About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 144
|
|
Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk. (28/93) [1994] ZASCA 144; [1995] 1 All SA 517 (A) (30 September 1994)
Saaknommer 28/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In diE saak tussen:
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE AppelLant
en
ABSA BANK BEPERK Respondent
Coram:
BOTHA, E M GROSSKOPF, NESTADT, VAN DEN
HEEVER, ARR et NICHOLAS Wn AR
Verhoordatum:
1 September 1994
Leweringsdatum:
30 September 1994
U I T S P R A A K
BOTHA AR
:-
2 Hierdie appèl het betrekking op 'n addisionele belastingaanslag wat
die
appellant ("die Kommissaris") op 1 Desember 1986 teen
Volkskas Bank Beperk
("Volkskas") uitgereik het vir die jaar van aanslag wat
geëindig het op 31
Maart 1978. Volkskas het teen dié aanslag beswaar aangeteken en, nadat
die
Kommissaris die beswaar van die hand gewys het, geappelleer na die
Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof. Daardie hof het op 3 Augustus
1989 die appèl gehandhaaf. Teen dié bevel het die Kommissaris,
met die verlof
van die voorsittende regter (HARMS R), na hierdie hof in hoër beroep
gekom.
Met die aanvang van die verhoor van die appèl in hierdie hof is daar
namens
Absa Bank Beperk ("Absa") aansoek gedoen om 'n bevel dat Volkskas as die
respondent in die appèl vervang word deur Absa. Die aansoek is
genoodsaak,
soos blyk uit Absa se versoekskrif. deur die feit dat Volkskas op 30
September
1991 ingevolge die bepalings van artikel 54 van Wet 94 van 1990 al sy
bates
en laste aan Absa oorgedra het. Daardeur het al Volkskas se regte en
verpligtinge, insluitende die teenoor die Kommissaris wat saamhang met
die
huidige gedingvoering, oorgegaan op Absa. Die aansoek is nie deur die
3
Kommissaris teengestaan nie. Gevolglik is 'n bevel uitgereik dat Volkskas
deur
Absa vervang word as die respondent in hierdie appèl en dat Absa die
koste
verbonde aan die aansoek moet dra.
Voor sy oomame deur Absa het Volkskas besigheid gedoen as
'n
handelsbank. (Na die oorname het Absa die besigheid voortgesit
onder die
naam Volkskas Bank.) Volkskas het 'n aansienlike aantal aandele in 'n wye
verskeidenheid van maatskappye gehou en het van tyd tot tyd aandele
aangekoop en van die hand gesit. Twee aandeletransaksies van Volkskas, in
elk waarvan aandele verkoop is, is in hierdie appèl ter sake. Die
eerste het
plaasgevind gedurende die jaar van aanslag wat regstreeks hier in die
gedrang
is, dit wil sê die jaar eindigende op 31 Maart 1978. Dit was 'n
transaksie
waarvolgens Volkskas die aandele wat hy gehou het in Bankbeheerkorporasie
van Suid-Afrika Beperk verkoop het teen 'n verlies van R9 175 459.80. Ek
sal
na hierdie transaksie verwys as die "Bankkorp-transaksie", en na die
betrokke
aandele as die "Bankkorp-aandele". Die ander transaksie het plaasgevind
in
'n latere jaar van aanslag, naamlik dié wat geëindig het op 31
Maart 1981. In
4 daardie transaksie het Volkskas die aandele wat hy in
Federale Mynbou Beperk
gehou het, verkoop teen 'n wins van R25 754 400,00 (die "Federale
Mynbou-
transaksie" en die "Federale Mynbou-aandele").
In sy inkomste-opgawe vir die 1978 jaar van aanslag het Volkskas
die
verlies van R9 175 459,80 in die Bankkorp-transaksie opgegee
as 'n
handelsverlies en dit afgetrek van sy belasbare inkomste. In die
Kommissaris
se oorspronklike belastingaanslag vir daardie jaar, gedateer 1 September
1978,
het hy die verlies as 'n aftrekking toegestaan by die berekening van
Volkskas
se belasbare inkomste. In die addisionele aanslag wat vroeër genoem
is,
gedateer 1 Desember 1986, het die Kommissaris egter die aftrekking nie
toegelaat nie, en die bedrag van die verlies bygetel by Volkskas se
belasbare
inkomste. Dit is hierdie optrede van die Kommissaris wat in die gedrang is
in
hierdie appèl.
Die verklaring vir die tydsverloop van 8 jaar tussen die oorspronklike
aanslag en die addisionele aanslag is te vind in die gebeure wat
voortgespruit
het uit Volkskas se inkomste-opgawe vir die 1981 jaar van aanslag. In
daardie
5 opgawe het Volkskas die wins van R25 754 400,00 uit die Federale
Mynbou-
transaksie aangetoon as 'n wins van 'n kapitale aard. Die Kommissaris het
dit
nie aanvaar nie en het die bedrag van die wins ingesluit by Volkskas se
belasbare inkomste en op daardie grondslag Volkskas aangeslaan vir
belasting.
Volkskas het beswaar aangeteken, die Kommissaris het dit verwerp, en
Volkskas het na die Spesiale Hof geappelleer. Die appèl was suksesvol.
Ek
sal na daardie saak (No 7786) verwys as "die eerste saak", om dit te
onderskei
van die huidige saak. In die uitspraak in die eerste saak, wat deur die
voorsittende regter (MELAMET R) op 1 Augustus 1984 gelewer is. is daar
bevind dat Volkskas bewys het dat die Federale Mynbou-aandele as 'n
kapitale
belegging gekoop was en dat die verkoop daarvan gedoen is as 'n realisasie
van
kapitale bates op die voordeligste manier vir Volkskas. Gevolglik is die
aanslag tersyde gestel en die aangeleentheid na die Kommisssris
terugverwys
om in die lig van die uitspraak 'n aanslag uit te reik.
In die eerste saak het die Bankkorp-transaksie ook ter sprake gekom,
soos te verwagte was. Dit is te berde gebring in die getuienis wat
namens
6 Volkskas afgelê is deur sy eertydse besturende direkteur, mnr
Van Huyssteen.
Ten aansien van die Federale Mynbou-aandele was dit Volkskas se
kontensie
dat die aankoop daarvan 'n "strategiese belegging" was, anders as
in die geval
van aandele wat in die gewone loop van besigheid deur 'n
handelsbank gekoop
en verkoop word. Tydens die ondervraging van mnr van Huyssteen het dit
geblyk dat Volkskas die koop van die Bankkorp-aandele ook as 'n
"strategiese
belegging" beskou het. Op grond van daardie getuienis, so blyk dit uit
die
uitspraak van MELAMET R, is daar namens die Kommissaris betoog dat
Volkskas se beskouing en hantering van ander strategiese beleggings
aantoon
dat Volkskas nooit die moontlikheid van verkoping, indien voordelig, uit
die
oog verloor het nie. Hierdie betoog is verwerp. Die hof het bevind dat
die
wyse waarop Volkskas die Bankkorp-transaksie in sy finansiële state en
sy
opgawe vir 1978 gehateer het nie in die weg gestaan het van 'n bevinding
dat
die Federale Mynbou-aandele deur Volkskas as 'n kapitale bate gekoop en
verkoop was nie. Die heredenering van MELAMET R op hierdie punt in sy
uitspraak in die eerste saak sal later van naderby beskou moet word. Op
die
7 oomblik, om die geskiedenis van die geskilpunt in die huidige saak
te
verduidelik, is dit net nodig om twee uitlatings te noem wat MELAMET
R
gemaak het in die loop van sy beredenering. Die eerste is dat die verkoop
van
die Bankkorp-aandele ten volle openbaar gemaak is in Volkskas se state en
opgawe vir 1978. Die tweede is dat die Kommissaris se aanslag van
Volkskas
vír die jaar 1978 in ooreenstemming was met die gevestigde praktyk
wat
destyds bestaan het, waarvolgens alle handelsbanke deur die Kommissaris
behandel is as sogenaamde "all in" maatskappye, en al hulle aandele voor
die
voet beskou was as handelsvoorraad.
