes 1 en 2, wat broers is, het in Soweto naby Johannesburg
gewoon.
Nkosi en Thembi is om ongeveer elfuur die aand van 7 Desember 1991 kort na
mekaar in hul slaapkamers doodgeskiet.
4
Evelina wat in 'n ander vertrek geslaap het, het gehoor dat mense by die huis
inkom en dat twee skote kort na mekaar afgevuur word,
maar het niks gesien nie.
Beide Nkosi en Thembi is in die kop geskiet en het kort daarna aan hul wonde
beswyk.
Die ondersoekbeampte, sersant Ngwenya, het die oggend van 8 Desember 1991
duidelik sigbare spore van drie persone buite Nkosi se huis
gekry wat na
beskuldigde 3 se huis gelei het. Hy het beskuldigde 3 gearresteer waama
laasgenoemde hom 'n plek agter sy huis gewys
het waar 'n ,32 rewolwer begrawe
was. Later dieselfde dag het hy ook vir beskuldigdes 1 en 2 in 'n woonbuurt in
Amsterdam gearresteer.
Die staatsaak teen die drie beskuldigdes het sterk gesteun op skriftelike
verklarings wat hulle die oggend van 9 Desember 1991
5
aan landdros J J van Rensburg op Amsterdam gemaak het, sowel as
op sekere erkennings wat hulle in die landdroshof gemaak het by hul
verskyning
op 6 Januarie 1992 ingevolge die bepalings van art 119 van Wet 51 van 1977.
Volgens die oorkonde van laasgenoemde verrigtinge,
wat sonder beswaar daarteen
by die verhoor as getuienis voorgelê is, het al drie die beskuldigdes daar
erken dat hulle die
betrokke aand by Nkosi se huis was. Beskuldigde 1 het erken
dat hy vir Nkosi doodgemaak het en beskuldigde 2 het gesê dat hy
nie
bedoel het om vir Nkosi dood te maak nie en dat hy nie vir Thembi wou doodmaak
nie.
Die skriftelike verklaring wat beskuldigde 2 op 9 Desember 1991 aan landdros
Van Rensburg gemaak het, is eers na 'n binneverhoor as
getuienis teen hom
toegelaat nadat beskuldigde 2
6
ontken het dat hy hoegenaamd die verklaring gemaak het. Sy advokaat het in
hierdie Hof betoog dat die verklaring verkeerdelik teen
hom toegelaat is en dit
is gevolglik nodig om na die getuenis wat by die binneverhoor gelei is, te
verwys. Van Rensburg het getuig
dat beskuldigde 2 op 9 Desember 1991 by hom in
sy kantoor met behulp van die tolk, Mxolisi Maseko, die skriftelike verklaring
wat
as bewysstuk F voor die verhoorhof geplaas is, afgelê en daarna
onderteken het. Beskuldigde 2 was op daardie stadium reeds
bekend aan hom omdat
hy ook in verband met ander sake voor hom verskyn het. Daarna het beskuldigde 2
weer voor hom verskyn by die
art ll9-verrigtinge in die huidige saak sowel as in
verband met 'n ander saak. Van Rensburg was seker dat beskuldigde 2 die persoon
was wat op 9 Desember 1991 in sy
7
kantoor was en bewysstuk F afgelê het. Maseko, wat ook as tolk by die
art 119-verrigtinge opgetree het, het Van Rensburg se
getuienis bevestig.
Sersant Simelani het getuig dat hy die oggend van 9 Desember 1991 by die
aanklagkantoor op Amsterdam werksaam
was en dat hy op versoek van
adjudant-offisier Mostert vir beskuldigdes 1, 2 en 3 na die landdroshof geneem
het. Beskuldigde 2 was
aan hom bekend. By die landdroshof het hy hulle in 'n sel
geplaas en hulle een na die ander na die landdros se kantoor geneem. Soos
in die
geval met die ander het hy voor die deur gewag terwyl beskuïdigde 2 alleen
in die kantoor by Van Rensburg en Maseko was.
Simelani se getuienis strook met
dié van Ngwenya vroeër in die verhoor dat nadat al drie beskuldigdes
die oggend van
9 Desember 1991 aan hom te kenne gegee het dat
8
hulle verklarings voor 'n landdros wil aflê, hy met Mostert gereël
het dat die beskuldigdes na die landdros geneem word.
Hy het van Mostert 'n
verklaring van elke beskuldigde terug ontvang. Beskuldigde 2 het by die
binneverhoor getuig dat hy op 8 Desember
1991 gearresteer is. Hy is die volgende
dag na die landdroshof geneem waar hy in die beskuldigdebank gestaan het, maar
hy was nie
in die landdros se kantoor nie. Hy het nooit in enige saak 'n
verklaring aan Van Rensburg in sy kantoor gemaak nie en het nie die
verklaring,
bewysstuk F, onderteken nie. Volgens die oorkonde van die art 119-verrigtinge
het die beskuldigdes op 11 Desember 1991
vir die eerste keer in die hof verskyn.
