S v Metsing (439/93) [1994] ZASCA 112 (13 September 1994)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Conviction of co-accused — Appellant's claim of innocence based on temporary employment as driver — Appellant acknowledged driving stolen truck but argued he was not complicit in theft — Evidence from co-accused and witnesses indicated appellant arranged for truck to be stolen during his absence — Appellant's defense found implausible and contradicted by testimonies — Conviction upheld on appeal as evidence supported finding of guilt beyond reasonable doubt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 112
|

|

S v Metsing (439/93) [1994] ZASCA 112 (13 September 1994)

CG SAAKNOMMER: 439/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELTNGl
In die saak van:
ARIEL SABATA METSING Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: HEFER, F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 13 SEPTEMBER 1994
REDES VIR UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Vyf mans is gearresteer op aanklag dat hulle op 22 Augustus 1991 'n trok
met vrag en al gesteel het. By die aanvang van die verhoor
in die Streekhof is
die aanklag teen twee, mnre Magubane en Hlatswayo, teruggetrek.
Die
ander drie, Ariel Metsing, Jonas Motsuene en Abraham Nkomo, het onskuldig
gepleit. Mnr Metsing se prokureur het namens hom 'n
pleitverduideliking
verstrek: hy erken dat hy dié dag die trok bestuur het nadat hy as
geleentheidsbestuurder vir die dag
gehuur is. Die trok is gesteel van waar hy
dit geparkeer het, gedurende sy tydelike afwesigheid.
Aldrie is mettertyd skuldig bevind. Hulle is gevonnis tot ses, vier en
sewe jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Mnr Metsing het in
hoér beroep
na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling gegaan teen beide skuldigbevinding en
vonnis. Sy appèl is van
die hand gewys maar verlof is aan hom verleen om
hom op hierdie hof te beroep. Ek verwys na hom in wat volg as die appellant, sy
gewese mede-beskuldigdes volgens hul
3
hoedanighede by die verhoor, en die ander dramatis personae op
hul
vanne.
Die spitspunt van die aanval op die uitspraak
van die landdros, was dat hy na behore Magubane en Hlatswayo as medepligtiges
moes beskou
het, en misgetas het deur nie die gebruiklike
versigtigheidsreël ten aansien van die getuienis van diesulkes toe te pas
nie.
Had hy dit gedoen, so is betoog, kon appeilant se verhaal as synde redelik
moontiik waar, gelei het tot sy ontslag.
Dit was gemene saak dat mnr
Archery van 'n afleweringsfirma, Express Cargo, deur bemiddeling van 'n Arma
bekend as A & P Drivers'
Service vir appellant die betrokke dag gehuur het
as tydelike drywer. Hy moes 'n trok met 'n vrag gereedskap en masjinerie bestuur
vanaf die perseel van Express Cargo in Denver, Johannesburg, direk na Makro in
Edenvale, en dadelik terugbring nadat die vrag afgelaai
is. Twee vaste
werknemers van Express Cargo moes saam as sy assistente. Hulle was Magubane en
Hlatswayo. Hulle is ongeveer 10:30
of 10:45 daar weg.
4
Toe Archery laatmiddag agterkom die trok is nog nie temg nie het hy die
Cleveland polisiestasie gebel. Appellant was juis op daardie
oomblik besig om 'n
klagte daar in te dien. Archery het hom daar gaan haal.
Augustina Mokoena het getuig dat haar neef, beskuldigde nr 2, in
geselskap van beskuldigde nr 3, die dag by haar huis in Bethlehem
met die trok
opgedaag het. Nadat die twee vier van die items in die vrag by haar afgelaai het
en beskuldigde nr 3 haar aangesê
het om dit te verkoop, is die twee daar
weg. Sy het die polisie ontbied.
