S v Mosotho en 'n Ander (378/93) [1994] ZASCA 181 (29 November 1994)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellants convicted of murder and housebreaking with intent to rob — Allegations of procedural irregularities during trial — Appellants previously acquitted on similar charges, but retrial permissible under section 324 of the Criminal Procedure Act — No irregularities found in trial process; trial judge acted within bounds of law — Evidence against appellants circumstantial but sufficient to support convictions — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 181
|

|

S v Mosotho en 'n Ander (378/93) [1994] ZASCA 181 (29 November 1994)

SaakNo 378/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PHILLEMON
MOSOTHO
Eerste Appellant
STOFFEL MOSOTHO
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: NESTADT, F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR
Verhoordatum: 18 November 1994
Leweringsdatum: 29 November 1994
UITSPRAAK
NESTADT, AR
:
Gedurende die nag van 12-13 Augustus 1990 is daar by
2
die woonhuis van prof J H Kritzinger en sy eggenote mev Kritzinger ingebreek.
Hulle was onderskeidelik 85 en 84 jaar oud. Hulle het
alleen in 'n huis in 'n
voorstad van Pretoria gewoon. Beide is in hulle slaapkamer wreedaardig
aangerand. Prof Kritzinger het op
die toneel weens skedel- en breinbeserings
gesterf. Mev Kritzinger is in die hospitaal oorlede as gevolg van skedel- en
breinbeserings
met intrakraniale bloeding. 'n Hoeveelheid items is uit die
woonhuis geneem asook die oorledenes se motor uit die motorhuis.
Hierdie voorval het aanleiding gegee tot appellante se vervolging voor J J
Strydom R en twee assessore in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling op twee
aanklagte van moord en een van huisbraak met die opset om te roof en roof met
verswarende omstandighede. Die staatsaak
was dat dit die twee appellante was wat
die misdade gepleeg het. Hulle is skuldig bevind soos aangekla
3
en ter dood veroordeel op elk van die dríe klagtes. Hierdie
appèl is teen beide die skuldigbevindings en vonnisse.
Die eerste vraag wat ontstaan, is of daar enige onreëlmatighede in die
verhoor plaasgevind het. Namens die appellante is betoog
dat die prosedure wel
gebrekkig was, dat geregtigheid nie geskied het nie en dat op hierdie grond
alleen die skuldigbevindings en
vonnisse tersyde gestel behoort te word.
Verskeie aangeleenthede is geopper. Hulle was die volgende:
(i) Dit blyk dat die appellante reeds voorheen op dieselfde aanklagte
tereggestaan het, dat hnlle skuldig bevind en gevonnis is, maar
dat die
skuldigbevindings en vonnisse deur hierdie Hof tersyde gestel is. Dit het egter
geskied suiwer op 'n tegniese punt, naamlik
dat die verhoorregter in daardie
saak die perke van regterlike ondervraging
4
oorskry het. Die merieíe van die saak is geensins oorweeg nie.
Bygevolg was art 324 van die Strafproseswet 51 van 1977 van
toepassing en kon
die appellante weer vervolg word. Dit het mnr van Niekerk namens díe
appellante geredelik toegegee. Die
eerste punt waarop hy staatgemaak het, soos
ek sy betoog verstaan, was dat toe die appellante by die aanvang van die verhoor
hulle
vorige vryspreking geopper het, daar met die verhoor voortgegaan is sonder
om betoë daaroor aan te hoor, en sonder om uitsluitsel
te gee oor die vraag
of die appellante wel herverhoor kon word; dií is eers aan die einde van
die saak as deel van die Gnale
uitspraak gedoen. Tweedens, so word betoog, het
die Verhoorregter die aangeleentheid buitegeregtelik
5
ondersoek in die sin dat hy die uitspraak op appël in
die
Hooggeregshofbiblioteek geraadpleeg het. Na my
mening steek daar niks
in hierdie argument nie. Dit
blyk dat die advokaat wat destyds namens die
appellante
verskyn het, en die Verhoorregter aan die
appellante
verduidelik het dat die Staat weens art 324 (wat
die
Verhoorregter voorgelees het) die reg gehad het om
hulle weer te
vervolg en dat die appellante gesê het
"ons verstaan". Teen hierdie
agtergrond, en deur met
die verhoor voort te gaan, het die Hof a
quo
by
implikasie beslis dat die appellante weer verhoor kon
word. Wat daama
gebeur het, kan net as 'n bevestiging
van sodanige beslissing beskou word. In
iedere geval,
selfs al word dit aanvaar dat uitsluitsel slegs teen
die
6
einde van die verhoor gegee is dat die appellante weer vervolg kon word, is
dit duidelik dat hulle nie benadeel is nie. Na my mening
het die Verhoorregter
hoegenaamd geen fout begaan deur die uitspraak op appèl te bestudeer nie.
