About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 127
|
|
S v Zondi (515/93) [1994] ZASCA 127 (22 September 1994)
CG SAAKNOMMER: 515/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
BHETHA B ZONDI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF et
VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 2 SEPTEMBER 1994
GELEWER
: 22
SEPTEMBER 1994
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Hierdie appèl gaan slegs oor vonnis, waarby die gevolge van a 271 A
van Wet 51 van 1977 ("die Strafproseswet") soos dit in
1991 ingevoer en in 1992
gewysig is, en die uitleg van a 39 (2) (b) van die Wet op Wapens en Ammunisie nr
75 van 1969 ("die Wapenwet")
in gedrang is.
Appellant is as beskuldigde 2
saam met ene Albert Magubane ("beskuldigde 1") in die streekhof in Johannesburg
aangekla, elk op afsonderlike
aanklagte. Beskuldigde 1 het skuldig gepleit op
klagtes 1 en 2, dat hy op 7 Augustus 1992 in onwettige besit was van 'n 9 mm
pistool
en vyftien 9 mm patrone ter oortreding van a 2 en 36 onderskeidelik van
die Wapenwet. Appellant het skuldig gepleit op klagtes 3
en 4: hy was die dag in
onwettige besit van 'n 7.5 mm rewolwer en vyf 7.5 mm patrone.
Hulle was regsverteenwoordig. Elk het 'n volledige pleitverduideliking
onderteken, ingedien, en bevestig. Die aankiaer het die feite
daarin uiteengesit
aanvaar. Hulle is op sterkte van daardie uiteensetting skuldig bevind.
Daarvolgens is beskuldigde 1, 'n
3
sekuriteitswag van Anglo Vaal, op 7 Augustus deur 'n mede-werker vertel van
iemand in Newlands wat vuurwapens verkoop. Beskuldigde
1 sou daardie dag met
verlof gaan. Sy vakansie-bonus is saam met sy salaris aan hom betaal. Hy moet
soggens om 04:00 na, en smiddags
weer om 18:00 van, sy werkplek die trein haal.
Hy het nie net dikwels op die rit aanrandings en rooftogte sien gebeur nie, maar
was
self eenkeer gelukkig dat 'n poging om hom van die bewegende trein af te
smyt, gefnuik is. Algemene wetteloosheid heers, volgens
die uiteensetting, in
die woonbuurte. Sy enigste doel met die aankoop van die vuurwapen was om homself
en sy gesin te beskerm. Omdat
hy en appellant by dieselfde spoorwegstasie op- en
afklim, het hy vir appellant gevra om saam met hom te gaan om die verkoper te
gaan spreek.
Hulle het die persoon na wie beskuldigde 1 verwys is by 'n huurmotor
standplaas gekry. Hy het hulle geneem na 'n huis in Newlands
en hulle
aangesé om daar vir hom te wag. Die verkoper is per motor weg. Toe hy
terugkom, het hy twee vuurwapens by hom gehad.
4
gehad. Beskuldigde 1 het sin in die 9 mm pistool gehad. Die prys was R900,00.
Die verkoper het vir beskuldigde 1 mooi beduie hoe die
wapen hanteer word.
Beskuldigde 1 het gesien dat daar patrone in die magasyn is. Nadat hy betaal
het, toe die twee wou loop, het
die verkoper hulle gekeer en vir appellant
probeer oorreed om die ander wapen te koop. Appellant het nie belanggestel nie.
Die verkoper
het begin kwansel, sy prys steeds verlaag, klem gelê op die
heersende geweld en misdadigheid, en appellant gewys op sy plig
om homself te
bewapen ter selfbeskerming. Appeliant, wat ook die dag sy loon ontvang het, het
uiteindelik toe die prys afgebring
is na R300,00, geswig en die rewolwer gekoop.
Daar was vyf patrone in die silinder daarvan.
Nadat die verkope afgehandel en geld betaal is, het die verkoper vir hulle
bier gegee en weer verdwyn. Hy het die polisie saam met
hom teruggebring. Dit
staan dus vas dat die twee nie alleen in 'n lokval beland het nie, maar dat die
verkoper vir appellant doelbewus
en volhardend in die versoeking gelei het.
