Stead v Conradie en Andere (655/92) [1994] ZASCA 147; 1995 (2) SA 111 (AD); [1995] 1 All SA 472 (A) (29 September 1994)

65 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Suretyship — Obligation to release sureties — Appellant entered into a contract with respondents to acquire shares in Lowveld Breweries (Pty) Limited, which included a clause obligating him to release the respondents from their surety obligations — Appellant contested the validity of the contract and the enforceability of the release — Court a quo found the contract valid and enforceable, including the obligation to release the sureties — Appeal dismissed, confirming the obligation to release the sureties as valid and binding.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 147
|

|

Stead v Conradie en Andere (655/92) [1994] ZASCA 147; 1995 (2) SA 111 (AD); [1995] 1 All SA 472 (A) (29 September 1994)

Saaknommer: 655/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
HEYNS WILLMORE STEAD
Appellant
en
JACOBUS LOUIS CONRADIE
Eerste Respondent
ABRAHAM CAREL JACOBUS
WIID
Tweede Respondent
DIE ABRIE WIID TRUST
Derde Respondent
Coram:
JOUBERT, VAN HEERDEN, VIVIER,
F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR
Verhoordatum:
30 Augustus 1994
Leweringsdatum:
29 September 1994
2
UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:
Die respondente het aanvanklik 'n
aansoek in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die appellant geloods, maar
dit is vir verhoor
verwys. Nadat pleitstukke uitgeruil is, het die saak voor Van
Dijkhorst R gedien. Die hof a quo het benewens ander bevele 'n verklarende
bevel
uitgereik dat die drie respondente daarop geregtig is om deur die appellant
onthef te word van alle borgstellings wat deur
enigeen van hulle aan enige
skuldeiser van Lowveld Breweries (Pty) Limited ("die maatskappy") gegee is. Die
appellant appelleer met
verlof van die hof a quo teen die gehele uitspraak en
bevel van daardie hof.
Die appellant se verpligting om die respondente van hulle borgstellings te
onthef, vloei volgens die bevinding van die hof a quo voort
uit 'n skriftelike
kontrak ("die kontrak") wat die appellant op 29 Oktober 1990 met die eerste
respondent en ander persone gesluit
het. Die appellant het die kontrak aangegaan
met die oog daarop om die beherende aandeel in die
3
laatskappy te bekom.
Alvorens die bepalings van die kontrak en die
respondente se eweerde nie-nakoming van hulle kontraktuele verpligtinge oorweeg
word,
is dit odig om kortliks te verwys na die geskiedenis van die maatskappy en
die ersone wat daarby betrokke was.
Die maatskappy is op 12 April 1984 onder
die naam Arxmea Edms) Beperk met 'n aandelekapitaal van 100 aandele van Rl elk
geregistreer.
Die enigste ondertekenaar van die akte van oprigting, ene Veronica
Yvonne Robbs ("Robbs") het 10 aandele in die maatskappy opgeneem.
Sy het die 10
aandele oênskynlik aan ene Jakob Daniël Malan ("Malan") oorgedra. Sy
het 'n aandele-oordragvorm as oordraggewer
onderteken, maar die oordragvorm is
nooit deur Malan as oordragnemer onderteken nie. Die effek hiervan sal later
bespreek word.
Gedurende Februarie 1988 het die eerste respondent en ene Van
Doorn, 'n geoktrooieerde rekenmeester, besluit om die maatskappy by
Malan oor te
neem met die oog daarop om dakteëls in Nelspruit te vervaardig. Van
Doorn
4
se aandele sou gehou word in die naam van Jamarie Trust wat hy beheer het. Op
23 Februarie 1988 het Maían 'n aandele-oordragvorm
as oordraggewer
onderteken. Die oordragvorm is gebruik om 5 aandele aan die eerste respondent
oor te dra, maar die oordragvorm is
nie deur die eerste respondent as
oordragnemer onderteken nie. Die ander 5 aandele moes aan Jamarie Trust oorgedra
word, maar nóg
Malan nóg iemand namens Jamarie Trust het 'n
verdere oordragvorm onderteken.
