S v Flanagan (583/92) [1994] ZASCA 125; [1995] 4 All SA 86 (A) (22 September 1994)

66 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of fraud involving R8.5 million and sentenced to seven years' imprisonment, two years suspended — Appellant's plea statement indicated coercion by abusive ex-husband as a significant factor in her actions — Court found that the trial court misapplied discretion in sentencing, failing to adequately consider mitigating circumstances, including the appellant's personal history and the nature of the coercion — Appeal upheld, original sentence set aside and replaced with four years' imprisonment under correctional supervision.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 125
|

|

S v Flanagan (583/92) [1994] ZASCA 125; [1995] 4 All SA 86 (A) (22 September 1994)

SAAKNOMMFR
: 583/93
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
MINDRA FLANAGAN
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR
SAAKNOMMER
:
583/93
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MINDRA FLANAGAN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, SMALBERGER et
NIENABER, ARR
VERHOORDATUM
: 16 September 1994
LEWERINGSDATUM
: 22 September
1994
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:
Die appellant, wat skuldig gepleit het, is in die streekhof, Johannesburg,
skuldig bevind aan bedrog waarby R8,5 miljoen betrokke
was. Sy is gevonnis tot
sewe jaar gevangenisstraf,
2
waarvan twee jaar vir 'n tydperk van vier jaar
voorwaardelik
opgeskort is. Haar appèl teen haar vonnis na die
Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling is afgewys maar sy is verlof verleen om
na
hierdie Hof te appelleer.
Die grondslag van die appellant se pleit blyk uit 'n
verklaring
deur haar onderteken wat kragtens art 112(2) van die
Strafproseswet
51 van 1977 by die verhoor ingehandig is. Die verklaring lui soos
volg:
"Op 28 Junie 1991 was ek in diens van die klaer, Nedbank, as
rekenaaroperateur. My werk was om die oordrag van fondse in die klaer
se
rekenaar in te voer in ooreenstemming met krediet- en debietstrokies wat ek van
die bankklerke af ontvang het.
Ek erken dat ek op die tyd en plek gemeld in die klagstaat, valslik en met
die opset om al die klaers te bedrieg, aan hulle voorgegee
het dat ek gemagtig
en geregtig was om R8,500 000,00 te onttrek uit die rekening van S A Brouerye,
nr 1950330052, en oor te plaas
na die rekening van M A Stein, nr 190635094,
terwyl ek geweet het dat ek nie so gemagtig of geregtig was nie. Toe ek die
wanvoorstelling
3
gemaak het, het ek geweet dat Nedbank en/of S A Brouerye deur my optrede
benadeel kon word.
Ek het die bedrog gepleeg uit swakheid en om die liefde en welwillendheid van
my gewese man, Wendell Flanagan, te behou. Alhoewel
ek en Mnr Flanagan in 1990
geskei is, beskou ek hom steeds as my man, en het ek hom nog lief alhoewel hy my
dikwels aangerand en
fisies mishandel het. Toe hy in Mei 1991 na my terugkeer
met die belofte dat hy hervorm het, het ek hom teruggeneem en saam met hom
gewoon. Die gevolg daarvan is dat ek tans verwagtend is met ons vierde kind.
Toe my man my versoek om 'n vals transaksie vir 'n vriend van hom in Nedbank
se rekenaar in te voer, het ek geweier. Daarna het hy
weer aggressief en
geweldagdig geword en my deur middel van fisiese aanrandings en dreigemente lot
so 'n mate geïntimideer dat
ek uiteindelik ingewillig het. Die oggend van
28 Junie 1991 het my man se vriend, ene Pieter Arends, by my huis aan my twee
volledig
ingevulde strokies oorhandig: 'n debietstrokie in die naam van S A
Brouerye en 'n kredietstrokie in die naam van M A Stein. Ek het
die strokies
werk-toe geneem en die transaksie in die rekenaar ingevoer, alhoewel ek geweet
het dat ek geen reg gehad het om dit
te doen nie en dat my optrede verkeerd
was.
4
Geen beloftes van vergoeding is aan my gemaak nie en geen geld is op die
transaksie uitbetaal nie.
Ek het diep berou oor wat ek gedoen het en ek sal nooit weer so iets probeer
nie."
Die Staat het die korrektheid van die feite uiteengesit in
die
verklaring aanvaar.
