S v Brits (407/1993) [1994] ZASCA 131 (26 September 1994)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Manslaughter — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of manslaughter and sentenced to five years' imprisonment, one year suspended — Appellant's claim of self-defense rejected by trial court — Evidence presented indicated appellant attacked deceased with a knife after a confrontation — Trial court found state witnesses credible and appellant's testimony unreliable — Appeal dismissed as appellant failed to demonstrate trial court's material misdirection in evaluating evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 131
|

|

S v Brits (407/1993) [1994] ZASCA 131 (26 September 1994)

Saak 407/1993
IN DÍE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen
CRAIG BRITS Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Hof: Joubert, Nestadt en Harms ARR
Verhoor: 12 September
1994
Uitspraak: 26 September 1994
UITSPRAAK
2
Harms AR:
Die appellant is aan strafbare manslag skuldig bevind in die streekhof,
Germiston en tot 5 jaar gevangenisstraf (waarvan 1 jaar opgeskort
is) gevonnis.
Sy appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling was deels suksesvol:
die helfte van die gevangenisstraf is
opgeskort. Hy appelleer tans met die
verlof van die hof a quo (Goldstein R en Tselentis Wnd R) teen sowel sy
skuldigbevinding as
vonnis.
Op 27 Oktober 1990 het die oorledene (Pieter Cordier) sy mondigwording aan
die huis van vriende gevier. Die appellant het vroegaand
per motor opgedaag om
sy vriendin, met wie hy skynbaar kort vantevore 'n uitval gehad het, te oorreed
om die partytjie te verlaat
en om hom te vergesel. Ietwat van 'n kommosie het in
die straat ontstaan en die oorledene se vader, Cordier snr, het die appellant
daaroor aangespreek. Na bewering van die staat het die appellant vir Cordier snr
gevloek waarop hy
3
die appellant deur die gesig geklap het. (Die appellant het beweer dat hy
sonder provokasie geklap is - iets wat moeilik te glo is.)
Die appellant is
daarop weg en het gaan poog om 'n aankiag teen Cordier snr aanhangig te maak.
Omdat die polisie twyfel oor sy nugterheid
gehad het, het hulle hom gevra om, as
hy nugter is, terug te kom. Hy is egter versoek om na die toneel te gaan waar
die polisie hom
sou ontmoet en poog om die saak op te klaar. Die appellant was
nie hiermee tevrede nie en terwyl die polisie na die Cordiers is,
het hy sy lot
by sy moeder, mev Brits, gaan bekla.
Wat presies by die Britse aan huis gebeur het, is onduidelik omdat veral mev
Brits teenstrydige getuienis oor hierdie aspek gelewer
het. Hoe dit ook al sy,
óf sy óf die appellant het daarop aangedring om die saak met die
Cordiers te gaan opneem. Brits
snr het skynbaar tevergeefs teenstand probeer
bied en op die ou einde is pa, ma, die jonger broer en die appellant na die
aanrandingstoneel.
Met hulle aankoms aldaar, het die ouerpaar en die
4
broer voor geloop en het die appellant kort op hulle hakke gevolg. Mev Brits
het die woord gevoer. Die antagoniste was Cordier snr,
sy vrou, hulle dogter
(mev De Bruin) en die oorledene. Cordier snr het teenoor die Britse erken dat hy
die appellant geslaan het,
hy het sy optrede probeer verduidelik en het 'n
verskoning aangebied. Mev Brits was nie beïndruk nie en die argument het
voortgeduur.
Cordier snr het toe skynbaar sy humeur verloor en die Britse
uitgedaag om hom te slaan.
Na die verloop van die gebeure direk hiema, keer ek binnekort terug omdat die
geruienis botsend is. Hoe dit ook al sy, die appellant
het die oorledene twee
messteke met 'n dolk toegedien en die oorledene is in die loop van die nag op
die operasietafel as gevolg
daarvan dood.
Direk nadat die appellant vir die oorledene verwond het, het hy gepoog om met
die motor weg te kom maar Brits snr het hom verhoed.
Die
5
appellant het gedreig om 'n vuurwapen te gaan haal om die ander te skiet.
(Mev Brits het hierdie getuienis betwis. Volgens haar was
sy bang dat die
appellant homself om die lewe sou bring. Feit is egter dat die appellant nie
hierdie getuienis wou weerspreek nie.
Ook het Brits snr nie getuig nie.) Hy het
toe weggehardloop. Later die nag het hy toe met sy vader by die polisie opgedaag
om homself
oor te gee.
Aangesien die enigste verweer een van noodweer is, is dit nodig om in meer
besonderhede met die getuienis ten aansien van die gebeure
rondom die messtekery
te handel. Dit word egter in gedagte gehou dat dit vir die staat is om te bewys
dat die noodweer objektief
nie bestaan het nie of dat dit oorskry is.