Op 'n latere stadium het ene Van Rhyn en die tweede respondent belanggestel
om ook aandele in die maatskappy te bekom. Van Rhyn sou
die aandele in die naam
van Alpha Trust hou, terwyl die tweede respondent die aandele in die naam van 'n
trust wat hy en sy eggenote
beheer het, nl die derde respondent, sou hou. Daar
is toe besluit om die aandelekapitaal van die maatskappy na 1000 aandele van Rl
elk te vermeerder en om daarna toewysings van aandele te maak sodat die eerste
respondent, Jamarie Trust en Alpha Tmst elk in totaal
26% van die uitgereikte
aandele sou hou, en die derde respondent 22%. Op 17 Februarie 1989 is daar 'n
vergadering van
5
"aandeelhouers" gehou om die vermeerdering van aandelekapitaal goed te keur.
Die vergadering is bygewoon deur die eerste en tweede
respondente en Van Rhyn.
Die eerste respondent was wel oënskynlik 'n aandeelhouer, maar die tweede
respondent en Van Rhyn, of
hulle onderskeie trusts, sou eers na die
daaropvolgende toewysing van aandele vir die eerste keer aandeelhouers kon word,
en dan
slegs as daar aan al die formele vereistes voldoen was. Direk na die
aandeelhouersvergadering is daar 'n direksievergadering op 17
Febmarie 1989
gehou. Die volgende toewysings van aandele is toe goedgekeur: 47 aandele aan elk
van die eerste respondent en Jamarie
Trust, 52 aan Alpha Trust en 44 aan die
derde respondent. Die "direkteure" wat teenwoordig was toe hierdie besluit
geneem is, was
die eerste respondent, die tweede respondent, Van Rhyn en Van
Doorn. Soos later sal blyk, was nie een van hulle 'n direkteur van
die
maatskappy nie.
Hoe dit ook al sy, die maatskappy het 'n perseel in Nelspruit gekoop maar
teen die vervaardiging van dakteëls besluit. Op voorstel
van Van Rhyn het
die maatskappy as 'n brouery begin besigheid doen in 'n gebou wat op die
6
perseel opgerig is. Die naam van die maatskappy is toe ook na Lowveld
Breweries (Pty) Limited verander.
Gedurende die eerste helfte van 1990 het
dit vir die belanghebbendes duidelik geword dat die maatskappy finansiële
probleme ondervind.
Hulle het toe 'n kapitaalkragtige persoon gesoek wat
geïnteresseerd sou wees om 'n belang in die maatskappy te verkry en wat
bereid sou wees om kapitaal in die besigheid te stort. Van Rhyn was reeds sedert
sy skooljare met die appellant bevriend, en op 26
Julie 1990 het die appellant
'n vergadering in Nelspruit op uitnodiging bygewoon. Die ander aanwesiges was
die eerste respondent,
Van Doom en Van Rhyn. Tydens hierdie vergadering het die
appellant ondemeem om sekere fondse tot beskikking van die maatskappy te
stel,
maar het hy drie maande tyd verlang om te besluit of hy die maatskappy wil
oomeem, en indien wel, in die geheel of gedeeltelik.
Intussen sou die appellant
na inbetaling van die beloofde fondse die reg hê om die aandele van die
bestaande aandeelhouers
oor te neem teen betaling van die onderskeie bedrae wat
die maatskappy op leningsrekenings aan hulle verskuldig was. Die
7
leningsrekenings hier ter sprake was die volgende: die eerste respondent R100
000, Jamarie Trust R90 000 en die derde respondent R16
000. Die appellant het
daama R195 000 op die maatskappy se bankrekenings inbetaal, soos beloof.
Op 4 September 1990 het die appellant Rló 000 aan die tweede
respondent betaal vir die derde respondent se aandele en leningsrekening
in die
maatskappy. Die appellant, die tweede respondent en Van Rhyn het toe 'n kort
skriftelike ooreenkoms onderteken wat soos volg
lui:
"1990-09-04
Ek, A.J.C. Wiid, aanvaar namens Abrie Wiid Tmst Rló 000 as volle betaling
vir ons aandele en leningsrekening in Mitchell's
Lowveld Breweries (Pty)
Limited. Die aandele sal op H.W. Stead se aanvraag oorgedra
word."
