About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 118
|
|
S v Jordaan (496/93) [1994] ZASCA 118 (16 September 1994)
Saaknommer
496/93
/wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
CAREL FREDERICK PIETER JORDAAN A
ppellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: SMALBERGER, NIENABER ARR et NICHOLAS WndAR
VERHOORDATUM: 6 September 1994
DATUM VAN UITSPRAAK: 16 September 1994
UITSPRAAK
NIENABER/
2
IENABER AR:
Die appellant was die eienaar van 'n firma genaamd
Konsensus
[ediasiedienste. Konsensus Mediasiedienste bet 'n kantoor
in die Standard
ankgebou op Kerkplein, Pretoria, geokkupeer. In 'n
sogenaamde
ligtingstuk beskryf die appellant Konsensus Mediasiedienste as
"... 'n privaatpraktyk wat hom toelê op bemiddeling in
konfliksituasies tussen partye. Verhoudings is dus ons werksterrein,
met die
klem op Konsensus : wedersydse begrip en ooreenkoms. Die doeï van ons werk
is om perspektief en vredesgesindheid na
die onderhandelingstafel te bring, en
die belange van opponerende partye so te dra dat beide kante van die ooreenkoms
beskerm word
tot menswaardigheid, vrede en veiligheid van beide
partye."
Elders in die dokument, onder die opskrif "Credum" staan daar:
"Hierdie is geen prokureurspraktyk' of welsynsorganisasie nie en doen hom
nie so voor nie - ons glo dat probleme veel beter opgelos
word deur díe
Christelike weë van begrip, en doelgerigte optrede."
En dis die vraag: of die appellant nie tog maar, anders as wat in ie
inligtingstuk staan, en strydig met artikel 83(1) van die Wet
op rokureurs, 53
van 1979, teenoor die klaagster, ene mev Keyser, voorgegee
3
het dat hy 'n toegelate prokureur is nie. Die landdroshof Pretoria bevind
van ja en vonnis hom tot periodieke gevangenisstraf van
2 000 uur. Hy appelleer
na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen sowel sy skuïdigbevinding as
vonnis. Die appèl teen
die vonnis word laat vaar en die appël teen
die skuldigbevinding misluk. Verlof word nietemin deur daardie hof verleen om na
hierdie hof teen sowel die skuldigbevinding as die vonnis te appelleer -teen die
skuldigbevinding onder meer op grond daarvan dat
daar dalk bevind kan word dat
die vermelde inligtingstuk, in weerwil van mev Keyser se ontkenning, tog aan
haar oorhandig is; en
teen die vonnis op grond daarvan dat die betrokke wet
alleenlik 'n boete en nie gevangenisstraf vir 'n oortreding van artikel 83(1)
voorskryf nie.
Wat die skuldigbevinding betref, hct die verhoorhof bevind dat die
klaagster 'n goeie en die appellant 'n swak getuie was. Op appêl
is
daarenteen bevind dat die getuienis van geeneen van die twee onbesproke was nie
en dat daar nóg op die klaagster se bewering
(as sou die appellant haar
mondelings verseker het dat hy wel 'n prokureur is) nóg op die
appellant
4
se ontkenning daarvan, peil getrek kan word. Volgens die hofvan
appèl was
die klaagster 'n enkel getuie wie se woord op
sekere kardinale aspekte nie
ongestaaf aanvaar kan word nie.
Nietemin is beslis dat sekere vasstaande
feite noodwendig daarop dui dat die appellant hom wel as 'n
prokureur
voorgedoen het. Vandaar die verdere appèl na hierdie hof.
Artikel 83(1) van die betrokke wet lui soos volg:
"Iemand wat nie 'n praktisyn is nie, mag nie praktiseer of hom as 'n
praktisyn voordoen of voorgee om 'n praktisyn te wees of gebruik
maak van 'n
naam, titel, toevoeging of beskrywing wat impliseer of die indruk skep dat hy 'n
praktisyn is of regtens as sodanig erken
word of enige handeling verrig wat hy
ingevolge 'n kragtens artikel 81(l)(g) uitgevaardigde regulasie verbied is om te
verrig nie."