Die Kommissaris het appèl aangeteken teen die uitspraak in die
eerste
saak, maar het later die appèl teruggetrek. Die eerste saak het egter
veroorsaak
dat die Kommissaris besluit het om opnuut aandag te skenk aan die
Bankkorp-
transaksie. Op 30 Julie 1986 het die Konmissaris 'n brief gerig aan
Volkskas
waarin Volkskas meegedeel is dat, met die inligting wat uit die getuienis
tydens
die verhoor en die uitspraak in die eerste saak bekend geraak het, die
Kommissaris homself tevrede gestel het dat die verlies wat Volkskas met
die
8
verkoop van die Bankkorp-aandele gely het, van 'n kapitale aard was
en
gevolglik nie as 'n aftrekking teen inkomste geëis kon geword het in
die berekening van Volkskas se belasbare inkomste vir die
1978 jaar van aanslag
nie. Die brief meld voorts dat die Kommissaris tevrede was dat die feit dat die
verlies oorspronklik as 'n
aftrekking teen inkomste toegelaat was, te wyte was
aan 'n verswyging deur Volkskas van die ter sake dienende feite, en dat die
Kommissaris
van voorneme was om 'n addisionele aanslag uit te reik om die saak
reg te stel. Volkskas se antwoord aan die Kommissaris was, om
dit kort te stel,
dat Volkskas enige addisionele aanslag sou bestry. Daarop het die addisionele
aanslag van 1 Desember 1986 gevolg.
Dit bevat onder meer, onder die opskrif
"Opmerkings", 'n kort samevatting van die Kommissaris se standpum soos
uiteengesit in sy
bogemelde brief van 30 Julie 1986.
Volkskas se beswaar teen die addisionele aanslag was in die eerste plek
gegrond op die bepalings van artikel 79 (1) van die Inkomstebelastingwet
58 van
1962 ("'die Wet"). Kragtens artikel 79 (1) (a) het die Kommissaris die
bevoegdheid om 'n addisionele aanslag uit te reik indien
hy te eniger tyd
9
ootuig is dat 'n bedrag wat aan belasting onderhewig was en ingevolge die
Wet
vir belasting aangeslaan behoort te gewees het, nie vir belasting aangeslaan
is
nie. Terselfdertyd word die uitoefening van die bevoegdheid in sekere
omstandighede aan bande gelê deur die bepalings van paragrawe (i) tot
(v) van
die voorbehoudsbepaling. Volkskas het hom beroep op die bepalings van
paragrawe (i) en (iii). Vir sover hier ter sake, lui dit soos volg:
"Met dien verstande dat die Kommissaris nie 'n aanslag ingevolge
hierdie subanikel doen nie -
(i) na verstryking van drie jaar vanaf die datum van die aanslag (indien daar
een is) ingevolge waarvan 'n bedrag onder so 'n aanslag
vir belasting aangeslaan
behoort te gewees het maar nie aldus aangeslaan is nie . . . , tensy die
Kommissaris oortuis is dat die
feit dat die bedrag wat vir belasting aangeslaan
moet gewees het nie aldus aangeslaan is nie . . . , te wye is aan bedrog of
wanvoorstelling
of verswyging van ter sake dienende feite; of
(ii) ....
(iii) indien die bedrag wat ingevolge die in paragraaf (i) van herdie
voorbehoudsbepaling bedoelde aanslag vir belasting aangeslaan
behoort te gewees
het, ooreenkomstig die algemene gebruik wat op die datum van die aanslag geheers
het, nie vir belasting aangeslaan
is nie . . . ". Met betrekking tot paragraaf
(i) het Volkskas aangevoer dat die verlies op die
Bankkorp-transaksie as 'n afsonderlike en spesifieke item aangetoon was in
die
10 rekeninge en skedules wat sy 1978-opgawe vergesel het; dat niks gedoen
was
om dit weg te steek of om dit voor te hou as 'n gewone
besigheidstransaksie
nie; dat daar geen verswyging van wesenlike feite was nie; en dat daar
geen
grondslag is waarop die Kommissaris oortuig kon wees dat die toelating
van
die aftrekking in die oorspronklike aanslag te wyte was aan die verswyging
van
materiële feite nie. Ten aansien van paragraaf (iii) was Volkskas se
kontensies
dat die Kommissaris vir baie jare voor 1978 konsekwent die houding
teenoor
Volkskas ingeneem het dat al sy winste en verliese op aandeletransaksies
in
berekening gebring moes word vir belastingdoeleindes; dat die Kommissaris
daarop aangedring het dat Volkskas dit moes doen, in ooreenstemming met
dic
Kommissaris se heersende stelsel en praktyk; en dat die heersende praktvk
in
1973 was dat die Kommissaris alle banke beskou het as "all in"
maatskappye
wat belasbaar was op hulle aandeletransaksies. ongeag of hulle of die
Kommissaris, die transaksies beskou het as van 'n kapitale aard te wees.
Volkskas se beswaar het 'n stap verder gegaan. Daar is aangevoer dat
die feitlike aspekte van sy beroep op die bepalings van paragrawe (i) en
(iii)
11
van die voorbehoudsbepaling alreeds in geskil was in die
eerste saak; dat die hof in die eerste saak volledige getuienis en betoë
aangeboor het betreffende die eeskilpunte oor die Bankkorp-transaksie; dat die
bof in die eerste saak tot 'n duidelike bevinding
aangaande die betrokke feite
geraak het; en dat die betrokke geskilpunte gevolglik
res judicata
was.
Om latere terugverwysing te vergemakiik, kan die gronde van Volkskas se
beswaar kortliks soos volg saamgevat word:
A Daar was 'n volle openbaarmaking van die wesenlike feite in die 1978-opgawe
(en gevolglik is paragraaf (i) van die voorbehoudsbepaling
van toepassing). B
Die bedrag van die verlies is nie vir beiasting aangeslaan nie ooreenkomstig die
algemene gebruik wat in 1978
geheers het (en gevolglik is paragraaf (iii) van
die voorbehoudsbepaling van toepassing). C Weens die feitlike bevindings van die
hof in die eerste saak is die beginsels van
res judicata
van toepassing
op die feite
12 genoem in A en B.
Met die aanvang van die verhoor van die appèl in die hof
a quo
in
die
huidige saak het HARMS R die advokate van die partye versoek
om die hof in
limine
toe te spreek oor die grond van beswaar genoem in
C hierbo. Na die
betoog is die appèl gehandhaaf en is aangedui dat die
redes sou volg. Uit die
redes wat later verstrek is, blyk die volgende. HARMS R het verwys na die
twee aspekte van Volkskas se beswaar wat hierbo aangedui is as A cn B, en
die
gedeelte van die uitspraak van MELAMET R in die eerste saak aangehaal
waarin die twee uitlatings wat ek vroeër genoem het, en wat daarop
betrekking
het, voorkom, en daarna gesê:
"Dit is duidelik uit die aangehaalde gedeelte dat hierdie Hof in daardie
appèl op die Kommissaris se aandrang die twee vrae
na verwys in appellant
se guns beslis het en bevind het dat daar 'n volle openbaring geskied het in die
1978-jaar en dat die aanslag
ooreenkomstig die destyds geldende algemene gebruik
uitgereik is. Die vraag is nou of hierdie Hof bevoeg is om getuienis aan te hoor
ten einde te beslis of 'n vorige feitebevinding van hierdie Hof tussen dieselfde
partye ten aansien van dieselfde belastingjaar juis
of onjuis is,
Tydens betoog is aanvaar dat die leerstuk van sogenaamde 'issue estoppel',
synde 'n verskyningsvorm van die e
xceptio rei judicatae,
deel van ons reg
is cn deur hierdie Hof toegepas moet word indicn die
13
vereistes daarvoor teenwoordig is. Hoewel twyfel al uitgespreek is oor die
geldigheid van hierdie aanvaarding, is die reg in Transvaal
gevestig en moet
hierdie Hof die reg toepas soos hy dit vind:
Liley and Another v Johannesburg
Turf Club and Another.
1983(4) SA 548(W).
Behalwe vir wat later volg, is dit ook nie in geskil gestel dat die vereistes
vir "issue estoppel" teenwoordig is nie. Immers, die
vorige geding was tussen
dieselfde partye, die betrokke geskil is vir beregting, alhoewel terloops, deur
die Kommissaris bygesleep
en is inderdaad bereg."
Voorts het
HARMS R rwee argumente behandel wat namens die Kommissaris
geopper was. Die
eerste was dat "issue estoppel" nie van toepassing is op
belaslingsake nie.
Met verwysing na sekere Engelse beslissings wat so 'n
beginsel skyn te ondersteun, het HARMS R bevind dat dit nie in die
huidise
geval van toepassing is nie, omdat die twee vrae (A en B) in die eerste
saak
beantwoord is ten aansien van die relevante 1978 belastingjaar en die hof
nie
gevra is um 'n bevinding ten aansien van die 1981 jaar op die 1978 jaar
van
toepassing te maak nie. Die ander argument was gebaseer op die stelling
dat
estoppel nie aangewend kan word in omstandighede waar die resultaat
daarvan
sou neerkom op iets wat regtens ongeoorloof is nie. Wat dit betref, het
HARMS R bevind dat die stelling net van toepassing is op "estoppel by
14
representation" en nie op "issue estoppel" nie, en verder dat dit in ieder
geval
nie onregmatig vir die Kommissaris is om byvoorbeeld sy diskresie
verkeerd
uit te oefen, of om feite mis te kyk, of om 'n verkeerde praktyk te vestig
nie.
