S v Kruger and Another (508/92) [1994] ZASCA 88 (24 May 1994)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing — Appellants convicted of multiple counts of murder and robbery — First appellant sentenced to death for three murders and additional 65 years for other crimes; second appellant sentenced to death for two murders and life imprisonment for a third, plus 60 years for other crimes — Appellants appeal against convictions and sentences — Evidence presented included confessions and witness testimony — Court found no merit in claims of coercion or mental incapacity — Appeals dismissed, convictions and sentences upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 88
|

|

S v Kruger and Another (508/92) [1994] ZASCA 88 (24 May 1994)

NIE-RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER: 508/92
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
C J KRUGER
Eerste Appellant
P J E VAN DER MERWE
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, EKSTEEN et HARMS, ARR
VERHOORDATUM
: 3 MEI 1994
LEWERINGSDATUM
: 24 MEI 1994
UITSPRAAK
HARMS, AR:
Die twee appellante appelleer teen 'n uitspraak van Coetzee R wat met
assessore in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling gesit het.
Hulle het
2
op nege aanklagte tereggestaan. Kruger (appellant nr 1) is op al die
aanklagte skuldig bevind terwyl Van der Merwe (nr 2) aan sewe
skuldig bevind is.
Nr 1 se vonnisse was, opgesom, die doodsvonnis ten aansien van drie moorde en,
op die ander aanklagte 65 jaar
gevangenisstraf in totaal. Nr 2 is die
doodsvonnis opgelê vir twee moorde, ten aansien van 'n derde moord
lewenslange gevangenisskap
en wat die ander misdrywe betref, 60 jaar
gevangenisstraf. (Die 60 jaar loop natuurlik saam met die lewenslange
gevangenisstraf).
Die appellante gebruik ten dele hulle outomatiese reg van appél en,
wat die orige skuldigbevindings en vonnisse betref, is
verlof tot appèl
deur Coetzee R toegestaan.
Alvorens met die betoog tydens die appèl gehandel word, is dit
gerieflik om die verhoorhof se feitebevindings kortliks op te
som. Al die
aanklagte het uit drie voorvalle voortgespruit en in al drie die
3
gevalle is dieselfde
modus operandi
gevolg. Vreemde mans met
waarskynlik homoseksuele neigings is by die botaniese tuin by die Emmarentiadam
in Johannesburg uitgelok.
Hulle is daarna van hulle motors beroof en 'n poging
is aangewend om geld van hulle te bekom of om toegang tot hulle bankrekenings
te
verkry. Hulle is vasgebind en in die motors se kattebakke vermoor. Die lyke is
daarna weggegooi, die voertuie vir 'n rukkie gebruik
en daarna vervreem of
geabandoneer. In twee gevalle is van die slagoffers se bankfasiliteite gebruik
gemaak maar in een geval nie,
omdat daardie slagoffer geen geld gehad het
nie.
Die eerste voorval het op 1 Maart 1991 plaasgevind. Nr 1 en ene Niewenhuis
het, met die oog om geld te bekom, na die park op nr 1
se motorfiets gery.
Niewenhuis het vir ene Combrink wat met 'n BMW motor daar was, uitgelok. Hy en
Combrink is toe na sy huis. Nr
1 het op sy motorf iets gevolg. By die huis
het
4
Niewenhuis en nr 1 vir Combrink met 'n vuurwapen aangehou en is hy
geterroriseer en aangerand. Nr 2 het terloops sonder voorafgaande
afspraak daar
opgedaag en van toe af deelgeneem aan die verdere gebeure. Nr 1 het Combrink
gedwing om sy tjekboek se tjeks in blanko
te onderteken. Sy kredietkaarte en
geld is afgeneem. Daarna is hy in sy motor se kattebak gegooi, sy mond met 'n
lap toegebind en
die drie rowers het toe drank gekoop, tjeks ingevul en getrek
en op 'n verlate plek stilgehou. Daar het nr 1 vir Niewenhuis opdrag
gegee om in
die voertuig te sit. Nr 2 het gepoog om Combrink te verwurg maar kon dit nie
effektief regkry nie. Nr 1 het toe 'n vuurwapen
teen Combrink se bors vasgedruk
en vir nr 2 aangesê om die skoot af te trek. Óf nr 1 óf nr 2
het dit toe gedoen.
Nadat hulle verder drank gekoop het, is Combrink se lyk na die uitloop van
die Westdenedam geneem, en nadat nr 2 Combrink se skoene
vir sy eie
5
geruil het, is die lyk in die water afgestamp. Sy klere is later verbrand.
Daardie aand het die drie hulle nuut gevonde rykdom benut
deur nagklubs te
besoek, te drink en prostitute te huur. Op 4 Maart het nr 1 'n halsketting wat
van Combrink se nek afgehaal is,
aan 'n vriend by name Nel geskenk. Op 8 Maart
het hy die voertuig aan 'n persoon genaamd Larry oorhandig om dit óf te
repareer
óf te verkwansel.
Ek mag net op hierdie stadium daarop wys dat Niewenhuis apart verhoor is vir
die moord op en roof van Combrink en dat hy skuldig bevind
en gevonnis is. Hy is
as staatsgetuie in die huidige verhoor gebruik en, ten spyte van sy
mededadigheid, is sy getuienis deur die
verhoorhof sonder kwalifikasie aanvaar.