"Praktisyn" word omskryf as "'n prokureur,
notaris of transportbesorger"; "prokureur" as "iemand wal behoorlik toegelaat is
om in
enige deel van die Republiek as prokureur te praktiseer"; en aan
"praktiseer" en "praktyk" word 'n ooreenstemmende betekenis geheg.
Die artikel onderskei tussen verskillende handelinge wat 'n nie-praktisyn
nie mag verrig nie, naamlik (a) om as 'n praktisyn te praktiseer
(vgl
5
R v Boyes
1943 TPD 373
; R v Comelius
1945 TPD 258
; R v Zeiss 1961(1) SA
610 (T)); (b) om hom as 'n praktisyn voor te doen; (c) om voor te gee om 'n
praktisyn te wees; (d) om gebruik
te maak van 'n naam, titel, toevoeging of
beskrywing waardeur te kenne gegee word dat hy 'n praktisyn is of mag wees; (e)
om enige
van die omskrewe verbode handelinge te verrig.
Vanselfsprekend bestaan daar tussen die verskillende kategorieë die
moontlikheid van oorvleueling.
Die handeling wat in die klagstaat geïdentifiseer word, is
(c).
Daarvolgens sou die appellant
"... op of omtrent 24 Januarie 1991 en te of naby STANDARD BANKGEBOU
KERKPLEIN in die distrik van Pretoria wederregtelik voorgegee
het aan Antoinette
Keyser dat hy 'n regspraktisyn is deur te onderneem om haar te help as prokureur
met 'n sekwestrasie en fooie
daarvoor te aanvaar."
In S v Van Wyk 1969(1) SA 615 (C) verklaar Corbett R, met verwysing na
die artikel se min of meer gelykluidende voorloper, te wete
artikel 32(1) van
Wet 23 van 1934, (op 619 C-E):
6
"In determining whether a person has held himself out as or pretended to
be or has used words implying or tending to the belief that
he is an attorney
the test is whether the conduct complained of is such as to induce in those to
whom this conduct is directed the
reasonable belief that he is an attorney. In
applying this test regard must be had to the effect the conduct would have not
upon
a person endowed with specialist knowledge in these matters, such as a
lawyer, nor upon a careless or ignorant person but upon the
man of ordinary
intelligence, who is conversant with general affairs and who acts with
reasonable care (see Rex v Strauss,
1941 T.P.D. 63
; Rex v. Morgan, 1952(1) S.A.
308 (N))."
Die pertinente vraag is dus of die appellant enigiets gesê of
;edoen het wat by mev Keyser redelikerwys die indruk kon verwek
het dat ly 'n
toegelate prokureur was.
Om hierdie vraag te kan beantwoord, is dit
ongelukkig nodig om lie getuienis kronologies en krities te bekyk. Dit is 'n
taak wat bemoeilik
vord deur vcral twee faktore. Die eerste is die onbeholpe,
onsamehangende n fragmentariese wyse waarop getuienis aan beide kante
in die
verhoorhof langebied is. Getuienis wat op kernpunte die deurslag kon gee, soos
vanneer en aan wie betalings geskied het, is,
ofskoon beskikbaar, nooit
gelei
7
nie. Die tweede faktor is die onbevredigende gehalte van die getuienis
van sowel die klaagster as die appellant. Volgens die verhoorhof
was die
klaagster 'n betroubare getuie maar die appellant nie. Volgens die hof a quo was
die klaagster ewe swak as die appellant.
In hierdie hof is deur albei advokate
toegegee dat geeneen van die twee se getuienis bo kritiek verhewe was nie. Met
hierdie siening
gaan ek akkoord. Mev Keyser het so rond en bont gepraat dat mens
nie aityd wis wat feit en wat verdigsel is nie, terwyl die appellant
hom
plek-plek onteenseglik as 'n leuenaar bewys het. Mev Keyser was praatsiek en
wrewelig teenoor die appellant en die appellant
was bombasties en ontwykend.
Sonder stawing, hetsy wedersyds, hetsy deur die waarskynlikhede, kan daar nie op
die woord van een van
hierdie twee getuies staatgemaak word nie. Nie een van
hulle kon of wou hul by die punt bepaal nie en hul ondervraging, aan beide
kante, was kursories cn deurmekaar. Die resultaat is 'n rekord wat van vaaghede,
gapings en weersprekings wemel.
