About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 142
|
|
Flemming v Kommissaris Van Binnelandse Inkomste (748/92) [1994] ZASCA 142; 1995 (1) SA 574 (AD); [1995] 1 All SA 510 (A) (30 September 1994)
Saaknommer 748/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In
die saak tussen:
T.FLEMMING Appellant
en
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Respondent
Coram
: JOUBERT, BOTHA, SMALBERGER, HARMS ARR
et NICHOLAS Wn AR
Datum van Verhoor:
13 September 1994
Datum gelewer
: 30 September 1994
U I T S P R A A K JOUBERT.
AR:
Hierdie is 'n appèl direk na hierdie Hof vanaf die Noord-Kaapse
Inkomstebelasting Spesiale Hof ("die Spesiale Hof') kragtens
an 86A (5) van die
Inkomstebelastingwet 58 1962 ("die Wet'"). Die geskilpunt tussen die
2
patye is of die Kommissaris van Binnelandse
Inkomste ("die Kommissaris") se beshssing korrek is dat die appellant ("Mev.
Flemming")
as belastingpligtige vir dic belastingjaar geëindig 28 Februarie
1990 nie uit hoofde van an 11 (d) van die Wet by die berekening
van haar
belasbare inkomste op 'n aftrekking van R10 447-00 geregtig is nie. Mev.
Flemming se appêl na die Spesiale Hof teen
die Kommissaris se beslissing
is afgewys en die aanslag is bekragtig.
Mev. Flemming is die vruggebruikster van die plaas Leeubosch wat aan 'n
maatskappy behoort. Vir 'n inkomste verhuur sy die plaas as
'n weiplaas. Haar
seun mnr. H.C.J. Flemming het ten behoewe van haar in die Spesiale Hof getuig.
Volgens hom het mev. Flemming die
plaas teen R14 000 per jaar aan mnr. Meintjies
verhuur. Daar is op die plaas 'n bestaande boorgat (waama ek as die "eerste
boorgat"
sal verwys) met 'n windpomp en 'n gronddam om water vir die boerdery te
verskaf. Algaande het die eerste boorsat nie meer dieselfde
volume water as
vantevore gelewer nie. Mnr. Meintjies het as huurder aangedring op verbetering
van die watervoorsiening deur die
eerste boorgat vir die behoorlike uitoefening
van sy veeboerdery. Mnr. Flemming het toe reëlings met 'n boorman getref om
'n
ander boorgat te boor. Die tweede boorgat is tot 'n diepte van 56m geboor
maar dit is 'n droe" boorgat. Daar is toe 'n derde boorgat
ongeveer 600m vanaf
die eerste boorgat geboor. Dit is 81m diep en lewer voldoende water. 'n Nuwe
windpomp is op die derde boorgat
opgerig
3 met pype wat na 'n nuwe
dam aangelê is. In die derde boorgat is net soos in
die eerste boorgat 21 m boorgatvoering geplaas. Volgens mnr. Flemming is
die
eerste boorgat nie 'n droë boorgat nie. Dit lewer wel 'n
straaltjie water wat
deur 'n swart gesin benut word wat op die plaas
woon maar, soos vermeld, is
dit onvoldoende vir boerderydoeleindes. Die aftrekking van RlO
447-00
waarop mev. Flemming uit boofde van art 11 (d) van die Wet aandring,
omvat
die koste vir die boor van die tweede en derde boorgate, die 21m
boorgatvocring, die aankoop en oprigting van 'n nuwe windpomp en
windpomptoring vir die derde boorgat, die bou van 'n dammetjie en die
aanlê
van pype daarheen vanaf die nuwe windpomp.
Art 11 (d) van die Wet lui soos volg:
"
Algemene aftrekkings hy vasstelling van belasbare
inkomste
toegestaan.
By die vasstelling van die belasbare inkomste deur 'n persoon verkry
uit
die beoefening van 'n bedryf in die Republiek word daar as
aftrekkings
van so 'n persoon se aldus verkreë inkomste toegelaat -
(a)
. .
