S v Mokali en 'n Ander (94/94) [1994] ZASCA 180 (29 November 1994)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants convicted of murder for involvement in the brutal killing of two elderly individuals accused of witchcraft — Group of youths, including appellants, assaulted victims based on unverified allegations — Appellants claimed to be mere bystanders but were identified as active participants in the violence — Court found sufficient evidence of their involvement in the joint enterprise leading to the murders — Convictions upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 180
|

|

S v Mokali en 'n Ander (94/94) [1994] ZASCA 180 (29 November 1994)

CG SAAKNOMMER: 94/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
THABO MOKALI Appellant nr 1
MOSES GUZANA Appellant nr 2
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: BOTHA, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 14
NOVEMBER 1994
GELEWER
: 29 NOVEMBER 1994
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Op 4 November 1992 in Kwakwatsi woonbuurt in die Koppies distrik, het 'n
groep jong mense hulle skuldig gemaak aan barbaarsheid wat
herinner aan 'n
Middeleeuse heksejag. Twee ou mense, Olifant Msawuli (ook bekend as Mokabane) en
Limakatso Maria Thube, is gefolter
na aanleiding van aantygings teen hulle
gemaak deur 'n meisie, Sesie. Die groep het vermoed dat sy vroeër deur die
twee ontvoer
was, en dat hulle donker bedoelings met Sesie gehad het. Hulle wou
aanvanklik bekentenisse uit die twee dwing. Beide is aangerand
en uiteindelik
aan mekaar en 'n buiteband vasgebind en aan die brand gesteek. Die vrou is twee
dae later aan brandwonde in die hospitaal
oorlede. Die man het dieselfde dag
daar op die toneel beswyk, egter nie aan brandwonde nie maar as gevolg van
skedelbreuk.
Slegs twee van die persone wat deel uitgemaak het van die groep
inkwisiteure is aangekla, op twee aanklagtes van moord, as gevolg
van hierdie
gebeure. Beide het onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking aangebied nie.
Beide is mettertyd skuldig bevind en
ter dood veroordeel.
3
Hulle is die huidige appellante. Elkeen betwis nou sy skuldigbevindings
sowel as vonnisse. Die identiteit van ander wat ook daar was
en volgens die
getuienis deelgeneem het aan die aksie die aand, is gemenesaak tussen vervolging
en verdediging. Name wat keer op
keer genoem word as aktiewe lede van die groep
jongmense, is Oompie Taje, Ramtuba Teboho, en Zakes Fohlela. Hulle het hulle
egter
uit die voete gemaak en kon nie opgespoor word nie.
Hoewel die inkwisisie gespruit het uit die beweerde verdwyning van Sesie,
is wat haar oorgekom het in twyfel en uiteenlopende hoorsê
omwaas. Haar
ouers is na bewering oorlede. Die naam van 'n vrou, Puleni, word genoem as haar
ouer suster of dalk pleegmoeder, wat
sou saam met die groep en die teruggevonde
kind die aand beweeg het op soek na Mokabane en sy buurvrou, mev Thube, bekend
as 'n sangoma.
Die verhoorhof het die hooftrekke van die getuienis van Mokete Petrus
Sempe, 18 jaar oud en in standerd 7, geglo, en vir hom as geloofwaardig
en sy
uitkenning van appellante as beíroubaar aanvaar.
4
Die hooftrekke word nie deur die verdediging betwis nie.
Beide appellante erken dat hulle deurentyd deel was van die groep, maar betwis
Sempe se aanwysing van hulle as die persone wat die handelinge wat hy elk
toereken, gepleeg het. Hulle verweer is dat hulle, soos
hy, maar net toeskouers
was. Wat betref die verloop van die insidente wat die aand plaasgevind het,
verskil hulle nie van hom nie
behalwe in onbelangrike detail. Ek gee slegs die
hooftrekke van sy verhaal weer.
