About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 65
|
|
S v Kate (343/92) [1994] ZASCA 65 (17 May 1994)
Saak no 343/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak tussen
WAKE RONTANE KATE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, NESTADT et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 6 MEI
1994
GELEWER
: 17 MEI 1994
UITSPRAAK
HEFER AR
/...
6.
HEFER AR
:
Wat in hierdie appèl - gemik teen die appellant se
skuldigbevinding aan moord en die opgelegde vonnis van twintig jaar
gevangenisstraf
-hoofsaaklik ter sprake is, is die toelaatbaarheid van 'n
bekentenis wat hy, na sy arrestasie en aanvanklike ondervraging deur die
polisie, aan 'n landdros gemaak het en by die verhoor toegelaat is. In geskil is
die effek van die versuim deur die polisie en die
landdros wat die bekentenis
afgeneem het om die appellant te verwittig van sy reg op regsverteenwoordiging
ooreenkomstig art 73(1)
van die Strafproseswet 51 van 1979.
In eerste
instansie moet opgemerk word dat die geskil nie beslis kan word, soos appellant
se advokaat aangevoer het, op grond van
algemene beginsels van billikheid en
geregtigheid en die onbetwisbare aanspraak van 'n aangeklaagde op
'n
3
regverdige verhoor nie. In
S v Rudman and
Another
;
S v Mthwana
1992(1) SA 343 (A) op 377 B-D
het hierdie hof daarop gewys
dat
"[the] Court of Appeal does not enquire whether the trial was fair in accordance
with 'notions of basic fairness and justice', or
with 'the ideas underlying ...
the concept of justice which are the basis of all civilized systems of criminal
administration'. The
enguiry is whether there has been an irregularity or
illegality, that is a departure from the formalities, rules and principles of
procedure according to which our law requires a criminal trial to be initiated
or conducted. It is true that those formalities, rules
and principles have been
designed to ensure a fair trial, but DIDCOTT J was in error when he said that an
irregularity encompassed
every flaw in the way a criminal trial is run which
renders it truly unfair."
Daarom gaan dit nie om die
vraag of die versuim om
'n aangehoudene in te lig oor sy reg op
regsverteenwoordiging billik of onbillik in 'n
algemene sin is nie, maar wel om die vraag of so 'n
versuim strydig is met
die reëls en beginsels van
4
die geldende reg ten aansien van die prosedure voor en tydens 'n
verhoor.
Vir huidige doeleindes is dit nie nodig om 'n besliste antwoord op
hierdie vraag te verskaf nie aangesien, soos aanstons sal blyk,
die versuim in
die onderhawige geval die appellant nie tot voordeel kan strek nie. Ek sê
dit op grond daarvan dat hierdie hof
reeds op twee geleenthede - in S v
Mabaso and Another
1990(3) SA 185 op 205 D-E en in S
v Rudman
supra
op 382 C-H - met goedkeuring verwys het na die beslissing in
S v
Radebe
,
S v Mbonani
1988(1) SA 191 (T) waarin aangedui is dat die
versuim van 'n landdros om die beskuldigde by 'n verhoor te verwittig van sy reg
op
verteenwoordiging nie
per se
as 'n onreëlmatigheid bestempel kan
word nie maar 'n onreëlmatigheid mag uitmaak, afhangende van die feite van
elke besondere
saak. In
Mabaso
, waarin dieselfde beginsel toegepas is ten
opsigte
5
van die versuim van 'n landdros by verrigtinge
ooreenkomstig
art 119 van die Strafproseswet,
verskyn die volgende op 204 C-D:
"Where a general duty rests upon a judicial officer to inform an unrepresented
accused that he has a right to be legally represented,
the failure to discharge
that duty does not inevitably involve the commission of an irregularity in the
judicial proceedings involved.
Whether or not an irregularity has been committed
will always hinge upon the peculiar facts of the case; and it need hardly be
said
that much depends upon the extent of the accused's own knowledge of his
rights."
In 'n geval soos die
onderhawige gaan dit
inderdaad nie om 'n "onreëlmatigheid" in 'n suiwer
geregtelike proses nie; die versuim om die
appellant in te lig het in die voor-verhoor stadium
geskied. Nogtans is ek, in die lig van die
beslissings waarna so pas
verwys is, bereid om
argumentshalwe 'n plig om 'n aangehoudende in te lig
oor sy reg om regsverteenwoordiging te bekom voordat
6
'n bekentenis afgeneem word te aanvaar. Die effek van versuim om dit na
te kom kan egter nouliks anders wees. Op sigself kan dit nie
tot gevolg hê
dat 'n bekentenis
ipso facto
ontoelaatbaar is nie. Alles hang af van die
feite van elke besondere saak (vgl
S v Moiefe and Others
1991(4) SA 266
(E) op 271
I).
In die onderhawige geval blyk dit uit die appellant se kruisondervraging dat
hy, uit hoofde van 'n vorige botsing met die gereg, te
alle tye volkome bewus
was van sy reg op regsverteenwoordi-ging. Boonop het hy bevestigend geantwoord
op die vraag: "Is it because
you had lack of funds that you didn't ask for the
services of a legal representative after your arrest?" Die polisie en die
landdros
kon hom dus niks vertel wat hy nie reeds geweet het nie. Sy advokaat
het aangevoer dat hulle hom moes verwittig het van die moontlikheid
om
7
aansoek te doen om gratis bystand by die Regshulpraad omdat hy, volgens
sy getuienis, nie bewus was van hierdie moontlikheid nie.
