About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 123
|
|
S v Van Rooyen en 'n Ander (498/93) [1994] ZASCA 123 (20 September 1994)
Saak Nr
413/93
/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JACOB JOHANNES JACOBUS VAN ROOYEN Eerste Appellant
en
DIRK JOHANNES JANSE VAN RENSBURG Tweede Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, VIVIER et HOWIE ARR.
VERHOOR: 12 September 1994.
GELEWER: 20 September
1994.
UITSPRAAK
2
VIVIERAR:
Die twee appellante, na wie ek as beskuldigdes 1 en
2 sal verwys, is in die landdroshof in Johannesburg skuldig bevind aan 'n
oortreding
van art 20 van die Wet op Diamante 56 van 1986, deurdat hulle op 9
Januarie 1992 dertien ongeslypte diamante met 'n massa van 63,75
karaat ter
waarde van R126 310 van 'n polisie-lokvink gekoop het. Elkeen is gevonnis tot
vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
gevangenisstraf vir drie jaar op
sekere voorwaardes opgeskort is. Hulle appèl teen vonnis na die
Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling het gedeeltelik geslaag deurdat in die geval
van elke beskuldigde die vonnis deur die landdros opgelê, tersyde gestel
en vervang is deur 'n vonnis van drie jaar gevangenisstraf waarvan agtien maande
gevangenisstraf vir vier jaar op sekere voorwaardes
opgeskort is. Met die verlof
van die Hoofregter kom die beskuldigdes voor hierdie Hof in hoër
beroep
3
teen die vonnisse wat deur die Hof a quo opgelê
is.
Beide beskuldigdes het by die verhoor skuldig gepleit en het nie
getuig of enige getuienis aangebied nie. Geen getuienis is namens
die staat
gelei nie. Behalwe dat die twee beskuldigdes gesamentlik die bedrag van R20 000
vir die diamante betaal het, is niks verder
bekend oor die misdaad nie. Die
feite en omstandighede rondom die transaksie is nie openbaar nie en daar is geen
bewysmateriaal voor
ons om te besluit of die lokval billik was of nie. Die
kriptiese stellings van die beskuldigdes se prokureur voor die verhoorhof
dat
"beskuldigde 2 was genader, beskuldigde 1 het betrokke geraak" en "dit is nie 'n
kwessie dat die manne die goed gaan soek het
nie" is te vaag om enige gewig te
dra.
Ter strafversagting het die verhoorlanddros aanvaar dat die misdaad uit
geldnood gepleeg is. Die beskuldigdes se prokureur het in
sy betoog voor
vonnisoplegging aan die verhoorhof gesê dat
4
beide beskuldigdes hul eie sakeondememings het. Beskuldigde 1, wat 48
jaar oud is, bedryf 'n plaveiselbesigheid en het ongeveer 140
werknemers in sy
diens. Beskuldigde 2, wat 27 jaar oud is, bedryf 'n konstruksiebesigheid en het
ongeveer 20 mense in diens. Beide
ondememings ondervind emstige Gnansiële
probleme met die gevolg dat beide beskuldigdes in werklikheid insolvent is.
Beide is
deur hul benarde Hnansiële posisie gedwing om die misdaad te
pleeg. Die verhoorlanddros het die ex parte feitestellings wat
namens die
beskuldigdes oor hul betaalvermoë gemaak is, aanvaar en in die lig daarvan
besluit om nie 'n boete op te lê
nie. Hy sê ter aanvang in sy
uitspraak oor vonnis dat die saak hom hoofbrekens besorg het en dat hy in 'n
"uiters moeilike
posisie" geplaas is deur die beskuldigdes se finansiële
omstandighede. Hy is "gekonfronteer met die feit" dat beide beskuldigdes
prakties gesproke insolvent is sodat geeneen in staat is om sodanige
boete
5
te betaal as wat die erns van die misdaad vereis nie. 'n Boete van die
omvang wat hy sou oorweeg het, is buite die beskuldigdes se
venmoë, sodat
dit slegs die twee altematiewe van direkte gevangenisstraf of 'n totale
opgeskorte vonnis laat. Die afleiding
is geregverdig, meen ek, dat die landdros
'n boete sou opgelê het was dit nie vir die betoog van die beskuldigdes se
prokureur
nie. Die verhoorlanddros het verder ter versagting in ag geneem dat
beide beskuldigdes eerste oortreders is, berou getoon het en
dat die verbeuring
aan die staat van die R20 000 wat hulle vir die diamante betaal het, beide
beskuldigdes swaar sou tref. Uiteindelik
het hy tot die gevolgtrekking gekom dat
'n totaal opgeskorte vonnis hoegenaamd geen afskrikkings-effek sou hê nie
en dat verpligte
gevangenisstraf die enigste gepaste straf is.