5
Beide mans is middeljarig, getroud, met gesinne. Beskuldigde
1
was 'n eerste oortreder. Die twee klagtes waarop hy skuldig
bevind is,
is saamgeneem en hy is 'n stewige boete plus opgeskorte
gevangenisstraf
opgelê. Hy verdwyn hiema van ons toneel. Ten aansien
van appellant
het die aankiaer 'n SAP 69 voorgelê, wat so lyk:
"13.12.65 18 Months Imp. 3 Counts Theft - Grearm
taken as one for purpose
C/S 4(1) Act
of seníence 28/37 unlawful
possession of firearm
C/S 23(2) Act 28/37 unlawful possession of ammunition 73-05-07 R40 or 20 days
impr. Assault with
intent to do GBH- stick 86-07-15
9 months impr. which is Posse ssion suspended for 5 years on of ammuni-condition
that the accused
tion is not convicted of the unlawful possession of ammunition
(C/S 36 of
6
Act 75/69 or any later Act with similar provisions) committed in the period
of suspension."
Hy is getroud, het vier kinders waarvan die eersgeborene 23 jaar oud is en
die ander drie nog op skool, en het die afgelope 12 jaar
vir Anglo Vaal as
skoonmaker gewerk teen 'n loon van R900 per maand.
Die streeklanddros het by bepaling van 'n geskikte vonnis
daarop
ag geslaan dat "hy reeds drie vorige veroordelings" het,
waarvan twee in
verband met vuurwapens of ammunisie. Hy sê -
"Alhoewel die vorige veroordeling van 1965 ... nie in ag geneem word as 'n
verswarende faktor nie, bly dit steeds 'n vorige veroordeling
vir die doeleindes
van Wet 75/1969. En het dit tot gevolg dat [appellant] nie die keuse van 'n
boete by die oplegging van vonnis
kan kry nie."
Ek
kom later terug na hierdie benadering van die verhoorhof.
In appellant se geval is ook, omdat dit in wese een entiteit was wat hy
gekoop het, die twee klagtes saamgeneem. 'n Vonnis van 18
maande gevangenisstraf
is opgelê, waarvan helfte opgeskort is vir 5 jaar op
7
voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan oortreding van a 2 en/of a 36
van die Wapenwet gepleeg binne die tydperk van opskorting
nie.
Na afhandeiing
van die verhoor is beide die vuurwapens en al die ammunisie aan die staat
verbeurd verklaar.
Appellant het in hoër beroep gegaan teen die vonnis
aan hom opgelê. Regspunte is geargumenteer wat nie in die landdroshof
betoog is nie, dat appellant se 1965 veroordeling verkeerdelik in ag geneem is
as 'n vorige veroordeling vir doeleindes van die Wapenwet;
en dat die
streeklanddros fouteer het deur te bevind dat hy nie aan appellant op aanklag 3,
naamlik vir besit van die vuurwapen,
'n boetekeuse kon gun nie.
Die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het nie mev Zwiegelaar wat toe, en
weer in hierdie hof, namens appellant opgetree het, gelyk
gegee nie dat van
appellant se vroeër skuldigbevindings verval het vanweë wysigings van
die Strafproseswet. Omdat, so is
bevind. die landdros ook nie misgevat het in sy
benadering tot die feite nie, is die
8
appèl afgewys. Verlof tot verdere appèl is geweier maar deur
hierdie hof verleen.
A 271 A van die Strafproseswet is ingevoeg deur a 12 van
Wet 5 van 1991 en het op 23 Desember 1991 in werking getree. Dit maak
voorsiening
dat veroordelings aan daarin omskrewe oortredings, as veroordelings
verval indien 'n tydperk van 10 jaar na so 'n skuldigbevinding
verloop sonder
dat die veroordeelde weer skuldig bevind word aan "'n misdryf vermeld in Bylae
1".