Indien aanvaar word
dat hy hieroor ingelig moes gewees het, meen ek egter nie dat dit die saak
enigsins verder neem nie. Sy getuienis
is tereg deur die verhoorhof verwerp as
leuenagtig in alle wesenlike opsigte. Boonop het hy nie te kenne gegee dat hy
van die geleentheid
gebruik sou gemaak het indien hy geweet het van die
moontlikheid om gratis bystand te bekom nie. Inteendeel blyk dit dat hy later
by
die verrigtinge ooreenkomstig art 119 van daardie moontlikheid verwittig is en
dat hy versuim het om die dokumente wat hy vir
daardie doel moes voltooi, in te
vul en terug te besorg. Sy lakonieke verduideliking was: "We (verwysende na hom
en sy vrou) could
not write to fill in those forms. I took those forms to the
jail and I put them there."
8
Die indruk dat sake geensins anders sou
verloop het indien hy vroegtydig verwittig is van
die moontlikheid om by
die Regshulpraad aan te klop
om bystand nie, word verder versterk deur
wat
gebeur het toe hy die bekentenis afgelê het. Hy is
naamlik soos
gewoonlik gewaarsku dat hy nie verplig
was om enige verklaring hoegenaamd af
te lê nie maar
dat, indien hy dit sou doen, dit neergeskryf sou
word
en later as getuienis teen hom gebruik word.
Nadat hy bevestig het dat hy die
waarskuwing
verstaan, is hy gevra waarom hy die verklaring wou
maak. Sy
antwoord was:
"Ek wil 'n volle verklaring maak ek het daardie vroumens doodgemaak want ek
was gekoop."
Gevra hoe hy geweet het dat hy 'n verklaring by die
landdros kon aflê, was sy antwoord:
"Ek het die polisie
gevra
. Toe sê hulle dat as ek wil sal hulle
my 'n kans gee om my verklaring hier te kom aflê."
9
Klaarblyklik
het die moord wat hy gepleeg het, hom
erg gehinder want in die verklaring het
hy te kenne
gegee dat hy van die plaas wou vlug omdat "ek nog
nooit soiets
gedoen het nie en die persoon kom altyd
voor my". Elders het hy beskryf hoe
van die werkers
op 'n naburige plaas hom oorrompel en aan die
polisie
oorhandig het en bygevoeg:
"Ek keer toe nie, ek wil graag mense hê wat my na die polisie kan
vat."
Die indruk is onvermydelik dat hy, nie net
bereid
nie, maar inderdaad begerig was om sy skuld te
beken.
In die lig
van die voorafgaande het die versuim om die appellant in te lig geen effek op
die toelaatbaarheid van die bekentenis nie
en is dit tereg by die verhoor
toegelaat.
Namens die appellant is voorts betoog dat sy skuld nie bo redelike twyfel
bewys is nie omdat
10
sy bekentenis wesenlik afwyk van die bewese feite. Die enigste feit
waarna ons egter verwys is, is dat die oorledene se dood heel
waarskynlik te
wyte was aan 'n gebreekte nek eerder as aan verwurging soos die appellant in the
bekentenis te kenne gegee het. Dit
is myns insiens nie 'n wesenlike afwyking
nie. Na haar dood het die lykskouer skaafmerke aan die oorledene se nek gevind
wat in ooreenstemming
is met die appellant se weergawe dat hy haar verwurg het.
Sy was 'n tenger vrou wat slegs 48kg geweeg het; dat hy nie besef het dat
hy
haar nek in die proses gebreek het nie, doen geen afbreuk aan die aanvaarding
van sy weergawe in die bekentenis nie.
Appellant se advokaat het verder aangevoer dat die verhoorhof foutiewelik
staat-gemaak het op die getuienis van die appellant se vrou
as wesenlike stawing
vir die bekentenis ten spyte daarvan dat dit uitdruklik in die uitspraak
11
vermeld word dat haar getuienis ongeloofwaardig was. Die betoog is
ongetwyfeld korrek maar daar is in elk geval voldoende stawing
van die
bekentenis in ander getuienis. Boonop staan dit buite twyfel dat die oorledene
vermoor is sodat voldoen is aan die vereistes
van art 209 van die
Strafproseswet.
Om hierdie redes kan daar nie ingemeng word met die skuldigbevinding nie.
Die appêl teen die vonnis van twintig jaar gevangenisstraf kan ook nie
gehandhaaf word nie. Appellant se advokaat het bloot
aan die hand gedoen dat die
vonnis buitensporig swaar is. Dit blyk egter uit die bekentenis dat die
appellant met vier beeste gehuur
is om die moord te pleeg. Gedagtig aan die
opmerkings in uitsprake soos
S v Mlumbi en 'n Ander
1991(1) SACR 235 (A)
op 251 g-h en
S v Dlomo and Others
1991(2) SACR 473 (A) op 477 j -
12
478 a, kan hy homself gelukkig dat hy nie die doodvonnis opgelê is
nie.
Die appèl word van die hand gewys.
J J F HEFER AR.
NESTADT AR )
Stem saam VAN DEN HEEVER AR )