Administrateur, Transvaal v J D Van Niekerk & Genote Bk (730/92) [1994] ZASCA 128; 1995 (2) SA 241 (AD); (23 September 1994)

70 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Interest on costs — Whether interest on a costs order accrues from the date of the order or the date of taxation — Appellant ordered to pay costs of appeal without provision for interest — Respondent sought interest on costs from the date of the initial judgment — Court held that, according to section 2(1) of the Prescribed Rate of Interest Act 55 of 1975, interest on a judgment debt accrues from the date it is "payable," which is determined by the date of taxation for costs — Appeal upheld, and the order of the court a quo set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 128
|

|

Administrateur, Transvaal v J D Van Niekerk & Genote Bk (730/92) [1994] ZASCA 128; 1995 (2) SA 241 (AD); (23 September 1994)

RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER
730/92
EB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die
saak tussen:
DIE ADMINISTRATEUR VAN
TRANSVAAL
APPELLANT
en
J D VAN NIEKERK
& GENOTE BK
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, NESTADT,
VIVIER, KUMLEBEN et
HARIVIS, ARR
VERHOORDATUM
: 2 SEPTEIVIBER 1994
LEWERINGSDATUM
: 23 SEPTEMBER 1994
UITSPRAAK
HEFER AR/....
2
HEFER AR:
Die vraag wat in hierdie appèl geopper is, is of 'n kostebevel
rente dra vanaf die datum waarop dit verleen word dan wel vanaf
die datum van
die takseermeester se
allocatur
.
Die bevel waarom dit gaan,
is deur hierdie hof verleen in 'n appèl vanaf die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling. Daarvolgens
is die huidige appellant gelas om die koste van
die appèl en die grootste gedeelte van die verhoorkoste van die huidige
respondent
se regsvoorganger te betaal. Geen voorsiening is daarin gemaak vir
rente op die koste nie. Nadat die verhoorkoste getakseer en betaal
is, het die
huidige respondent die hof
a quo
genader met 'n aansoek waarin 'n bevel
aangevra is (1) vir betaling van rente op daardie koste
vanaf die datum van
die aanvanklike vonnis in die Witwatersrandse Plaaslike Afdelinq
en (2)
waarvolgens verklaar word dat rente op die appèlkoste betaalbaar sou wees
vanaf die datum waarop uitspraak in hierdie hof qelewer is
. M J Strydom R
het die aansoek aangehoor en die aangevraagde bevel toegestaan maar verlof aan
die appellant verleen om na
3
hierdie hof te appelleer.
Die respondent se saak is uitsluitlik op art 2 van die Wet op
die
Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 gebaseer. Art 2
lui soos volg:
"(1) Elke vonnisskuld wat, as dit nie vir die bepalings van hierdie
subartikel was nie, nie na die datum van die vonnis of bevel uit
hoofde waarvan
dit verskuldig is rente sou dra nie, dra rente vanaf die dag waarop dié
vonnisskuld betaalbaar is, tensy daardíe
vonnis of bevel anders
bepaal.
(2) Rente wat ingevolge subartikel (1) betaalbaar is, kan verhaal word asof
dit deel uitmaak van die vonnisskuld waarop dit verskuldig
is.
(3) In hierdie artikel beteken 'vonnisskuld' 'n geldsom wat ingevolge 'n
vonnis of bevel, met inbegrip van 'n kostebevel, van 'n geregshof
verskuldig is,
en ook 'n deel van so 'n geldsom, maar nie ook rente wat nie deel van die
hoofsom van 'n vonnisskuld uitmaak nie."
Die betoog
namens die respondent kom in breë trekke daarop neer dat
'n
vonnisskuld vir doeleindes van art 2 as 'n enkele onverdeelbare
geheel beskou
moet word ten spyte daarvan dat verskillende bevele daarin beliggaam
mag
wees; en dat, tensy anders bepaal, rente op die skuld as geheel gehef
word
vanaf die datum waarop die vonnis verleen word.
Hierdie argument hou nie steek nie. In eerste instansie is die effek
van
art 2 nie dat rente gehef word vanaf die datum van
die vonnis nie maar wel.