Volgens die tweede respondent het die
appellant op dieselfde dag mondeling teenoor hom ondemeem om hom en die derde
respondent te
onthef van alle borgstellings wat hulle aan skuldeisers van die
maatskappy gegee het. Die appellant het ontken dat hy so 'n onderneming
gegee
het, maar die hof a quo het bevind dat daar wel so 'n onderneming was. Die
appellant het in ieder
8
geval in klousule 6 van die kontrak wat daarna op 29 Oktober 1990 onderteken
is, onderneem -
"Om mnr Conradie en Wiid so gou doenlik van alle waarborge
te
onthef wat ten gunste van die brouery geteken
is."
Die hof a quo het hierdie klousule van die
kontrak gerektifiseer deur die woorde "en die Abrie Wiid Trust" na die woord
"Wiid" in
te voeg. Die appellant se
advokaat het nie tydens sy betoog voor ons aangevoer dat hierdie bevel van
rektifïkasie nie in die lig van al die getuienis geregverdig
was nie. Na my
mening is daar geen rede om met hierdie bevel in te meng nie. Die kontrak van 29
Oktober 1990 lui soos volg:
"NOTULE VAN 'N VERGADERING GEHOU BY DIE BROUERY OP 29 OKTOBER 1990
TEENWOORDIG: JL Conradie
HW Stead
JL van Rhyn JW van Doom
BESLUIT
9
Dat Mnr Stead die aandele van Jamarie Trust en Mnr JL Conradie oomeem op die
volgende voorwaardes:
1) Mnr Conradie die huidige waarde van die gebou bepaal.
2) Die waarde
soos Mnr Conradie bepaal sal die basis vorm
waarteen JL Conradie en Jamarie
trust die gebou aankoop, wat sal
geskied na 4 maande vanaf vandag indien die
gebou nie voor die
tyd aan enige buite persoon verkoop word nie, wat meer
moet wees
as die waarde deur Mnr Conradie onder 1 hierbo bepaai.
3) Indien
die gebou aan 'n buite persoon verkoop word sal Jamarie
trust en JL Conradie
hulle volle leningsrekenings, soos bepaal met
die vergadering gehou op 26
Julie 1990, uitbetaal word uit die
fondse so gerealiseer.
4) Die aankoop van die gebou sal betaal word deur die
leningsrekenings in
Lowveld Breweries aan Mnr Stead te sedeer.
Enige tekort sal deur Jamarie
trust en JL Conradie in kontant aan
Lowveld Breweries uitbetaal word. Hierdie
betaling sal geskied
sodra die nodige finansiering by 'n bank verkry is.
5)
Die risiko van die brouery
gaan oor op Mnr Stead vanaf 29/10/90. Mnr Conradie bedank onmiddellik as
direkteur.
6)
Mnr Stead ondemeem om Mnr
Conradie en Wiid so gou doenlik van alle waarborge te onthef wat ten gunste van
die brouery geteken is.
7) Indien die verkoop van
die gebou meer realiseer as R350000.00
plus R50000.00 vir die koelkamers, sal
rente pro rata teen 15% op
die vier leningsrekenings betaal word van
29/10/90, maar beperk tot
die surplus bo die bepaalde bedrag."
10
Die kontrak is onderleken deur al vier persone wat teenwoordig was.
Na
sluiting van die kontrak op 29 Oktober 1990 het die eerste respondent
onmiddellik as direkteur van die maatskappy bedank en het
die respondente en Van
Doorn hulle geheel en al aan die besigheid van die maatskappy onttrek. Die
appellant is oënskynlik as
direkteur aangestel en hy en Van Rhyn het daama
de facto die effektiewe beheer van die maatskappy oorgeneem. Die appellant het
as
ervare sakeman klaarblykiik besef dat die aandele as sodanig waardeloos was,
en het nooit op oordrag van die aandele aangedring nie.
Sy Nelspruitse prokureur
het trouens op 29 Januarie 1991 in 'n brief aan die maatskappy geskryf dat die
appellant nie met die oorname
van die aandele voortgaan nie. Die maatskappy is
kort daama op 6 Maart 1991 op aansoek van die appellant, handelende in sy
hoedanigheid
as direkteur en skuldeiser van die maatskappy, in voorlopige
likwidasie geplaas. Die maatskappy is daama op 9 April 1991 finaal
gelikwideer.
