About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 168
|
|
S v Mafumo en 'n Ander (469/92, 468/92) [1994] ZASCA 168 (24 November 1994)
Saak nos
: 469/92 468/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
MOSHE JOHN MAFUMO
. Eerste Appellant
WALTER MOKOENA
Tweede Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: E M GROSSKOPF, EKSTEEN et
HARMS, ARR
Verhoor
: 2 November 1994
Gelewer
: 24 November 1994
UITSPRAAK EKSTEEN
, AR :
Die twee appellante is daaraan skuldig be-vind dat hulle op 29 Augustus 1989
vir Beshifulani Sam-uel Ngobeni ("die oorledene") vermoor
het. Hulle is albei
die doodvonnis opgelê. Hulle kom nou in hoër beroep teen beide
hierdie skuldigbevindinge en vonnisse.
Die oorledene was die indoena van die woongebied Ravalela - blykbaar 'n
gehuggie naby Giyani in Gazankulu. Die twee appellante het
sowat 45-50 kilometer
daarvandaan gewoon. Uit die getuienis van die oorledene se weduwee wil dit
voorkom dat daar onenigheid ontstaan
het tussen die oorledene en ene Jackson
Ndobela oor 'n bok van laasgenoemde, wat
.... /2
2
deur oorledene se seuns beseer sou gewees het. Alle pogings van
die oorledene om die geskil by te lê is deur Ndobela afgewys.
Gedurende
Augustus 1989, 'n paar dae voordat die oorledene vermoor is, het Ndobela die
twee appellante by die kraal van Phineas Moakamedi
ont-moet, en hulle oorgehaal
om die oorledene te vermoor teen betaling van R1000. In 'n sogenaamde
"bekentenis" deur die eerste appellant
beweer hy dat Ndobela die reëling
met die tweede appellant aangegaan het, en dat laasgenoemde hom oorgehaal het om
deel te neem
teen betaling van R500. Hoe dit ookal sy, blyk dit dat die twee
appellante op 29 Augustus die tog na Ravalela onderneem het met die
opset om die
oorledene om die lewe te bring. Hulle het hom glad nie geken nie,
...... /3
3
en hy ook nie vir hulle nie. Daar aangekom het hulle navraag
gedoen oor waar hulle hom kon kry, en uiteinde-lik, laat die middag,
kom hulle
by die oorledene se vrou uit waar sy naby 'n watergat by 'n tuintjie gesit het.
Haar twee jong seuns en haar dogtertjie
was ook by. Alhoewel hulle vreemdelinge
vir mekaar was het die twee appellante voorgegee dat hulle die vrou vantevore
ont-moet het.
Hulle het navraag gedoen na die oorledene op die voorwendsel dat
hulle 'n standplaas by Ravalela soek. Die oorledene was egter weg
na die
"legotla". Nadat die appellante 'n rukkie gewag het is hulle weer daar weg. Nie
ver daarvandaan nie het hulle die oorledene
teëgekom waar hy met sy fiets
op pad terug na sy vrou en kinders was by hul tuintjie. Die
....... /4
4
appellante het hom gevra waar hulle die indoena van Ravalela
kon kry, en, nadat hy vir hulle gesê het dat hý die indoena
was, is
hulle saam met hom terug na die tuintjie. Daar het die oorledene se vrou vir hom
kos voorgesit. Hy het die appellante genooi
om saam te eet maar hulle het die
aanbod van die hand gewys, want, sê die eerste appellant in sy bekentenis,
"I could not eat
because I knew we came to kill him".
Terwyl die oorledene geëet het, het die appellante die onderwerp van 'n
standplaas geopper. Die eerste appellant het te kenne
gegee dat hy 'n standplaas
vir sy ouma soek. Die oorledene was on-geneë om die versoek toe te staan
omdat hy hulle nie geken
het nie, en hy het hulle bewysboeke gevra.
...../5
5
Hulle kon dit nie toon nie, en het op hulle beurt vir die oorledene gevra om
aan hulle 'n briefie te gee sodat hulle die eerste appellant
se ouma tevrede kon
stel dat hulle wel by hom was. Die eerste appellant het hierop 'n stukkie papier
aan die oorledene gegee en die
oor-ledene het iets daarop geskryf. Die twee
appellante stap toe weg.
Die oorledene en sy gesin het ook aan-staltes gemaak om huiswaarts te keer.
Die oorledene het met sy fiets weggery terwyl sy vrou
en kinders met hul
donkiekarretjie langs 'n ander pad gegaan het. Die twee paaie het vorentoe weer
bymekaar gekom. Toe sy met die
donkiekarretjie naby die aansluiting van die
paaie gekom het, het die vrou die oorledene
.... /6
6
en die twee appellante daar gekry. Die appellante
het
na 'n merk in die sand gewys en gesê dat dit na 'n slang se spoor lyk.