Dit is nie betoog dat die verhoorhof se beoordeling van Niewenhuis as getuie
verkeerd was
nie.
Voortspruitende uit hierdie voorval is beide appellante aan roof skuldig
bevind (aanklag 1) en is nr
6
1 tot 25 jaar en nr 2 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hulle is ook
albei skuldig bevind aan die moord op Combrink en nr 1 is
die doodsvonnis
opgelê terwyl nr 2 lewenslange gevangenisstraf ontvang het. Dit was die
onderwerp van aanklag 2. Aanklagte
7 en 8 het gehandel met die besit van die
vuurwapen en ammunisie by daardie geleentheid en ten aansien hiervan is nr 1
skuldig bevind
en het twee jaar gevangenisstraf ontvang. Hierdie gevangenisstraf
moes saamloop met 'n vonnis op aanklag drie. (Ek keer mettertyd
terug na aanklag
drie.) Nr 2 is onskuldig aan aanklagte 7 en 8 bevind.
Voorvalle 2 en 3 het op 23 Maart 1991 plaasgevind. Niewenhuis was nie 'n
party tot die gebeure nie. Nrs 1 en 2 is weereens na die
betrokke park op nr 1
se motorfiets. Nr 2 het hom voorgedoen as 'n homoseksueel en hy het ene Van
Loggerenberg wat in 'n wit Toyota
Conquest voertuig gesit het, uitgelok. Hy
7
het in die motor geklim en toe het nr 1 agter in die motor ingeklim en sy
geselskap aangebied. Hy het vir Van Loggerenberg van agter
om die nek gegryp,
agteroor geruk en op die vloer vasgedruk terwyl hy hom teen die keel trap. Nr 2
het gehelp en die motor na 'n
begraafplaas gery waar niemand hulle kon sien nie.
Van Loggerenberg is beveel om in die kattebak van die motor te klim en nadat hy
hulle vertel het dat hy nie geld of kredietkaarte het nie, het nr 2 hom probeer
wurg. Dit was nie effektief nie en nr 2 het Van Loggerenberg
toe vyf messteke in
die hart toegedien.
Met die lyk in die bak is hulle terug na die park en toe het die aanloop tot
die derde voorval begin. Die proses van uitlokking is
herhaal maar in hierdie
geval was die slagoffer ene Kruger wat in 'n rooi BMW gesit en wag het. Nr 1 het
na die uitlokkery opgedaag
en voorgegee dat hy 'n polisiebeampte is. Hulle het
na 'n sportterrein gery en daar het nr 2 die sitplekgordels
8
afgesny en Kruger se hande agter sy rug vasgemaak. Hy
is gedwing om sy
geheime identifikasienommer vir sy bankkaart te verskaf en daarna het nr 2 'n
lus om Kruger se nek gesit en terwyl
hy in die bak van sy motor gelê het,
het hy met sy een voet sy nek (in sy eie woorde) "afgetrap" en die gordel
agteroor styfgetrek
en nek en voete na mekaar vasgetrek. Kruger het waarskynlik
15 minute na die verwurging gesterf.
Die twee lyke is in een motor se bak gegooi en eers is die een lyk en toe die
ander lyk in die veld afgegooi en ingesleep. Van Loggerenberg
se motor se
nommerplaat het afgeval en dié is in die gras ingegooi. Van Loggerenberg
se motor is kort daarna geabandoneer.
In Kruger se motor is langspeelplate
gevind wat nr 2 aan sy moeder geskenk het. 'n Dag of wat later het nr 2 die
motor se radio en
die bakvlerk verkwansel of weggegee. Hierdie motor is daarna
ook geabandoneer.
Die tweede voorval het aanleiding gegee tot
9
skuldigbevindings aan roof (aanklag 3) waarvoor beide appellante 20 jaar
gevangenisstraf opgelê is. Die moord (aanklag 4) het
tot doodsvonnisse vir
beide gelei. Die derde voorval het aanleiding gegee tot aanklagte 5 (vir roof)
en 6 (vir moord) en weereens
was beide se vonnis op die roof 20 jaar en vir die
moorde die doodsvonnis.
Aanklag 9 was een vir ontsnapping wat op 23 Oktober 1991 plaasgevind het. Die
appellante het daaraan skuldig gepleit, is skuldig bevind
en is elk tot twee
jaar gevangenisstraf gevonnis. Hierdie vonnisse moet ook saamloop met die
vonnisse opgelê op aanklag 3.
Geen betoog is tydens die appél teen
die resultaat op aanklag 9 voorgelê nie.
Die bevindings van die hof benede het grootliks met die bekentenisse,
uitwysings en getuienis van nr 2 ooreengestem. Nr 2 se beperkte
verweer teen die
moordaanklagte was dat hy onder dwang van nr 1 die moorde gepleeg het en, ten
aansien van die eerste
10
voorval, dat toe die skoot op Combrink afgevuur is, hy 'n
epileptiese toeval gehad het. Wat dwang betref, het die verhoorhof tot die
gevolgtrekking gekom dat, selfs al sou nr 2 se getuienis in hierdie opsig waar
wees, hy nie aan die objektiewe maatstaf neergelê
in
S v Goliath
1972 (3) SA 1(A)
en
S v Bailey
1982 (3) SA 772(A)
voldoen het nie.
