About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 102
|
|
Minister van Justisie v Jaffer (484/92) [1994] ZASCA 102; 1995 (1) SA 273 (AD); [1995] 3 All SA 419 (AD); [1995] 1 All SA 366 (A) (1 September 1994)
Saakno 484/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tusscn:
DIE MINISTER VAN JUSTISIE
Appellant
en
GEORGE D JAFFER
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, SMALBERGER, NIENABER, HOWIE,
HARMS, ARR
DATUM VAN VERHOOR:
27 Mei 1994
DATUM GELEWER:
1 September 1994
UITSPRAAK
E M GROSSKOPF. AR
2
Op 11 Mei 1983 is Ebrahim Hoesein ("die dwelmhandelaar") in die streekhof
op Wynberg, Kaap, gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf vir
handeldryf in Mandrax
tablette. 'n Appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling teen sy
skuldigbevinding en vonnis is op 14 Augustus
1984 afgewys. In September 1984 het
die provinsiale afdeling verlof om verder te appelleer geweier maar borgtog van
R30 000 bepaal
hangende 'n petisie na die hoofregter. Die borgtog is betaal deur
die dwelmhandelaar se broer, Mohammed Hoesein, en 'n borgkwitansie
is aan lg
uitgereik.
Verlof om te appelleer is ooreenkomstig die petisie verleen, maar die
appèl is op 24 Maart 1987 deur die appèlhof afgewys.
'n
Kennisgewing gedateer 28 April 1987 is aan die dwelmhandelaar beteken
waarkragtens hy hom op 21 Mei 1987 moes oorgee om sy vonnis
uit te
dien.
Gedurende die eerste helfte van Mei het die dwelmhandelaar Johannesburg
besoek om regsadvies te bekom. Die owerhede het die indruk
gekry dat hy probeer
vlug. Op 12 Mei het die landdros van Wynberg 'n lasbrief
3
vir die inhegtenisneming van die dwelmhandelaar uitgereik en die
borggeld
voorlopig aan die Staat verbeurd verklaar kragtens art 67 van die
Strafproseswet. Die volgende dag is die dwelmhandelaar in Johannesburg
in
hegtenis geneem. Op 14 Mei het die Johannesburgse landdroshof hom na die
Wynbergse hof oorgeplaas, waar hy op 15 Mei verskyn het.
Die landdros op Wynberg
het aanvaar dat die dwelmhandelaar se besoek aan Johannesburg onskuldig was. Hy
het gevoïgïik die
lasbrief vir inhegtenisneming ter syde gestel en die
borg herstel. Die dwelmhandelaar was dus weer op vrye voete. Onbewus hiervan
het
die griffier van die Kaapse Provinsiaíe Afdeling die borggeld op 18 Mei
1987 terugbetaal. Ek sal later die omstandighede
behandel waaronder dit gebeur
het.
Dit is nie nodig om die verdere verloop van die saak teen die
dwelmhandelaar in besonderhede na te gaan nie. Deur vemuftige gebruik
(of
misbruik) van hofprosedures het híerdie glibberige kalant uit die hande
van die gereg gebly. Op 13 Junie 1988 het die
Kaapse Provinsiale Afdeling finaal
gelas dat hy hom onmiddellik aan die polisie moes oorgee. Toe was hy
reeds
4 skoonveld. Die Wynbergse landdros het 2 Augustus 1988 bepaal
as die datum
waarop besluit sou word of die borg verbeurd verklaar sou word. Kort
daama
is die griffler van die hooggeregshof versoek om die borggeld na
die
Wynbergse landdroshof oor te dra. Toe eers blyk dit dat die borggeld
reeds op
18 Mei 1987 terugbetaal was.
Ten einde die skade aan die Staat te probeer vergoed, het die
appellant,
die Minister van Justisie, 'n aksíe
ingestel teen die respondent, 'n prokureur
genaamd George Jaffer. Sy rol in die drama was die volgende.
