About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 99
|
|
S v Kruger (298/93) [1994] ZASCA 99 (19 August 1994)
/CCC
SAAK NR 298/93
IN DIE HOOGGEREGSHOFVAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die
saak tussen: !
THEUNIS GERTSE KRUGER
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, NESTADT et HOWIE ARR
DATUM VERHOOR
: 15
AUGUSTUS 1994
DATUM GELEWER
: 19 AUGUSTUS 1994
UITSPRAAK NESTADT. AR
:
Die appellant is in die streekhof gehou te Lichtenburg aan verkragling
skuldig bevind. Hy is gevonnis tot vyf jaar
2
gevangenisstraf waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort is. Sy
appèl teen beide die skuldigbevinding en vonnis na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling is afgewys. Hierdie is 'n verdere appèl.
Wat die skuldigbevinding betref, is die vraag of die Verhoorhof geregtig
was om die appellant se verweer van toestemming te verwerp.
Ek is nie van
voorneme om die getuienis in dié verband of die landdros se redes vir sy
bevinding uiteen te sit nie. Ek veronderstel
dat die leser van hierdie uitspraak
op hoogte is met die relevante feite. Ek gaan dan onmiddellik oor na 'n
oorweging van die aanval
deur mnr
Grobler
namens die appellant op die
skuldigbevinding.
Hy het staatgemaak op die klaagster se aanvanklike versuim om die
appellant se vorige besoeke aan haar woonstel te
3
openbaar; hy het aangevoer dat die klaagster se getuienis ten opsigte van
die beserings wat sy beweer sy in die verkragting opgedoen
het onbevredigend
was; hy het ter oorweging gegee dat daar 'n wesenlike moontlikheid was dat die
klaagster 'n motief gehad het om
die appellant valslik van verkragting te
beskuldig, naamlik om haar goeie naam en reputasie te beskerm; en, laastens, het
hy aan
die hand gedoen dat die klaagster se weergawe verskeie onwaarskynlikhede
bevat, naamlik dat die appellant nie eers toenadering gesoek
het nie; dat,
terwyl hy met die klaagster "besig" was, hy ter selfde tyd gesê en herhaal
het dat "ek is jammer"; dat sy nooit
uitgeroep of gegil het en dat haar klere
nie geskeur is nie.
Sekere van mnr
Grobler
se stellings is nie ongegrond nie. Die
klaagster se getuienis is wel vir kritiek vatbaar. Dit moet ook
4
in gedagte gehou word dat sy 'n enkel getuie was en dat ons te doen het
met 'n geslagsmisdaad. Bygevolg is die versigtigheidsreël
van toepassing.
Aan die ander kant egter is daar verskeie oorwegings wat in die Staat se guns
tel. Hulle is die volgende: (a) Die
beweerde motief wat haar sou geweeg het om
'n saak van verkragting teen die appellant te versin is tereg deur die landdros
verwerp.
Dit is onwaarskynlik dat die appellant net na hulle gemeenskap gehou
het, aan die klaagster sou gesê het dat hy met Heleen
gaan trou. Dit was
'n ongeleë geleentheid om so 'n opmerking te maak. Hierbenewens was sy
getuienis dat hy so pas besluit het
om nie met haar te trou nie. In ieder geval
het die klaagster reeds geweet van die verhouding tussen die appellant en
Heleen. En
laastens, op hierdie punt, is dit
5
moeilik verstaanbaar wat dit die klaagster sou gebaat het om 'n saak teen
die appellant te versin. Niemand het geweet van wat tussen
hulle gebeur het
nie.
(b) Dit is juis dat in haar getuienis in hoof die klaagster geen melding van
enige vorige besoeke deur die appellant aan haar woonstel
maak nie. Maar heel
aan die begin van haar kruisverhoor het sy vrywillig aangebied dat "hy was by my
woonstel ook gewees twee keer".
Ek kan bygevolg nie saamstem dat sy die hof
probeer mislei het ten aansien van die omstandighede waaronder sy die appellant
voorheen
gesien het nie.
(c) Dit is onwaarskynlik dat
die klaagster sou ingestem het om geslagsomgang met die appellant te hê.
Voordat die appellant
6
aan haar venster geklop het, was sy vas aan die slaap en omdat sy op
medikasie was vir haar senuwees was sy "heel deurmekaar". Ek
kan ook nie die
appellant se getuienis dat daar alreeds 'n intieme verhouding tussen hulle was,
aanvaar nie. (d) Na my mening het
die klaagster 'n bevredigende verduideliking
gegee vir hoekom sy nie geskreeu het nie. En wat die appellant se buitengewone
optrede
betref, blyk dit dat hy in 'n besondere bui was. Die klaagster sê
dat hy nie soos sy hom geken het was nie; sy oë was
"so half verwilderd
gewees, hy was nie vir my normaal nie". (e) Onmiddellik na die insident het die
klaagster by 'n buurman gaan
kla en beweer dat sy verkrag is. Sy was in 'n
emosionele
7
toestand. Sy het gehuil en gebewe en sy was "redelik bleek in haar gesig".
Hierdie getuienis is nooit aangeval nie. Dit is klaarblyklik
onversoenbaar met
die appellant se relaas dat gemeenskap met toestemming plaasgevind het.
(f) Wat die klaagster verder staaf is die beserings waarvan sy getuig het,
dws die blou kolle op haar bene en op haar bors. Ek stem
nie saam dat sy haar
hier weerspreek nie. Toe sy na die dokter is, was die blou kolle nog nie sigbaar
nie. Hulle het eers die volgende
dag na vore gekom. Dit kan nie betwyfel word
dat sy hierdie beserings in die voorval opgedoen het nie (kyk in dié
verband
na speurder adj offisier Geldenhuys se
getuienis).
(g)
Boonop
is daar sy optrede wat net as 'n bekentenis deur
die
8
appellant beskou kan word. Ek verwys na sy besoek aan die
klaagster nadat hy dieselfde aand deur die polisie gesoek is. Dit was te
verwagte dat hy sou ontken het dat hy haar verkrag het of
dat hy haar sou gevra
het hoekom sy hierdie aanklag teen hom gebring het. In plaas daarvan sê hy
weer dat hy jammer was - en
dit nadat sy vir hom gesê het "maar ek het vir
jou gesê jy moenie".
Op 'n algemene oorsig van die
getuienis bly ek onoortuig dat die landdros se aanvaarding van die klaagster se
getuienis verkeerd was.
Hy was deur haar beïndruk en het goeie redes gehad
om die appellant se weergawe te verwerp. Sy uitspraak is 'n deeglike een.
Na my
mening kan die appèl teen die skuldigbevinding nie slaag nie.
9
Die appèl teen vonnis kan kortliks afgehandel word. Dit kan nie
gesê word nie dat die vonnis óf buitensporig swaar
is óf dat
die landdros hom wanvoorgelig het. In dié opsig ook moet die
appèl faal.
Die appèl word afgewys.
NESTADT. AR
HEFER, AR )
) STEMSAAM HOWIE, AR )