S v Mofokeng en Andere (99/94) [1994] ZASCA 188 (30 November 1994)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing — Appellants convicted of murder of police officers and illegal possession of firearms — Evidence from eyewitnesses and co-accused implicating all appellants in premeditated attack — Appellants' claims of innocence rejected — Dismissal of appeal against conviction and upholding of death sentences due to severity of crime and lack of mitigating factors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 188
|

|

S v Mofokeng en Andere (99/94) [1994] ZASCA 188 (30 November 1994)

99/94
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING
)
In die saak tussen
JACK MOFOKENG
EERSTE APPELLANT
ISAAC MOHOMANE
TWEEDE
APPELLANT
PHILLIP MOSIA
DERDE APPELLANT
SOLOMON SERA
VIERDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: BOTHA, KUMLEBEN ARR et NICHOLAS
WnAR
VERHOORDATUM
: 21 NOVEMBER 1994
LEWERINGSDATUM
: 30 NOVEMBER 1994
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR/.....
2
KUMLEBEN AR
:
Die vier appellante het voor Malherbe R en twee
assessore in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling tereggestaan in verband
met
'n voorval wat gedurende die vroeë ure van Saterdag 5 Junie 1993
plaasgevind het. Hulle was aangekla dat hulle aan moord skuldig
is deurdat hulle
speurdersersant Makau en 'n vroue polisiebeampte, speurdersersant Mosebi,
opsetlik en wederregtelik gedood het (aanklagte
1 en 2 onderskeidelik) en dat
hnlle onwettiglik in besit was van vuurwapens en ammunisie (aanklagte 3 en 4
onderskeidelik). Elkeen
is op al vier aanklagte skuldig bevind en soos volg
gevonnis: aanklag 1, ter dood veroordeel; aanklag 2, twaalf jaar
gevangenisstraf;
aanklagte 3 en 4 gesamentlik, twaalf maande gevangenisstraf.
Hierdie appèl is egter beperk tot die skuldigbevindings en vonnisse
op
aanklag 1, die eerste moord aanklag wat betref eerste en tweede appellante en
die vonnisse van die derde en vierde appellante
op
3
dieselfde aanklag.
Die skietvoorval wat tot die moordaanklagte aanleiding
gegee hel, is beskryf deur die getuie Margaret Selepe. Die twee oorledenes
het
haar restaurant verlaat en na hul voertuig gestap. Terwyl hulle besig was om in
hul voertuig te klim, is op hulle geskiet. Sy
het 'n manspersoon met 'n
handwapen by die deur van die voertuig opgemerk. Sy kon hom nie uitken nie. 'n
Tweede persoon het by die
venster van die voertuig ingeloer en in Zoeloe
gesê: "Dit lyk asof dit nie die korrekte persoon is nie." Tydens die
aanval
het menige skote die oorledenes getref as gevolg waarvan hulle op die
toneel beswyk het. Die ballistiese getuienis het aangetoon
dat 'n pistool, wat
as bewysstuk 2 by die verhoorhof ingehandig is, in die aanval gebruik was.
Die getuienis het onteenseglik bewys dat die derde en vierde appellante vir
die moord op die oorledenes aanspreeklik is. Mnr Marais,
4
namens eerste en tweede appellante, het die skuldigbevindings van hierdie
twee appellante op die eerste moordaanklag aangeveg. Die
saak teen hulle is
hoofsaaklik gegrond op die aanvaarding van die getuienis van twee staatsgetuies,
Peter Sefatsa en Rankeboleng
Keele, en die gesprekke wat hulle sou aangehoor
het.
Peter Sefatsa is 'n daggahandelaar. In die loop van sy besigheid het hy
gedurende die week van die voorval die huis van die derde
appellant gereeld
besoek. Op die aand van Vrydag 4 Jnnie 1993 was hy daar gewees tesame met, onder
andere, die eerste en derde appellante
en ene Shooter. Hy, Sefatsa, het gesien
dat die derde appellant die pistool (bewysstuk 2) aan eerste appellant
oorhandig. Die volgende
oggend, d w s die oggend na die voorval, het Bofana,
Shooter en Sefatsa per motor na tweede appellant se hnis gegaan en hom opgelaai.