Die landdros het die appellant se beroep op noodweer verwerp. Sy uitspraak,
wat nie in alle opsigte volledig gemotiveer is nie, het
op die
6
volgende neergekom: hy was van oordeel dat, ten spyte van die teenstrydighede
tussen die getuienis van die onderskeie staatsgetuies,
hulle nogtans
geloofwaardig was. Hy het geen aanduiding van 'n samespanning gevind nie. Die
botsings was, na sy oordeel, toe te skryf
aan die emosie betrokke, die
omstandighede wat geheers het, die onverwagtheid van die messteke, en die
tydsverloop tussen die gebeure
en die verhoor. Hy was van mening dat die
objektiewe feite stawing aan die staatsgetuies se getuienis verleen het en nie
met die
appellant se weergawe te versoene was nie. Sy getuienis was te vol
weersprekings om van waarde te wees. En ten slotte, op die appellant
se eie
weergawe het hy nie in noodweer opgetree nie.
Aangesien die landdros in eerste instansie die beoordelaar van die feite is,
kan die appellant se appèl teen sy skuldigbevinding
alleen slaag indien
aangetoon word dat die landdros in wesenlike opsigte gefouteer het
7
in sy benadering tot die getuienis. In hierdie verband het die advokaat
namens die appellant besonder volledige betoogshoofde voorberei
en daarin, asook
tydens betoog, was die kem van haar aanval op die landdros se bevindinge dat hy
nie die weersprekings tussen die
getuies na waarde getakseer het nie - die
weerspreking sou so wesenlik wees dat geen skuldigbevinding aan die hand daarvan
moontlik
sou wees nie.
Ek is nie van voomeme om die staatsgetuies se getuienis weereens in die mate
onder die loep te neem as wat die advokaat sou wou hê
nie. Hulle getuienis
oor die fatale oomblikke kom in kort daarop neer dat nadat Cordier snr die
uitdaging gerig het, het van die
Britse met hom handgemeen geraak. Die appellant
het toe, bewapen met sy dolk, op hom afgestorm. Die oorledene moes dit bemerk
het
en het met woorde wat daarop gedui het dat hy sy vader wou beskerm, tussen
sy vader en die appellant inbeweeg. Die appellant het
toe die oorledene op een
of ander
8
manier vasgegryp en met die dolk gesteek.
Van kardinale belang is die aard en posisie van die messteke. Die een is aan
die linkerblad agter die oorledene se rug toegedien.
Dit het die long en hart
gepenetreer. Die ander was onder die linkerarm. Vanweë mediese ingrype was
dit nie moontlik om die
roete van lg wond met enige mate van sekerheid vas te
stel nie. Hierdie feite is alleen versoenbaar met die weergawe van die gebeure
deur mev De Bruin. Dit is so dat Cordier snr oor heelwat wat sy getuig het, niks
gesê het nie. Op daardie stadium was hy egter
met sy eie skermutseling
betrokke. Hy is ook nie daaroor uitgevra nie. Mev Cordier se beskrywing van die
gebeure is, mi, nie betroubaar
genoeg om 'n wesenlike bydrae tot die uitslag te
maak nie en ek verkies om liefs nie te veel op haar te steun nie. Daarmee word
nie
te kenne gegee dat sy ongeloofwaardig was nie. Inderdaad is daar talle
kleiner aanduidings wat onteenseglik op geloofwaardigheid
toon, soos bv die
rondborstige erkenning
9
dat die Cordiers se optrede deels vir die tragiese gevolge verantwoordelik
was. Omdat dit egter haar seun was wat gedood is, kan aanvaar
word dat sy meer
emosioneel betrokke sou wees en dat dit haar betroubaarheid as getuie kon
geaffekteer het.
Om mev De Bruin se getuienis van krag te ontdoen, is betoog dat daar 'n
redelike twyfel bestaan of sy die gebeure hoegenaamd waargeneem
het. Die
grondslag van die betoog was haar stelling in hoofgetuienis dat sy na die
gebeure en in geskokte toestand met kragwoorde
navraag gedoen het oor wie die
oorledene gesteek. In die samehang van haar getuienis is dit duidelik dat dit om
die booswig se identiteit
gegaan het. Die appellant se prokureur het nooit haar
weergawe dat sy die gebeure waargeneem het, betwis nie. Daar is ook geen ander
sinvolïe rede aan ons voorgehou waarom die landdros gefouteer het deur haar
getuienis te aanvaar nie. Die res van die betoog
het ongelukkig dikwels mank
gegaan aan 'n objektiewe
10
beoordeling van die getuienis en is kwistig gespekuleer aan die hand van
onbewese feite. Daarom ag ek dit nie nodig om die betoog
in meer besondemede te
behandel nie.
Let mens op die verdedigingsaak, is die weergawe namens die appellant gestel,
die volgende gewees: toe hy die toneel genader het,
het Cordier snr, die
oorledene en 'n derde op hom afgestorm. Hulle het hom in so 'n mate aangerand
dat hy mediese behandeling moes
ondergaan. 'n Geneesheer sou ter stawing getuig.
Ander het tot die aanval toegetree en hom gepak. Ten einde die aanvallers af te
skrik, het hy die mes gebruik en die oorledene waarskynlik raakgesteek.
