S v Mawati and Others (69/93) [1994] ZASCA 119 (16 September 1994)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Robbery — Conviction of co-accused — Appellants convicted of murder and robbery with aggravating circumstances — Evidence of identification and confessions — Appellants' denials of involvement — Reliability of witness testimony and confessions assessed — Appellants' appeals against convictions dismissed. The appellants, Mawati, Mpebe, and Mahonono, were convicted of murder and robbery following an incident at a café where the owner was shot and killed during a robbery. The state relied on witness identification and confessions made by the appellants. The appellants denied their involvement, claiming alibis and challenging the reliability of the evidence against them. The main legal issue was whether the state had sufficiently proven the appellants' involvement in the crimes. The court held that the evidence presented, including witness testimony and confessions, was sufficient to uphold the convictions, and the appeals were dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 119
|

|

S v Mawati and Others (69/93) [1994] ZASCA 119 (16 September 1994)

Saaknommer: 69/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUÍD-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
AMOS MAWATI
Eerste Appellant
RICHARD MPEBE
Tweede
Appellant
JOHANNES MAHONONO
Derde Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram:
HEFER, VIVIER et F H GROSSKOPF ARR
Verhoordatum:
5 September 1994
Leweringsdatum:
16 September
1994
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Appellante 1, 2 en 3 was onderskeidelik beskuldigdes 1, 3 en 2 in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling waar hulle al drie deur Heyns
R en twee
assessore aan moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is. Ten
einde verwarring te voorkom sal ek na
die drie appellante as beskuldigdes 1, 2
en 3 soos in die hof a quo verwys. Beskuldigde 1 is tot 14 jaar gevangenisstraf
vir die
moord en 10 jaar gevangenisstraf vir die roof gevonnis, terwyl
beskuldigdes 2 en 3 elk tot 15 jaar gevangenisstraf vir die moord
en 10 jaar
gevangenisstraf vir die roof gevonnis is. In die geval van elkeen van die
beskuldigdes is dit gelas dat die vonnisse vir
die moord en die roof saam
uitgedien word. Beskuldigdes 1 en 3 appelleer met verlof van die hof a quo en
beskuldigde 2 met verlof
van hierdie hof teen hulle onderskeie
skuldigbevindings. In die geval van beskuldigdes 1 en 3 het die hof a quo ook
verlof aan hulle
verleen om teen hulle vonnisse te appelleer maar hulle het
die
3
appèl leen hulle vonnisse laat vaar. Beskuldigde 2 is ook aan die
onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie skuldig bevind.
Hoewel verlof aan
hom verleen is om ook teen daardie skuldigbevindings te appelleer, het hy dit
laat vaar. Dit gaan dus slegs oor
die drie beskuldigdes se skuldigbevinding aan
moord en roof.
Dit is gemene saak dat die oorledene op Donderdag 9 Julie 1987 in die loop
van 'n rooftog by die Erand Kafee ("die kafee") vermoor
is. Die oorledene was
die eienaar van die kafee wat in Randjiesfontein tussen Pretoria en Halfweghuis
geleë is. Die oorledene
het by die plaaslike bevolking as Mashonisa bekend
gestaan.
Die getuie Sawa was die oorledene se nefie. Hy het die oorledene die betrokke
Donderdag in die kafee bygestaan. Kort voor sluitingstyd
die aand het drie mans
die kafee binnegekom. Twee van hulle het vuurwapens by hulle gehad. Die een het
die oorledene in die maag
geskiet terwyl die ander een vir Sawa in die sy
geskiet het. Die derde een was gewapen met 'n panga. Sawa het die aanval
oorleef,
maar die oorledene is die volgende oggend in die
4
hospitaal oorlede aan die skietwond wat hy opgedoen het. Die drie rowers het
geld en sigarette in die kafee gevat voordat hulle daar
weg is. Hierdie feite is
nie in geskil nie. Die enigste vraag is of die staat bewys het dat dit die drie
beskuldigdes was wat die
misdade gepleeg het. Die beskuldigdes self het ontken
dat hulle hoegenaamd by die pleeg van die misdade betrokke was. Ek sal
vervolgens
handel met die getuienis wat elkeen van die drie beskuldigdes
onderskeidelik impliseer.