Hy was by sy ouerhuis toe 30 of meer
seuns in die straat verbygekom het. Puleni en Sesie was saam. Hy het name genoem
van sommige
wat hy herken het, ondermeer eerste appellant. Hy is genooi om hulle
te vergesel, en het: hulle was "Comrades" of lede van die ANC
Youth League, en
om so 'n uitnodiging af te wys kon vir hom gevare inhou. Hy is saam na die huis
van Mokabane. Daar het Zakes die
hele groep die huis binne gelei, vergesel van
Sesie. (Sempe het haar ouderdom op sowat agt jaar geskat.) Mokabane was nie tuis
nie,
sy vrou wat ongesteld was, wel. Sy seun Lukas en die se vrou Agnes
Matxxx
5
was ook in die huis. 'n Klein groep is gestuur om Mokabane
te gaan soek. In hulle afwesigheid is reeds begin om die bewerings wat
die kind
vroeër moes gemaak het, aan Agnes te stel.
By wie Sesie in die eerste plek gekla het en hoe dit by
die
Comrades uitgekom het is nooit opgeklaar nie, maar Sempe het in
die
loop van kruisverhoor erken dat die gemeenskap soms om hulp by
die
Comrades aanklop, en dat hy van mening was dat dit hier ook
gebeur
het. Ontleding van die getuienis toon dat Sesie se storie
soos Sempe dit
verstaan het uit die inkwisisie, eintlik twee
insidente moes behels het.
In Mokabane se huis sou sy deur Agnes en
Mokabane onder 'n bed
versteek gewees het. Agnes het haar pap en
melk in 'n geel skottel
gegee en gesê "Vat, jy is 'n
versoeking, ons soek jou van lankal af". Hoe
en wanneer sy uit die
huis sou gekom het, weet ons nie, ook nie of die
Comrades ooit
navraag daama gedoen het nie. Die tweede insident het
begin toe sy
van die hek van haar skool weggelok is. (Die besonderhede
hiervan
volg later.)
6
Om terug te kom na die feiteverloop van die aand: Agnes is gevra of sy
Sesie ken. Agnes het "Nee" gesê. Zakes het Sesie gevra
of sy Agnes ken, en
Sesie beweer toe dat Agnes een van dié was wat haar onder die bed
versteek het. Eerste appellant het Agnes
met 'n mes teen haar keel aangesê
om die waarheid te praat. So nie, sou sy ook verbrand word. Agnes het ontken dat
sy die kind
ooit vantevore gesien het. Eerste appellant het haar gelos. Die
splintergroep het teruggekeer, met Mokabane. Sesie is gevra of dit
die man is
wat haar onder die bed gesit het. Sy sê "ja". Mokabane het ontken dat hy
die kind hoegenaamd ken. Terwyl Sesie haar
bisarre verhaal vertel, is Teboho
Ramtuba uit die huis. Buite het hy met Mokabane se tuinslang petrol uit Mokabane
se bakkie se tenk
oorgetap in twee twee-liter houers. Hy kom toe terug die huis
in. Hy en Zakes het die mense gelas om almal na die gemeenskapsaal
te gaan. Die
enigstes wat agtergebly het, was Mokabane se seun en sy siek vrou. Oompie Taje
en eerste appallent het daarop aangedring
dat Agnes moet saamgaan, om te sien
hoe Mokabane brand.
7
By die saal gekom, het Oompie Taje 'n sambok uitgepluk en Mokabane
geslaan. Tweede appellant het hom met die oop hand sowel as gebalde
vuis
aangerand. Toe hy val, het tweede appellant hom aan sy klere opgepluk. Hy is
maak sit op 'n stoel. Oompie Taje en eerste appellant
het hom gepynig deur
gesmelte druppels vanaf opgerolde plastiek wat aan die brand gesteek is, op sy
bene en bles te drup. Ondanks
sy pynkrete, het eerste appellant hom gedreig dat
as hy nie die waarheid praat nie, hy gebrand sou word. Eerste appellant het die
stoel waarop hy gesit het agteroor gepluk sodat Mokabane geval het. Tweede
appellant en Oompie Taje het hom met geskoende voete op
sy gesig en lyf getrap.