4
soos in subart (1) uitdruklik voorgeskryf, vanaf die datum "waarop die
vonnisskuld betaalbaar is." Natuurlik, tensy anders in die
bevel aangedui en
onderworpe aan wat aanstons gesê sal word ten aansien van 'n kostebevel,
is 'n vonnisskuld betaalbaar op
die datum van die vonnis (
General Accident
Versekeringsmaatskappy Suid-Afrika Bok v Bailey NO
1988 (4) SA 353
(A) op
357 H), maar by die formulering van art 2 (1) is klaarblyklik rekening gehou met
gevalle waarin betaling van 'n geldsom op
'n toekomstige datum gelas mag word.
In sulke gevalle is die skuld nie betaalbaar voor die aangewese datum nie. (Vgl
Schenk v Schenk
1993 (2) SA 346
(ECD)) En omdat alle betalings wat in
verskillende bevele in dieselfde vonnis gelas word nie noodwendig op dieselfde
datum betaalbaar
is nie, bestaan daar boonop geen rede waarom daar by die
toepassing van die bepaling nie onderskei kan en moet word tussen die
verskillende
bevele nie. Dit spreek inteendeel vanself dat die betaaldatum van
elke betaling met die oog op die heffing van rente juis afsonderlik
vasgestel
moet word. Daarom kan rente op 'n kostebevel, tensy anders gelas, slegs gehef
word vanaf die datum waarop dit "betaalbaar"
5
("payable") is volgens die betekenis wat by wyse van die vertolking van
art 2
aan daardie woord geheg moet word.
In
(Marine & Trade Insurance Co Ltd v Katz NO
1979 (4) SA 961
(A) op 975 D-F het Trollip AR daarop gewys dat
" 'payable' can have at least two different connotations: (a) that which is
due or must be paid, or (b) that which may be paid or
may have to be paid. Cf
Concise Oxford English Dlctionary
.
sub voce
'payable'. The sense
of (a) is a present liability - due and payable - ... (b) ... a future or
contingent liability, ..."
(Kyk ook M
oodlev v
Community Development Board
1968 (4) SA 615
(D &
CLD) op 619 B-C.)
Dat die woord in art 2 (1) in die sin van "due and payable"
(
verskuldiq en betaalbaar
) gebruik is, val nie te betwyfe! nie. Ek
sê dit om verskeie redes.
Ten eerste is die feit dat, terwyl 'n vonnisskuld in subart (3) omskryf
word as 'n geldsom wat ingevolge 'n vonnis of bevel
verskuldiq
is, rente
daarop ooreenkomstig subart (1) gehef word vanaf die datum waarop dit
betaalbaar
is. Ten tweede, gedagtig daaraan dat die Wet betrekking het op
moratore rente (vgl
Katzenellenbogen Ltd v Mullin
1977 (4) SA 855
(A) op
883
6
B - 885 H;
SA Eagle Insurance Co Ltd v Hartley
[1990] ZASCA 106
;
1990 (4) SA 833
(A)
op 841 H-l) is so 'n voorskrif logies en verstaanbaar: desdanige rente kan
immers nie gehef word op 'n skuld wat nie betaalbaar
is nie omdat die skuldenaar
eenvoudig nie in
mora
is voor die aanbreek van die betaaldatum nie. (Vgl
Commissioner for Inland Revenue v First National Industrial Bank Ltd
[1990] ZASCA 49
;
1990
(3) SA 641
(A) op 653 A-B.) Ten derde is dit ewe duidelik dat die koste wat 'n
gedingvoerder aan sy teenparty moet betaal kragtens 'n ongekwalifiseerde
en
onomskrewe kostebevel, tensy anders ooreengekom, nie betaalbaar is voor taksasie
nie omdat so 'n bevel in die gewone loop van
sake nie anders vertolk kan word
nie as een waarvolgens die suksesvolle party geregtig is op betaling van sy
getakseerde
koste. Boonop kan uitvoering daarvan nie afgedwing word voor
taksasie nie (in die provinsiale howe ooreenkomstig reël 45 (2)
van die
Gekonsolideerde Hofreëls en in landdroshowe kragtens art 80 (3) van die Wet
op Landdroshowe 32 van 1944. Die uitspraak
in
Benson and Another v Walters
and Others
1984 (1) SA 73
(A) het betrekking op die verjaring van
p
rokureur en kliënt
koste en is nie
in pari materia
nie.)