Hulle is toe voort na derde appellant se woning. Terwyl hulle daar saam met
eerste en derde
5
appellante gesit en drink het, het eerste appellant gesê dat "ons" die
vorige aand byna in die moeilikheid beland het ("gisteraand
het ons amper kak
getrap"); dat daar 'n stadium was toe "ons" en die polisie na mekaar geskiet
het; dat hulle op die polisie geskiet
het omdat "daardie polisiebeampte" vir die
tweede appellant in verband met 'n gewapende roof aanklag gearresteer en
gemartel het;
en dat daardie vorige nag 'n tweede "polisieman" geskiet is. (Dit
is deur ander getuienis bewys dat die oorledene as ondersoekbeampte
in 'n
gewapende roofsaak opgetree het waarin tweede appellant betrokke was.) Hierdie
uitlatings was gemaak ten aanhoor van die ander
drie appellante en, soos Sefatsa
dit gestel het, "hulle het dit nie betwis nie". Later die Saterdag is Sefatsa,
Bofana, tweede appellant
en Shooter gearresteer en saam in 'n sel geplaas. Die
volgende dag, die Sondag, het'n verdere gesprek in die sel plaasgevind. Die
tweede appellant het Shooter gevra hoekom hy so bekommerd voorkom. Shooter
6
het verduidelik dat die polisie 'n vuurwapen en magasyn by hom gevind het wat
aan "die polisieman wat eerste geskiet was" behoort
het. Shooter vra toe vir
tweede appellant of hulle "nou ordentlik gewerk het". Sy antwoord was dat hulle
geen fout gemaak het nie
"want ons het 'Cooper hats' [balaclava's] oor ons
hoofde gehad", bedoelende dat hulle nie uitgeken kon word nie. Tydens
kruisondervraging
is aan Sefatsa gestel dat eerste en tweede appellante die
Vrydagaand glad nie in sy teenwoordigheid was nie; dat die drie van hulle
die
tweede appellant die Saterdagoggend eers langs die pad opgelaai het en nie by sy
huis nie; en dat hy nooit die beweerde gesprek
met Shooter in die sel gevoer het
nie.
Keele en die vierde appellant is verlangs familie. Op laasgenoemde se
aandrang het Keele saam met hom 'n vuurwapen (bewysstuk 3) versteek.
Later het
Keele die polisie gewys waar hulle dit begrawe het. So het dit gebeur dat hy as
'n verdagte in die Harrismith
7
gevangenis aangehou is. Soms was hy saam met die vier appellante, en andere,
saam in een sel gewees. Hy het getuig oor 'n sekere geleentheid
toe die derde
appellant by hom gekla het dat die tweede en vierde appellante hom in die
moeilikheid laat beland het; dat hulle na
hom toe gegaan het om hom te vertel
dat die oorledene Makau by die betrokke restaurant was; dat hy die
ondersoekbeampte in "hulle"
roofsaak was; en dat hulle soontoe moes gaan om hom
te skiet. Die derde appellant het verder beskryf dat hulle hieroor ooreengekom
het en soontoe gegaan het waar hulle in die straat langs die restaurant die
aanval op die oorledene beplan het; die posisie wat elkeen
sou inneem en wat van
hom verwag word. Die eerste appellant was in besit van die derde appellant se
vuurwapen en die tweede appellant
het een van sy eie gehad. Toe die oorledene
Makau na sy voertuig gestap het, het die eerste appellant op hom geskiet. Die
derde appellant
se rol was om die vuurwapen van die mense te verwyder nadat
8
hulle geskietis en die vierde appellant het hul voertuig bestuur. Na die
aanval het die eerste en tweede appellante die twee vuurwapens
aan die vierde
appellant oorhandig sodat hy dit in die voertuig kon bêre. Tydens hierdie
gesprek was die ander drie appellante
deurgaans aanwesig en soos Keele dit
gestel het, "dit het vir my gelyk asof hulle ooreenstem wat daar gesê
was". In sy relaas
het Keele ook gesê dat 'n skynverhoor in die gevangenis
te Harrismith gereël is. Tydens die verrigtinge het "elkeen" van
die
appellante vertel waarvoor hy gearresteer is en raad gevra oor hoe hulle by die
werklike verhoor valse getuienis kon aflê
om hulle "onskuld" te bewys.
Hoewel die skynhof op 'n toneelspeel neergekom het, was hulle ernstig oor die
doel wat hulle daardeur
wou bereik, naamlik, om aanvaarbare, hoewel valse,
getuienis in die hofaak te lewer.
Die hof het Sefatsa as 'n geloofwaardige getuie aanvaar. In Keele se geval
was daar wel gebreke in sy getuienis: soveel so dat een
van
9
die assessore van mening was dat dit onraadsaam sou wees om op sy getuienis
enigsins staat te maak. Malherbe R het egter op 'n besondere
deeglike - en
prysenswaardige - wyse elke oënskynlike onbevredigende aspek van Keele se
getuienis haarfyn ondersoek en tot klaarheid
gebring. Mnr Marais kon nie enige
kritiek in hierdie verband op die geleerde Regter se benadering lewer nie. Ek is
tevrede dat die
getuienis van Sefatsa en Keele - laasgenoemde s'n deur die
meerderheid van die lede van die hof -tereg aanvaar is.
Op dié grondslag is die saak teen die eerste appellant oortuigend,
inderdaad verdoemend. Afgesien van enige ander getuienis
wat hom betrek, het
Sefatsa gesien dat die pistool (bewysstuk 2) waarmee geskiet is, die Vrydagaand
in voorbereiding vir die aanval
aan hom oorhandig is. Uit eie mond het hy die
Saterdagoggend by die derde appellant se huis homself geinkrimineer.
