About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 166
|
|
S v Mosioeu en 'n Ander (702/93) [1994] ZASCA 166 (22 November 1994)
702/93
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELIG
)
In die saak tussen:
PIET MOSIOEU
EERSTE APPELLANT
ISAAC SHAI
TWEEDE
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: JOUBERT, SMALBERGER et
KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM
: 8 NOVEMBER 1994
LEWERINGSDATUM
: 22 NOVEMBER 1994
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR/
....
2
KUMLEBEN AR
:
Drie beskuldigdes (die eerste appellant,
beskuldigde nr 2 en tweede appellant) het voor Kotze R in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale
Afdeling tereggestaan op drie aanklagtes: (1) Moord (2) Poging tot
moord en (3) Roof met verswarende omstandighede soos omskryf in
artikel 1 van
die Strafproseswet 51 van 1977. Hulle is op klagtes (1) en (3) skuldig bevind
soos aangekla en in die geval van (2)
aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Op die moordaanklag is beide appellante ter dood veroordeel. Hulle
appèl
is tot hierdie skuldigbevinding en vonnis beperk.
Die onbetwiste feite wat tot hierdie aanklag aanleiding gegee het, is in
die uitspraak volledig soos volg opgesom:
"1. Die oorledene en sy vrou het op die plaas Rosedale geboer en op die
oggend van 3 Desember 1992 het mej. Naude, hulle buurvrou
wat daarheen ontbied
is, gevind dat die oorledene die vorige nag vermoor is en dat mev. Du Randt
geskok en op so
3
'n wyse aangerand was dat sy byna onherkenbaar was. Nie lank daama nie en
wel op 11 Junie 1993 het mev. Du Randt wat deurentyd as
gevolg van die
aanrandings op haar liggaamlik en geestelik agteruitgegaan het, dan ook gesterf.
Oorledene het in sy slaapkamer langs
'n bed omring deur bloed gelê soos
uitgebeeld word deur foto's Bewysstukke Cl en C2. Hierdie bed het normaalweg 'n
deken soortgelyk
aan die deken voor die Hof, Bewysstuk 6, op gehad. Dit alles
soos vertel deur die voormelde mej. Naude.
2. Die
oorledene wat 67 jaar oud en 1,7 meter lank en skraal
gebou was, het verskeie beserings en tekens van aanranding gehad. Dit is in
hierdie saak doenlik om dit soos volg uiteen te
sit:
(a)
Op
sy regterslaap aan die kant daarvan en soos geteken op Aanhangsel A tot
Bewysstuk E, synde die lykskouingsverslag, het hy 'n laserasie
vertoon
wat 'n
6 sentimeterlange ingedrewe skedelfraktuur daaronder gehad het. Hierdie fraktuur
het 'n breinbloeding veroorsaak en sou in
elk geval op sy eie die dood, wat
binne 24 uur sou ingetree het, veroorsaak het. sou daar nie hoogs
gespesialiseerde mediese hulp
en apparaat onmiddellik beskikbaar gewees het
nie.
(b)
Op die voorkop
bokant die linkerwenkbrou het 'n 2 sentimeterlange laserasie gelê wat 1
sentimeter breed
4
was.
(c) Dwars in die middel van die voorkop was daar 'n 3 sentimeterlange
laserasie. Alles wat ook op Aanhangsel A tot Bewysstuk E aangedui
word.
(d) Al drie die voormelde beserings moes deur 'n harde dun voorwerp soos
byvoorbeeld die kort 40 sentimeter lange spykerklou of te
wel "crow bar" wat as
Bewysstuk 10 ingehandig is, veroorsaak gewees het en dií word ook in die
harde wreedheid daarvan deur
foto Cl en C2 ten toon gestel.
(e) Die oorledene se neus was in die geheel daarvan na regs verplaas gewees
soos terloops ook op foto Cl en C2 gesien kan word. Dit
dui op sodanige
stompgeweld deur byvoorbeeld 'n vuis of skop dat self die neusbene gebreek
was.