Hoewel tydens betoog in hierdie Hof na hierdie verweer verwys is, is dit nie
betoog dat die verhoorhof homself wanvoorgelig
het ten aansien van enige feit of
dat hy die neergelegte regsbeginsels verkeerd toegepas het nie. Dit sou in die
lig daarvan geen
doel dien om die getuienis weereens te behandel nie en is die
onvermydelike gevolg dat hierdie verweer ook nie op appèl nie
kon slaag
nie. Wat die epileptiese aanval betref, het nr 2 se advokaat nie met hierdie
verweer volhard nie. Sy besluit was heeltemal
geregverdig. Dit is so dat nr 2
van tyd tot tyd epileptiese aanvalle kry maar die vraag is of hy so 'n
11
aanval vir enkele sekondes gekry het gedurende die tydperk
waartydens, volgens hom, nr 1 hom die vuurwapen in die hand gedruk het
en die
skoot afgegaan het. Van deurslaggewende belang is die feit dat nr 2 vier
buite-geregtelike verklarings oor die eerste voorval
gemaak het en dat in nie
een daarvan hy melding gemaak het van sy epileptiese aanval nie. Dit kon hy
nooit verduidelik nie. Maar
al het hy 'n epileptiese aanval gehad, kon dit geen
verskil aan die uitslag maak nie omdat minstens hy 'n medepligtige was. Net soos
Niewenhuis wat voor in die motor gesit het toe die skoot geskiet is, is hy ook
skuldig aan die moord omdat, soos die verhoorhof tereg
bevind het, het die drie
vooraf besluit om Combrink om die lewe te bring omdat hy hulle kon identifiseer
en wis waar Niewenhuis gebly
het. Daarbenewens het nr 2 pas voordat die skoot
gevuur is, gepoog om Combrink te verwurg en slegs omdat dit nie geslaag het nie,
is van die vuurwapen gebruik gemaak. Nr 2 se appêl teen sy
12
skuldigbevindings moet dus afgewys word.
Benewens nr 1 se
appél op die meriete is daar ook 'n aansoek vir die lei van verdere
getuienis. Hierdie aansoek het voor die
verhoorhof gedien na skuldigbevinding en
is afgewys. Daar is 'n appêl teen die afwysing en daar word ook van die
bepalings
van art 316A (3) van die Strafproseswet 51 van 1977 gebruik gemaak.
Dit verg vir die sukses van so 'n aansoek dat, onder andere,
die verdere
getuienis vermoedelik as waar aanvaar sal word. Die getuienis waarom dit gaan,
is getuienis wat nr 2 nou aanbied om te
lewer. Hy het naamlik in die gevangenis
en na afhandeling van die verhoor twee briewe aan nr 1 gestuur waarin hy beweer
dat nr 1
nie by enigeen van die drie voorvalle teenwoordig was nie. Volgens hom
was hy en Niewenhuis die enigste persone wat by die drie voorvalle
betrokke was.
Die wese van sy nuwe getuienis en f rontverandering is:
13
(a)
dat by die
eerste voorval Niewenhuis vir Combrink geskiet het terwyl hy (nr 2) net begin
bewe en "geheel verdwyn" het;
(b)
dat by die
tweede voorval Niewenhuis die slagoffer gewurg en daarna met 'n mes in die bors
gesteek het;
(c)
dat tydens die derde voorval
Niewenhuis die sitplekgordel om die slagoffer se nek geknoop het, op sy nek
getrap en die gordel styfgetrek
het totdat hy "werklik dood"
was.
Die nuwe getuienis wat nr 2 wil aanbied, is dus
nie net dat nr 1 afwesig was nie maar ook dat al die dade wat hy in talle
verklarings,
uitwysings en tydens getuienis op homself geneem het, nou aan
Niewenhuis toegedig word. Hy verduidelik sy frontverandering deur te

dat hy bang was vir Niewenhuis as hy andersins die waarheid sou praat en dat
Niewenhuis (!) en die ondersoekbeampte hom
belowe het dat as hy die skuld op
14
homself sou neem, hy onskuldig bevind sou word, 'n opgeskorte
vonnis sou kry of vir hoogstens drie jaar na 'n inrigting verwys sou
word.