Beskuldigde 1
Savva het beskuldigde 1 uitgeken op 'n uitkenningsparade wat kort na die
gebeure op 5 Augustus 1987 gehou is, maar dit was 'n weifelagtige
uitkenning na
twee ander foutiewe uilkennings. Daarna het Sawa beskuldigde 1 weer tydens die
verhoor in die hof uitgeken. Die staat
het myns insiens tereg toegegee dat daar
soveel onbevredigende aspekte omtrent beide hierdie uitkennings is dat die hof
nie met enige
mate van sekerheid daarop kan peil trek nie.
Beskuldigde 1 word egter deur ander getuienis by die pleging
van
5
die misdade betrek. Die getuie me Paulina Choba het in Randjiesfontein in die
omgewing van die kafee gewoon. Sy het sowel beskuldigde
1 as die oorledene baie
goed geken. Beskuldigde 1 was 'n gereelde kliënt by haar huis waar sy drank
verkoop het. Op 'n Vrydag
in Julie 1987 het beskuldigde 1 haar sjebeen besoek en
'n kas bier gekoop. Hy het kontant betaal en sy het gemerk dat hy heelwat
banknote by hom gehad het. Aangesien hy nie gewerk het nie, het sy hom gevra
waar hy soveel geld kry. Beskuldigde 1 het haar toe
vertel dat hulle die geld by
Mashonisa geneem het. Sy het geweet dat die oorledene kort tevore geskiet is en
dat hy in die hospitaal
oorlede is. Beskuldigde 1 het haar verder meegedeel dat
Mashonisa die Donderdag deur ene Teacher geskiet is en dat Teacher hom bietjie
van die geld gegee het. Hy het haar verder meegedeel dat hy saam met Teacher was
"toe hulle gegaan het om te gaan skiet". Volgens
sy mededeling het hy egter net
'n mes by hom gehad en het hy nie geskiet nie.
Die hof a quo het Paulina Choba se getuienis as betroubaar en geloofwaardig
aanvaar, en na my mening is daar geen rede om van daardie
bevinding te verskil
nie. Dit is namens beskuldigde 1 betoog dat Paulina Choba
6
'n polisieberiggewer was wat volgens die getuienis van die ondersoekbeampte
moontlik 'n beloning vir haar inligting sou ontvang, en
dat haar getuienis
gevolglik verdag is en met versigtigheid bejeen moet word. In dieselfde asem
word die getuie egter gekritiseer
omdat sy nie onmiddellik vir die polisie gaan
vertel het van beskuldigde 1 se erkenning teenoor haar nie. As die vooruitsig
van 'n
moontlike beloning enigsins 'n oorweging by haar was, sou mens juis
verwag het dat sy met groter haas die inligting aan die polisie
sou oorgedra
het. Inderdaad blyk dit dat 'n beloning eers ter sprake gekom het nadat Paulina
Choba reeds die inligting aan haar kontakpersoon
in die polisie gegee het.
Afgesien van die erkenning wat beskuldigde 1 teenoor Paulina Choba gemaak
het, het hy ook sekere uitwysings gepaard met erkennings
aan 'n sekere luitenant
Van der Nest gemaak waardeur hy homself geïnkrimineer het. Volgens Van der
Nest se getuienis het beskuldigde
1 aan hom gesê dat hy saam met twee
ander swart mans was "wat geskiet het by 'n winkel", en dat hy die plek wil gaan
uitwys
waar hulle geskiet het. Beskuldigde 1 het toe vir Van der Nest en sy tolk
beduie hoe om by die kafee uit te kom. Die polisiefotograaf
het
7
hulle gevolg. Daar aangekom het hulle gevind dat die kafee gesluit was.
