Louw v W P (Kooperatief) Bpk. and Others (92/93) [1994] ZASCA 54; 1994 (3) SA 434 (AD); [1994] 2 All SA 366 (A) (30 March 1994)

58 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Execution — Appeal — Application for condonation — Appellant's failure to file record of appeal and security for costs timeously — Condonation granted despite shortcomings in explanation — Reasonable prospects of success on appeal deemed sufficient to warrant condonation. Appellant, Louw, sought to appeal against a sequestration order granted in favor of W P (Koöperatief) Bpk, arguing lack of locus standi due to alleged ceded claims to the Landbank. The court found that the cession was invalid due to non-registration, thus affirming the Kooperasie’s standing as a creditor.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 54
|

|

Louw v W P (Kooperatief) Bpk. and Others (92/93) [1994] ZASCA 54; 1994 (3) SA 434 (AD); [1994] 2 All SA 366 (A) (30 March 1994)

SAAKNOMMER : 92/93 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
COENRAAD JOHANNES HENOCH LOUW
teen
W P
(KOÓPERATIEF) BEPERK en 4 ANDER
SMALBERGER, AR:-
SAAKNOMMER : 92/93
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
COENRAAD JOHANNES
HENOCH LOUW
APPELLANT
en
W P (KOöPERATIEF) BPK
1ste
RESPONDENT
E B WALLACE N.O.
2de RESPONDENT
MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
KAAP DIE GOEIE HOOP
3de RESPONDENT
M E VAN DER
RIET
4de RESPONDENT
LAND- EN LANDBOU BANK VAN SUID-AFRIKA
5de RESPONDENT
CORAM
: JOUBERT, HEFER, SMALBERGER,
F H GROSSKOPF, et HOWIE, ARR
VERHOORDATUM
: 14 MAART 1994
LEWERINGSDATUM
: 30 MAART 1994
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:-
Op 15 Augustus 1990 is 'n bevel vir die finale sekwestrasie van die boedel
van Coenraad Johannes Henoch Louw ("Louw") in die Kaapse
Provinsiale
Afdeling
2
toegestaan. Die sekwestrerende skuldeiser was W P (Koöperatief) Beperk,
'n landbou koöperasie behoorlik as sodanig geregistreer
kragtens die
Koöperasie Wet 91 van 1981 ("die Koöperasie"). Louw het teen die bevel
appêl aangeteken. Sy prokureur
het egter versuim om die prokurasie wat hom
gemagtig het om die appèl voort te sit, betyds in te dien. 'n Aansoek om
kondonasie
van sodanige versuim is gevolglik aan hierdie Hof gerig. Die aansoek
is afgewys, hoofsaaklik omdat daar beslis is dat daar geen redelike
vooruitsigte
van sukses op die meriete van die appèl was nie - kyk
Louw v W P
Koöperasie Bpk
1991(3) SA 593(A), welke uitspraak op 28 Maart 1991
gelewer is. Die geskilpunt op die meriete het gegaan oor die beweerde gebrek
aan
magtiging van die persoon wat die sekwestrasie-aansoek namens die
Koöperasie aanhangig gemaak het.
Op 27 Februarie 1992 het Louw onder saak nr 2466/92 'n aansoek in die Kaapse
Provinsiale Afdeling
3
geloods vir die tersydestelling van die
sekwestrasiebevel op die grondslag
dat die Koöperasie
nie destyds
locus standi
gehad het om die
sekwestrasie-
aansoek te doen nie. Daar is beweer dat alle eise wat
die
Koöperasie toentertyd teen Louw gehad het, reeds aan
die Land- en
Landbou Bank van Suid-Afrika ("die
Landbank") gesedeer was. Die aansoek is deur beide
die Koöperasie en
die Landbank teengestaan. Onder
andere is daar deur hulle aangevoer dat dit 'n sessie
was kragtens art
38(1) van die Landbankwet 13 van 1944
("die Wet") en gevolglik "voorwaardelik" was, of aldus
bedoel was.