Ek
is bo alle twyfel oortuig dat geen hof ooit hierdie nuwe getuienis van nr 2 sal
aanvaar nie. Die uiteensetting daarvan spreek vir
sigself. Sy lojaliteite is
besonder labiel : tydens die aanvanklike aanhouding is hy apart van nr 1 en saam
met Niewenhuis op sy
versoek opgesluit. Tydens die ontsnapping het hy en nr 1
ontsnap terwyl Niewenhuis nie wou deelneem nie. Tydens die verhoor het hy
nr 1
só gevrees dat aparte aanhouding gelas is. Daarbenewens is nr 1 se
skuldigbevinding nie op die getuienis van nr 2 gebaseer
nie maar het gevolg na
aanleiding van 'n akkumulasie van onafhanklike stukke getuienis. Omdat daardie
getuienis ook relevant is by
oorweging van nr 1 se appèl teen sy
skuldigbevinding, handel ek kortliks daarmee: 1. Op 18 Maart 1991, 18 dae na die
eerste
voorval en
15
vyf dae voor voorvalle 2 en 3, is nr 1 gearresteer omdat die
besit van die gesteelde BMW na hom teruggevoer is. Hy is ook met drie
tjeks van
die oorledene wat hy ingevul en gewissel het, gekonfronteer. Op daardie stadium
was die polisie onbewus van die feit dat
Combrink dood was en het hulle nr 1
versoek om 'n verduideliking te gee van sy besit van die voertuig en van die
tjeks. Dit het hy
gedoen van die hand van 'n ongelooflike verhaal van hoe
Combrink hom op 1 Maart (toevallig die dag van die moord) opgelaai het waar
hy
geryloop het en dat Combrink hom toe versoek het om mee te werk om (Combrink se)
verdwyning te bewerkstellig wat hy ter wille
van 'n sogenaamde assuransie-bedrog
wou doen. Na aanleiding daarvan het Combrink aan nr 1 die motor gegee, getekende
tjeks en R200
(toevallig die bedrag kontant wat Combrink by hom gehad het). Hy
het 'n beskrywing
16
gegee van Combrink se kleredrag wat ooreengestem het met die
drag wat Combrink inderdaad aangehad het toe hy verdwyn het.
2.
Niewenhuis is op 25 Maart
gearresteer en het klaarblyklik onmiddellik 'n bekentenis gemaak. Dit het
aanleiding tot die arres van nr
2 gegee en hy het ook 'n bekentenis gemaak. Die
deels ontbinde lyk van combrink is uitgewys. Daarna is nr 1 op 26 Maart
gearresteer
en gedurende die vroeë oggendure van die 27ste het hy 'n
bekentenis gemaak oor sy aandeel aan die eerste voorval. Die inhoud
van hierdie
bekentenis stem met die getuienis van Niewenhuis, nr 2 en die bevindings van die
verhoorhof ooreen.
3.
Op daardie stadium was
die polisie onbewus van die moorde in voorvalle 2 en 3. Nadat die twee motors
opgespoor is en bloed in die
kattebakke gevind is, is 'n verband tussen aldrie
die voorvalle vermoed.
17
Dit het daartoe aanleiding gegee dat nr 1 gedurende die nag
van 28 tot 29 Maart uitwyslngs aan speurder-adjudant offisier Tiedt gemaak
het
en het hy die lyk van Kruger en die nommerplaat van Van Loggerenberg se
motorvoertuig uitgewys. Hy het Tiedt ook tot enkele treë
van die lyk van
Van Loggerenberg geneem. As gevolg van hierdie uitwysing is die lyke en die
nommerplaat gevind. Later die aand het
nr 2 'n soortgelyke en onafhanklike
uitwysing gedoen.
4.
Op 31 Maart en 1 April het
nr 1 uitwysings en 'n verklaring aan kaptein Landman gemaak wat op skrif gestel
en onderteken is. Hierdie
uitwysings en verklaring het betrekking op aldrie die
voorvalle gehad en het inhoudelik ooreengestem met die objektiewe feite, nr
2 se
getuienis en die uitspraak van die hof benede.
5.
Dit is bevind dat nr 1 'n deurtrapte leuenaar
is
18
wat geheel en al ongeloofwaardig is. T a v die eerste voorval
was sy verweer dat hy by Niewenhuis se huis na die moord opgedaag het
en,
onbewus van die roof en moord, in die ander twee se nuut gevonde rykdom gedeel
het. T a v die ander voorvalle het hy 'n alibi
gehad. Dit is bevind dat hy
saamgespan het met sy alibi-getuies en dat hy 'n opgekookte weergawe aan die hof
voorgelê het.
Hiermee saam is nr 1 se verduideliking van sy besit van
Combrink se goue ketting en sy beheer oor Combrink se voertuig
verwerp.
Tydens die verhoor was dit nr 1 se saak dat hy die verklaring van 18
Maart uit die duim gesuig het. Hy kon nie enige rede vir die
toevallige
ooreenstemming met die ware feite (waarvan hy nie kennis kon hê volgens sy
getuienis) en die verklaring se inhoud
gee nie. Wat die bekentenis ten aansien
van die eerste voorval betref, was dit sy saak dat hy aangerand en
voorgesê is
19
om die verklaring te maak. Daardie getuienis van hom is
ná 'n binneverhoor verwerp en dit is nie betoog dat die bevinding van
die
verhoorhof in hierdie verband verkeerd was nie. Dit bring 'n einde aan die
appèl op die skuldigbevinding op voorval 1.