Beskuldigde 1 het toe buite die kafee 'n sekere posisie aangedui
waar Teacher
gestaan het "toe hy geskiet het in winkel". Hy het verder uitgewys waar ene Joe
gestaan het "toe hy geskiet het in winkel".
Verder het beskuldigde 1 aangedui
waar hyself gestaan het toe Teacher en Joe geskiet het. Daar is 'n foto buite
die kafee geneem
waar beskuldigde 1 en twee van die polisiemanne op die
onderskeie punte staan.
Dit is namens beskuldigde 1 betoog dat hierdie uitwysings en die meegaande
erkennings waardeloos is aangesien dit duidelik volgens
die staatsaak is dat die
drie rowers binne die kafee was, en nie buite nie, toe hulle op die oorledene en
Savva geskiet het. Aangesien
die kafee gesluit was, kon die foto nie by daardie
geleentheid binne die kafee geneem word nie, maar beskuldigde 1 het klaarblyWik
na die onderskeie posisies van die rowers in die winkel verwys, soos dit ook
blyk uit sy bogenoemde beskrywing van die verskillende
posisies, nl toe geskiet
is "in die winkel". Daar is ook 'n tweede foto buite die winkel geneem waar
beskuldigde 1 sou gestaan het
nadat die roof plaasgevind
8
het.
Beskuldigde 1 het weliswaar in die loop van sy getuienis ontken dat
hy Van der Nest na die kafee geneem het of enigiets daar uitgewys
het. Hy het
trouens ontken dat hy hoegenaamd met Van der Nest of die tolk gepraat het.
Volgens hom is hy deur drie onbekende mans
met geweld na die kafee geneem. Toe
hulle daar aankom was Van der Nest, die tolk en die fotograaf toevallig ook daar
en is daar toe
twee foto's van hom voor die kafee geneem. Beskuldigde 1 se
getuienis in hierdie verband is so vergesog dat dit nie redelik moontlik
waar
kan wees nie. Sy advokaat het trouens toegegee dat sy geen rede kan aanvoer
waarom die getuienis van die polisie in hierdie
verband nie aanvaar behoort te
word nie. Ek kan terloops meld dat beskuldigde 1 ook in ander opsigte 'n
ongeloofwaardige getuie was.
Na my oordeel is daar afdoende bewys dat beskuldigde 1 die betrokke aand met
twee ander mans by die kafee was en dat hy aan die pleging
van die misdade
deelgeneem het. Hy het 'n panga by hom gehad en hy was deurgaans daarvan bewus
dat sy makkers vuurwapens by hulle
gehad het. Hy
9
en sy makkers het die gemeenskaplike oogmerk gehad om te roof en hy het
saamgewerk om daardie oogmerk te verwesenlik. Hy het klaarblyklik
die
moontlikheid voorsien dat iemand in die proses gedood kan word. Sy appèl
teen sy skuldigbevindings kan gevolglik nie slaag
nie. Sy appèl teen sy
vonnisse het hy laat vaar.
Beskuldiede 2
Beskuldigde 2 het op 'n alibi gesteun. Savva het beskuldigde 2 met 'n mate
van huiwering tydens die verhoor in Februarie 1989 in die
hof uitgeken as die
persoon wat hom die betrokke aand sou geskiet het. Sawa kon beskuldigde 2 egter
nie uitken op die uitkenningsparade
wat kort na die gebeure gehou is nie. Ook in
hierdie geval het die staat myns insiens tereg nie op die uitkenning staatgemaak
nie.
Beskuldigde 2 word wel met die pleging van die misdade verbind deur 'n
bekentenis wat hy tydens 'n uitwysing by die kafee aan luitenant
Theron gemaak
het. Dit is gemene saak dat hy saam met Theron en 'n tolk na die kafee toe
gegaan het. Hy het geweet waar die kafee
geleë was aangesien hy
vroeër
10
daar naby gewerk het en hy kos daar gaan koop het. Op 'n stadium in sy
getuienis het hy selfs toegegee dat hy vir Theron aangedui
het hoe om by die
kafee uit te kom. Daar aangekom het 'n polisiefotograaf 'n foto van hom voor die
kafee geneem, maar hy ontken dat
hy iets uitgewys het of dat hy enigiets daar
aan Theron of die tolk meegedeel het.
