About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 70
|
|
Snyman v Snyman (25/1992) [1994] ZASCA 70 (20 May 1994)
LL
Saak No 25/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
JOHANNES PAULUS SNYMAN
Appellant
en
HESTER SNYMAN
Respondente
CORAM
: BOTHA, KUMLEBEN ARR et NICHOLAS Wnd AR
DATUM VAN VERHOOR
: 2 MEI 1994
DATUM REDES VERSTREK
: 20 MEI 1994
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2 Op 2 Mei 1994 het die Hof 'n
bevel uitge-reik waarvolgens die appellant se aansoek om kondona-sie van die
nie-nakoming van die Reëls
van hierdie Hof van die hand gewys is met koste,
insluitende die koste van die appèl en die koste van twee advokate. Daar
is toe aangedui dat die redes vir die bevel later verstrek sou word. Hier volg
hulle.
Die versuim om aan die Reëls te voldoen, het betrekking
op die indiening van die oorkonde by die Griffier, ingevolge Reël
5(4).
Soos weldra sal blyk, is 'n oorkonde aanvanklik betyds ingedien, maar dit was
gebrekkig; dit is later (baie later) in die geheel
vervang deur 'n
nuut-saamgestelde oorkonde; en nog later is een volume daarvan weereens vervang.
Die appellant het self geen skuld
aan hierdie verloop van sake nie. Dit is
uitsluitlik te wyte aan die prokureurs wat namens hom opgetree het. Wat dit
betref, het
NESTADT AR soos volg opgemerk, in
3
Tshivhase Royal Council and Another v Tshivhase
and
Another
;
Tshivhase and Another v Tshivhase
and
Another
[1992] ZASCA 185
;
1992 (4) SA 852
(A) op 859E-F:
"This Court has often said that in cases of flagrant breaches of the Rules,
especially where there is no acceptable explanation therefor,
the indulgence of
condonation may be refused whatever the merits of the appeal are; this applies
even where the blame lies solely
with the attorney (see, for example,
P E
Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty)
Ltd
1980 (4) SA 794
(A) at
799D-H)."
Hierdie benadering is onlangs
weer toegepas in
Blumenthal and Another v Thomson NO and
Another
1994
(2) SA 118 (A) op 121I-122B.
In die huidige geval het die onvermoë van
die appellant se prokureurs om 'n behoorlike oorkonde
saam te stel en in te dien verregaande afmetings
aangeneem,
en is geen aanvaarbare verduideliking
daarvan aangebied nie. Die
opvallendste kenmerk van
die aansoek is dat daar ten opsigte van
sommige
4 aspekte van die prokureurs se optrede verduidelikings
gegee is wat hopeloos ontoereikend is om die Hof in staat te stel om te begryp
wat werklik gebeur het, en dat daar in ander opsigte van hulle optrede, wat van
wesenlike belang is vir die beregting van die aan-soek,
geen poging eers
aangewend is om enige verdui-deliking hoegenaamd aan te bied nie. Met inagneming
van die welbekende algemene oorwegings
wat in aan-soeke van hierdie aard
toepaslik is (sien bv
Federa-ted Employers Fire & General Insurance Co
Ltd and Another v McKenzie
1969 (3) SA 360
(A) op 362F-H), is die huidige 'n
geval waar kondonasie geweier moes word sonder dat daar ingegaan word op die
appellant se vooruitsig
op sukses in die appèl.
Dit is
onnodig om al die besonderhede uiteen te sit van die droewige beeld van die
proku-reurs se optrede wat uit hulle beëdigde
verklarings in die aansoek na
vore kom. Die aansoek verdien
5 inderwaarheid nie meer as kortaf
behandeling nie. Ek volstaan dus met enkele hooftrekke.
Die
uitspraak in die aksie tussen die partye, wat in die Afdeling Kaap die Goeie
Hoop verhoor is, is gelewer op 8 November 1991. Daarna
het die appellant aansoek
gedoen om verlof om te appelleer. Op 12 Desember 1991 het die verhoorregter 'n
uitspraak gelewer waarin
verlof toegestaan is om na hierdie Hof te appelleer.