Inteendeel, hy moes dit doen
om seker te maak of art 324 wel van toepassing was.
(ii) Kort na die begin van díe verhoor het die appellante verklaar dat
hulle nie regsverteenwoordiging wou hê nie en is hulle pro
Deo
advokate toe verskoon. Daarna het díe eerste appellant sonder 'n advokaat
gebly terwyl die tweede appellant later weer van
sy vorige advokaat se dienste
gebruik gemaak het, maar eers nadat 'n groot gedeelte van die verhoor afgehandel
was. Mnr van Niekerk
se stelling was dat die appellante se besluit om
7
regsverteenwoordiging te ontbeer te wyte was aan die Verhoorregter se versuim
om die konekte prosedure te volg ten aansien van die
vraag of art 324 van
toepassing was aldan nie. Dit is nie korrek nie. Ek het aireeds in para (i)
bevind dat daar niks verkeerd was
met die prosedure wat gevolg is nie. Bowendien
is dit duidelik dat die appellante se aanvanklike besluit om sonder
regsverteenwoordiging
klaar te kom, nie deur Strydom R se optrede veroorsaak is
nie. Hulle het eenvoudig geweier om met die advokate aan hulle toegewys,
te
praat of enige samewerking te gee. Die Verhoorhof het by verskeie geleenthede,
maar tevergeefs, die appellante probeer oorreed
om gebruik te maak van die
dienste van hulïe advokate. Inderwaarheid het Strydom R uit sy pad
8
uitgegaan om hulle in te lig oor die voordele van bystand van 'n
regsverteenwoordiger. In die stadium toe tweede appellant se advokaat
weer
namens hom opgetree het, het die eerste appellant sonder enige regverdiging
beswaar gemaak teen twee ander pro
Deo
advokate wat bereid en beskikbaar
was om namens hom te verskyn. Die onderhawige geval is dus nie een waar 'n
beskuldigde se aanspraak
op regsbystand hom ontneem is nie. Wat gebeur het, is
slegs toe te skryf aan die halsstarrige houding wat die appellante ingeneem
het
tydens die verhoor. (iii) As deel van die Staatsaak is 'n verklaring (bewysstuk
O) wat die tweede appellant aan 'n landdros gemaak
het as getuienis teen hom
aangebied. Sy advokaat (wat toe
9
weer namens hom verskyn het) het die toelaatbaarheid van die verklaring
betwis op grond daarvaa dat hy deur die polisie voorgesê
is om sekere
gedeeltes te noem, en dat hy onbehoorlik beïnvloed is deurdat daar aan hom
belowe is dat hy borg gegee sou word
as hy so 'n verklaring maak, asook dat hy
gedreig is om so 'n verklaring te maak. Na die gebruíklike tussenverhoor
is dit
bevind dat die verklaring wel toelaatbaar is. Die punt wat nou geopper
word (in mnr Van Niekerk se betoogshoofde), is dat art 219
A(l) van die
Strafproseswet (wat bepaal dat waar dit uit die dokument blyk dat die erkenning
ongedwonge gemaak is, dit geag word,
tensy die teendeel bewys word, ongedwonge
gemaak te gewees het) verkeerdelik toegepas is. Die
10
rede hiervoor, so word aangevoer, is dat dit nie uit díe verklaring
self blyk dat dit vrywillig en sonder onbehoorlike beïnvloeding
afgelê is nie, en dat die bewyslas dus op die Staat gerus het om te bewys
dat dit die geval was. Voorts word dit in die betoogshoofde
aan die hand gedoen
dat die prosedure onreélmatig was omdat die appellant nie deur die
landdros ingelig is dat hy op regsverteenwoordiging
geregtig was nie, en dat hy
regsadvies kon inwin alvorens 'n verklaring afgelê word, asook dat hy nie