(f)
Oor die kopvel
was daar verdere veelvuldige dun hale gewees wat vermoedelik deur 'n dun
voorwerp soos 'n lat veroorsaak gewees
het.
(g)
Dwarsdeur die
liggaam en van agter na voor was daar 'n skietwond gewees. Dit was 'n
haelgeweerskoot wat op kort afstand afgevuur was.
Die ingangswond was agter
bokant die linkerboud gewees en die
uitgangswond
5
wat ook op foto Cl en 2 dwarsdeur die slaapbroek gesien kan word, was voor
bokant die linkerlies geleë gewees. Hierdie skoot
het die dunderm, die
dikderm en die buikspiere verwoes en die oorledene sou daama slegs 'n paar
treë en in elk geval minder
as 20 meter kon beweeg het. Dit alles soos
getuig deur dr. G Van der Merwe, die distriksgeneesheer van
Odendaalsrus.
3. Mev. Du Randt wat 65 jaar oud was, was na die nag se gebeure geskok en
vol pyn gewees. Oor die linkerkant van haar skedel was daar
twee laserasies van
5 sentimeter elk, wat geheg moes word, gewees. Die regterkant van haar gesig was
dik en blou gewees terwyl sy
ook kneusings op die voorkop, skedel en regterbors
opgedoen het. Sy moes minstens ses houe met stompgeweld toegedien gewees het en
haar arms moes vasgegryp gewees het. Die posisie van sommige van hierdie
beserings is aangeteken op Bewysstuk F se agterkant en kan
gesien word op foto
C10, Cll en C12. In ag genome haar ouderdom het sy 'n emstige aanranding
ondergaan en dit alles soos getuig deur
die voormelde dr. Van der
Merwe.
4. Die oorledene se plaas is 8 kilometer vanaf
Odendaalsrusdorp en 1,2 kilometer van 'n mynkampong, wat ongeveer 3 000 mense
huisves,
geleë. Afgesien van hulle telefoon het hulle radiokontak deur
middel van 'n tweerigtingradio wat in hulle slaapkamer gestaan
het met hulle
bure gehad. Na die voorval is gevind dat hierdie verbindings met die
buitewêreld afgesny
6
en buite werking gestel was. In die portaal van
hulle huis soos aangeteken op die sketsplan, Bewysstuk C13 en verduidelik in die
sleutel,
Bewysstuk C14, het daar drie kluise bevattende gewere gestaan. Die
volgende dag is daar gesien dat drie gewere van die oorledene
te wete 'n 12 boor
haelgeweer, 'n .22 geweer en 'n windbuks gesteel was. In dieselfde oop kluis
waaruit die voormelde vuurwapens
vermis was, het daar nog 'n .303 geweer en
verskeie stelle patrone en koeëls agtergelaat gebly. Die oorledene het
normaalweg
'n Casio manshorlosie gedra en dit is soortgelyk aan Bewysstuk 4 wat
voor die Hof geplaas is en later weer oor gepraat sal word.
Mev Du Randt was die
eienares van 'n goue Seiko dameshorlosie wat soortgelyk is aan Bewysstuk 5 wat
voor die Hof geplaas is en ook
weer hierna vermeld sal word. Verder het die
oorledene 'n manspak langbroek soortgelyk aan die broek Bewysstuk 7 voor die Hof
en
'n manspak wat soortgelyk is aan die pak Bewysstuk 8 voor die Hof gehad. In
die huis self was daar na die voorval, afgesien van ander
onderbaadjies, twee
manspakonderbaadjies te wete Bewysstukke 12 en 13 agtergelaat gewees. Behalwe
vir die slaapkamer en die portaal,
was die gehele res van die huis soos
aangeteken op Bewysstuk C13 en so ook die drank in die huis ongeskonde gelaat
gewees. Dit is
ook iets wat later weer gemeld sal word. Die volgende dag was
daar buite die huis 'n vreemde tuisgemaakte swaard wat uitgebeeld word
op die
foto's Bewysstukke C4 en C5 en wat ingehandig is as Bewysstuk 9 en 'n vreemde
spykerklou wat die advokate 'n "tommy bar" of
7
'n "crow bar" genoem het, gevind gewees. Dit alles soos vertel deur die
oorledene se seum, mnr. J C Du Randt.