Hy was bewusteloos. Teboho Ramtuba het hom bygebring deur water oor hom te giet.
Hy moes ondersteun word
tot waar hy agter in die saal geplaas is. Teboho Ramtuba
stel toe voor dat mev Thube gehaal word. So gesê, so gedaan. Beide
appellante was deel van die groep wat haar uit haar huis uit gesleep en na die
saal gebring het. Sempe is saam. Op pad terug is Sempe
aangesê om 'n
buiteband van sy
8
ouers se perseel te haal. Mosunyane is gelas om Sempe te vergesel, en het
die band na die saal gerol en aan Teboho Ramtuba oorhandig.
By die saal het
eerste appellant en Oompie Taje om die beurt vir mev Thube met die sambok
geslaan. Toe vra hulle vir Sesie of dit
"die ouvrou" was. Die kind vertel toe
van wat 'n tweede insident moes gewees het. Volgens haar het mev Thube, wat
krale voor haar
gesig gehad het, op 'n Maandag oggend vir Sesie by die skoolhek
teëgekom, sorghum in haar gesig gegooi, en haar gebied om haar
(d.i. nou
mev Thube) te volg. Sy is toe by Koppies Dam deur altwee appellante kaal
uitgetrek en vasgebind en daar later gevind en
deur die polisie teruggeneem.
Daar by die saal het tweede appellant die band oor mev Thube se kop en onder een
arm geplaas. Mokabane
is nader gebring en sy kop is ook deur die band gedruk.
Eerste appellant het 'n mes aan tweede appellant oorhandig wat daarmee tou
wat
in die saal gehang het, afgesny het. Daarmee het tweede appellant die band aan
beide slagoffers vasgebind, en hulle aan mekaar.
Hulle is na buite geneem. Daar
het tweede appellant petrol oor
9
die twee gegooi en hulle aan die brand gesteek. Vanweë die sagte
reën wou die vlamme nie mooi vat nie. Tweede appellant
het geraas met die
omstanders wat niks doen nie, en self nog petrol op die twee gegooi. Die vlamme
het die toue deurgebrand. Mokabane
kon toe sy kop uit die band kry en mev Thube
kon ook die band van haar afstoot. Dit het op die grond geval. Hulle klere het
gebrand
maar is vanweë die reën geblus. Mev Thube kon blykbaar nie
sien waarheen sy loop nie, en Sempe het haar gewaarsku dat sy
in 'n venster gaan
vasloop. Sy het gevolglik omgedraai. Lede van die groep het Mokabane gekeer toe
hy in die rigting van sy huis
beweeg. Sempe is saam met Agnes, wat bevrees was
en wou padgee, daar vort. Op daardie stadium het mev Thube nog blindelings
geloop,
maar Mokabane het gelê. Sempe het hulle nie weer gesien
nie.
Sempe het vertel dat hy eerste appellant al jare ken, van sien in die
woonbuurt. Hy was saam met tweede appellant in dieselfde klas
op skool, in
standerd vier.
10
Onder kruisverhoor is geen afbreuk gedoen aan sy getuienis nie. Hy het
wel vertel dat die polisie hom aangerand het om hom te laat
praat oor wat hy van
die voorval weet, maar ontken dat hy uit vrees vir die polisie enige stories
opgemaak het. Hy was aanvanklik
bevrees om te praat, maar vir wat die comrades
aan hom sou doen, nie vir die polisie nie. Aan die polisie het hy net die
waarheid
vertel. Dit is in kruisverhoor wat dit aan die dag gekom het dat die
groep wat die twee oorledenes gedreig en aangerand het, die
ANC Youth League
was. Hy self is nie lid daarvan nie. Die storie dat 'n kind sou verdwyn het, en
dat die sangoma haar geneem het,
het hy vir die eerste keer gehoor toe hy op
"uitnodiging" by die groep aansluit op pad na Mokabane se huis.
