Kaufman v Standardbank Van Suid-Afrika Bpk. (316/93) [1994] ZASCA 107 (8 September 1994)

58 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Provisional sequestration — Appeal against provisional sequestration order — Appellant's failure to comply with procedural requirements for lodging appeal — Application for condonation for late filing of appeal documents — Condonation refused due to lack of merit and failure to rectify procedural shortcomings in a timely manner — Appeal dismissed. The appellant's estate was provisionally sequestrated at the instance of the respondent, following a judgment for payment of debts. The appellant sought to appeal the sequestration order but failed to file the necessary documents within the prescribed time limits, subsequently applying for condonation for the late filing. The legal issue was whether the appellant's application for condonation for the late filing of appeal documents should be granted, considering the procedural failures and the merits of the appeal. The court held that the application for condonation was refused, as the appellant did not demonstrate a reasonable explanation for the delays and the appeal lacked sufficient merit.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 107
|

|

Kaufman v Standardbank Van Suid-Afrika Bpk. (316/93) [1994] ZASCA 107 (8 September 1994)

Saaknommer 316/93
/wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUIDAFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak
tussen:
PIETER WILLEMKAUFMAN A
ppellant
en
DIE STANDARDBANK VAN SUID-AFRIKABEPERK
Respondent
CORAM: HEFER, VIVIER, F H GROSSKOPF, NIENABER et
HARMS ARR VERHOORDATUM: 19 Augustus 1994 REDES INGEDIEN: 8 September
1994
R E D E S
NIENABER AR/
2
NIENABER AR:
Die appellant se boedel is op aandrang van die
respondent op 26 Junie 1990 voorlopig en op 27 Febmarie 1992 Gnaal in die
Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling gesekwestreer. Teen laasgenoemde bevel het
die appellant na hierdie hof geappelleer. Sy appèl het gepaard
gegaan met
'n aansoek om kondonasie vir 'n reeks tekortkominge in die voorbereiding en
voorlegging van die appèl-stukke. Die
aansoek om kondonasie is deur die
respondent teengestaan. Na oorweging van die betoë is die aansoek om
kondonasie op 19 Augustus
1994 deur hierdie hof geweier, om redes wat mettertyd
verstrek sou word. Wat nou volg, is die beloofde redes. Voortaan word na die
appellant as die applikant verwys.
Om die aansoek beter te kan begryp, sou dit van nut wees, meen ek, om
iets van die agtergrond te verstrek. Agtergrond is daar oorgenoeg.
Die oorkonde
alleen beslaan oor die duisend bladsye. Maar vir huidige doeleindes kan met die
volgende hooftrekke volstaan word: 1
Die applikant is 'n sakeman wat hoofsaaklik
in die drankhandel doenig
3
was, met bates - veral woonerwe, vakansiepersele, industriële- en
landbouhoewes en plase - maar ook laste wat miljoene rande
bedra
het.
2 Op 8 Mei 1990 verkry die respondent summiere
vonnis
(i) teen P W V Liquor Wholesaler Distributors (Edms) Bpk as eerste
verweerder en teen die applikant as tweede verweerder, gesamentlik
en
afsonderlik, vir betaling van die bedrag van R563 396,54 tesame met rente en
koste; en
(ii) teen die applikant alleen vir betaling van R366 847,26 tesame met rente
en koste.
3 P W V Liquor Wholesaler Distributors (Edms) Bpk was 'n maatskappy wat deur
die applikant besit en beheer is. Die maatskappy is op
12 Junie 1990 voorlopig
gelikwideer.
4 Die vonnis teen die applikant lei tot 'n lasbrief wat op sy beurt 'n nulla
bona-relaas oplewer, die geldigheid waarvan deurgaans
tydens hierdie verrigtinge
in geskil was.
4
5 Op 26 Junie 1990 word die applikant se boedel in die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling voorlopig gesekwestreer. Die bevel is op
die nulla
bona-relaas
gegrond.