volledig ingelig is oor
die regsgevolge indien hy 'n verklaring sou aflê
nie. Laastens is dit gesê dat die voorlegging van 'n gedeelte van die
rekord van die verrigtinge van die vorige verhoor verkeerdelik in die
tussenverhoor toegelaat is (vir doeleindes van
11
moontlike kruisondervraging van die tweede appellant), en dat dit die tweede
appellant emstige benadeel het. Voor ons het mnr Van
Niekerk nie met hierdie
betoog volhard nie, alhoewel hy dit nie geabandoneer het nie. Bygevolg is ek nie
van voorneme om hulle in
defail te behandel nie. Die advokaat wat destyds namens
die tweede appellant opgetree het, het aanvaar dat art 219A(1) (hy het verwys
na
art 217 (1)) van toepassing was. Dit is korrek. Dit is juis dat daar melding in
die verklaring is dat die tweede appellant beweer
dat hy borg belowe is, sou hy
'n verklaring maak. Maar gesien die dokument as 'n geheel, is ek tevrede dat dit
aan die vereistes
van die artikel voldoen. In iedere geval, en op 'n behoorlike
uitleg van die
12
Verhoorregter se redes, is ek daarvan oortuig dat dit met reg bevind sou kon
word, selfs sou die bewyslas op die Staat gerus het,
dat die verklaring
toelaatbaar was. Die tussenverhoor het ook gehandel met die toelaatbaarheid van
'n verklaring (bewysstuk J) wat
die tweede appellant gemaak het tydens sekere
uitwysings aan 'n lieutenant Bouwer. Die grondslag waarop hierdie verklaring
aangeveg
is, was in wese dieselfde as dié waarop die verklaring aan die
landdros bestry is, nl die optrede van 'n sekere lieutenant
Diedericks, en meer
in besonder die bewering dat hy die tweede appellant voorgesê het wat hy
aan die landdros en daama aan
Bouwer moes sé. Natuurlik, wat die
verklaring aan Bouwer betref, was art 219 A(l) nie van toepassing nie en moes
Strydom R
13
noodwendig bevind het dat die Slaat bewys het dat die tweede appellant se
getuienis vals was. Dat daar wel so 'n bevinding was, blyk
uit die feit dat die
tweede appellant as 'n "onbeholpe getuie" bestempel is, en dat soos Strydom R
opgemerk het, die tweede appellant
se weergawe hoogs onwaarskynlik was. Aan die
ander kant is lieutenant Diedericks as 'n "indrukwekkende, geloofwaardige,
betroubare,
professionele man" beskou. Geeneen van hierdie bevindings is voor
ons aangeveg nie. Wat die ander gronde van beweerde onreël-matighede
betref, selfs al word dit aanvaar dat daar 'n plig op die landdros gerus het om
die tweede appellant in te lig dat hy op regsverteenwoordiging
geregtig was (kyk
Kate v The State
Appëlhof saak 343/92, 17 Mei
14
1994), blyk dit nie dat sy versuim enige effek op die toelaatbaarheid van die
verklaring gehad het nie. Die tweede appellant is uitdruklik
gewaarsku dat as hy
'n verklaring sou aflê dit neergeskryf sou word en later as getuienis teen
hom in 'n hofsaak gebruik kon
word; en daar is nooit na die gewraakte gedeelte
van die oorkonde wat tydelik toegelaat is verwys nie; inteendeel, die bevel is
later
herroep.
Om tot dusver saam te vat, is ek die mening toegedaan dat daar
geen onreëlmatighede in die verhoor voorgekom het nie. ïnteendeel,
ondanks volgehoue belemmerende taktiek deur die appellante, het die Verhoorhof
lofwaardige geduld uitgeoefen. Hy het verseker dat
die verhoor 'n billike een
was en dat reg en geregtigheid geskied het.