Die appeliant se getuienis, daarenteen, was dat Cordier snr vir Brits snr
aangeval het; 'n groep mense, waaronder die oorledene, het
daarop na hom toe
beweeg. Hy het 'n redelike ent teruggeval. Hulle was ongewapen.
11 Toe begin
die mense - hy wis nie wie huile was nie - sonder om 'n woord
te sê of om hom te dreig, om hom te slaan. Hy het die mes uitgehaal
om
homself te verweer. Hy het bloot die mes in die middei vasgehou
en
rondgeswaai en het nie na enigeen gesteek nie. Hy kon nie enige
verduideliking gee waarom die oorledene steekwonde opgedoen het nie,
maar veral nie hoe dit gebeur het dat dit op die rug en onder die arm was
nie.
Op mev Brits se geruienis het die advokaat, heel tereg, nie staatgemaaknie.
Haar weergawe hou geen verband met wat óf die staatsaak
óf die
verdedigingsaak was nie. Brits snr is nie geroep nie. So ook nie die geneesheer
nie. Teen die objektiewe feite en mev
De Bruin se getuienis wat in wesenlike
opsigte gestaaf is, was daar dan net die appellant se patetiese verduideliking.
Na my oordeel
was die landdros se gevolgtrekkings volkome regverdigbaar.
12
Die hof a quo het met die getuienis in besonderhede gehandel en het 'n aantal
objektiewe feite gelys wat onteenseglik daarop dui dat
die staat se weergawe bo
redelike twyfel waar en die appellant s'n onwaar was. Omdat ek van oordeel is
dat die uitspraak in daardie
opsig juis is, is dit nie nodig om dieselfde gebied
weereens te dek nie. Dit volg dan dat die appèl teen die skuldigbevinding
afgewys moet word.
Wat vonnis betref, is reeds daarop gewys dat die hof a quo met die landdros
se vonnis ingemeng het deur 'n groter gedeelte van die
gevangenisstraf op te
skort. Die rede daarvoor was dat die hof van mening was dat, in die lig van die
appellant se persoonlike omstandighede
(tw jeugdigheid en 'n gebrek aan vorige
veroordelings) en die mate van provokasie deur Cordier snr, dit meer gepas sou
wees om die
helfte van die vonnis op te skort. Die betoog dat die appellant geen
effektiewe gevangenisstraf behoort te ondergaan nie, is verwerp
en wel om
die
13
volgende redes:
"In the event I am satisfied that the magistrate correctly concluded at page 196
of the record that the interests of society and
the seriousness of the offence
outweighed the personal circumstances of the appellant and that a period of
imprisonment had to be
imposed. When aïl is said and done, the appellant
took the life of a young man in a brutal attack with a dangerous weapon. This
was such a serious offence that a failure to impose a sentence of imprisonment
may bring the legal system into discredit with society
at
large."
Voor ons is betoog dat gemeenskapsdiens 'n behoorlike
vonnisopsie is en is verwys na S v Abraham 1990 (1) SASV 172 (K). Dit was 'n
geval van 'n 18-jarige wat 'n klip gegooi het tydens 'n oproer. Die hof het
toe,
14
tereg, geoordeel dat gemeenskapsdiens 'n gepaste vonnis daar sou stel. Daar
is egter geen verband tussen daardie saak en die onderhawige
nie. Dit is verder
met verwysing na dieselfde saak aan ons voorgehou dat die aangeleentheid terug
verwys behoort te word na die landdroshof
ten einde 'n proefbeamte-verslag te
bekom. Natuurlik is dit verkieslik dat so 'n verslag bekom word alvorens
effektiewe gevangenisstraf
op 'n jeugdige opgelê word. In die huidige
geval was die appellant regsverteenwoordig. Geen verslag is tydens die verhoor
aangevra
nie. Mens sou verwag het dat indien so 'n verslag enigiets tot die guns
van die appellant sou kon oplewer, die regsverteenwoordigers
teen dié tyd
(bykans 3 jaar na die vonnisoplegging) een ter beskikking sou gehad het. Daar is
geen rede om te vermoed dat
'n verslag enige verskil aan die gevolgtrekking dat
gevangenisstraf die gepaste vonnis is, sou maak nie.
'n Altematiewe betoog was dat, hoewel korrektiewe toesig nie
'n
15
beskikbare vonnis-opsie was toe die saak in die landdroshof en die WPA gedien
het nie, dit tans oorweging behoort te geniet. Hoewel
die betoog op die oog af
aantreklik is, moet dit faal omdat hierdie moontlikheid slegs dan oorweeg kan
word indien die hof wat die
diskresie tav vonnis uitgeoefen het (die hof a quo),
nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie (S v R
1993 (1) SA 476
(A)
485H-486B). Dat dit gebeur het, is mi nie aangetoon nie.
Die appèl word bygevolg afgewys.
LTC HARMS AR JOUBERTAR
en
NESTADT AR stem saam