Theron het getuig dat beskuldigde 2 voor hulle vertrek na die kafee aan hom
gesê het: "Ek wil gaan wys waar ek gemors het. Ek
was self daar." Volgens
Thereon het beskuldigde 2 die kafee aan hom uitgewys. Die kafee was gesluit
gewees. Beskuldigde 2 het toe
die verklaring gemaak wat op 'n bekentenis
neerkom. Theron het dit afgeskryf en die appellant het dit onderteken.
Volgens beskuldigde 2 se verklaring het hy en sy makkers net voor
sluitingstyd by die kafee opgedaag en voorgegee dat hulle sigarette
wou koop.
Toe die "eienaar" kleingeld wou uithaal het ene Teacher 'n skoot op hom afgevuur
en hom iewers in die lyf getref. Toe die
"broer van die eienaar" die eienaar se
vuurwapen van sy lyf probeer losmaak, het beskuldigde 2 'n skoot op
11
hom geskiet en hom in die lyf getref. Hy het ook geval. Teacher het die geld
in die kasregister gevat terwyl beskuldigde 2 sigarette
geneem het. Beskuldigde
2 het nie gesien wat die derde rower gedoen het nie. HuIIe het daarna
weggehardloop.
Beskuldigde 2 het erken dat hy sy handtekening op die dokument
met die verklaring aangebring het, maar hy het ontken dat hy iets wat
daarin
staan aan Theron meegedeel het. Volgens beskuldigde 2 het hy niks op die toneel
gesê nie. Die hof a quo het bevind dat
beskuldigde 2 'n ongeloofwaardige
getuie is en dat sy weergawe omtrent die verklaring onwaarskynlik is. Daar is na
my oordeel geen
oortuigende redes aangevoer waarom hierdie hof van daardie
bevinding moet verskil nie.
Beskuldigde 2 se advokaat het betoog dat die gewraakte verklaring van sy
kliënt in verskeie opsigte van Savva se weergawe van
die gebeure verskil en
dat dit die afleiding regverdig dat die verklaring nie van beskuldigde 2
afkomstig is nie. Eerstens is daar
na my mening geen werklike verskil tussen die
twee weergawes vir sover dit die wesenlike aspekte van die saak betref nie.
12
Tweedens wil dit nie sê dat Savva se weergawe in alle opsigte korrek is
nie; Savva het trouens in die loop van sy getuienis
van sy eie verklaring
afgewyk. Derdens: enige bevinding dat die verklaring nie van beskuldigde 2
afkomstig is nie sou noodwendig
tot die gevolgtrekking lei dat Theron die
inligting uit sy duim gesuig het of elders bekom het, en dat hy nie alleen hoogs
onreëlmatig
opgetree het nie, maar ook vals getuienis afgelê het. Na
my mening is daar geen regverdiging vir so 'n bevinding nie. Trouens,
na my
oordeel het die Staat bewys dat beskuldigde 2 se bekentenis aan al die vereistes
vir toelaatbaarheid voldoen. Beskuldigde 2
het immers nie beweer dat hy die
verklaring onder dwang gemaak het, of dat dit om enige ander rede ontoelaatbaar
sou wees nie. Dit
volg dat beskuldigde 2 na my mening tereg aan die moord en
roof skuldig bevind is. Beskuldigde 2 se appél teen sy skuldigbevindings
moet dus afgewys word. Daar is nie aan hom verlof verleen om teen sy vonnisse te
appelleer nie.