6
Eers
op 9 Augustus 1990 word díe voorlopige sekwestrasiebevel
aan
die applikant beteken. (In die stukke word daar gesuggereer dat hy
betekening doelbewus probeer ontduik het.)
7 Bekragtiging van die voorlopige sekwestrasiebevel is deur
die
applikant teengestaan. Dit lei tot nie minder nie as vyf
stelle
eedsverklarings.
8 In die ïoop van verwisseling van die eedsverklarings het
NedPerm
Bank Bpk ("NedPerm") aansoek gedoen om tussenbeide te
tree.
NedPerm se eis het Rl 211 416,90 bedra. NedPerm het
insgelyks
aangedring op die finale sekwestrasie van die applikant se
boedel. 'n
Verdere drie stelle eedsverklaringe is in dié
aansoek geliasseer.
9 Toe die aansoeke om bekragtiging
van die bevel uiteindelik op 27
Februarie 1991 voor McCreath R in
die Witwatersrandse Plaaslike
5
Afdeling dien, is 'n skikking tussen die applikant, die respondent en
NedPerm bereik. Hierdie skikking is 'n bevel van die hof gemaak.
In breë
trekke het dit daarop neergekom dat die voorlopige sekwestrasiebevel verleng
word; dat 'n aantal geselekteerde onroerende
eiendomme van die applikant te
gelde gemaak word; dat indien dit genoeg oplewer om die eise van sekere omskrewe
skuldeisers te delg,
die bevel opgehef word, maar indien nie, dat die applikant
dan "unconditionally withdraws his opposition in this matter and the provisional
sequestration order granted herein shall be confirmed".
10 Die keerdag van die voorlopige sekwestrasiebeveï is na aanleiding
van hierdie ooreenkoms telkens verleng.
11 Op 6 Desember 1991 is die kwessie opnuut beredeneer toe daar, aan die
hand van verdere eedsverklaringe wat aan beide kante geliasseer
is, namens die
respondent aansoek gedoen is om bekragtiging van die sekwestrasiebevel en namens
die applikant om 'n verdere
verlenging
6
daarvan. Die keerdag is tot 25 Februarie 1992 verleng met 'n aanduiding deur
die hof dat dit 'n finale uitstel sou wees.
12 By dié geleentheid het die respondent, aan die hand van nog 'n
verdere eedsverklaring, opnuut aangedring op bekragtiging
van die voorlopige
sekwestrasiebevel terwyl daar namens die applikant, aan die hand van 'n verdere
eedsverklaring wat namens hom
geliasseer is, gevra is vir die ophefGng
daarvan.
13 Op 27 Februarie 1992 lewer Myburgh R uitspraak. Met inagneming van die
bepalings van die vorige hofbevel en sy eie siening van
die stand van die
applikant se bates en laste op daardie tydstip, bekragtig hy die voorlopige
sekwestrasiebevel.
Kragtens artikel 150 van die
Insolvensiewet 24 van 1936 was die applikant sonder meer geregtig om by hierdie
hof teen daardie bevel
te appelleer (Fourie v Drakensberg Koöperasie Bpk
1988(3) SA 466 (A); Nahrungsmittel GmbH v Otto 1993(1) SA 639 (A)). (Die artikel
is sedertdien deur artikel 1 van Wet 129 van 1993 gewysig.) Na regte en
7
indien hy die saak reg ingesien het, moes die applikant se
regsverteenwoordiger:
(a) ooreenkomstig Appèlhofreël 5(1) binne 20 besigheidsdae na 27
Februarie 1992 d.w.s. voor of op 26 Maart 1992 'n kennisgewing
van appèl
by die griffier van hierdie hof en die griffier van die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling ingedien het en 'n afskrif
aan die respondent se prokureur
beteken het;
(b) ooreenkomstig Appèlhofreël 5(3)(b) binne 20 besigheidsdae
daarna d.w.s. voor of op 24 April 1992 by die griffier van
hierdie hof 'n volmag
ingedien het wat hom magtig om die appèl voort te sit;
(c) ooreenkomstig Appèlhofreël 5(4)(c) binne 3 maande vanaf 27
Februarie 1992 d.w.s. voor of op 27 Mei 1992, die voorgeskrewe
aantal afskrifte
van die oorkonde van die verrigtinge by die griffier van hierdie hof en die
respondent se prokureur ingedien het.
