About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 92
|
|
S v Roux (399/92) [1994] ZASCA 92 (30 May 1994)
SAAKNOMMER : 399/92
N v H
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
WILLEM JACOBUS ROUX
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
SMALBERGER, AR:-
SAAKNOMMER : 399/92
N v H
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
WILLEM JACOBUS ROUX
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, SMALBERGER,
et NIENABER, ARR
VERHOORDATUM
: 23 MEI 1994
LEWERINGSDATUM
: 30 MEI 1994
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:-
Die appellant, wat skuldig gepleit het, is in die streekhof te Germiston
skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelike aanranding.
Die aanklagte is vir
doeleindes van vonnis saamgeneem en hy is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis
waarvan twee jaar
2
voorwaardelik opgeskort is. Behalwe dat die opskortende voorwaardes gewysig
is, het sy appél teen vonnis na die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling
misluk. Verlof is egter aan hom toegestaan om in hoër beroep na hierdie Hof
te kom.
Ten tye van die pleging van die misdade was die appellant 'n 25-jarige
onderwyser verbonde aan 'n laerskool te Alberton. Die onsedelike
aanrandings is
oor 'n tydperk van nagenoeg vyf maande teenoor van sy seunsleerlinge gepleeg.
Hulle was tussen 11 en 13 jaar oud.
Vanuit erkennings deur die appellant gemaak,
blyk dit dat hy nie net self van die betrokke leerlinge onsedelik aangerand het
nie,
maar ook bygestaan het terwyl van hulle onsedelike dade met mekaar gepleeg
het. In een geval het hy 'n video opname gemaak van 'n
ontklede leerling wat
gemasturbeer het. Sodanige optrede, gepaard met die skandelike wyse waarop die
appellant sy vertrouensposisie
as onderwyser misbruik
3
het, en sy verantwoordelikheid versuim het, is erg
verswarend. Enige
vonnis moet noodwendig die
verontwaardiging en misnoeë van die
gemeenskap
weerspieël.
Die appellant self het nie getuienis afgelê
nie. Dr Van der Merwe, 'n kliniese sielkundige, het
egter namens hom getuig. Uit sy getuienis blyk onder
andere die volgende: Die appellant kan as 'n pedofiel
beskryf word. As kind was hy self seksueel
gemolesteer en sy huidige probleem het oor 'n lang
tydperk ontwikkel. Hy het by geleentheid 'n predikant
geraadpleeg oor sy situasie. Hy is aanbeveel om
professionele hulp in te win maar het destyds daarteen
besluit. Die appellant het berou oor sy optrede. Hy
het behandeling nodig en is begerig om dit te ondergaan.
Dr Van der Merwe het ook getuig:
"Hy het nog vormingsmoontlikhede oor en met indringende psigoterapeutiese
hulp glo ek tog kan 'n mens by hom verandering teweegbring."
4
Later sê hy:
"Prognosties lyk die geval nie regtig so sleg
nie dat 'n mens sou kon
sê daar is geen
veranderingsmoontlikhede
nie."
Hieruit blyk dit dat alhoewel daar beslis
veranderings-
en rehabilitasiemoontlikhede vir die appellant bestaan
daar geen sekerheid daaromtrent kon wees nie. Blykbaar
sou behandeling buite gevangenis-verband meer
bevorderlik vir hom wees. Behandeling is egter ook
binne die gevangenisopset moontlik ofskoon dienste nie
altyd beskikbaar is nie.
Daar is ook verskeie ander relevante persoonlike faktore wat uit die oorkonde
voorkom maar dit is nie nodig om vir die doeleindes
van hierdie uitspraak daarop
in te gaan nie.
Namens die appellant is daar betoog dat 'n vonnis van korrektiewe toesig
ingevolge art 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977
die aangewese vonnis
sou wees in sy geval. Dié vonnisopsie was nie
5
beskikbaar toe die appellant destyds gevonnis is nie, maar is tans wel. Dit
is ook 'n regtens veroorloofde vonnis (S
v R
1993(1) SASV 209(A) op
218g-219d). Dit beteken egter nie dat dit hierdie Hof vrystaan om die bestaande
vonnis te vervang deur een
van korrektiewe toesig bloot omdat dit veroorloof is
en moontlik as meer geskik geag kan word nie. Dit is geykte reg dat hierdie
Hof
op appèl alleenlik by magte is om met die diskresie -uitoefening van 'n
verhoorhof met betrekking tot vonnis in te meng
waar daar 'n wesenlike
mistasting of 'n onreëlmatigheid was, of die opgelegde vonnis ontstellend
onvanpas is. Alleenlik as daar
gronde bestaan om met die tans bestaande vonnis
in te meng, kan oorweging aan korrektiewe toesig as 'n vonnisopsie geskenk word
(
S v R
(
supra
) op 219d-g).
Na my mening openbaar die verhoorlanddros se uitspraak 'n ewewigtige
benadering ten opsigte van alle relevante oorwegings by vonnisoplegging
insluitend die
6
vereistes van straftoemeting. Ondanks die moedige pogings van die appellant
se advokaat, is ek geensins oortuig dat die verhoorlanddros
in enige wesenlike
opsig misgetas het nie. Van 'n onreëlmatigheid is daar nie sprake nie. Daar
is gepoog om die onderhawige
vonnis met wat aan die hand gedoen is
ooreenstemmende gevalle is, te vergelyk. Elke saak moet egter op sy eie
besondere meriete beoordeel
word. Die onderhawige vonnis is weliswaar swaar,
maar daar bestaan goeie rede daarvoor. Dit kan geensins as buitensporig of I
ontstellend
onvanpas aangeteken word nie, Gevolglik bestaan daar geen grondslag
vir inmenging met die opgelegde vonnis nie. Daar sal egter 'n
gepaste
aanbeveling gemaak word ten einde te probeer verseker dat die appellant
behandeling in die gevangenis ontvang. Dit staan
natuurlik ook die Kommissaris
van Korrektiewe Dienste vry om mettertyd op te tree ooreenkomstig die bepalings
van art 276A(3) van
Wet 51 van 1977 sou hy dit
7
gerade ag.
Die appèl word afgewys. Die Griffier van hierdie Hof
word versoek om te reël dat 'n afskrif van die getuienis en verslag
van die
kliniese sielkundige, Dr Van der Merwe, aan die Departement van Korrektiewe
Dienste gestuur word met die versoek dat, sover
doenlik, psigoterapeutiese hulp,
soos deur Dr Van der Merwe in die vooruitsig gestel, aan die appellant verleen
word.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
VAN HEERDEN, AR ) stem saam NIENABER, AR )