About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 130
|
|
S v Kruger (464//93) [1994] ZASCA 130; [1995] 4 All SA 318 (A) (23 September 1994)
SAAKNOMMER: 464/93
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In saak tussen:
ISMAIL KRUGER
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: E M GROSSKOPF, KUMLEBEN ARR et
NICHOLAS WnAR
VERHOORDATUM
: 15 SEPTEMBER 1994
GELEWER
: 23 SEPTEMBER
1994
UITSPRAAK
KUMLEBEN. AR/
...
1
KUMLEBEN AR
:
Hierdie appèl is slegs teen vonnis gerig. Die
appellant, 'n 36-jarige man, het skuldig gepleit op 'n aanklag van diefstal,
naamlik, dat hy oor 'n tydperk van omtrent ses maande vleis ter waarde van R10
000,00 van 'n vleisonderneming gesteel het. Daarvoor
het die streekhof 'n vonnis
van 30 maande gevangenisstraf opgelê, waarvan 15 maande op 'n gepaste
voorwaarde opgeskort is.
Sy appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling van
die Hooggeregshof het misluk, asook sy aansoek om verlof om verder te appelleer.
Hierdie hof het egter sodanige verlof toegestaan.
Die feite wat tot die aanklag aanleiding gegee het, kan soos volg opgesom
word. Die appellant was in diens van 'n sekuriteitsmaatskappy
en is aangestel om
as sekuriteitsbeampte by die vleismaatskappy dienste te verrig. Hy moes as wag
by die hek van die
2
perseel optree. Kort nadat hy sy werk aldaar begin het, het hy ingewillig om
aan die wederregtelike verwydering van die vleis deel
te neem. Hy het werknemers
van die fabriek toegelaat om gesteelde kissies vleis deur die hek te neem.
Daarvoor het sy medepligtiges,
wat vermoedelik die gesteelde vleis vir eie gewin
verkoop of self gebruik het, hom geld betaal. Die presiese bedrae wat hy ontvang
het, is nie uit die oorkonde bepaalbaar nie - hy het bedrae van R25,00, R60,00
en R40,00 in die hof genoem.
Die verswarende faktore is vanselfsprekend. Die appellant het sy
vertrouensposisie misbruik deur die misdaad te bevorder in plaas
van dit te
bekamp. Hy het ook nie net eenmaal voor die versoeking geswig nie aangesien sy
optrede meermale oor 'n betreklik lang
tydperk plaasgevind het.
Teenoor hierdie oorwegings, bestaan daar heelwat, en na my mening gewigtige,
versagtende omstandighede. Hy is 'n eerste oortreder:
3
sy eerste en enigste misdryf is eers in sy dertigerjare gepleeg. Hy het 'n
maandelikse salaris van ongeveer R976,00 by die sekuriteitsfirma
verdien waaruit
hy sy vyf minderjarige kinders en sy vrou, 'n kankerlyer, moes onderhou. Ter
versagting het hy getuig dat hy die
misdryf gepleeg het omdat sy familie nie kos
gehad het nie en hierdie verduideliking is nie deur kruisondervraging in geskil
gestel
nie (verg
Rex v Motehen
1949(2) S.A. 547 (A) 550). Hy het 'n
bestendige en onafgebroke werksrekord en het homself in moeilike omstandighede
laat geld en
sy familie onderhou. Na skool het hy by die S A Vloot aangesluit en
was vir 18 jaar daar werksaam. Daarna was hy vir 9 maande 'n
selfstandige
boukontrakteur alvorens hy by die sekuriteitsfirma begin werk het. Na sy
afdanking weens hierdie misdryf, het hy weer
werk bekom by die Westelike
Provinsie Krieketklub waar hy 'n netto salaris van R212,00 per week verdien het.
Hy is, so neem ek aan,
nog huidiglik daar werksaam hangende die uitslag van
hierdie
4
appèl. Soos reeds genoem, het hy 'n ondergeskikte-, hoewel sleutelrol,
gespeel in die diefstal en nie direk of eweredig in
die opbrengs van die
gesteelde vleis gedeel nie. (Hierdie versagtende feite blyk uit die getuienis
van die appellant asook uit die
getuienis en verslag van 'n beampte van
Korrektiewe Dienste waama ek aanstons sal verwys.)
Na skuldigbevinding het die streeklanddros, myns insiens heeltemal tereg,
besluit dat die appellant na 'n korrektiewe toesigbeampte
verwys moes word om te
bepaal of hy 'n geskikte kandidaat vir korrektiewe toesig was al dan nie: die
landdros wou, soos hy dit gestel
het, "alle vonnisopsies in hierdie saak
oorweeg".
