About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 87
|
|
S v Hayes (242/92) [1994] ZASCA 87 (30 May 1994)
Saaknommer 242/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
ROBERT HAYES
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
CORBETT HR, NESTADT et HOWIE ARR
VERHOOR:
2 Mei 1994
GELEWER:
30 Mei 1994
UITSPRAAK
HOW
IE AR
2
HOWIE AR,
Appellant kom kragtens art 316A van die Strafproseswet 51
van 1977 ("die Wet") in hoër beroep teen die doodvonnis wat in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling weens die verkragting van 'n 6-jarige dogter
hom opgelê is.
By die aanvang van die aanhoor van die appèl op 2
Mei 1994 - hierdie Hof se eerste hofdag na die inwerkingtreding van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, 200 van 1993 ("die Grondwet") - is die
advokate versoek om ons toe te spreek met betrekking tot
die vraag of die
bepalings van die Wet wat oplegging van die doodstraf magtig nie in stryd was
met die bepalings van arts 9 en 11
(2) van die Grondwet nie.
Namens appellant is betoog dat eersgenoemde bepalings wel in stryd met die
Grondwet mag wees en dat hierdie vraag die aandag van die
Konstitusionele
Hof
3
behoort te geniet wat alleen regsbevoegdheid daaromtrent het. Die advokaat
vir die Staat aan die ander kant het ter oorweging gegee
dat art 241(8) van die
Grondwet hierdie Hof magtig om voort te gaan en, indien gepas, die doodvonnis te
bekragtig asof die Grondwet
nie aangeneem is nie.
Die advokate is verder
versoek om hulle tot daardie geskilpunte te beperk en nie die meriete van die
appèl op daardie stadium
te beredeneer nie.
Uitspraak is toe voorbehou.
Dit kom my voor dat die
betekenis van art 241(8) van die Grondwet nie so duidelik is dat dit sonder
wetsuitleg toegepas kan word nie.
En wat sodanige uitleg betref is dit die
Konstitusionele Hof wat finale regsbevoegdheid daaromtrent het: sien art 98(2)
van die Grondwet.
Hierdie Hof het nie regsbevoegdheid met
4
betrekking tot daardie vraag nie (sien art 101(5) van die Grondwet).
Wat
die konstitusionele vraag betref, daar ook is dit slegs die Konstitusionele Hof
wat regsbevoegheid het om die grondwettigheid
van die magtigende bepalings van
die Wet te beslis.
Dit volg dus dat die saak nie nou finaal afgehandel kan
word nie. Betoog op die meriete sal aangehoor moet word en die appèl
moet
derhalwe uitgestel word. Dit mag wees dat by die hervattingsdatum uitsluitsel al
klaar gegee mag gewees het oor die grondwettigheid
van die doodvonnis en indien
wel sal dit dan die werklike geskilpunt op die meriete moontlik inkort indien
nie uitskakel nie.
5
Die afhandeling van die appèl word uitgestel tot 'n datum wat deur die
griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal word.
C T HOWIE AR
Corbett HR )
Nestadt AR ) Stem saam