Na die aanhoor van die aansoek deur KüHN, R, maar voordat die geleerde
Regter uitspraak gelewer het, het Louw onder saak nr 9266/92
'n dringende
aansoek in die hof
a quo
gebring vir verlof om verdere getuienis aan te
voer. Die beoogde doel van sodanige getuienis was om aan te toon dat, sou die
sessie
'n voorwaardelike
4
een wees, die voorwaarde reeds vervul was en die sessie dus in werking getree
het. Verlof is ook aangevra om 'n gedeelte van 'n hofrekord
in 'n ander saak
voor te lê ten einde sekere bewerings wat namens die Landbank gemaak is,
te weerlê.
Op 23 Oktober 1992 is Louw se aansoek in saak nr 2466/92
deur KüHN, R, van die hand gewys. Die grondslag van sy beslissing was
dat
enige sessie van vorderingsregte wat deur verband verseker is, nie sonder
registrasie van die sessie van die verband kan geskied
nie. Aangesien geen
registrasie van die dekkingsverbande plaasgevind het nie, was daar nie 'n
geldige sessie nie. Aan die hand van
hierdie gevolgtrekking is terselfdertyd
bevind dat die aansoek om die ontvangs van verdere getuienis nie langer ter sake
was nie
en is die aansoek in saak nr 9266/92 bygevolg afgewys.
Louw het verlof tot appêl aangevra in beide
5
sake nr 2466/92 en nr 9266/92. Op 18 Februarie 1993 het KüHN, R, verlof
aan Louw verleen om appèl aan te teken in saak
nr 2466/92. Geen uitspraak
is gelewer ten opsigte van die aansoek in saak nr 9266/92 nie. Daar is blykbaar
ook geen stappe gedoen
om uitspraak te verkry nie. Die aangeleentheid is
eenvoudig daar gelaat.
Luidens Appèlhofreël 5(4)(c) moes die oorkonde in die
appèl in saak nr 2466/92 op of voor 17 Mei 1993 geliasseer
gewees het.
Louw het versuim om die oorkonde betyds in te dien. Hy het ook nagelaat om
volgens die bepalings van Appèlhofreël
6(2) sekuriteit te stel met
betrekking tot die Kooperasie en die Landbank se koste van appèl (of
betyds aansoek te doen om
vrystelling van sy verpligting in die verband). Die
oorkonde in saak nr 2466/92 is op 20 Julie 1993 (ongeveer twee maande laat)
geliasseer.
Op dieselfde datum is 'n lywige aansoek (in die vorm van 'n
petisie)
6
ingedien waarin kondonasie vir die laat liassering van die oorkonde, en die
versuim om sekuriteit te stel, aangevra is, sowel as vrystelling
van die
verpligting om sekuriteit te verskaf. Die aansoeke beliggaam in die petisie is
vir beredenering na hierdie Hof verwys. Weens
die verloop van gebeure het die
aansoek om vrystelling van die verpligting om sekuriteit te verskaf akademies
geword. Die verskaffing
van sekuriteit in 'n geval soos die onderhawige'het dit
ten doel om te verseker dat 'n respondent sy koste van appél sal kan
verhaal (indien nie ten volle nie, dan ten minste grotendeels) ingeval die
appèl nie slaag nie. Indien sekuriteit vereis word,
behoort dit dus voor
die aanhoor van 'n appèl gestel en verskaf te word andersins beantwoord
dit nie aan sy doel nie. Insgelyks
behoort 'n aansoek om ontheffing van die
verpligting om sekuriteit te verskaf voor die aanhoor van die appèl bereg
te word.
Aangesien daar reeds oor die meriete
7
van die onderhawige appél betoog is (en in dié sin die
appél reeds aangehoor is), sou dit van geen praktiese
nut wees om
uitsluitsel oor die aansoek te gee nie. Wat die koste ten opsigte daarvan
betref, val dit saam met, en vorm dit deel
van, die koste van die aansoek om
kondonasie, waarmee later gehandel sal word. Bogemelde opmerkings is gemaak op
die veronderstelling
dat dit vir Louw nodig was om ingevolge
Appélhofreël 6 sekerheid te verskaf - 'n aangeleentheid waaroor ek
dit nie nodig
vind om my uit te laat nie.