Die argument namens die Kommissaris is dus verwerp, en op daardie
grondslag
is die appèl gehandhaaf.
In hierdie hof het die betoog namens die Kommissaris ietwat anders verloop.
Alvorens ek daarop ingaan, is dit egter gerade om die
vraag wat beslis moet
word, in perspektief te stel. Die vraag is of die slotsom waartoe HARMS R geraak
het met betrekking tot die
grond van beswaar genoem in C hierbo, korrek is. In
die konteks van die huidige appèl is die gronde van beswaar in A en B
hierbo, as sodanig, nie in geskil nie. Dit is tans nie ter sake of Volkskas
feite verswyg het en of daar inderdaad 'n algemene gebruik
bestaan het soos
aangevoer nie. Ingelyks is dit nie ter sake of die verlies in die
Bankkorp-transaksie van 'n kapitale aard was al
dan nie.
Namens die Kommissaris het mnr
Dunn
ter aanvang van sy betoog
aangevoer dat die vereistes van die gemeenregtelike
exceptio rei
judicatae
nie
15 in die huidige saak aanwesig is nie, en in hierdie
verband na 'n reeks
beslissings verwys wat begin met
Bertram v Wood
(1893) 10 SC 177
(op
180-
1) en eindig met
Horowitz v Brock and Others
1988(2) SA 160 (A) (op
178 H-
J) Die vereistes wat gestel word in die ou bronne waama in die
beslissings
verwys word, word bondig opgenoem deur Van der Keessel
(Praelectiones ad
Gr
3.49.2):
idem actor, idem reus, eadem res
en
eadem causa
petendi
.
Laasgenoemde twee vereistes is al weergegee as "demanding the same thine
on
the same ground" (per STEYN HR in
African Farms & Townships Ltd v
Cape
Town Municipality
1963 (2) SA 555
(A) op 562 A), en "on the same cause
for
the same relief' (per VAX WINSEN Wn AR in
Custom Credit
Corporation
(pty)Ltd v Shembe
1972 (3) SA 462
(A) op 472 A/B). Daar kan geen
twyfel
wees nie dat aan hierdie streng vereistes nie voldoen word in die
omstandighede van die huidige saak nie. Mnr
Smalberger
. namens Absa.
het
heeltemal tereg nie tot die teendeel betoog nie.
Gesien die afwesigheid van die gemeenregtelike vereistes vir 'n verweer
van
res judicata
was die betoog van beide kante toegespits op wat in
die
16 uitspraak van HARMS R genoem is "die leerstuk van sogenaamde
'issue
estoppel'". Die advokate van albei kante het gepraat van "die leerstuk
van
geskilpunt-estoppel. Daaroor het mnr
Dunn
se betoog die volgende
hooftrekke
behels:
(a) Die leerstuk van geskilpunt-estoppel moet nie deel van ons
reg wees
nie. Alhoewel dit onder die invloed van die Engelse reg in
sekere
beslissings van die provinsiale en plaaslike afdelings aanvaar
en
toegepas is, druis dit in teen die gemeenregtelike beginsels,
soos
aangevoer is deur verskeie skrywers (bv Joubert (red)
Law of
South
Africa
vol 9 par 363-4 op 188-9 en Hoffmann en Zeffertt
SA Law of
Evidence
(4de uitg) op 346-350), en kan dit tot
onbillike resultate
aanleiding gee. Gevolglik behourt hierdie hof nou te
beslis dat dit nie
deel van ons reg is nie.
(b) In ieder geval voldoen die
feite van die huidige geval nie aan die
vereistes vir die aanwending van die
leerstuk van geskilpunt-estoppel
nie. Die vereiste waarop mnr
Dunn
hom
veral beroep het, is dat die
17 beslegting van die betrokke geskil in die vorige saak 'n "krities
noodsaaklike" deel moes gewees het van die beslissing in daardie saak;
waar dit gaan om 'n feit, moes dit 'n
factum probandum
gewees het,
en
nie net 'n
factum probans
nie. In dié verband is daar veral
gesteun op
die uitspraak van BALCOMBE LJ in
Re State of Norway's Application
(No 2)
[1989] 1 All ER 701
(CA) op 721 b-h. In die loop van die
betoog het mnr
Dunn
hom ook op 'n tweede vereiste beroep, naamlik
dat die betrokke punt in die vorige saak 'n geskilpunt moes gewees het,
soos blyk uit
Horowitz v Brock and Others supra
op 179 F-H. Ook aan
dié vereiste, so is aangevoer, is daar nie hier voldoen
nie.
(c) Bowendien kan die leerstuk van geskilpunt-estoppel net
ter sprake kom
as die hof in die vorige saak bevoeg was om 'n finale uitspraak te gee
oor die betrokke punt. Dit is nie die geval in die huidige saak nie
(aldus die argument), omdat die Spesiale Hof in die eerste saak geen
bevoegdheid gehad het om enige beslissing te gee ten opsigte van
Volkskas se belastingpligtigheid in die 1978 jaar van aanslag nie. In
18 hierdie verband is ons verwys na 'n aantal Engelse beslissings in
belastingsake ( bv
Commissioners of Inland Revenue v Sneath
[1932]
2 KB 362
(CA) op 386, 386-9, 391 en
Caffoor 6 Others v
Commisioner of Income Tax. Colombo
[1961] AC 584
(PC) op 597-
601).
Mnr
Smalberger
se beloog in antwoord op die voorgaande kan in
die
voleende hoofpunte saamgevat word:
(aa) Die leerstuk van
geskilpunt-estoppel is reeds ingeburger in ons reg, deur
die konsekwente aanvaarding en toepassing daarvan in die provinsiale
en plaaslike afdelings oor 'n tydperk van meer as sestig jaar.
Sommige
van die gerapporteerde uitsprake word genoem in die
Horowitz
-saak
sunra
op 179 D: 'n onlangse toevoeging van belang is
Boland
Bank
Bpk v Steele
1994(1) SA 259(T)op 268G-270F. Redes vir die bchoud
van die leerstuk in ons reg word aangevoer deur Basil Wunsh in 'n
artikel, "Is issue estoppel part of our Law?" in 1990
Siellenbosch
Law
Review
198. Daar is geen gegronde rede waarom die gevestigde
19 praktyk omvergewerp hoef te word nie, en hierdie hof behoort nou te
beslis dat die leerstuk wel deel vorm van ons reg.
(bb) Die
vereistes vir die aanwending van geskilpunt-estoppel in ons reg
behoort gehaal te word uit die beslissings in ons regspraak op
provinsiale vlak, waarin die leerstuk toegepas is, en nie uit resente
onrwikkelings in die Engelse reg nie. Volgens die Suid-Afrikaanse
gewysdes word geskilpunt-estoppel toegepas ten opsigte van 'n
bepaalde
regs- of feitevraag in 'n geding, indien daar in 'n
vorige saak tussen
dieselfde partye deur 'n bevoegde tribunaal 'n beslissing gegee is oor
dieselfde vraag 'wat logieserwys beslis moes word vir doeleindes van
die uitspraak". In die geval van 'n feitevraag is dit genoeg as die
betrokke feit in die vorige saak een van die f
acta probantia
was, en
dit
hoef ook nie in geskil te gewees het nie. In hierdie verband is daar
veral gesteun op die uitspraak van GREENBERG R in
Boshoff v
Union Govemment
1932 TPD 345.
Wat die huidige saak betref, het
mnr
Smalberger
toegegee dat die vereistes nie bevredig word met
20 betrekking tot die grond van beswaar genoem in A hierbo nie, omrede
die vraag in die eerste saak en die vraag in die buidige saak nie
dieselfde is nie: in die eerste saak was die vraag of daar 'n volle
openbaarmaking van die feite was, terwyl die vraag in die huidige saak
is of die Kommissaris "regsgeldiglik" tot die gevolgtrekking kon gekom
het dat daar 'n verswyging was. Vanweë hierdie toegewing laat ek
verderaan A hierbo buite rekening, en bepaal ek my by die vraag na die
geldende gebruik in 1978 soos genoem in B hierbo. Wat dit betref, het
mnr
Smalberger
volgehou dat daar wel aan die vereistes voldoen
word.
(cc) Die Spesiale Hof is bevoeg om alle vrae te beslis wat
nodig is vir die
beslissing van appèlle wat voor hom dien. In die eerste saak was dit
vir
MELAMET R noodsaaklik om tot 'n beslissing te geraak oor die
algemene gebruik wat in 1978 gegeld het ten einde tot 'n beslissing te
kom oor die hoofgeskilpunt in daardie saak. Gevolglik was
eersgenoemde beslissing 'n bevoegde een wat die Kommissaris as
gevolg van geskilpunt-estoppel nie in die huidige saak kan heropen
nie.