Beskuldigde 3
Beskuldigde 3 het ook op 'n alibi gesteun. Volgens hom was
hy
13
sedert omstreeks Mei 1987 deurentyd by sy ouerhuis in Bochum in
Noord-Transvaal en was hy ook daar toe die misdade op 9 Julie 1987
by
Randjiesfontein gepleeg is. Toe hy in die landdroshof gepleit het, het hy egter
erken dat hy aan die begin van Julie 1987 by beskuldigde
1 se woonplek by
Halfweghuis was. In 'n poging om tydens die verhoor daardie erkenning ongedaan
te maak, het hy slegs in verdere
leuens verval. Hy was ook in ander opsigte 'n
leuenagtige getuie.
Dit is gemene saak dat beskuldigde 3 as Teacher bekend staan, maar die
bewerings van beskuldigdes 1 en 2 dat ene Teacher by die pleging
van die misdade
betrokke was, is natuurïik nie teen beskuldigde 3 toelaatbaar nie. Die
enigste toelaatbare getuienis wat beskuldigde
3 inkrimineer, is dié van
die getuie me Johanna Mabena. Sy het getuig dat sy al die beskuldigdes asook die
oorledene geken
het. Beskuldigde 3 het inderdaad op 'n stadium by haar
14
ingewoon. Beskuldigde 3 se getuienis dat hy haar nie ken nie, en nog nooit by
haar aan huis was nie, is klaarblyklik vals, veral in
die lig van die stellings
tot die teendeel deur sy eie advokaat aan die getuie.
Johanna Mabena het getuig dat beskuldigdes 1 en 3 om ongeveer 11:00 op 'n
sekere Saterdagoggend gedurende Julie 1987 na haar huis
in die Randjiesfontein
omgewing gekom het. Dit blyk dat dit die eerste Saterdag na die oorledene se
dood was. Sy het drank by haar
huis verkoop en beskuldigde 3 het 'n kas bier by
haar gekoop. Toe beskuldigde 3 haar betaal, het sy gemerk dat hy baie geld in
die
vorm van banknote by hom het. Sy was verbaas daaroor aangesien sy geweet het
dat hy nie werk nie. Nadat beskuldigdes 1 en 3 en hulle
meelopers die kas bier
opgedrink het, het beskuldigde 3 'n tweede kas bier by Johanna Mabena gaan koop.
Nadat hulle 'n paar bottels
van die tweede kas bier opgedrink het, het
beskuldigde 3 in 'n rusie met beskuldigde 1 betrokke
15
geraak. Die getuie het gehoor hoe beskuldigde 3 vir beskuldigde 1 sê hy
moet nie met hom oor die geld twis nie wanl hy (beskuldigde
3) is die persoon
wat vir Mashonisa doodgemaak het. Tot op daardie oomblik was Johanna Mabena
totaal onbewus van die oorledene se
dood.
Die hof a quo het die getuienis van Johanna Mabena aanvaar, en daar is na my
mening geen oortuigende rede aangevoer waarom hierdie
hof van daardie bevinding
moet verskil nie. Sy was weliswaar, nes Paulina Choba, 'n beriggewer vir die
polisie. Hoewel daar later
sprake van 'n beloning was, is dit myns insiens geen
rede om haar getuienis sonder meer te verwerp nie, soos namens beskuldigde 3
betoog. Die getuienis dat sy 'n beriggewer was en dat daar later sprake van 'n
moontlike beloning was, het eers teen die einde van
die staatsaak aan die lig
gekom toe die ondersoekbeampte getuig het. Johanna Mabena het heelwat
vroeër in die verhoor getuig
en sy het nooit die geleentheid
16
gehad om te antwoord op die kritiek wat nou in hierdie verband teen haar
getuienis geopper word nie. Onder die omstandighede sal dit
na my mening
onbillik wees om enige nadelige afleiding in hierdie verband teen haar te maak.
Dit is goed moontlik dat sy heeltemal
onbewus was van enige moontlike beloning
toe sy die eersvolgende Maandag vir die polisie vertel het wat beskuldigde 3 die
Saterdag
by haar huis omtrent die oorledene se dood gesê het.