In die hof a quo was die appellant se verweer teen sy aanspreeklikheid
ingevolge klousule 6 van die kontrak hoofsaaklik toegespits
op
11
die beweerde nietigheid van die kontrak. Die appellant het verskeie gronde
aangevoer waarom die kontrak nietig is, maar die hof a
quo het hulle een na die
ander verwerp. Hoewel die betoog van nietigheid nog kortliks in die appeilant se
geskrewe betoogpunte herhaal
is, het mnr Trengove dit nie namens die appellant
voor hierdie hof behandel nie, en het hy slegs twee argumente geopper. Ek mag
meld
dat mnr Trengove nie in die hof a quo vir die appellant verskyn het nie en
ook nie die appellant se geskrewe betoogpunte voorberei
het nie. Die twee
argumente wat hy wel verder toegelig het, is die volgende. In die eerste plek
het hy betoog dat daar nie 'n behoorlike
aanbod van prestasie deur die eerste
respondent en Jamarie Trust gemaak was nie. Die tweede argument is dat die
kontrak nietig is
omdat die "koopprys" van die gebou te vaag in die kontrak
omskryf is, en die bepaling van daardie "koopprys" afhankJik van die willekeur
van een van die kontrakterende partye was.
Ek sal eerstens handel met die argument dat die eerste respondent en Jamarie
Trust se aanbod om te presteer nie 'n behoorlike aanbod
was nie. Hierdie
argument gaan van die standpunt uit dat die kontrak wel geldig is.
12
Volgens die kontrak was die eerste respondent en Jamarie Trust verplig om
hulle aandele in die maatskappy aan die appellant oor te
dra, terwyl die
appeïlant op sy beurt ondemeem het om die respondente "so gou doenlik" van
hulle borgstellings ten behoewe van
die maatskappy te onthef. Die appellant se
betoog is dat die respondente nie op onthefHng van die borgstellings kon
aandring nie
tensy die eerste respondent en Jamarie Trust terselfdertyd die
aandele oorgedra het, of ten minste behoorlike oordrag daarvan aangebied
het.
Die appellant beroep hom dus op die sg exceptio non adimpleti contractus wat
alleen met sukses deur die appellant opgewerp kan
word as die eerste respondent
en Jamarie Trust voor of gelyktydig met die appellant moes presteer. (Vgl
Crisperte and Candy Co Ltd v Oscar Michaelis NO and Leopold Alexander
Michaelis NO
1947(4) SA 521 (A) op 537;
Kamaludin v Gihwala
1956(2)
SA 323 (C) op 326B-H;
Ese Financial Services (Pty) Ltd v Cramer
1973(2)
SA 805(Q op 809F-G;
B K Tooling (Edms) Bok v Scope Precision
En
gineering (Edms) Bpk
1979(1) SA 39l(A) op 415G-H, en vgl 418A-419H;
De Wet en Van Wyk,
Kontraktereg en Handelsreg
(5e uitgawe) vol 1,
196,
13
198.) Gesien die wederkerige bepalings van die kontrak waarna hierbo verwys
is, kon die appellant hom myns insiens wel op die exceptio
beroep het. Die
posisie is egter anders wat die derde respondent betref. Sy verpligting om sy
aandele aan die appellant oor te dra,
het voortgespruit uit die gemelde
ooreenkoms wat die appellant op 4 September 1990 met die tweede respondent,
handelende namens die
derde respondent, gesluit het. Volgens hierdie ooreenkoms
moes die derde respondent sy aandele eers oordra wanneer die appellant
dit
aanvra - en dit is gemene saak dat die appellant dit nooit aangevra het nie.
Daar was dus geen sprake van wederkerigheid van
verpligtinge in die geval van
die derde respondent nie, met die gevolg dat die appellant nie die exceptio teen
die derde respondent
kon opwerp nie.
Volgens die appellant se betoog was die eerste respondent en Jamarie Trust
nie in staat om enige aandele reëlmatig aan die appellant
oor te dra sodat
hy regtens die houer van daardie aandele en lid van die maatskappy kon word nie,
en was hulle aanbod om die aandele
aan die appellant oor te dra dus ook nie 'n
behoorlike aanbod nie. In hierdie verband steun die appellant op
14
die beslissing van die House of Lords in
Hichens Harrison Woolston &
Co v
Jackson & Sons
[1943] 1 All ER 128
(HL). Die regsbeginsel is daar
soos volg
deur Lord Atkin uiteengesit op 132C-E:
"My Lords, the obligations arising on an agreement to selí shares or
stock have been firmly settled for a number of years,
and the passage cited by
MacKinnon, L.J., from London Founders Assocn.,Ltd. v. Clarke (1), at p. 709, is
as good an authority as
any:
...the seller's
liability is satisfied by handing to the purchaser the transfer and certificates
of the shares in proper form, and
doing nothing either before or subsequently to
prevent the registration of the purchaser.