.
(b)
...
(c)
...
(d)
onkoste
werklik gedurende die jaar van aanslag aangegaan aan herstel van eiendom wat vir
bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten
opsigte waarvan inkomste ontvang kan
word, met inbegrip van onkoste aldus aangegaan aan die behandeling teen aanval
deur kewers van
hout wat deel van bedoelde eiendom uitmaak en bedrae uitgegee
aan die herstel van masjinerie,
gereedskap,
werktuie en ander artikels wat deur die belastingpligtige vir die doeleindes
van sy bedryf gebruik word."
Art 11 (d) van die Engelse teks van die Wet wat onderteken is, lui
soos
volg:
"General deductions allowed in determination of taxable income
For
the purpose of determining the taxable income derived by any person from
carrying on any trade within tbe Republic, thcrc shall
be allowed as deductions
from the income of such person so derivcd -
(a) ...
(b) ...
(c) ...
(d) expenditure actually incurred during the year of assessmenl on repairs
of property occupied for the purpose of trade or in rcspcct
of which income is
receivable, including any expenditure so incurred on the treatment against
attack by bcetles of any timber forming
part of such property and sums expended
for the repair of machinery, implements, utensils and other anicles employed by
the taxpayer
for the purposes of his
trade".
Die aftrekkings van onkoste
waanvoor art 11 (d) voorsiening maak, kan
in drie kategorieë verdeel word:
1 Die eerste kategorie slaan op onkoste wat gedurende die jaar van
aanslag werklik aan "
repairs of property
" wat vir bedryfsdoeleindes
geokkupeer word of ten opsigte waanvan inkomste ontvang kan word, bestee is. Die
woord "
property
" ("
eiendom"
in die Afrikaanse teks) is blykbaar
grond en geboue soos uit die konteks blyk deur die
gebruikmaking van die werkwoord "
occupied
" ("
geokkuneer word
"
in die Afrikaanse teks).
2 Die tweede kategorie verwys na onkoste wat gedurende die jaar van aanslae
werklik aangegaan is om hout wat deel van bedoelde eiendom
("
such
property
") uitmaak deur behandeling ie beskerm leen aanvalle deur kewers.
Hier verwys "
bedoelde eiendom
'' ("
such property
") terug na
"
property
" ("eiendom") soos aangewend
supra
in die eerste
kategorie, d.i. na grond en geboue wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of
ten opsigte waarvan inkomste ontvang
word.
3 Die derde kategorie het betrekking op onkoste wat bestee is aan die
"
repair
" ("
herstel
") van masjinerie ensovoorts wat die
belastingpligtige gedurende die jaar van aanslag vir doeleindes van sy bedryf
gebruik het.
Prima facie
verwys "
masjinerie, gereedskap, werktuig en
ander artikels"
na roerende voorwerpe.
Die woorde
"
repairs
", "repair" en "
herstel
" word nie in die Wet omskryf nie.
Dit volg dat hul gewone grammatikale betekenis aan hulle geheg moet word
ooreenkomstig die regsbeginsels
soos toegelig in
Landboukredietraad v
Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk en Andere
1990 (1) SA 106
(A)op
pll2 F-G:
"Dit is 'n erkende beginsel by die vertolking van wetgewing dat
die
6
woorde van 'n wetsbepaling in hul gewone grammatikale betekenis verstaan
moet word tensy dit uit die samehang van die betrokke Wet
sou blyk dat so 'n
vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sou see of tot 'n resultaat sou lei wat
strydig met die duidelike bedoeling
van die Wetgewer sou wees, in welke geval 'n
hof bevoeg sou wees om van die sewone grammatikale betekenis van die woorde af
te wvk
ten einde aan die duidelike bedoeiing van die Wetgewer gevolg te
gee"
en die gesag aldaar verwys.