Art 271 A van die Strafproses het naamlik vanaf 23 Desember
1991
gelui:
"Waar 'n hof iemand skuldig bevind het aan -(a) 'n misdryf in Bylae 1 vermeld,
en -
(i) die oplegging van vonnis ingevolge artikel
297 (1) (a) uitgestel het en daardie persoon ingevolge artikel 297 (2) ontslaan
het
sonder om vonnis op te lê of hom nie ingevolge artikel 297 (3)
opgeroep het om voor die hof te verskyn nie; of (ii) daardie
persoon ingevolge
artikel 297 (1) (c) met 'n waarskuwing of berisping ontslaan het'
9
of (b) enige ander misdryf as die in Bylae 1 vermeld; verval daardie
skuldigbevinding as 'n vorige veroordeling"
indien
die voorwaarde hierbo genoem deur die veroordeelde nagekom word.
Bylae 1
bepaal nie slegs die aard van die skuldigbevinding wat intrede van die voordeel
van rekord-skoonkry stuit nie, maar is ook
'n komponent van die definisie van
die veroordelings wat aldus kan verval.
Die primêre doel van Bylae l en sy voorgangers oor die jare, van selfs
voor Uniewording, was en is om regte te omlyn van beide
vredesbeamptes en
privaat persone, om arrestasie sonder lasbrief uit te voer en in die proses
straffeloos geweld te gebruik en selfs
te dood sou die gearresteerde weerstand
bied of vlug. Kyk artikels 40 (1) (b), 42 (1) (a) en 49 (2) die Strafproseswet.
In
Areff v Minister van Polisie
1977 (2) SA 900
(A) is die geskiedenis
van Bylae 1 by die destydse Strafproseswet nr 56 van 1955 nagespoor, en besluit
dat die wetgewer met die woorde
"misdrywe waarvoor gevangenisstraf vir 'n
langer
10
tydperk as ses maande opgelê kan word", statutêre oortredings
beoog wat van voldoende ems is dat die wetgewer aan die
howe ook statutêr
jurisdiksie verleen het om effektiewe gevangenisstraf van meer as ses maande ten
opsigte daarvan op te lê.
Die oorwegings wat tot daardie uitleg genoop
het, geld ook t.a.v. die sinsnede "'n Oortreding ... waarvoor gevangenisstraf
vir 'n
langer tydperk as ses maande sonder die keuse van 'n boete opgelê
kan word" in Bylae 1 by die (huidige) Strafproseswet. Die
Bylae het dieselfde
doel en volg dieselfde patroon as sy voorganger, met onbenullige verskil in
detail.
In soverre as wat dit tersaaklik mag wees, moes appellant se 1973
skuldigbevinding uit sy SAP 69 gewis gewees het: hy is in daardie
jaar nie
skuldig bevind aan die gemeenregtelike geweldsoortreding wat in die Bylae gelys
is, naamlik "aanranding waarby 'n ernstige
wond toegedien is" nie, maar soos
blyk uit sy SAP 69 hierbo aangehaal, aan aanranding mel die opset om ernstige
liggaamlike leed
aan te doen. Die wysiging van a 271 A van die Strafproseswet in
1992 op so 'n wyse dat Bylae l
11
nie langer 'n komponent is nie van die definisie van óf oortredings
wat uit 'n veroordeelde se rekord deur tydsverloop gewis
kan word, óf
misdrywe waardeur verkryging van die reg tot sulke uitwissing gestuit kan word,
ontneem nie aan appellant regte
wat die wetgewer en tydsverloop in hom gevestig
het op 23 Desember 1991 nie. A 271 A bepaal nie dat 'n vorige veroordeling slegs
by latere skuldigbevinding vir vonnisdoeleindes buite rekening gelaat moet word
indien die veroordeelde vir 10 jaar die voorgeskrewe
voorwaarde nagekom het nie.
Die bewoording van die artikel is duidelik: die vorige veroordeling
vervaL
d.w.s. hy verloor sy geldigheid of waarde, word ongedaan gemaak.