21
Vir sover die Engelse sake in 'n ander rigting dui, beboort hulle nie
gevolg te word nie. In hierdie verband is ons verwys na nog 'n artikel
van mnr Wunsh, "Issue estoppel in tax cases", in
JC Noster Feesbundel
(1979) op 146.
Ter aanvang van die bespreking van die betoogpunte
hierbo opgesom, is dit nodig om kommentaar te lewer oor die uitdrukking "die
leerstuk
van geskilpunt-estopper. Soos die advokate dit gebruik het, wek dit die
indruk van 'n min of meer volledige stel beginsels of reëls
wat deur die
provinsiale howe uit die Engelse reg oorgeneem is, en dit lei tot die
veronderstelling, in (a) en (aa) hierbo, dat hierdie
hof geroepe is om te beslis
of die oorname as 'n geheel gehandhaaf moet word, dan wel of dit in die geheel
verwerp moet word. Ek
stem nie saam met hierdie benadering nie, om die redes wat
volg.
Die herkoms van die aanwending van geskilpunt-estoppel in ons praktyk
is te vind in 'n passasie in die eerste uitgawe van Spencer Bower,
Res
Judicata,
par 162, wat soos volg lui:
"Where the decision set up as a
res judicata
necessarily involves a
judicial determination of some question of law or issue of fact, in the
22
sense that the decision could not have been legitimately or rationally
pronounced by the tribunal without at the same time, and in
the same breath, so
to speak, determining that question or issue in a particular way, such
determination, though not declared on
the face of the recorded decision, is
deemed to constitute an integral part of it as effectively as if it had been
made so in express
terms; but, beyond these limits, there can be no such thing
as a
res judicata
by implication".
Hierdie passasie is vir
die eerste keer, sover ek weet, in ons regspraak
aangehaal in
Commissioner of Customs v Airton Timber Co Ltd
1926 CPD
351
op 359. Die hof het daar, sonder beredenering, aanvaar dat dit
uitdrukking gee
aan die beginsel waarvolgens in ons reg bepaal moet word of 'n saak
res
judicata
is al dan nie. Die toepassing van die beginsel het gelei
tot die
bevinding dat in die omstandighede van daardie saak dit nie die geval was
nie.
Daama is
Spencer Bower
weer aangehaal in
Boshoff v Union
Government
1932 TPD 345.
Dit word allerweë aanvaar, tereg. dat
hierdie saak
beslag gegee het aan die gebruikmaking van geskilpunt-estoppel deur die
howe
op provinsiale vlak. Dit is dus nodig om vir 'n wyle daarby stil te staan.
Die
feite was kortliks soos volg. Die eiser het die verweerder aangespreek
vir
skadevergoeding op grond van bewerings dat die eiser in besit was van
sekere
23
grond ingevolge 'n huurkontrak wat hy met die verweerder aangegaan
het
kragtens die bepalings van 'n sekere wet, en dat die verweerder
onregmatiglik die kontrak gekanselleer het en hom uitgesit het van
die grond.
Die verweerder het 'n pleit van
res judicata
geopper, gebaseer op 'n
vorige aksie tussen die panye in die landdroshof. In daardie aksie het die
verweerder 'n uitsettingsbevel
teen die eiser gevorder ten opsigte van dieselfde
grond, en in sy dagvaarding beweer, met verwysing na dieselfde huurkontrak, dat
hy dit gekanselleer het kragtens die bepalings van dieselfde wet. Die
uitsettingsbevel is toegestaan, by wyse van vonnis by verstek.
GREENBERG R het die verweer van
res judicata
gehandhaaf. Die
beredenering in sy uitspraak begin met 'n bespreking van die gemeenregtelike
bronne wat deur DE VILLIERS HR behandel
is in
Bertram v Wood
supra. Onder
meer wys hy daarop dat
Vinnius
dit as 'n vereiste stel dat daar dieselfde
vraag (e
adem quaestio
) tussen dieselfde partye moet wees, en dat
Voet
as 'n verdere vereiste noem dat die eisoorsaak ook dieselfde moet
wees (
ex eadem petendi causal
Wat dit betref, haal hy dan die opmerking
aan van DE
24 VILLIERS HR in
Wolfaardt v Colonial Govemment
16 SC 250:
"As pointed
out by
Voet
(44.2.4), the cause of action is tbe same wbenever the
same matter
is in issue". Daarna spreek GREENBERG R die mening uit dat
Voet
nie
na
dieselfde eisoorsaak verwys in die enge betekenis wat die uitdrukking in
die
praktyk ten opsigte van pleitstukke dra nie. Steun vir sy mening vind hy
in
Voet
se bebandeling van die geval waar 'n koper geregtig is om sowel
die
actio
redhibitoria
as die
actio quanti minoris
in te stel: as hy eers
die een instel en
daarna die ander, kan laasgenoemde die hoof gebied word deur die verweer
van
res judicata,
alhoewel, soos GREENBERG R daarop wys, die twee
eisoorsake
verskillend is. Om te bepaal wat bedoel word met "same cause of action"
of
same matter in issue", se die geleerde regter verder, sal dit nuttig wees om
te
verwys na die Engelse reg. Dit is duidelik dat die oogmerk van die "rule'
(die
verweer van
res iudicata
) in die twee regstelsels wesenlik dieselfde
is. sê hy.
met aanhalings uit
Voet
en
Phipson
. Laasgenoemde skrywer
sê verder ten
opsigte van die "rule" self dat die "matter in dispute" dieselfde moet wees
in
albei gedinge, alhoewel dit nie nodig is dat dit die enigste geskilpunt in
die een
25 of die ander hoef te wees nie. GREENBERG R gaan voort om die
mening uit
te spreek dat "matter in dispute" presies dieselfde beteken as die "matter
in
issue" waama verwys is in
Wolfaardt v Colonial Govemment supra.
en
sê
dan: "I think one can safely tum to the English law as a guide on a
point that
has not been specifically dealt with in our law". Op daardie grondslag gaan
hy
dan oor tot die aanhaling van die uittreksel uit
Spencer Bower
(wat ek
reeds
hierbo weergegee het). Dan sê hy: "I think that this extract correctly
lays
down the rule", en dat, om dit toe te pas, die vraag gestel moet word
"whether
the determination of the question of the cancellation of the lease was
essential
to the decision in the magistrate's court". 'n Gerieflike manier om te toets
of
die beslissing van die vraag van kansellasie noodsaaklik was vir die
beslissing
in die landdroshof is om die bewering van kansellasie in die dagvaarding
deur
te haal: as dit gedoen word, sou die landdros nie geregtig gewees het om
'n
bevel van uitsetting uit te reik nie. Dié bevinding lei dan tot die
uiteindelike
gevolgtrekking dat die pleit van
res judicata
gehandhaaf moet
word.
Dít is na my mening duidelik uit die voorgaande opsomming van
26
GREENBERG R se beredenering dat
Boshoff v Union Govemment
nie
vatbaar
is vir die simplistiese beskouing dat die hof daar Engelse reg toegepas het
in plaas van ons eie reg nie. Die hele uitgangspunt van
die beredenering was
gegrond op gemeenregtelike bronne. Die gedagte dat Engelse reg aangewend is ter
verdringing van gemeenregtelike
beginsels spruit voort uit die resultaat wat
bereik is: die verweer van
res judicata
is gehandhaaf, alhoewel dit wat
geëis is en die eisoorsaak nie dieselfde was in die twee aksies nie. Maar
dit verloor uit die
oog dat daar in die uitspraak aanknopingspunte vir daardie
resultaat gevind is in die gemenereg. Die kern daarvan lê in die
vereiste
van
eadem quaestio
en die gelykstelling daaraan van die vereiste
eadem
petendi causa
na aanleiding van
Voet
44.2.4 en sy voorbeeld van die
actio redhibitoria e
n die
actio quanti minoris
. GREENBERG R het
die voorbeeld gebruik as steun vir die gedagte dat aan
petendi causa
eerder 'n wye betekenis geheg behoort te word as 'n enge een, maar inderwaarheid
is die voorbeeld van veel groter betekenis as net
dit. Dit wat geëis word
met die
actio redhibitoria
is ongetwyfeld nie dieselfde as dit wat
geëis word met die
actio quanti minoris
27 nie, en tog is die
exceptio rei judicatae
toepaslik.
Voet
se voorbeeld en
GREENBERG R se aanvaarding van 'n wyer betekenis van
petendi causa
hou
albei die noodwendige implikasie in dat dit vir 'n verweer van
res
judicata
nie
'n onwrikbare vereiste is dat dit wat gevorder word
dieselfde moet wees nie.