Dit is die eerste kategorie van onkoste vermeld in ant ll(d) wat
in
hierdie appêl ter sprake is. Gevolglik is dit
gerade om te let op die
grammatikale betekenis wat standaard
woordeboeke aan sleutelwoorde in art 11
(d) se eerste gedeelte heg:
(a)
Oxford English Dictionary
. 2nd ed., vol 13 s.v.
repair
sb
[substantive]
1 (a) The act of restoring to a sound or
unimpaired condition; the
process by which this is accomplished; the result attained [obsolete].
Also pl [plural]. (b)
spec
[specifically]. Restoration of some material
thing or structure by the renewal of decayed or wom out parts, by refixing what
has
become loose or detached etc; the result of this. Also pl [plural] (freq in
mod. use) [frequently in modcm use].
2 (a) Relative state or condition of something admitting or
susceptible
of restoration in event of actual or possible damage or decay; chiefly of
buildings or other composite structures and in phr. [phrase]
in
good
(or
bad) repair. s.v.
repair
v [verb]
2 10 restore (a composite thing structure etc.) to good condition by renewal
or replacement of decayed or damaged parts, or by refixing
what has given way:
to mend.
3 To renew, renovate (some thing or part); to restore to a fresh or sound
condition by making up in some way for previous loss, waste,
decay or exhaustion
(In later use commonly with approximation to sense
2).
(b)
Websters Third New International Dictionary.
1993
s.v.
repair
n [noun]
1 (a): the act or process of repairing: restoration to a state
of
soundness, efficiency, or health (the boat was beyond
repair).
2 (a): relative condition with respect to soundness or need of
repairing
(the car is in reasonably good repair, the building is in poor
repair).
3
repairs
pl [plural]: the portion of maintenance charges expended
to
keep fixed assets in adequate and efficient operating condition
and
recorded on the books as expense - contrasted with
renewal
and
replacement
(c)
The
American
Heritage Dictionary
of the English Language
1981
s.v.
repair
tr. v.
[transitive
verb].
1
To
restore to sound condition after damage or
injury.
2
To set right,
remedy.
3
To renew or
refresh.
(d)
HAT. Verklarende Woordeboek
van die Afrikaanse Taal.
1994
s.v.
herstel
w w
[werkwoord]
1 (a) Terugplaas, terugbring . . .
(b) In sy oorspronklike toestand bring: 'n
Herstelde skildery
,
geskiedkundige gebou, ou Statebybel
.
2 Weer in 'n bruikbare toestand bring: 'n
Motor herstel, Kan
ons
nie probeer om hul griewe te herstel nie?
4 Weer tot sy vorige goeie toestand terugkeer:
Die veld.
mark
herstel stadigaan.
s.v.
herstel
snw [selfstandige naamwoord]
s
Proses resultaat van herstel herstelling. s.v.
herstelwerk
Werk bestaande in die heelmaak van
stukkende goed.
Die garage se herstelwerk is nie na wense nie.
(e)
Labuschagne en Eksteen:
Verklarende Afrikaanse Woordeboek,
8ste druk,
1992 s.v.
herstel
(s) [selfstandige naamwoord]
1 Genesing, beterskap
2 Regmaak
3 Terugplasing
s.v.
herstel
(w)
[werkwoord]
1
Genees
2
In
die vorige toestand terugbring of
terugkom
3
Wat stukkend is
repareer, in orde
bring
4
Verbeter
5
Terugbesorg
6
Gesond
word
7
Ongedaan
maak
8
Verwyder, uit die weg
ruim. s.v.
herstelwerk
Werk wat
gedoen word om iets reg te maak.