Gedurende
Maart 1984 het hy 'n bedrag van R15000 aan die dweimhandelaar
voorgeskiet.
Terselfdertyd het hy teenoor Barclays Bank borg gestaan vir 'n verdere
skuld
van die dwelmhandelaar ten bedrae van R15000. In April 1986 het die
bank
laasgenoemde bedrag (plus rente) van die respondent verhaal. Gevolglik
het die
dwelmhandelaar hom toe meer as R30 000 geskuld. Hoewel dit nie duidelik
uit
die oorkonde blyk nie is daar aanduidings dat hierdie voorskotte aan
die
dwelmhandelaar die bron was waaruit sy broer later die borggeld betaal
het.
Op 18 Mei 1987 het die respondent saam met Mohammed Hoesein,
die
5 dwelmhandelaar se broer, by die griffier aangekom om die
borggeld temg te
eis. Getuienis oor wat daar gebeur het is gelewer deur twee amptenare in
die
griffier se kantoor, mnre Ackermann en Knoesen. Ackermann was
'n
rekeningklerk. Hy het getuig dat die respondent saam met M Hoesein by
hom
gekom het. Die respondent het Hoesein aan hom voorgestel, en het kortliks
die
geskiedenis van die dwelmhandelaar se skuldigbevinding uiteengesit en
gesê dat
lg die week vantevore in Johannesburg gearresteer was en steeds in
aanhouding
was. (Daar sal onthou word dat hierdie feitestelling verkeerd was -
die
dwelmhandelaar was wel die vorige week gearresteer, maar was reeds op
15
Mei weer vrygelaat). Die respondent het gevolglik gevra dat die
borggeld
terugbetaal word. Hy het aangedui dat hy hierdie geld oorspronklik aan
een van
die Hoesein's voorgeskiet het, en versoek dat die geld aan hom uitbetaal
word.
M Hoesein was teenwoordig toe hierdie versoek gerig is.
Ackermann kon nie 'n besluit op sy eie neem nie, en het die saak
verwys na Knoesen, wat die assistent-griffïer in beheer van die
rekeninge-
afdeling was. Knoesen het met die respondent en Hoesein gaan praat,
en
6 wesentlik dieselfde betoog aangehoor. Knoesen het toe die John
Vorster-plein
in Johannesburg gebel, en vemeem dat die dwelmhandelaar wel in
hegtenis
geneem was en ín die proses was om na Wynberg
oorgeplaas te word. Hy was
oortuig hierdeur, en het Ackermann gemagtig om die uitbetaling te
maak.
Ackermann het egter 'n probleem gehad om betaling aan die respondent
te
maak. Art 69(2) van die Strafproseswet bepaal:
"Borggeld, hetsy deur 'n beskuldigde of iemand anders ten bate van die
beskuldigde gedeponeer, word, nieteenstaande dat daardie borggeld
of 'n gedeelte
daarvan aan 'n ander persoon gesedeer mag wees, slegs aan die beskuldigde of die
deponeerder, na gelang van die geval,
terugbetaal."
In
die onderhawige geval was die borggeld deur M Hoesein gedeponeer en die
borgkwitansie aan hom uitgemaak. Kragtens art 69(2) was
hy, en nie die
respondent nie, geregtig op terugbetaling. Om hierdie probleem te bowe te kom
het Hoesein 'n endossement op die kwitansie
aangebring ten effekte dat betaling
aan die respondent moes geskied. Ackermann was tevrede hiermee'en het die bedrag
van R30 000
per tjek aan die respondent betaal.
Op grond van hierdie feitekompleks het die appellant 'n aksie
op
7 altematíewe gronde teen die respondent ingestel in die
Kaapse Provinsiale
Afdeling. In sy hoofeis het hy beweer dat die respondent skuldig was aan
'n
nalatige wanbewering toe hy gesê het dat die dwelmhandelaar
nog steeds in
aanhouding was, en het verder beweer dat die uitbetaling van die
borggeíd
gemaak is as gevolg van hierdie wanbewering tot skade van die appellant.