7
'n Vierde rede is dat moratore rente gemeenregtelik slegs gehef word op
'n skuld waarvan die omvang bepaald is sodat die skuldenaar
weet wat die omvang
van sy verpligting is (Wessels:
Law of Contract in SA
(2 uitg) par 2909;
G A Mulligan: M
ora
1952 SALJ op 287). Innes HR se befaamde opmerking in
Victoria Falls & Transvaal Power Co, Ltd. v Consolidated Langlaaqte
Mines. Ltd
1915 AD 1
op 32 is steeds van toepassing. Daarin is op gesag van
Dig 50.17.99 ("
non potest improbus videri
.
gui ignorat
.
quantum
solvere debeat
") aangedui dat "the civil law did not attribute mora to a
debtor who did not know and could not ascertain the amount which he had
to pay";
vandaar die geykte beginsel dat moratore rente nie gehef word op ongelikwideerde
vorderings vir die betaling van skadevergoeding
en dergelike onbepaalde
vorderings totdat die omvang daarvan vasgestel is nie. (West
Rand Estates Ltd
v New Zealand Insurance Co
, Ltd
1926 AD 173
op 195;
Hartlev supra
op
841 H-l en die ander beslissings wat genoem word in M
uller v Mutual and
Federal Insurance Co Ltd and Another
1994 (2) SA 425
(C) op 446 (C).) Die
bedrag wat kragtens 'n bevel vir die betaling van party en party
8
koste betaalbaar is, word, in die afwesigheid van ooreenkoms tussen die
partye, deur taksasie bepaal. Totdat dit geskied, weet die
skuldenaar nie wat
die omvang van sy verpligting is nie en is daar geen manier waarop hy dit kan
bepaal nie. Kortom, tot op daardie
stadium verkeer hy nie in
mora
nie.
Daar is geen aanduiding in die Wet van 'n bedoeling om die bestaande reg
enigsins te verander nie. Alles dui daarop dat die
oogmerk was om praktiese
probleme uit te skakel (vgl
Katzenellenbogen supra
op 884 C-D) en, indien
die bedoeling was om die bestaande reg te wysig deur aan 'n vonnisskuldeiser
regte te verleen wat hy vantevore
nie gehad het nie, sou dit ongetwyfeld
onomwonde uitgedruk gewees het.
In die lig hiervan verbaas dit nie
dat die respondent se advokaat nie verwys het na enige ander geval waarin rente
toegeken is op
ongetakseerde party en party koste nie. Alle beskikbare
Suid-Afrikaanse gesag (waaronder
Kenrick v Central DM Co
1886 4HCG 36;
Geyser en 'n Ander v Pont
1968 (4) SA 67
(W) op 79 H - 80 C en
Paae
and Another v Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd and Another
1974 (3) SA 66
(ECD) op 71 B-C)
9
is daarteen. (Vgl ook Van Zyl:
Judicial Practice
929.) In sy
uitspraak het Strydom R breedvoerig aangehaal uit 'n reeks Engelse beslisslngs
maar in Engeland het die ondersoek na
die betaling van rente op gedingskoste
hoofsaaklik gewentel om bepaalde wetgewing en 'n besondere hofreël. Origens
is billikheidsoorwegings
in sommige uitsprake bygehaal wat geen effek kan
hê op die toepassing van die duidelike voorskrifte van art 2 van die Wet
nie.
'n Bespreking van die betrokke Engelse uitsprake sal geen nuttige doel dien
nie.
Die uitspraak van die hof a guo kan derhalwe nie gehandhaaf
word nie en die volgende bevel word verleen:
1. Die appêl word gehandhaaf met koste insluitende die koste van twee
advokate.
2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met 'n bevel
waarvolgens die aansoek van die hand gewys word met koste
10 insluitende die koste van twee
advokate.
J J F HEFER
APPèLREGTER
NESTADT, AR )
VIVIER, AR )
) STEM SAAM KUMLEBEN,AR )
HARMS, AR )