Die Hof a quo het met die verhoorhof saamgestem dat 'n boete nie 'n
gepaste straf is nie vanweë die inligting wat voor die
6
verhoorhof geplaas is dat die beskuldigdes nie kan betaal nie en dat daar
gevoïglik geen ander alternatiewe vonnis as direkte
gevangenissíraf
is nie. Die Hof a quo was egter van mening dat die tydperk van gevangenisstraf
deur die verhoorhof opgelê,
buitensporig was en dat dit verminder moet
word soos reeds aangedui.
in hierdie Hof is namens die beskuldigdes betoog dat beide die verhoorhof
en die Hof a quo 'n mistasting begaan het deur te bevind
dat die beskuldigdes
nie in staat is om 'n boete te betaal nie. Voor ons is betoog dat hoewel die
beskuldigdes se benarde finansiële
posisie sterk deur hulle prokureur by
die verhoor beklemtoon is, daar nooit aan die landdros voorgehou is dat hulle
nie in staat
is om 'n boete te betaal nie. Dat dit die effek van die betoog voor
die verhoorhof was, vind ek moeilik om te aanvaar. Wat hier ter
sprake was, was
'n substansiële boete, en die prokureur
7
se stelling onder andere dat albei beskuldigdes in werklikheid insolvent
is, dat beskuldigde 2 'n inkomste van tussen Rl 000 en R2
000 per maand het en
gedurig gedreig word dat hy opgesluit gaan word vir skuld, kon tog net beteken
dat hulle nie in staat was om
die boete wat ter sprake is, te betaal nie. En
daardeur wou die prokureur terselfdertyd te kenne gee dat die gepaste vonnis 'n
geheel
opgeskorte tydperk van gevangenisstraf is.
Daar is voorts namens die beskuldigdes betoog dat die verhoorlanddros
versuim het om die bepalings van art 297(5) van die Strafproseswet
51 van 1977,
wat voorsiening maak vir die afbetaling van 'n boete oor 'n tydperk van
hoogstens vyf jaar, in ag te neem. Die moontlikheid
van die afbetaling van 'n
boete is egter nooit voor die verhoorhof geopper nie vir die eenvoudige rede dat
dit nie is wat die prokureur
vir die beskuldigdes wou gehad het nie. Dit is dus
begryplik dat die landdros daardie moontlikheid nie
8
oorweeg het nie. En sonder die nodige gegewens kon die Hof a quo op
appèl nie so 'n ondersoek ondemeem nie.
Namens die
beskuldigdes is laastens betoog dat hierdie 'n gepaste geval is vir die
oplegging van 'n boete selfs al is dit buite die
beskuldigdes se
betaalvermoë. Die algemene uitgangspunt wat deurlopend uit ons beslissings
blyk, is sekerlik dat 'n boete nie
opgelê behoort te word, indien daar
enigsins twyfel is oor 'n beskuldigde se betaalvermoë, sonder om eers op sy
finansiële
posisie in te gaan nie. En verder, dat 'n boete nie opgelê
behoort te word waar dit duidelik is dat die beskuldigde dit nie
kan betaal nie.