Die applikant en
sy span, soos trouens ook die respondent en die hof a quo, was van gemeïde
artikel 150 klaarblyklik onbewus.
En dit lei tot
8
die volgende abortiewe gebeure:
1 Op 2 April 1992, vyf weke nadat uitspraak gelewer is, gee die applikant
kennis van sy voomeme om by die hof a quo aansoek te doen
om verlof om teen die
hof a quo se uitspraak te appelleer. Daardie aansoek was op sigself laat.
Ingevolge Hooggeregshofreël
49(l)(b) moes sodanige kennis binne 15 dae
vanaf die datum van die uitspraak waarteen geappeller word, gegee gewees
het.
2
Op
21 Mei 1992 weier Myburgh R sodanige
verlof.
3 Volgens die applikant se eie siening, naamlík dat verlof om te
appelleer wel nodig was, sou hy kragtens artikel 21(2) van
die Wet op die
Hooggeregshof 59 van 1959 binne 21 dae vanaf die datum waarop verlof geweier is,
'n petisie vir verlof om te appelleer
by die griffier van hierdie hof moes
indien. ('n Afskrif van die petisie moes, ooreenkomstig Appèlhofreël
3(3), ook aan
die respondent se prokureurs beteken
word.)
4
'n
Petisie vir voorlegging aan die hoofregter word inderdaad
ingedien,
9
maar dit was weereens nie betyds nie. Gevolglik gaan dit gepaard met 'n
aansoek om kondonasie vir die laat-liassering daarvan. Die
petisie en
kondonasie-aansoek is gedateer 7 September 1992. Dit word op 10 September 1992
aan die respondent se prokureur beteken,
maar eers op 2 Oktober 1992 by hierdie
hof geliasseer d.w.s. sewe maande in plaas van 21 dae nadat verlof deur die hof
a quo geweier
is. Volgens die aansoek om kondonasie was die vertraging te wyte
aan probleme wat die applikant ondervind het om "offisiële"
afskrifte van
Myburgh R se twee uitsprake te bekom.
5 Die aansoek om verlof en kondonasie word deur die respondent teengestaan,
hoofsaaklik op grond daarvan dat die voorgenome appèl
weinig vooruitsig
op sukses sou hê.
6 Op 2 November 1992 en na aanleiding van die voormelde petisie stuur die
griffier van hierdie hof 'n faks aan die partye wat soos
volg lui:
"Die voorsittende regter versoek soos
volg:
1. Verlof om te appelleer is nie nodig in hierdie geval nie. (Kyk: Fourie v
Drakensberg Koöperasle Bpk 1988(3) SA 466
(A).)
2. Die partye word versoek om geskrewe submissies voor of op
18
10
November 1992 by die griffier van hierdie hof in te dien m.b.t. die volgende
aspekte:
2.1 Die bevel van die hof a quo van 21 Mei 1992 waarvolgens verlof om te
appelleer met koste geweier
is.
2.2 Die koste verbonde aan die
volgende:
2.2.1 aansoek om kondonasie;
2.2.2 petisie om verlof om te appelleer;
2.2.3 respondent se beantwoordende
verklaring."
7 Skriftelike submissies is inderdaad namens die onderskeie partye ingedien
waaruit blyk dat beide partye aanvaar dat die aansoek
om verlof voor Myburgh R,
die applikant se daaropvolgende petisie en die respondent se teenstand alles
oorbodig was.
In die lig van hierdie verwikkeling moes
die applikant vroeg in November 1992 besef het dat hy reeds 'n kwessie van sewe
maande laat
was met sy kennisgewing van appèl, ses maande met sy volmag
en vyf maande met die indiening van die hofrekord. Hy was geroepe
om sy foute
summier reg te stel en om 'n kondonasie-aansoek te rig (vgl Ferreira v
Ntshingila
11 1990(4) SA 271 (A) 281 D-E;Rennie v Kamby Farms (Pty)
Ltd 1989(2) SA 124 (A) 129G). Inderdaad doen hy nóg die een nóg
die ander.