Na 1973 het appellant vir meer as 10 jaar nie met die gereg op enige
wyse gebots
nie. Die landdros het in sy uitspraak oor vonnis hierdie 1973 veroordeling
opgenoem, scil. as nog geldig aangeteken op
appellant se kerfstok. Daar is geen
aanduiding, eenkant toe of die ander, of dit hom beïnvloed het in sy
oorweging van wat 'n
gepaste straf vir appellant se huidige oortreding sou wees
nie.
12
Die drieledige 1965 veroordeling het egter nie op 23 Desember 1991 verval
nie, omdat dit nie ingevolge a 271 A daarvoor kwalifiseer
nie. Twee van die
komponente waarvoor 'n gesamentlike vonnis aan appellant opgelê is, is
statutêre oortredings ten opsigte
waarvan daar nie 'n plafon van 6 maande
gevangenisstraf deur die wetgewer bepaal is nie. Die derde komponent, die
diefstal, is 'n
gemeenregtelike oortreding wat wel in Bylae 1 gelys is, maar
appellant is nie daarvoor slegs berispe of gewaarsku nie, maar daarvoor
(toegegee, vir die ander skuldigbevindings ook) gevangenisstraf
opgelê.
Die 1965 skuldigbevinding vir onwettige besit van 'n vuurwapen
en ammunisie moes egter om 'n ander rede as uit hoofde van a 271 A
van die
Strafproseswet buite rekening gelaat gewees het as 'n vorige veroordeling "vir
die doeleindes van Wet 75 van 1969", en was
nie.
Die statuut wat die besit van wapens en ammunisie gereël het toe
appellant in 1965 skuldig bevind is, was nr 28 van 1937, soos
gewysig. Artikels
4 (1) en 23 (2) was die voorgangers van artikels 2 en 36 van die
13
huidige Wapenwet. Die 1937 statuut is met wysigings en al deur sy
vervanger, die Wapenwet, herroep in a 46 (1), "behoudens die bepalings
van
sub-artikels (2) en (3)". Al wat deur genoemde sub-artikels uit die
verlede
behou word, is dat sowel permitte kragtens 'n herroepe wet
uitgereik as verklarings van onbevoegdheid om 'n wapen te
besit
daarkragtens gedoen, nie verval nie maar geldig bly. A 39 (2) van
die
Wapenwet bepaal dat -
"'n Persoon wat aan 'n misdryf
ingevolge hierdie Wet
skuldig bevind word,
is strafbaar -
(b) in die geval van -
(i) 'n oortreding van of
versuim om te voldoen aan 'n bepaling van artikel 2 ..., 18, 25, 28, 29, 35 ...
of 36
met 'n boete van hoogstens R12 000 of met gevangenisstraf van hoogstens drie
jaar [die Engelse, getekende, weergawe het 'five years']
of met sowel daardie
boete as daardie gevangenisstraf, of,
in die geval van 'n tweede of
daaropvoleende skuldigbevinding weens 'n in hierdie paragraaf bedoelde
misdryf
. met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar". (My
beklemtoning.)
14
'n Vorige veroordeling wat die hof se diskresie t.a.v. vonnis aan bande
lê, is dus een weens 'n oortreding in
hierdie paragraaf
van
hierdie wet
genoem. Veroordelings met ooreenstemmende inhoud geskep in
die Wapenwet se voorganger word nie hier genoem nie, ook nie in a 46 nie.
Die
uitdrukíike bewoording van die statuut laat geen ruimte nie vir die
landdros se gemelde bevinding dat appellant se 1965
veroordeling kragtens 'n
ander statuut, "steeds 'n vorige veroordeling (bly) vir die doeleindes van Wet
75 van 1969".
Ten slotte is namens appellant betoog dat die wetgewer met a 39
(2) (b) bedoel dat die hof se diskresie t.a.v. vonnis aan bande gelê
word
by 'n tweede skuldigbevinding slegs indien die beskuldigde weer dieselfde
artikel oortree as wat hy die vorige keer oorlree
het. Kortom, dat 'n
skuldigbevinding vir oortreding van a 36, byvoorbeeld, nie as 'n tweede
skuldigbevinding beskou moet word nie
indien die veroordeelde vantevore aan
oortreding van artikel 28 of 35 skuldig bevind is.