Volgens Miriam Tshabalala, wat volgens gewoontereg met beskuldigde nr 2
getroud is, het hy en beskuldigde nr 3 daama by haar huis
op 'n plaas in die
distrik met die trok opgedaag. Daar is die res van die vrag afgelaai. Hulle sou
dit weer die volgende dag kom
haal. Daama is die twee vort.
Sersant Makoena van Bethlehem is as gevolg van die boodskap ontvang van
Augustina Mokoena na haar huis. Sy het hom na beskuldigde
nr 2 se huis geneem.
Die het weer beskuldigde nr 3
5
uitgewys en ook die vragwa waar hulle dit in Qwaqwa gelaat het.
Daar
was geen fout met die ratkas daarvan nie. Die polisie het dit
na die polisiestasie op Bethlehem geneem, vanwaar Killen van Express
Cargo dit
gaan haal het. Die fírma se naam op die bak van die trok was
doodgeverf.
Hlatswayo en Magubane se verhaal van hoe dit gekom het
dat die drie van hulle wat saam vanaf Express Cargo se persele in die trok
vertrek het, beheer daaroor verloor het, was baie kortliks soos volg. Appellant
het op pad gestop en is eers by 'n perseel in Cleveland
in. Hy het baie lank
weggebly. Toe hy terugkom, bestuur hy verder net tot by die Cleveland
poskantoor, stop weer, en praat met twee
persone: beskuldigde nr 3 en 'n
onbekende. Appeïlant vertel toe vir die twee assistente dat hy sake te doen
het by 'n Grma waar
hy voorheen gewerk het, gevolglik sou beskuldigde nr 3 en
die onbekende persoon sy, appellant se, onmiddellike taak oorneem. (Magubane
het
in antwoord op vrae van beskuldigde nr 3 saamgestem dat appellant aanvanklik van
plan
6
was om die onbekende te laat bestuur. Dié is egter onbekwaam
bevind na 'n toets, sodat die taak aan beskuldigde nr 3 opgedra
is.) Appellant
bïy toe daar agter. Beskuldigde nr 3 het bestuur. Toe Hlatswayo en Magubane
sien dat hy die verkeerde roete volg,
het hulle beswaar gemaak. Hulle is
gedreig. Die onbekende het 'n vuurwapen gehad. Hulle is maak platlê,
toegegooi met kledingstukke,
en laatmiddag eers afgelaai. By navraag in die
buurt het hulle agtergekom hulle is in Florida. ïemand sou gesê het
dat
die naaste polisiekantoor John Vorsterplein was. Hulle het daarheen gestap
om 'n aanklag in te dien. Archery het hulle daar kom haal.
Appellant was saam
met hom.
Beskuldigdes 2 en 3 was nie regsverteenwoordig nie. Die
doel van kruisverhoor is aan hulle uitgespel. Beskuldigde nr 2 het die getuienis
van Magubane en Hlatswayo nie aangeval nie. Beskuldigde nr 3 het slegs
dié van Hlatswayo dat daar 'n vuurwapen in die trok
was, betwis, en twee
stellings aan Magubane gemaak: dat hy 'n draai gery het om klere by 'n
droogskoonmakersfírma af te haal,
en dat Magubane en
7
Hlatswayo hom gevra het om hulle in Alberton af te laai, wat hy gedoen
het. Magubane was onseker omtrent die eerste hiervan en het
die tweede
ontken.
Dit is ooglopend dat die staatsaak nie te rym is met appellant se
pleitverduideliking nie. Die besonderhede van Hlatswayo en Magubane
se verhaal
regverdig prima facie slegs een afleiding: dat appellant gedurende sy lang
afwesigheid van die trok reëlings getref
het met beskuldigde nr 3 en die
onbekende, om die trok aan hulle te oorhandig, met opset om die regmatige
besitters hulle regte te
ontneem.