Die oorledene het blykbaar belang gestel en het sy fiets
teen 'n boom staan
gemaak. Agter op die fiets was 'n tamatiekissie waarin daar 'n byl, 'n flits en
sekere dokumente was.
Oorledene se vrou het nie in die slang-spoor belang gestel nie en aangery in
haar karretjie. Na sy 'n entjie gery het, het sy 'n slag
gehoor, en haar man wat
geskree het dat die skelms besig was om hom dood te maak. In vrees het sy nie
omgekyk nie maar aangery totdat
sy by ene Jackson Matebula gekom het. Sy het aan
hom gemeld wat gebeur het, en hy en een van haar seuns is terug om te sien wat
van
die oorledene
...... /7
7
geword het. Hulle het die oorledene op die grond ge-kry waar hy met ernstige
kopwonde in 'n plas bloed ge-lê het. Net toe hulle
by hom kom, het hy
gesterf. Die oorledene is klaarblyklik met sy eie byl doodgekap. Die byl was nie
meer op sy fiets nie, en die
getuie-nis het getoon dat die tweede appellant
later die byl aan ene Hilda Malatjie gegee het met die versoek dat sy dit vir
hom
moes hou. Hilda het getuig dat sy albei beskuldigdes geken het en dat hulle
altyd saam was. Selfs toe die tweede appellant die byl
aan haar gegee het, het
die eerste appellant daar naby in die pad gewag. Na sy arrestasie het die tweede
appellant saam met die polisie
gegaan en die byl gaan haal.
.... / 8
8
Die eerste appellant het, na afsluiting van die Staat se saak,
sy saak gesluit sonder om enige getuienis af te lê.
Die tweede
appellant het getuig en 'n alibi opgewerp. Sy getuienis was klaarblyklik
ongeloof-waardig en leuenagtig en is as sulks
deur die verhoor-hof verwerp. Dit
is ook nie voor ons betoog dat hier-die bevinding van die hof a
quo
aangeveg kan word nie.
Namens die eerste appellant is betoog dat sy bewering in sy sogenaamde
bekentenis as sou hy deur die tweede appellant gedwing gewees
het om aan die
misdaad deel te neem, en dat dit slegs die tweede appellant was wat die
oorledene doodgekap het, nie verwerp moes
gewees het nie, en in
......./9
9
in sy guns aanvaar moet word. Hierdie verklaring
van hom - of dit as 'n bekentenis of as 'n blote erkenning deur hom gesien moet
word
- is nie onder eed gemaak nie. Omdat die eerste appellant nie by sy verhoor
getuig het nie, kon sy beweringe ook nie deur kruisverhoor
ge-toets word nie.
Dit ding uiteraard in 'n groot mate af van die gewig wat aan die beweringe in sy
guns geheg moet word. Hulle kan
egter nogtans in oorweging ge-neem word, en
beoordeel word in die lig van al die ge-tuienis in die saak (
S v Yelani
1989 (2) SA 43
(A) op 49 H - 50 D). In die onderhawige geval word die eerste
appellant se relaas van die gebeure in ver-skeie opsigte deur die aanvaarde
getuienis van die weduwee weerspreek. Die kern van sy verweer, nl dat
...... / 10
10
hy deur tweede appellant gedwing was om aan die moord mee te doen, word ook
op die waarskynlikhede van die aanvaarde getuienis weerlê.
So,
byvoorbeeld, getuig die weduwee dat hy die segsman was by hulle eerste
ontmoeting, en dat hy die een was wat met die oorledene
onderhandel het, en vir
hom die papiertjie gegee het om op te skryf. Dit strook geensins met die ge-drag
van een wat onder dwang
handel nie.
Die enigste faset van die verklaring wat mnr
Venter
in sy betoog
namens die eerste appel-lant opgehaal het as sou dit pertinent op dwang dui, is
sy bewering dat hy begin skree het toe
hy sien hoedat die tweede appellant die
oorledene met die byl kap. Die weduwee sê egter dat dit haar man was
wat
....... / 11
11
uitgeroep het dat die skelms besig was om hom dood te
maak.
Mnr
Venter
se betoog dat sy haar kon misgis het kan nie opgaan nie. Daar
is geen rede om te dink dat sy nie haar eie man se stem sou herken
nie, en die
woorde wat geuiter is kon slegs van die oorledene ge-kom het.
Mnr
Venter
het toegegee dat indien eerste appellant nie gedwing was om
aan die misdaad deel te neem nie, dit aanvaar moet word dat daar 'n
gemeenskap-like
opset tussen die appellante bestaan het om die oor-ledene om die
lewe te bring. Hy het egter aangevoer dat die verhoorhof gedwaal
het deur te
bevind dat die eerste appellant die oorledene vasgehou het terwyl die tweede
appellant hom met die byl gekap het. In
..... / 12
12
die lig van die toegewing dat die appellante met 'n gemeenskaplike opset
opgetree het, vind ek dit onnodig om, by die oorweging van
die
skuldigbevindinge, hier-op in te gaan.