5. Die volgende dag het dit verder geblyk dat daar 'n pantoffel (van
oorledene) op die grasperk skuins voor die huis gelê het
en dat daar 8
treë verder en nader aan die huis 'n reuse bloedkol sowel as 'n stel
valstande van die oorledene gelê het.
Die plekke waar dit gevind was, word
aangegee as punte F, D en E op die sketsplan, Bewysstuk C13, en word uitgebeeld
deur fotos C9,
C7, C8 en C6. Langs die huis by punt B en foto C3 het daar 'n
(vreemde) skoen gelê. Sy maat het heelwat verder by punt G en
foto C9
gelê. Hieroor sal daar weer gepraat word. Aan die ander kant van die huis
en in 'n land het daar 'n flitslig, Bewysstuk
11, wat waarskynlik oorledene s'n
was, gevind gewees. Dit alles soos getuig deur adjudant-offisier F
Rossouw."
Mnr Marais, namens die
appellante, het toegegee dat hierdie omvattende
opsomming van die tersaaklike feite akkuraat is.
Elkeen van die appellante het voor 'n landdros 'n
bekentenis
afgelê. Na 'n tussenverhoor oor die toelaatbaarheid van die
bekentenisse,
het die hof hulle toegelaat. Voor ons is die korrektheid van
hierdie
8
beslissing aanvaar. Die inhoud van die bekentenisse, tesame met sekere
ander feite, het die betrokkenheid van die appellante by hierdie
voorval volkome
bewys. Na sluiting van die Staatsaak het die appellante toe hulle getuienis
afgelê het, beweer dat wat in die
bekentenisse staan aan hulle
voorgesê is: by noodwendige implikasie dat hulle glad nie aan die aanval
en misdrywe deelgeneem
het nie. Die hof a
quo
het hulle om grondige redes
as ongeloofwaardig bestempel.
In die uitspraak op die meriete word die graad van opset (dolus) ten
opsigte van die moordaanklag nie uitdruklik bepaal nie. In die
vonnisuitspraak
egter het Kotze R hom hieroor soos volg uitgelaat:
"Dit moet toegegee word dat hierdie Hof in hierdie saak nie met sekerheid
kan bevind wie wat teenoor die oorledene gedoen het nie,
maar wat seker is, is
dat daar ten minste viersoortige geweldsaandoenings teen hom gerig was en dat hy
meer as een dodelike wond
toegedien was.... Verder is dit so dat hierdie Hof
reeds beslis het dat daar by u elkeen, wat die gevaarlike wapens van
9
die swaard en die spykerklou met voorafbeplanning saamgeneem het,
dolus directus
teenwoordig was. Dit wel op gesag van wat die
Appèlhof gesê het in die saak van
May en andere v S
nommer
594/92 waarna reeds in die uitspraak op meriete verwys is. Selfs al sou hierdie
Hof met hierdie bevinding van die aanwesigheid
van
dolus directus
fouteer, dan is ons, wat hierdie aangeleentheid spesifiek bespreek het, steeds
van mening dat die oormag van die aanvallers en die
geweld so groot en die onmag
van die oorledene so uitgesproke was, dat hierdie dan so 'n geval van
dolus
eventualis
is, dat die uiterste straf nie net vanwee hierdie faktor vermy
kan word nie."
