S v Sello (290/93) [1994] ZASCA 94 (30 May 1994)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Dismissal of appeal against death sentence — Appellant convicted of murder, assault with intent to do grievous bodily harm, and housebreaking with intent to commit robbery — Appellant attacked victim with a garden fork and subsequently killed her with a rock during a robbery — Court considered mitigating factors including intoxication and youth, but emphasized the brutal nature of the crime and prior convictions as aggravating factors — Death sentence upheld as appropriate punishment in light of the circumstances of the crime and the appellant's dangerousness to society.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 94
|

|

S v Sello (290/93) [1994] ZASCA 94 (30 May 1994)

Saaknommer 290/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS SELLO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HEFER, HOWIE ARR et MAHOMED Wnd AR
VERHOOR:
25 Mei 1994
GELEWER:
30 Mei 1994
U I T S P R A A K
HOWIE,
AR
2
HOWIE AR,
Appellant kom kragtens art 316A van die Strafproseswet,
51 van 1977 in hoër beroep teen die doodvonnis wat in die Oranje Vrystaatse
Provinsiale Afdeling aan hom opgelê is weens moord.
Die vervolging het voortgespruit uit appellant se optrede gedurende
Saterdagnag 12 Desember 1992. Tussen elf- en twaalfuur het hy
in 'n straat in
die ou woonbuurt van Dewetsdorp ene Elsie Ntsabiseng teëgekom. Hulle het
vroeër die dag in h taverne ontmoet
waar 'n stryery tussen appellant en 'n
seun in Elsie se geselskap plaasgevind het. Appellant was toe by die taverne
aanwesig saam
met h mansvriend van hom, ene Simon Kgomo. As gevolg van daardie
stryery is Elsie toe weg van die taverne.
Simon het getuig dat hy en appellant vanaf
3
elfuur die oggend by die taverne was en dat hulle daarna by sy ouerhuis
gedrink het.
Volgens Elsie was appellant gedrink toe sy hom die nag raakgeloop het. Tydens
hierdie ontmoeting was appellant in besit van 'n skaapskêr.
Hy het die
opmerking gemaak dat hy haar nou gekry het en wou doodmaak. Hy het toe
voortgegaan om haar h bloeiende wond met die skaapskêr
in die gesig toe te
dien en haar verder aan te rand met die klaarblyklike bedoeling om haar te
verkrag. Sy het getuig dat hy mettertyd
die skaapskêr weggegooi het en aan
haar gesê het dat hy gemeenskap met haar wou hou terwyl sy bebloed was. Sy
het egter
ontsnap.
Nie lank daarna nie - dit is onmoontlik om die tydsverloop akkuraat te skat -
gaan appellant na sy huis in die woonbuurt. Hy neem
'n lang yster tuinvurk en h
kombers en stap dorp toe. Hy kom uiteindelik by die huis van die oorledene aan,
'n 65-jarige afgetrede
4
onderwyseres wat alleen gewoon het. Met behulp van die tuinvurk forseer hy
die agterdeur oop en breek by die huis in met die bedoeling
om te roof.
Daar
tref hy die oorledene in haar nagklere aan. Hy dreig haar met die spitvurk en
beveel haar om stil te bly. Hy sit toe haar 3 radio's
by mekaar en beveel haar
om hom in haar motor uit die dorp te neem. Hy wou nie gehad het dat mense hom
sien bestuur nie. Uit vrees
vir sy dreigemente stem die oorledene toe.
Hulle klim in die motor, sy nog steeds in haar nagklere en appellant met die
radio's. Hy beveel haar om Botshabelo toe te ry en sy
bestuur soontoe. Die vurk
word in die huis agtergelaat.
Naderhand beveel hy haar om stil te hou sodat hy kan bestuur. Hulle ruil
plekke om en hy bestuur toe verder. By h draai ry hy egter
te vinnig. Die motor
verlaat die gruispad en ry vir h kort afstand deur die
5
veld voordat hy dit weer op die pad kan kry. Intussen
slaan
die oliebak hard teen h rots en olie begin om sterk
uit te lek. Kort daarna
gaan staan die motor in die
middel van die pad. Die oorledene spring uit en
begin
om weg te hardloop. Sy struikel en val omtrent 5 treë
van die
kar. Appellant is amper onmiddellik by haar.