Sien S v Sithole and Another
1979 (2) SA 67
(A) op 69G; S v Kwetana
1987 (2) SA
500
(K) op 502G-503G; S v Mosia
1988 (2) SA 730
(T) op 735B-D en S v Ncobo
1988
(3) SA 954
(N) waar Howard ARP in 'n uitspraak van die Volle
9
Hof in Natal gesê het (op 956B-D):
"I respectfully agree that fines should not be reduced to unrealistic levels
but I have difficulty in accepting the anomaly arising
from the imposition of a
fine which the accused will be unable to pay. In the ordinary case postulated,
where imprisonment without
the option of a fine would be inappropriate, it
cannot serve the ends of justice to give the accused the option of a fine, even
a
'scaled down' fine, which he is unable to pay. To do so would be tantamount to
sentencing him to imprisonment without the option
of a fine which, ex hypothesi,
is unmerited and inappropriate. If in the case postulated the accused cannot pay
a realistic fine,
whether forthwith or in instalments, the imposiíion of
a fine (save as part of a suspended sentence) is not an appropriate
form of
punishment and should be avoided."
Aan die ander kant is
daar gevalle waar 'n boete opgelê is alhoewel dit nie duidelik was dat die
beskuldigde wel in staat sou
wees om dit te betaal nie. So is in R v Mbele
1955
(4) SA 203
(N) 'n stywe boetestraf vir 'n daggahandelaar op appèl
bekragtig ten spyte daarvan dat die verhoorhof nie op sy finansiële
posisie
10
ingegaan het en geen inligting daaroor bekend was nie. Daar is onder
andere gesê (op 206-207) dat 'n daggahandelaar, soos 'n
onwettige
drankhandelaar, in 'n besondere posisie verkeer en oortuig moet word dat die
kool die sous nie werd is nie. 'n Ander oorweging
wat deur die Hof van
appèl (Holmes R en Fannin WR) in ag geneem is, was dat daar 'n redelike
moontlikheid bestaan het dat
die appellant, as 'n daggahandelaar, beskikbare
verdienste en geldbronne sou gehad het. In R v Motlagomang and Others
1958 (1)
SA 626
(T) is boetes op appèl bekragtig wat die verhoorhof opgelê
het wel weíende dat die beskuldigdes dit nie kan betaal
nie. Boshoff R
sê in sy uitspraak (op 629G-630B) dat daar beleidsoorwegings ter sprake
was en dat die verhoorhof se oogmerk
nie was om die appellante uit die
gevangenis te hou nie maar om ander af te skrik. Die boetestraf het die
appellante ten minste die
geleentheid gebied om gevangenisstraf te vermy. R
v
11
Mojafe
1958 (2) SA 116
(T) was'n soortgelyke geval. In S v De Klerk
1970
(3) SA 435
(SWA) is die beskuldigde daaraan skuldig bevind dat hy 'n
motorvoertuig bestuur het terwyl die alkohol-inhoud van sy bloed die
voorgeskrewe
maksimum oorskry. Die landdros het hom gevangenisstraf sonder die
keuse van 'n boete opgelê omdat hy 'n boete van R120 wat
hy andersins sou
opgelê het, nie sou kon betaal nie. Op hersiening is die vonnis tersyde
gestel en vervang deur 'n boetestraf.
In sy uitspraak sê Muller R op 437A
dat waar 'n geval die keuse van 'n boete regverdig die beskuldigde die voordeel
van daardie
keuse behoort te kry. Selfs al kan hy nie dadelik die boete betaal
nie, mag hy later in staat wees om 'n deel van die boete te betaal
en sodoende
'n deel van die gevangenisstraf af te koop. Verder is 'n boetestraf as vorige
veroordeling minder emstig as direkte gevangenisstraf.