Met verwysing na die teks in
Voet
het STEYN HR in
African Farms
&
Townships Ltd v Cape Town Municipality supra
op
562B gesê:
"According to
Voet,
44.2.4, it is not the form of action which determines
the samencss of the
causa petendi,
but the identity of the question which
is again raised or set in motion".
'n Verskil in die vorm van die
aksie omvat klaarblyklik ook 'n verskil in dit wat
geëis word. Die afwesigheid van die vereiste wat DE VILLIERS HR in
Benram V Wood supra
op 180 gestel het as "that the same thing must
have
been demanded", skakel dus nie noodwendig 'n beroep op
res judicata
uit nie.
Dit blyk ook implisiet te wees in DE VILLTERS HR se verdere bespreking
(op
181) van die vereiste, met betrekking tot opeenvolgende vorderings van
rente
of kapitaal ingevolge 'n verband of huurgeld ingevolge 'n huurkontrak, waar
'n
verweer van
res judicata
nie suksesvol aangewend kan word nie, maar
met
28 hierdie kwalifikasie:
"If, however, the defendant by his defence has, in effect, claimed a declaration
that the bond or the lease, as the case might be,
was itself invalid, a decision
upon such a claim would thereafter be binding between the same
parties".
Die kwalifikasie kan net beteken dat die vorige saak
tog in bepaalde
omstandighede as
res judicata
kan geld, alhoewel iets anders
geëis word. (Vgl
die opmerkings van VAN DIJKHORST R in
Boland Bank Bpk v Steele
supra
op 270 A-C).
Met die aanknopingspunte wat GREENBERG R in die gemenereg gevind het, moes hy
nog oorweeg hoe dit op die feitekompleks voor die hof
aangewend moes word. By
hierdie oorweging het hy verdere aanknopingspunte gesoek en gevind in die
Engelse reg. Dit het hy gedoen
op die grondslag dat die onderliggende
ratio
van
res judicata
in ons reg en in die Engelse reg wesenlik
dieselfde is. (Die ooreenstemming tussen die formulering van die
ratio
in
Phipson
, wat deur GREENBERG R aangehaal is, en dié in latere
uitsprake van hierdie hof, is opvallend: sien
Le Roux en 'n Ander v Le Roux
1967(1) SA 446 (A) op 461H-462A en
Custom Credit Corporation (Pty)
Ltd
29
v Shembe supra
op 472A-E.) Op dié manier het hy by
Spencer
Bower
uitgekom, en aan die hand van wat hy gesê het, tot die slotsom gekom
dat die bewering van kansellasie 'n onontbeerlike bestanddeel
was van die
eisoorsaak in die vorige saak, dat 'n beslissing daaroor noodsaaklik was vir die
beslissing in die vorige saak, en dat
die verweer van
res judicata
dus
moes slaag. (Vgl die opmerkings van DIDCOTT R in
Lurlev (Pty) Ltd v
Unifreight General Services (Pty) Ltd and Others
1978(1) SA 74 (D) op 79
D-H.)
Om in hierdie omstandighede te sê dat die beslissing in
Boshoff v
Union Government
verwerplik is omdat die hof die gemenereg versaak en
Engelse reg ingevoer het, is na my mening kortsigtig. Volgens my beskouing van
die saak het die besondere feite van die geval die hof genoodsaak om te oorweeg
of die strene gemeenregtelike vereistes van die
exceptio rei judicatae
eng en beperkend toegepas moes word dan wel op 'n aanpasbare wyse met die oog op
nuut-voorkomende feitekomplekse. Dat die hof 'n
uitbreidende toepassing verkies
het met 'n beroep op
Spencer Bower
beteken nie dat daar 'n volskaalse
oorname met romp en stomp van al die Engelsregtelike reëls insake
res
judicata
30 plaasgevind het nie. Dit is wel waar dat GREENBERG R
gesê het die
uittreksel uit
Spencer Bower
"correctly lays down the rule", maar in
daardie
spreekwyse behoort nie meer gesien te word as dat die uittreksel
beskou is as
die formulering van 'n toets wat geskik en gepas was om op die
feite van die
saak toe te pas ten einde 'n resultaat te bereik nie. Daar was
toe nog nie sprake
van 'n "leerstuk van 'issue estoppel'" nie; dit het eers later gekom. In
soverre
Spencer Bower
se formulering as die beliggaming van die latere
"leerstuk"
beskou kan word, kon dit na my mening sekerlik nie die hof se bedoeling
gewees het om te beslis dat die "leerstuk" met huid en haar voortaan deel
van
ons reg sou vorm nie.
Gevolglik is dit onvanpas om te postuleer dat hierdie hof moet beslis of
die leerstuk van geskilpunt-estoppel deel van ons res geword het. Die
vraag
ontstaan eenvoudig nie. Die ware betekenis van
Boshoff v Union
Government
is dat die beslissing ingehou het dat die streng gemeenregtelike vereistes
vir 'n
verweer van
res judicata
(in die besonder:
eadem res
en
eadem petendi causa
)
nie in alle omstandighede letterlik verstaan moet word en as onwrikbare
reëls
31
toegepas moet word nie, maar dat daar ruimte is vir aanpassing en
uitbreiding,
aan die hand van die onderliggende vereiste van
eadem
quaestio
en die
ratio
van die verweer. In hierdie lig beskou, kan
daar na my mening in beginsel nie
fout gevind word met die benadering van die
hof in
Boshoff v Union
Govemment
nie. Die onaanvaarbare
altematief sou wees om met letterknegtige
formalisme vas te klou aan
stellings in die ou bronne, wat onversoenbaar sou
wees met die lewenskragtige
ontwikkeling van die reg om te voorsien in die
behoeftes van nuwe feitlike
situasies. Dit is egter nie aangewese om 'n mening
uit te spreek oor
díe vraag of die werklike resultaat wat op die feite van daardie
saak
bereik is, bevredigend is al dan nie, omdat die feite van die huidige
saak,
soos wcldra sal blyk, heeltemal verskillend is. Elke saak moet volgens
sy eie
feite beslis word. Dit is ook nie doenlik om in abstrakte terme
rigsnoere te
probeer formuleer wat op alle situasies van toepassing gcmaak
sou kan word
nie. Byvoorbeeld, een van die feite in
Boshoff v Union
Govemment
was dat
in die vorige saak vonnis by verstek verkry is. Uit 'n
terloopse opmerking van
GREENBERG R op 351 blyk dit dat daardie feit nie
namens die eiser opgehaal
32
is in antwoord op die verweer van
res judicata
nie. In 'n toekomstige
saak mag
dit wel nodig word om te oorweeg of dit raadsaam is om in sulke
omstandighede 'n uitgebreide aanwending van die verweer te erken.
Maar dit is
nie vir hierdie hof om in die huidige saak daaroor te besin nie, omdat die vraag
nie hier ter sprake kom nie. Ons het
le doen met 'n bepaalde stel feite waarop
die hof
a quo
die rigting wat in
Boshoff v Union Govemment
ingeslaan is en wat daarna in 'n hele reeks sake gevolg is, toegepas het.
Daardie rigting, soos ek probeer aantoon het, is op sigself
nie in beginsel
verwerplik nie. Ons taak is net om te bepaal of die toepassing daarvan op die
huidige feíte geregverdig is.
Dit bring my by die advokate se argumente wat ek in (b) en (bb) hierbo
opgesom het. Die onderliggende gedagte daanan is dat daar 'n
stel afgebakende
"vereistes vir die aanwending van die leerstuk van geskilpunt-estoppel" in ons
reg bestaan. Dit verg kommentaar,
aansluitend by die bespreking hierbo. Van die
Kommissaris se kant word gesê dat die vereistes gevind moct word in die
Engelse
reg van vandag; van Absa se kant, dat dit
33 gevind moet word in die
uitsprake in
Boshoff v Union Government
en die sake
wat daarop gevolg bet. Nie een van die standpunte is sonder kwalifikasie
korrek nie. Die vraag wat beslis moet word, is of die uitgebreide
aanwendingsveld van 'n verweer van
res judicata
wat in die beslissings
op
provinsiale vlak aanvaar is, met die oog op die feite van hierdie geval
aanvaar
behoort te word. Wat hierdie hof betref, is die "vereistes" waarvolgens
die
vraag beantwoord moet word, nog nie uitgemaak nie; dit sal slegs kan
geskied
by wyse van ontwikkeling van geval tot geval. Wat die huidige geval
betref,
moet as uitgangspunt nagegaan word in hoeverre die feitlike omstandighede
ooreenstem met, of verskil van, dié wat recds in ons regspraak aandag
geniet
het, en dus in hoeverre die beredenering in die uitsprake hier toepaslik is.