Hy tel toe h groot swaar klip op
wat daar rondlê en gooi
dit op haar kop. Dit veroorsaak
massiewe
hoofbeserings en gevolglik haar dood. Hy gaan terug na
die motor
en haal h vloeibare petroleumgasbottel uit wat
agter in die motor gelê
het. Met behulp van die gas voer
hy h ongeslaagde poging uit om die lyk aan
die brand te
steek. Hy neem toe stappe om die motor ook aan die brand
te
steek maar hierdie poging misluk ook. Laastens neem
hy die radio's en verdwyn
van die toneel. Die volgende
dag verkoop hy een van die radio's en die ander
verpand
hy. Met die geld ry hy met h huurmotor Kuruman toe. Op
6
Kuruman word hy gedurende Januarie 1993 gearresteer maar nie voordat hy nog
twee keer by twee persele aldaar ingebreek en gesteel
het nie.
In die Hof a
quo is appellant, benewens die moord van die oorledene, ook skuldig bevind,
eerstens, aan aanranding op Elsie met die
opset om haar ernstig te beseer, en,
tweedens, aan huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende
omstandighede. Op elkeen
van die twee ander klagtes is gevangenisstraf
opgelê.
Appellant het met betrekking tot die meriete getuig. Beide met betrekking tot
die mate waartoe hy onder die invloed van drank op die
betrokke nag verkeer het,
asook wat hy alles aan die oorledene gedoen het, was hy 'n uiters onbevredigende
getuie. Die Verhoorhof
(Hattingh R en assessore) het nietemin die volgende
versagtende faktore ten opsigte van die moord bevind: 1. Dat appellant sterk
drank ingehad het maar nie
7
beskonke was
nie.
2.
Dat hy nog betreklik jonk
was.
3. Dat die roof beplan was maar dat daar by daardie stadium geen sprake was van
voorbedagte rade om te vermoor nie.
Wat
strafverswarende faktore aanbetref het die Hof die volgende bevind ten aansien
van die gebeure self, naamlik, dat die moord voortgespruit
het uit 'n beplande
roof; dat lg 'n aanval op 'n bejaarde, weerlose dame in haar eie huis behels
het; dat die oorledene geen bedreiging
vir hom ingehou het nie; dat sy met
direkte opset vermoor is; dat appellant haar heeltyd aan erge angs moes
onderwerp het; en dat
hy haar op laaghartige en gemene wyse gedood het waar hy
genoegsame geleentheid gehad het om tot besinning te kom.
Die Hof het ook appellant se vorige veroordelings as 'n strafverswarende
faktor beskou. In
8
1986, op 16-jarige ouderdom, is hy houe met 'n ligte rottang opgelê ten
opsigte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Drie-en-'n-half
jaar later is hy 5 jaar gevangenisstraf opgelê weens verkragting; 18
maande van daardie vonnis is voorwaardelik
opgeskort. Altwee daardie
veroordelings hou natuurlik verband met die onderhawige reeks misdade.
Die Verhoorhof het ook ag geslaan op die feit dat appellant na die pleging
van die moord skuldig bevind is aan diefstal en ook ten
opsigte van die twee
huisbrake op Kuruman. In al drie gevalle is hy gevangenisstraf opgelê.
Na my mening staaf die getuienis die Verhoorhof se bevindings ten aansien van
strafverswarende en starfversagtende faktore ten volle.
Die vraag is egter nou of die doodvonnis na hierdie Hof se mening die enigste
gepaste straf is.
9
Tydens die aanhoor van die appèl het appellant se advokaat (wat nie by
die verhoor verskyn het nie en ook nie die hoofde van
betoog opgestel het nie)
toegegee dat appellant se neigings tot inbraak, oneerlikheid en geweldpleging
hom as 'n gevaar vir die gemeenskap
bestempel en dat daar dus slegs een ander
moontlike gepaste vonnis was, dit wil sê lewenslange gevangenisstraf.
Daardie toegewing
is volkome tereg gemaak.
