S v Martin (18/94) [1994] ZASCA 179 (29 November 1994)

73 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Attempted Murder — Appellant convicted of murder and sodomy — Evidence based on confessions and witness testimony — Appellant's alibi rejected — Court found that confessions were admissible and credible — Appellant argued that he was not guilty of murder as he may have acted after the victim was already dead — Court concluded that the evidence supported a conviction for attempted murder rather than murder, given the possibility that the victim was already deceased at the time of the appellant's actions — Conviction for sodomy upheld as an act of indecent assault, but not sufficient to constitute sodomy as defined by law.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 179
|

|

S v Martin (18/94) [1994] ZASCA 179 (29 November 1994)

Saak no 18/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDEUNG)
In die saak
tussen:
WILLIAM
MARTIN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, NESTADT ARR et NICHOLAS, Wnde AR
Verhoordatum: 14 November 1994
Leweringsdatum: 29 November 1994
UITSPRAAK NESTADT, AR
:
Om ongeveer 23h00 op Vrydag 17 April 1992
het
2
Romeo Williams, 'n negejarige seun, in 'n straat te Belhar in die distrik
van Bellville gestap. Hy was blykbaar op pad huistoe. Hy
was alleen. Hy is deur,
wat aanvaar moet word, 'n groep mense genader. Hulle het hom na 'n stuk grond in
die nabyheid ontvoer. Die
kind is daar vermoor nadat sodomie op hom gepleeg is.
Daarna is sy naakte lyk 'n ent gesleep en oor 'n dwarsbalk van 'n kragpaal
gehang. Die volgende oggend is dit daar ontdek. Die patoloog wat die
nadoodse-ondersoek op die oorledene uitgevoer het, het bevind
dat daar 118
steekwonde was waarvan vyf die hart binnegedring het. Daar was ook verrekking en
verskeuring van die anus en rektum.
Die oorsaak van dood word weergegee as
"veelvuldige steekwonde en die gevolge daarvan".
Hierdie voorval het aanleiding gegee tot appellant se
3
vervolging voor Williamson R en twee assessore in die Kaapse Provinsiale
Afdeling op twee aanklagte, naamlik sodomie (aanklag 1) en
moord (aanklag 2).
Die Staatsaak was dat die appellant in die aanval op die oorledene deelgeneem
het. Die appellant het hierdie aantyging
ontken. Sy alibi verweer is egter
verwerp en hy is skuldig soos aangekla bevind. Ten opsigte van die
skuldigbevinding aan sodomie
ís 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf hom
opgelê. Hy is ter dood veroordeel op die moordaanklag. Hy appelleer tans
teen beide die skuldigbevindings en vonnisse.
Daar was geen ooggetuies van die gebeure nie. Die Staatsaak het
hoofsaaklik op 'n reeks erkennings wat die appellant son gemaak het,
berus.
Hulle bestaan hoofsaaklik uit 'n mondelinge een wat hy volgens sy vriendin Edna
Adams kort na sy arrestasie aan
4
haar gemaak het en twee skriftelike verklarings wat hy aan die
polisie
gemaak het - een (bewysstuk D) 'n uitwysingsverklaring en
die ander
'n bekentenis (bewysstuk F). Edna getuig dat sy die appellant
gevra
het of hy die kind doodgemaak het. Wat toe gebeur en
gesê is,
beskryf sy soos volg:
"Hy het gehuil en hy het vir my gesê hy gaan vir my weer sê. Ek
het hom gevra Willieboy, nou waarmee het jy die kind doodgemaak,
het jy die kind
doodgemaak? En hy het vir my gesê al wat ek gehad het was net 'n 'nail
clipper'. En ek het gehuil, en ek het
gesê Willieboy, hoekom doen jy dit
aan my en hy het vir my weereens gesê ek weet nie, maar ek gaan vir jou
weer sê
en ons het nie weer 'n kans gekry om by mekaar te wees
nie."
(Sy voeg by dat hy ook gesê het dat hy
gerook en gedrink was.)
Tot dieselfde strekking is die appellant se polisieverklarings.
