About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 175
|
|
S v Volkwyn (686/93) [1994] ZASCA 175 (28 November 1994)
686/93
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING
)
In die saak tussen
LIONEL HENRY VOLKWYN
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, KUMLEBEN et F H GROSSKOPF
ARR
VERHOORDATUM
: 15 NOVEMBER 1994
LEWERINGSDATUM
: 28 NOVEMBER 1994
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR/
...
2
KUMLEBEN AR
:
Die appellant het in die streekhof vir die
Streekafdeling van Suid-Transvaal op 'n reeks aanklagte van diefstal,
alternatiewelik bedrog,
tereggestaan. Hy het op die hoofaanklagte ten opsigte
van klagtes 2, 3 en 7 tot 12 skuldig gepleit en is dienooreenkomstig skuldig
bevind. Deur sy pleit het hy erken dat hy oor 'n tydperk van ongeveer sewe
maande (gedurende die tydperk vanaf September 1991 tot
April 1992) 186,34 ton
staal met 'n totale waarde van R250 219,54 van 'n maatskappy, Scaw Metals
Beperk, te Wadeville gesteel het.
Dit blyk uit sy pleitverduideliking dat hy die
versendingskontroleerder van die maatskappy was. In sameswering met twee ander
diensnemers
is hierdie hoeveelheid staal vanaf die perseel verwyder, Die ander
twee persone het die staal gelaai en weggeneem terwyl die appellant
die vals
dokumente uitgereik het wat vir die uitvoering van die diefstalle nodig was. Sy
mededaders het die
3
gesteelde staal hanteer en vermoedelik verkoop; en sy beloning vir sy
deelname was ongeveer R325,00 per ton, 'n totale bedrag van
omtrent R60
450,00.
In sy uitspraak oor vonnis het die streeklanddros tot die gevolgtrekking
gekom dat slegs twee vonnisopsies in die omstandighede tot
sy beskikking was:
gevangenisstraf met totale of gedeeltelike opskorting. Die erns van die
diefstal, en sy voorkeur aan die afskrikkingselement
van straf, het na sy mening
eersgenoemde opsie uitgesluit. Bygevolg het hy al agt aanklagte vir doeleindes
van vonnis saamgeneem
en 'n vonnis van ses jaar gevangenisstraf opgelê
waarvan twee jaar onder gepaste voorwaardes opgeskort is.
Die appellant se appél teen hierdie vonnis na die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof het gedeeltelik
geslaag. Die tydperk
van gevangenisstraf het onveranderd gebly maar 'n
4
ekstra jaar daarvan is opgeskort: die tydperk van effektiewe gevangenisstraf
was dus met een jaar verminder. Die aansoek om 'n verdere
appèl na
hierdie hof het misluk maar die nodige verlof is deur die Hoofregter
toegestaan.
Voor ons het mnr Smit, namens die appellant, aan die hand gedoen dat die
besondere feite van hierdie geval oorweging van 'n vonnis
van korrektiewe toesig
ingevolge a 276(l)(h), gelees met a 276A, van die Strafproseswet 51 van 1977
regverdig; dat die saak vir hierdie
doel na die verhoorhof terugverwys behoort
te word na tersydestelling van die bestaande vonnis; en dat hierdie hof by magte
is om
so 'n bevel uit te reik.
In
S v R
1993(1) SA 476 (A) 488 G-J het Kriegler AR met verwysing na
hierdie strafopsie soos volg opgemerk:
"[D]ie Wetgewer het ondubbelsinnig deur die klemverskuiwing, wat uit die
Wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf,
5
hervormend maar desnoods hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs
primêr deur opsluiting in 'n gevangenis haalbaar is nie.
Waar die
wetgewende gesag so duidelik sy wens uitgespreek het en waar die uitvoerende
gesag (blykens die wetsinwerkingstellende proklamasies)
paraat is om die nodige
administratiewe rugsteuning te verskaf, is dit die plig van regsprekers om die
middele wat so vrylik tot
hul beskikking gestel is daadwerklik op te neem. In
die besonder moet daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf
toegemêet
kan word sonder gevangesetting, met al die bekende nadele aan
laasgenoemde verbonde vir beide die prisonier en die breë gemeenskap.
'n
Vonnis van korrektiewe toesig kan tewens so saamgestel word dat dit vir die
veroordeelde meer beswaar as korttermyn gevangenisstraf
- ingevolge art
276A(l)(b) van die Strafproseswet mag 'n hof immers korrektiewe toesig vir 'n
tydperk van soveel as drie jaar oplê."
Die voordele van korrektiewe toesig word deur Lt Kol Elsa Jones, van die
Departement Korrektiewe Dienste, soos volg aangesíip:
"In contrast to imprisonment, correctional supervision has, among others, the
following advantages:
1. The probationer can beneGt to the greater extent from the normalizing
influences of the community.
2. The probationer is not exposed to the negative influences of hardened
criminals and the prison sub-culture.
6
3.
The rehabilitation process
takes place within the community where the best results can be
obtained.
4.
It is a more cost-effective
sentence option.
5.
There is less pressure on
available prison space.
6.