Die feite reeds genoem regverdig sekere afleidings wat vir
die
doeleindes van hierdie appèl ter sake is: Dat die drie
aanvallers
saamgesweer het om die oorledene te beroof, in alle
waarskynlikheid
wetende dat hy 'n tingerige en bejaarde persoon is:
Dat indien hy
weerstand sou bied, hulle hom sonder moeite of wapens
sou kon
oormeester. Dat hulle nietemin hulself met die ysterklou en
swaard
bewapen het. (Eersgenoemde, alhoewel 'n implement kan ook as 'n
dodelike
wapen gebruik word.) Dat, inagnemende die terminale aard en omvang
van
10
die skietwond, die aanranding en toediening van al die beserings, of
die
meeste van hulle, die skietwond moes voorafgegaan het. En dat
die
appellante, vanaf die aanvanklike aanranding totdat hulle die plaas met
die
buit verlaat het, deurgaans aan die misdrywe deelgeneem of hulle
daarmee
vereenselwig het.
Mnr Marais het beoog dat die verhoorhof fouteer het deur
te
bevind dat die geweerskoot doelbewus afgevuur is. Hy het aangevoer
dat
dit redelik moontlik per ongeluk kon geskied het. Getuienis dat
die
oorledene per ongeluk geskiet is, kom alleenlik in die bekentenisse van
die
twee appellante voor. Die bekentenis van die tweede appellant lui
soos
volg:
"Dit was in Desember verlede jaar, maar ek kan nie die datum onthou nie.
Toe het ons na 'n ander plaas toe gegaan. Toe ons daar aangekom
het, het ons
gesit totdat dit laat in die nag was en dit was naby die huis. Toe het ek en die
man by wie ek gebly het weggegaan want
die derde man het gesê ons moet na
die honde toe
11
gaan sodat die honde vir ons kan blaf. Dit was so
gewees, die honde het ons geblaf. Hierdie ander man het 'n entjie van ons
gestaan
vanwaar hy vir ons nog kon sien. Die honde het ons geblaf totdat die
blanke man uitgekom het. Hy het 'n flits en 'n vuurwapen by
hom gehad toe hy
uitgekom het. Toe het hy daar waar die honde geblaf het gekom want hy kon sien
daar was mense daar. Maar voordat
hy tot by ons aangekom het en voordat hy ons
goed gesien het, want ons het onsself daar by die blomme versteek, het die ander
man
hom gegryp. Toe hy hom gegryp het ons daar aangekom. Ons het sy vuurwapen
afgeneem. Toe moes ons ook in die huis gaan want die blanke
vrou was ook
teenwoordig, om haar te gaan vashou, maar hulle het gesê ek moet gaan en
hulle het my toe 'n vuurwapen gegee.
Toe het ek gegaan na die huis toe en toe ek
moes ingaan het ek gevind dat daardie blanke vrou buitekent staan en vir ons
gekyk het.
Toe moes ek teruggaan om aan hulle te gaan rapporteer dat daardie
persoon buitekant staan. Toe het hulle die blanke man saam met
hulle geneem maar
hulle het hom voor ons laat stap sodat as die blanke vrou daaraan kan dink om te
skiet laat sy bang kon wees om
miskien vir hom te skiet. Maar toe was die blanke
man parmantig gewees om na die huis toe te stap en toe het ek hom ook met sy eie
vuurwapen van agter gedruk teen hom sodat hy kon stap. Maar dit het voorgekom
dat hy reeds sy vuurwapen oorgehaal het en terwyl ek
hom so daaraan getik-tik
het sodat hy kan loop het 'n skoot afgegaan en hy was derhalwe geskiet.
Nadat ons geskiet het, het ons weggehardloop want ons was nie bewus dat
dit ek is wat geskiet het, ons het gedink dat dit die blanke
12
vrou is wat geskiet het. Toe ons weggehardloop het, het ons mekaar uit
die oog verloor maar gelukkig was ek saam met die man by wie
ek gebly het. Die
ander een het sy rigting geneem.
Toe het twee van ons vir 'n rukkie daar gaan sit. Toe het ons daaraan
gedink om terug na die huis te gaan. Ons het toe gegaan en toe
ons daar kom het
ons gevind dat die blanke man en vrou buitekant staan en met mekaar praat. Ons
het hulle in die huis laat gaan en
ons het saam met hulle ingegaan.