In S v Manwere
1972 (4)
SA 425
(RAD) is die beskuldigde vir
12
onwettige goudhandel 'n boete opgelê wat die landdros geweet het hy
nie kon betaal nie. Op appèl het die meerderheid
van die hof (MacDonald
WHR en Lewis AR) die boete tersyde gestel en beslis dat, behalwe in sekere
uitsonderingsgevalle, 'n boete
binne die betaalvermoë van 'n beskuldigde
moet wees. Die uitsonderings is misdade wat gepleeg word deur geld te maak op 'n
onwettige
wyse (bv onwettige drank- en daggahandel), waar dit onwaarskynlik is
dat 'n beskuldigde se vermoê vasgestel kan word en waar
die boete sodanig
moet wees dat dit die misdadiger sy wins ontneem. Die minderheid van die hof
(Davies WAR) was egter van mening
dat daar wel gevalle mag wees waar 'n boete bo
die betaalvermoë van 'n beskuldigde geregverdig is maar dat dit nie
moontlik
of wenslik is om vooraf te bepaal in welke omstandighede so 'n boete
opgelê sou kon word nie (op 431A-B). In S v Lekgoale and
Another
1983 (2)
SA 175
(B) is beslis dat 'n boete van so 'n
13
omvang behoort te wees dat dit "redelik moontlik" is vir die beskuldigde
om dit te betaal, maar dat dit nie so verlaag moet word dat
dit die misdaad
nietig laat lyk nie. As dit nie anders kan nie, moet die anomalie maar aanvaar
word dat die beskuldigde nie kan betaal
nie. Dieselfde houding is in S v Molefe
1989 (2) SA 881
(B) op 882H-J ingeneem waar beslis is dat dit verkieslik is om
die anomalie te aanvaar van 'n boetestraf wat die beskuldigde nie
dadelik in
staat is om te betaal nie, as om ongeregverdigde gevangenisstraf sonder die
keuse van 'n boete op te lê, wat 'n
verkeerde beeld van groter morele
blaamwaardigheid as 'n boetestraf skep, net omdat die beskuldigde
onvermoënd is.
In S v Mosia, supra, het Kriegler R op 735C-E drie gevalle-soorte
aangedui waar ander oorwegings swaarder kan weeg as die reêl
dat die boete
binne 'n beskuldigde se betaalvermoë moet wees naamlik (a) by misdade
gepleeg vir winsbejag, soos in R v
14
Mbele, supra, envglook S v Kekana
1989 (3) SA 513
(T)
op
518D-E; (b) waar beleidsoorwegings in gedrang kom, soos in S
v
Motlagomang, supra, en (c) waar die beskuldigde desnoods deur
bates te gelde te maak die boete behoort te kan betaal, soos in S
v
De Klerk, supra.
In S v Mlalazi and Another 1992 (2) SASV 673 (W)
het
die landdros op 'n aanklag van diefstal 'n boete
opgelê wat sy
geweet het die beskuldigdes nie dadelik in staat was om te
betaal
nie. Sy het dit gedoen omdat hulle dit moontlik later sou kon
bybring en omdat daar nie so 'n groot stigma aan 'n boetestraf
kleef
as aan direkte gevangenisstraf nie. In sy goedkeuring van die
landdros se benadering sê die hersieningshof die volgende (op
bl
675A-B):
"The rule that an accused is not to be sentenced to a fine that he is
unable to pay is a rule inspired by common fairness and conceived
in the
interests of the accused but, if that rule be followed slavishly in all
instances, it may work against the
15
interests of an accused, and in a way that is unfair to him, particularly if
he is a poor person."
Laastens, in Sv Vekueminina and
Others 1993 (1) SASV 561 (NM) op 564c-d is beslis dat 'n beskuldigde se
betaalvermoë nie noodwendig
relevant is in daardie gevalle waar die
hoofdoel van die boetestraf vergelding en afskrikking is nie.