Die verhoorhof het die staatsgetuienis aanvaar en dié van beskuldigde 2
as ongeloofwaardig
en onwaarskynlik verwerp.
9
Die verhoorhof het verder bevind dat die getuienis van die
handskrifdeskundige, kolonel Landman, wat deur beskuldigde 2 geroep is
om oor
die handtekening onder aan bewysstuk F te getuig, niksseggend is.
Die betoog in hierdie Hof namens beskuldigde 2 was dat daar 'n redelike
moontlikheid bestaan dat iemand anders bewysstuk F afgelê
en onderteken
het. Die betoog is verregaande en sonder enige meriete. Van Rensburg, Maseko en
Simelani het almal vir beskuldigde
2 uitgeken en die betoog veronderstel 'n
komplot tussen hulle om die verhoorhof te mislei. Dit is nooit aan enige van
hierdie getuies
gestel deur die verdediging nie. Beskuldigde 2 erken dat hy die
betrokke oggend na die landdroshof geneem is en dit kan aanvaar word
dat hy saam
met die ander beskuldigdes
10
daarheen geneem is. Waar sou die polisie skielik 'n bedrieër
met
soveel kennis van die gebeure vandaan gekry het om beskuldigde
2 se plek te neem? Die getuienis van Landman neem die saak nie
verder nie.
Die verhoorhof het gevolglik korrek beslis dat
bewysstuk F toelaatbaar is. Die tersaaklike gedeelte daarvan
lui:
"Ek en Golden en Wellington gaan toe na die stat van die man en vrou - dit
was reeds donker - so ongeveer 2 km vanaf Wellington se
stat - ons stap soontoe.
Toe ons daar kom het Wellington die deur oopgeskop - ons almal gaan in.
Wellington wys ons toe die vrou.
Golden skiet toe na haar met 'n rewolwer - hy
skiet haar raak - terwyl sy lê en slaap -sy word wakker toe ons ingaan.
Ons gaan
na 'n ander vertrek - skop weer 'n deur oop. Golden skiet toe ook die
man wat na die deur kom - hy skiet hom raak - die man val.
Voordat ons na die
stat gaan het Wellington, sy ma en 'n onbekende vrou vir ons drie 'n bees
uitgewys en belowe as ons die man en
vrou gaan doodmaak." (Die verwysing na
Wellington is na beskuldigde 3.)
11
In sy getuienis by die verhoor het beskuldigde 2
wel erken dat hy die betrokke aand saam met beskuldigdes 1 en 3 na Nkosi se huis
gegaan het, maar hy het te kenne gegee dat hy en beskuldigde 1 buite gewag het
en dat beskuldigde 3 alleen die moorde gepleeg het.
Hy het erken dat hy die
vuurwapen waarmee die moorde gepleeg is, aan beskuldigde 3 verskaf het. Dit was
ook die strekking van beskuldigde
1 se getuienis. Beskuldigde 3 se getuienis was
dat hy deur die ander twee gedwing is om saam te gaan en dat beskuldigde 1 vir
beide
Nkosi en Thembi geskiet het. Die verhoorhof het die getuienis van al drie
beskuldigdes as ongeloofwaardig verwerp en bevind dat hulle
die betrokke aand na
Nkosi se huis gegaan het met 'n gemeenskaplike oogmerk om hom en Thembi dood te
maak en dat elkeen handelinge
ter uitvoering
12
van hierdie oogmerk verrig het. Die verhoorhof het bevind
dat
dit beskuldigde 1 was wat vir Nkosi geskiet het en dat dit
waarskynlik
ook hy was wat vir Thembi geskiet het. Weens die
baie leuens wat die drie
beskuldigdes vertel het, kon die hof egter
nie 'n definitiewe bevinding maak
oor wie vir Thembi geskiet het
nie. Daar bestaan geen grond waarop met
hierdie bevindings
ingemeng kan word nie. Inteendeel, dit is duidelik uit
bewysstuk
F dat beskuldigde 2 vooraf met die ander ooreengekom het om
die
oorledenes teen vergoeding om die lewe te bring en dat hy in
die
uitvoering van hierdie gemeenskaplike oogmerk deelgeneem het aan
die
aanval op die oorledenes. Sy appèl teen sy skuldigbevindings
kan
gevolglik nie slaag nie.
Dit bring my by die appèlle teen die doodvonnisse en die
13
vraag of, in die geval van elkeen, die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is. Namens beskuldigdes 1 en 2 is betoog dat, alhoewel
beide in hul skriftelike
verklarings aan landdros Van Rensburg uitdruklik sê dat hulle 'n
vergoeding belowe is om die oorledenes
dood te maak, dit nie hul werklike
beweegrede was nie. Hulle het gehandel, so is betoog, onder invloed van 'n
opregte geloof in towerkuns,
meer bepaald dat weens 'n bonatuurlike mag
beskuldigde 3 en sy familie in gevaar verkeer het van die oorledenes, sodat
laasgenoemdes
in belang van die gemeenskap uitgedelg moes word.