15
Dit bring my dan by die meriete van die skuldigbevindings. Dit kan kortliks
afgehandel word. Die getuienis teen die appellante word
volledig in die
uitspraak a
quo
uiteengesit. Dit blyk dat daar geen ooggetuies van die
gebeure was nie. Die Staatsaak het bygevolg op omstandigheidsbewyse gerus.
Wat
die eerste appellant betref, was die bewese feite die volgende: (i) op 15
Augustus 1990 (dws twee dae na die voorval) het hy
die oorledenes se motor
bestuur; hy was alleen in die kar; (ii) die voertuig se sleutels (wat voor die
misdade in die oorledenes
se huis was) is in die motor gevind asook stringe
krale van mev Kritzinger; daarna is verdere artikels wat aan die oorledenes
behoort
het en wat in hul huis was in sy besit gevind; (iii) sy linkerpalmafdruk
is op die vensterbank onder die gebreekte ruit waardeur
toegang tot die huis
verkry is, gevind. Hierdie feite het 'n sterk
prima facie
saak daar-
16
gestel dat die eerste appellant by die oorledenes se huis ingebreek het en
aan die misdade deelgeneem het. Hy het hierdie afleidings
nie weerlê nie.
Dit is omdat hy nie getuig het nie. Na my mening is hy tereg skuldig bevind soos
aangekla.
Die tweede appellant het nie betwis dat hy op die toneel was nie. Hy is op 16
Augustus 1990 arresteer, en kort daarna is verskeíe
items, die eiendom
van die oorledenes, by hom gevind. Sy linker palmafdruk is teen 'n deurkosyn in
die huis gevind. En in sy twee
verklarings (bewysstukke J en O) erken hy dat hy
saam met die eerste appellant na die toneel gegaan het om die oorledenes te
beroof.
Gevolglik is dit duidelik dat hy skuldig is aan die derde aanklag, van
huisbraak. Die vraag is watter rol die tweede appellant in
die twee moorde
gespeel het. Die Verhoorhof het bevind dat die enigste ondermydelike afleiding
is dat beide appellante in die aanval
op die
17
oorledenes deelgeneem het, en dat hulle altwee die direkte opset gehad het om
hulle te dood. Die redenasie was soos volg. Daar was
'n vingerafdruk van die
tweede appellant op die onderste gedeelte van die piksteel wat in die slaapkamer
na die moorde deur die polisie
gevind is. Bloed van dieselfde groep as mev
Kritzinger s'n was teenwoordig op die kopkant van die piksteel. Die afleiding is
dus
dat tov mev Kritzinger dit die moordwapen was (volgens die mediese getuienis
kon dit die beserings veroorsaak het) en dat die tweede
appellant dit hanteer
het. Die deskundige getuienis bewys ook dat hy dit moes gedoen het toe daar
bloed óf op sy vinger, óf
op die piksteel was. Die tweede
appellant het ook nie op die meriete getuig nie en het bygevolg hierdie
getuienis nie verduidelik
nie. Die metaal kop van die pik met bloed daarop is
los van die steel in die tuin gevind. Daar was twee persone in die kamer wat
met
die oog
18
op die beoogde roof stilgemaak moes word. Bygevolg het alles daarop gedui dat
"die twee voorwerpe geskei en gelyktydig gebruik is
deur beskuldigde 1 en
beskuldigde 2, die een gewapen met die steel en die een gewapen met die yster
gedeelte, om die twee persone
gelyktydig stil te maak".
