S v Motha (644/93) [1994] ZASCA 170 (24 November 1994)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Procedural irregularity — Appellant convicted of attempted murder based on witness testimony — Witnesses’ statements to police significantly deviated from their trial testimonies — State's failure to disclose these statements to the defence — Irregularity deemed to have affected the fairness of the trial — Appeal upheld, conviction and sentence set aside. The appellant, Lazarus Motha, was convicted of attempted murder after a shooting incident involving rival taxi associations. Although the appellant was identified as the shooter by some witnesses, their trial testimonies contradicted their earlier police statements, which were not disclosed to the defence. The court found that this failure constituted a serious procedural irregularity that undermined the integrity of the trial.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 170
|

|

S v Motha (644/93) [1994] ZASCA 170 (24 November 1994)

Saak nr 644/93
/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LAZARUS MOTHA APPELLANT
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS
ARR.
VERHOOR: 14 NOVEMBER 1994.
GELEWER: 24 NOVEMBER 1994.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant het in die streekhof op Springs saam met twee
ander, na wie ek as beskuldigdes 1 en 3 sal verwys, tereggestaan op 'n
aanklag
van poging tot moord. Beskuldigdes 1 en 3 is onskuldig bevind maar die appellant
is skuldig bevind en tot vyf jaar gevangenisstraf
gevonnis. Sy appèl teen
sy skuldigbevinding en vonnis na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het misluk
maar hy is verlof
verleen om teen die skuldigbevinding na hierdie Hof te
appelleer.
Die aanklag spruit uit 'n voorval om ongeveer nege-uur die oggend van 17
Oktober 1991 by die Top Centre taxi-staanplek in Springs
toe die klaer met 'n
vuurwapen in die heup geskiet is gedurende 'n aanval deur lede van een van twee
strydende groepe, die Springs
Long Distance Taxi Association, op lede van die
ander groep, die Springs Taxi Association.
3
Die staatsaak teen die appellant was dat hy een van 'n groep van ongeveer ses
persone was wat die betrokke oggend in 'n kombi by die
toneel aangekom het. Die
appellant was met 'n vuurwapen gewapen en die ander met kieries en pangas. Toe
hulle uitklim, het die mense
weggehardloop. Die appellant het na die klaer
gevuur en hom van agter in die heup getref. Die aanvallers het daarna weer van
die
toneel in hulle kombi vertrek. Die klaer is agt dae in die hospitaal
aangehou en het blykbaar volkome van sy besering herstel.
Die klaer het nie
gesien wie hom geskiet het nie. Van die drie ooggetnies op wie die staat gesteun
het, het Harry Eliza Masinga slegs
gesien dat die appellant uit die kombi klim
met 'n vuurwapen in die hand. Hy het geskrik en weggehardloop en het skote
gehoor terwyl
hy weggehardloop het maar nie gesien wie geskiet het nie. Masakazi
Lucky Mkweni het getuig dat die
4
appellant en vier of vyf ander, waaronder beskuldigdes 1 en 3, die
taxi-bestuurders van die Springs Taxi Association nader. Beskuldigdes
1 en 3 was
gewapen met pangas en die appellant het 'n vuurwapen uitgehaal en een skoot
gevuur wat die klaer getref het. Hy het die
appellant die betrokke dag vir die
eerste keer in sy lewe gesien en het hom in die hof uitgeken as die persoon wat
die klaer geskiet
het. Timothy Maletswa se getuienis was dat die appellant met
vyf ander wat met kieries, ysters en pangas gewapen was, by die toneel
aangekom
het. Die appellant het 'n vuurwapen uitgehaal en een skoot gevuur. Hy het nie
gesien na wie die appellant geskiet het nie.
Die appellant het ontken dat hy iets met die aanval te doen gehad het. Hy het
getuig dat hy wel die betrokke oggend op die toneel
was en dat hy 'n skoot
gehoor het. Mense het weggehardloop en omdat hy nie geweet het wat aangaan nie,
het
5
hy in sy taxi geklim en weggery.
Die streeklanddros het die staatsgetuienis aanvaar en bevind dat die
appellant saam met die ander lede van sy groep, wat almal gewapen
was, by die
toneel aangekom het en dat die appellant die persoon is wat die klaer geskiet
het. Omdat dit onseker was of die ander
bewus was van die vuurwapen, het die hof
bevind dat dit nie bewys is dat beskuldigdes 1 en 3 'n gesamentlike oogmerk
gehad het om