Die respondent se prokureur het skriftelik toegestem tot 'n verlenging van die
tyd waarbinne die oorkonde ingedien moes word, tot 10 April 1992. Die appellant
se Kaapstadse prokureur, mnr Wood, het die taak op
hom geneem om self die
oorkonde te probeer saamstel. Op 9 April het Wood die resultaat van sy poging
versend aan mnr Buchner, die
appellant se prokureur in Bloemfontein. Die
kronologiese verloop van die gebeure daarna, soos dit blyk uit die stukke, was
soos volg:
6
(1)
10 April 1992:
Die oorkonde wat saamgestel is deur Wood word, in die tydelike afwesig-heid van
kantoor van Buchner, deur laasge-noemde
se sekretaresse ontvang en ingedien by
die Griffier, wat dit
aanvaar.
(2)
25 Augustus
1992: Buchner word deur die Griffier se kantoor in kennis gestel dat die aansoek
om verlof om te appelleer en die verhoorregter
se uitspraak daarop nie in die
oorkonde gevind kan word nie, en hy word versoek om aandag daaraan te
gee.
(3)
28 September 1992:
Buchner dra hierdie inligting oor aan Wood en versoek hom om die ontbrekende
dokumente beskikbaar te
maak.
(4)
30 November 1992:
Wood gaan met verlof vir twee maande, met instruksies aan 'n kandidaat-prokureur
op sy staf om in sy
7 afwesigheid aandag te
gee aan die oor-konde.
(5)
2 Desember
1992: Buchner rig 'n skrywe aan Wood waarin hy berig dat hy die oorkonde
nagegaan het en op talle probleme afgekom het.
'n Lang memorandum word aangeheg
met 'n lys van talle foute en tekortkominge in die
oorkonde.
(6)
19 Januarie
1993: Buchner rig 'n skrywe aan Wood waarin hy verwys na die groot aantal
probleme in die oorkonde en sê dat die
foute nie reggestel kan word
voordat opdragte ontvang word ten opsigte van die memorandum van 2 Desember 1992
nie.
(7)
21 Februarie 1993:
Buchner en Wood kom ooreen dat die oorkonde nie reggestel kan word deur net
verbeteringe daaraan aan te bring nie,
en dat Buchner van vooraf
aan
8 opnuut die oorkonde sal voorberei en
saam-stel.
(8)
13 Julie 1993:
Buchner stuur afskrifte van die nuut opgestelde oorkonde aan
Wood.
(9)
1 September 1993:
Die nuwe oorkonde word by die Griffier ingedien, tesame met 'n versoekskrif van
Wood waarin gevra word om kondonasie
van die laat indiening van 'n behoorlike
oorkonde.
(10)
2 September
1993: Die Griffier gee kennis aan die partye dat die appellant se betoogshoofde
ingedien moet word voor 26 Oktober 1993
en die respondent s'n voor 30 Desember
1993.
(11)
Voor 26 Oktober
1993 (die presiese datum is onbekend) verwittig die advokaat wat opge-dra is om
die appellant se betoogshoofde op
te stel vir Wood dat die nuwe
oorkonde
9 steeds in verskeie opsigte nie
voldoen aan die voorskrifte van Reël 5 nie, dat die gebreke onverwyld
reggestel moet word, dat
die eerste versoekskrif om kondonasie ontoereikend was,
en dat 'n nuwe versoek-skrif onmiddellik ingedien moet word.
(12)
25 November
1993: 'n Tweede versoekskrif om kondonasie word by die Griffier inge-dien,
hierdie keer van die appellant self (hy het
toe pas vir die eerste keer verneem
van die probleme met die oorkonde). Aange-heg daarby is 'n beëdigde
verklaring van Wood
en afskrifte van die eerste petisie en al die aanhangsels
daarby.
(13)
11 Januarie
1994: Die Griffier stel die partye in kennis dat die appèl ter rolle
geplaas is vir verhoor op 2 Mei
1994.
(14)
31 Januarie 1994:
Volume 18 (die laaste
10 band) van die
oorkonde in die Griffier se kantoor word vervang deur 'n nuwe volume 18. (15) 20
April 1994: Buchner dien by die
Grif-fier 'n inhoudsopgawe in van die stukke van
die tweede versoekskrif (wat, met die bestrydende veklarings, altesaam 91
bladsye
beslaan wat nie agtereenvolgens genommer is nie), tesame met 'n brief
waarin versoek word dat 'n afskrif gestuur moet word aan elk
van die
voorsittende regters, met die oog op die appêl wat aangehoor staan te word
op 2 Mei 1994.