Die skuld van albei appellante is voldoende uitgemaak op al die getuienis, en
daar bestaan dus geen geldige rede om van die verhoorhof
se bevinding in hierdie
verband te verskil nie.
Wat vonnis betref is daar namens albei appellante betoog dat die doodvonnis
nie die enigste gepaste vonnis is nie. Die verhoorregter
is in hierdie opsig
hoofsaaklik beïnvloed deur die bevinding van die hof dat die appellante
gehuur was om die oor-ledene dood
te maak. Mnr
Blignaut
, wat namens
die
...... / 13
13
tweede appellant opgetree het, het betoog dat díe
enig-
ste getuienis dat hulle gehuur sou gewees het, die bekentenis van die
eerste appellant was, en dat dit dus nie teen die tweede appellant
in aanmerking
geneem kon word nie. Die eerste appellant het egter na skuldig-bevinding ter
versagting van vonnis getuig en die in-houd
van sy verklaring onder eed
bevestig. Hieroor is hy nie deur die tweede appellant onder kruisver-hoor geneem
nie. Die tweede appellant
het nie ter versagting van vonnis getuig nie. Die
verhoorhof was dus, na my mening, geregtig om op die eerste appellant se
getuienis,
en vir doeleindes van vonnis, te bevind dat die appellante deur
Ndobela gehuur was om die 45-50 kilometer na Ravalela te reis met
die opset
om
....../ 14
14
die oorledene dood te maak. Dit is ook gemene saak dat hulle
die oorledene glad nie geken het nie en geen grief teen hom gehad het
nie.
Ndobela se grief teen die oorledene was van 'n persoonlike aard wat die
appel-lante geensins geraak het nie. Hulle het hom dus
slegs vir geldelike gewin
gaan doodmaak. Dat sulke kontrak-moorde 'n verfoeilike vergryp is wat die
mensdom met af-gryse vervul en
'n dodelike gevaar vir die gemeenskap inhou, is
reeds meermale deur hierdie hof bevind (cf
S v Mlumbi en 'n Ander
1991
(1) SASV 235 (A) op 251 g-i;
S v Dlomo and Others
1991 (2) SASV 473 (A)
op 477 i-j;
S v Mabaso and Others
1992 (1) SASV 690 (A) op 694 a-C; en
S v Zondi
1992 (2) SASV 706 (A) op 709 i-j). In al hierdie sake is die
doodvonnis wat weens kontrakmoorde
....... / 15
15
opgelê is bekragtig. Die hof het in
Dlomo
se saak (
supra
)
die moontlikheid van uitsonderlike omstandighede by sulke moorde waar die
doodvonnis nie as die enigste gepaste vonnis gesien kon
word nie, in die
vooruitsig gestel. Sulke uitsonderlike omstandighede is gevind teenwoordig te
gewees het in
S v Ntshangase
1992 (2) SASV 141 (A). In die onderhawige
geval, egter, kan geen sodanige omstandigheid aangemerk word nie. Al-bei
appellante is
volwassenes - die eerste appellant synde 25 jaar oud en die tweede
appellant 43 jaar. Hulle het geen verbintenis met die oorledene
gehad nie, en
hom trouens nie eers geken nie. Sy moord was voor-af beplan en uitgevoer slegs
om 'n persoonlike wrok van Ndobela teen
die oorledene te bevredig, en vir
geen
....../ 16
16
ander rede nie. Daar is dus niks in dié verband wat ter versagting van
die weersinwekkendheid van die ap-pellante se misdaad
aangevoer kan word
nie.
Die enigste werklike versagtende faktor wat in die weegskaal geplaas kan
word is dat albei appellante eerste oortreders is en derhalwe
die po-tensiaal
tot hervorming en rehabilitasie het. Dit kan egter geensins opweeg teen die
verswarende fak-tore wat ek reeds genoem
het nie. Ek is derhalwe van mening dat
die doodvonnis die enigste gepaste vonnis in al die omstandighede is, om as
afskrikking vir
ander te dien en om die gevestigde hoekstene van die same-lewing
te beskerm.
Vir die redes uiteengesit in
S v Makwanyane
......./ 17
17
en 'n Ander
1994 (2) SASV 158 (A) op 162 c-e is ek nie geneë om
sondermeer die appèl af te handel voordat die Konstitusionele Hof
uitsluitsel oor die geldigheid van die doodvonnis in gevalle soos hierdie gegee
het nie. Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
(a)
Die appèlle van
beide beskuldigdes teen hul skuldigbevindinge word afgewys;
en
(b)
die afhandeling van hulle
appèlle teen die doodvonnisse hulle opgelê word uit-gestel tot 'n
datum wat deur die griffier
in oorleg met die Hoofregter bepaal sal
word.
J P G EKSTEEN, AR
E M GROSSKOPF, AR )
stem saam
HARMS, AR )