Die tweede staatsgetuie was Agnes Matsepe. Die verhoorhof was bereid om
haar getuienis te aanvaar slegs in sover as wat dit gestaaf
is. Die verhoorhof
was nie van mening dat sy doelbewus leuens vertel het nie, maar dat die
traumatiese gebeure wat sy die nag deurgemaak
het haar waarnemingsvermoë
waarskynlik nadelig beïnvloed het en sy
11
probeer rekonstrueer uit wat sy by ander gehoor het en in baie opsigte
fouteer. Volgens haar het Puleni in geselskap van ander met
twee geleenthede
voor dié waar Sempe ook by was, kom navraag doen oor, en Makubane se huis
fynkam op soek na, Sesie. Om seweuur
die aand van die 4de November kom die groep
toe, waar eerste appellant haar geklap het, 'n mes teen haar keel gehou het, en
haar
gemaan het om saam te stem met wat Sesie vertel het -
wat sv
(scil
uit vrees)
wel gedoen het
. Haar verhaal is in breë trekke dieselfde
as Sempe s'n wat betref die verdere gebeure van die aand, hoewel sy haarself op
besonderhede
weerspreek het en soms onbeslis was in haar uitkenning van wie juis
wat op 'n bepaalde stadium gedoen het. Waarvan sy nie afgewyk
het nie, is dat
dit eerste appellant was wat 'n mes teen haar keel gehou het in die huis en haar
gebied het om "die waarheid" te
erken, dat dit tweede appellant was wat by die
saal die slagoffers met tou vasgebind het, en dat dit Teboho was wat petrol oor
die
twee gegooi het.
Na mediese getuienis oor die nadoodse ondersoeke en die
12
gebruiklike erkennings, is die staat se saak gesluit.
Eerste
appellant het getuig dat hy 'n groep raakgeloop het die aand van 4 November
1992, van wie hy vemeem het dat 'n kind vermis
is. Teboho Ramtuba en Zakes
Fohlela was twee van die mense in die groep. Hy is saam met die groep na
Makubane se huis en het ook
ingegaan, maar kon nie juis sien wat daar gebeur het
nie, vanweë die swak lig. Van daar is hy saam na die saal, waar hy vir
die
eerste keer Oompie Taje opgelet het. Wat daar gebeur het weet hy ook nie juis
nie. Hy is saam uit agter die ander aan, en het
buite gesien dat daar vlamme
opstyg, in die middel van die groep. Hy is toe daar weg. Hy het niemand die aand
aangerand nie. Dit
is onnodig om sy getuienis te ontleed. Dit wemel van
weersprekings, onwaarskynlikhede, en die sinsnede "ek weet nie". Hy is kamma
saam uit blote nuuskierigheid, wat hy nie die minste poging aangewend het om te
bevredig nie. Inteendeel kon hy netsowel sy oë
toegeknyp en hande teen die
ore gedruk het, so min het hy gehoor en gesien van wat aangegaan het. Hy kon aan
geen rede dink waarom
13
Sempe of Agnes hom valslik sou impliseer nie. Sempe, sê hy, ken hy
glad nie; en tweede appellant het hy nie die nag daar gesien
nie.
Tweede appellant het egter erken dat hy wel die aand op die
toneel was. Hy het die groep teëgekom. Hy het gehoor hulle praat
van die
vermiste kind. Hy het Teboho onder hulle gewaar, ook Oompie Taje en Zakes
Fonlela. Hy is toe saam na Makubane se woning.
Daar het Teboho en Zakes vir
Agnes ondervra, en Teboho iets blink teen Agnes se keel gehou. Toe daag Makubane
met 'n groep daar op.