Die
eis gegrond op hierdie skuldoorsaak het misluk in die hof a quo - die
hof
(Conradie R) het bevind dat die respondent nie nalatig was nie. Mnr
Botha, wat
namens die appellant voor ons verskyn het, het toegegee dat
hierdie
skuldoorsaak nie gegrond was nie maar op 'n ander basis as dié
toegepas deur
die hof a quo. Hy het aanvaar dat daar nie 'n kousale verband tussen
die
wanbewering en die uitbetaling van die geld bewys is nie. Ek stem saam.
Mnr
Knoesen het dit duidelik gestel dat hy nie die respondent se woord
aanvaar het
nie, en dat dit die polisie se bevestiging was wat hom beweeg het om
die
terugbetaling te magtig. Dit is gevolglik nie nodig om te oorweeg of die
hof a
quo korrek was met sy bevinding oor nalatigheid nie.
Die altematiewe skuldoorsaak was gegrond op die condicio
indebiti.
8 Weens die verloop wat hierdie appèl geneem het is
dit wenslik om die
pleitstukke en oorkonde in hierdie verband met 'n mate van sorg na te
gaan.
In die besonderhede van vordering word die volgende bewerings
gemaak:
1. 'n Beampte in die griffier se kantoor het die oorbetaling van
borggeld
aan die respondent gedoen "as gevolg van 'n feitedwaling en in die
geloof dat die betaling verskuldig was".
2. Die beampte se feitedwaling was redelik en dit was veroorsaak
deur
die respondent se
wanbewering.
3.
Die
borggeld was inderdaad nie aan die respondent verskuldig nie, en hy was derhalwe
nie geregtig om betaling daarvan te ontvang
nie.
4.
As gcvolg van die
oorbetaling is die respondent tot die omvang daarvan ten koste van die
departement van justisie verryk.
Die
verweerskrif behandel hierdie bewerings soos volg.
1. Die respondent ontken dat die betaling as gevolg van 'n
dwahng
gedoen is, en ontken dat dit nie verskuldig was nie
(laasgenoemde
9
ontkenning het berus op die betoog dat die borggeld
temgbetaalbaar
geword bet onmiddellik toe die dwelmhandelaar weer in hegtenis geneem was,
en is nie voor ons ondersteun nie).
2. Enige dwaling wat daar was, was nie redelik nie, en was nie veroorsaak
deur 'n wanbewering aan die kant van die respondent nie.
3. Die respondent was nie verryk ten koste van die departement van justisie
nie.
Op die pleitstukke was dit dus gemene saak dat die
betaling aan die respondent gemaak was, en die wesentlike geskilpunte was of dit
as gevolg van 'n dwaling geskied bet, of die dwaling redelik was en of die
respondent ongeregverdig verryk was deur die betaling.
Tydens 'n voor-verhoorkonferensie kragtens hofreël 37 het die partye
ooreengekom oor die meeste van die feite wat ek hierbo opgesom
het. Hierdie
ooreenkoms is aangevul deur erkennings wat die appellant gemaak het met
betrekking tot die dwelmhandelaar se skuld aan
die respondent. Laasgenoemde
feite was ter sake tot die respondent se ontkenning dat die betaling hom
verryk
10
het. Sy betoog in hierdie verband was dat die dwelmhandelaar hom meer
as
R30 000 geskuld het, en dat die oorbetaling van die borggeld ter
gedeeltelike delging van hierdie skuld gedien het. Gevolglik, so
is betoog, is
sy boedel nie deur die betaling vergroot nie. Waar hy vroeér 'n eis teen
die Hoesein's gehad het, het hy, ná
die betaling van die borggeld, geld
gehad in die plek van die eis. Sy netto posisie was dus onveranderd.
