About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 72
|
|
S v Pekrer (276/93) [1994] ZASCA 72 (24 May 1994)
Saak nr 276/93 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSH0F VAN
SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In
die saak tussen:
COLLIN TREVOR PEKRER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
VAN HEERDEN, F H GROSSKOPF et HARMS ARR.
Verhoordatum:
Lewerinqsdatum:
11 Mei 1994 24 Mei 1994.
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale
Afdeling skuldig bevind op twee aanklagte van moord asook aan roof met
verswarende omstandighede
en poging tot verkragting. Hy is die doodvonnis
opgelê op elkeen van die twee moordklagtes. Vir die roof is hy tot 5 jaar
gevangenisstraf
gevonnis en vir die poging tot verkragting tot 10 jaar
gevangenisstraf. Hoewel die appellant aanvanklik teen sowel die
skuldigbevindings
as die vonnisse op die twee moordklagtes geappelleer het, is
sy appèl nou beperk tot die twee doodvonnisse wat hom opgelê
is.
Dit was 'n bejaarde egpaar wat op 18 Maart 1991 in die slaapkamer van hulle
huis in Seepunt vermoor is. Hulle was beide 79 jaar oud.
Albei is verwurg, die
man met 'n das wat drie maal baie styf om sy nek gebind was en toe geknoop was,
en die vrou met 'n serp wat
twee keer
3
baie styf om haar nek gedraai en toe geknoop was. Die man se
hande was met 'n das aanmekaar gebind gewees, en so ook sy voete by die
enkels.
Daar is 'n lang skerp vleismes langs hom op die bed gevind, maar die enigste
besering wat daardeur veroorsaak kon gewees
het, was 'n snywond aan die man se
linkerduim.
Dit blyk uit sekere erkennings wat by die aanvang van die verhoor
gemaak is dat die oorledenes se dogter hulle omstreeks 20:15 die
aand gebel het
en dat hulle toe nog televisie gekyk het. Die getuienis dui daarop dat hulle
binne 'n halfuur nadat hulle geëet
het, en voordat hulle gaan slaap het, in
hulle slaapkamer oorval en vermoor is. Die boosdoener se aanvanklike oogmerk was
klaarblyklik
roof, maar dit het toe uitgeloop op die sinnelose moord van hierdie
twee weerlose ou mense.
Die appellant se vingerafdrukke is op die deurkosyne van die twee slaapkamers
in die huis gevind. Die appellant het dan ook by die
aanvang van die verhoor
4
erken dat hy die betrokke aand in die huis van die oorledenes
aanwesig was. Hy het egter aangevoer dat hy nie op sy eie soontoe is
nie, maar
dat hy saam met 'n sekere Igshaan Herman na die huis gegaan het. Hierdie Herman
was 'n staatsgetuie. Hy het ontken dat
hy enige kennis van die misdade dra.
Volgens sy getuienis het hy die appellant slegs van sien geken. Hy het
uitdruklik ontken dat
hy ooit by die oorledenes se huis was, hetsy saam met die
appellant of alleen. Hy weet nie eens waar die huis geleë is nie.
Geen van
die vingerafdrukke wat in die huis gevind is, het Herman met die misdade verbind
nie. Die Hof
a quo
het Herman se getuienis dat hy nie daar was nie,
aanvaar.
Die appellant het getuig dat hy die betrokke aand vir Herman op die Parade
ontmoet het en dat hy toe op uitnodiging van Herman saam
met hom na die huis in
Seepunt gegaan het. Herman het hom laat verstaan dat hy daar woon en dat hy net
gou wou gaan verklee. Die
appellant het beweer dat hyself dronk was en dat hy
niks
5
vreemds die aand by die huis agtergekom het nie. Hierdie weergawe
van die appellant was in die lig van al die getuienis so ongeloofwaardig
en
vergesog dat die Hof a
(quo
bevind het dat dit nie redelik moontlik waar
kan wees nie. Die appellant se getuienis was trouens so swak dat die Hof a
qu
o
dit onomwonde en in die geheel as vals verwerp het. Die appellant se
poging om Herman valslik by die pleging van die misdade te betrek
en om die
skuld op hom te pak, het gevolglik misluk. Die appellant het dus vals inligting
omtrent die identiteit van sy beweerde
mededader aan die Hof
a quo
verstrek. Die enigste redelike afleiding is dat daar inderdaad geen mededader
was nie. Die appellant kan tog nie in die alternatief
aanvoer dat daar nogtans
'n redelike moontlikheid bestaan dat daar 'n ander ongeïdentifiseerde
persoon teenwoordig was toe die
misdade gepleeg is nie. Die Hof
a quo
was
inderdaad nie bereid om te spekuleer oor die moontlike teenwoordigheid van so 'n
ander persoon nie. Gevolglik sou dit myns insiens
ook geen doel dien om te
spekuleer
6
oor die rol wat die appellant moontlik by die pleging van die
misdade sou gespeel het indien daar wel so 'n denkbeeldige mededader
teenwoordig
was nie. Die vraag of die doodvonnisse die enigste gepaste vonnisse was, moet
dus beoordeel word in die lig van die bewese
feite, naamlik dat die appellant
alleen vir die pleging van die misdade verantwoordelik was.