Tydens die verrigtinge is die volgende sogenaamde
"erkennings"
deur die appellant se regsverteenwoordiger gemaak en
deur haar bevestig:
"Sy het gehoop en geglo dat die betrokke transaksie nie sou deurgaan nie omdat
sulke groot bedrae normaalweg benavraag word. Sy het
egter geweet dat dit wel
mag deurgaan indien die transaksie vir die een of ander rede nie benavraag sou
word nie of goedgekeur sou
word. Sy het haarself vereenselwig met die
moontlikheid dat die transaksie wel kon deurgaan en dat die geld wel uitbetaal
kon word."
Nadat die appellant skuldig bevind is, is sekere
getuienis aangehoor met betrekking tot vonnis, insluitende dié van 'n
proefbeampte
en 'n beampte van die Departement van Korrektiewe
5
Dienste. Beide beamptes het korrektiewe toesig kragtens die bepalings van art
276(l)(h) van die Strafproseswet as die aangewese vonnis
vir die appellant
voorgestaan. Desondanks het die verhoorlanddros haar gevangenisstraf
opgelê.
Dit is geykte reg dat hierdie Hof slegs met 'n verhoorhof se
diskresie-uitoefening met betrekking tot vonnis kan inmeng in die geval
van 'n
wesenlike mistasting of 'n onreëlmatigheid of waar die opgelegde vonnis
ontstellend onvanpas is. Na my mening het die
verhoorlanddros in minstens twee
belangrike opsigte misgetas. Een van die vernaamste strafversagtende faktore wat
uit die appellant
se verklaring blyk, is dat die misdaad deur haar gepleeg is
hoofsaaklik vanweë fisiese intimidasie deur haar voormalige man.
Nêrens in sy uitspraak maak die verhoorlanddros hiervan melding nie en dit
blyk dat hy óf nie behoorlik daarop bedag
was nie óf onvoldoende
gewig daaraan geheg het. Daarbenewens, as daar gelet word op sekere opmerkings
wat die landdros van
tyd tot tyd
6
gemaak het tydens die aanhoor van die getuienis, asook sy redes vir vonnis in
geheel, is dit myns insiens duidelik dat hy destyds
korrektiewe toesig as 'n bra
ligte vonnis beskou het met min afskrikwaarde. Ofskoon aanvaar kan word dat dit
minder afskrikwaarde
het as direkte tronkstraf, bïy dit egter, indien
behoorlik aangewend, 'n gevoelige straf wat wesenlike en effektiewe bestrafGng
sonder gevangesetting kan bewerkstellig
(S v R
1993(1) SA476(A) op
488I-J;
S v Ndaba
1993(1) SASV 637(A) op 641g-h);
S v W
1994(1)
SASV 610(A) op 614c-e). Anders gestel, "the conditions imposed can make the
sentence a suitably severe one" (
S v Potgieter
1994(1) SASV 61(A) op
88b-c). Dit is dus verkeerd om korrektiewe toesig sonder meer as 'n ligte vonnis
met min afskrikwaarde af te
maak. Gevolglik staan dit hierdie Hof vry om opnuut
oor vonnis te besin.
By die bepaling van 'n gepaste en gebalanseerde vonnis moet daar gelet word
op die appellant se persoonlike omstandighede, die
7
erns van die misdaad, die belange van die gemeenskap en die doelwitte van
vonnis. Daar moet ook in gepasle gevalle met die nodige
genade opgetree
word.
Die volgende feite wat betrekking het op die appellant se persoonlike
omstandighede is óf gemene saak óf nie in geskil
nie:
1) Die appellant was ten tye van die pleging van die misdaad 31 jaar oud, geskei
met drie minderjarige kinders. Sy was destyds ook
verwagtend.
2) Haar voormalige man het haar mishandel en misbruik en deur sy optrede en
gedrag haar selfbeeld stelselmatig afgetakel.
3) Luidens die proefbeample se verslag word die appellant beskryf as 'n persoon
"met 'n aangename persoonlikheid. Sy kom stil voor,
is altyd behulpsaam en wil
almal tevrede stel. Sy is ontsettend skaam oor die misdryf." Hierbenewens het sy
klaarblyklik opregte
berou oor haar optrede.
4) Die appellant het blykbaar 'n lae selfbeeld, is iemand wat maklik
geïntimideer en beinvloed kan word en kan nie druk hanteer
nie.