Mev Keyser was in 'n finansiële verknorsing. Sy was oortuig dat
sekwestrasie haar enigste uitkoms was om huis en haard te beskerm.
Dié
8
advies het sy van 'n vriendin van haar, ene mev Pivor, ontvang, wat dit
op
haar beurt skynbaar weer van ene mev Engelbrecht ontvang het. Al
drie
dames was van Rustenburg en het dieselfde paadjie na
uiteindelike
sekwestrasie geloop: via die appellant in Pretoria na
mnr Pols wat die
daadwerklike sekwestrasie behartig het. Mnr Pols
was 'n toegelate prokureur,
die appellant nie. Mev Keyser het die
appellant se telefoonnommer by mev
Pivor gekry. Sy bel hom, 'n dag of wat voor 24 Januarie 1991. Dit is
haar
getuienis in hoof hieroor:
"Yes, January 1991, and I phoned him and I asked him if he was an
attorney and he admitted that he was an attorney and I said to him
but ï
believe he also does sequestrations and he does not ask a very big tariff in
connection with sequestrations, and I said
to him I have gone through so much
and I don't have any more financial backing to go on with what I have been going
on, is there
a possibility that he could help me, and he said yes, he was quite
capable of helping me and when could I come and see him and at
that stage I was
coaching swimming and I could not just go the very same day, sort of thing, as
he had expected me, so I made an
appointment, I think it was the day or a day
after I had, had a telephone conversation and I had come to his office which is
in Church
Square on the fourth floor of Standard Bank, third or fourth floor and
I had an appointment with him very early and I explained to
him what my position
was and I gave him all
9
the documents that I had to give him and he said to me when I walked out
of his office I need not have to worry, everything is in
his hands, I can go and
have a restful sleep."
Op vrae van die hof antwoord sy voorts:
"When was it that you specifically asked Mr Jordaan, are you an attorney?
Because you mentioned it in your evidence-in-chief that
you asked him and he
affirmed to the ... (intervenes) -- Are you asking in the beginning, or
after?
At any stage, when did you speak to him about it? -- From the beginning I
understood and he, I said to him 'o, my prokkie sal maar
darem vir my regkry,
soos wat hy dit gebruik die woord prokkie, ek neem hom nie kwalik as hy sy goed
so wil' if he wants to use his
language abbreviated, it is his own choice. 'Toe
sê hy nee, as 'n prokkie sal hy nou die dinge regmaak, so ek,' I take it
for
granted that he was an attorney."
Die enigste geleentheid waartydens die appellant mev Keyser na ewering
onomwonde ingelig hct dat hy 'n loegelate prokureur is, was
tydens ierdie
telefoongesprek. Die appellant erken die gesprek maar ontken dat hy oit so 'n
voorstelling aan haar gemaak het. Die
hof a quo, soos reeds gesê, anvaar
haar getuienis nie. Ofskoon die klagstaat waarna vroeer verwys is, ennelik op
dié
gesprek toegespits was, beteken dit nie dal die appellant
10
onskuldig bevind moet word net omdat haar getuienis op die punt verwerp
is nie. Steeds moet na die gebeure as 'n geheel gekyk word
om te bepaal of die
appellant nie op 'n ander wyse teenoor mev Keyser voorgegee het dat hy 'n
prokureur is nie.
Dat mev Keyser onder die indruk verkeer het dat
die appellant 'n toegelate prokureur was, kan geredelik aanvaar word. Sy was op
boedeloorgawe
bedag en het geglo dat dit alleen deur 'n prokureur bewerkstellig
kon word. Haar hele optrede, toe en later, getuig daarvan dat sy
gemeen het dat
die appellant 'n prokureur is wat haar sekwestrasie as sodanig sou kon behartig.
Die rede waarom sy die appellant
genader het, was juis omdat sy geglo het dat hy
die nodige regswerk goedkoper as haar eie prokureur sou kon doen. Word die
gewraakte
telefoongesprek, soos dit hoort, buite rekening gelaat, is dit nic
ondenkbaar níe dat mev Keyser deur mev Pivor onder daardie
indruk gebring
is, maar daí die appellant niks gedoen het om daardie indruk uit die weg
te ruim nie. Daar is egter nie beweer
of betoog dat die appellant onder die
omstandighede moes besef het
11
dat sy hom vir 'n prokureur aangesien het en dat hy dus geroepe was om
sodanige wanindruk íe verwyder nie. Dus bly die vraag
of die staat bo
redelike twyfel bewys het dat die appellant, deur optrede wat daarop gemik was,
die klaagster se wanindruk óf
gevestig óf bevestig
het.