In sekere opsigte heí die applikant wel betreklik flink
gereageer:
1 Op 19 November 1992 onderteken hy 'n kennisgewing van appél wat op
2 Desember 1992 aan die respondent se prokureur beteken
word. Dit word egter nie
tegelykertyd by die griffier geliasseer nie.
2 Op 22 November 1992 onderteken hy 'n volmag waarkragtens hy mnre C W Malan
en Kie van Joubertina en Webbers van Bloemfontein magtig
om sy appèl
namens hom te behartig. Weereens word die volmag nie by die griffier van hierdie
hof geliasseer nie. (Op 8 Junie
1993 word 'n verdere volmag opgestel, dié
keer onderteken namens die Bloemfonteinse prokureurs, Webbers, waarin twee
verdere
stelle prokureurs namens die applikant gemagtig word om die appèl
te behartig.)
12
3 Op 5 Desember 1992 onderteken die applikant 'n dokument getiteld
"petisie", waarna ek as "die eerste kondonasie-aansoek" sal verwys,
waarin die
applikant verskoning aanteken vir sy onkunde aangaande die korrekte prosedure en
sy gevolglike versuim om die kennisgewing
van appêl, volmag en oorkonde
betyds in te dien. Hy voer aan dat die vertraging in die voortsetting van die
appèl nie
aan nalatigheid aan sy kant te wyte was nie en dat hy
"onmiddellik aan sy regsverteenwoordigers opdrag gegee het, toe hy bewus geraak
het van die omstandighede, om die nodige stappe te doen om die posisie reg te
stel." Voorts gaan hy redelik uitvoerig op die meriete
van die saak in en beweer
hy dat hy van voomemens is om aansoek te doen "om verlof om verdere getuienis
voor die hof van appèl
te plaas ten opsigte van die omvang en waarde van
sy boedel soos dit op 26 Junie 1990 was." Hy vra kondonasie vir sy versuim ten
opsigte van die nie-tydige
13
liassering van 'n kennisgewing van appêl, 'n volmag en die nodige
kopieë van die rekord van die verrigtinge voor die hof
a
quo.
Op sy minste skep dié bedes die indruk dat
die kennisgewing van appèl, die volmag en die nodige kopieë van die
hofrekord óf reeds ingedien óf op die punt was om ingedien te
word. In werklikheid was die oorkonde nie naastenby vir
indiening gereed nie.
Gevolglik kon hy die kondonasie-aansoek nie by die griffier van hierdie hof
liasseer nie want hy kon kwalik
kondonasie vra vir 'n ellelange versuim wat nog
nie herstel was en, sonder gegronde verskoning, nie binne afsienbare tyd herstel
sou word nie.
Desondanks word die aansoek om kondonasie op 9 Desember 1992 aan die
respondent se prokureurs beteken, sonder om hulle te verwittig
dat die applikant
dit nie by die griffier ingedien het en nie van plan was om dit eersdaags te
doen nie. Ongetwyfeld het hy daardeur
by die respondent
14
se prokureur die indruk verwek dat alle formele gebreke reeds aangesuiwer
ís en dat daar gevolglik net vir die toekenning van
'n verhoordatum
ooreenkomstig Appèlhofreël 7(1) gewag word.
Eers op 22
Junie 1993, ses en 'n half maande later, word die volgende dokumente by die
griffier van hierdie hof ingelewer:
(a)
die
kennisgewing van appèl gedateer 19 November
1992;
(b) albei volmagte, onderteken op 22 November 1992 en 8 Junie 1993
onderskeidelik;
(c)
die
oorkonde van die verrigtinge;
(d) 'n verdere sg petisie, waarna ek as "die tweede kondonasie-aansoek" sal
verwys, waarin die applikant poog om sy versuim te verduidelik.