Wat die uitwysing van die
lyke en die nommerplaat aan Tiedt betref en wat nr 1 aan die tweede en derde
voorval verbind, is betoog
dat daardie uitwysings in stryd met die beginsels
neergelê in
S v Sheehama
[1991] ZASCA 45
;
1991 (2) SA 860(A)
is. In daardie saak is
beslis dat getuienis van 'n gedwonge aanwysing ontoelaatbaar is (op 879D-F)
tensy die beginsel van die sogenaamde
"theory of confirmation by subsequently
discovered facts" van toepassing is (op 877F-I). Dit is nie betoog dat die
verhoorhof gefouteer
het deur te bevind dat die lyke en die nommerplaat deur die
polisie gevind is uitsluitlik as gevolg van nr 1 se uitwysing nie. Hieruit
volg
dit dat, wat hierdie saak betref, die
20
uitsondering na verwys die aangeleentheid reël. Daar was
dus geen noodsaak dat 'n binneverhoor gehou moes word alvorens hierdie
getuienis
aangebied is nie. Dit is naamlik namens die appellant betoog dat 'n binneverhoor
'n voorvereiste vir die toelaatbaarheid
van Tiedt se getuienis oor die aanwysing
was. Daardie betoog kan nie slaag nie. Maar, in ieder geval, was dit nr 1 se
saak dat hy
nie hierdie aanwysings gedoen het nie. Hy is bloot deur die polisie
na hierdie tonele geneem. Die feit dat hy ook beweer dat hy aangerand
is voordat
hy uitgeneem is, is gevolglik irrelevant omdat die aanranding nie kousaal met
die uitwysing verbind is nie. Daar was immers,
volgens nr 1, geen uitwysing nie.
Daar moet ook net daarop gewys word dat die verhoorhof bo redelike twyfel bevind
het dat daar geen
aanrandings op nr 1 was nie -'n bevinding wat nie aangeval is
nie.
Wat die uitwysings en verklaring aan Landman
21
betref, was daar wel 'n binneverhoor maar, is dit betoog, is
ontoelaatbare getuienis tydens hierdie binneverhoor geopenbaar. Landman
het
naamlik tweemaal getuig. By die eerste geleentheid het hy getuig hoe nr 1 hom na
meerdere punte geneem het. Wat deur nr 1 gesê
is, is van die hof op
daardie stadium weerhou. Die Staat het gepoog om die foto's wat tydens die
uitwysing geneem is voor die hof
te plaas maar die hof het, na 'n beswaar, gelas
dat die foto's eers na die afhandeling van die binneverhoor as bewysstukke
ingehandig
kon word. Die beswaar is nou dat die hof nie moes toegelaat het dat
Landman getuig oor uitwysings alvorens daar vasgestel is of nr
1 hierdie
uitwysings vrywillig gemaak het nie. Weereens was dit nr 1 se saak dat hy voor
die beweerde uitwysings aangerand is maar,
het hy bygevoeg, hy het hoegenaamd
nie die uitwysings gemaak nie. Hy is bloot na sekere tonele geneem. Nogeens was
daar geen kousale
verband tussen die beweerde aanranding en die
22
uitwysings nie. Die Staat wou bewys dat nr 1 uitwysings gemaak
het. Ek weet nie hoe die Staat dit kon doen behalwe om Landman se getuienis
te
lei dat nr 1 wel uitwysings gemaak het nie. Dit is dan opvallend dat nr 1 se
advokaat nie beswaar teen hierdie getuienis gemaak
het nie, klaarblyklik omdat
dit sy saak was dat hy nie gehandel het nie.
In ieder geval weet ek nie watter nadeel in die omstandighede van hierdie
saak nr 1 gely het indien die getuienis nie in die korrekte
volgorde gelei is
nie. As ek die betoog reg verstaan, het dit daarop neergekom dat nr 1, toe hy
gekonf ronteer is met ontoelaatbare
getuienis, besluit het om leuenagtige
getuienis tot sy nadeel te gee. Hierdie submissie, op die veronderstelling dat
dit juridies
meriete het, is nie op enige feite gebaseer nie.
Teen hierdie getuienis ten opsigte van voorvalle 2 en 3 moet nr 1 se alibi
oorweeg word. Hy
23
het 'n aantal alibi-getuies geroep, maar die hof het bevind
dat daardie getuies saamgesweer het om valse getuienis te gee en dat hulle
getuienis ongeloofwaardig is. Dit is weereens nie betoog dat die verhoorhof
homself wanvoorgelig het oor enige tersaaklike feit nie.
En as die uitwysings
aan Tiedt of aan Landman toegelaat word, kon die alibi nie die waarheid wees nie
en was dit bo redelike twyfel
vals. Dit volg dus dat die appêl van nr 1
teen die ander skuldigbevindings ook van die hand gewys moet word.
Vervolgens oorweeg ek die gepastheid van die vonnisse wat op die roofklagtes
(1, 3 en 5) opgelê is. Soos reeds gesê, is
nr 1 respektiewelik tot
25, 20 en 20 jaar gevonnis terwyl nr 2 tot 20 jaar op elk van die drie aanklagte
gevonnis is. Die verhoorhof
het nie gelas dat hierdie vonnisse saamloop nie met
die gevolg dat hulle agtereenvolgend uitgedien moet word. Namens die Staat is
betoog dat die verhoorhof in hierdie
24
verband 'n oorsig begaan het aangesien die aspek van
samelopendheid hoegenaamd nie in die uitspraak gemeld word nie. As dit die
verhoorhof
se bedoeling was, kan 'n totale vonnis van 25 of 20 jaar moontlik
gepas wees maar dit regverdig nog nie die vonnisse wat op elke
individuele
aanklag opgelê is nie. Die indruk is dat daardie vonnisse op 'n
duplisering van die vonnisse op die moordaanklagte
neergekom het en dat die
moorde nie na behore weggedink is nie.