Appellant het getuig dat A & P Driving Service 'n agentskap is wat
voertuigbestuurders sonder vaste werk en werknemers kort aan
drywers bymekaar
uitbring. Hy het hom vroeg dié oggend daar gaan aanmeld en moes in die
tou wag in die hoop dat 'n geleentheidswerk
na sy kant toe sou kom. Hy was toe
na 'n ruk gelukkig en is na Express Cargo gestuur. Nadat 'n trok met goedere
daar gelaai is, moes
hy dit na Makro in Germiston neem. Op pad het hy besluit om
aan te doen by 'n firma,
8
Wilton Transport, waar hy vantevore werk gesoek het, om te hoor of
die
moontlike betrekking waarvan vroeër gepraat is dalk
inmiddels
beskikbaar geword het. Nie alleen was die antwoord
positief nie, maar
hy is vertel dat hulle hom onmiddellik broodnodig
het. Hy is toe terug
na A & P Driving Service met die doel om
die agentskap te vra om 'n
plaasvervanger in sy plek te gee om Cargo Express se vrag na
Germiston
te neem, aangesien hy self 'n permanente pos gekry het. Daar
gekom,
maar nog voor hy by die kantore in is, het hy iemand gesien wat
vroeer
saam met hom gewerk het. Die persoon (wat hy later onthou het
"Simon" heet) het saam met beskuldigde nr 3 gestaan. Appellant
en
Simon het gesels. Simon het hom gevra,
"... nou wat gaan aan, wat soek ek nou hierso. Ek het toe aan daardie
persoon [d.i. Simon] verduidelik dat ek kom vir Frank [d.i.
van A & P
Driving Service] sien daar en ek het toe aan die persoon verduidelik dat ek wel
werk gekry het by Wilton Transport".
Hy is toe die trappe af om daad by die woord te voeg en Frank in sy
kantoor te spreek, "toe sê iemand daar ry die trok waar
- daar ry jou
trok
9
weg". Hy is deur omstanders vertel dat dit Simon is, met wie hy so
pas
gesels het, wat met die trok vort is. Die omstanders het hom ook
beduie
waar Simon woon. Appellant het toe vir Simon by sy huis gaan
soek
maar hom mirabile dictu nie daar gevind nie. Hy is derhalwe na
die
polisiestasie. Daar gekom het hy baie mense gevind wat wag. Hy
het
geduldig sy beurt afgewag en eers na 16:00 geleentheid gekry om
'n
verklaring af te lê. Terwyl hy daarmee besig was, het
Archery gebel.
Voor die aanklaer sy beurt om appellant te kruisverhoor gekry
het,
het beskuldigde nr 3 al gekalwe aan enige
fondamente wat hierdie
vergesogte verhaai mag gehad het:
"... Sal Simon jou storie bevestig? - Ek glo so, want dit het so
gebeur.
Is dit nie so nie ... dat wat gebeur het is dat jy eers Simon getoets en
daarna het u my die sleutels van die trok oorhandig? —
Hoe kon ek Simon
toets, want Simon is glad nie 'n drywer nie.
Hoe het dit gekom dat jy die sleutels aan my oorhandig en hoe weet ek
daarvan dat jy woon in Rustenburg? - Kyk, ek ken jou nie. Hier
is my
identiteitsdokument, ekwil dit vir
10
jou wys. Die is my woonadres en dit is nie Rustenburg
nie.
Hoe het ek nou die sleutels van die trok in die hande gekry? --
Ek weet
nie
." (Ek beklemtoon.)
Kort daarna het
hy vertel dat hy die enjin laat luier het terwyl hy op pad was om met Frank
reêlings te tref, daarom was die
sleutels nog in die
voertuig.