Wat die aansoek in die hof
a quo
in saak nr 9266/92 betref, die
volgende opmerkings: Soos reeds daarop gewys, is verlof tot appêl nooit
van KúHN, R,
verkry teen sy afwysing van die aansoek nie. Om hierdie
probleem te oorkom, is aanvanklik namens Louw betoog, met 'n beroep op die
bepalings van art 22(a) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, dat
hierdie Hof in iedere geval ontvanklik behoort te wees
vir die
8
beoogde getuienis waarna in saak nr 9266/92 verwys is. Daar dien egter nie 'n
substantiewe aansoek voor ons vir die ontvangs van sodanige
getuienis nie. Mnr
Blignault, wat namens Louw verskyn het, was gevolglik genoodsaak om te aanvaar
dat ons nie geregtig was om op
die verdere getuienis ag te slaan nie. In iedere
geval het mnr Blignault te kenne gegee dat, wat betref die twee
getuienis-aspekte
waarmee die aansoek gehandel het, die een nie sy saak enigsins
verder sou voer- nie, en dat hy net tot 'n baie beperkte mate op die
ander wou
steun. Na my mening sou daardie aspek van die getuienis egter geensins Louw se
saak op die meriete bevorder het nie. Die
getuienis waarna in saak nr 9266/92
verwys is, kan en moet dus buite rekening gelaat word.
Sover dit die aansoek om kondonasie aangaan, is dit geykte reg dat van Louw
verwag word om voldoende en bevredigende redes aan te
voer vir die nie-nakoming
van die betrokke Appèlhofreëls alvorens kondonasie
9
toegestaan sal word (
Meintjies v H D Combrinck (Edms) Bpk
1961(1) SA
262(A) op 264A-B). Terselfdertyd moet hy ook aantoon dat hy redelike
vooruitsigte op welslae in die appèl het.
Van al die relevante faktore
wat by 'n aansoek om kondonasie oorweging geniet, is vooruitsigte op welslae oor
die algemeen die belangrikste
enkele een (vgl
South African Allied Workers'
Union (In Liquidation) and Others v De Klerk NO and Another
1992(3) SA 1(A)
op 4F-G). Ofskoon Louw se verduideliking met betrekking tot sy versuim om die
appèlrekord betyds in te dien
(asook sy versuim om betyds aansoek te doen
vir die opheffing van sy verpligting om sekuriteit te verskaf) in sekere opsigte
tekort
skiet, is dié tekortkominge nie sodanig dat ons geregtig sou wees
om sy aansoek om kondonasie af te wys nie, ongeag die bestaan
van redelike
vooruitsigte op sukses. Die bestaan al dan nie van sulke vooruitsigte sal dus
deurslaggewend wees wat die kondonasie-aansoek
10
betref. Gevolglik kan daar voortgegaan word om die
meriete van die
appèl te oorweeg.
Op 7 Desember 1989 het die Kooperasie en die
Landbank 'n skriftelike sessie ooreenkoms ("die
sessieakte") aangegaan. Die opskrif daarvan lees:
"SESSIE VAN ONBETAALDE AANDELEKAPITAAL, VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEID EN
SKULDE KRAGTENS ARTIKEL AGT-EN-DERTIG VAN WET NR. 13 VAN
1944"
Kragtens die sessieakte het die Koöperasie aan die
Landbank sedeer
"al die koöperasie se regte en aanspraak op en belang by:
a.
b
c. die bedrag van skulde wat nou aan die koöperasie verskuldig is of
later verskuldig mag word."
Die sessie is gegee as sekuriteit vir 'n voorskot van
R150 000 000 en
"in die algemeen as sekuriteit vir enige bedrag verskuldig of wat later deur
die koóperasie aan die Bank verskuldig mag wees".