Mev Keyser het die afspraak 'n dag of wat later by die
appellant se kantoor nagekom. Volgens die appellant beset hy die kantoor op
die
vierde verdieping van die Standard Bank Chambers reeds vir meer as twee jaar. In
die voorportaal is daar 'n kennisgewingbord
met die naam "Konsensus" en "C
Jordaan". As mens op die vierde vloer by die hysbak uitstap, is daar 'n
kennisgewing met die naam
"Konsensus Mediasie" en 'n pyltjie na kantoor 408. Op
die deur staan weer "Konsensus Mediasie. Kom binne." Hierdie getuienis is nic
in
kruisverhoor aangeval nie. Vir enige redelike persoon wat die appellant op
kantoor besoek, sou dit 'n duidelike aanduiding wees
dat die appellant nie as 'n
prokureur praktiseer nie - wat natuurlik iets meer is as dat hy net voorgegee
het dat hy 'n prokureur
is. Mev Keyser in haar getuienis ontken egter dat daar
enige kennisgewingborde
12
van dié aard in die voorportaal of in die gang was. Volgens haar
het die
appellant nog verskoning gemaak dat hy die kantoor so pas
beset het en dat
alles nog deurmekaar was - 'n aspek wat maklik deur
objektiewe getuienis
opgeklaar kon gewees het. Wat sy wel toegegee
het, was dat daar niks was
wat daarop gedui het dat dit wel 'n
prokureurskantoor was nie - op sigself 'n
aanduiding, vir 'n
redelike persoon in haar posisie, dat mens nie met
'n
prokureurspraktyk te doen het nie. Sy het ook toegegee dat die
telefoon deur
die telefoniste beantwoord is met "Konsensus, Carel Jordaan se kantoor,
mnr.
Jordaan se kantoor" waaraan sy toevoeg:
"... maar Konsensus kan vir 'n publiek mens enige ding [beteken], ek was nie
van plan om vir hom te vra wat bedoel hy by
Konsensus."
En weer:
"And have you cver heard of an altorney's firm where a person's surname,
where the firm has another name than a person's surname.
Have you ever heard of
such a firm of attorneys? — Ek sê mos, die publiek is onkundig, so
die antwoord is nee. Die publiek
weet nie al die, al die verskillende goed wat
die wet vereis van mense nie."
Gedagtig aan die
objektiewe toets wat toegepas moet word, is hierdie
13
antwoord onoortuigend.
Oor die feit van die ontmoeting op 24 Januarie 1991
bestaan
daar eenstemmigheid. Mev Keyser het nie getuig dat die appellant
se
gewaande prokureurskap opnuut te berde gebring is nie. Wat wel
ter sprake
was, was die sekwestrasie van haar boedel. Sy het al haar
dokumente aan
die appelíant oorhandig. Volgens mev Keyser het
die appellant belowe dat
haar sekwestrasie teen laat Maart
afgehandel sou wees. Die tarief wat hy
genoem het, was R2 500.
Volgens die appellant het dit daarenteen vroeg in
die onderhoud
reeds geblyk dat mev Keyser nie oor voldoende bates vir
doeleindes
van boedeloorgawe beskik het nie en dat sy sekwestrasie nie eens
moes probeer oorweeg nie. Mev Keyser bevestig hierdie benadering met
die
volgende woorde:
"Now at which stage did he tell you that you do not have enough assets to be
sequestrated? — From the beginning granted, but
then he said to me I did
not have to carry on with worrying, he said he should manage to get the
creditors to leave me alone eventually.
How he would manage that I do not know,
with no correspondence that he had in the
file."