Daar is na my mening egter 'n ander belangrike aspek van haar getuienis wat
van deurslaggewende belang is, maar wat nie pertinent
deur die hof a quo
aangespreek is nie, en dit is haar getuienis omtrent die graad van dronkenskap
waaronder beskuldigde 3 verkeer
het toe hy erken het dat hy die oorledene
doodgemaak het.
Indien beskuldigde 3 se verklaring in die lig van die toelaatbare omringende
omstandighede objektief beoordeel word, kom dit myns
insiens op
17
'n bekentenis neer.
(S v Yende
1987(3) SA 367(A)). Ten einde as
bekentenis toelaatbaar te wees moes die verklaarder egter by sy volle positiewe
("in his sound and
sober senses") gewees het toe hy die verklaring gemaak het.
(Art 217(1) van die Strafproseswet 51 van 1977). Die vraag is of die
staat bewys
het dat beskuldigde 3 ondanks sy beskonkenheid nogtans by sy volle positiewe
was. Om hierdie vraag te beantwoord, moet
daar na sekere relevante passasies in
die getuienis van Johanna Mabena verwys word om te probeer bepaal hoe dronk
beskuldigde 3 volgens
haar waameming was, en of hy nog geweet het wat hy se en
doen.
As iemand wat 'n sjebeen bedryf, beskik Johanna Mabena seker oor die ervaring
om te oordeel of iemand onder die invloed van sterk
drank verkeer of nie, en het
sy seker dikwels waargeneem watter effek sterk drank op mense het. Sonder om
haar tot 'n deskundige
te verhef, kan mens dus met 'n mate van
18
vertroue op haar waarnemings peil trek. Verder moet dit in gedagte gehou word
dal sy beskuldigdes 1 en 3 geken het en dat beskuldigde
3, wat sy Teacher noem,
vroeër by haar aan huis gebly het. Veral wat beskuldigde 3 betref, moes sy
dus geweet het hoe hy optree
en reageer wanneer hy nugter is.
Johanna Mabena het soos volg getuig oor die graad van dronkenskap van die
betrokke twee beskuldigdes toe hulle die Saterdagoggend
by haar huis aangekom
het:
"Ek sal nie kan sê hoeveel hulle gedrink het nie, want
selfs van
waar hulle gekom het, het hulle, toe hulle daar aankom was
hulle
dronk gewees. So, ek weet nie, ek sal nie kan sê hoeveel
hulle
gedrink het nie.
Hoekom sê u hulle was dronk, wat het hulle gedoen, hoe
het hulle
voorgekom? — Hulle het voorgekom soos persone wat dronk
was,
maar nie baie dronk nie.
Hoe het hulle geloop? - Hulle het geloop, maar nie reg geloop
nie.
Kan u net vir ons demonstreer hoe hulle geloop het? —Teacher
het
geloop en soos wat hy geloop het soos ek nou demonstreer het hy
aan die muur gevat soos wat hy loop.
19
Hoe het hy gepraat, beskuldigde 3? -- Hy het sommer rof gepraat. Wat bedoel u
met rof? -- Daar is 'n persoon wat praat met, wat praat
met eer en daar is 'n
persoon wat praat met minagting. Maar kyk, u ken hom soos wat hy normaalweg
praat, u ken hom, is dit nie waar
nie? -- Ja.
Nou hoe het hy op daardie dag gepraat? Het hy anders gepraat as ander dae of
dieselfde? -- Dit was anders."
Waar die getuie
sê dat hulle dronk was, maar nie baie dronk nie, verwys sy waarskynlik na
hulle toestand toe hulle die Saterdagoggend
by haar huis aangekom het.
Daarna het beskuldigdes 1 en 3 die eerste kas bier uitgedrink, maar dis
onseker hoeveel elkeen van hulle gedrink het aangesien daar
ook ander mense was
wat saam met hulle gedrink het. Intussen was Johanna Mabena na Checkers om
inkopies te doen. Nadat sy teruggekeer
het, het beskuldigde 3 'n tweede kas bier
by haar gekoop en 'n R50 noot aan haar oorhandig. Anders as by die eerste
geleentheid het
hy egter nie in sy kleingeld belanggestel nie. Die getuie
sê dit was omdat hy dronk was.