Namens die tweede appellant is hierdie slotsom aangeval. Dit is aan die hand
gedoen dat met inagneming van die beginsel soos neergelê
in
R v
Valachia and Another
1945 AD 826
, die Verhoorhof sekere gunstige gedeeltes
van sy verklarings in aanmerking moes geneem het en dat op grond daarvan dit
moontlik is
dat díe tweede appellant nie aan die aanval deelgeneem het
nie. Volgens hierdie verklarings het die eerste appellant 'n venster
van die
huis gebreek en ingeklim; maar hy (die tweede appellant) het buite gewag; eers
later, nadat hy mense hoor skreeu het, het
hy binne gegaan; hy sien
19
toe dat "die ou man en die ou vrou met 'n piksteel geslaan is. Op daardie
stadium was die pik self van die piksteel gehaal"; hulle
het beserings "aan
hulle kop gehad"; die eerste appellant het "die ou miesies" weer geslaan; hy
(die tweede appellant) "het op hom
geskreeu en vir hom gesê: 'Los die arme
mense, kan jy nie sien hulle is nou al erg beseer nie"; daarna het hy die eerste
appellant
gehelp om goedere uit die huis te verwyder. Teen hierdie agtergrond is
dit ter oorweging gegee dat dit nie bewys is nie dat die tweede
appellant
enigiets aan óf prof Kritzinger óf mev Kritzinger gedoen het; hy
kon die piksteel hanteer het om bv die oorledenes
se honde (wat luidens sy
verklarings in the huis was en wat begin grom het) onder beheer te bring.
Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie. Die verontskuldigende gedeeltes
van die tweede appellant se verklarings
20
hoef nie aanvaar te word nie
(S v Nduli and Others
1993(2) SASV 501(A)
at 505 f-h). Hulle verskaf geen verduideliking hoekom en onder watter
omstandighede hy die piksteel hanteer het
nie. Weens sy versuim om te getuig was
daar hoegenaamd geen verduideliking daarvoor nie. Daar behoort een te gewees
het. In die afwesigheid
daarvan is die enigste redelike afleiding dat die tweede
appellant mev Kritzinger met die piksteel geslaan het. Selfs al word dit
aanvaar
dat hy eers later die huis binnegegaan het en dat hy mev Kritzinger geslaan het
nadat die eerste appellant haar alreeds noodlottig
gewond het, is die tweede
appellant nog steeds, saam met die eerste appellant, vir haar dood
verantwoordelik. Hy het geweet dat twee
bejaarde persone daar woon. Hy en die
eerste appellant moes besef het dat om hulle rooftog uit te voer beide
stilgemaak moes word.
En van deurslaggewende belang is die volgende erkenning
wat hy in
21
bewysstuk J maak:
"Philemon (eerste appellant) het toe die venster met die pik stukkend geslaan.
Hy het toe ingeklim by die huis en hy het vir my die
pik gevra.
Ek het toe
díe pik vir hom aangegee".
(My beklemtoning)
In die
afwesigheid van 'n verduideliking is die afleiding onvermydelik
dat die tweede appellant geweet het dat die pik gebruik kon word om
verset te oorkom. Word dit verder in ag geneem dat alhoewel hy
mense hoor skreeu het, hy nogtans die huis binnegegaan het, en dat
hy saam weg is met die eerste appellant, en dat hulle in die buit
gedeel het, is die enigste redelike gevolgtrekking dat die tweede
appellant van meet af met die eerste appellant saamgespan het om die
Kritzingers te beroof en indien nodig om hulle te vermoor. Dit volg
dat op die grondslag van gemeenskaplike oogmerk die tweede
appellant (en soos ek alreeds gesê het die eerste appellant ook)
tereg
22
skuldig bevind is aan beide moorde.
Dit bring my by die appèl teen vonnis. Ek kan nie
met
mnr van Niekerk saamstem nie dat Strydom R nie genoeg gedoen het
om by
die eerste appellant versagtende faktore te probeer uitlok nie.
Hy het hom
spesifiek uitgenooi om strafversagtende faktore voor te
lê deur
óf self getuienis te gee óf getuies te roep. Die eerste
appellant
se antwoord was: "Ek het niks te sê nie want ek is reeds
bewus
daarvan dat ek reeds 'n straf gekry het." Dit was weer 'n
verwysing
na die vorige verrigtinge. Daar kan geen twyfel bestaan dat
op
hierdie stadium die eerste appellant nog neí so ongewillig was
as
gedurende die verhoor om samewerking te verleen tot sy eie
voordeel, en
dat enige verdere uitnodigings deur die hof a
quo
om
gebruik te maak
van sy regte geen vrugte sou afgewerp het nie.
