Mkhwanazi v Van der Walt (68/93) [1995] ZASCA 4; 1995 (4) SA 589 (AD); [1995] 2 All SA 284 (A) (3 March 1995)

71 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Duty of care — Appellant involved in collision with respondent's livestock — Appellant claimed damages alleging respondent's negligence in securing livestock — Respondent's measures deemed insufficient to prevent livestock from straying onto busy road — Court found respondent failed to take reasonable precautions, thus establishing negligence — Appeal upheld, finding respondent liable for damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 4
|

|

Mkhwanazi v Van der Walt (68/93) [1995] ZASCA 4; 1995 (4) SA 589 (AD); [1995] 2 All SA 284 (A) (3 March 1995)

Saaknommer 68/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHN ZONDI
MKHWANAZI Appellant
en
MICHIEL ANDRIES VAN DER WALT Respondent
CORAM : EM GROSSKOPF,
VIVIER
et HOWIE ARR DATUM AANGEHOOR : 27 FEBRUARIE 1995 DATUM VAN UITSPRAAK : 3
MAART 1995
UITSPRAAK
HOWIE A R/
2
HOWIE AR:
Gedurende die aand van 23 Desember 1987 en op die nasionale pad
tussen Queenstown en Jamestown het 'n minibus bestuur deur appellant
met drie
van die respondent se perde gebots. Respondent is 'n vee- en melkboer. Sy plaas
Ebenhaeser is aangrensend tot die pad oorkant
die botsingstoneel. In die botsing
is appellant beseer en die minibus beskadig.
In die Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling het appellant respondent vir betaling
van skadevergoeding gedagvaar op grond daarvan dat die
botsing die uitsluitlike
gevolg van die respondent se nalatigheid was. Die gronde van beweerde
nalatigheid het respondent van die
versuim beskuldig onder andere om genoegsame
voorsorgmaatreels te tref ten einde die perde ingekamp te hou; om behoorlike
voorsorgmaatreels
te tref dat die perde nie in die nag op die pad loop nie; en
om die hekke van die kamp waarin die perde was toe te hou. Al appellant
se
aantygings is deur respondent ontken.
3
In die Hof benede is respondent se beweerde nalatigheid as 'n aparte
geskilpunt besleg. Die Hof (Erasmus R) net tot die slotsom gekom
dat sodanige
nalatigheid nie bewys is nie. Absolusie van die instansie is dus beveel. Teen
daardie bevel kom appellant met die Verhoorregter
se verlof in hoer
beroep.
Die getuienis wat respondent tydens die verhoor afgelê het,
maak dit duidelik dat hy terdeë daarvan bewus was dat indien
sy perde in
die nag op die nasionale pad - 'n geweldige besige pad - sou dwaal hulle 'n
lewensgevaar vir motorists kon wees. Voorts
het sy advokaat in hierdie Hof tereg
toegegee dat die redelike persoon in respondent se posisie stappe sou gedoen het
om te verhoed
dat die perde in die nag op die pad sou kom.
Dit is gemene saak dat respondent wel sekere stappe gedoen het. Die perde het
in 'n kamp (die "ou strooiskamp") gewei tussen welke
kamp en die nasionale pad
daar drie swaaihekke was waardeur hulle eers moes gaan om
4
daardie pad te bereik. Die hek verste van die pad (hek "A") kon mens met 'n
ketting aan 'n hak in die hekpaal vasmaak. By die hek
nader aan die pad (hek
"B") was daar twee afsonderlike kettings wat elk onafhanklik aan hake aan die
hekpaal vasgeketting kon word.
By die ingang tot die plaas (hek "C") was daar
ook 'n swaaihek maar dit was gewoonweg oopgelaat soos op die betrokke nag die
geval
was. Respondent het sy twee werknemers opdrag gegee om hekke A en B
heeltyd toe te hou.
Die enigste vraag is of die redelike persoon verdere voorsorgmaatreels sou
getref het.
Die getuienis bewys die volgende. Van hek "C" loop daar 'n betreklike lang
laning, met borne aan weerskante, wat na die opstal lei.