Die gemeenskaplike betekenis van al hierdie omskrywings in die
woordeboeke van "repair", "repairs" en '"herstel" is dat huile betrekking
het op
die reemaak, opknap of herstel van 'n voorwerp wat in vergelyking met sy vorige
toestand 'n gebrek of tekortkoming opgedoen
het. Uit die samehang van art 11 (d)
blyk dit dat daardie voorwerp fisies of konkreet is soos grond en
9
geboue. masjinerie, gereedskap, werktuie ensovoorts wat deur die
belastingpligtige vir doeleindes van sy bedryf gebruik word. (Volgens an
1 se
omskrywing van die woord "bedryf" sluit dit die "verhuur van
eiendom" in.)
Mnr. Derksen het namens mev. Flemming betoog dat die
plaas
Leeubosch 'n kapitaalstruktuur is. Voortbouende
hierop het hy beweer dat die
grondliggende beginsel tot art 11 (d) is dat 'n belastingpligtige
geregtig sou wees
om die verdienvermoë van 'n kapitaalstruktuur in stand te hou tot
die mate wat
laasgenoemde gehad het toe dit oorspronklik deur die belastingpligtige
verkry
is. Waar daardie verdienvermoë egter met tydsverloop verswak of
verklein het,
soos in die onderhawige geval met die eerste boorgat se
watervoorsiening,
behoort 'n belastingpligtige geregtig te wees kragtens art ll(d) op 'n
aftrekking
van sodanige uitgawes wat nodig is om die verdienvermoë te herstel
of te
behou wat die kapitaalstruktuur gehad het toe die belastingpligtige sy of
haar
regte ten opsigte daarvan verkry het. Op hierdie basis sou mev. Flemming
uit
hoofde van art 11 (d) geregtig wees op die aftrekking van die onkoste
van
RlO 447-00 weens die herstel van die verdienvermoë van die plaas
Leeubosch
deur die herstel van sy watervoorsiening.
10
My probleem met hierdie betoog van mnr. Derksen is dat cit uit die
002
verloor dat art 11 (d) nic regstreeks gemoeid is met
onkoste wat vir die herstel van die verdienvermoë van 'n eiendom deur 'n
belastingpligtige aangegaan is nie. Art 11 (d) het betrekking op onkoste wat aan
die herstel van die eiendom self bestee is. Ons
is ook nie deur hom verwys na
enige bepalings van die Wet waarop hierdie betoog kan stcun nie. Na my oordeel
is hierdie betoog sonder
meriete en derhalwe onaanvaarbaar.
In die Engelse regspraak word probieme ervaar om riglyne daar te stel ten
einde tussen die begrippe "repair" (herstel) en "improvement"
(verbetering) te
onderskei. Dit blyk veral uit gewysdes waar "covenants to repair" aangegaan is
maar kan ook op wetgewing betrekking
hê. Die probleme word vererger deur
die erkenning dat "repair might involve some degree of improvement." In
Morcom and Others v Campbell-Johnson and Others
[1955] 3 All ER 264
(CA)
het Denning LJ tereg op p 266F die volgende erkenning gemaak: "I find great
difficulty in framing a definition of what is an
'improvement' as distinct from
a 'repair'." Raadplceg ook gewysdes soos:
Lurcott v Wakely and Wheeler
[1911] 1 K B 905
(CA)
Margrett (H M Inspector of Taxes) v The
11
Lowestoft Water and Gas Company
19 T.C.
481.
Wates v Rowland
[1982] 1 All E R 470
(CA).
Ons regspraak
het tot dusver ook nie daarin geslaag om presiese riglyne neer te lê ten
einde die begrippe "repair" (herstel)
en "improvement" (verbetering) van mekaar
te onderskei nie. Die oplossing moet gevind word deur die toepassing van die
grammatikale
betekenis van "repair" (herstel) op die feite van elke spesifieke
geval.
Ek behandel nou die toepassing van die grammatikale betekenís van
die woorde "repair","repairs" en "herstel" in die onderhawige
saak.Mnr.Derksen
het betoog dat die eerste boorgat en die windpomp daarop as 'n ondergeskikte
deel van die plaas beskou moet word,
en dat "herstel van eiendom" ("repairs of
property") in an 11 (d) ook insluit die vervanging van 'n ondergeskikte deel van
eiendom
wat onklaar geraak het, soos byvoorbeeld blyk uit
ITC
1264.