11
Dit is gemene saak dat (1) sessies met ooreenstemmende bepalings in vorige
jare deur die Koöperasie aan die Landbank gegee is;
(2) die sessieakte
geldig en bindend was op 15 Augustus 1990 toe die Koöperasie aansoek gedoen
het om Louw se sekwestrasie;
(3) die skulde waarna in die sessieakte verwys is
dié van Louw teenoor die Koöperasie ingesluit het; (4) Louw se
genoemde
skuld versekureer is deur vier dekkingsverbande ten gunste van die
Koöperasie oor van sy onroerende eiendom; en (5) geen registrasie
van enige
sessie van die dekkingsverbande ten gunste van die Landbank geskied het nie.
KüHN, R, het bevind, steunende op
Lief NO v Dettmann
1964(2) SA
252(A), dat die sessieakte nie 'n geldige en effektiewe oordrag van die
Koöperasie se deur verband versekerde vorderingsregte
teen Louw aan die
Landbank bewerkstellig het nie aangesien registrasie van die sessie van die
dekkingsverbande in die Aktekantoor
12
nie geskied het nie. Gevolglik was die Koóperasie ten
tye van die
sekwestrasie-aansoek nog Louw se skuldeiser
en met die nodige
locus
standi
beklee. Die geleerde
regter het die meerderheidsuitspraak in
Lief NO v
Dettmann
vertolk as sou daar uitgegaan gewees het van
die standpunt
"dat die onderliggende skuld en die saaklike sekuriteitsreg wat uit
registrasie van die verband voortvloei onlosmaaklik met mekaar
verbind is en dat
in die geval van ' n sessie van 'n versekerde skuld beide die persoonlike reg
wat uit die onderliggende skuld verhouding
ontstaan en die saaklike
sekuriteitsreg wat uit die verband ontstaan saam oorgedra moet word. Andersom,
die twee is onafskeidbaar
met mekaar verbind en die een kan nie sonder die ander
oorgedra word nie".
Dit wil voorkom asof dit sy siening was dat
vorderingsregte wat deur verband verseker is in alle
gevalle by wyse van regswerking onafskeidbaar verbind is
met die saaklike sekerheidsreg voortvloeiende uit die
verband, ongeag die bedoeling van die partye. Ek is
nie oortuig dat
Lief NO v Dettmann
vatbaar is vir so 'n
13
eng vertolking of dit noodwendig ondersteun nie. Sessie
is 'n tweesydige ooreenkoms, en die bedoeling van die
partye kan nooit
buite rekening gelaat word nie (
Bank
of Lisbon and South Africa Ltd
v The Master and Others
1987(1) SA 276(A) op 294E-F). Waarom sou partye dan
nie kon ooreenkom dat die sedent skulde wat hom toekom
kan sedeer onafhanklik van enige verband wat die skuld
versekureer nie?
Dit is egter nie nodig om hieroor
uitsluitsel te gee nie aangesien daar na my mening 'n
ander grondslag is waarop die appêl nie kan slaag nie.
Dit is gemene saak dat die sessieakte 'n
sessie ter versekering van 'n skuld oftewel 'n sessie in,
securitatem debiti
behels. Die regsgevolge van so 'n
sessie word bondig deur JOUBERT, AR, in
Land- en
Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere
1991(2) SA 761(A) op 771C-F as volg saamgevat:
"Dit is erkende reg dat die verpanding van vorderingsregte deur sessie
in
securitatem debiti
geskied. Dit gebeur wanneer 'n skuldenaar sy
vorderingsreg aan sy skuldeiser
14
sedeer ter versekering van die hoofskuld wat hy aan sy skuldeiser verskuldig is.