In other words he has to do all that is within his power to enable the purchaser
to secure the object of his purchase, viz., to put
himself into legal ownership
of the shares. Of course, he does not guarantee that the company will not in the
exercise of discretion,
or for some reason independent of himself, decline to
place the purchaser's name in the register of members. It appears to me
unnecessary
and, perhaps, misleading to express the obligation of the vendor in
terms of a warranty or warranties. It is an obligation arising
directly out of
the contract of sale that he will furnish the purchaser with a valid transfer
and be and remain willing up to registration
that, so far as he is concerned,
the purchaser shall have
15
the benefit of the transfer."
Lord Wright stel dit
soos volg op 134H en 135B :
"The true issue here is whether the sellers .... made a good
tender
of the shares to the buyer A seller of shares ought in law to be
held bound to tender an unexceptionable
transfer."
Die statute vervat in tabel
B in bylae 1 van die Maatskappywet 61
van 1973 ("die wet") was op die maatskappy van toepassing. Statuut 12,
wat
handel met die oordrag en oorgang van aandele, lui soos volg:
"Die akte van oordrag van 'n aandeel van die maatskappy wat nie 'n sekuriteit
ingevolge artikel 134 van die Wet is nie, moet deur
sowel die oordraggewer as
die oordragnemer verly word, en die oordraggewer word geag die houer van die
aandeel te bly totdat die
naam van die oordragnemer in die lederegister ten
opsigte daarvan ingeskryf is."
Daar was klaarblyklik
nie aan die bepalings van statuut 12 voldoen toe Robbs haar 10 aandele aan Malan
oorgedra het, of toe Maian
5 aandele aan elk van die eerste respondent en
Jamarie Trust oorgedra het nie. In die geval van Robbs se oordrag van die 10
aandele
aan Malan het Malan as oordragnemer
16
versuim om die oordragvorm te teken, en in die geval van Malan se oordrag van
5 aandele aan die eerste respondent het die eerste respondent
as oordragnemer
nagelaat om die oordragvorm te teken. Die oordragvorm van die 5 aandele wat
Malan aan Jamarie Trust oorgedra het,
was deur nóg die oordraggewer
nóg die oordragnemer geteken.
Die hof a quo was nie oortuig dat waar beide partye 'n oordrag wil hê,
en slegs die oordraggewer die oordragvorm teken, die
oordag nietig is nie. Daar
is steun vir daardie standpunt in die ou Engelse saak van
Re Taurine Co Ltd.
Beckwith and Robinson's Case
[1881-1885] All ER (Reprint) 772(CA). Dit wil
egter nie sê dat die eerste respondent aandeelhouer en lid van die
maatskappy
geword het nie. Statuut 12 van die maatskappy se statute bepaal dat
die oordraggewer geag word houer van die aandele te bly totdat
die naam van die
oordragnemer in die lederegister ingeskryf is. Daar het egter geen lederegister
van die maatskappy bestaan soos
deur art 105 van die wet en statuut 10(a) vereis
word nie, met die gevolg dat die naam van die oordragnemer van die aandele nie
ooreenkomstig
statuut 12 in so 'n register ingeskryf kon word
17
nie. (Vgl ook arts 103 en 133 van die wet.)
Aandele kan wel by wyse van
blote sessie oorgedra word (
McGregor's Trustees v Silberbauer
9 SC 36
op
38;
Randfontein Estates Ltd v The Master
1909 TS 978
op 981-2;
Liquidators,Union Share Agency v Hatton
1927 AD 240
op 251), maar dit
bring nie mee dat die sessionaris automaties lid van die maatskappy word nie.
Die appellant sou nie, in die lig
van die statute, bloot by wyse van
sessíe lidmaatskap van die maatskappy kon verkry nie. Dit was in ieder
geval ook nooit
die respondente se saak dat die eerste respondent en Jamarie
Trust hulle verpligting tot oordrag van die aandele deur 'n blote sessie
sou
bewerkstellig nie.