Die verhoorhof het tereg 'n onderskeid getref by aanklag 1 tussen die twee
appellante omdat nr 2 'n laatkommer was. Daar is egter
ook ander wesenlike
verskille tussen die appellante: nr 1 was ten tye van die gebeure 24 jaar oud en
iemand met 'n indrukwekkende
lys vorige veroordelings (waarna ek mettertyd
terugkeer). Nr 2 was op daardie stadium 19 jaar oud en het geen vorige
veroordelings
gehad nie. Aan die ander kant moet toegegee word dat daar nie 'n
onderskeid
25
te treffe was in die uitvoerings- of toe-eieningshandelinge
nie. Om 'n voorbeeld te gee: Kruger (die slagoffer in die derde voorval)
se geld
is weliswaar verdeel maar die motor en sy inhoud het nr 2 geneem.
Om reg te
laat geskied, is dit dus nodig om die individuele vonnisse afwaarts aan te pas
en om, waar toepaslik, te gelas dat die vonnisse
saamloop. Na my oordeel is, wat
hierdie deel van die saak betref, die gepaste vonnisse ten aansien van nr 1 as
volg: aanklag 1 -
12 jaar; aanklag 3 - 10 jaar; aanklag 5 - 10 jaar; en dat die
vonnisse op aanklagte 3 en 5 saam moet loop. In nr 2 se geval sou die
gepaste
vonnisse die volgende wees: aanklag 1 - 8 jaar; aanklag 3 - 10 jaar; aanklag 5 -
10 jaar; en ook in hierdie geval behoort
die vonnisse op aanklagte 3 en 5 saam
te loop.
Dis reeds vermeld dat nr 1 24 jaar oud was toe hierdie gebeure plaasgevind
het. 'n Maatskaplike
26
werksverslag het aangetoon dat hy binne 'n gesonde
gesinsmilieu grootgeword het en dat tydens sy laerskoolloopbaan hy goed
gepresteer
het. Hy het 'n standerd 8-kwalifikasie behaal en gedurende sy
standerd 9-jaar die skool verlaat. Hy het 'n besondere onstabiele werkrekord
en
hy het hom skynbaar aan die lewe gehou deur op meisies te teer en uit misdaad.
Hy het die rang van onder-korporaal in die Weermag
verwerf maar het in
dié periode 'n voertuig gesteel. Sy verhouding met sy ouers was.goed. Hy
het 'n geskiedenis van drankmisbruik
sedert die ouderdom van 22.
Nr 1 se misdadige loopbaan het reeds in 1980 op 13-jarige ouderdom begin toe
hy aan onsedelike aanranding skuldig bevind is. In 1981
is hy aan twee aanklagte
van huisbraak skuldig bevind en het lyfstraf ontvang. In 1984 is hy skuldig
bevind aan die diefstal van
posorders en ook aan huisbraak. Die vonnis was in
totaal sewe jaar gevangenisstraf waarvan hy drie moes
27
uitdien. Gedurende 1986 is hy weer skuldig bevind aan
huisbraak en dan ook die diefstal van 'n motorvoertuig op 'n militêre
basis. Dit was in die destydse Suidwes-Afrika en hy het 'n opgeskorte vonnis
ontvang. Gedurende 1990 was daar weer 'n geval van onsedelike
aanranding en pas
voor die huidige drie voorvalle het hy 'n roof van 'n motorvoertuig gepleeg
onder omstandighede soortgelyk aan
die huidige en daarvoor is sewe jaar
gevangenisstraf opgelê. Daar was ook twee skuldigbevindings aan bestuur
onder die invloed
van drank. Ook van belang is die feit dat nr 1 na die eerste
voorval en voor die tweede en derde voorvalle in hegtenis geneem is
en verdink
is van een of ander betrokkenheid by Combrink se verdwyning. Bewus daarvan, het
hy vyf dae later moorde 2 en 3 gepleeg.
In sy geval is dit dus duidelik dat
straf geen afskrikkings- of rehabiliterende waarde het nie.
Dit is as 'n versagtende faktor betoog dat
28
die moorde 'n toevallige gevolg van die rooftogte was en nie
met 'n vooropgestelde beheptheid met geweld gepleeg is nie. Hierdie submissie
doen nie reg aan die getuienis nie. Die wyse waarop die rooftogte beplan en
uitgevoer is, moes noodwendig tot moorde lei omdat die
booswigte
identifiseerbaar was. Die betoog kon miskien nog ten aansien van die eerste
moord meriete gehad het, maar die pleeg van
die tweede en die derde moorde
weerlê dit bo alle twyfel.
Dit is so dat daar getuienis is dat nr 1 voor al hierdie voorvalle sterk
drank ingeneem het en, tydens die verloop van voorval 1 ook
gedrink het. Die
verhoorhof het bevind dat hierdie drankinname nie 'n versagtende faktor was nie.