Die skuldenaar behou as sedent die
dominium
van sy vorderingsreg terwyl
die sessionaris die bevoegdheid verkry om die gesedeerde vorderingsreg uit te
oefen indien daar wanbetaling
van die hoofskuld deur die sedent is. Bowendien by
insolvensie van die sedent het die sessionaris 'n versekerde sekuriteit wat aan
hom 'n voorkeurreg verleen. Die
dominium
van die sedent is 'n
'reversionary interest' op die vorderingsreg terwyl die sessionaris 'n beperkte
saaklike reg op die vorderingsreg
het om dit uit te oefen of in te stel waar
daar wanbetaling van die hoofskuld is. Bly daar 'n balans oor nadat die
hoofskuld betaal
is, kan die sedent op grond van sy 'reversionary interest'
daarop aanspraak maak."
'n Sessie
in securitatem debiti
het dus tot
gevolg (tensy die partye anders ooreenkom) dat die
sedent ontdoen word van
sy reg om die gesedeerde skuld
in te vorder, en gevolglik geen
locus standi
het om dit
af te dwing
nie. So beskou sou die sessieakte,
beoordeel suiwer volgens die bewoording
daarvan, die
Koöperasie van sy reg ontneem het om Louw se skuld
teenoor hom in te vorder met meegaande verlies van
locus
15
standi
.
Die aangeleentheid is egter nie heeltemal so eenvoudig nie.
Soos blyk uit die opskrif (hierbo aangehaal) is die sessieakte aangegaan
uit
hoofde van art 38 van die Wet. Dit moet dus vertolk word aan die hand van die
tersaaklike bepalings van die Wet, gedagtig daaraan
dat die Landbank as
statutêre skepping alleenlik daardie bevoegdhede het wat deur statuut aan
hom verleen is (
Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester
(
supra
) op 767F).
Art 38(1) van die Wet lui soos volg:
"'n Maatskappy waaraan kragtens artikel
vyf-en-dertiq
'n voorskot
verstrek is, kan, ondanks andersluidende bepalings in sy akte van oprigting (as
daar is) en statute of regulasies, as
sekuriteit vir daardie voorskot aan die
bank al sy regte en aanspraak sedeer op
-
(a)
die bedrag van ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal en die bedrag van
enige voorwaardelike aanspreeklikheid wat aan sy aandele verbonde
is;
en
(b)
die bedrag van skulde wat aan
hom
16
verskuldig is of later verskuldig mag word."
Kragtens art 38(2) moet so 'n sessie "in die vorm wees
wat die raad
voorskryf". (Die raad is per definisie
die raad van die Landbank.) Die
sessieakte is dus
gegiet in die vorm deur die Landbank voorgeskryf. Dit
bly egter 'n
tweesydige ooreenkoms en as sodanig moet
die terme daarvan deur die
Koöperasie aanvaar word, en
behoort dit die gemeenskaplike bedoeling van
die partye
te weerspieël.
Die Landbank se regsmiddels ten opsigte van
voorskotte aan maatskappye (waaronder die Koöperasie)
word vervat in art 63 van die Wet. In die verband
bepaal art 63(1):
"Indien 'n maatskappy wat aan die bank geld skuld -
(a)
om een of ander rede
ontbind word; of
(b)
verwyder word van die
register van koöperatiewe maatskappye wat deur die registrateur gehou word;
of
17
(c) versuim om die voorwaardes van 'n voorskot deur die raad verstrek, na te
kom; of
(d) versuim om enige bedrag op
die
vervaldag te betaal; of
(e) versuim om, wanneer hy ooreenkomstig sub-artikel (3) van artikel
ses-en-dertiq
daartoe aangesê word, betaling aan die bank te doen;
of
(f) volgens die raad se oordeel opgehou het om besigheid te doen; of
(g) vir 'n tydperk gestig was en daardie tydperk verstryk
het,
kan die raad, na sewe dae kennisgewing per geregistreerde brief, gerig aan die
maatskappy aan die adres in die boeke van die bank
aangeteken, en na behoorlike
kennisgewing aan die verbandnemers, sonder geregtelike proses enige van die
bates of al die bates van
die maatskappy wat spesiaal aan die bank verhipotekeer
is, in beslag neem en by publieke veiling of uit die hand verkoop, en, in
die
volgorde wat die raad bepaal, een of meer van die bevoegdhede uit kragte van die
in sub-artikel (1) van artikel
agt-en-dertig
bedoelde sessie aan hom
verleen, uitoefen."