14
Volgens appellant het hy by dié geleentheid sy "strategie"
aan
lar verduidelik. Dit is wat hy onder kmisverhoor daaroor te sê
gehad het:
"Ek het na haar saak gekyk, hulle was in verskillende stadia van
ontwikkeling. Daar was net dreigbriewe deur prokureurs, daar was
dagvaardings en
daar was sake waar al vonnis geneem is. Sy het gepraat oor sekwestrasie. Ek het
aan haar verduidelik, na ek haar
ondervra het, dat daar, dat sy nie eers moet
sekwestrasie oorweeg nie, aangesien sy nie bates het nie. Ek het, dus wat ek
gedoen
het was om vir haar te skets op 'n papier, sy het spottenderwys daarna
verwys as 'n blokkiesraaisel, wat ek deeglik met haar deurgegaan
het, vir haar
verduidelik die verskillende stadia waardeur, stadiums waardeur 'n saak gaan. Ek
het die sake genoem, dit staan op
daardie papier, ek het die sake so genotuleer
en ek het vir haar gewys hierdie saak het nou gevorder tot hier, hierdie saak
het gevorder
tot hier. Ons moet die sake doodstil laat staan, ons moet nie vir
die prokureurs jou, ons kaarte wys nie, ons moet nie vir hulle
sê jy wil
enigiets doen nie, want jy kan niks doen nie. As iemand vir my sou vra wat is
die strategie wat ek vir haar aanbeveel
het, sal ek vir u sê dit was om
vir haar te sê laat ciic sake ontwikkel tot waar die lasbriewe uitgereik
is, dan kan
ons hof loe gaan, ons kan al die sake konsolideer, want mnr. Pols
stel vir my die ou aansoekies op, dit is 'n eenvoudige ding aan
die einde van
die dag. Ons kan die sake laat konsolideer en dan gaan staan jy een maal voor 'n
skuldlanddros, jy verduidelik aan
hom jou posisie cn jy maak 'n
afbetaalreëling wat jou pas."
n dan weer onder herondervraging:
15
"Ek het vir haar gesê ons sal dit moet laat ontwikkel tot dan, tot by
daardie stadium, dan kan ons werklik eers iets doen, artikel
65(f) of iets van
die aard."
Daar is tereg nie aangevoer dat hierdie
optrede op sigself op 'n oortreding van artikel 83(1) van die gemelde wet
neerkom nie. Artikel
83(1) word nie oortree bloot omdat iemand werk doen wat ook
deur 'n prokureur verrig word nie. Anders sou 'n professor in die regte
byvoorbeeld die bepalings van die arlikel oortree indien hy 'n regsmening teen
vergoeding verstrek net omdat dit werk is wat 'n prokureur
gewoonweg ook sou
doen (vgl R v Zeiss supra 612 D-E). Wel word die artikel oortree as een persoon
vergoed word om namens 'n ander
regswerk te doen wat uitsluitlik deur 'n
praktisyn verrig mag word. Origens moet bewys word dat hy, gesien vanuit die
oogpunt van
'n redelike aanskouer, voorgegee of hom voorgedoen het as sou hy 'n
toegelate prokureur wees - wat die vraag in die onderhawige geval
is.
Dat die appellant aan haar 'n diagram gegee het waarop die "strategie"
geskets is, word weereens deur mev Keyser bevestig. In
16
ooreenstemming met daardie "strategie", so verduidelik die appellant, het
hy niks gedoen nie. Lasbriewe was nog nie leen haar uitgereik
nie. Aan die ander
kant het hy ook nog geen betaling van mev Keyser ontvang nie. Hy was bereid,
sê hy, om tot op die laatste
te wag vir sy betaling.
En toe
kom daar 'n nuwe wending. Volgens die appellant was dit gedurende Maart 1991,
volgens mev Keyser gedurende April. Vonnis is
skynbaar teen mev Keyser geneem.
Op van haar huisraad is beslag gelê. Sy was vas onder die indruk dat
sekwestrasie van haar
boedel vir haar 'n uitkoms sou bied. Sy was ontsteld en
bel die appellant herhaaldelik.
Fresies wat oor daardie tydperk gebeur het en veral of dit plaasgevind
het voor, tydens of na haar tweede besoek aan die appellant
op kantoor, is nie
maklik om uit te pluis nie. 'n Mate van rekonstruksie is ten opsigte van beide
weergawes nodig.
Die klaagster se weergawe kan ten beste vir die staat soos volg saamgevat
word: Gedurende die eerste besoek aan die appellant se kantoor
het die appellant
haar meegedeel dat sy nie oor die nodige bates beskik wat
17
vir boedeloorgawe nodig was nie; daarna, presies wanneer weet mens
nie,
het sy hom vertel dat sy oor 'n aantal afdakke beskik wat vir
dié doeleinde
aangewend sou kon word.