Toe ons in die huis ingekom het, het ons drie kluise gekry en die een in
die middel het oopgestaan want dit is met daardie een wat
die blanke mau die
vuurwapen uitgehaal het. Toe het ons vir hulle gesê hulle moet die twee
wat nie oopgemaak was nie, oopmaak.
Toe het die blanke vrou verduidelik dat hulle aan haar seun behoort en dat
hy nie die sleutels daarvan agterlaat nie en dat hy daarmee
loop.
Toe het ons nie planne gehad om hulle oop te maak nie. Toe kon ons nie die
gelde kry nie en ons het klere gevat, naamlik 4 (vier)
pakke klere, dis
twee-stuk pakke.
Ons het ook 3 groot vuurwapens geneem, dit is haelgewere. Toe het ons
uitgegaan en geloop."
Die gedeelte van die eerste
appellant se bekentenis wat gaan oor die
13
haelgeweerskoot lees soos volg:
"Sekonyela en blanke man stoei daar op die grond. Ek help Sekonyela om
blanke ouman te baklei. Toe Isak daar kom, het hy vuurwapen
en die flitslig van
die grond opgetel. Ons gryp die ouman vas aan beide arms. Isak hardloop na die
huis, hy het die vuurwapen by
hom. Toe Isak die deur nader sien hy iemand in
deur staan met lang pajamas. Toe hy by ons aankom was ons besig om te sukkel om
die
ouman na die huis te bring. Isak beweeg agter ons om ons hou hom so vas. Toe
het hy vuurwapen agter teen sy rug gedruk en hom gestoot,
hy het vuurwapen nog
in sy hande gehou. Toe hy dit sou teen hom druk, het dit afgegaan. Ons los die
ouman, ons hardloop agterom die
stoor."
Hul getuienis
onder eed, soos reeds genoem, maak geen melding van 'n
ongelukskoot, of van hierdie verduideliking daarvoor nie. Tweede
appellant
se beskrywing van die beweerde ongeluk in sy bekentenis is geheel en
al
ongeloofwaardig. Nadat hy erg aangerand is, en 'n breinbesering
opgedoen
het, is dit bra ondenkbaar dat die oorledene parmantig sou optree of dat
dit
nodig sou wees om 'n erg gewonde ou man te "tik-tik" om te sorg dat
hy
na die huis stap. Na sy beskrywing van hoe, volgens hom, die
oorledene
14
geskiet is, sê hy in sy bekentenis: "ons [het] weggehardloop want
ons was nie bewus dat dit ek is wat geskiet het, ons het gedink
dat dit die
blanke vrou is wat geskiet het." Hierdie belaglike stelling behoef skaars enige
kommentaar: dit dien as verdere bewys
dat sy verduideliking van die skoot 'n
versinsel is. Die distriksgeneesheer, wat die geregtelike nadoodse-ondersoek
behartig het,
sê dat hy 'n brandmerk en kneusings rondom die ingangswond
van die skoot in die linker lobale gebied opgemerk het. Dit dui
aan, aldus die
geneesheer, dat die punt van die loop nie verder nie as een meter van die
oorledene moes gewees het toe hy geskiet
is. Hy sê ook dat dit op daardie
tydstip nie teenaan die lyf van die oorledene kon gewees het nie. Hierdie
getuienis, wat nie
onder kruisondervraging betwis is nie, weerspreek dus die
bewering in die bekentenis dat kontak met die oorledene se liggaam die
skoot
veroorsaak het. 'n Verdere onwaarskynlikheid is dat enige matige kontak
("tik-tik") met die sagte weefsel van die oorledene
se
15
boud so 'n gevolg sou gehad het. Die
tweede appellant
se
verklaring dat die oorledene onopsetlik geskiet is, moet dus verwerp word.