Al wat met kmisverhoor nodig was, was om appellant 'n
geleentheid te bied om die onlogiese en grof onwaarskynlike in sy verhaal te
probeer verduidelik, omdat dit, behalwe wat betref die kern daarvan,
ooreengestem het met wat die staatsgetuies vertel het. Dit is
nie nodig om sy
getuienis in detail te ontleed nie. Hy het baie gepraat, sonder om iets sinvol
te sê, oor waarom hy nou juis
toe hy vir die dag werk gekry het, die
verrigting van daardie werk waarvoor hy in die tou gewag het, onderbreek het -
en vir so 'n
lang tyd - om by 'n ander firma aan te kiop vir werk; waarom hy nie
onmiddeliik A&P Driving Service gevra het om Express Cargo
en die polisie in
kennis te stel dat die trok
11
"gesteel" is nie; waarom hy self toe vir "Simon", by sy huis nogal, gaan
soek het; waarom hy toe hy uiteindelik by die polisie uitkom,
kamma maar
geduldig sy beurt afgewag het; en veel meer.
Volgens beskuldigde nr
2, het hy nr 3 raakgeloop by 'n droogskoonmakers-saak. Nr 3 het vertel dat hy op
pad is na Qwaqwa. Nr 2 het
'n geleentheid tot op Bethlehem gevra. Daar was net
die twee van hulle in die trok, geen ander persone nie. Nadat vrag afgelaai is
by eers sy niggie en toe sy vrou, is hy saam met beskuldigde nr 3 na die Qwaqwa
Inkopiesentrum waar nr 3 gewag het vir iemand van
wie hy betaling sou ontvang
maar wat toe nie opgedaag het nie. Die trok is toe daar gelaat.
Beskuldigde nr 3 het getuig dat appellant hom genader het om ongeveer
13:00, "waar voertuigbestuurders gehuur word". Appellant het
gevra na sy
lisensie, seker gemaak dat hy kan bestuur, en hom betaling belowe sou hy die
trok met twee insittendes na Qwaqwa bestuur.
Die passasiers moes op Alberton
afgelaai word. Nr 3 het gevra of hy
12
sommer by die droogskoonmaker kon aandoen. Die passasiers was haastig en
hy bet hulle eers afgelaai. By die droogskoonmaker het hy
nr
2 raakgeloop wat 'n geleentheid na Bethlehem gevra het. Hy het
daar
vrag afgelaai, maar as rede aangegee dat die ratkas van die
trok gelol het.
Hy is sukkel-sukkel tot in Qwaqwa waar appellant nie
soos afgespreek
opgedaag het nie. En hy is gearresteer toe
beskuldigde nr 2 hom aan die
polisie uitgewys het.
Ek gee slegs die buitelyne van die getuienis van beskuldigdes 2
en
3 weer, bowendien slegs insoverre as wat dit van
belang is t.a.v. die
skuldigbevinding van appellant. Dit is na my
mening onnodig om 'n
ontleding te doen en te besluit waar die
waarheid lê insoverre hulle
mekaar of die staatsgetuies
weerspreek. Die gebreke in hulle getuienis
spruit uit pogings om eie
onskuld te betuig. Daar is egter geen
bedenkings daaromtrent dat
beide korrek skuldig bevind is nie. Dit is
ook onnodig om te besluit
presies waar Simon, indien hy ooit bestaan
het, in die storie van
die dag se gebeure inpas. Hy dien geen doel daarin
13
nie. Dit was en is nie eers nodig nie om te besluit of beskuldigde nr 3
se getuienis dalk waar kan wees, dat Magubane en Hlatswayo
gevra het om padlangs
afgelaai te word en derhalwe medepligtiges tot die kaping van die trok
was.