Die
uittreksel uit
Spencer Bower
wat in
Boshoff v Union Government
aangehaal is,
kan as 'n gerieflike algemene uitgangspunt van die ondersoek gcbruik
word.
maar in die loop van sy betoog het mnr
Smalberger
'n veel
verreikender
uitwerking daaraan toegeskryf. Hy het so ver gegaan as om voor te stel dat
die
vereistes vir die gebruik van geskilpunt-estoppel in ons reg uitsluitlik in
daardie
34 uittreksel opgesluit lê en dat daar nie verder as dit gekyk
moet word nie. So
'n benadering is klaarblyklik verkeerd en dit word verwerp. Mnr
Dunn
se
beroep op die resente Engelse regspraak is nie misplaas nie, onderhewig aan
die
voorbehoud dat dit in die regte perspektief gesien moet word. In soverre
dit
die suggestie inhou dat die Engelse beslissings vanself bepalend is van
die
vereistes vir die gebruik van geskilpunt-estoppel in ons reg, moet dit
ook
verwerp word. Maar daar kan geen beswaar teen wees om by die verdere
ontwikkeling van ons reg oorweging te skenk aan die wyse waarop die
toepassing van "issue estoppel" in die Engelse reg ontwikkel het nie.
Trouens,
vanweë die feit dat
Spencer Bower
se uiteensetting van die
destydse posisie in
die Engelse reg as 'n leidraad gebruik is vir die beslissing in
Boshoff v
Union
Government
. sou dit onverstandig wees om nie die verdere leidrade op
te volg
wat in die Engelse beslissings sedendien gevind kan word nie.
Dit is wenslik om iets verder te se oor terminologie. Soos nou al reeds
geblyk het, kan dit misleidend wees om met betrekking tot ons reg te praat
van
die "leerstuk" van geskilpunt-estoppel. Ons kan selfs klaarkom sonder
die
35 uitdrukking "geskilpunt-estoppel". Terselfdertyd sou dit te puntenerig
wccs om
kapsie te maak teen die gebruik van daardie uitdrukking, bloot omdat dit uit
die
Engelse reg afkomstig is. Dit is reeds ingeburger in ons praktyk en dit
is 'n
gerieflike tiperende beskrywing van gevalle waar daar streng gesproke nie
aan
die tradisionele vereistes van
res judicata
voldoen word nie omdat in
die twee
betrokke gedinge nie dieselfde regshulp gevorder word op dieselfde
eisoorsaak
nie, maar waar die verweer log suksesvol kan wees. Ek gaan dus voort om
"geskilpunt-estoppel" op daardie beskrywende wyse te gebruik. Ek glo nie
Voet
sal in sy graf omdraai omdat ek na sy voorbeeld van die
actio
redhibitoria
en die
actio quanti minoris
. wat ek vroeër genoem het, verwys as
'n geval van
geskilpunt-estoppel nie.
Teen die voorgaande lang agtergrond keer ek terug na die feite. Soos
vroeër aangedui gaan dit tans net om die kwessie van dic algemene
gebruik
wat in 1978 geheers het en die rol wat dit in die eerste saak gespeel het.
Wat
nagegaan moet word, met die oog op die argumente in (b) en (bb) hierbo, is
of
die algemene gebruik 'n geskilpunt was in die eerste saak en of die hof
daaroor
36
'n beslissing gevel het wat noodsaaklik was vir die beslissing van die
eerste
saak (hetsy "krities noodsaaklik", hetsy "logieserwys noodsaaklik",
na
aanleiding van die opponerende argumente).
"Die logiese beginpunt van die ondersoek is die uitspraak
van
MELAMET R in die eerste saak. Ter aanvang van sy uitspraak,
met verwysing
na Volkskas se grond van beswaar dat die wins op die verkoping van die
Federale Mynbou-aandele van 'n kapitale aard en dus nie belasbaar was nie,
sê
hy:
Die uitsluitlike geskilpunt op appèl is of die wins met die verkoop
van die aandele van 'n kapitale aard is al dan nie".
Daarna bevat die uitspraak 'n opsomming van die getuienis van Huyssteen.
Vir
huidige doeleindes hoef slegs enkele aspekte daarvan genoem te word. Ten
aansien van die Federale
Mynbou-transaksie
was Van Huyssteen se
getuienis
dat Volkskas die belegging as 'n strategiese een beskou het. Die koop van
die
Bankkorp-aandele was ook as 'n strategiese belegging beskou. In die loop
van
'n uiteensetting van die geuienis in hierdie verband, merk MELAMET R soos
volg Op:
37
"Al die feite was in die opgaaf genoem. Tot en met die saak van
Secretary for
Inland Revenue v Trust Bank of Africa Ltd.
1975 (2) SA 652
(A),
37 SATC 87
,
het die kommissaris alle handelsbanke as 'all in' maatskappye beskou. Hulle is
belas op alle winste ongeag die aard
daarvan".
Dan volg 'n bespreking van die omstandighede van die
koop en verkoop van
die Federale Mynbou-aandele en die beginsels wat daarop
toepaslik is, waarna
ek nie verder hoef te verwys nie. Teen die einde van die
uitspraak word die
Bankkorp-transaksie in oënskou geneem. Dit is nodig om die
bespreking
volledig hier weer te gee. Ek haal uit die uitspraak aan soos dit in die
oorkonde verskyn, maar met nommers by die paragrawe, om terugverwysing
tc vergemaklik:
"(1) Dit was namens die Kommissaris aangevoer dat die aandele in Federale
Mynbou deur die appellant met 'n dubbele bedoeling of 'n
gemengde bedoeling
verkry is. Die twee bedoelings sou wees om dit te hou met 'n mate van
permanensie indien dit wenslik beskou word
en die voordele van 'n belegging
daaruit verkry kon word, of om dit te verkoop om 'n wins te maak indien die
waarde van die bate
vinnig sou styg. Daar is geen getuienis om hierdie stelling
te staaf nie en dit is teenstrydig met die getuienis van mnr Van Huyssteen,
gestaaf deur notules en direksievergaderings en memoranda dat die bedoeling was
om die aandele as 'n kapitale belegging te verkry
as deel van die Bank se
permanente struktuur, en om die besigheid van die
38
Bank sodoende uit te brei. Soos ek die Kommissaris
se
argument verstaan, is die geloofwaardigheid van mnr Van
Huyssteen nie
aangeval nie, maar dit word beweer dat in die lig
van die feit dat die koop
en verkoop van aandele in die gewone
loop van besigheid van die appellant
plaasvind en dat die
appellant belasting op alle transaksies as 'n "all in"
maatskappy
aanvaar het, dat dit nie die werklike bedoeling van die
appellant
weergee nie. Na ons mening kan hierdie aangeleentheid nie
in
dieselfde lig as aandele wat in die gewone loop van besigheid
deur 'n
handelsbank gekoop en verkoop word, gesien word nie.
So 'n benadering slaan
geen ag op die verhouding wat drie groot
groepe, SANLAM, Rembrandt en die
appellant, deur die
aankoop van die aandele wou bewerkstellig en eintlik tot
stand
gebring het nie. Dit verontagsaam die verstandhouding tussen
die
groepe - tussen twee van hulle was dit op skrif gestel. Die
feit dat die
appellant verantwoordelikheid vir belasting op alle
transaksies aanvaar het,
ongeag of van 'n kapitale of inkomste
aard, kan nie afbreuk doen aan die
bedoeling om 'n besondere
bate as 'n kapitale bate aan te skaf en te hou nie.
Dit mag, in
sekere omstandighede, miskien twyfel trek op die feit
dat
gedagte gegee is aan die vraag of 'n bate as 'n kapitale of
inkomste
bate aangeskaf word, maar dit maak geen verskil aan
die belastingverpligting
van die Bank nie. Aan die ander kant,
dat belastingaanspreeklikheid aanvaar
is, staaf die bewerings dat
die bedoeling was om die bate as 'n kapitale bate
aan te skaf.
in die huidige geval toe die notules, memoranda
en
persverklarings opgestel is, was belastingaanspreeklikheid nie
'n
oorweging nie. Myns insiens is daar geen meriete in hierdie
stellings
namens die Kommissaris nie.
(2) Namens die Kommissaris is dit betoog dat
alhoewel die
appellant hierdie aandele as 'n strategiese belegging
mag
aangeskaf het, sy beskouing en hantering van ander strategiese
39
beleggings aantoon dat die appellant nooit die moontlikheid van verkoping,
indien voordelig, uit die oog verloor het nie. Vir hierdie
betoog maak die
Kommissaris staat op die feit dat die Bankkorps-aandele van die appellant ook as
'n strategiese belegging verkoop
is. Dit word aangevoer dat hierdie aandele
vanweë Volkskas se aandelepersentasie en ander implikasies eerder deel van
appellant
se struktuur gevorm het as die Federale Mynbou aandele - die
implikasies word in bewysstuk A39-42 uiteengesit. Toe die Bankkorps-aandele
verkoop is, is die verlies van R9 175 459 deur die appellant geëis as 'n
aftrekking van inkomste in die gewone loop van sake
soos in die geval met enige
verliese wat met aandeelverkope gely is. Die Bankkorps-aandele verlies is nie as
'n kapitale verlies
buite die gewone gang van die appellant se besigheid
openbaar nie.