Soos duidelik blyk
uit art 63(1), kan die
Landbank sy bevoegdhede kragtens die sessieakte uitoefen
18
eers nadat een van die gebeure in (a) tot (g) plaasgevind het, en die
vereiste kennisgewing gegee is. Daardie bevoegdhede word nie
in die Wet omskryf
of uiteengesit nie. Hulle is in die sessieakte geleë. Om te bepaal wat
daardie bevoegdhede behels, moet daar,
op soek na die bedoeling van die partye,
in die eerste instansie gelet word op die letterlike betekenis van die
sessieakte. Soos
reeds aangedui, bepaal die sessieakte uitdruklik dat die
Koöperasie al sy regte en aanspraak op en belang by die bedrag van
skulde
wat aan die Koöperasie verskuldig is, of later verskuldig mag word, aan die
Landbank sedeer. Dit verleen nie enige ander
bevoegdhede aan die Landbank nie.
'n Letterlike vertolking van die sessieakte, gesien die bepalings van art 63(1),
sou egter tot
'n absurditeit lei. Dit sou die Koöperasie van sy reg om Louw
se skuld in te vorder, ontneem. Die Landbank, op sy beurt, sou
egter ook nie 'n
invorderingsreg hê nie alvorens een van die gebeure
19
in (a) tot (g) van art 63(1) plaasvind. Aangesien sulke gebeure waarskynlik
nie geredelik sal plaasvind nie (en dalk nooit nie) sou
dit beteken dat Louw, of
iemand in 'n soortgelyke posisie, se skulde nie ingevorder sou kon word nie want
nóg die Koöperasie
nóg die Landbank sou regtens in staat wees
om dit te doen. Hierdie absurditeit vloei nie voort uit die bewoording van die
sessieakte nie, maar vanweë die uitwerking daarop van die bepalings van art
63(1). Nóg die Wetgewer nóg die partye
tot die sessieakte kon so
'n resultaat beoog of bedoel het (vgl.
Land- en Landboubank van Suid-Afrika v
Die Meester
(
supra
) op 770E). Die woorde van die sessieakte moet nie
opgevat word dat dit 'n bedoeling behels wat tot die absurde lei nie (vgl
Van
Jaarsveld v Coetzee
1973(3) SA 241(A) op 244F). Dit synde die geval, is dit
nodig om te let op wat die gemeenskaplike bedoeling van die Koöperasie
en
die Landbank wel was want daardie bedoeling moet seëvier (
Cinema City
(Pty)
20
Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd and Others
1980(1) SA
796(A) op 804D-E).
Uit die stukke blyk dit dat die Koöperasie en
die Landbank dit eens is oor watter vertolking aan die
sessieakte geheg moet word. In die verband is dit
gepas om te let op wat STRATFORD, AR, in
Breed v Van den
Berq en Others
1932 AD 283
op 292 gesê het, naamlik
"If one of two parties to a contract asserts that it has a certain meaning
and the other agrees that that is the meaning to be given
to it, a court of law
will give effect to that meaning. If this mutually accepted meaning is in
conflict with the clear construction
of the contract, we have all the requisites
for rectification of the document."
Dat 'n hof uitvoering sal gee aan die betekenis wat
partye tot 'n ooreenkoms gesamentlik aan hulle
ooreenkoms heg (al weerspreek dit die letterlike
betekenis van die woorde wat gebruik is), blyk ook uit
die beslissing in
Shill v Milner
1937 AD 101
op 110-111.
(Kyk ook
Christie
: The Law of Contract: 2de uitgawe:
21
250-1.)
