S v Motshwaedi (539/93) [1994] ZASCA 171 (24 November 1994)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of two counts of murder and sentenced to death — Appellant's defense based on lack of knowledge of crimes — State's case relied on circumstantial evidence and confession — Appellant's confession admitted after a hearing on its admissibility — Court found circumstantial evidence and confession sufficient to uphold convictions — Appeal against convictions dismissed; appeal against death sentence deferred pending Constitutional Court ruling on validity of death penalty.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 171
|

|

S v Motshwaedi (539/93) [1994] ZASCA 171 (24 November 1994)

Saak nr 539/93
/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SMDAFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
EPHRAIM BASIMANE
MOTSHWAEDI APPELLANT
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. VERHOOR: 22 NOVEMBER 1994.
GELEWER: 24 NOVEMBER 1994.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant is in die Westelike Rondgaande
Plaaslike Afdeling deur Van der Merwe R en assessore aan twee aanklagte van
moord (aanklagte
1 en 2) en een aanklag van verkragting (aanklag 3) skuldig
bevind. Op 'n verdere aanklag van verkragting (aanklag 4) is hy onskuldig
bevind
en op 'n aanklag van roof (aanklag 5) is hy aan diefstal skuldig bevind. Op elk
van aanklagte 1 en 2 is hy die doodstraf opgelê
en op aanklagte 3 en 5 is
hy tot onderskeidelik vyftien jaar en twee jaar gevangenisstraf gevonnis.
Ingevolge art 316 A van Wet 51
van 1977 appelleer hy teen sy skuldigbevindings
en vonnisse op aanklagte 1 en 2. Daar is geen appèl teen enige van die
ander
skuldigbevindings of vonnisse nie.
Die oorledene in aanklag 2
was die 45-jarige Margaret Voyiatzis ("Voyiatzis") wat in Buffeldoringlaan,
Rustenburg,
3
gewoon het. Die oorledene in aanklag 1, die 55-jarige Monica Mogopodi
("Mogopodi"), was Voyiatzis se huishulp. Die appellant was Voyiatzis
se
tuinier.
Die staatsaak was dat om ongeveer twaalfuur Woensdagoggend
14 Oktober 1992 die appellant vir Mogopodi in haar werkgeefster se huis
aangeval, verkrag en daama doodgemaak het deur haar met 'n koord wat hy met 'n
stuk yster om haar nek vasgedraai het, te verwurg.
Daama het die appellant
doodluiters met sy tuinwerk aangegaan totdat Voyiatzis kort na eenuur die middag
van haar werk by haar huis
aangekom het. Hy het haar gevolg toe sy by die huis
ingaan en haar oorrompel en daarna doodgemaak deur 'n koord styf om haar nek
met
'n snoeiskêr vas te draai, Hy het daama kontant en 'n vuurwapen uit
Voyiatzis se drasak geneem en die huis verlaat. Hy
is drie dae later
gearresteer.
Die appellant se verweer by die verhoor was dat,
alhoewel
4
hy vanaf sewe-uur die betrokke oggend in Voyiatzis se tuin en ook binne
haar huis gewerk het, hy niks van die misdade af weet nie
en ook niks verdags
gehoor het nie. Sy getuienis was dat toe sy werkgeefster om ongeveer kwart oor
een die middag van die werk af
kom, sy hom sy loon vir die dag betaal het en dat
hy daarna huis toe is.
Die staatsaak teen die appellant berus op
omstandigheidsgetuienis sowel as 'n bekentenis wat hy die dag van sy arrestasie
aan 'n landdros
gemaak het. Mev Venter, wat op die aangrensende erf woon, het
getuig dat sy om ongeveer twaalfuur die oggend by haar swembad was
toe sy iemand
vanuit Voyiatzis se huis hoor skree. Tussen eenuur en haiftwee die middag het
Voyiatzis in haar motor by haar huis
aangekom en mev Venter het gehoor dat sy
drie keer na haar bediende roep en dat sy 'n bietjie later op 'n verbaasde wyse
uitroep.
Volgens mev Venter het sy
5
gedurende die betrokke oggend en ook nadat sy Voyiatzis se verbaasde
uitroep gehoor het, 'n arbeider, klaarblyklik die appellant,
in Voyiatzis se
tuin gesien werk. Die verhoorhof het mev Venter se getuienis aanvaar en daar is
nie voor ons betoog dat die verhoorhof
in hierdie opsig fouteer het nie. Mev
Venter se getuienis van die skreegeluid wat sy om ongeveer twaalfuur gehoor het,
werp sterk
twyfel op die appellant se getuienis dat hy dit nie gehoor het nie,
en haar getuienis dat sy die tuinier in die tuin gesien het nadat
sy Voyiatzis
op 'n verbaasde wyse hoor uitroep het, is onversoenbaar met die appellant se
getuienis dat hy sy loon betaal is en huis
toe is nog voordat Voyiatzis haar
huis binnegegaan het. Die ander omstandigheidsgetuienis wat deur die staat
aangevoer is, het na
my mening geen bewyswaarde nie. Eerstens is by 'n
forensiese ondersoek van die hemp wat die appellant die betrokke dag aangehad