die klaer te dood nie. Die Hof a quo het geen grond gevind om met
die verhoorhof se bevinding in te meng nie.
By die aanhoor van die appèl was daar 'n aansoek deur die appellant om
verdere getuienis by wyse van beëdigde verklarings
voor hierdie Hof te
plaas. Die staat het nie die aansoek opponeer nie en in die besondere
omstandighede van die saak is die aansoek
toegestaan. In 'n beëdigde
verklaring sê mnr Charles Coetzee, die appellant se regsverteenwoordiger
wat namens hom by
die verhoor
6
verskyn het, dat nadat die appél deur die Hof a quo afgewys is, hy van
die appellant verneem het dat die staatsgetuies by die
verhoor afgewyk het van
hul polisieverklarings. Hy het gevolglik afskrifte van die getuies Mkweni en
Maletswa se polisieverklarings
van die aanklaer verkry. Die verklarings is
behoorlik beëdig en die advokaat wat namens die staat voor ons verskyn het,
het
nie betwis dat beide korrek weergee wat die getuies aan die polisie
gesê het nie. Die appellant sê in 'n beëdigde
verklaring dat
Maletswa hom gedurende Oktober 1992, nadat sy appél deur die Hof a quo
afgewys is, meegedeel het dat die staatgetuienis
teen hom by die verhoor vals
was, en dat hy besluit het om hierdie feit te openbaar omdat die strydende
taxi-groepe kort vantevore
vrede gemaak het. Die appellant het daarna vir
Coetzee vertel wat gebeur het. Die advokaat namens die staat het nie die
feitebewerings
in Coetzee en die appellant se beëdigde verklarings betwis
nie.
7
In sy polisieverklaring gee Mkweni te kenne dat hy die persoon wat die klaer
geskiet het, gereeld by die betrokke taxi-staanplek gesien
het as een van die
Springs Long Distance Taxi Association se groep. Soos ek reeds gemeld het, het
Mkweni by die verhoor getuig dat
hy die persoon wat die klaer geskiet het en wat
hy in die hof as die appellant uitgeken het, daardie dag vir die eerste keer in
sy
lewe gesien het. Maletswa sê in sy polisieverklaring dat hy nie gesien
het wie geskiet het nie en inderdaad niemand in besit
van 'n vuurwapen gesien
het nie. Sy getuienis, daarteenoor, was dat hy gesien het dat die appellant 'n
vuurwapen uithaal en 'n skoot
vuur.
Dit is 'n erkende praktyksreël dat 'n aanklaer verplig is om wesenlike
afwykings tussen 'n getuie se polisieverklaring en sy
getuienis onder die hof se
aandag te bring en die verklaring vir kruisverhoor beskikbaar te stel. 'n
Versuim om hierdie plig na te
8
kom is 'n onreëlmatigheid in die verrigtinge. Sien S v
Masinda
en 'n Ander 1981(3) SA 1157(A) op 1162 F-G; S v Xaba
1983(3) SA
717 (A)op 728 H-729 A en S v Kamte and Others
1992(1) SASV 677 (A) op 680
g-j. In die huidige saak is dit
duidelik dat die getuienis van beide Mkweni
en Maletswa wesentlik
van hulle verklarings afwyk en dat die verklarings
gevolglik aan die
verdediging beskikbaar gestel moes gewees het. Die
afwykings
raak die kern van die staatsaak naamlik die geloofwaardigheid
en
betroubaarheid van die twee staatsgetuies se uitkenning van
die
appellant as die persoon wat die vuurwapen hanteer en die
klaer
geskiet het. Dat kruisverhoor oor die afwykings die getuies
se
geloofwaardigheid en betroubaarheid in die oë van die
verhoorhof
moontlik nadelig kon raak, is voor-die-hand-liggend. (cf S
v
Xaba, supra, op 729 G-H). Die aanklaer moes gevolglik beide
Mkweni en
Maletswa se verklarings aan die verdediging vir
9
kruisverhoor beskikbaar gestel het. Die advokaat namens die
staat het toegegee dat die afwykings in die getuienis van Mkweni en Maletswa
van
wesenlike aard was en dat daar geen besondere omstandighede was wat die versuim
om die verklarings aan die verdediging beskikbaar
te stel, regverdig nie. Sy het
ons verder meegedeel dat ook wat die getuie Masinga betref, daar wesenlike
afwykings tussen sy polisieverklaring
en sy getuienis in die streekhof bestaan
sodat die aanklaer ook sy polisieverklaring aan die verdediging beskikbaar moes
gestel het.
Daar is geen oorblywende getuienis wat die appellant identifiseer as die
persoon wat die klaer geskiet het nie. Dit volg dus dat die
onreëlmatigheid
in die verrigtinge wat al drie die ooggetuies raak, tot gevolg gehad het dat
geregtigheid nie geskied het nie,
en dat die skuldigbevinding nie kan bly staan
nie. Daar is nie tot die teendeel namens die staat betoog nie.
10
Gevolglik slaag die appèl en die skuldigbevinding en vonnis word ter
syde gestel.
W. VIVIER AR.
E M GROSSKOPF AR) HARMS AR ) Stem saam.