Desgelyks is dié verduideliking in die eerste
appellant se bekentenis ook
onaanvaarbaar. Die slotsom is dus dat die tweede appellant die oorledene
opsetlik doodgeskiet het en
dat hy tereg aan moord skuldig bevind is. Vir
sodanige skuldigbevinding in die geval van die eerste appellant, moet op die
leerstuk
van gemeenskaplike oogmerk gesteun word. In dié verband aanvaar
ek ten gunste van die eerste appellant dat hulle nie vooraf
besluit het om as
deel van die rooftog die oorledene íe vermoor nie, hoewel dit waarskynlik
die geval was. Die vereistes vir
die toepassing van hierdie leerstuk in
omstandighede soortgelyk aan die onderhawige word soos volg in
S v Mgedezi
and Others
1989(1) SA 687 (A) 7051 - 706C genoem:
"In the absence of proof of a prior agreement, accused No 6, who was not
shown to have contributed causally to the killing or
16
wounding of the occupants of room 12, can be held liable for those
events, on the basis of the decision in
S v Safatsa and Others
1988 (1)
SA 868
(A), only if certain prerequisites are satisfied. In the first place, he
must have been present at the scene where the violence was
being committed.
Secondly, he must have been aware of the assault .... Thirdly, he must have
intended to make common cause with those
who were actually perpetrating the
assault. Fourthly, he must have manifested his sharing of a common purpose with
the perpetrators
of the assault by himself performing some act of association
with the conduct of the others. Fifthly, he must have had the requisite
mens
rea
; so, in respect of the killing of the deceased, he must have intended
them to be killed, or he must have foreseen the possibility
of their being
killed and performed his own act of association with recklessness as to whether
or not death was to ensue. (As to
the first four requirements, see Whiting
1986
SALJ 38
at 39.) In order to secure a conviction against accused No 6, in respect
of the counts on which he was charged, the State had to
prove all of these
prerequisites beyond reasonable doubt. It failed so to prove a single one of
them."
In teenstelling met die gevolgtrekking in daardie beslissing, moes
mnr
Marais, in die veronderstelling dat al twee dodelike beserings
opsetlik
toegedien is, toegee dat in die onderhawige geval daar wel
aan hierdie
vereistes voldoen is. Altwee van die appellante is
bygevolg tereg aan
17
moord op die oorledene skuldig bevind.
Die graad van opset waarmee die moord gepleeg is, is 'n oorweging by
bepaling van vonnis. Tweede appellant het vanselfsprekend met
direkte opset
(dolus directus
) opgetree. Wat die eerste appellant betref, is dit
onnodig om te bepaal of hy ook dié opset gehad het. Selfs al word in sy
guns aanvaar dat hy nie die dood van die oorledene as sy direkte oogmerk gehad
het nie, was so 'n gevolg weens die feite van hierdie
geval so waarskynlik dat
sy graad van opset nie noemenswaardig minder as die van die dader bereken kan
word nie. ïn sekere omstandighede
is die afwesigheid van
dolus
directus
nie 'n oorweging wat die ems van die misdaad so 'n mate versag dat
die doodvonnis nie behoort opgelê te word nie. (Verg
S v Khiba
1993(2) SACR 1(A)4 d - h.)
Ek is tevrede dat die ooglopende verswarende omstandighede, wat in die
deurtastende uitsprake aangaande die meriete en oor vonnis
18
genoem word, in die afwesigheid van enige wesenlike versagtende
omstandighede, die doodstraf regverdig as die enigste gepaste een.
Maar, soos
die beslissing van hierdie hof in
S v Makwanyane en 'n Ander
1994(3) SA
868 (A) 873 D - E daarop wys, moet verdere oorweging van die appèlle teen
die vonnisse, om die redes in daardie
beslissing genoem, uitgestel word totdat
die Konstitusionele Hof 'n uitspraak oor die geldigheid van die doodvonnis in
gevalle soos
hierdie gegee het. Die volgende bevel word dus uitgereik:
1.
Albei appellante
se appèlle teen hulle skuldigbevindings aan moord word
afgewys.
2.
Die afhandeling
van die appèlle teen die doodvonnisse
word
19
uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die Hoofregter
bepaal sal word.
ME KUMLEBEN
APPèLREGTER
JOUBERT AR
- Stem saam SMALBERGER AR