Daama is almal na die saal waar die kind haar storie
vertel het en Teboho en Oompie Taje vir Makubane geklap het, en met die vuis
geslaan het en later ook met die sambok. Hy vertel ook dat Makubane geval het,
maar sê dit was Zakes wat hom bewusteloos getrap
het en Sekgantso wat hom
in die gesig geskop het. Zakes en ander het voorgestel dat mev Thube gehaal moet
word, en Sempe het hulle
na haar huis geiei. Sy is na die saal gebring. Teboho
het haar met 'n sambok geslaan toe sy sê sy ken die kind glad nie. Dit
was
Teboho wat die twee vasgebind het,
14
Sekgantso wat die band oor haar kop gehang het, Teboho wat die vuur
aangesteek het. Hy self het geskrik en is toe huistoe. Hy ken
Sempe goed soos
Sempe vir hom, stem saam dat hulle kleintyd al saam op skool was, beweer dat
Sempe hom doelbewus belieg, maar kan
aan geen rede dink waarom hy dit sou doen
nie. Die besonderhede van wat hy gesien het, verander hy onder kruisverhoor om
homself
te probeer verder distansieer van die gebeure; en weerspreek homself op
wesenlike punte; maar erken dat hy heeltyd teenwoordig was
van voor Makubane se
huis totdat die twee persone die beserings opgedoen het wat hul dood gekos het.
Hy ontken dat hy enige aandeel
daaraan gehad het. Hy was slegs toeskouer; en het
glad nie eerste appellant daar gesien nie.
Dit is nie aan die hand gedoen dat Sempe 'n medepligtige was nie, of dat
daar enige rede is om sy getuienis met enige agterdog te
bejeën nie. Die
verhoorhof was volgens sy versigtige uitspraak bewus daarvan dat Sempe soms op
geringe aspekte fout gemaak het
maar dit ook geredelik erken het. Die fyner
detail van sy verhaal van wat daardie
15
aand gebeur het is nie van groot belang nie waar dit gemenesaak is dat
die insidente waarvan hy vertel wel plaasgevind het: hy word
grootliks gestaaf
deur Agnes en nog sterker deur veral tweede appellant - behalwe, natuurlik, dat
tweede appellant ontken dat dit
hy is wat die dade waarvan hy getuig, gepleeg
het. Tweede appellant het Sempe in die saal gesien en herken, en daar was geen
rede
waarom Sempe nie ook vir hom, en eerste appellant, sou herken het nie. Mnr
Hussain wat namens beide appellante opgetree het moes
noodgedwonge erken en het
dit realisties gedoen, dat albei van hulle leuenagtige getuies was; en dat hy
nie met oortuiging kon betoog
dat daar rede bestaan vir hierdie hof om te vind
dat die verhoorhof in enige opsig foute begaan het wat betref die
skuldigbevindings
nie.
Die verhoorhof het albei skuldig bevind op beide aanklagte op die
grondslag van gemeenskaplike oogmerk, met opsetvorm dolus eventualis
ten aansien
van Mokabane (die eerste aanklag) en dolus directus ten aansien van mev Thube
(die tweede).
16
Eerste appellant het geen vorige veroordelings nie. Tweede appellant het
erken dat hy 'n paar geringe oortredings begaan het. Die
Staat het toegegee, en
verhoorhof aanvaar, dat dit onbenullighede is en geen verskil behoort te maak
aan tweede appellant se vonnis
vir die moorde nie. Hy moet, met ander woorde,
ook as eerste oortreder beskou word.
Mnr Hussain het mnr S Mothibi
geroep om te getuig. Hy is 32 jaar oud en sedert geboorte 'n inwoner van
Kwakwatsi woonbuurt. Hy het
vertel dat sy suster 'n paar jaar vroeër ook
verdwyn het uit Kwakwatsi. Sy is ontvoer vir muti-doeleindes: haar lyk is in die
veld gevind, met borste af- en tong uitgesny. Niemand is ooit tot verantwoording
voor die gereg geroep vir haar verminking en dood
nie. Sedertdien loop gevoelens
hoog in die woonbuurt as enigiemand wegraak. Daar is nou gerugte in omloop dat
mev Thube 'n heks was
en dat oorledenes gedood is omdat 'n kind verdwyn
het.