10
Mnr Marais het aan die hand gedoen dat selfs met aanvaarding van die
getuienis van Sefatsa, sy getuienis nie noodwendig bydra om die
saak teen tweede
appellant te bewys nie. Aangaande die gesprek die Saterdagoggend het hy verwys
na die opmerking van eerste appellant
dat "ons en die polisie na mekaar geskiet
het" en dat 'n "tweede polisieman" geskiet is. Hy het aangevoer dat die eerste
appellant
moontlik nie na hierdie voorval verwys het nie omdat slegs die
aanvallers geskiet het en die tweede slagoffer 'n vroumens was. Maar
in sy
geheel beskou laat die gesprek geen ruimte vir hierdie stelling nie. Die
oorledene Makau was inderdaad die persoon wat die
tweede appellant in verband
met 'n roofaanklag gearresteer het, soos eerste appellant in die gesprek
gesê het, en die verwysing
na die "vorige aand" is verdere bevestiging dat
dit hierdie voorval was waarvan eerste appellant vertel het. Mnr Marais het
verder
betoog dat die "ons" waarvan die eerste appellant by dié
geleentheid gepraat
11
het, nie noodwendig die tweede appellant ingesluit het nie en dat sy versuim
om op eerste appellant se inkriminerende stellings te
reageer, of om sy
betrokkenheid te ontken, derhalwe nie teen hom gebruik kan word nie. Die
antwoord hierop is dat die eerste appellant
in sy gesprek met Shooter die rede
vir die beplande aanval verduidelik het: dat die oorledene Makau die tweede
appellant gearresteer
en gemartel het. In die samehang van hierdie gesprek moes
die verwysing na "ons" ten minste
prima facie
die tweede appellant
ingesluit het. Sy besluit om nie hierdie afleiding deur getuienis te weerspreek
of te weerlê nie, het
dié gevolgtrekking tot bewys bo redelike
twyfel van sy medepligtigheid verhef. Wat meer is, in die gesprek wat
Keele
aangehoor het, was daar nie net sprake van "ons" of "hulle" nie: hy
het pertinent na tweede appellant verwys as synde die persoon
wat 'n vuurwapen
hanteer het en aan die moord deelgeneem het. Hierdie twee Staatgetuies het dus
die aanspreeklikheid van die
12
tweede appellant oortuigend bewys veral, soos reeds genoem, in die
afwesigheid van enige weersprekende getuienis.
Soos voormeld, het al vier appellante voor ons die toepaslikheid van die
opgelegde doodvonnisse ten opsigte van klagte 1 aangeveg.
Die verswarende
faktore, wat vir elkeen geld, is ooglopend en van 'n uiters ernstige aard. Die
appellante het almal deelgeneem aan
'n voorbedagte en fyn uitgewerkte moord op
'n polisieman om hom in die uitvoering van sy pligte te fnuik of uit wraak vir
die arres
van die tweede appellant of vir albei wanmotiewe. (Daar bestaan geen
aanvaarbare
getuienis
dat Makau inderdaad die tweede appellant gemartel
het nie: die eerste appellant se stelling in dié verband is uiteraard
hoorsê
en is deur niemand onder eed bevestig nie.) Nie een van die
appellante het ter versagting getuig dat hy oorreed is om hierdie misdryf
te
pleeg of dat hy 'n ondergeskikte rol in die uitvoering daarvan gespeel het nie.
Die getuienis
13
het die teendeel bewys. Hulle is, na my mening, ewe aanspreeklik vir hierdie
koelbloedige moord. Ons is daarop gewys dat in die geval
van die tweede en
vierde appellante die een vorige veroordeling van elkeen 'n relatief
onbeduidende een is: die verhoorhof het hulle
tereg as eerste oortreders beskou.
Hierdie oorweging, hoewel normaalweg versagtend kan, teen die agtergrond van die
huidige misdaad,
nie in hnlle geval 'n mindere straf regverdig nie.
Ek is tevrede dat die ooglopend verswarende omstandighede, in die afwesigheid
van enige wesentlike versagtende faktore, tot gevolg
het dat die doodvonnis die
enigste gepaste een is. Maar, soos die beslissing van hierdie hof in
S v
Makwanvane en 'n Ander
1994(3) SA 868 (A) D -E daarop wys, moet verdere
oorweging van die appèlle teen die vonnisse, om die redes in daardie
beslissing
genoem, uitgestel word totdat die Konstitnsionele Hof 'n uitspraak
oor die geldigheid van die doodvonnis in
14
gevalle soos hierdie gegee het.
Die volgende bevel word dus uitgereik.
1. Die appellante se appèlle teen hulle skuldigbevindings van moord word
afgewys.
2. Die afhandeling van die appèlle teen die doodvonnisse word uitgestel
tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die
Hoofregter bepaal sal
word.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
BOTHA AR
- Stem saam NICHOLAS WnAR