By die verhoor was Ackermann en Knoesen die enigste getuies. Soos ek
reeds aangedui het was hul getuienis beperk tot die omstandighede
m b t die
uitbetaling. Geen getuienis is namens die respondent gelewer nie.
Hoewel die appellant nie in sy pleitstukke omskryf het wat die
feitedwaling was waarop hy staatmaak nie, is sy standpunt duidelik uit
die
erkennings en die getuienis. Sy saak was dat Knoesen en Ackermann nie
sou
uitbetaal het as hulle geweet het dat die dwelmhandelaar weer op vrye
voete
was nie. Conradie R het egter sy uitspraak oor 'n ander boeg gegooi.
Sy
wesentlike bevindinge was soos volg.
"The registrar should ... not have paid out the bail money to anyone
whose name did not appear on the bail receipt as the depositor.
Section
11
69(2) is quite clear on this. The Plaintiff does
not recognise any cession of bail money and there are no doubt good reasons for
this
rule. The purported transfer of the right to receive payment of the bail
money recorded on the back of the bail receipt is, of course,
nothing but a
cession. Mr Knoesen should not have made out the cheque to the Defendant.
Payment to him was contrary to the provisions
of the statute. It was
unlawful.
The crucial question now is whether the fact that the Plaintiff acted in
breach of a statute precludes him from succeeding with an
enrichment claim. In
my view it does. The payment to the Defendant was made under a wrong perception
or in ignorance of what the
law was. It is clear that, at least in general and
this case does not fall within one of the exceptions, a mistake of law does not
entitle a plaintiff to recover money by way of the condictio indebiti. This rule
which in our courts goes back at least as far as
Rooth v the State (1888) 2 SAR
259 was reaffirmed in Reulton N.O.v Herald Industries (Pty)Ltd
1982 3 SA 600
(D)."
Op bogemelde gronde het Conradie R dus die altematiewe eis ook
afgewys.
Ek stem nie met hierdie beredenering saam nie. Eerstens,
sedert die uitspraak in die hof a quo het die Appèlhof beslis dat
daar
vir die doeleindes van die condictio indebiti geen beginselverskil tussen
feitedwalings en regsdwalings is nie (Willis Faber
Enthoven (Pty) Ltd v Receiver
of Revenue and
12 Another
[1991] ZASCA 163
;
1992 (4) SA 202
(A) op bl 224 B-C).
Tweedens, 'n beslissing dat die
betaling weens 'n regsdwaling aan die verkeerde persoon gemaak is, bied
nie
'n volkome antwoord op die appellant se saak nie. Die wese van die
appellant
se saak het nie gegaan oor die identiteit van die ontvanger nie, maar oor
die
bestaan van 'n skuld. Volgens die appellant was geen bedrag hoegenaamd
aan
enige persoon verskuldig nie omdat die dwelmhandelaar nie in aanhouding
was
nie. En die griffier se wanindruk dat die dwelmhandelaar wel in
aanhouding
was, was klaarblyklik 'n feitedwaling aan sy kant. As 'n mens die
verhoorhof
se benadering deurvoer, was daar 'n feitedwaling oor die betaalbaarheid
van die
skuld, en 'n regsdwaling oor die identiteit van die skuldeiser. Die hof a
quo het
glad nie oorweeg of 'n condictio indebiti in so 'n geval toepaslik sou
wees nie.
Ten slotte stem ek nie saam met die hof se toepassing van art 69(2)
van
die Strafproseswet nie. Die feite is duidelik. Hoesein was die persoon
wat
kragtens art 69(2) geregtig was op betaling, en by het versoek dat
betaling daar
en dan geskied. Hy het egter ook versoek dat die werklike oorhandiging
van
die geld (of tjek) aan die respondent gemaak moet word. As bewys van
hierdie
13 versoek het hy die kwitansie geéndosseer. Op die
oog af was dit 'n blote
magtiging aan die griffier om betaling op 'n bepaalde manier te maak, t w
by
wyse van 'n tjek aan die respondent. Daar bestaan m i geen rede
om hierdie
transaksie as 'n sessie íe beskou, soos die belese verhoorregter
gedoen het nie.