Die
verduideliking is dat daar met die voorbereiding van die hofrekord probleme
ondervind is. Dié probleme word in 'n eedsverklaring
van sy destydse
prokureur, mnr F J van Rensburg van die firma
Moodie,
15
Moodie & Van Rensburg van Boksburg, soos volg toegelig:
"6. Nadat opdrag ontvang is om die Hof Rekord voor te berei het ek
persoonlike opwagtings by die Griffier van die Hooggeregshof Witwatersrand
Plaaslike Afdeling gemaak en is teïkemale meegedeel dat die Hoflêer
nie beskikbaar is nie en eers gedurende Februarie
1993 was 'n lid van my
personeel in staat om die Hoflêer op te spoor in die kantore van die
Griffier. Op daardie stadium was
die Hoflêer onvolledig en was ons kantoor
aangewese op die stukke soos in bcsit van die Appellant, wie op daardie stadium
reeds
in Joubertina woonagtig was.
7. 'n Pro-forma Hof Rekord is voorberei en op die 10de Maart 1993
voorgelê aan die Appellant se Bloemfontein Prokureurs, waarop
daar
kommentaar gelewer is dat die Hof Rekord soos gemaak is van die dokumente
gelíasseer in die Hof a quo nie aanvaarbaar
is vir doeleindes van die
Appèlhof nie."
(Ek kom later op hierdie verduideliking
terug.)
Op 11 Julie 1994 word 'n derde
petisie, getiteld "Aanvullende
Petisie", waarna ek as "die derde kondonasie-aansoek" verwys, by die
griffier
ingedien en op dieselfde datum aan die respondent se
prokureur beteken. Dit
word deur Van Rensburg beaam. Hierdie aansoek
openbaar 'n prentjie wat
16
nie presies met die vorige verduideliking van Van Rensburg strook nie.
Weereens word die probleme met die voorbereiding van die hofrekord
beklemtoon.
Twee redes word geopper:
(a)
die
ingewikkeldheid van die rekord;
en
(b)
die werkdruk waaronder
Van Rensburg indertyd verkeer het.
Geeneen
van hierdie redes oortuig nie. Wat die eerste betref, was die verrigtinge van
aard 'n bestrede aansoek en nie 'n verhoor nie.
Weliswaar was daar meerdere
stelle eedsverklarings en verskillende verskynings, maar op stuk van sake was
die saak op stukke. By
elke verskyning was daar eedsverklarings, meestal in
volgorde, gedateer en gepagineer. Die voorbereiding van die oorkonde het dus
in
wese geverg dat die stukke voltooi, gekorreleer, gepagineer en van 'n indeks
voorsien moes word. Moontlik moeisaam, moeilik nie.
Hoogstens het die uitsprake
van die hof a quo ontbreek.
17
Die tweede verduideliking is geen verskoning nie. Volgens die derde
aansoek om kondonasie was die rekord reeds op 17 Desember 1992
aan Webbers van
Bloemfontein voorgelê wat dit deurgelees en notas aangaande gebreke daarin
gemaak het, 'n lys waarvan op 18
Desember 1992 aan Van Rensburg deurgefaks is.
Van Rensburg verduidelik dat hy sedert begin Januarie 1993 by die ontwikkeling
van
'n eiendomsportefeulje betrokke was "wat dit vir hóm moeilik gemaak
het om die appèlrekord voor te berei." Eers op
10 Maart 1993 het hy die
defekte met Webbers in Bloemfontein gaan bespreek toe hy 'n sg pro
forma-hofrekord aan hulle voorgelê
het. Wat met 'n pro forma-hofrekord
bedoel word, is nie verduidelik nie. Van Rensburg het dit toe oorweeg om vir 'n
firma, Seemac
in Johannesburg, wat hom op die voorbereiding van hofrekords
toespits, te vra om die hofrekord voor te berei, maar toe dié
firma ook
sloer, het Van Rensburg dit by hulle gaan afhaal en die hofrekord self voltooi.