"Because he could not give me a roll number and I understood that to be
legally sequestrated, you had to have a temporary sequestration,
but his
argument was at the end of the day, that I had no assets, but I told him what
íhe situation was, in the meantime I
had had a closed corporation which
they were liquidating as well and I asked him, I said to him Carel, the goods
that they, the assets
that they take now from the closed corporation, because I
now personally, me, Antoinette, getting insolvent. What happens about those
goods. 1 nearly got into trouble by being told you can sell the
goods."
Daar is toe besluit, moontlik tydens die tweede
besoek aan hom op kantoor in April, om met 'n sekwestrasie-aansoek voort te
gaan.
Om dit te kon doen, moes sy eers betaal. Die appellant het 'n bedrag van
R2 500 genoem (hetsy tydens die eerste besoek, hetsy daarna).
Op 'n stadium,
vermoedelik na die tweede besoek, het die appellant vir haar gesê dat hy
Rl 000 benodig om die saak vir 'n Dinsdag
ter rolle te plaas. Sy antwoord dat sy
nie die geld het nie waarop hy haar laat belowe om die geld teen die Vrydag te
bekom as hy
dit
18
intussen uit sy trustrekening vir haar voorskiet. Toe sy dit teen die
Vrydag
steeds nie betaal het nie, het hy so 'n bohaai daaroor
opgeskop dat sy dit die
Maandag by haar ma gaan leen het.
"It was after he asked me, after I had paid the Rl 000 that he said he could
then, once he has got the money in his hand, he can let
the ball start
rolling".
Tot op daardie tydstip is Pols se naam nooit
genoem nie. Altesaam het sy
R2 200 aan die appellant betaal, "in stages". Daarna vind die
beslaglegging
op haar goed píaas. Sy was omgekrap. Sy bel die
appellant.
"When he saw, when he saw that I phoned him on the day that they had 'toe
hulle mosiehof gegaan het om te sê dat ek my goed
verloor het, toe het ek
hom omtrent maklik twintig, vyf keer of wat ook al gebel. Toe ek vir hom
gesê het wat gaan jy daaromtrent
doen, toe sê hy vir my 'Antoinette
ek sal vir my prokkie bel', toe sê ek 'jou prokkie', toe sê hy
ja.'"
Dit was 'n "glips", sê mev Keyser. Tydens
dieselfde gesprek is prokureur Pols se naam vir die eerste keer genoem. Dit is
toe
dat sy snuf in die neus kry dat die appellant dalk nie self 'n prokureur was
nie. Sy bel eers die prokureursorde en vind uit dat
Pols 'n prokureur is maar
die appellant nie.
19
Daarna bel sy vir Pols wat volgens haar van die hele petalje toe nog niks
geweet het nie. Dit was gedurende April 1991. Op daardie
stadium het sy reeds R2
200 in die appellant se rekening inbetaal gehad "in his trust account in his
personal name". Sy gaan spreek
Pols wat die appellant in haar teenwoordigheid
skakel. Pols het nog niks van die appellant ontvang nie. Pols, wat deur die hof
as
getuie geroep is, getuig dat die appellant wat dikwels kliënte na hom
verwys het vir sekwestrasie, hom wel vooraf oor mev Keyser
se saak gebel het.
Daar was probleme met bates en met fondse. Op die stadium wat mev Keyser by hom
op kantoor was, was geen geld
nog deur die appellant aan hom oorbetaal nie.
Daarna wel. Nadat betaling aldus geskied heí, het Pols haar sekwestrasie
vir
haar behartig. Haar boedel is op 21 Mei 1991 voorlopig en op 9 Julie 1991
finaal gesekwestreer.
Die appellant vertel 'n ander storie. Mev
Keyser bel hom oor die beslaglegging. Sy vertel hom van haar pas-ontdekte bates.