(3) In verband met bogemelde transaksie, indien dit relevant is - en ons dink
nie dat dit so is nie - moet ons daarop wys dat na
die beslissing in 1975 in
Secretary for Inland Revenue v Trust Bank of Africa Ltd (supra)
het die
Kommissaris nog daarin volhard om elke aandeel wat deur 'n handelsbank gehou is,
as handelsvoorraad te beskou in terme van
die gevestigde gebruik om 'n
handelsbank as 'n "all in" maatskappy te beskou. Die Kommissaris het byvoorbeeld
geweier om uitsluitsel
te gee aan die appellant dat die verlies deur bystand van
'n filiaal vir inkomstebelastingdoeleindes toegeken sal word - bewysstuk
D.
(4) Op die basis van hierdie gevestigde praktyk het die appellant sy
inkomstebelastingopgawes vir die jaar 1978 ingedien. In hierdie
opgaaf was al
die winste en verliese op die verkoop van aandele as inkomste items getoon. Dit
het die verlies op die verkoop van
die aandele in Bankkorps ingesluit. In die
geval van die gewone belastingpligtige, in teenstelling met 'n "all
in"-maatskappy, is
daar geen twyfel dat die aandele in Bankkorps as 'n bate van
kapitale aard behandel sou gewees het nie.
Gesien
40
dat die appellant as 'n "all in" maatskappy belas geword het, was die
bedoeling van die appellant in die verkryging van die aandele
in Bankkorps
irrelevant, want die aandele was
nolens volens
as handelsvoorraad deur
die Kommissaris behandel. Die verkoop van die Bankkorps-aandele was ten volle
openbaar gemaak in die inkomstebelastingopgawes
en rekenings van die appellant.
In die lig van die grootte van die verlies wat deur die appellant gely is, kon
dit nie ongemerk gegaan
het nie. Die Kommissaris sou egter net die aftrekking
bevraagteken het indien die Kommissaris op daardie stadium verkies het om die
"all in"-basis van belasting van die appellant van die hand te wys. Die
Kommissaris wou klaarblyklik nie hierdie beslissing neem
nie. Insoverre die
appellant die aftrekking ten aansien van die verkoop van die Bankkorps-aandele
in 1978 geëis het en in 1981
vir die aandele in Federale Mynbou geëis
het dat hul van 'n kapitale aard is, toon dit nie 'n verandering in bedoeling
ten aansien
van sy beleggings nie. Indien die gewone belastingbeginsels op die
appellant in die verlede toegepas sou gewees het, is daar, myns
insiens, geen
twyfel dat die aandele in Bankkorps, soos dié in Federale Mynbou, as
kapitale bates beskou sou gewees het. Die
verskil in belastingbehandeling is net
'n gevolg van die appellant se besluit om nie langer belasting op die basis van
'n "all in"
maatskappy te aanvaar nie en daarop aan te dring dat alle
transaksies in die toekoms op hulle meriete, na gelang die bepalings van
die
Inkomstebelastingwet behandel word. (5) Ons is van mening, soos hierbo
uiteengesit, dat die eis dat die verlies op die verkoop
van die
Bankkorps-aandele irrelevant tot die beslissing in hierdie saak is en dat die
huidige saak beoordeel moet word hoofsaaklik
in die lig van die bedoeling van
die appellant ten aansien van die aandele in Federale Mynbou, wat gedoen
is."
41 Alhoewel daar in paragrawe (3) en (4) stellige bewerings van
'n
gevestigde gebruik en 'n gevestigde praktyk voorkom, kan 'n
mens nie uit die
uitspraak self agterkom wat die oorsprong daarvan is nie.
Dit mag selfs op 'n
blote veronderstelling berus. In ieder geval bevat die
uitspraak geen aanduiding
dat die bestaan al dan nie van 'n algemene gebruik in 1978 'n geskilpunt in
die
saak was nie. Daar is nie pleitstukke wat lig op die vraag kan werp nie.
Volkskas se beswaar teen die aanslag was nie voor die hof
a quo
geplaas nie,
en verskyn dus nie in die oorkonde nie; dit is in ieder geval onwaarskynlik
dat
'n mens daaruit iets verder wys sou kon word. Mnr
Smalberger
het
aangevoer
dat ons verder moet kyk, na die getuienis van Van Huyssteen en na
uittreksels
van die argumentshoofde wat namens die Kommissaris ingedien was en wat in
Volkskas se beswaar in dic huidige saak aangehaal word. Sy betoog was
eeter
nie dat dit daaruit blyk dat die vraag van 'n algemene gebruik in geskil was
nie,
maar die teenoorgestelde: dat die bestaan van so 'n gebruik namens die
Kommissaris erken was en dat dit dus gemene saak tussen die partye was.
Alvorcns ek nagaan of dit wel uit die genoemde bronne blyk, is dit nodig
om
42 kommentaar te lewer oor die implikasies van die betoog.
Die betoog druis in teen die gronde van beswaar wat Volkskas in
die
huidige saak geopper het (en terloops ook teen die bevinding
van die hof
a quo.
vroeër aangehaal, dat die kwessie van 'n algemene gebruik in die eerste
saak
'n geskilpunt was). Soos vroeër geblyk het, het Volkskas in sy beswaar
juis
aangevoer dat (onder meer) die vraag van 'n algemene gebruik in die
eerste
saak in geskil was, dat dit volledig in getuienis en argument uitgepluis
was,
en dat die hof toe 'n duidelike bevinding daaroor gemaak het. Dit was die
grondslag van die beroep op
res judicata
. Dit is ten minste
twyfelagtig of dit
nou vir Absa vrystaan om van daardie grondslag af te wyk en 'n nuwe een
te
opper. Dit is egter onnodig om verder daarop in te gaan, en ek is nie van
voorneme om dit te doen nie. Ek sal bloot veronderstel dat Absa wel die
betoog kan opper. In daardie
veronderstelling
moet daarop gewys word dat
die
betoog saamhang met die verdere submissie, reeds genoem in (bb) hierbo,
dat
dit vir geskilpunt-estoppel nie nodig is dat die betrokke vraag werklik in
geskil
hoef te gewees het nie. Mnr
Smalberger
het aangevoer dat die uitlating
tot die
43 teendeel in
Horowitz v Brock and Others supra
beperk
behoort te word tot die
besondere feite van daardie geval, en het hom beroep op
Boshoff v
Union
Government
en die feit dat in daardie geval in die vorige saak vonnis
by
verstek verleen is, wat beteken dat die bewering van kansellasie van die
huurkontrak nie in geskil geplaas was nie. Die beroep op
Boshoff v Union
Government
kan nie slaag nie. Die feite van daardie geval kan nie vergelyk
word met die feite in die huidige saak nie. Daar was die kansellasie
van die
kontrak 'n onmisbare, onontbeerlike bestanddeel van die eisoorsaak; dit is nie
hier die geval ten opsigte van 'n algemene
gebruik nie ( soos weldra meer ten
volle sal blyk). Volledigheidshalwe moet ook daarop gewys word dat in die
Engelse reg 'n vonnis
by verstek tans nie noodwendig die aanwending van
geskilpunt-estoppel regverdig nie (sien Spencer Bower en Turner.
Res Judicata
(2de uitg) par 196 op 157-160). 'n Vonnis by toestemming staan blykbaar op
'n ander grondslag (op cit par 41 op 37)), en dit mag wees
dat die uitdruklike
erkenning van 'n feit wat andersins in geskil sou gewees het, aanleiding kan gee
tot geskilpunt-estoppel (op
cit par 197 op 160-2). Dil is egter nie nodig
om
44 daarop in te gaan nie, vanweë wat nou volg.