Daar bestaan geen feitebasis vir die betoog nie. Beskuldigdes 1 en 2 sê
nêrens dat hulle in towerkuns glo of dat hulle
optrede deur enige geloof
in die bonatuurlike beïnvloed is nie.
14
In beskuldigde 1 se skriftelike verklaring sê hy die volgende omtrent
die aanloop tot die misdade :
"Ek en my broer Lord Nkala en 'n toordokter van Nerston, Mfomuli en Wellington
Shongwe was Saterdagaand 7/12/91 by Wellington se
stat. Ons het almal bier
gedrink. Die toordokter sê vir Lord dat daar 'n man en vrou is wat sy
broer getoor het en dat sy broer
as gevolg daarvan dood is. Hy vra vir my broer
dat ons drie, ek, Lord en Wellington die man en vrou moet gaan doodmaak. Die ma
van
die toordokter wat ook daar was belowe toe twee beeste aan Lord as ons dit
gaan doen. Ek en Lord en Wellington stap toe na die stat
van die man en vrou toe
- Wellington wys ons want hy ken die stat."
In sy verklaring
verduidelik beskuldigde 1 verder hoedat hy vir Nkosi geskiet en die vuurwapen
daarna aan beskuldigde 3 gegee het
wat op sy beurt vir Thembi geskiet het. Die
verklaring bied geen steun vir die betoog nie. Dit is nie duidelik na wie se
broer
15
die toordokter verwys nie en dit blyk geensins of die mededeling vir
beskuldigde 1 beïnvloed het nie. Beskuldigde 1 het inteendeel
in sy
getuienis enige geloof in towerkuns uitdruklik ontken.
Volgens beskuldigde 2 se skriftelike verklaring het beskuldigde 3 en 'n
toordokter vir hom en beskuldigde 1 die betrokke aand by beskuldigde
3 se huis
vertel dat 'n man en vrou hulle moeilikheid gee. Al wat hy verder sê is
dat, nadat hulle 'n bees belowe is as hulle
die man en vrou gaan doodmaak, hulle
na Nkosi se huis vertrek het. Daar is geen aanduiding hoegenaamd dat beskuldigde
2 se optrede
deur enige geloof in toorkuns gemotiveer is nie. Dieselfde geld vir
sy getuienis.
Die enigste ander versagtende faktor wat namens beskuldigdes 1 en 2 geopper
is, is dat hulle deur drank beïnvloed is. Daar was
16
wel getuienis dat beide voor hulle vertrek na Nkosi se huis by beskuldigde 3
se huis gedrink het. Daama egter stap hulle die 10 km
na Nkosi se huis, tree
berekend en planmatig op en is later in staat om in fyn besonderhede hul optrede
by die toneel te beskryf.
Hieruit is dit duidelik, meen ek, dat drank geen rol
by die pleging van die misdaad gespeel het nie.
Die verswarende faktore is voor die hand liggend. Huurmoorde soos die huidige
word deur hierdie Hof in 'n besondere ernstige lig gesien.
Sien S v Ntshangase
1992 (2) SASV 141(A) op 145 a-b en die sake daar aangehaal. Die oorledenes is in
hulle slaap koelbloedig, gevoelloos
en met dolus directus doodgeskiet.
Beskuldigde 1 het een vorige veroordeling vir aanranding met die opset om emstig
te beseer en
een vir roof.
17
Die swak karakter van beide beskuldigdes 1 en 2 blyk verder uit 'n
gesamentlike moord wat hulle voor die huidige misdade gepleeg het
en waarvoor
beide op 24 Februarie 1993 die doodstraf opgelê is. In die geval van beide
is die vonnis op appèl vervang
met een van 20 jaar gevangenisstraf. Die
moontlikheid van rehabilitasie moet as baie skraal beskou word.
In al die omstandighede meen ek dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is vir beide beskuldigdes 1 en 2 op beide aanklagte
van moord. Ek sou gevolglik
die doodvonnisse bekragtig. 'n Beslissing word egter tans afgewag van die
Konstitusionele Hof oor die
vraag of die doodvonnis teenstrydig is met die
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993, en dit is gevolglik
wenslik
dat die appèlle teen die
18
doodvonnisse uitgestel word totdat die Konstitusionele Hof 'n uitspraak oor
die geldigheid daarvan in gevalle soos hierdie gegee het.
'n Bevel soortgelyk
aan dié in S v Makwanyane en 'n Ander 1994 (2) SASV 158 (A) is dus gepas.
Die volgende bevel word uitgereik
:
(a) Die appél van beskuldigde 2 teen die skuldigbevindings op aanklagte 1
en 2 word afgewys.
(b) Die afhandeling van die appélle van beskuldigdes 1 en 2 teen die
doodvonnisse op aanklagte 1 en 2 word uitgestel tot 'n
datum wat deur die
Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal
word.
W. Vivier AR.
Smalberger AR)
Stem saam. F H Grosskopf AR)