Hulle reël
'n afspraak. Dit was haar tweede besoek aan hom. Omdat die
posisie verander het, sê die appellant, was sekwestrasie nou, anders
as
voorheen, 'n realistiese
20
moontlikheid. Self kon hy nie 'n sekwestrasie-bevel vir haar verkry nie
want hy mog nie prokureurswerk doen nie en daarom het hy,
so verklaar die
appellant, aan haar gesê dat hulle van die dienste van prokureur Pols
gebruik sou moes maak. Volgens hom was
dit tydens hul tweede ontmoeting op
kantoor. In haar teenwoordigheid het hy vir Pols gebel. Hy het geweet wat Pols
se fooi was, te
wete R2 500. Dit moes mev Keyser betaal. Inderdaad het sy net 'n
bedrag van R2 200 op rekening van Konsensus Mediasie inbetaal waarvan
hy 'n week
of wat later Rl 700 aan Pols oorbetaal het en R500 vir homself gehou het. Mev
Keyser het hom aanhoudend oor die saak getreiter
totdat hy naderhand ongeduldig
geraak en haar afgejak het. En dit het daartoe gelei dat sy by die polisie gaan
kla het waarna hy
op 10 April 1991 op 'n klag van diefstal gearresteer is. Op al
sy boeke en dokumente is beslag gelê en hy is aangehou. Toe
dit agterna
blyk dat Pols reeds betaal is, het die polisie hom meegedeel dat die klag na 'n
oortreding van die gemelde artikel 83(1)
verander is. Nadat daar probleme
ontstaan het, het hy dit goedgedink om die oorblywende R500 ook maar aan Pols
oor te betaal.
21
Omdat daar so min datums of objektiewe gegewens is waaraan die gebeure
wat deur die onderskeie getuies beskryf is, gekoppel kan word,
pas albei
weergawes by die breë prentjie in. Wat byvoorbeeld vanuit die klaagster se
oogpunt gesien 'n "glips" was toe die appellant
Pols se naam noem, is vanuit sy
oogpunt gesien glad nie agterdogwekkend nie: dit was in ooreenstemming met sy
uitgesproke voorneme,
nadat dit geblyk het dat daar wel bates vir die doel
beskikbaar was, dat mev Keyser se boedel gesekwestreer moes word. Wat van die
waarskynlikhede? Ten gunste van die klaagster se weergawe is daar die oorweging
dat die "glips" op haar groot indruk gemaak het.
Volgens haar was dit die rede
waarom sy na die prokureursorde en daarna na die polisie is; volgens die
appellant was die rede haar
ongeduld met sy gebrek aan vordering en die feit dat
hy haar na 'n ruk afgejak het. Haar rede en reaksie klink vir my aanneemliker
as
syne. Aan die ander kant is daar weer die onwaarskynlikheid dat die appellant,
'n bedrewe kalant as mens mev Keyser moet glo,
ooit so 'n blaps sou begaan het
as dit alles deel van 'n oëverblindery was. Waarom sou iemand wat
22
daarop uit was om sy kliënt om die bos te lei, sommer so met die sak
patats vorendag kom? En wat sou sy gekonkel hom op die lange
duur baat? Hy kon
per slot van rekening nie die werk van 'n prokureur verrig nie. In weerwil
daarvan dat al sy dokumente deur die
polisie in beslag geneem en deur die
prokureursorde ondersoek is, was daar geen suggestie dat die appellant ooit
gepoog het, hetsy
in mev Keyser, hetsy in enige ander geval, om enige
hofdokumente self op te stel of in naam van 'n kliënt te liasseer nie (vgl
R v Boyes supra 276). En waar dit nie sy modus operandi was nie, moes hy les bes
tog maar van 'n prokureur se dienste gebruik maak
met die gevolg dat sy skema,
as dit 'n skelmstreek was, noodwendig op die lappe sou kom sodra sy kliënt
die hofdokumente ontvang.
Besondere finansiële voordeel kon hy ook kwalik
daaruit put want steeds moes hy vir die prokureur se gelde voorsiening
maak.
Word dié twee weergawes aldus teen mekaar opgeweeg, is ek nie
oortuig dat háár weergawe noodwendig bo syne voorkeur
moet geniet
nie.
23
Bewysstuk A, die inliglingsiuk waarna ter aanvang van hierdie uitspraak
verwys is, sou deurslaggewend kon wees. Daarin word verklaar
dat Konsensus
Mediasie nie 'n prokureurspraktyk is nie. Volgens die hof a quo is dié
stuk nie ter sake nie aangesien daar
geen bewys is dat dit ooit tot mev Keyser
se kennis gebring is nie. Hierdie kwessie, soos talle ander, hang in die lug.