As mens die aandag alleen op die moord vestig -die omstandighede daarvan wat
aanleiding daartoe gegee het en hoe dit gepleeg is -
ly dit geen twyfel nie dat
die opgelegde straf 'n gepaste straf is. Maar die aard en omstandighede van die
misdryf vorm natuurlik
net 'n gedeelte van die geheelbeeld wat in ag geneem moet
word by beantwoording van die vraag of die doodstraf die enigste gepaste
straf
is.
Wat myns insiens van kardinale belang is in die
10
onderhawige geval is om deeglik aandag te skenk aan die rol wat drank gespeel
het en wanneer die bedoeling om te dood gevorm moes
gewees het. Dit spreek
vanself dat 'n mens in hierdie verband op afleidings moet staat maak en boonop
die saak moet beoordeel, nie
net op die feite wat bo redelike twyfel bewys is
nie, maar ook op redelike moontlikhede wat nie uitgeskakel is nie en wat
derhalwe
as feite aanvaar moet word.
Volgens die patoloog wat die lykskouing uitgevoer het, was daar afgesien van
die dodelike hoofbeserings, h opgerolde stoflap deels
geknoop om die oorledene
se nek onderliggend waaraan daar imprimeringsmerke en kneusings van die keelvel
was. Hierdie was aanduidend
daarvan dat meer as een wurgaksie met die hande
uitgevoer was en ook dat die stoflap as 'n ligatuur gebruik is. Ook aanwesig was
punksiewonde van die bors en linkerskouergebied wat nie anders veroorsaak
11
kon gewees het nie as met die tuinvurk. Die punksiewonde het egter nie diep
gepenetreer nie.
Van die feit dat die spitvurk in die oorledene
se huis
gevind is, moet noodwendig afgelei word dat die
punksiewonde ten tye van die
roof toegedien is en nie
tydens die moord nie. Die oënskynlike rede
waarom
daardie wonde toegedien is, is dat appellant daar besig
was om die
oorledene te terroriseer. Hy kon haar daar
en dan met die spitvurk van kant
gemaak het as hy wou.
Aan die ander kant wou hy klaarblyklik met die buit
wegkom
en vir daardie doel was dit nodig dat die oorledene in
staat was om
te bestuur. Hoe dit ook al sy, dit is
onmoontlik om te bevind, as die enigste
redelike afleiding
uit die punksiebeserings dat die bedoeling om te
dood
reeds voor die vertrek van die huis gevorm is. Dieselfde
geld wat die
implikasies van die stoflap betref d w s
indien die nekbeserings by die huis
toegedien is.
12
Appellant kon die stof lap in die huis gebruik het in h poging om te verhoed
dat die oorledene om hulp roep en dit kon maar om haar
nek gebly het tydens die
voertuigrit. Dit blyk onwaarskynlik te wees dat hy dit saamgeneem het in die
motor met die oogmerk om dit
later te gebruik. Boonop is daar niks wat aandui
dat daar voldoende geleentheid was, nadat die voertuig gaan staan het, vir
appellant
om die stoflap om die oorledene se nek te sit voordat sy probeer het
om te. ontsnap. En indien hy dit gebruik het net oomblikke voordat
hy die
oorledene met die klip aangeval het dan was die verwurging alles deel van die
laaste dodelike aanranding.
Tot sover dus bied die lykskouings-bevindings geen steun vir die afleiding
dat die bedoeling om te vermoor gevorm is voordat die oorledene
probeer het om
weg te hardloop nie.
Sover dit ander aspekte van die saak aangaan,
13
was dit appellant se getuienis, vir wat dit werd was, dat hy by Botshabelo of
elders van die kar sou afklim en dat die oorledene van
daar af sou kon terugry
na haar huis toe. Wat meer waarskynlik is, indien appellant enigsins daardie nag
tot heldere denke in staat
was, was dat hy vir haar op 'n verlate plek kon laat
afklim het en self die kar behou het om sodoende van haar af weg te kom. Hy
kon
dan op 'n veilige afstand die kar geabandonneer het en hom verder uit die voete
gemaak het. Dit was derhalwe nie nodig om haar
dood te maak om sy eie vryheid te
verseker nie.
Daar moet voorts onthou word dat die plek waar die moord plaasgevind het baie
naby aan Botshabelo was. Dit was immers sy bestemming.