Die partye se bedoeling was nie om aan die respondent 'n uitsluitlike reg
te
verleen om sonder Hoesein se samewerking die eis om borggeld in die
toekoms
af te dwing nie. Hulle het geen toekoms vir die eis voorsien nie. Die eis
sou
onmiddellik uitgewis word deur voldoening. Al wat ter sprake was, was
die
wyse waarop voldoeníng sou geskied. Dit is geykte reg dat betaling
aan 'n
skuldeiser gemaak kan word deur oorhandiging van die geld aan sy
gemagtigde
(sien Baker v Prober
1985 (3) SA 429
(A) op bl 438 I). En daar is m i
niks
in art 69(2) wat hierdie beginsel uitsluit nie. Sien Hiemstra,
Suid-Afrikaanse
Strafproses, Vyfde Uitgawe, 165.
Die gevolgtrekking dat betaling regtens aan Hoesein gemaak is deur
die
oorhandiging van die tjek aan sy gemagtigde, die respondent, het egter
verdere
vrae laat ontstaan wat as volg deur hierdie hof geformuleer is vir
kommentaar
14 deur die partye by die beredenering van die
appèl:
1. As dit blyk dat die betaling bedoel was om die skuld aan Hoesein te delg,
en die betaling met Hoesein se magtiging aan die respondent
gemaak is, moes die
condictio indebiti nie teen Hoesein ingestel gewees het nie?
2. Indien die antwoord op 1 bevestigend is, kan daar, in die lig van die
pleitstukke, op hierdie punt in die respondent se guns beslis
word? Die antwoord
op die eerste vraag is duidelik en word belder
opgesom
deur Pothier in sy Treatise on the Quasi -
Contract called Promumtuum and on the Condictio Indebiti (para 167 - vertaling
van Hosten
e a bl 25). Onder die opskrif "Against whom the CONDICTIO INDEBITI is
given" skryf hy:
"The condictio indebiti is given against him to whom the payment has been
made.
The payment is deemed to have been made to me whether it was made to
myself or to another at my instruction ... That is why ... it
is not against the
one to whom the sum which was erroneously believed to be
15 due to me, was paid at my instruction, that the condictio indebiti
must
bc given, but it is against me."
Hierdie beginsel is
in die Romeins-Hollandse reg en ons hedendaagse reg erken en toegepas. Sien
Wessels, Law of Contract in South
Afhca, Bd 2, para 3697; Licences and General
Insurance Co v Ismay
1951 (2) SA 456
(E) op bl 461F-462G; Vorster v Marine and
Trade Versekeringsmaatskappy Bpk
1968 (1) SA 130
(O) op 131H-132C; Rand Vir Rand
(Edms) Bpk v Boswell
1978 (4) SA 468
(W) op 473C-474C en Phillips v Hughes
1979
(1) SA 225
(N) op 229C-F.
Die volgende vraag is dan of die respondent in die onderhawige saak kan
staatmaak op hierdie beginsel. Uit wat ek hierbo gesê
het blyk dit
duidelik dat die respondent nie uitdruklik in sy pleitstukke beweer het dat
betaling regtens aan Hoesein geskied het,
en dat die condictio indebiti derhalwe
slegs teen lg ingestel kon word nie. Mnr Josman wat namens die respondent
opgetree het, het
egter betoog dat die ratio vir die reël wat in bogemelde
bronne neergelê is, gevind moet word in die beginsel van verryking.