Bewysstuk F is die belangrikste. Die tersaaklike gedeelte
daarvan
lees:
5
"Toe sien ons die laaítie oor die pad loop. Kaffer-Rhoda gryp hom
en 'choke' hom toe. Hy sê toe dat hy 'n ander nommer
dala bokant die
'laaitie'. (Verklaarder word gevra wat die sin beteken? Dit beteken dat hy iets
met die laaitie gaan doen). Ek het
vir hom gesê om die laaitie te los. Hy
sê toe dat as ons se bene nie sterk is nie, dan gaan hulle sommer kyk
bokant ons.
Kaffer-Rhoda het die 'laaitie' se mond toegedruk en toe sny hy hom
aan die keel. Toe naai hy die laaitie. Toe sê hy vír
Jonathan hy
moet ook die laaitie naai. Jonathan het toe ook genaai. Toe sê Kaffer ek
moet ook die klong naai. Ek het die laaitie
toe maar deur die boude genaai.
Manie het toe ook die laaitie genaai, Kaffer-Rhoda en Jonathan het ook die klong
gesteek. Kaffer-Rhoda
sê toe ons moet ook die laaitie steek. Ek het toe 'n
'nail-clipper' by my behad. Toe steek ek die klong so drie, vier keer.
Manie het
ook 'n klein 'flick-knife' gehad en hy het ook die klong gesteek. Toe sê
Kaffer-Rhoda ons moet hom help dra aan die
klong. Toe gooi ons die klong oor die
draad. Kaffer-Rhoda het toe ge'try' om die laaitie se beskaamte af te sny. Wat
ons daar klaar
is, toe loop ons. Ek en Manie is toe na my huis toe."
Die appellant het ontken dat hy enigiets aan Edna
erken
het. Wat die polisieverklarings
betref, het hy die toelaatbaarheid
daarvan betwis op grond dat hnlle
nie vrywillig gemaak is nie. Die
6
Verhoorhof het bevind (wat lg verklarings betref na 'n tussenverhoor) dat
die Staat die bestaan en toelaatbaarheid van die verklarings
bewys het. Voor ons
het mnr Steenkamp in sy bekwame betoog namens die appellant hierdie bevindings
aanvaar. Hy het ook toegegee dat
die appellant se alibi nie moontlik waar kan
wees nie. Tog het hy aan die hand gedoen dat die klagtes teen die appellant nie
bewys
is nie. Die eerste stelling was dat die appellant se erkennings en meer in
besonder bewysstuk F materiéle onwaarhede bevat;
dat hulle onbetroubaar
was; en dat hulle bygevolg geen gewig dra nie. In wese kom die betoog hierop
neer dat die erkennings moontlik
vals is. Ek stem nie saam nie. Daar is geen
rede om te dink dat die appellant hom valslik sou inkrimineer nie. Die
objektiewe feite
ondersteun wat hy erken. En die bevinding van die
Verhoorregter
7
dat "(o)mdat die beskuldigde so 'n leuenaar is weet ons nie of wat
hy
daarin gesê het die waarheid is of nie Die beskuldigde (is)
so 'n
uitgemaakte leuenaar dat ons geen waarborg het dat wat in
hierdie
verklaring voorkom die waarheid is nie" moet in verband
gelees
word. Wat die geleerde regter klaarblyklik bedoel het, was
dat die
verontskuldigende gedeeltes nie as die waarheid aanvaar kan word
nie. Maar hierdie benadering geld nie vir die gedeeltes wat teen
sy
belange is nie. Dit blyk duidelík uit die volgende opmerking
van
Williamson R:
"Dit is hoogs onwaarskynlik dat die beskuldigde 'n erkenning teen sy eie
belang sal maak tensy dit die waarheid is in die sin dat
die waarheid
heelmoontlik erger is as wat hy erken maar dat sy erkenning die kleinste
toegewing is waarmee hy dink hy kan wegkom".