8
5) Sy het 'n behoefte aan terapie vir haar sielkundige probleme.
6) Die appellant is nie die soort persoon wat by tronkstraf sal
baat nie - die teendeel is eerder die geval.
7) Sy is 'n geskikte persoon vir korrektiewe toesig. (Die verhoorlanddros was
van mening dat korrektiewe toesig vir die appellant
as persoon waarskynlik die
beste vonnisopsie sou wees, maar het tereg daarop gewys dat ander oorwegings ook
behoorlike aandag moet
geniet by die vasstelling van 'n gepaste
vonnis.)
Die appellant se persoonlike omstandighede tel sterk in
haar guns. Daar is egter ook verskeie strafverswarende faktore aanwesig. Daar
was 'n aansienlike bedrag geld belrokke. Weliswaar het niemand skade gelei nie
en was daar net potensiële benadeling, maar 'n
bedrag van R8,5 miljoen is
wel oorgeplaas na 'n ander rekening waarvandaan onttrekking kon geskied het. Dat
niks onttrek is nie was
nie aan die appellant te danke nie. Haar optrede het met
'n besliste mate van beplanning gepaard gegaan (ofskoon die kanse maar skraal
was dat dit uiteindelik onopgemerk sou gaan).
9
Die appellant het ook misbruik gemaak van die vertrouensposisie waarin sy
verkeer het. Alhoewel die appellant hoofsaaklik op aandrang
van haar voormalige
man opgetree het, blyk sy nie geheel en al 'n onwillige deelgenoot te gewees het
nie. Was dit anders sou redelikerwys
verwag kon word dat sy sou gebieg het toe
sy aanvanklik met haar aandadigheid gekonfronteer is. Sy het egter haar skuld
ontken, en
vir omtrent 'n uur in haar ontkenning volhard voordat sy klaarblyklik
besef het dat daar geen uitkomkans was nie. 'n Verdere faktor
waarop daar ook
deeglik ag geslaan moet word is die veelvuldige voorkoms van hierdie tipe
misdaad. Die appellant is ook nie 'n eerste
oortreder nie alhoewel haar vorige
veroordeling betreklik gering is. Sy is op 15 Desember 1987 aan die diefstal van
kruideniersware
ter waarde van R44-00 skuldig bevind. Sy is gevonnis tot 'n
boete van R150-00 of 90 dae gevangenisstraf, welke vonnis in sy geheel
opgesksort is.
Die misdaad wat gepleeg is, was ernstig en het groot
10
polensiële benadeling ingehou. Die gemeenskap se besorgdbeid oor, en
afkeur van, sulke optrede, veral waar dit so dikwels voorkom,
moet in die vonnis
weerspieël word. Die appellant se ongelukkige omstandighede wek 'n groot
mate van simpatie. Dit is ook van
belang, beide vir haar persoonlik sowel as vir
die breë gemeenskap, dat sy suksesvol gerehabiliteer word. Tog moet enige
vonnis,
om behoorlik aan sy doel te beantwoord, ook as afskrikking dien vir die
appellant en ander persone wat tot soortgelyke misdade mag
neig. Die
gemeenskapsbelang word nie bevorder deur 'n vonnis wat te lig is nie.
Na deeglike oorweging van alle tersaaklike faktore, insluitende die doelwitte
van vonnis, is ek van mening dat 'n vonnis van gevangenisstraf
nogtans aangewese
is ondanks die ontwrigting wat dit noodwendig in die lewe van die appellant en
haar kinders sal teweegbring. 'n
Geskikte tydperk sal een van vier jaar wees.
Aangesien die appellant klaarblyklik iemand is wat mettertyd baat
11
sou kon vind by korrektiewc toesig behoort gebruik gemaak te word
van die
vonnisopsie wat arl 276(l)(i) van die Strafproseswet bied.
Daarvolgens kan sy
te enige tyd na goeddunke deur die
Kommissaris van Korrektiewe Dienste onder korrektiewe toesig
geplaas
word.
Bygevolg slaag die appèl in die mate dat die
opgelegde
vonnis ter syde gestel word en met die volgende vonnis
vervang
word:
"Vier jaar gevangenisstraf kragtens art 276(1)(i) van die Strafproseswet 51
van 1977".
J W SMALBERGER APPèLREGTER VAN HEERDEN, JA ) NIENABER, JA) CONCUR