Lt Germishuys, 'n gekwalifiseerde maatskaplike werker en 'n korrektiewe
beampte van die hof, het 'n onderhoud met die appellant gevoer
en sy verslag
opgestel. Dit bevat besonderhede van die appellant se gesinsagtergrond, sy
kerklike affiliasie en besonderhede van
sy loopbaan,
5
waarvan sommige reeds hierbo genoem is. Ten slotte Iui hierdie beampte
se aanbeveling soos volg:
"DIE BESKULDIGDE KAN NIE AANBEVEEL WORD VIR KORREKTÏEWE TOESIG NIE. DIE
REDES IS AS VOLG: (i) HY WOON EN MOET BESOEK WORD IN
'n AREA WAAR GEREELD BENDE
GEVEGTE PLAASVIND EN DAAR OP MEKAAR GESKIET WORD. (2) DIE BESKULDIGDE VREES DAT
HY SY WERK SAL VERLOOR
AS DIE WERKGEWER MOET UITVIND VAN DIE AARD VAN SY MISDAAD
EN DAN HET SY GESIN GEEN INKOMSTE NIE.
'n BOETE KAN DIE
BESKULDIGDE MET SY INKOMSTE NIE BETAAL NIE EN DAAROM WORD VOORGESTEL DAT HY
BYVOORBEELD 21 JAAR GEVANGENISSTRAF OPGESKORT
KRY AS VONNIS."
Ek wys terloops daarop dat die aanbeveling van 'n algehele opgeskorte
vonnis 'n sterk aanduiding is dat in die afwesigheid van die twee
beweerde
struikelblokke, hy wel korrektiewe toesig sou aanbeveel het.
Ek neem die eerste rede eers in aanskou. Die appellant het
getuig dat:
6
"Naweke is dit, dis baie woelig by, dis baie woelig in Lavender Hill daar wat ek
bly meneer. So ek sal dit hartlik waardeer as ek
'even' net naweke by die huis
kan wees ook, u weet, want met die 'gang Gghtery' en so nou daar by my woning se
kant."
Dié omstandighede het hom egter nie verhoed om sy
werk Saterdae by die
Krieketklub te verrig nie.
Die landdros het wel deeglik die opsie van korrektiewe
toesig
in sy vonnis oorweeg. Hy sê soos volg:
"Ek het u verwys na die plaaslike beampte van korrektiewe dienste om te bepaal
of u 'n geskikte kandidaat is vir korrektiewe toesig.
Volgens sy verslag is u
nie 'n geskikte kandidaat nie,
aangesien
u in 'n area woon waar dit
moeilik is om die vonnis te kontroleer." (My beklemtoning.)
Die
onarwendbare atleiding, myns insiens, is dat
dit die enigste rede was
wat die landdros laat besluit het om korrektiewe toesig as die gewenste
strafmiddel te verwerp: indien die appellant in 'n veilige buurte gewoon
het
sou hy inderdaad hierdie straf opgeïê het. Hierdie gevolgtrekking
word
7
gestaaf deur die feite in verband met versagting reeds opgenoem.
Afgesien
van die praktiese probleem van kontrole, is hierdie geval, myns
insiens, by
uitstek een waar vonnis buite die gevangenis al die doelwitte van
straf sal
bevredig.
In die toonaangewende uitspraak van hierdie hof,
S v
R
1993(1) SA 476 (A) 488 G -I, het Kriegler WnAR soos volg opgemerk:
"[D]ie Wetgewer het ondubbelsinnig deur die klemverskuiwing, wat uit die
Wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf, hervonnend
maar desnoods
hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs primêr deur opsïuiting in
'n gevangenis haalbaar is nie. Waar
die wetgewende gesag so duidelik sy wens
uitgespreek het en waar die uitvoerende gesag (blykens die
wetsinwerkingstellende proklamasies)
paraat is om die nodige administratiewe
rugsteuning te verskaf, is dit die plig van regsprekers om die middele wat so
vrylik tot
hul beskikking gestel is daadwerklik op te neem. In die besonder moet
daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan
word sonder
gevangesetting, met al die bekende nadele aan laasgenoemde verbonde vir beide
die prisonier en die breé gemeenskap."