Die klaagster
ontken dat sy dit ooit ontvang het. Die appellant sê dat dit
vaste gebruik in sy kantoor was dat sy ontvangsdame die dokumente
aan
kliënte oorhandig. Die ontvangsdame is nie as getuie geroep om dit te
bevestig nie. Aan die ander kant wil dit voorkom of
bewysstuk A wel onder die
dokumente was wat die klaagster aan die polisie oorhandig het. As dit so is,
maak dit nie soseer saak of
sy dit gelees het nie: indien dit wel deur of namens
die appellant aan haar oorhandig is, is dit 'n aanduiding dat hy hom nie leenoor
haar as 'n prokureur gedra het nie. Daardie moontlikheid bestaan, maar die
getuienis oor bewysstuk A is so vaag en onbevredigend
dat dit myns insiens
kwalik as 'n redelike moontlikheid in die appellant se guns in ag geneem kan
word.
24
Die hof a quo bevind uiteindelik teen die appellant op
grond van
'n reeks "vasstaande feite wat tot die noodwendige konklusie lei dat
die
appellant hom voorgedoen het as 'n praktisyn." Daardie feite was
dat die
klaagster vasbeslote was om gesekwestreer te word; dat sy
die appellant
daaroor gekonsulteer het; dat hy ontvangs neem van
haar dokumentasie en
haar daaroor adviseer; dat die saak spoedeisend
was; dat daar op
sekwestrasie besluit is; dat hy betaling aanvaar
sonder om 'n prokureur se
naam te noem wat die werk sou moes doen;
en dat hy agterna in die hof
leuens daaroor vertel.
"Die waarskynlikhede is dus sterk ten gunste van mev Keyser se weergawe dat
sy deurgaans onder die indruk gebring is dat die appellant
as prokureur optree
tot op 'n baie laat stadium."
Maar hierdie
gevolgtrekking kom in wese neer op die aanvaarding van mev Keyser se getuienis
en die verwerping van die appellant s'n.
Die appellant verstrek wel 'n
verduideliking: aanvanklik het hy net advies gegee; toe daar eenmaal besluit is
om wel tot sekwestrasie
oor te gaan, het hy Pols in haar teenwoordigheid
geskakel; eers daarna het hy
25
sekere aanvoorwerk gedoen en betaling gevorder; nooit was dit sy gebruik
of kon dit sy bedoeling gewees het om die daadwerklike regswerk
deur iemand
anders as 'n prokureur te laat verrig nie en mev Keyser kon dit redelikerwys ook
nooit gedink het nie.
Waar mev Keyser se woord egter nie sonder meer
betroubaar was nie, kan nie gesê word dat die appellant se teenstrydige
weergawe
onteenseglik vals was nie.
Alles in ag genome is ek nie
oortuig dat die appellant wel teenoor mev Keyser voorgegee hel dat hy 'n
prokureur was nie, al het hy
teen vergoeding op 'n terrein beweeg waar alleen 'n
prokureur hom normaalweg sou begewe. Die feite waaroor daar geen twis was nie,
pas by albei weergawes in. Die waarskynlikhede aan weerskante is nie
deurslaggewend nie. Die getuienis wat teen die appellant aangebied
is, was
onbevredigend van aard en uit sy eie mond het die appellant hom as 'n leuenaar,
moontlik selfs as 'n skelm, bewys maar nie
noodwendig as 'n slenter prokureur
nie.
26
Myns insiens behoort die appèl dus te slaag. En waar dit die geval
is, kom die kwessie van vonnis nie daarop aan nie. Gevolglik
is dit nie nodig om
op die vraag in te gaan of die vonnis van periodieke gevangenisstraf wat die
verhoorhof opgelê het 'n bevoegde
vonnis was in die lig van artikel 83(7)
van die Wet op Prokureurs, 1979, saamgelees met artikels 285(1) en 276(1) van
die Strafproseswet,
1977, nie.
Die appèl word gehandhaaf. Die skuldigbevinding en vonnis word
tersyde gestel.
P M NIENABER
Appèlregter
SMALBERGER AR ]
] Stem saam NICHOLAS Wnd AR ]