Die Staat roep toe ook 'n getuie, speurder-sersant Nzondo, wat
al
17
sestien jaar op Koppies gestasioneer is. Hy het Sesie se ouderdom geplaas
op 12 jaar, nie die 8 van Sempe se skatting nie. Nzondo
se getuienis toon dat
die gebeure van 4 November 'n hele aanloop gehad het, wat dalk sy oorsprong by
Puleni eerder as by die kind
gehad het. Hy verwys na Puleni as "die moeder",
maar vertel ook dat Sesie 'n weeskind is wat deur welsynsbeamptes in pleegsorg
geplaas
is, eers by sekere Alina Ramafikeni. Daar het Sesie gedros. Sy is eers
twee weke later op 'n kleinhoewe te Weltevrede gevind. Toe
het sy by Puleni gaan
bly. Op 'n dag het Puleni by hom kom aanklop om hulp om die kind te vind. Puleni
het nie alleen gerapporteer
dat Sesie weggeraak het nie, maar ook "in watter
huis die kind versteek was". Sy het Mokabane se huis uitgewys. Nzondo het dit
deursoek
maar die kind nie daar gekry nie. Sesie is die daaropvolgende week
ongedeerd gevind op 'n kleinhoewe en teruggebring na Kwakwatsi.
Nzondo het haar
ondervra en ook 'n onderhoud gevoer met die vrou wat haar op die kleinhoewe
herberg gegee het. Dít was egter
eers nadat Mokabane en mev
Thube
18
reeds doodgemaak is. Nzondo is nie uitgevra na die inhoud van sy gesprek
met Sesie nie, maar het, sonder beswaar, vertel watter inligting
hy van die
betrokke vrou gekry het: die kind het by haar werkplek gekom en om water gevra.
Die kind was in die uniform van haar Koppies
skool geklee, en dit was nie die
eerste keer dat sy die kind gesien het nie; toe vra sy waarheen Sesie op pad is.
Die kind het gesê
dat sy op pad is na haar ouerhuis op Heilbron. Die kind
het 'n week of meer daar op die kleinhoewe by haar vertoef voordat sy
teruggeneem
is na Kwakwatsi.
Onder kruisverhoor het sersant Nzondo bevestig dat gerugte die rondte
doen dat mense, veral kinders, verdwyn en vir toorgoed-doeleindes
gebruik word.
Hy self het nie persoonlike ondervinding van soiets nie. Hy het bevestig dat mev
Thube 'n sangoma was. Nadat hy in
die eerste plek verduidelik het dat so iemand
'n heler, nie sover hy weet 'n heks is nie, was hy heeltemal onbeslis of
ondeskundig
daaromtrent:
19
"HOF: So 'n sangoma is nie 'n toordokter nie? — Daar
is
nie 'n verskil nie.
So 'n sangoma en 'n toordokter is dieselfde persoon? — Dit
is so.
MNR BECKER: Maar
sersant, daar is wel 'n onderskeid in
die gemeenskap tussen 'n
towenaar en 'n toordokter, nie
waar nie? -- Dit is presies
so.
'n Towenaar is die slegte
een en die toordokter is die goeie
mens? -- Dit is so.
Die
dogtertjie se eie ma is sy nie ook 'n sangoma nie,
Puleni? -- Ja, sover ek weet.
HOF: Is sy ... (tussenbei)? -- 'n
Sangoma."
Eerste appellant was 23, tweede
appellant 19 jaar oud, toe die betrokke moorde gepleeg is. Beide het maar tot
standerd 5 op skool
gevorder. Eerste appellant doen geleentheidswerk wanneer hy
dit kan kry. Hy is een van vier kinders wat hul vader in 'n ongeluk verloor
het
toe eerste appellant maar elf jaar oud was. Tweede appellant het 'n tydelike pos
gehad by die restaurant wat deel is van die
kompleks bevattende die saal waar
die oorledenes aangerand en aan die brand gesteek is. Sy salaris was R80 per
maand, wat hy aan
sy moeder
20
oorhandig het. Sy vader is ook etlike jare gelede dood. Hy is die
tweede-jongste van tien kinders.