Presies wanneer hy dit na Seemac
18
geneem het, wal sy reëling met Seemac was en wanneer hy dit by
Seemac afgehaal het, word ook nie in die stukke verduidelik nie.
Eers vroeg in
Junie 1993 is die voltooide rekord by Webbers in Bloemfontein afgelewer waama
dit op 22 Junie 1993 by die griffier
van hierdie hof ingedien
is.
Vir die stelling dat 'n prokureur se onkunde en laksheid nie
noodwendig 'n afdoende antwoord bied nie, is daar ruim gesag (vgl Saloojee
and
another N N O v Minister of Community Development 1965(2) SA 135 (A) 141B-H;
Finbro Fumishers (Pty) Ltd v Registrar of Deeds,
Bloemfontein and others 1985(4)
SA 773 (A) 787 G-H; Rennie v Kamby Farms (Pty) Ltd supra 131 D-E; Ferreira v
Ntshingila supra 281C-F;
Tshivhase Royal Council and another v Tshivhase and
another 1992(4) SA 852 (A) 859E).
In ieder geval was die applikant self ook nie sonder blaam
nie.
19 Reeds op 5 Desember 1992 beëdig hy die eerste aansoek om
kondonasie met die wete dat daar reeds vir 'n geruime tyd nie aan
die
hofreëls voldoen is nie. Die verskoning dat hy oor die hofprosedure
oningelig was, kon daarna nie meer steek hou nie, in
elk geval nie ten opsigte
van die kwessies wat in daardie aansoek geopper is, naamlik die versuim om die
kennisgewing van appel,
die volmag en die hofrekord betyds te liasseer nie. Tog
openbaar die applikant 'n traak-my-nie-agtige houding. Niks dui daarop dat
hy
ooit navraag gedoen het oor hoe sake vorder of dat hy sy prokureur aangespoor
het om van die saak werk te maak nie. 'n Vergelykbare
situasie het hom in
Mbutuma v Xhosa Development Corporation Ltd 1978(1) SA 681 (A) voorgedoen. Daar
het dit ook om 'n appèl
teen 'n finale sekwestrasiebevel na hierdie hof
gegaan. Die appèl is, tesame met 'n aansoek om kondonasie, eers 23 maande
nadat die finale sekwestrasiebevel verleen is, aangeteken. Die verskoning, vir
sover daar wel verskoning vir laks en slordige werk
20 aangebied is,
was onder meer: dat die applikant alles aan sy prokureur oorgelaat het wat
vanweé werkdrukte aanvanklik nie
daarby uitgekom het nie en later
probleme ervaar het toe die advokaat wat die stukke moes nagaan, oorsee was of
nie die nodige aandag
aan die saak gegce het nie. Hierdie hof bevind, met
verwysing na Kgobane and another v Minister of Justice and another 1969(3) SA
365 (A) 369B - 370A, dat werkdrukte waaronder 'n prokureur (of advokaat)
verkeer, nie 'n aanvaarbare verskoning bied nie (685 B-E).
Oor die applikant se
eie blaamwaardigheid word gesê (op 686 D-F):
"To sum up in this respect, on the evidence before the Court I am satisfied
that, although the applicant was aware in August 1975
that the prosecution of
his appeal had already been delayed for about eight months as a result of his
attomey's carelessness and
inefGciency, he nevertheless allowed the matter to
drag on for a further period of seven or eight months before doing anything
about
it. In my judgment, it cannot be said that the applicant was without
blame, for the delay in approaching the Court for condonation
must, in the
círcumstances, be attributed not only to his attomey's remissness
and
21 |
ineptitude, but also to his own indifference and lack of concern." (vgl
ook Ferreira & Ntshingila supra 281H). Dieselfde oorweging
geld
ook hier.
Na indiening van die rekord in Junie 1993, is 'n verhoordatum toegeken,
te wete 19 Augustus 1994. By die verhoor op dié datum
is die applikant,
soos ook die respondent, deur 'n senior en 'n junior advokaat verteenwoordig.