Dit blyk onwaarskynlik te
wees dat appellant kon beplan het om die oorledene daar dood te maak waar daar
mense was en hy moontlik
gesien kon word. Hy kon per slot van rekening haar
vroeër by 'n
14
eensame plek langs die pad doodgemaak het en daarna weggery het. Dit het hy
nie gedoen nie. Presies daardie geleentheid het hom voorgedoen
toe hulle
sitplekke geruil het.
Gepaardgaande met die voorgaande oorwegings is die aanvaarbare getuienis van
Elsie dat op 'n stadium wat, as 'n redelike moontlikheid
nie lank voor die roof
was nie, appellant gedrink was. Weliswaar was hy volgens haar nie slingerend nie
maar dit laat steeds die
moontlikheid oop dat hy nietemin tot so 'n mate deur
drank geaffekteer was dat hy geen inhibisies meer gehad het nie en dat hy lus
gevoel het, of ten minste bereid was, om op te tree soos hy nie sou opgetree het
as hy nugter was nie. Die aanval op Elsie, gesien
teen die agtergrond van die
dag se drinkery, lyk beslis soos die optrede van 'n persoon wat nadelig deur
drank aangetas is. Mens
dink veral aan sy begeerte om gemeenskap te hê
terwyl sy so bebloed was.
15
Die feit dat hy betreklik kort daarna dorp toe gestap het om roof te pleeg
lyk alles behalwe konsekwent en rasioneel; amper asof hy
gereken het dat as hy
nie vir Elsie kon verkrag nie, hy eenvoudig dan by iemand sou gaan
inbreek.
Ek verloor nie uit die oog nie dat hy nogtans besef het dat dit
gevaarlik vir hom sou wees as mense sien dat hy die oorledene se motor
bestuur,
maar daar is voldoende aanduidings, selfs voordat hulle weggery het, dat
appellánt se optrede deur drankinname beïnvloed
is.
Wat betref die rit Botshabelo toe, is dit wel een afleiding dat appellant
reeds die bedoeling gehad het om die oorledene dood te maak
voordat hy in die
motor geklim het. Aan die ander kant is dit ewe moontlik dat hy net wou wegkom
en weens sy drankinname nog glad
nie aandag bestee het aan wat van die oorledene
sou word nie. Dit is van belang dat die motor weens meganiese redes gaan
16
staan het. Dit was nie sy plan om daar stil te hou nie. En die oorledene se
poging om weg te hardloop kon hom onverhoeds betrap het.
Indien dlt wel die
geval was - en die redelike moontlikheid daarvan kan myns insiens nie
uitgeskakel word nie - sou sy reaksie om
haar agterna te sit en met die klip aan
te val op die ingewing van die oomblik gewees het en glad nie voorbedag nie.
Dit volg na my mening dat die saak beoordeel moet word op die basis dat daar
'n kousale verband was tussen appellant se drankinname
en sy misdadige optrede
op die betrokke nag; dat voordat die motor gaan staan het hy tot geen besluit
gekom het wat hy met die oorledene
sou doen nie; en dat dit eers toe sy
weggehardloop en gestruikel het dat hy die bedoeling gevorm het om haar dood te
maak.
Op daardie grondslag moet dit duidelik wees dat, hoewel die moord van die
oorledene 'n skokkende,
17.
afgryslike en verderflike misdryf was, die saak as geheel nie vergeiykbaar is
met die posisie wat sou geheers het indien presies dieselfde
moord gepleeg sou
gewees het deur 'n nugter oortreder wat die moord vooraf beplan het nie. In lg
geval sou daar min indien enige
rede gewees het om nie die doodvonnis as die
enigste gepaste straf te beskou nie.
Na ernstige oorweging van al die feite meen ek dat lewenslange
gevangenisstraf ook 'n gepaste straf is en dat om daardie rede die
uiterste
vonnis nie die enigste gepaste straf is nie.
Daar is geen suggestie dat appellant 'n gevaar vir sy mede-gevangenes of die
gevangnispersoneel sou wees nie.
18
Bygevolg slaag die appèl. Die doodvonnis op aanklag 4 word ter syde
gestel en in die plek daarvan word lewenslange gevangenisstraf
opgelê.
C T HOWIE AR
Hefer AR)
Mahomed Wnd AR) Stem saam