S v Loots (65/93) [1994] ZASCA 62 (5 May 1994)

42 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of theft from a parked vehicle — Evidence primarily circumstantial, including eyewitness identification — Appellant's alibi rejected by trial court — Previous conviction for theft considered in sentencing — Appeal dismissed as no misdirection found in trial court's assessment of evidence or sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 62
|

|

S v Loots (65/93) [1994] ZASCA 62 (5 May 1994)

Saaknommer 65/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JACQUES LOOTS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, NIENABER et HOWIE ARR
VERHOOR:
5 Mei 1994
GELEWER:
5 Mei 1994
TRANSKRI
PSI
E
VAN R
ED
ES MONDELING G
EL
EWE
R
IN
DIE OPE HOF OP
3 MEI 1994 D
EUR
HOWIE, AR WAARMEE V
AN
HEERDE
N
AR EN NIENABER AR
SAAMG
E
STEM HET.
2
HOWIE AR,
Die appellant is in 'n Streekhof skuldig bevind aan
diefstal vanuit 'n geparkeerde motor en is 3 jaar gevangenisstraf opgelê.
Sy appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het misluk, so ook sy
daaropvolgende aansoek om verlof om te appelleer. Hy
kom tans in hoër
beroep met verlof van hierdie Hof en appelleer teen beide die skuldigbevinding
en die vonnis.
Die getuienis betreffende die skuldigbevinding was grotendeels
gemene saak.
Drie manspersone het kort voor middernag op 'n Saterdag by die klaer se motor
ingebreek waar dit in 'n straat in Springs geparkeer
gestaan het en verskeie
artikels daaruit gesteel. Die klaer het hulle gesteur toe hulle steeds by sy
motor besig was. Voordat hulie
in hul eie motor 'n VW Jetta, weggejaag het, het
hy die bestuurder
3
met behulp van 'n sterk flitslig vir meer as 30 sekondes onder observasie
gehad terwyl hy gesukkel het om die enjin aan die gang te
kry. In dié
tydperk het die klaer deeglik op die bestuurder se voorkoms gelet en meer in
besonder opgemerk dat in sy herhaalde
pogings om die sleutel in die skakelaar te
kry (wat op die regterkant van die stuurkolom was) die bestuurder voortdurend
van sy linkerhand
gebruik gemaak het en vir hierdie doel sy linkerarm bo-oor die
stuurwiel moes strek. Toe die klaer kort daarna by die polisiestasie
besig was
om die diefstal te rapporteer, het die appellant die aanklagkantoor binnegekom.
Die klaer het hom spontaan en onmiddellik
herken as die bestuurder van die Jetta
en die sersant van die aanklagkantoor, ene Tromp, dienooreenkomstig ingelig. Die
appellant
het dié beskuldiging ontken en het beweer dat hy daar was om
die diefstal van sy eie motor - die einste Jetta - te rapporteer.
4
Sp. Konst. Ludick van die plaaslike voertuiddiefstaleenheid het die Jetta op
die daaropvolgend Maandag in 'n voorstad van Springs
teëgekom. Hy het dit
deeglik ondersoek en geen tekens hoegenaamd gevind dat daar by die Jetta
ingebreek is nie of dat daar enigsins
met die drade gepeuter is of andersins
gepoog is om die motor te steel.
Die appellant het getuig ter ondersteuning
van 'n verweer van alibi. Volgens hom was hy die hele aand by sy woning en het
hy die Jetta
vermis toe hy buite gegaan het om dit in sy motorhuis in te trek.
Hy het erken dat hy en die klaer nooit vir mekaar voor die Saterdag
raakgeloop
het nie en dat die klaer hom nietemin as die bestuurder van die Jetta
onmiddellik uitgeken het. Hy het ook erken dat hy
geen regterhand het nie.
Die verhoorhof het ondanks sekere verskille tussen die klaer en Tromp
aangaande wat eersgenoemde by die polisiestasie gesê het,
tot die slotsom
gekom dat die klaer
5
nie net eerlik was nie maar dat sy uitkenning van appellant geheel en al
betroubaar was. Ludick se getuienis is ook aanvaar. Die appellant
se weergawe,
aan die anderkant, is as vals verwerp.
Namens die appellant is die Staat se
getuienis in heelwat opsigte gekritiseer en is verskeie beweerde moontlikhede
ten opsigte van
die appellant se onskuld voorgestel. Al hierdie aspekte is deur
beide die verhoorhof en die Hof a quo oorweeg. Ek is glad nie daarvan
oortuig
dat die verhoorhof in enige wesenlike opsig misgetas het nie. Inteendeel is ek
oortuig dat die landdros se uitspraak heeltemal
korrek was en dat daar dus geen
fout met die skuldigbevinding gevind kan word nie.
Wat vonnis betref, was die waarde van gesteelde artikels (wat nooit
teruggevind is nie) ongeveer R8 000. Dit het oor die R500 gekos
om die twee
vensters van die klaer se motor te herstel waarby ingebreek is. Appellant
6
is in Oktober 1990 weens winkeldiefstal R500 of 5 maande opgelê en het
die onderhawige misdryf 6 maande daarna gepleeg. In die
huidige geval het die
appellant nie onder druk van versoeking of enigsins impulsief opgetree nie. Die
enigste redelike afleiding
is dat hy en sy makkers die betrokke aand uit was om
hierdie soort diefstal te pleeg. Wat dit nog erger maak is dat hulle as 'n groep
opgetree het. Dit is dus verstaanbaar dat die landdros die saak in h ernstige
lig opgeneem het. Daar bestaan geen rede om met die
straf in te meng nie. Die
appèl word derhalwe van die hand gewys.
C T HOWIE, AR