Hoewel dit meer eksplisiet bewoord kon gewees het, meen ek
dat
15
advokaat Zwiegelaar hierin gelyk gegee moet word. Sy het aan die
hand
gedoen dat die woord of in plaas van en in die lys van tersake
artikels
in a 39 (2) (b) (i) aangestip, tesame met die gebruik van 'n in
plaas van
enige
in die sínsnede,
'n tweede ...
skuldigbevinding weens 'n in hierdie
paragraaf bedoelde misdrvf
.
die uitleg wat sy voorstaan onderskraag. Die
wetgewer kon inderdaad indien hy
wou voorskryf dat 'n tweede
veroordeling weens
enige
oortreding in a 39 (2) genoem, deur 'n
verpligte vonnis getref moet word, dit ondubbeisinnig gestel het soos wat
hy elders gedoen het, byvoorbeeld in a 163 (2) van die Drankwet nr 27
van 1989:
"Enigiemand wat skuldig bevind is aan 'n misdryf in subartikel (1) beoog binne
'n tydperk van vyf jaar nadat hy skuldig bevind is
aan
enige misdryf
in
daardie subartikel beoog, is strafbaar met twee maal die boete of
gevangenisstraf wat vir daardie misdryf opgelê kan word,
of met daardie
boete sowel as daardie gevangenisstraf ..." (Ek
onderstreep.)
Die Engelse (amptelike) weergawe van a
39 (2) (b) praat van "a
16
second or subsequent conviction for an offence" - nie "
anv
of the
offences" nie - "referred to in this paragraph". My Engelse woordeboek definieer
a (of an voor 'n kíinker) as "indefinite
anicle functioning as an
adjective ... used before nouns and noun phrases that denote a single, but
speciGed,... thing."
Anv
sou aan die leser 'n keuse uit 'n verskeidenheid
gun, an nie.
Hierdie uitleg rym met geykte beginsels van wetsuitleg waarvolgens 'n
beswarende bepaling altyd streng uitgelê word. Die voorskrif
is 'n
onbillike, omdat gevangenisstraf gebiedend word vir 'n tweede veroordeling na sy
aard en nie sy erns nie; en in poenalibus
Die landdros het klaarblyklik dieselfde uitleg aan hierdie artikel gegee,
soos blyk uit sy kommentaar t.a.v. die gevolge wat die 1965
veroordelings
volgens sy siening vir appellant ingehou het. wat vroeër aangehaal is. Hy
was bewus van die 1986 skuldigbevinding
vir besit van ammunisie. Indien hy
gemeen het dat 'n skuldigbevinding aan
enige
van
17
die oortredings in a 39 (2) (b) op sterkte dáárvan moet lei tot
verpligte gevangenisstraf, is 'n verwysing na die 1965
geskiedenis heeltemal
irrelevant, veral waar dit "nie in aggeneem word as 'n verswarende faktor nie".
Hy het om dieselfde rede klaarblyklik
nie gemeen dat, ondanks die 1986
veroordeling, effektiewe gevangenisstraf gepas sou wees vir appellant se huidige
besit van patrone
nie - om goeie rede, die goed was maar 'n onderdeel van die
hoofaankoop, die vuurwapen. Wat hom laat besluit het dat effektiewe
gevangenisstraf
appellant se voorland is, was die 1965 veroordeling: dit moet
wees, vir onwettige besit van 'n vuurwapen. Bloot opgeskorte gevangenisstraf
het
hy onvoldoende beskou vir die huidige besit van 'n vuurwapen, en hy het gemeen
dat die 1965 veroordeling ook vir besit van 'n
vuurwapen verhoed het dat hy vir
'n tweede veroordeling aan appellant die keuse van 'n boete kon gun: dít,
die 1965 veroordeling,
"het ... tot gevolg dat [appellant] nie die keuse van 'n
boete ... kan kry nie".