Die "reêl" waarvolgens die getuienis van medepligliges
versigtig bejeën moet word, bestaan nie in vacuo nie. Die redes
daarvoor is
onlangs weer uitgespel in die ongerapporteerde beslissing van hierdie hof in
Nebron Ntusi v S
, 29 November 1993. Daar is in die onderhawige
geval geen motief aan die hand gedoen waarom Magubane en
Hlatswayo
vir appellant valslik sou wou betrek om iemand anders te beskerm nie, of
vermoede dat hulle enige wrok teen hom koester. Die hoofrede
waarom 'n
medepligtige se getuienis versigtig bejeën word, is omdat hy vanweë sy
binne-kennis van 'n besondere misdaad,
maklik kan oortuig dat hy die waarheid
praat omdat hy voet by stuk hou by al die feite van wat werklik gebeur het toe
'n oortreding
gepleeg is, maar slegs iemand anders in sy getuienis vervang vir
die werklike oortreder. Daar bestaan
14
geen gevaar van so 'n vervanging in hierdie geval nie. Dit is gemene saak
dat appellant bestuur het tot op 'n punt en beskuldigde
nr 3 toe by hom
oorgeneem het nadat daar 'n gesprek tussen hulle plaasgevind het. Die enigste
vraag is of hy vrywillig die trok aan
nr 3 afgestaan het, en of nr 3 dit teen sy
sin en wil gekaap het. Hoewel daar heelwat geregverdigde kritiek teen die
getuienis van
Hlatswayo en Magubane sowel as beskuldigde 3 (wat homself
onskuldig voorgedoen het) uitgebring kan word en uitgebring is, was hulle
dit
eens dat appellant die trok aan beskuldigde nr 3 oorhandig het nadat hy seker
gemaak het dat dié bekwaam was om dit te
bestuur. Appellant se voorstel
dat die drie saamgesweer het om hom uit een mond te belieg, stuit teen appellant
se eie getuienis.
Die besïuit om na Frank by A & P Driving Service te
gaan, was sy besluit. Hy het by dié perseel met beskuldigde nr
3 en Simon
gesels. Daar was geen sprake van enige vroeër geleentheid waarop Magubane
en Hlatswayo met nr 3 kon saamgesweer het
om die trok te kaap nie, want hulle
het nie vroeér geweet dat appellant van plan
15
was om daar aan te doen waar beskuldigde 3 en Simon sou wees nie. Toe
appellant sy rug op Simon en beskuldigde 3 draai en terwyl hy
nog trappies
afstap om by Frank te kom, ry die trok. Tyd vir sameswering daar deur
beskuldigde 3 met die assistente was daar nie.
Boonop is daar niks wat daarop
dui dat hy hulle vantevore geken het nie en sou hy 'n enorme risiko loop om mel
vreemdes te probeer
konkel. Indien hulle wel deel was van 'n vroeêr
sameswering om die trok te kaap, moes appellant noodwendig ook deel gewees
het
van daardie sameswering. Die suggestie dat beskuldigde nr 3 in geselskap van
Simon onder die omstandighede wat appellant self
geskets het die trok vanuit
appellant se besit sou steel, is 'n laaste spyker van onwaarskynlikheid in die
doodkis van appellant
se verweer. Daar was getuies. Dit was helder oordag.
Appellant het Simon geken. Die polisie moes hulle kort voor lank kry. Geen
normale
dief kon daarop reken dat appellant soveel draaie sou loop dat die dief
volop geleentheid gegun word om weg te kom voordat die polisie
ontbied word
nie.
16
Kortom, appellant se skuldigbevinding was onvermydelik ondanks gebreke in
die staatsgetuies se weergawes van gebeure.
Wat die vonnis betref,
is ons nie gewys op enige misvatting deur die landdros nie. Ondanks die feit dat
appellant 'n eerste oortreder
was, wat by vonnisbepaling wel deeglik in ag
geneem is, het hy sommer diepkant ingespring toe hy hom tot misdaad wend. Die
vragmotor
en vrag was waardevol. Die vrag is nie alles teruggevind nie. Hy het
ander se voete ook op die verkeerde pad geplaas. En daar is
geen aanduiding nie
dat hy enige berou het oor sy optrede waar hy ontken dat hy enigsins oortree het
nie. Daar is geen gronde waarop
daar ingemeng kan of behoort te word in die
vonnis deur die landdros opgelê nie.
Om hierdie redes is die
appèl teen sowel skuldigbevindíng as vonnis van die hand
gewys.
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM:
HEFER AR) F H GROSSKOPF AR)