About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 81
|
|
Theron, Van Der Poel, Brink, Roos v Simonsig Landgoed en 'n Ander (125/92) [1994] ZASCA 81; 1994 (4) SA 204 (AD); [1994] 4 All SA 500 (AD) (27 May 1994)
SAAKNOMMER: 125/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
THERON, VAN DER POEL, BRINK,
ROOS
APPELLANT
en
SIMONSIG LANDGOED EN 'n ANDER
RESPONDENTE
CORAM
: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF, GOLDSTONE,
VAN DEN HEEVER et HARMS ARR
LEWERINGSDATUM
: 27 MEI
1994
UITSPRAAK
2 HARMS AR
Kragtens 'n bevel van hierdie hof gedateer 22 Maart
1994 het die
appellant se appèl met koste geslaag en is die
respondente se eise
teen die appellante afgewys.
Geleentheid is aan die partye verleen om
skriftelike betoog
in te dien oor die vraag of die kwalifiserende fooie
van
drie van die appellant se getuies, t. w. menere Van der
Vyver, Bosman
en Labuschaigne, toegelaat kan word al dan
nie. Die appellant was 'n firma
van geoktrooieerde
rekenmeesters. Die respondente het gepoog om die
appellant
vir skadevergoeding wat sou voortgevloei het uit
beweerde
professionele nalatigheid, aanspreeklik te stel. Hierdie
persone
was van die vennote waaruit die firma destyds
bestaan het. Hulle was dus nie
alleen getuies nie maar
regtens ook mede-gedingspartye, en hulle getuienis was
nie bloot feitelik nie maar ook deskundig van aard.
Aangesien die
appellant in die hof benede onsuksesvol was,
het 'n toekenning van hulle kwalifiserende fooie nie
ontstaan nie. Tydens die appèl is in die betoogshoofde van
3 die
appellant om 'n bevel in dier voege gevra. Die
respondente se advokate het nie met hierdie aspek gehandel
nie en dit het
ook nie tydens betoog te berde gekom nie.
Daarom dan die noodsaak vir die
aanvullende betoog en
hierdie uitspraak.
In
Texas Co (SA1 Ltd v Cape Town Municipality
1926 AD
467
op 488 het Innes HR die volgende gesê:
"Now costs are awarded to a successful party in order to indemnify him for
the expense to which he has been put through having been
unjustly compelled
either to initiate or to defend litigation as the case may be. Owing to the
necessary operation of taxation, such
an award is seldom a complete indemnity;
but that does not affect the principle on which it is based. Speaking generally,
only amounts
which the suitor has paid, or becomes liable to pay.
4 in connection with the due presentment of his case are recoverable as
costs."
Hy het bygevoeg dat daar
uitsonderings op die reël bestaan, maar het die vraag of die kwalifiserende
fooie van 'n getuie wat
ook 'n party is, toegeken kan word, oopgelaat (op 489).
Die probleem wat in die
Texas
-saak te berde gekom het, was die volgende:
Die verweerder (die Munisipaliteit) het van sy eie personeel as getuies gebruik
en vir
daardie doeleinde moes hulle hulself kwalifiseer om te kon getuig. Die
verhoorhof het as koste 'n bedrag gelykstaande aan hulle salarisse
vir die
tydperk van voorbereiding toegeken. Bierdie bevel is op appèl ter syde
gestel omdat die voorbereidingswerk nie inbreuk
op die Munisipaliteit se gewone
werksaamhede gemaak het nie en omdat dit nie ekstra uitgawes vir die
Munisipaliteit meegebring het
nie. Die feit dat die Munisipaliteit andersins van
eksterne getuies gebruik sou moes maak en hulle vergoed, was ontersake omdat dit
nie is wat gebeur het nie. Die werknemers het ook nie 'n aanspraak op vergoeding
vir hierdie addisionele dienste gehad nie. Vgl.
ook die benadering in
Number
Plates & Siqns (Pty) Ltd
1943 CPD 94.
Wat opval is dat geverg is dat die
party daadwerklik 'n addisionele uitgawe moes aangaan alvorens hy die koste kon
verhaal.