Om dan tot dusver op te som:
18
-
Die verhoorhof het
verkeerdelik beskou dat die 1973 veroordeling weens aanranding met die opset om
ernstig te beseer, steeds 'n swart
merk teen appellant se naam daarstel. Die
misvatting het egter na alle waarskynlikheid geen noemenswaardige invloed op
vonnisbepaling
vir die huidige oortredings gehad nie.
-
Die verhoorhof het verkeerdelik gemeen dat sy diskresie aan bande
gelê is t.a.v. vonnis deurdat hy nie aan appellant 'n boetekeuse
kon gun
vir appellant se besit van 'n vuurwapen nie.
Die
aanklag vir besit van ammunisie per se sou tegemoetkomend gestraf gewees het,
ondanks die vorige 1986 veroordeling vir besit van
ammunisie, was dit nie vir
bedoelde misvatting nie.
Die landdros se misvatting was gevolglik wesenlik. Dit staan dus hierdie hof
vry om opnuut te bepaal wat 'n geskikte vonnis vir appellant
se begane
oortredings sou wees. In daardie taak moet na my mening meer gewig geheg word
aan die omstandighede waaronder appellant
die vuurwapen aangekoop het, as wat
die landdros gedoen het. Sy
19
kommentaar hieromtrent was dat
"Die hof neem wat [appellant] betref in ag dat hy tot 'n groot mate ingelok was
om hierdie vuurwapen te koop, aangesien daar niks
tot die teendeel voor die hof
geplaas is deur die staat nie."
Dit het die staat
vrygestaan om die verkoper tot getuie te roep om die weergawe van appellant en
beskuldigde 1 van die gebeure, te
betwis. Die landdros se halfhartige
aanvaarding van daardie weergawe kan gevolglik nie geregverdig word nie.
Appellant was volgens
die feitestellings wat deur die staat aanvaar is, en
waaraan die landdros derhalwe gebonde was, nie slegs "tot 'n groot mate ingelok"
nie. Die inisiatief het geheel en al van die verkoper gekom, en appellant is
deur argumente wat tot hart, hoof en beursie gespreek
het, oorreed om te doen
wat onwettig was maar nie, inagnemend sv gesindheid, immoreel nie. Vgl
R v
Small
1968 (3) SA 561
(RA);
R v Pallis
1976 (1) SA 235
(RA);
S
vMaseko
1982 (1) SA 99
(A) 101 G-H. Ook van belang is dat appellant nie meer
'n kind is nie; in 'n mate reeds "beboet" is a.g.v.
20
verbeurdverkjaring van dit waarvoor hy oorreed is om 'n derde van sy
maandelikse salaris te ruil; ondanks sy avonture in die verlede
met wapens en
ammunisie geen rekord van geweldsoortredings het nie inagnemend dat die 1973
veroordeling verval het; en vir die jongste
12 jaar 'n bestendige werksrekord by
een werkgewer opgebou het.
Die landdros moet gelyk gegee word dat die besit van die ammunisie eintlik
deel van die algehele transaksie uitgemaak het; maar dat
dáárvoor
gevangenisstraf onvermydelik was, vanweë appellant se 1986 veroordeling. Ek
meen dat 'n gepaste straf
wat voldoen aan die vereistes van gesonde
vonnisbepaling, een sou wees soos uitgespel in die volgende bevel:
Die appèl slaag. Die vonnis deur die landdros opgelê word
geskrap en vervang met die volgende: 1. Op klagte 3, 'n boete
van R2 000 of by
wanbetaling 18 maande
gevangenisstraf waarvan Rl 000 of 9 maande gevangenisstraf
opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie in
21
bedoelde tyd skuldig bevind word nie aan oortreding van a 2 van Wet 75 van
1969 of enige plaasvervangende wetsvoorskrif met dieselfde
strekking. 2. Op
klagte 4, gevangenisstraf van 12 maande, opgeskort vir vyfjaar op voorwaarde dat
beskuldigde nie in bedoelde tyd
skuldig bevind word nie aan oortreding van a 36
van Wet 75 van 1969 of enige plaasvervangende wetsvoorskrif met dieselfde
strekking.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
E M GROSSKOPF AR) F H GROSSKOPF AR)