Johanna Mabena was tydens haar hoofgetuienis uitgevra oor
die
20
toestand van beskuldigdes 1 en 3 toe hulle begin rusie maak het. Dit
was
nadat hulle reeds twee of drie bottels van die tweede kas bier uitgedrink
het.
Haar getuienis lui soos volg:
"Wat sou u sê was hulle toestand op daardie stadium? -- Hulle was
gedrink en volgens wat ek kon sien was hulle dronk. Hoe gedrink
was hulle, hoe
dronk was hulle? -- Hulle was baie dronk, want nr. 3 sê vir nr. 1. hy moet
nie met hom oor sy geld twis nie,
want die persoon wat die meeste gewerk het is
nr. 3. Kan u presies vir die hof sê in die woorde wat daar gebruik is wat
hulle
vir mekaar gesê het toe hulle die rusie gehad het? --- Teacher het,
nr. 3 sê vir nr. 1 hy moet nie met hom twis oor die
geld nie, want die
persoon wat Mashonisa gedood het is hy."
Tydens kruisondervraging bevestig die getuie haar vroeëre getuienis dat
beskuldigde 3 baie dronk was, dat sy spraak nie normaal
was nie, en dat hy so
dronk was dat hy aan die muur moes vashou, blykbaar as hy wou loop.
In die loop van die kruisondervraging gee die getuie verder die volgende
insiggewende antwoord:
"U het gehoor dat nr. 3 vertel daar dat hy betrokke was, u hoor
die
21
oorledene is dood, Mashonisa is dood, maar u doen niks daaraan nie, u gaan
sê nie vir die polisie dat hier was so 'n gesprek
gewees by jou woning
nie? — Hy was íe dronk gewees, ek het dit nie so goed geglo nie en
ek wou eers die saak baie duidelik
verstaan."
Uit
haar getuienis direk voor hierdie passasie blyk dit dat sy die vorige Woensdag
by die oorledene se kafee was en dat hy toe nog
in die lewe was. Die eerste wat
sy van die oorledene se dood gehoor het, was toe beskuldigde 3 die bewering die
Saíerdag by
haar huis gemaak het. Sy was egter nie bereid om beskuldigde
3 se bewering omtrent die oorledene se dood sonder meer te aanvaar nie,
en wel
omdat hy volgens haar oordeel "te dronk" was.
Johanna Mabena het beskuldigde 3 se optrede dié dag waargeneem. Sy was
van mening dat mens nie kon glo wat hy sê nie
omdat hy "te dronk" was. Sy
het ook die mening uitgespreek dat beskuldigde 3 reeds "baie dronk" was op die
stadium toe hy en beskuldigde
1 in die rusie betrokke geraak het, en toe hy sy
bekentenis gemaak het. Hierdie bewering dat beskuldigde 3 baie dronk was, word
gerugsteun
deur sekere objektiewe waamemings wat sy gemaak het, bv dat
beskuldigde 3 se spraak en die manier waarop hy geloop het
22
merkbaar geaffekteer was. Die feit dat beskuldigde 3 in 'n rusie met
beskuldigde 1 betrokke geraak het, en dat hy bereid was om te
erken dat hy
iemand doodgemaak het, dui myns insiens verder aan tot watter mate hy onder die
invloed van drank was.
Johanna Mabena was in alle opsigte 'n betroubare getuie en daar is geen rede
om haar getuienis met betrekking tot die graad van beskuldigde
3 se dronkenskap
in twyfel te trek nie. Hoewel sy 'n staatsgetuie was, strek haar getuienis in
hierdie verband tot beskuldigde 3
se voordeel. In die lig van haar getuienis kan
dit myns insiens beswaarlik bevind word dat die staat bo redelike twyfel bewys
het
dat beskuldigde 3 by sy volle positiewe was toe hy die bekentenis gemaak
het.