Die bekende
voordele
van korrektiewe toesig word deur Lt Kol Elsa
Jones
8
van die Departement van Korrektiewe Dienste soos volg aangestip:
"In contrast to imprisonment, correctional supervision has, among others, the
following advantages:
1 The probationer can benefit to the greater extent from the normalizing
influences of the community.
2 The probationer is not exposed to the negative influences of hardened
criminals and the prison sub-culture.
3 The rehabilitation process takes place within the community where the best
results can be obtained.
4 It is a more cost-effective sentence option.
5 There is less pressure on available prison space.
6 The isolating effect and the stigma attached to imprisonment are avoided.
7 To a large extent some negative results of imprisonment are eliminated, for
example
#
loss of
self-respect;
#
loss of income resulting in
the inability to provide for the family;
#
breaking up of family life
etc."
(
Correctional Supervision in South
Africa
:
The Practical Application
gepubliseer in
De Rebus
,
November 1993 bladsy 982 et seq.)
Die vraag is dus of die probleem aangaande monitering -
dat
9
dit moeilik mag wees of 'n mate van 'n risiko mag inhou - die
toepassing
van hierdie vonn van straf verydel. Oor monitering skryf Lt Kol
Jones
(op cit op bladsye 984 en 985):
"All probationers are subject to direct monitoring by correctional officers or
appointed volunteers, by means
of
#
telephonic
supervision at the workplace and at home;
#
visits to the workplace;
#
visits to
the probationer's residence (including after-hours
visits);
and
# compulsory visits by the probationer to the community corrections
office
for consultation."
Met eerbied teenoor die betrokke beampte en die streeklanddros, meen ek
dat hierdie vraag meer aandag moes geniet het deur nadere ondersoek en
ondervraging van die beampte sowel as die appellant. Die inperking van
vryheid deur huisaanhouding is die vernaamste strafelement van
korrektiewe
toesig. Volgens die verslag het die appellant se bure 'n telefoon (nommer
7019743) en vermoedelik kan hy met veiligheid dit antwoord om te
10
bevestig dat hy by sy huis is. Indien hy sy huidige werk behou of 'n ander
betrekking bekom ('n verdere oorweging wat nog bespreek
moet word), kan die
nodige kontak of kontrolering ook by sy werksplek plaasvind.
Die tweede rede in die verslag genoem vir die aanbeveling teen korrektiewe
toesig hou verband met wat die appellant aan Lt Germishuys
gesê het. Sy
beswaar - dat indien sy misdaad tot die kennis van sy werkgewer kom, hy sy werk
sal verloor - is kiaarblyklik
geopper in die verondersteHing dat gevangenisstraf
nie opgelê sou word nie - dan sou hy in iedere geval sy werk moes prysgee.
Om dié rede moet hierdie oorweging buiíe rekening gelaat word,
soos die streeklanddros ook gedoen het. Maar hierdie
oorweging - die feit dat sy
werknemer sy dienskontrak moontlik sou beëindig - verg ook verdere aandag
deur die korrektiewe beampte.
Die samewerking tussen die Departement van
Korrektiewe Dienste en welsynsorganisasies, veral Nimro, is alombekend. Moontlik
in
11
samewerking met een van hierdie instansies behoort sy werkgewer
deeglik
ingelig te word oor die aard van die misdaad, die versagtende
faktore, die
appellant se persoonlike en gesinsomstandighede, en die doel en
omvang
van korrektiewe toesig. Die besluit oor die behoud van sy dienste by die
Krieketklub, en indien nodig, die moontïikheid dat 'n ander betrekking
vir
hom gevind kan word, sal dan van belang wees by die vasstelling of
korrektiewe toesig wenslik en doenlik is. Om weer vir Lt Kol Jones aan
te haal in dié verband:
"OBTAINING EMPLOYMENT
The ideal situation is that every probationer should be employed so
as to be self-sufficient and able to support his family. One major
benefit of this sentencing option lies in the fact that the offender need
not lose his employment while serving his sentence in the
community.
An unemployed probationer being admitted to the system is expected to obtain
employment as soon as possible. Although it is the primary
responsibility of the
probationer to obtain employment, the Department of Correctional Services
assists probationers as far as
12
possible by utilizing the resources of employment officers who are also
members of the department."
(Op cit
bladsy 983.)
Ek sou dus die appèl handhaaf, die vonnis tersyde stel en die
saak
terugverwys na die streekhof vir heroonveging met inagneming van
wat in
hierdie uitspraak voorgestel word.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
E M GROSSKOPF AR) -Stem saam NICHOLAS WnAR)