Waar daardie pad die
tuin en die opstalgronde binnegaan is daar 'n motorhek. Om die ou strooiskamp te
bereik moet mens vlak voor
die motorhek na regs draai. 'n Kort afstand
daarvandaan is hek "B". In die area tussen hekke "B" en "A" is onder andere
die
5
melkstal. Nie ver daarvan nie is nek "A".
23 Desember 1987 was 'n Sondag. Om ongeveer 7:00
namiddag, soos
elke aand die geval was, was respondent die laaste persoon om die melkstal to
verlaat. Hy net opgelet dat hek "A" vasgeketting
was. Op pad huis toe net hy
deur hek "B" gegaan en dit met albei kettings toegemaak. Om ongeveer 11:30
daardie aand net die polisie
horn van die ongelukverwittig. Hy het ondersoek
ingestel en gevind dat hekke "A" en "B" albei oopgestaan het. Na alle
waarskynlikheid
is die hekke oopgelaat deur 'n persoon of persons wat daardie
aand by respondent se werknemers besoek afgelê het. Die teenwoordigheid
van besoekers oor 'n naweek was niks ongewoons nie. Die wat van 'n sekere
nabygeleë plaas gekom het en nie 'n kortpad deur die
lande gekies het nie,
sou deur die ou strooiskamp en hekke "A" en "B" moes gegaan het. Dit het
respondent alles geweet. By geleenthede
in die verlede het hy gevind dat
besoekers hekke oopgelos het.
6
In antwoordop 'n vraag van sy advokaat het respondent gese dat hy nooit
gevind het dat twee hekke na -mekaar oopgelaat is nie. Ongelukkig
is dit 'n feit
van die lewe dat alhoewel die meeste mense die meeste van die tyd met redelike
sorg optree, nalatigheid van 'n gewone
graad 'n doodgewone verskynsel is. Die
ooplaat van 'n plaashek val in daardie kategorie van nalatigheid. Boonop is
hekke "A" en "B"
betreklik naby mekaar en iemand wat sorgloos genoeg is om die
een oop te laat kan ewe sorgloos by die ander optree. Op die feite
dus was die
nalatige ooplaat van veral hek "B" 'n redelike moontlikheid.
Dit synde die
geval is dit belangrik om rekening met die verdere feit te hou - wat die
Verhoorregter tereg beklemtoon het - dat solank
as wat hek "C" oopgestaan het,
die laning vir huidige doeleindes feitlik 'n verlenging van die openbare pad
was.
In die omstandighede sou die redelike persoon na my oordeel beslis verdere
voorsorgmaatreels oorweeg het as net
7
die voorsiening van hekke "A" en "B" van kettings.
Die Verhoorhof het drie
moontlikhede in hierdie verband oorweeg. Een was die toemaak van hek "C" maar
onder andere weens sekere redes
wat respondent in sy getuienis daarteen geopper
het, kan hierdie opsie buite rekening gelaat word.
Die ander twee
moontlikhede verg aandag. Een was die gebruik van 'n hangslot by hek "B", veral
by tye wanneer die teenwoordigheid
van voormelde besoekers redelik te wagte was.
Die ander was die oprig van 'n motorhek by die plaasingang.
Respondent het beswaar teen altwee gehad. Ondanks die feite - wat hy
geredelik erken het - dat 'n hangslot slegs "'n paar rand" sou
gekos het en dat
hy soggens die eerste persoon was, en saans die laaste, om hek "B" te gebruik,
het hy onder andere verklaar dat
hy liewer sy boerdery sou opgee as om "elke dag
agter slot en grendel (te) werk".
Wat 'n motorhek by hek "C" aanbetref, het hy
getuig
8
dat hy dit wel oorweeg het maar dat weens sekere vereistes van die plaaslike
owerhede 'n motorhek by 'n ingang vanaf die nasionale
pad "duisende rande" sou
kos.