Ek stem daarmee saam. Die onafwendbare
afleiding is dat die drank verbruik is
met die oog op die pleeg van die misdrywe en nie dat die misdrywe as gevolg van
die drankinname
gepleeg is nie. Daar is ook geen aanduiding dat hierdie drank
enige
29
invloed op die misdadigers se inhibisies gehad het nie. Ten
spyte van die drankinname het hulle die wêreld platgery, outomatiese
banktellers gebruik, tjeks ingevul, bewysstukke versigtig vernietig, en op
uiters effektiewe wyse van die slagoffers ontslae geraak,
soos byvoorbeeld vyf
messteke in die hart, 'n enkele rewolwerskoot en 'n besonder behendige vasbind
met veiligheidsgordels met die
oog op die verwurging van slagoffer 3. Dit volg
uit voorgaande dat ek dit eens is met die verhoorhof dat daar, wat nr 1 betref,
geen
versagtende faktore by die pleeg van enigeen van die moorde was nie.
Wat verswarende faktore betref, staan die wyse waarop hierdie misdrywe
uitgevoer is, voorop. Die verhoorhof het tereg bevind dat beide
appellante
elemente van sadisme en bravade geopenbaar het en soos psigopate opgetree het.
So ook was die optrede met direkte opset
gepleeg. Die seksuele oriëntering
van die
30
slagoffers is uitgebuit. Wat veral skok, is dat pas na die
moord op Combrink en met die bloed beswaarlik afgewas, hulle sy tjeks en
geld
aangewend het om prostitute te huur en in al wat nagklub is te baljaar en
moeilikheid te maak.
Die verhoorhof het bevind dat nr 1 die leiersfiguur by al drie die voorvalle
was. Wat voorval 1 betref, het Niewenhuis nie die oorspronklike
idee om 'n roof
te pleeg aan die deur van nr 1 gelê nie. Dit is so dat hy die indruk skep
dat nr 1 gesê het waarheen
hulle moes ry vir die moord en vir die wegdoen
van die lyk. Omdat hy aangerand en beroof is in Niewenhuis se huis, is ek van
oordeel
dat, uit Niewenhuis se oogpunt, die moord op Combrink ook onvermydelik
geword het. Ek is dus nie bo redelike twyf el tevrede dat
nr 1 'n buitengewone
leiersrol by die moord gespeel het nie. By die uitvoer van al drie die moorde
het nr 2 getuig dat nr 1 die leiersfiguur
was en die opdragte gegee het.
31
Dit was alles deel van nr 2 se verweer van dwang. Daardie
verweer is verwerp. Daar is geen ander getuienis wat wys dat nr 1 wel daardie
rol vervul het nie. Sy persoonlikheid regverdig wel daardie afleiding maar dit
is nie 'n noodwendige afleiding nie. Ek is dus ongeneë
om tussen die
onderskeie deelnemers in hierdie opsig blaam verskillend toe te deel.
Teen hierdie agtergrond is ek gedwonge om te bevind dat die enigste gepaste
vonnis vir die drie moorde vir nr 1 die doodsvonnis is.
Ek het reeds daarop
gewys dat afskrikking of rehabilitasie geen rol by hom speel nie. Dit is 'n
geval waar die gemeenskapsbelang
deurslaggewend is.
Vervolgens word die versagtende en verswarende faktore wat in nr 2 se geval
teenwoordig was, behandel. Daar is reeds op gewys dat
hy ten tye van die pleeg
van hierdie misdrywe slegs 19 jaar oud was. Hy was ook tydens die eerste voorval
'n eerste
32
oortreder maar ten tye van die tweede en derde klaarblyklik
nie meer nie. Hy mag nie vorige veroordelings gehad het nie maar die eerste
geleentheid het, pleks om hom met walging te vervul, aangespoor tot 'n verdere
misdadige lewe. Dit blyk verder dat nr 2 uit 'n gewone
gemiddelde huis kom en
geen sosiale probleme word in die verslag van die maatskaplike werkster vermeld
nie. Sy beweer egter dat sy
epilepsie daartoe aanleiding gegee het dat hy skool
tydens standerd 8 verlaat het en dat dit sy gewone aanpassing geaffekteer het.
Hy is selfs vir militêre doeleindes medies ongeskik verklaar. Ek moet
egter meld dat, volgens die psigiatriese verslag wat
kragtens art 79 van die
Strafproseswet voor die hof geplaas is, daar geen aanduiding was dat nr 2 ten
tye van die misdrywe aan 'n
geestessiekte of -gebrek gely het nie en dat daardie
toestand ook tydens die verhoor gegeld het. Ek mag net daarop wys dat nr 2 nooit
getuig het dat die letsels wat
33
hy van sy epilepsie oorgehou het, enige rol by die pleeg van
hierdie misdrywe gespeel het nie. Hy het dit slegs as 'n flits tydens
die moord
van Combrink (nadat hy reeds Combrink met die hande probeer verwurg het)
geopper. Hierdie faktore het daartoe gelei dat
die verhoorhof ten aansien van
aanklag 2 (voorval 1) tot die gevolgtrekking gekom het dat die doodvonnis nie
die enigste gepaste
vonnis was nie.