Die
condictio indebiti moet
16
ingestel word leen die skuldeiser en nie teen die persoon wat namens
hom
betaling ontvang het nie, het hy betoog, omdat dit die
skuldeiser is wat deur die betaling verryk is, en nie die gemagtigde nie. Die
betoog het dan voortgegaan dat die respondent wel in sy pleitstukke ontken het
dat hy ongeregverdig verryk was deur die betaling
en dat hierdie ontkenning wyd
genoeg was om ook die argument te dek dat dit Hoesein was wat verryk was, en
teen wie die condictio
indebiti ingestel moes gewees het.
Ek kan nie saamstem met die argument in die vorm waarin dit aangebied is
nie. Wat ook al die verband mag wees, indien enige, tussen
die beginsel van
verryking en die bepaling van die persoon wat aanspreeklik is ingevolge die
condictio indebiti('n vraag wat ook
behandel word deur Pothier t a p) is dit vir
my duidelik dat die respondent nie-verryking geopper het in 'n ander verband. Sy
saak
was, soos reeds gemeld, dat die erkende ontvangs deur hom van die geld hom
nie verryk het nie omdat dit aan hom verskuldig was deur
die dwelmhandelaar. Hy
het hom nie daarop beroep dat hy regtens nie die ontvanger van die geld was
nie.
17 Die geskilpunt rondom verryking is nogtans nie sonder betekenis
in
hierdie saak nie. Mnr Botha is gedurende argument
gevra of daar denkbaar
enige bykomstige relevante feite voor die
verhoorhof geplaas kon gewees het
as daar uitdruklik deur die respondent beweer was dat hy nie regtens
die
ontvanger van die geld was nie. Mnr Botha het aan die hand gedoen dat
daar
sodanige feite oor die verhouding tussen Hoesein en die respondent mag
wees.
So, byvoorbeeld, as dit die respondent was wat, as prinsipaal, die
borggeld
betaal het, en Hoesein bloot sy boodskapper was om dit na die griffier
se
kantoor te neem, sou die respondent regtens die ontvanger van die
terugbetaling
gewees het, en dus ook die regte persoon om met die condictio indebiti
aan te
spreek. Hierdie argument verloor m i uit die oog dat die verhouding
tussen die
respondent en Hoesein wel deeglik voor die verhoorhof ter sprake was.
Die
respondent se argument oor verryking het daarop berus dat die respondent
'n
skuldeiser van Hoesein of sy broer, die dwelmhandelaar was, en dat die
skuld
gedeeltelik gedelg was deur die betaling van die borggeld aan hom. As hy
nie
so 'n skuldeiser was nie, verval die argument. So, bv, as mnr Botha
se
18
bespiegeling korrek is, en die respondent as prinsipaal die deponeerder
van die
borggeld was, sou hy klaarblyklik verryk gewees het indien
die borggeld verkeerdelik aan hom terugbetaal was. Die verhouding tussen
die
respondent en Hoesein was dus wel relevant en belangrik, en dit was gemene saak
by die verhoor dat dit 'n skuldeiser/skuldenaar
verhouding was.
Geen ander addisionele feite is aan die hand gedoen wat meer lig op
hierdie geskilpunt kan werp nie. Dit is nie verbasend nie. Die
feite in hierdie
saak is onbetwis en duidelik. Al wat werklik in geskil tussen die partye was,
was die regsposisie en die toepassing
van die reg op die feite. Daar kan m i
geen beswaar daarteen wees as hierdie hof die korrekte regsbeginsel toepas op
die onbetwiste
feite nie (sien bv Collen v Rietfontein Engineering Works
1948
(1) SA 413
(A) op bl 433).
Ek meen dus dat ons geregtig is om te beslis dat dit Hoesein was wat
regtens die ontvanger van die geld was, en dat die condictio
indebiti slegs teen
hom ingestel kon word. Die hof a quo het dus tereg teen die appellant
beslis.
19 Die appèl word afgewys met koste.
E M
GROSSKOPF
SMALBERGER, AR NIENABER, AR HOWIE, AR HARMS, AR
Stem
saam