Dit was dalk sy geregverdigde afsku
vir die barbaarse wreedheid van die manier waarop die groep reg in eie hande
geneem het wat veroorsaak
het dat die verhoorhof in sy benadering tot vonnis in
etlike opsigte misgevat het. Brokkies van die getuienis deur die Staat
voorgelê,
is verbygekyk omdat die hof die appellante verkwalik het dat
hulle nie self ter versagting getuig het nie. Die bevinding, byvoorbeeld,
as
verswarend, dat Sesie nie alleen ongedeerd teenwoordig was nie met die
inkwisisie, maar verder dat daar "geen klagtes was dat
die oorledenes haar sou
mishandel of sleg behandel het nie", kyk verby Sempe se getuienis dat Sesie
gesê het dat beide oorledenes
haar na Koppies Dam geneem het, haar klere
uitgetrek het en haar met drade teen 'n boom vasgemaak en daar gelos het. So ook
misken
die bevinding dat daar geen betroubare getuienis is dat Sesie se mense by
die groep om hulp aangeklop het nie, Sempe se prima facie
geregverdigde
afleiding dat dit
21
wel die geval was, gegrond op die feit dat Puleni en die kind
in
geselskap van die groep beweeg het reeds toe hulle by hom
verbygekom
het. En, les bes, verwerping van die betoog dat hulle
agtergrond 'n
versagtende faktor daarstel met beroep op S v MAJOSI
AND OTHERS
1991 (2) SASV 532 (A) 541 f-g, toon 'n gebrek aan insig aangaande
die
werklike inslag van daardie betoog. In die aangehaalde passasie
het
Nienaber AR gesê:
"But one does not have to be leamed and sophisticated to appreciate that a
murder which is committed during and as part of an anned
robbery is particularly
reprehensible."
Die kommentaar het
klaarblyklik geen toepassing in die onderhawige geval nie. Die moraliteit van
selfs ongesofistikeerde ongeletterdes
veroordeel diefstal. Maar
ongesofistikeerde ongeletterdes veroordeel nie noodwendig afrekening nie, buite
die (gesofistikeerde) regstelsel,
met die rower wie se misdaad hulle
verfoei.
Dit alles slegs terloops. Misvatting deur die verhoorhof is nie meer 'n
voorvereiste wat betref beoordeling van die gepastheid van
die
22
doodvonnisse wat opgelê is nie. Hierdie hof moet 'n onafhanklike
diskresie uitoefen om te bepaal of die doodvonnisse die enigste
gepaste straf is
vir hierdie twee jong mans vir die dade wat hulle gepleeg het. In die
uitoefening van daardie diskresie is dit nou
al geykte reg -
(a) dat die bewyslas die Staat beswaar om bo redelike twyfel
moontlike
versagtende faktore wat uit die getuienis blyk, te
weerlê. S v
NKWANYANA AND OTHERS
[1990] ZASCA 95
;
1990 (4) SA 735
(A), 744 A-C,
W;
(b) dat die gemoedstoestand van die appellante nie objektief
beskou
moet word nie, maar aan 'n subjektiewe norm gemeet moet word
(S v
PRINS 1990 (1) SASV 426 (A) 431 g-h, 432 a-e;
(c) dat in die proses van strafbepaling waarby die riglyne gevolg
word
wat saamgevat is in S v MLUMBI EN 'N ANDER 1991 (1) SASV
235
(A) 249h-250f, die hoofdoelstellings van bestrafGng steeds voor
oë gehou
word.