Met betrekking tot hierdie twee moontlike voorsorgmaatreëls kan die
Verhoorhof se benadering soos volg opgesom word. Selfs duisende
rande se onkoste
ten opsigte van 'n motorhek sou aangewese gewees het indien dit die enigste
oplossing was, gesien die groot gevaar
waarteen gewaak moes word. Respondent was
egter geregtig om mindere maatreëls te tref indien hul sou deug. Die
enigste mindere
maatreel wat ter sprake gekom het was om hek "B" te sluit. Dit
was egter onderliggend tot respondent se getuienis dat dit nie die
algemene
praktyk onder boere was om in vergelykbare omstandighede hekke te sluit nie en
was respondent tot 'n beperkte mate geregtig
om horn op die gewoontes, gebruike
en opvattings van die gemeenskap te beroep. Derhalwe was die gebruik van 'n
hangslot by hek "B"
nie 'n stap wat die redelike persoon sou gedoen het
9
nie.
Respondent se advokaat net nie op die benadering van die Verhoorhof
teenoor die hangslot-moontlikheid gesteun nie. Daar is trouens
geen getuienis op
rekord van 'n algemene praktyk onder boere om in vergelykbare omstandighede
hekke nie te sluit nie. Voorts, al
is bevind dat 'n hangslot nie sou deug nie,
net die Verhoorhof om een of ander rede nie na die kwessie van die oprig van 'n
motorhek
teruggekeer nie.
Na my mening is dit duidelik dat die gebruik van 'n
hangslot by nek "B" 'n uiters maklike, goedkoop en doeltreffende maatreel sou
gewees het om heeltemal te keer dat hek "B" oopgelaat word en dat die perde
daardeur uitdwaal. Respondent, wat die eerste persoon
op die toneel soggens is
en die laaste in die aand, sou heel maklik na die toesluit van die hek kon
omsien. Sy getuienis dat sleutels
maklik verloor kan word en dat hy nie agter
slot en grendel wil werk nie is onoortuigend - om die minste
10
daarvan te sê - en gaan net nie op nie.
In die alternatief kon 'n
motorhek opgerig gewees net. Respondent erken dat hy dit al oorweeg het. Die
klaarblyklike implikasie is
dat hy dit oorweeg het weens die tipe gevaar wat in
hierdie geval verwesenlik is. Daar bestaan geen rede waarom so 'n hek by die
plaasingang hoef te wees nie. Respondent het nooit beweer dat die motorhek wat
hy naby die opstal laat bou het onderhewig aan die
owerhede se regulasies en
vereistes was of dat dit uitermate veel gekos het nie. Dit kon langs die
swaaihek by hek "B" opgerig gewees
het of op enige gepaste plek tussen hekke "B"
en "C".
By opweging van die onderskeie belange van respondent en motoriste op die
nasionale pad was voormelde twee voorsorgmaatreëls
so maklik en so gering
om te tref dat enige redelike mens die een of die ander sou toegepas het.
Respondent se versuim om die een of die ander toe te pas beteken dat hy met
betrekking tot die beweerde skade
11
kousaal nalatig was. Die appèl moet derhalwe slaag.
Wat koste in die Hof benede aanbetref, het die verhoor
op die
huidige aspek drie dae of ten minste 'n gedeelte van elk van drie dae in beslag
geneeir. Wat die uitslag van die geding ook
al gaan wees, het respondent se
opposisie op die onderhawige onafhanklike geskilpunt die oploop van voormelde
koste veroorsaak en
as die onsuksesvolle party behoort hy daardie koste te
dra.
Die volgende bevel word
gemaak:
1.
Die
appèl slaag met koste.
2. Die bevel van absolusie van die instansie word ter syde gestel en met die
volgende vervang:
"(a) Dit word verklaar dat verweerder met
betrekking tot die botsing waarna in paragraaf 6 van die besonderhede van
vordering verwys
word, kousaal nalatig was.
12
(b) Die koste van en ten opsigte van die verhoor aangaande die
nalatigheidsgeskilpunt moet deur verweerder betaal
word."
C T HOWIE
APPèLREGTER
E M GROSSKOPF AR ] STEM SAAM
VIVIER AR ]