Ek keer nou terug na die betoog hierbo genoem, eerstens met
verwysing
na die getuienis van Van Huyssteen. Hy het getuig dat
dit oor jare lank die
normale gebruik tussen Volkskas en die Kommissaris was dat Volkskas vir
belasting aangeslaan is op die grondslag dat alle winste uit sy
aandele-verkope
by sy inkomste ingesluit is en dat alle verliese uit sy verkope van
inkomste
afgetrek is. Volkskas se state en opgawe in 1978 was in ooreensiemming
met
die normale gebruik tussen Volkskas en die Kommissaris opgestel. Eers in
1981, ten opsigte van die Federale Mynbou-transaksie, het Volkskas besluit
om
'n ander rigting in te slaan. Dit is duidelik uit die oorkonde dat sy
getuienis in
hierdie verband beperk was tot die verstandhouding tussen Volkskas en die
Kommissaris. Hy het nie voorgegee om te getuig oor 'n algemene gebruik
van
die Kommissaris teenoor alle handelsbanke nie Wat dit betref is hy net
een
pertinente vraag gevra, teen die einde van sy getuienis. Die vraag was of
die
Kommissaris in 1978 alle banke as "all in" maatskappye behandel het. Sy
antwoord was dat dit die geval was voor die
Trust Bank
-saak, maar dat
hy hom
45 nie kon uitspreek oor die situasie na dié saak nie. Die
beslissing in die
Trust
Bank
-saak waarna hy verwys bet, is gegee in 1975. Gevolglik het
Volkskas
deur die getuienis wat aangebied is geen standpunt ingeneem oor die
bestaan
al dan nie van 'n algemene gebruik in 1978 nie. Tweedens verwys ek na
die
uittreksels uit die argumentshoofde namens die Kommissaris. Daaruit blyk
dat
daar veel gewag gemaak is van die feit dat Volkskas oor baie jare 'n
verstandhouding met die Kommissaris gehad het, waarvoigens Volkskas
konsekwent laat blyk het dat hy homself as 'n "all in" maatskappy beskou.
Weereens val die klem op die besondere verstandhouding tussen Volkskas en
die Kommissaris. Daar is sydelingse verwysings na die posisie van ander
handelsbanke, maar nie (soos mnr
Smalberger
tereg toegegee het) in
die
konteks van die bestaan van 'n algemene gebruik nie. Gevolglik blyk dit
dat
ook die Kommissaris geen standpunt ingeneem het oor die algemene gebruik
nie.
Uit die voorgaande oorsig blyk dit dat daar niks in die oorkonde is wat
daarop dui dat die Kommissaris die bestaan van 'n algemene gebruik erken
het
46 of dat dit gemene saak tussen die partye was nie. Die feitlike
grondslag van
die betoog ontbreek dus. Terselfdertyd is daar steeds ook geen aanduiding
dat
die vraag van 'n algemene gebruik in geskil was nie. Op die
beskikbare
gegewens het nie een van die partye die hof gevra om daaroor 'n bevinding
in
te bring nie. Wat die bof daaroor gesê het, was, wat die partye
betref,
onsevraag. 'n Mens moet aflei dat die partye die vraag nie geopper het
nie
omdat hulle dit onnodig beskou het vir die beslegting van die saak. En
inderdaad was dit onnodig, soos kortliks aangetoon kan word uit die
uitspraak
self.
Soos hierbo vermeld, begin die uitspraak met die stelling dat die enigste
geskilpunt is of die wins uit die verkoop van die Federale Mynbou-aandele
van
'n kapitale aard was al dan nie. Vanselfsprekend was dit van belang om te
ondersoek met watter bedoeling Volkskas die aandele aangekoop het en
watter
omstandighede daartoe gelei het dat hulle van die hand gesit is. Dit is in
die
uitspraak breedvoerig behandel. By die oorweging van Van Huyssteen se
getuienis in hierdie verband was dit ter sake om die Bankkorp-transaksie
ook
47 te behandel, omdal dit namens die Kommissaris opgehaal is in 'n poging
om
twyfel te werp op Van Huyssteen se getuienis oor die Federale Mynbou-
transaksie, soos blyk uit paragrawe (1) en (2) van die uitspraak hierbo. Dit
is
duidelik dat die hof bevind het dat die wyse waarop die
Bankkorp-transaksie
in 1978 in Volkskas se state en opgawe weerspieël is, inderdaad geen
twyfel
gewerp het op die getuienis aangaande die Federale Mynbou-transaksie nie.
Om tot hierdie bevinding te kom, was dit vir die hof hoegenaamd nie nodig
om
te oorweeg of daar 'n algemene gebruik in 1978 bestaan het nie. Dat dit so
is,
kan treffend gedemonstreer word deur 'n onteding van paragraaf (1)
hierbo.
Die betoog namens die Kommissaris, in verband met die beweerde dubbele of
gemengde bedoeling van Volkskas, was dat Van Huyssteen se getuienis nie
die
werklike bedoeling van Volkskas weergee nie, omdat Volkskas "belasting op
alle transaksies as 'n 'all in' maatskappy aanvaar het". Die hof het dit
moontlik
gevind om die betoog te verwerp, en het dit verwerp, sonder om enigsins
melding te maak van 'n algemene gebruik. Onder meer is daar gesê:
"Die feit dat die appellant verantwoordelikheid vir belasting op alle
transaksies aanvaar het, ongeag of van 'n kapitale of inkomste
aard, kan
48
nie afbreuk doen aan die bedoeling om 'n besondere bate as 'n kapitale bate aan
te skaf en te hou nie".
Dit was voldoende om die betoog af te
handel. 'n Soortgelyke benadering sou
klaarblyklik ook voldoende gewees het
om die betoog te verwerp wat in
paragraaf (2) genoem word, spesifiek ten
opsigte van die Bankkorp-transaksie.
Die voorsittende regter se stelling in paragraaf (3) dat die Kommissaris
ná die
Trust Bank
-saak in 1975 volhard het om in terme van die gevestigde
gebruik
'n handelsbank as 'n "all in" maatskappy te beskou, was in geen sin 'n
noodsaaklike deel van sy beredenering nie. 'n Mens kan aanvaar dat die
geleerde regter dit as 'n grondslag wou gebruik het vir sy bevinding dat
die
Bankkorp-transaksie "irrelevant" was, maar objektief gesproke was dit
geensins
nodig om dit te sê ten einde die betoog te verwerp nie. Dit blyk
duidelik uit
die laaste drie sinne van paragraaf (4) hierbo (vanaf "Insoverre die
appellant"):
daardie beredenering, met betrekking tot wat Volkskas tot in 1981
"aanvaar
het", kan staan soos dit is, sonder enige verwysing na 'n algemene gebruik,
en
is 'n voldoende grondslag vir die verwerping van die betoog.
Opsommend: die stelling in die uitspraak dat daar in 1978 'n algemenc
49
gebruik bestaan het, was gemaak ten aansien van iets wat nie in geskil was
nie,
en waaroor dit onnodig was om 'n bevinding te maak ten einde tot 'n
beslissing
te kom in die saak. Om in hierdie omstandighede 'n verweer van
res
judicata
in die vorm van geskilpunt-estoppel toe te laat, sou baie verder gaan as wat
al
ooit gebeur het, óf in die sake op provinsiale vlak óf in die
Engelse sake. Dit
sou onbillik wees teenoor die Kommissaris, en sou indruis teen die
billikheidsoorwegings wat so 'n verweer ten grondslag lê. Die
gemeenregtelike
vereistes vir 'n verweer van
res judicata
was streng omskryf, juis om
onreg te
voorkom (sien bv
Bertram v Wood supra
op 180). Billikheidsoorwegings
is
ook van deurslaggewendc bclang by die aanwending van geskilpunt-estoppel
in die Engelse regspraak (sien bv
Re State of Norway's Application (No
2)
[1989] 1 AH ER 701 op 7l4j). Gevolglik moet die moontlikheid om die
beginsels van
res judicata
tot enige bepaalde geval van
geskilpunt-estoppel uit
te brei, met groot omsigtigheid behandel word. In die omstandighede van
die
onderhawige geval kan daar geen twyfel wees dat Volkskas en Absa se
beroep
daarop afgewys moet word nie.
50 Om die voorgaande redes kan die beslissing van die hof
a quo
nie
staande gehou word nie. Dit is derhalwe onnodig om in te gaan
op die verdere
argumente van die advokate wat opgesom is in paragrawe (c) en (cc)
hierbo.
Ten aansien van die bevel wat uitgereik behoort te word, het
mnr
Smalberg
er aan die hand gedoen dat die saak as 'n
geheel na die Spesiale Hof
terugverwys behoort te word, sodat Absa die geleentheid kan hê om
die
verweer van
res judicata
by wyse van getuienis verder te probeer voer.
Dit sou
egter geen sin hê om aan dié versoek te voldoen nie. Die feite
waarop die
verweer verwerp staan te word, kan nie deur enige getuienis verander word
nie.
Die bevel van die hof is soos volg:
(1)
Die appèl word
gehandhaat met koste, wat insluit die koste van twee
advokate.
(2)
Die bevel van die Spesiale Hof
word tersyde gestel en vervang deur die
volgende:
"Die appellant se beroep op
res judicaia
word van die
51 hand gewys".
(3) Die saak word na die Spesiale Hof terugverwys vir verdere
afhandeling.
A S BOTHA AR
E M GROSSKOPF AR }
NESTADT AR }
STEM SAAM
VAN DEN HEEVER
AR }
NICHOLAS Wn AR }