Die appellant se advokaat het by die aanvang van die verhoor in hierdie Hof
betoog dat die oplegging van die doodvonnis onkonstitusioneel
is in die lig van
die bepalings van arts 9 en 11(2) van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika 200 van 1993 soos gewysig,
("die Grondwet"), wat op 27 April 1994 in
werking getree het. Die respondent se advokaat het hom daarenteen op die
oorgangsbepalings
van art 241(8) van die Grondwet beroep. Daar sal later na
hierdie aspek teruggekeer word nadat daar beslis is of die doodvonnisse
op
meriete bekragtig behoort te word.
Na my oordeel is daar slegs enkele
7 strafversagtende faktore wat in ieder geval nie veel gewig dra nie. Die
appellant was weliswaar nog redelik jonk toe hy hierdie
misdade gepleeg het,
naamlik 21 jaar en 8 maande. Hoewel hy destyds drie vorige veroordelings gehad
het, was die appellant nie voorheen
aan enige geweldsmisdaad skuldig bevind nie.
Hy het wel voorheen 'n termyn van gevangenisstraf uitgedien nadat hy in 1989 tot
30
maande gevangenisstraf gevonnis is vir huisbraak met die opset om te steel en
diefstal. Die appellant se advokaat het sy problematiese
kinderjare en
agtergrond as 'n verdere strafversagtende faktor beklemtoon. Dit slaan veral op
die probleme wat daar later tussen
die appellant en sy stiefpa ontstaan het. Dit
blyk egter uit die getuienis van die appellant se moeder dat sy hom deurgaans
met liefde
ondersteun en gehelp het en dat sy hom 'n goeie opvoeding gegee het.
Wat die appellant se beweerde dronkenskap betref, het die Hof
a quo
myns
insiens tereg bevind dat sterk drank geen rol by die pleging van die misdade
gespeel het nie.
8
Die strafverswarende faktore is voor die hand liggend en beslis van veel
groter gewig as die enkele strafversagtende faktore. Die
appellant het die huis
wederregtelik in die nag betree met roof as oogmerk. Hy het die twee weerlose ou
mense in hulle slaapkamer
oorval en hulle daar sonder genade en met direkte
opset wreed vermoor, waarskynlik slegs om latere uitkenning te verhoed.
Hierdie Hof het reeds by herhaling beslis dat die gemeenskapsbelang in
dergelike omstandighede swaar weeg, en dat afskrikking en vergelding
sterk na
vore tree wanneer die hoof oogmerke van straftoemeting in sulke gevalle oorweeg
word. Hoewel die moontlikheid van die appellant
se rehabilitasie sekerlik nie
buite rekening gelaat kan word nie, moet dit egter ook in gedagte gehou word dat
die appellant hierdie
misdade gepleeg het skaars 'n maand nadat hy op parool
vrygelaat is.
In die lig van die voorgaande oorwegings is ek van oordeel dat die
doodvonnisse vir die twee moorde die
9
enigste gepaste straf vir die appellant is, en was dit nie vir
die bepalings van die Grondwet nie, sou hierdie Hof die appêl
afgewys het
en die doodvonnisse bekragtig het. Weens die bepalings van art 101(5), gelees
met art 98(2) van die Grondwet het die
Konstitusionele Hof uitsluitlike
jurisdiksie ten aansien van die vrae wat ontstaan rondom die konstitusionaliteit
van die doodvonnis
en die oplegging daaryan. Die Staat steun weliswaar op die
oorgangsbepalings vervat in art 241(8) van die Grondwet, maar aangesien
daar
meer as een moontlike uitleg van hierdie artikel bestaan, is dit wenslik dat die
vertolking daarvan ook aan die Konstitusionele
Hof oorgelaat word. Dit volg dus
dat die huidige appél nie afgehandel kan word totdat die Konstitusionele
Hof uitsluitsel
oor hierdie vrae gegee het nie.
10
Die afhandeling van die appèl teen die doodvonnisse
word gevolglik uitgestel na 'n datum wat deur die griffier in oorleg met
die
Hoofregter bepaal sal word.
F H GROSSKOPF AR
VAR HEERDEN AR)
HARMS AR) Stem saam