39
SATC 133
en die gesag daar aangehaal. Die probleem met hierdie betoog is dat dit
nie pas op die feite van hierdie saak nie. Mev. Flemming
het nie bewys dat die
eerste boorgat of die windpomp daarop onklaar geraak het nie. Haar getuie het
gesê hy "glo" dat die wande
van die boorgat weggekalwe het,
maar
dit blyk dat sy geloof op hoorsé berus het dit was
gebaseer op "advies" wat hy van 'n boorman gekry het. Elders in sy getuienis
spreek hy die mening uit dat die eerste boorgat op 'n "swak aar" was. Daar is
dus geen toelaatbare of aanvaarbare getuienis dat daar
iets met die boorgat self
verkeerd gegaan het wat die vervanging daarvan genoodsaak het nie. Die feitelike
grondslag van mnr. Derksen
se betoog bestaan dus nie. Volgens die aangevoerde
getuienis moet dit aanvaar word, omdat die teendeel nie bewys is nie, dat die
beskikbaarheid van water uit die eerste boorgat verminder het bloot as gevole
van die feit dat daar ondergronds op daardie plek minder
water beskikbaar was.
Op daardie grondslag kan die nuwe boorgat nie beskou word as 'n herstel dcur
vervanging van die eerste een
nie, maar was dit 'n aanvulling van die plaas se
watervoorraad.
'n Analoë geval het hom in ITC 1097,
28 SATC 290
, voorgedoen waar 'n
verhuurder as belastingpligtige op sy verhuurde plaas 'n nuwe boorgat met 'n
windpomp 50 treë vanaf 'n ou
boorgat gesink het. Laasgenoemde het wel water
gelewer maar veel minder as voorheen. Geen herstelwerk is aan die ou boorgat
gedoen
nie. Die Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof het
tereg
13 die
verhuurder
se
appèl dat die onkoste vir die nuwe boorgat in terme van
art 11 (d) neerkom aan "herstel van eiendom" algewvs. Trollip R beslis
op
p29l soos volg:
"Gevalle van eintlike reparasies aan 'n bestaande boorgat is maklik om te
bedink en hierdie is nie so 'n geval nie. Ons insiens, kan
die sinking van 'n
nuwe boorgat op 'n ander plek op die plaas geensins as reparasie van die
bestaande boorgat beskou word nie. Nog
minder kan dit as
reparasie of herstelwerk aan die plaas self geag word
nie."
Verder beslis hy op p291 oor die nuwe boorgat die
volgende:
"Nog die ou boorgat nóg die plaas is daardeur herstel of
gerepareer nie; die ou boorgat werk nog steeds alhoewel met verminderde
waterlewering . . ."
Na my oordeel het Trollip R tot die korrekte resultaat gekom.
Die R10 477-00 het mev. Flemming nie as onkoste vir die herstel van die
eerste boorgat as 'n ondergeskikte en onafskeidelike deel
van die plaas bestee
nie. Sy het hierdie bedrag bestee aan die tweede en derde boorgate met 'n nuwe
windpomp nie "on repairs of property"
soos art 11 (d) vir 'n aftrekking vereis
nie. Sy het dit bestee vir die verbetering van watenoorsiening wat niks met
"repairs of
property" te doen het nie en derhalwe volkome irrelevant
vir
14 doeleindes van art 11 (d)is.
Dit volg dat na my oordeel het die Spesiale Hof tereg mev.
Flemmins
se appèl teen die Kommissaris se
beslissing afgewys en die aanslag bekragtig.
Die appèl word afgewys met
koste.
C.P. JOUBERT AR
BOTHA AR
SMALBERGER AR
STEM SAAM
HARMS AR
NICHOLAS Wn AR