Die vraag is of hierdie versagtende faktore 'n wesenlike invloed kan hê
op die tweede en derde voorval. Die verswarende faktore
wat toe aanwesig was was
die direkte opset en, veral, die feit dat nr 2 die laksman was. Daardie rol het
hy sonder om te blik of
te bloos, aanvaar en sonder om te ril, vervul. Hy het in
elke geval eers probeer om die slagoffer te verwurg. Hy was besig om die
vuurwapen in die eerste voorval in besit te neem toe, volgens sy getuienis, die
skoot afgegaan het. Omdat die verwurging in die tweede
34
voorval nie geslaag het nie, het hy sy mes gebruik om die
oorledene vyf doodsteke in die hart toe te dien. Dit is hy wat by die derde
geleentheid die veiligheidsgordels losgesny het en die oorledene daarmee
vasgebind en verwurg het. Die f eit dat in die drie gevalle
telkens van
uiteenlopende wyses van doodmaak gebruik gemaak is, regverdig die afleiding dat
nr 2 besig was met 'n eksperiment.
Ook sý optrede was dié van ' n psigopaat -koelbloedig, arrogant
en gevoelloos. So byvoorbeeld, nadat Combrink vermoor
is, het hy Combrink se
seilskoene aangetrek, nie omdat hy hulle nodig gehad het of daar iets met sy
skoene verkeerd was nie maar
net om te kyk of hulle pas. Daardie gevoelloosheid
het deurgespoel na die ander geleenthede. Dit walg om te dink dat hy die plate
wat hy in Kruger se motor gekry het aan besonder sy moeder geskenk het. Hoewel
hy beweer dat hy berou gehad het, het die hof daardie
getuienis verwerp en
35
daarmee is ek dit eens. Sy getuienis weerspreek enige teken
van emosie of berou.
Na my oordeel is die volgende aanhaling uit die
uitspraak van Botha AR in
S v Mofokenq
1992 (2) SASV 710(A) 719a-c van
toepassing:
"Ek aanvaar dat 'n 19-jarige misdadiger nie ter dood veroordeel sal word
behalwe in buitengewone omstandighede nie. Ek is egter van
oordeel dat daar in
die huidige saak wel buitengewone omstandighede aanwesig is. Daardie
omstandighede is geleë in die grusaamheid
van die appellant se optrede, wat
aanduidend is van 'n verwronge en boosaardige geestesgesteldheid. Dit blyk ten
dele reeds uit die
appellant se doelgerigtheid met die doodmaak van die
oorledenes en die verwydering van hulle besittings; maar dit blyk veral en ten
duidelikste uit wat die appellant met die liggame van die oorledenes gedoen het
nadat hy hulle vermoor het ..."
Na my oordeel is nr 2 in 'n swakker posisie as wat die beskuldigde Mofokeng
in die aangehaalde saak was.
36
Die kanse op die rehabilitasie van die appellant deur 'n
langtermyn gevangenisstraf is so onbeduidend dat dit nie verder oorweging
verdien nie. Na my oordeel verg die gemeenskapsbelang in hierdie twee gevalle
dat die doodvonnis opgelê moet word. Die persoonlike
omstandighede van die
appellant moet daarvoor wyk. Ek is dus van oordeel dat die doodvonnis op
aanklagte 4 en 6, wat nr 2 betref,
die enigste gepaste vonnisse vir die moorde
is.
Namens die appellante is egter betoog dat die doodvonnis ongrondwetlik is en,
namens die Staat weer, dat die bepalings van art 241(8)
van die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 die saak afgehandel moet word asof die
Grondwet nie aangeneem is
nie. Oor beide vrae het hierdie hof geen jurisdiksie
nie en geleentheid moet dus aan die appellante verleen word om hulle
grondwetlike
regte in die juiste forum te laat bepaal.
37
Die bevel is dus:
(1)
Die appèl teen al
die skuldigbevindings word afgewys.
(2)
Die
appèl teen die vonnisse op aanklagte 1, 3 en 5 slaag en die opgelegde
vonnisse word vervang met die volgende:
(a)
Beskuldigde nr 1: aanklag 1
- 12 jaar; aanklag 3 - 10 jaar; aanklag 5 - 10 jaar. Die vonnisse op aanklagte 3
en 5 loop saam.
(b)
Beskuldigde nr 2: aanklag
1 - 8 jaar; aanklag 3 - 10 jaar; aanklag 5 - 10 jaar. Die vonnisse op aanklagte
3 en 5 loop saam.
(3)
Die appèl teen die
vonnisse op aanklagte 7, 8 en 9 word afgewys.
(4)
Wat die appèl teen die doodvonnis op aanklagte 2, 4 en 6
betref, word die afhandeling van die appèl uitgestel tot 'n
datum deur
die Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal in
afwagting
38
van 'n beslissing van die Konstitusionele Hof ten aansien van
die vraag of die bekragtiging van die doodvonnis deur hierdie Hof in
hierdie
geval konstitusioneel sal wees, in die lig van die bepalings van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 200
van 1993, soos gewysig.
L T C HARMS
APPèLREGTER
HEFER, AR )
) STEM SAAM EKSTEEN, AR )