Ter aanvang is daar namens die applikant
om kondónasie gevra. Die aansoek
is deur die respondent teengestaan en, soos reeds vermeld, terstond deur die hof
geweier
sonder dat daar enigsins op die meriete van die saak ingegaan
is.
Die beginsels wat in 'n aansoek om kondonasie van hierdie aard geld, is
in 'n reeks beslissings van hierdie hof uiteengesit. Faktore
wat 'n rol
speel
"... include the degree of non-compliance, the explanation therefor,
the
22
importance of the case, the prospects of succcss, the respondent's interests
in the finality of his judgment, the convenience of the
Court and the avoidance
of unnecessary delay in the administration of justice; ... The cogency of any
such factor will vary according
to the circumstances, including the particular
Rule infringed."
(per Holmes AR in Federated Employers
Fíre & General Insurance Co
Ltd and another v McKenzie
1969(3) SA 360 (A) 362 F-G).
Tydens betoog is tereg namens die
applikant toegegee dat die verduidelikings wat deur en namens die applikant
verstrek is, kwalik
die toets wat in die beslissings vir kondonasie gestel is,
kan slaag. Maar, so is aangevoer, 'n sekwestrasiebevel behels 'n verandering
in
status van die applikant wat sy hele toekoms op die spel plaas; die vertragings
wat daar was, het die respondent nie ernstig benadeel
nie; en die aansoek
behoort daarom nie los van die meriete (wat die applikant kwansuis sou
begunstig) beoordeel te word nie.
Die eerste twee oorweginge wat vermeld is, naamlik dat
die
23
uitkoms van die saak vir die applikant van die allergrootste belang is en
dat die respondent nie werklik deur enige vertragings benadeel
is nie, het ook
in Mbutuma v Xhosa Development Corporation Ltd supra ter sprake gekom.
Aldaar is op 686F - 687A gesê:
"During argument, counsel also referred to the following
factors,
namely the importance of the appeal to the applicant, the
respondent's
interest in the Gnality of its judgment and the applicant's prospects
of
success on appeal. The appeal is, without question, a matter of
some
importance to the appellant. The Court must, however, also have
regard to the fact that the respondent has an interest in the finality
of
its judgment, as SOLOMON, J.A., pointed out in the following
passage in his judgment in Caims Executors v. Gaam, supra at
p.
193:
'When a party has obtained a judgment in his favour and the time allowed
by law for appealing has lapsed, he is in a very strong position,
and he should
not be disturbed except under very special circumstances'.
In this particular instance the Court must also have regard to the
fact
that some effect has already been given to the judgment by
operation
of the law, namely
sec. 150(3)
of the
Insolvency Act, 24 of
1936
,
which reads as follows:
'When an appeal has been noted (whether under this section or under any
other law) against a final order of sequestration, the provisions
of this Act
shall nevertheless apply as if no appeal had been noted: Provided that no
property
24
belonging to the sequestrated estate shall be realised without the written
consent of the insolvent concerned.'
As a result, the applicant's creditors would at this stage also have an
interest in the finality of the judgment and this, in my view,
is also a factor
militating against the granting of the indulgence. Thus, it is of the greatest
importance, not only in the interests
of the parties directly concemed, but also
in the general public interest, that appeals against orders for sequestration
should be
prosecuted with due expedition."
Om dieselfde
redes is die eerste twee oorweginge ook in hierdie geval nie
deurslaggewend nie.
Wat die derde oorweging (met betrekking tot die meriete van die
appèl self) betref, is in P E Bosman Transport Works Committee
and others
v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980(4) SA 794 (A) 799 D-E
gesê:
"In a case such as the present, where there has been a flagrant breach of
the Rules of this Court in more than one respect, and where
in addition there is
no acceptable explanation for some periods of delay and, indeed, in respect of
other periods of delay, no explanation
at all, the application should, in my
opinion, not be granted whatever the prospects of success may
be."