Uit
die voorgaande is dit duidelik, meen ek, dat daar geen ruimte is in ons reg vir
'n onwrikbare reël dat 'n boete nooit opgelê
behoort te word tensy
dit seker is dat 'n beskuldigde in staat sal wees om dit te betaal nie. Dit sou
ook verkeerd wees om 'n numerus
clausus van uitsonderings te hê waar 'n
groter boete as wat die beskuldigde in staat is om te betaal, wel opgelê
kan
word. Die standpunt van die minderheid in S v Manwere, supra, en in sake
soos S v De Klerk, supra, S v Lekgoale, supra, en S v Mlalazi,
supra, is dus te
verkies bo die meer kategoriese
16
benadering wat in ander uitsprake soos in S v Ncobo, supra, gevolg is. Na
my mening is dit nie moontlik of wenslik om vaste of altyd-geldende
reëls
te formuleer of die omstandighede te bepaal waarin 'n verhoorhof 'n hoër
boete as wat 'n beskuldigde kan betaal,
sou kan oplê nie. Dit sou die
behoorlike uitoefening van die verhoorhof se diskresie by straftoemeting in
individuele gevalle
te veel aan bande lê en mag in 'n bepaalde geval nie
billik teenoor 'n beskuldigde wees nie.
Oorwegings wat wel 'n rol kan speel by 'n besluit of 'n boete
opgelê behoort te word wat meer is as wat die beskuldigde in staat
is om
te betaal, is onder meer die graad van sekerheid dat die beskuldigde die boete
kan betaal of nie kan betaal nie. Hier is die
vooruitsig dat die beskuldigde
later of uit 'n ander bron of deur uitstel of afbetaling in paaiemente die boete
kan betaal van belang.
Verdere oorwegings is die aard van die misdaad en die
aanduidings
17
dat dit onvanpas sou wees indien gevangenisstraf die uiteindelike gevolg
is.
In die huidige saak het die Hof a quo sonder meer, as gevolg van
die betoog van die beskuldigdes se prokureur voor die verhoorhof,
die oorweging
van 'n boetestraf in geheel uitgeskakel en met die landdros saamgestem dat daar
geen altematief as gevangenisstraf
is nie. In al die omstandighede van die
huidige saak was hierdie benadering te kategories en het dit op 'n mistasting
neergekom.
Ek het reeds verwys na wat die landdros in die begin van sy uitspraak by
vonnisoplegging gesê het, naamlik dat hy gekonfronteer
is deur die betoog
oor die beskuldigdes se benarde finansiële posisie, en ek het ook reeds
gesê dat die afleiding geregverdig
is dat die landdros 'n boete sou
opgelê het was dit nie vir die betoog nie. In die lig van die betoog het
die landdros geen
navraag gedoen oor
18
onder andere die moontlikheid om die boete in paaiemente af te betaal of
dat die geld geleen kon word of dat bates verkoop kon word
nie. Ondanks die
betoog moes die landdros nie uit die oog verloor het dat die beskuldigdes albei
sakemanne is wat hul eie besighede
bedryf en dat hulle R20 000 bymekaar kon
bring vir die koop van die diamante nie. In al die omstandighede lyk dit tog
redelik moontlik
dat die beskuldigdes 'n substansiële som geld bymekaar kon
gebring het, desnoods indien hulle tyd gegun is. Hulle het elkeen
borg van R10
000 betaal. Alhoewel die beskuldigdes se prokureur verwyt moet word vir die
karige gegewens wat hy voor die verhoorhof
geplaas het, behoort die landdros nie
sonder meer die beskuldigdes van die keuse van 'n boete te ontneem het
nie.
Ek is gevolglik van mening dat in die besondere omstandighede van hierdie
saak die beskuldigdes die keuse van 'n
19
boete gegee moet word. 'n Boete van R20 000 elk kom my as gepas
voor.
Gevolglik slaag die appel. Die vonnis deur die Hof a quo
opgelê, word tersyde gestel en vervang deur die volgende: Eike beskuldigde
word gevonnis tot 'n boete van R20 000 of agtien maande gevangenisstraf sowel as
agtien maande gevangenisstraf wat opgeskort word
vir 'n tydperk van drie jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan 'n oortreding van art
20 van Wet 56 van
1986, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
W. Vivier AR.
BOTHA AR)
HOWÏE AR) Stem saam.