Wat opval in die onderhawige geval, is dat geen motief bewys is of selfs
deurskemer nie, wat daarop dui dat appellante hulle persoonlike
23
belange wou of kon bevorder nie. Daar was geen hebsug nie, of eie griewe
wat hulle wou wreek, of iets dergeliks nie. (As daar 'n moontlikheid
van
jaloesie was, sou dit by Puleni wees, wat die bal aan die rol gesit het met
aantygings wat sy wie-weet-waar aan gekom het, voor
Sesie teruggekeer het; en
nie by die appeUante nie; maar enige vermoede van jaloesie sou op blote
spekulasie berus.) En Sidwell Mothibi
se getuienis kon nie sommer uit die weg
gevee word nie, soos die verhoorhof gedoen het, op grond dat hy nie kon voorgee
om namens
die appellante te getuig van geloof in toorkuns en die emosies wat
gewek word wanneer kinders verdwyn nie. Dit skets die agtergrond
waarteen die
appellante se optrede beoordeel moet word. Vgl S v NCAPHAYI EN ANDERE 1990 (1)
SASV 472 (A), 495 a-b; S v LUKHWA EN
'N ANDER 1994 (1) SASV 53 (A), 58 f-g.
Objektief gesproke praat Mothibi natuurlik onsin, volgens modeme Westerse norme,
en behoort
die gemeenskap nie op hol te gaan met vermoedens van onheil sodra 'n
kind soek raak nie. Maar sy getuienis dat dit wel gebeur is
nie
weerlê
24
nie. Inteendeel het sersant Nzondo beaam dat hoewel hy self geen kennis
van soiets dra nie, gerugte die rondte doen "that people,
especially children,
are known to disappear and are used for muti purposes". Geen ander rede is aan
die hand gedoen nie, waarom die
Comrades teenoor Agnes en die oorledenes
opgetree het soos hulle wel gedoen het, as dat hulle van mening was dat hulle
dit in gemeenskapsbelang
doen: om 'n sweer in die samelewing oop te steek. Vgl S
v NETSHIAVHA 1990 (2) SASV 331 (A). Teen daardie agtergrond is die feit dat
hierdie jong mans 'n armoedige, landelike, ongeskoolde agtergrond het, inderdaad
tersaaklik. Dit is nie slegs moontlik nie, maar
volgens die aangevoerde
getuienis waarskynlik, dat hulle geglo het in die waarheid van Sesie se verhaal
en met bose magte wou afreken
op uitnodiging van Puleni wat nie deur die polisie
gehelp is om die kind te vind nie. Die verhoorhof het opgemerk dat die feit dat
albei tot ten minste standerd 5 skoolgegaan het "en deel uitmaak van 'n
plattelandse gemeenskap waar daar blykbaar onder andere heel
aktiewe jeugligas,
waarvan hulle lede is, bestaan ... [en] die aktiewe
27
geheelbeeld deur die getuienis geskilder meen ek desondanks dat hierdie
nie een van die uiterste gevalle is nie waar vergelding die
ander oorwegings
tersake by vonnisbepaling tot so 'n mate oorskadu dat gemeenskapsbelang verg dat
hierdie twee jong mans die hoogste
tol moet betaal. Afgesien van die
moontlikheid dat hulle optrede te wyte was aan 'n verwronge
verantwoordelikheidsin teenoor hul
gemeenskap, dui hul jeug en gebrek aan
(relevante) vorige veroordelings, dat hulle na alle waarskynlikheid
rehabiliteerbaar is -vatbaar
vir beskawing, opleiding. Bygeloof is nie 'n
aangebore en onuitwisbare skeet nie. En hierdie hof kan sy afsku in die dade wat
hulle
gepleeg het te kenne gee met 'n andersoortige vonnis wat stewig genoeg is
om hopelik ook as afskrikking vir ander te dien.
Die appèl van beide appellante slaag. Die doodvonnisse van elk op
elk van die twee klagtes opgelê word tersyde gestel
en vervang met 'n
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf op elke klag, die
gevangenisstraf
28 op die twee klagtes in geval van elk samelopend
te wees.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
BOTHA AR )
EKSTEEN AR)