Dit is verder namens die appellant betoog dat die vermeerdering van
aandelekapitaal op 17 Februarie 1989, en die daaropvolgende toewysing
van
aandele op dieselfde dag, nietig was. Die maatskappy kon sy aandelekapitaai by
spesiale besluit vermeerder. (Art 75(1) (a) en
statuut 29(a).) Nie een van die
"aandeelhouers" wat by die algemene vergadering op 17 Februarie 1989 teenwoordig
was, was egter lid
van die maatskappy nie, met die gevolg dat geen
18
spesiale besluit tot vermeerdering van die aandelekapitaal aanvaar kon word
nie. Sonder die beoogde vermeerdering van die aandelekapitaal
was daar nie
voldoende aandele beskikbaar vir die toewysing van aandele wat op die
direksievergadering van 17 Februarie 1989 goedgekeur
is nie. Daarbenewens was
nie een van die "direkteure" wat daardie direksievergadering bygewoon het 'n lid
van die maatskappy nie,
en blyk dit ook nie dat hulle ooit reëlmatig of
andersins as direkteure aangestel is nie.
Dit volg dus dat daar verskeie regstellende stappe nodig was alvorens die
eerste respondent en Jamarie Trust reëlmatige houers
van die aandele sou
wees, en alvorens hulle 'n behoorlike aanbod aan die appelïant kon maak om
die aandele oor te dra. Ook in
die geval van die derde respondent sou dergelike
regstellende stappe nodig wees, maar slegs wanneer die appellant oordrag van die
aandele sou vra. Dit was nie die appellant se saak in die hof a quo dat sulke
regstellende stappe nie moontlik was, en dat mens dus
hier met 'n geval van
objektiewe onmoontlikheid van prestasie te doen gehad het nie.
Die probleem met die appellant se betoog dat daar nie
behoorlike
19
aanbod van prestasie was nie, is dat hierdie verweer nooit in die appellant
se
pleit geopper is nie en nooit 'n geskilpunt tydens die verhoor was nie.
Beide die
eerste respondent en Jamarie Trust het in die respondente se
deklarasie
aangebied om alle dokumente wat nodig mag wees om oordrag van die
aandele
aan die appellant te bewerkstellig, te teken en te lewer. Die appellant het
in sy
pleit bloot ontken dat die "tender regtens voldoende" was. Tydens die
voorverhoorkonferensie wat kort voor die verhoor gehou is, het die
respondente
vir die appellant gevra of hy nog beweer " dat die tender om oordrag van
die
aandele, vir soverre dit nodig mag wees. onvoldoende is". Die appellant
het
soos volg geantwoord:
"Ja. Die tender moes gepaard gegaan het met 'n tender om die verdere
verpligtinge ingevolge Aanhangsel 'B' [die kontrak] na te kom.
Daarbenewens is
die ooreenkoms soos vervat in Aanhangsel 'B' [die kontrak]
nietig."
Die appelïant is vervolgens tydens die
voorverhoorkonferensie gevra of hy erken dat Jamarie Trust 'n behoorlike aanbod
vir die
oordrag van die betrokke aandele gemaak het, en die antwoord was bloot
"nee". Hierdie
20
antwoord moet vertolk word in die lig van die feit dat Jamarie Trust nie 'n
party tot die geding was nie, en dat die aanbod in die
pleitstukke namens
Jamarie Trust deur die drie respondente gemaak is. ín die lig van die
appellant se antwoord hierbo aangehaal,
het die ontkenning dus slegs betrekking
gehad op die magtiging van die respondente om die aanbod namens Jamarie Trust te
maak. Dit
het egter by die verhoor geblyk dat hulle wel gemagtig was.
Die appellant het verder by die voorverhoorkonferensie daarop aanspraak
gemaak dat hy behoorlik as direkteur van die maatskappy aangestel
is, 'n
bewering wat inherent strydig is met die appellant se huidige argument dat die
persone wat voorgegee het om hom as direkteur
aan te stel, nie eens lede van die
maatskappy was nie.
Dit is namens die respondente betoog dat as die appellant se huidige
benadering met betrekking tot die ontoereikende aanbod 'n geskilpunt
by die
verhoor was, die respondente daarmee kon gehandel het. Die getuienis van die
eersïe respondent by die verhoor was dat
hy die nodige stappe sou doen as
daar enigiets verder met betrekking tot die oordrag van die aandele nodig gewees
het.