het,
blanke hoofhare gevind wat
6
ooreengekom het met 'n hoofhaarmonster van Voyiatzis. In die afwesigheid
van enige ander getuienis wat daarop dui dat die hoofhare
wat op die appellant
se hemp gevind is, wel dié van Voyiatzis is, regverdig hierdie getuienis
geen afleiding teen die appellant
nie. Dieselfde geld vir die getuienis dat 'n
wit hempsknoop met 'n stukkie garing daarin deur die polisie op die mat van die
een
slaapkamer gevind is waar daar duidelike tekens van 'n worsteling was. Toe
die polisie op die appellant se hemp beslag lê,
was daar twee knope weg.
Forensiese toetse het getoon dat die knoop en garing wat op die mat opgetel is,
dieselfde oorsprong as dié
op die appellant se hemp kan hê. Derdens
was daar getuienis dat 'n vingerafdruk van die appellant op die deurkosyn van
die
hoofslaapkamer se badkamer gevind is. Mev Van Vuuren, Voyiatzis se werknemer
vir wie die appellant sommige dae van die week gewerk
het, het wel getuig dat
die appellant slegs in die tuin
7
gewerk het en geen reg gehad het om in die huis in te gaan nie, maar dit
was nie duidelik waarop sy hierdie síelling gegrond
het nie. Haar
getuienis is na my mening onvoldoende om die redelike moontlikheid uit te skakel
dat die appellant in die loop van
sy werksaamhede wel in die huis gekom het.
Laastens, in hierdie verband, is die feit dat die appellant nie die dag na die
moorde
na sy werk teruggekeer het nie, onvoldoende om 'n nadelige afleiding teen
hom te regverdig.
Die appellant se bekentenis is na 'n binneverhoor
toegelaat en die Hof a quo sê in sy uitspraak hieromtrent dat selfs indien
die bewyslas om die toelaatbaarheid daarvan te bewys op die staat sou gerus het,
hy sou bevind het dat die staat hom van daardie
bewyslas gekwyt het. Die
appellant het by die binneverhoor aangevoer dat na sy arrestasie in die
vroeë oggendure van 17 Oktober
1992 en totdat hy later daardie dag die
bekentenis afgelê
8
het, hy deur die polisie aangerand, gedreig en voorgesê is wat hy
aan die landdros moet sê. Alles wat in die bekentenis
staan, is of aan hom
voorgesê deur die polisie of het die landdros self van die polisie gekry.
Die Hof a quo het die getuienis
wat die appellant by die binneverhoor
afgelê het, verwerp en daar is niks voor ons aangevoer wat inmenging met
hierdie bevinding
sou regverdig nie.
In die bekentenis vertel die
appellant in besonderhede hoe hy die moorde gepleeg het. Volledigheidshalwe noem
ek dat hy nie erken
dat hy vir Voyiatzis verkrag het nie, en hy is tereg op
hierdie aanklag (aanklag 4) onskuldig bevind. In die lig van sy bekentenis
dat
hy die moorde gepleeg het en die getuienis van mev Venter wat hom op die toneel
plaas, is hy tereg skuldig bevind en die appèl
teen die skuldigbevindings
kan nie slaag nie.
Dit laat die appèl teen die doodvonnis wat op elk van die twee
moordaanklagte opgelê is. Die appellant was 33 jaar oud
ten
9
tyde van die pleging van die misdade. Hy is die vader van twee
minderjarige kinders. Hy is ongeletterd en het swaar grootgeword as
een van elf
kinders. Die appellant het verskeie vorige veroordelings vir geweldsmisdade:
twee vir verkragting, een vir poging tot
verkragting en een vir roof. Hy is
klaarblyklik 'n geharde misdadiger en 'n gevaar vir die
samelewing.
Soos die Verhoorhof kan ek geen strafversagtende faktore
vind nie. Strafverswarende faktore is daar baie. Die appellant se optrede
was
voorbedag, berekend en koelbloedig. Die moorde is met die direkte opset om te
dood gepleeg, en was genadeloos en wreedaardig.
Verder is die moontlikheid van
rehabilitasie baie skraal. Onder al die omstandighede meen ek dat die
doodsvonnis die enigste gepaste
vonnis is op beide aanklagte van moord. Ek sou
gevolglik beide doodvonnisse bekragtig. 'n Beslissing word egter tans afgewag
van
die Konstitnsionele Hof oor die vraag of die
10
doodsvonnis teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika 200 van 1993, en dit is gevolglik wenslik datdie appèl
teen
die doodvonnisse uitgestel word totdat die Konstitusionele Hof 'n uitspraak oor
die geldigheid daarvan in gevalle soos hierdie
gegee het. 'n Bevel soortgelyk
aan dié in S v Makwanyane en 'n Ander 1994(2) SASV 158 is dus gepas. Die
volgende bevel word
uitgereik :
(a) Die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 en 2 word
afgewys.
(b) Die afhandeling van die appél teen die doodvonnisse op aanklagte
1 en 2 word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier
in oorleg met die
Hoofregter bepaal sal
word.
W, VIVIER AR,
E M GROSSKOPF AR) HARMS AR ) Stem saam.