25
Dieselfde standpunt is
in etlike latere sake gehuldig. In Rennie
v Kamby Farms (Pty) Ltd supra 131 H-J is dit oor die boeg gegooi
dat
kondonasie geweier word indien die kumulatiewe effek van die
tekortkominge
"... render the application unworthy of consideration; and that this is a
case in which the court should refuse the application irrespective
of the
prospects of success."
(vgl voorts Tshivhase Royal
Council and another v Tshivhase and
another supra 859 E-G; Blumenthal and another v Thomson N O and
another 1994(2) SA 118 (A) 122 A-D).
Die vraag wat hierdie hof moes oorweeg, was of die tekortkominge en
vertragings in die onderhawige geval ook so ingrypend was dat
die meriete van
die dispuut nie ter sprake gekom het nie. Ongetwyfeld is die prentjie wat die
voorgaande relaas openbaar, 'n toonbeeld
van onkunde en laksheid. Omtrent niks
is betyds gedoen nie. Elke stap was
26
amper stelselmatig laat. Maande het op 'n keer verloop sonder dat iets
gedoen is. Die verduidelikings wat wel verstrek is, was karig
en onbevredigend.
Sommige vertragings word glad nie verduidelik nie. Volgens die eerste aansoek om
kondonasie was die aanvanklike
vertragings te wyte aan blote onkunde aan die
kant van die applikant en sy regsverteenwoordiger wat gemeen het dat 'n petisie
om
verlof om te appelleer nodig was. Selfs al word hierdie verduideliking
aanvaar, verskoon dit nie die lang vertraging alvorens die
petisie om verlof wel
ingedien is nie. In elk geval verduidelik dit nie die vertraging nadat die ware
toedrag van sake op die lappe
gekom het níe. Op daardie stadium was
díe appiikant en sy regsverteenwoordiger terdeë bewus van die
dwingende
noodsaak om met ywer op te tree ten einde vir die vertraging wat aan
hul onkunde te wyte was, te vergoed. Desondanks is daar steeds
geen teken van
enige besondere toewyding aan die kant van óf die applikant óf sy
regsverteenwoordiger nie.
27
Die verduidelikings wat vir die verdere versuim verstrek word, is so
onbevredigend as om verdag te wees. Geen verduideliking word
bv verstrek van
hoekom die petisie aan die teenkant beteken is, terwyl dit nie terselfdertyd by
die hof geliasseer is nie. Mens kan
oor die rede spekuleer, maar by ontstentenis
van 'n pertinente verduideliking skep dit op sy ergste die indruk van 'n
moedswillige,
en op sy beste die indruk van 'n totaal onverskillige houding. Die
saak sloer reeds sedert 26 Junie 1990 toe die appellant se boedel
voorlopig
gesekwestreer is. Om na die ontdekking van die ware toedrag van sake 'n verdere
sewe maande te wag alvorens die rekord
ingedien en die stukke agtermekaar gekry
is, was so laks en so ongeërg as om aan minagtende optrede te
grens.
Word die patroon en die kumulatiewe effek van die agtelosigheid en
knoeiwerk wat hierbo beskryf is in ag geneem, gepaard met onvoldoende
verskonings in sommige gevalle en 'n afwesigheid van enige
verduidelikings
28 in ander, het mens na my mening ook hier met 'n
geval te doen waar daar nie 'n genoegsame saak uitgemaak is vir tegemoetkoming
van die applikant nie; anders gestel, dat die geval, in die lig van die mate van
laakbaarheid in die optrede van die applikant en
sy regsverteenwoordigers, nie
die gunstige aandag van hierdie hof waardig is nie - en dat die meriete van die
geskil tussen die partye
dus nie daarop aankom nie.
Om bogemelde redes is die aansoek om kondonasie op
19
Augustus 1994 met koste van die hand gewys, wat die koste van appèl
en
die koste van twee advokate insluit. Dit impliseer noodwendig dat
die appèl
verval.
P M NIENABER AR
HEFER AR ]
VIVIER AR ]
F H GROSSKOPF AR ] Stem saam,
HARMS AR ]