21
Die getuienis van Van Doom was tot dieselfde effek. Daardie getuienis is
nooit in geskil geplaas nie, en dit is nooit eens gesuggereer
dat hulle nie
instaat sou wees om hulle aanbod gestand te doen en die aandele behoorlik oor te
dra nie.
Die respondente se advokaat het verder daarop gewys dat die hof a
quo 'n omvattende wysiging van die appellant se pleit toegestaan
het nadat beide
partye reeds hulle saak gesluit het. Selfs op daardie laat stadium is dit nie
beweer dat die aanbod om te presteer
ontoereikend was omdat die betrokke partye
nie die aandele behoorlik aan die appellant sou kon oordra nie.
Die geldigheid van die tender om die aandele oor te dra, was dus nooit in
geskil nie. As dit 'n geskilpunt was wat behoorlik gepleit
was, sou die
respondente bes moontlik kon aantoon dat huile wel instaat was om behoorlik te
presteer. Dit kan nie van hierdie hof
verwag word om nou te spekuleer of die
respondente daartoe instaat sou gewees het of nie.
Hierdie hof het hom al dikwels uitgespreek oor die doel van pleitstukke, en
tot watter mate en in watter omstandighede 'n hof partye
sal toelaat om buite
die perke van hulle pleitstukke te gaan. In die bekende saak
22
van
Robinson v Randfontein Estates G M Co Ltd
1925 AD 173
het
Innes
HR die posisie soos volg gestel:
"The object of pleading is to define the issues; and parties will be kept
strictly to their pleas where any departure would cause
prejudice or would
prevent full enquiry. But within those limits the Court has a wide discretion.
For pleadings are made for the
Court, not the Court for pleadings. And where a
party has had every facility to place all the facts before the trial Court and
the
investigation into all the circumstances has been as thorough and as patient
as in this instance, there is no justiGcation for interference
by an appellate
tribunal, merely because the pleading of the opponent has not been as explicit
as it might have been."
(Vgl ook
ShiH v
Milner
1937 AD 101
op 105;
Imprefed (Pty Ltd v National
Transport Commission
1993(3) SA 94 (A) op 107B-108F.)
In die onderhawige saak is die betrokke geskilpunt nóg
in die pleit
(soos aangevul deur nadere besonderhede en soos later gewysig), nóg
tydens die
verhoor self aangeroer. Nou wil die appellant op hierdie laat stadium
aanvoer
dat die respondente nie aangetoon het dat hulle 'n behoorlike aanbod om
te
presteer gemaak het nie. Indien die punt egter behoorlik in die appellant se
pleit
geopper was, sou die respondente die geleentheid gehad het om getuiems te
lei
23
om hierdie aspek op te kiaar. (Vgl
Westinghouse Brake & Equipment
(Pty)
Ltd v Bilger Engineering (Pty) Ltd
1986(2) SA 555(A) op
574I-575A). Die
appellant het die respondente trouens op 'n dwaalspoor
gebring deur veral die
nadere besonderhede wat hy by die voorverhoorkonferensie verskaf het; en
daama het die appellant niks tydens die verhoor of in sy gewysigde pleit
gesê
om die saak reg te stel nie.
Die volgende opmerking in die
Imprefed
saak,
supra,
op 107G-I
is myns insiens ook op die onderhawige saak van toepassing:
"Particularly in this context, it goes without saying that a pleading ought
not to be positively misleading by refening explicitly
to certain clauses of the
contract as identifying the cause of action when another is intended or will at
some later stage - in this
case at the last possible moment - be relied upon. As
it was put by Milne J in
Kali v Incorporated General Insurances Ltd
1976
(2) SA 179
(D) at 182A:
'...a pleader cannot be allowed to direct the attention of
the
other party to one issue and then, at the trial, attempt to
canvass
another.'
This observation, one notes, was made at the time an
amendment
was sought (and refused), whereas in the present case the
appellant
steadfastly decided against any such application."
24
Na my oordeel sal die respondente onherroeplik benadeel word indien die
appellant toegelaat sou word om die hele basis van sy verweer
op hierdie laat
stadium so ingrypend te verander. In die omstandighede kan die appellant se
eerste argument nie slaag nie.
Die appellant het in die tweede plek betoog
dat die kontrak nietig is omdat die "koopprys" van die gebou te vaag in die
kontrak omskryf
is, en die vasstelling daarvan aan die diskresie van een van die
kontrakterende partye, nl die eerste respondent, oorgelaat is.