Soos uit die voorgaande opsomming blyk, was die
eerste oorkonde, wat Wood voorberei het, in so 'n mate defektief dat dit in die
geheel
vervang moes word. Wood sê dat hy sedert 1963 praktiseer en dat hy
uitgebreide ondervinding het van litigasie in die
11 landdroshof en
die Hooggeregshof, maar dat hy nie tevore ervaring gehad het van die
voorbereiding van 'n oorkonde vir 'n appèl
in hierdie Hof nie. Gebrek aan
ervaring is op sigself nie 'n geldige verskoning nie (sien bv
Blumenthal
se saak
supra
op 121C-D), maar in ieder geval kan dit nie die soort foute
in die oorkonde verklaar wat uiteengesit word in Buchner se memorandum
genoem in
paragraaf (5) hierbo nie. Uit die ellelange lys blyk onder andere die volgende:
die inhoudsopgawe is in talle opsigte sowel
onvolle-dig as foutief; talle
bladsye in die oorkonde is glad nie genommer nie, of verkeerd genommer; die
bladsye is nie deurlopend
genommer nie, maar asof die oorkonde uit verskillende
afdelings bestaan; talle blanko bladsye is ingebind; talle bladsye is
wegge-laat;
talle bladsye is onleesbaar; en so meer. Die beeld is een van
skokkende slordigheid. Dáárvoor het Wood nie eens probeer
om 'n
verduideliking of 'n
12
verskoning aan te bied nie.
Wat die tweede oorkonde betref,
blyk dit uit paragrawe (7) en (8) hierbo dat dit Buchner bykans vyf maande gevat
het om dit voor te
berei. Sy verduideliking van die tydsverloop is ontoereikend.
Hy sê dat die hervoorbereiding 'n "enorme taak" was, maar verstrek
geen
feite waarvolgens die juistheid van hierdie aanspraak getoets kan word nie. Hy
sê dat sy taak bemoeilik is deurdat hy
nie betrokke was by die saak in die
hof
a quo
nie, maar voeg terselfder-tyd by dat, behalwe die dokumentasie
ten opsigte van die aansoek om verlof om te appelleer, geen nuwe dokumente
of
bewysstukke in die gewysigde oorkonde ingevoeg is nie; dit is slegs "gewysig en
aangepas" om te voldoen aan die vereistes ten
opsigte van formaat en gehalte. 'n
Mens kan nie verstaan hoekom die proses so lank geneem het nie. Daarbenewens was
die nuwe oorkonde
steeds in verskeie opsigte defek-
13 tief, soos
blyk uit paragraaf (11) hierbo. Buchner sê niks van die foute wat die
advokaat gevind het nie (daar is nie 'n
nuwe verklaring van hom by die tweede
versoekskrif nie). Wood verwys slegs na die advokaat se advies, sonder om te
verduidelik wat
die foute is. Terwyl hy nie die Hof daaroor in sy vertroue neem
nie, verklaar hy eenvoudig dat sommige van die foute nie reggestel
kan word
sonder om weereens die hele oorkonde te vervang nie, en dan sê hy: "Due to
the unfortunate history of this matter
this option ap-pears to be unviable as it
will result in further delay and will prejudice all parties." Die implika-sie is
dat hierdie
Hof genoeë moet neem met 'n defek-tiewe oorkonde sonder dat hy
ingelig word oor wat die defekte is en hoe hulle ontstaan het.
So 'n benader-ing
kan nie gedoog word nie.
Vir die vertragings tussen die ander
ge-beure wat genoem word in die genommerde paragrawe van
14
die opsomming hierbo word daar merendeels geen ver-staanbare of
aanvaarbare verduideliking gegee nie. Byvoorbeeld: ten opsigte van
die maand wat
verloop het tussen (2) en (3) sê Buchner slegs dat hy ge-durende September
1992 sy opwagting by die Griffier
gemaak het om hom "van die probleem met die
oorkonde te vergewis"; ten opsigte van die twee maande tussen (3) en (4)
sê Wood
dat hy gedink het die ontbrekende dokumente kan maklik net
bygevoeg word, maar hy rep geen woord van hoekom hy niks daaraan gedoen
het nie;
van die maand en 'n half tussen (8) en (9) sê Wood net dat hy die nuwe
oorkonde deurgelees het en 'n versoekskrif
van stapel gestuur het; en ten
opsigte van die inhoudsopgawe in (15) word niks deur Buchner of Wood gesê
oor hoekom dit eers
kort voor die ver-hoor van die appèl ingedien is, op
'n stadium toe dit te laat was om die stukke wat by die regters was te
nommer en
die inhoudsopgawe dus van geen werklike nut
15 was
nie.