Mnr Steenkamp se tweede betoog was dat selfs ex
facie
8
sy erkennings sy skuld nie bewys is nie. Hy het staatgemaak op die
beginsel in
R v Valachia and Another
1945 AD 826
neergelê dat die
gunstige gedeeltes van 'n beskuldigde se bekentenis in aanmerking geneem moet
word (alhoewel dit nie aanvaar
hoef te word nie). In die eerste plek is dit ter
oorweging gegee dat dit uit die verklarings blyk dat die appellant onder dwang
opgetree
het. Daar word wel beweer dat hy "geen keuse gehad nie" (in die
verklaring aan Edna) en dat Kaffer-Rhoda "vir ons gesê as onse
bene nie
sterk is nie gaan hulle vir ons verdale (seermaak), Hy het vir ek en Manie
gedreig
en gesê dat ons die kind moet verkrag Toe sê hy as ek en
Manie
nie gaan steek nie, dan is ons verraaiers" (in bewysstuk D). Daar is ook,
soos gesien kan word, sprake van dwang in gedeeltes van
bewysstuk F wat ek
aangehaal het. Na my mening kan hierdie
9
verweer egter nie slaag nie. Dit moet met omsigtigheid benader word. Die
bewerings is vaag. Hulle is inherent onwaarskynlik. Niks
word gesê van
watter invloed (indien enige) die dreigemente op die gemoed van die appellant
gehad het. En die verweer is natuurlik
nie in enige getuienis deur die appellant
bevestig nie. Blykbaar is dit ook nie voor die Verhoorhof geopper nie.
Dit bring my by wat as mnr Steenkamp se hoofbetoog beskou kan word. Dit
was dat alhoewel die getuienis en veral die appellant se erkennings
wel bewys
dat die appellante by die misdade betrokke was, die afleiding van skuld (soos
aangekla) nie regverdig is nie. Ek het tot
die slotsom geraak dat die betoog
gehandhaaf moet word. Dit kan nie bevind word nie dat die appellant meer gedoen
het as wat in sy
verklarings geopenbaar is. Edna se getuienis dat die
10
oggend na die voorval sy bloed op die appellant se tekkies opgemerk het
en dat hy haar gevra het om hulle skoon te maak beteken niks
meer as dat hy op
die toneel van die misdade was. Wat bewys dan die appellant se erkennings? Tov
die sodomie aanklag, niks meer as
dat die appellant "die laaitie deur die boude genaai (het)". Dit
was
seer sekerlik 'n onsedelike aanranding maar in die afwesigheid van
penetrasie van die anus, was dit nie sodomie nie (kyk Hunt: South
African
Criminal Law and Procedure, vol II, 2e uitgawe, 272). En, soos gesien sal word,
is dit moontlik dat hy toe alreeds dood was.
Wat die moordaanklag betref, is die
tersaaklike erkenning dat hy die oorledene "so drie, vier keer" met die
"nail-clipper" gesteek
het. Ek dink dit moet aanvaar word dat hy dit gedoen het
met die opset om te vermoor. Maar dit is nie voldoende om moord daar te
stel
nie.
11
Teen hierdie tyd (volgens bewysstuk 17) het Kaffer-Rhoda alreeds die
oorledene se keel gesny, saam met Jonathan hom gesteek het en
ook sodomie op hom
gepleeg het. Dit moes 'n sekere tyd geduur het. Dit is bygevolg redelik
moontlik, indien nie waarskynlik nie,
dat toe die appellant hom gesteek het, die
oorledene noodlottig gewond (en miskien alreeds dood) was. Dit is veral so in ag
genome
die dokter se getuienis dat "die steekwond in die medulla kan feitlik
oombliklike dood veroorsaak. Die steekwonde in die groot nek
bloedvate
veroorsaak aansienlike bloeding en dit is wat ek dink die vernaamste meganisme
was".