Dit is gemene saak dat "die gebou" ook verwys het na die grond waarop dit
opgerig was. Die kontrak bepaal dat die eerste respondent
die "huidige waarde"
van die gebou sal bepaal. Daardie waarde "sal die basis vorm" waarteen die
eerste respondent en Jamarie Trust
die gebou na vier maande sal kan aankoop,
indien die gebou nie voor die tyd teen 'n hoër prys aan enige buitestander
verkoop
word nie. Ek stem met respek saam met die geleerde verhoorregter dat die
normale betekenis van "huidige waarde" in die samehang waarin
dit gebruik is,
markwaarde is. Die feit dat die eerste
25
respondent na kontraksluiting die vervangingswaarde van die gebou gaan bepaal
het, is irrelevant vir sover dit die uitleg van die
kontrak self
betref.
Markwaarde van 'n eiendom is na my mening iets wat objektief
vasstelbaar is. As die eerste respondent en Jamarie Trust na verstryking
van die
vier maande tydperk die eiendom kon koop, sou dit dus teen 'n objektief
vasstelbare prys gewees het. So 'n prysvasstelling
was dus nie aan die
uitsluitlike diskresie van die eerste respondent, as een van die kontrakterende
partye, oorgelaat nie, met die
gevolg dat die kontrak nie om daardie rede
ongeldig was nie. (Vgl
Benlou Properties (Pty) Ltd v Vector Graphics (Pty)
Ltd
1993(1) SA 179(A) op 185F-188C.) Soos in die
Westinghouse
saak,
supra
. op 574C, deur
Corbett AR
opgemerk, kan kontrakterende
partye geldiglik ooreenkom "upon some external standard by the application
whereof it will be possible
to determine the price without further reference to
them."
Na my mening bepaal die kontrak in ieder geval nie dat een van die
kontrakterende partye die uiteindelike koopprys sou vasstel nie.
Dit is duidelik
dat die kontrak nie 'n koopkontrak was waarvolgens die maatskappy sy
26
onroerende eiendom aan enigiemand verkoop het nie. Die maatskappy was nie
eens 'n party tot die kontrak nie, en die potensiële
koper was ook nog
gladnie bepaal nie. Die maatskappy was klaarblyklik nie aan enige koopprys
gebonde nie, hoe ook al vasgestel. Die
eerste respondent moes weliswaar die
markwaarde bepaal ten einde 'n limiet vas te stel waaronder die gebou nie aan 'n
buitestander
verkoop kon word nie. Indien die gebou egter nie binne vier maande
bo daardie limiet aan 'n buitestander verkoop was nie, sou daardie
vasgestelde
markwaarde "die basis vorm waarteen [die eerste respondent] en Jamarie Trust die
gebou aankoop". Dit bíyk dus
dat die vasgestelde markwaarde slegs die
basis van die prys sou vorm; dit sou nie noodwendig die finale koopprys wees
nie. Bowendien
was die maatskappy nie gebonde om die gebou teen die vasgestelde
markwaarde, of teen enige prys aan die eerste respondent en Jamarie
Trust te
verkoop nie. As die maatskappy sou weier, kon die eerste respondent en Jamarie
Trust hoogstens die ander partye tot die
kontrak op grond van kontrakbreuk
aangespreek het.
In die lig van die voorgaande kan dit dus nie bevind word dat
die
27
kontrak ongeldig is vanweë die vaagheid van die "koopprys", of omdat een
van die kontrakterende partye die "koopprys" in sy uitsluitlike
diskresie kon
bepaal nie. Die appellant se tweede argument kan dus ook nie slaag nie.
Ek het reeds genoem dat die appellant in sy betoogpunte ook ander argumente
aangevoer het waarom die kontrak na bewering nietig sou
wees. Mnr Trengove het
egter nie in sy betoog op daardie punte gesteun nie, en is ek ook nie van
voomeme om daarmee te handel nie.
Ek sal volstaan deur te sê dat daardie
argumente na my oordeel sonder meriete is.
Die appèl word bygevolg van die hand gewys met koste, wat die koste
van twee advokate insluit.
F H GROSSKOPF AR
Joubert AR Van Heerden AR Vivier AR Van den Heever AR Stem saam.