In
The Government v The Oceana Consolidated Co
1908 TS 43
het Smith R
gepoog om die oorsprong van die
5 toekenning van kwalifiserende fooie na te
speur, maar sonder veel sukses. Die aangeleentheid word tans deur die
Hofreëls gereël.
Reël 70(3) vorm die basis van taksasie.
Daarvolgens is die doel van taksasie om die suksesvolle party "ten volle te
vergoed
vir alle
uitqawes
redelikerwyse deur hom aangegaan" en moet "al
die
koste en uitgawes
" toegelaat word wat nodig of gepas was (my
beklemtoning). Die Tarief van Gelde van Prokureurs wat deel van reël 70
vorm, bepaal
onder item E6 soos volg:
"Getuienis: Billike en
redelike vorderings en
uitgawes
wat volgens die
mening van die
takseermeester behoorlik
aangegaan is
vir die
verkryging van getuienis en
die bywoning van getuies
wie se
getuiegeld by
taksasie toegestaan is: Met
dien verstande dat
die
voorbereidingsgelde van 'n
getuie nie sonder 'n bevel
van die hof
of die
toestemming van alle
belanghebbende partye
toegestaan word nie." Die voorbehoudsbepaling is nie verder gekwalifiseer
nie. Dit vereis bv. nie dat die betrokkene
6 moes getuig het nie (
Stauffer
Chemical Co & Another v Safsan Marketina & Distribution Co (Pty) Ltd
& Others
1987 (2) SA 331
(A) 355C-H). Dit bepaal nie uitdruklik dat die
toekenning van voorbereidingsgelde net op nie-partye van toepassing is nie. Dit
is
ook nie, luidens die bewoording, slegs op opinie-getuienis van toepassing nie
maar teen die agtergrond van die reël moet dit
waarskynlik beperkend
uitgelê word (sien in hierdie verband
Barratt v Barratt &
Another
1966 (3) SA 364
(D);
Champion v Morkel
1971 (2) SA 121
(R)
128) . In die lig van reël 70(3) moet die voorbereidingsgelde egter uit
koste en uitgawes bestaan. Dit is in ooreenstemming
met die uitgangspunt in die
Texas
-saak waarna reeds verwys is. Dit is egter, vir doeleindes van
hierdie saak, nie nodig om 'n finale uitsluitsel oor die uitleg en
toepassingsgebied van die reël te gee nie.
Die feit dat die regshulp toegestaan kan word, beteken egter nie dat dit
toegestaan moet word nie. Dit bly diskresionêr. Dit
is dan vir die party
wat aansoek doen vir die toestaan van 'n spesiale bevel om die hof te oortuig
dat hy op sodanige regshulp geregtig
is. In 'n geval soos die huidige sou dit
beteken dat die appellant inligting aan die verhoorhof moes voorgelê het
waaruit dit
blyk dat die vennote koste en uitgawes aangegaan het ten einde hulle
vir die deskundige gedeelte van hulle getuienis voor te berei.
Dit het nie
gebeur nie. Dit is natuurlik anders in die geval van die gebruik van 'n
buite-deskundige - in so
7 'n geval kan aanvaar word dat hy hom teen vergoeding moes
voorberei.
Namens respondente is verder voorgehou dat dit ondoenlik sou'wees
om, in die lig van die omstandighede van hierdie saak, voorbereidingsgelde
toe
te laat. Daar is betoog dat die getuies se getuienis in 'n groot mate met die
feite te doen gehad het; dat die komponente van
hulle getuienis wat met
deskundige aspekte gehandel het, inhoudelik en tydsgewys van geringe omvang was;
dat dit nie moontlik is
om te onderskei tussen die tyd gespandeer aan
feite-insameling en tyd gespandeer om hulle as deskundiges voor te berei nie; en
dat
daar nie getuienis is dat professionele fooie verbeur is a.g.v. die
voorbereiding nie. Hierdie faktore is ook gewigtig en bygevolg
is ek van oordeel
dat die appellant nie aangetoon het dat hy geregtig is op die uitoefening van 'n
diskresie in sy guns nie.
Die kwalifiserende fooie van menere Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne
word dus nie toegelaat nie.
LTC HARMS Appélregter
VAN HEERDEN AR stem saam
EM GROSSKOPF AR
stem saam
GOLDSTONE AR stem saam
VAN DEN HEEVER AR stem saam