ïn
R v Ramsamv
1954(2) SA 491(A) het hierdie hof beslis dat 'n
bekentenis wat deur 'n beskuldigde gemaak is terwyl hy onder die invloed van
sterk
drank was, toelaatbaar is as dit uit die getuienis blyk dat hy geweet het
wat hy sê toe hy die bekentenis gemaak het. Die hof
beslis soos volg op
498 D-G (per Centlivres HR):
23
"If a person takes liquor in considerable quantities he is no doubt affected by
the liquor but it does not follow in every case that
he does not know what he
does or says after he has taken the liquor. The extend to which he is affected
by the liquor is a question
of evidence in every case and if the evidence shows
that, although he was affected by the liquor, he knew what he was saying it must
be taken that he was in his 'sound and sober senses' within the meaning of those
words in the first proviso to sec. 273. Any olher
interpretation of those words
would lead to the unworkable result that a confession made by an accused person
while he was affected
by liquor would be inadmissable in evidence even although
he knew what he was saying at the time he made the confession. There is
no
reason to suppose that the Legislature intended to exclude confessions made
under such circumstances."
(Vgl ook
R v Blyth
1940 AD 355
op 361;
R v Mtabela
1958(1) SA 264(A) op 267 B-G;
R v
Scott
1959(2) SA 786(C) op 788F-789A.)
In
S v Masia
1962(2) SA
541(A) het die appellant sekere erkennings gemaak terwyl hy tot 'n mate onder
die invloed van sterk drank was. Hierdie
hof het die feitebevindings van die
verhoorhof aanvaar en soos volg opgemerk (544 H):
"I am satisfied that on this evidence, and especially in the
light of
24
the silence maintained by the appellant throughout the trial, this Court would
not be justified in differing from the fïnding
of the leamed trial Judge
that the appellant was
sufficiently compos mentis to know and appreciate
what he was saying." (My beklemtoning.)
Op grond van
hierdie bevinding beslis Botha AR soos volg op 545C-D:
"In these circumstances it is unnecessary to decide whether the admissions
alleged to have been made by the appellant were confessions
or not, for they
were proved to have been made while the appellant was in his 'sound and sober
senses' within the meaning of that
expression in sec. 244 (1) of Act 56 of 1955,
and would therefore, even if they were confessions, have been admissible in
evidence.
It follows also that in the circumstances the trial Judge rightly
considered them of sufficient probative value."
Die
getuienis in die onderhawige saak is dat beskuldigde 3 dronk by Johanna Mabena
se huis aangekom het en dat hy daarna nog 'n hoeveelheid
bier gedrink het. Hy
was tot so 'n mate onder die invloed van drank dat hy nie normaalweg kon loop of
praat nie. Sy toestand toe
hy die bekentenis gemaak het, is beskryf as "baie
dronk". Hy was so dronk dat die getuie Johanna Mabena nie geglo het wat hy

nie. Op hierdie feite kan die onderhawige saak
25
onderskei word van
Ramsamv
en
Masia
se sake (supra). Na my
oordeel het die staat hier nie bo redelike twyfel bewys dat beskuldigde 3
genoegsaam compos mentis was om
te weet en te besef wat hy sê toe hy die
bekentenis gemaak het nie. Die bekentenis is gevolglik ontoelaatbaar omdat daar
nie
bewys is dat beskuldigde 3 "by sy volle positiewe" was, soos vereis deur art
217(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 nie. Sonder
die bekentenis is daar
geen ander getuienis om beskuldigde 3 direk met die pleging van die misdade te
verbind nie. Sy appèl
moet dus slaag.
Die volgende bevele word gemaak:
1.
Die appèl van
appellant 1 (Amos Mawati) en appellant 3 (Johannes Mahonono) word van die hand
gewys.
2.
Die appèl van appellant 2
(Richard Mpebe) slaag en sy skuldigbevinding en vonnis op beide aanklag 1
(moord) en aanklag 3 (roof)
word tersyde
gestel.
HEFER, AR
VIVIER AR Stem saam
F H GROSSKOPF AR.