The isolating
effect and the stigma attached to imprisonment are
avoided.
7.
To a large extent some negative
results of imprisonment are eliminated, for
example
# loss of self-respect;
# loss of income resulting in the inability to provide for the
family;
# breaking up of family life etc."
(Correctional Supervision
in South Africa
:
The Practical Application
gepubliseer in
De
Rebus,
November 1993 bladsy 982 et seq.)
Die wenslikheid en voordele van hierdie vonnisopsie, soos in die twee
aanhalings uiteengesit, kan skaars onderskat word. Nietemin
moet, in die geval
van 'n ernstige misdryf soos die onderhawige, die oorweging en toepassing van
hierdie strafvorm met omsigtigheid
benader word. Ek wys egter daarop dat daar
nie 'n geslote getal tipe misdade bestaan waarop
7
hierdie straf nie toegepas behoort te word nie. So, byvoorbeeld, het hierdie
hof korrektiewe toesig vir oorweging aanbeveel in gevalle
van moord
(S v
Potgieter
1944(1) SACR 61(A); onsedelike aanranding
(S v W
1994(1)
SASV 610 (A)); gewapende roof
(S v Booysen
1993(1) SACR 689 (A)) en die
onwettige besit van dagga
(S v Williams
1993(2) SACR 674 (A). Dit kom
alles hierop neer dat, net soos met straftoemeting in die algemeen, iedere geval
na verdienste oorweeg
moet word om vas te stel of korrektiewe toesig al die
doelwitte van straf sal bevredig.
In die onderhawige geval is die appellant op 24-jarige ouderdom 'n eerste
oortreder. Toe sy werkgewer slegs vermoed het dat staal
vermis word en hom
daaroor gevra het, was sy reaksie om onmiddellik alles te openbaar en te erken.
Hy het ook skuldig gepleit, 'n
bedrag van R22 000,00 terugbetaal en 'n verdere
som van R4 000,00 wat die klaer aan hom geskuld het, prysgegee. Hy het ook
onderneem
om die klaer verder
8
te vergoed en is blykbaar in staat om hierdie belofte na te kom. Hy het ander
werk bekom waar hy R4 500,00 per maand verdien. (Sy
vrou is ook werksaam by 'n
handelsbank.) Hierdie feite gesamentlik dui nie net op egtc berou nie, maar ook
op 'n persoon wat in staat
en van voorneme is om 'n verantwoordelike lewe in die
toekoms te lei. Hoewel hy 'n onmisbare skakel in die pleging van die diefstal
was, is die aanduidings dat hy 'n ondergeskikte rol gespeel het. Sy twee
mededaders het die staal verwyder en die buit verkoop. Dit
is onmoontlik om die
klaer se uiteindelike verlies op hierdie stadium te bepaal. 'n Gedeelte van die
staal is teruggekry. Die ander
twee persone, een waarvan in 'n aparte verhoor
skuldig bevind is, het moontlik ook as deel van 'n vonnis of andersins die klaer
in
'n mate vergoed. Terugverwysig met die oog op korrektiewe toesig ingevolge a
276(l)(h) van die Wet sal dus die bykomstige voordeel
inhou dat die proefbeampte
en verhoorhof op hierdie aspek sal kan ingaan en, indien op
9
korrektiewe toesig besluit word, 'n gepaste vergoedingsvoorwaarde kan
oplê.
Ek is tevrede dat bogemelde feite, hoewel bra uitsonderlik, die wenslikheid
van korrektiewe toesig in hierdie geval sterk ondersteun,
of ten minste dat dit
die oorweging van hierdie strafopsie heel duidelik regverdig.
Die oorblywende vraag is of hierdie hof by magte is om die nodige bevel te
maak. Die appellant is aanvanklik op 30 Julie 1992 gevonnis.
Ingevolge
Proklamasie R115 van 1 Oktober 1992, gepubliseer in Staatskoerant 14313, is
artikels 276(l)(h) en 276A(1) van die Wet,
en bygevolg die bepalings aangaande
korrektiewe toesig, vanaf gemelde datum ten opsigte van die landdrosdistrik
Germiston loegepas.
Die uitspraak op appèl deur die hof a
quo
is
gedateer 22 Februarie 1993. Met ander woorde, in die onderhawige geval was
hierdie vonnisopsie eers na die verhoor, maar voor
beide appelle,
beskikbaar.
10
Hierdie vraag is deels beantwoord in die volgende aanhaling uit
SvR
1993(1) SA 476 (A) 484J - 485G:
"Die misdaad is gepleeg en die skuldigbevinding en vonnis in die streekhof,
asook die vervanging van vonnis deur die Provinsiale
Afdeling, het alles
plaasgevind vóór die inwerkingtrede van die Wysigingswet op
Aangeleenthede Rakende Korrektiewe
Dienste en Toesig 122 van 1991 ('die
Wysigingswet'), wat korrektiewe toesig as 'n nuwe vonnisopsie instel. 'n
Bevestigende antwoord
op die eerste vraag is nie ver te soek nie, naamlik in die
uitspraak van hierdie Hof in die analoë geval van
Prokureur-generaal,
Noord-Kaap v Hart
1990 (1) SA 49
(A). In daardie saak is gevangenisstraf in
die landdroshof opgelê weens besit van dagga op 'n stadium toe sodanige
straf ingevolge
die bepalings van Wet 41 van 1971 verpligtend was. Terwyl 'n
appèl hangende was, tree 'n Wysigingswet (Wet 101 van 1986) in
werking
wat voorsiening maak vir die oplegging van 'n boetestraf vir besit van dagga.