Die geldigheid van die skuldigbevindings berus bygevolg op die leerstuk
van gemeenskaplike doel. Inderwaarheid was dit die grondslag
van die Verhoorhof
se uitspraak. Ek behandel eers die
12
skuldigbevinding aan sodomie. Natuurlik kan gesamentlike oogmerk van die
feite afgelei word. Dit kan ook op die ingewing van die oomblik
ontstaan. Na my
mening egter en ongeag die appellant se versuim om te getuig, ís dit op
die feite voor ons (dws ex
facie
bewysstuk F) nie die enigste afleiding
nie dat hy saamgesweer het om sodomie op die oorledene te pleeg. Onthou moet
word dat blote
teenwoordigheid by 'n misdaad nie per se genoegsaam is nie
(Burchell and Hunt, South African Criminal Law and Procedure, vol I, 2e
uitgawe,
432). Dit is juis dat die appellant die oorledene onsedelik aangerand het na
Kaffer-Rhoda en Jonathan sodomie op hom gepleeg
het. Maar dit volg nie dat hy
hom daarmee vereenselwig het. Die feit dat hy die oorledene slegs "deur die
boude genaai" het, dui
eerder op die teendeel. Dit synde die posisie,
13
moes die appellant se skuld oorweeg gewees het alleen op sy eie optrede
teenoor die oorledene. Indien die oorledene toe nog gelewe
het, sou hy, soos ek
alreeds aangedui het, skuldig aan onsedelike aanranding (wat 'n bevoegde
uitspraak is) wees. Maar gesien die
moontlikheid dat die oorledene (sonder die
medewete van die appellant) alreeds gesterf het, kan die appellant slegs aan 'n
poging
tot onsedelike aanranding skuldig bevind word.
Wat die moord betref, is die probleem ietwat anders. Hier is daar, myns
insiens, genoegsame bewys dat die appellant hom wel aktief
met die gesamentlike
oogmerk om die oorledene te vermoor vereenselwig het. Die vraag is egter wanneer
hierdie vereenselwiging ontstaan
het. Na my mening kan die redelike moontlikheid
nie uitgesluit word nie dat dit eers gebeur het na
14
Kaffer-Rhoda en Jonathan se aanval op die oorledene, dws nadat die
oorledene of (i) dood of (ii) noodlottig gewond was. In die geval
van
moontlikheid (i) kan die appellant nie aan moord skuldig bevind word nie
(S
vs Ndlovu
1984(3) SA 23(A)). En dieselfde geld vir moontlikheid (ii) gesien
die afwesigheid van enige getuienis dat die appellant se aanval
die intrede van
oorledene se dood verhaas het (S
v Motaung and Others
1990(4) SA 485(A)).
Die appellant is egter aan poging tot moord skuldig. Soos ek vroeër
gesê het, het hy die nodige
mens rea
gehad; en moet dit aanvaar
word dat hy geglo het dat sy slagoffer nog lewe.
Dit bring my by vonnis. Ten tye van die pleging van die misdade was die
appellant om en by 31 jaar oud. Hy het verskeie vorige veroordelings
vir oa
diefstal (in 1985), aanrandings
15
met die opset om emstig te beseer (in 1985 en 1988) en strafbare manslag
met 'n mes (in 1988). Geen kapsie kan gemaak word teen Williamson
R se bevinding
dat alhoewel die appellant drank ingehad en dagga en mandrax gerook het, dit nie
'n noemingswaardige rol in die nag
se gebeure gespeel het nie. En soos
vroeër gesê is, moet dwang uitgesluit word. Ek neem in ag dat die
appellant se misdade
tot 'n mate impulsief was en dat die appellant nie die
gebeure aan die gang gesit het nie. Nogtans het hy 'n rol gespeel in wat die
Verhoorregter met regverdiging "'n sataniese aanslag" op 'n weerlose kind
bestempel het. Dit is erg verswarend. En nadat hy hom gesteek
het, het die
appellant sy makkers die liggaam help wegsleep. Veral vir die poging tot moord
moet die appellant swaar gestraf word.
16
Die appèl slaag. Die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde
gestel. Op aanklag 1 word die skuldigbevinding vervang met
een van poging om 'n
onsedelike aanranding te pleeg. Die vonnis hier is twee jaar gevangenisstraf.
Wat aanklag 2 betref, word die
appellant aan poging tot moord skuldig bevind en
tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit beteken 'n effektiewe vonnis van 14
jaar
gevangenisstraf.
H H Nestadt Appèlregter Van Heerden, AR )
) Stem saam Nicholas, Wnde AR )