Ten slotte openbaar die vervanging van volume 18 van die
oorkonde op 31 Januarie 1994 (para-graaf(14) hierbo) die ernstigste pligsversuim
van die appellant se prokureurs, wat ten sterkste veroordeel moet word. In die
nuwe volume 18 is die uitspraak van die hof
a quo
op die aansoek om
verlof om te appelleer vir die eerste keer in die oorkonde opge-neem. Soos ons
reeds gesien het (paragrawe (2)
en (3)), het die Griffier reeds op 25 Augustus
1992 hieroor navraag gedoen en het Buchner op 28 September 1992 vir Wood daarvan
in
kennis gestel. Die onver-klaarde vertraging om die betrokke uitspraak in die
oorkonde te kry, is erg genoeg, maar daar is 'n verdere
aspek daaraan verbonde
wat ontstellend is. Toe die nuwe oorkonde wat deur Buchner voorberei is, op 1
September 1993 by die Griffier
ingedien is, het dit gepaard gegaan met 'n brief
van Buchner aan die
16
Griffier, gedateer 31 Augustus 1993, waarin die
volgende gesê word:
"Volgens ons instruksies bestaan daar nie 'n Uitspraak ten opsigte van die
Aansoek om Verlof tot Appêl nie, en ter bevestiging
hiervan heg ons aan
afskrif van skrywe ontvang vanaf ons korrespondent, mnre Ince, Wood en
Raubenheimer, die inhoud wat spreek vir
sigself:"
Die skrywe van Wood, wat aangeheg
is en ook gedateer
is 31 Augustus 1993, lui soos volg:
"We refer to the above matter and confirm that apart from the Court Order
granting leave to appeal on pages 1287 and 1288 of the Amended
Record, no other
judgment or court order regarding the granting of leave to appeal was
made."
Dit is verstommend dat Wood so 'n
verkeerde stelling
kon gemaak het. Die betrokke uitspraak was nie
'n
blote formaliteit nle; dit beloop 12 bladsye en bevat
'n breedvoerige bespreking van sowel die redes waarom
verlof
toegestaan is as van tussentydse bevele
rakende die opskorting en
tenuitvoorlegging van
17 onderskeie gedeeltes van die regshulp wat
in die hoofuitspraak verleen was. Dit is duidelik dat die verkeerde inligting
verstrek
is in antwoord op 'n navraag van die Griffier ten opsigte van die nuwe
oorkonde wat aangebied is, en die afleiding moet gemaak word
dat die Griffier
nie die nuwe oorkonde sou aanvaar het sonder die uitspraak en sonder daar-die
inligting nie. Wood en Buchner moes
albei bewus gewees het van die Griffier se
standpunt. Ten spyte daarvan het nie een van hulle die skrywes van 31 Augustus
1993 onder
die aandag van hierdie Hof ge-bring ten einde die fout te verduidelik
of verskoning daarvoor aan te bied nie (die skrywes is deur
die Griffier voor
die Hof geplaas). Instede daarvan word volume 18 eenvoudig vervang deur 'n nuwe
volume waarin sekere dokumente
weggelaat word (hoofde van argument in die hof
a quo
) en die uitspraak ingevoeg word; die bladsye word hernommer op so
'n manier dat
18 die verwysings in die advokate se betoogshoofde in
die appél na gedeeltes van die hoofuitspraak
a quo
in dieselfde
volume nie opgevolg kan word nie. vir die gepeutery met die oorkonde op so 'n
laat stadium van die prosedure word nie
alleen geen verduideliking verskaf en
geen kondonasie aangevra nie; inteendeel swyg mnre Buchner en Wood daaroor en
laat die Hof
volkome in die duister oor wat hulle gedoen het. Hulle optrede in
hierdie opsig is onverskoonbaar en kan nie gekondoneer word nie.
Om
die voorgaande redes is die bevel uit-gereik wat aan die begin van hierdie
uitspraak genoem is .
A S BOTHA AR
KUMLEBEN AR
STEM SAAM
NICHOLAS Wnd AR