Die Noord-Kaapse Afdeling stel die vonnis tersyde
omdat hy dit as buitensporig
beskou en lê in die plek daarvan 'n boetestraf op plus algeheel opgeskorte
tronkstraf. Hierdie
Hof verwerp die Prokureur-generaal se betoog op appèl
dat die sogenaamde vermoede teen terugwerkendheid die oplegging van
'n
boetesíraf deur die Provinsiale Afdeling belet het. Die
ratio
van
die verwerping (te 55C-F) is dat die vernietiging van die verhoorhof se vonnis
deur die Provinsiale Afdeling tot gevolg gehad
het dat daar ten tyde van die
inwerkingtrede van die wetswysiging regtens geen
11
gevelde vonnis bestaan het nie; dat sodanige Wet, synde straftemperend, in
beginsel terugwerkend was; en dat dit die Hof van tweede
instansie daarom
vrygestaan het om ten tyde van die oplegging van die vervangende vonnis die toe
reeds-inwerkinggestelde boetestraf
op te lê.
Bedoelde gedagtetrant en beginselstelling kan egter nie sonder meer op die
onderhawige omstandighede toegepas word nie. Hier was daar
immers 'n bykomende
trap op die hiërargiese leer van ons strafproses (naamlik die appèl
na die Provinsiale Afdeling)
en 'n oënskynlik geldige vonnis wat daar, voor
inwerkingtrede van die Wysigingswet, opgelê is. Nietemin meen ek dat daar
in beginsel geen verskil te trek is nie. Tersydestelling deur hierdie Hof van
die vonnis wat die Provinsiale Afdeling opgelê
het
op grond daarvan dat
dit om een of ander rede onvanpas was.
sou eweneens beteken dat daar dan
regtens van meet af oor vonnis besin moet word én dat die tans beskikbare
vonnisopsies oorweeg
kan word." (My beklemtoning.)
Vervolgens moes die hof bepaal "of daar gronde bestaan om
met die tans bestaande vonnis in te meng" (486A). Die hof het bevind
dat
die hof a
quo
sigself ten aansien van die feite wanvoorgelig het
en kon
bygevolg die bevel van die hof a
quo
vervang, Die appellant in
die
12
ongerapporteerde saak van hierdie hof,
Johan Ernst Nel en Die Staat
(Nr 478/93, uitspraak gelewer op 3 Oktober 1994), het hom tot 'n mate in 'n
soortgelyke posisie bevind. Eers na die verhoor van die
appèl in die hof
a
quo,
maar voor die appèl in hierdie hof, was hierdie strafmiddel
tot die hof se beskikking. In teenstelling met
S v R
was daar egter geen
gronde om die vervangende vonnis van die hof a
quo
ter syde te stel nie.
Die hof moes dus sy uitspraak in die
Nel
-saak afsluit deur te
sê:
"Die hof in
S v R
het vervolgens bevind dat daar wel afdoende gronde
bestaan het om met die vonnis van die hof a
quo
in te meng en dit tersyde
te stel met korrektiewe toesig in vooruitsig. In die huidige geval egter, het
die hof a
quo
geen mistasting begaan nie; soos reeds genoem, het die erns
van die misdryf die oplegging van 'n tydperk van gevangenisstraf vereis;
en daar
kan nie gesê word dat die vervanging van die vonnis deur die hof a
quo
nie deur 'n behoorlike uitoefening van diskresie geskied het nie.
Gevolglik, hoewel die meriete van die geval aandui dat korrektiewe
toesig die
aangewese straf mag wees, is hierdie hof nie in staat om die wenslikheid daarvan
in aanskou te neem nie."
13
Soos aangedui, verskil die feite van die onderhawige geval in een wesenlike
opsig van dié bogenoemde twee beslissings. Korrektiewe
toesig was wel 'n
strafmiddel wat die hof a
quo
in aanmerking kon geneem het. Daar
ís egter geen aanduiding in die uitspraak dat hierdie belangrike, en
oënskynlike toepaslike,
strafmiddel enigsins deur daardie hof oorweeg is
nie. Hierdie versuim regverdig die afleiding dat die hof a
quo
nie 'n
behoorlike diskresie by die oplegging van die vervangende vonnis uitgeoefen het
nie en dat hierdie hof van meet af oor 'n
gepaste vonnis kan besin.
Die appèl word derhalwe gehandhaaf, die vonnis word tersyde gestel en
die saak word, met 'n verwysing na a 276(l)(h) van die
Strafproseswet,
terugverwys na die streekhof vir heroorweging met
14 inagneming wat in
hierdie uitspraak gesê word.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
HEFER AR
- Stem saam F H GROSSKOPF AR