Wat vonnis self betref, is ek van mening dat ten opsigte
23
van die huisbraak en roof dit nie gesê kan word nie dat die doodvonnis
die enigste gepaste straf is. Myns insiens sou 'n lang
tydperk van
gevangenisstraf voldoende gewees het. Die appellante was ten tye van die vehoor
in 1993 altwee 32 jaar oud. Hulle het
geen tekens van berou getoon nie. Beide
het vorige veroordelings (die eerste appellant een in 1985 vir diefstal van 'n
motor voertuig
en die tweede appellant oa een in 1986 vir huisbraak). Ek is van
voorneme om die doodvonnis vir die aanklag onder bespreking te vervang
met een
van 12 jaar gevangenisstraf.
Ek het egter tot die slotsom geraak dat die doodvonnis wel díe enigste
gepaste vonnis is ten opsigte van die skuldigbevindings
aan moord. Die
verswarende faktore is vanselfsprekend en myns insiens oorweldigend. Dit is 'n
geval waar bejaardes in hul huis in
die loop van 'n rooftog vermoor is. Dit
is
24
ongelukkig 'n tipe misdaad wat veelal voorkom. Alhoewel die appellante
blykbaar ongewapen na die toneel gegaan het, het hulle ten
tye van die inbraak
die pik in hulle besit gehad. Hulle moes besef het dat dit 'n sterk
waarskynlikheid was dat die inwoners hnlle
sou verset of alarm maak. Die
aanranding op die oorledenes was 'n besonder brutale een. Dit moes 'n taamlike
langdurige en volgehone
een gewees het. Ek stem met Strydom R saam dat gesien
die aard van die wapen en die beserings, dit afgelei moet word dat die houe
toegedien is met die direkte opset om die oorledenes te dood. Dit mag wees dat
die tweede appellant 'n mindere rol gespeel het, maar
ek glo nie dat dit
genoegsaam is om 'n onderskeid te maak tussen sy en die eerste appellant se
morele blaamwaardigheid nie. Al word
'n skuldigbevinding aan moord op die
leerstuk van gesamentlike oogmerk gebaseer, beteken dit nie dat die doodvonnis
nie opgelê
25
behoort íe word nie
(S v Latha and Anotber
1994(1) SASV 447(A)
te 455 c-d). Na my mening is sake soos
S v Ntuli
1991(1) SASV 137(A),
S vs Mthembu
1991(2) SASV 144(A) en
S vs Ngobeni en 'n Ander
1992(1) SASV 628(A) (moordsake waar die doodvonnis nie opgelê is nie omdat
die opset vorm
dolus eventualis
was en waar dit nie gesê kon word
dat die appellant die oorledene Gsies gedood het nie) op die feite
onderskeibaar. In wese
kom die tweede appellant se deelname ooreen met
dié van die eerste appellant. Dit mag ook wees dat hulle vir
rehabilitasie
vatbaar is, maar die huidige is 'n geval waar die afskrikkende,
voorkomende en vergeldende oogmerke van straf sodanig is dat die
swaarste straf
waarvoor die regspleging voorsiening maak, verdien word. 'n Beslissing word
egter tans afgewag van die Konstitisionele
Hof oor die vraag of die doodvonnis
teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
26
200 van 1993. Dit is gevolglik wenslik dat die appèl teen die
doodvonnisse uitgestel word totdat die Konstitusionele Hof 'n
uitspraak oor die
geldigheid daarvan in gevalle soos hierdie gegee het.
Die volgende bevel word uitgereik:
(1) Die appèl van beide appellante teen die twee skuldigbevindings aan
moord en die skuldigbevinding aan huisbraak met die
opset om te roof en roof met
verswarende omstandighede word afgewys;
(2) Die appèl van beide appellante teen die doodvonnis ten opsigte van
die skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om
te roof en roof met
verswarende omstandighede slaag. Die doodvonnis word tersyde gestel en in die
geval van elkeen van die appellante
met 'n vonnis van 12 jaar
gevangenisstraf
27
vervang; (3) Die afhandeling van die appèl teen die doodvonnisse op
die moordaanklagte word uitgestel tot 'n datum wat deur
die Griffier in oorleg
met die Hoofregter bepaal sal word.
H H Nestadt
Appèlregter F H Grosskopf, AR )
) Stem saam Van den Heever, AR )