Die eedsverklarings van die deponente Van
Tonder (namens die Koöperasie) en Van Wyk (namens die
Landbank) dui
onteenseglik daarop dat die Koöperasie en
die Landbank deurgaans onder
die indruk verkeer het dat
die sessieakte voorwaardelik was in die sin dat
die
vorderingsregte ten opsigte van Louw (en andere) se
skulde aan die Koöperasie eers op die Landbank sou
oorgaan wanneer een van die gebeure uiteengesit in art
63(1) plaasvind. In die verband sê Van Tonder (met
verwysing na die sessieakte, en soortgelyke aktes wat in
vorige jare tussen die Koöperasie en die Landbank
aangegaan is):
"(b) Sodanige sessies is, by 'n ontleding van die bepalings van artikels 38
en 63 van die gemelde Wet, slegs voorwaardelik en die
Vyfde Respondent [die
Landbank] verkry slegs bevoegdhede daarkragtens wanneer een of meer van die
gebeurlikhede waarna in artikel
63(1) van die betrokke Wet verwys word,
plaasvind. Geeneen van die bedoelde gebeure het plaasgevind nie en gevolglik het
Eerste Respondent
[die
22
Koóperasie] te alle tye
locus standi
gehad.
(c) In ieder geval is en was dit nog altyd sowel Eerste as Vyfde Respondent
se beskouing dat die onderskeie partye tot die sessies
slegs die regte
daarkragtens verkry waarna in paragraaf (b) hierbo verwys word en was en is dit
ook die basis waarop die partye met
betrekking tot die sessies opereer en waarop
Eerste Respondent nog altyd in die verlede en steeds skulde invorder of skik of
die
opbrengs daarvan vir sigself aanwend."
Van Wyk wys daarop in sy eedsverklaring dat
tot tyd en wyl een van die gebeure in art 63(1)
plaasvind:
"gaan die Koöperasie gewoonweg voort met besigheid, neem nuwe lede in, reik
aandele uit, ontvang betaling van bedrae verskuldig,
leen verdere geld aan
boere, neem sekuriteit en kanselleer dit weer, en doen in die algemeen sy
besigheid soos wat sy Wet en Statute
dit
voorskryf."
Hy gaan dan verder voort:
"Dit is dus die Vyfde Respondent se eerbiedige submissie dat tot tyd en wyl
die Sessie in terme van Artikel 63 van die Landbankwet
in werking gestel word,
die Eerste Respondent die uitsluitlike reg en bevoegdheid het om bedrae
23
aan hom verskuldig te vorder, te skik of afstand daarvan te doen en om enige
opbrengs tot sy voordeel aan te wend. Trouens, hy moet
daardie bedrae wat hy
vorder kan gebruik om bedrae wat hy weer in terme van die Kaskredietlening aan
die Vyfde Respondent verskuldig
is te kan
betaal."
Nog later maak hy daarvan melding:
"dat die Vyfde Respondent ongeveer 240 kooperasies het wat kliënte van die
Bank is. Dié Koöperasies, op hulle beurt,
het ledetalle wat wissel
van 500 tot 10 000 per Koöperasie. Dit is totaal ondenkbaar dat die
Landbank daardie lede se betalings
op enige wyse kan administreer of dat dit
ooit die bedoeling van die Wetgewer was dat dit so sou gebeur. Dit was in elk
geval ook
nie die bedoeling van die Landbank of die Koöperasie toe die
Sessie gegee en geneem was
nie."
Afgesien van enige
regsafleidings (wat buite
rekening gelaat kan word), word die feitebewerings van
Van Tonder en Van Wyk nie deur Louw betwis nie. Dit
blyk duidelik uit hulle getuienis dat wat die Koöperasie
en die Landbank met die sessieakte beoog het, was om 'n
ooreenkoms tot stand te bring wat slegs werking sou
verkry onder bepaalde omstandighede soos statutêr
24
omskryf in art 63(1) van die Wet. Sodanige bedoeling sou ook in harmonie
gewees het met die wyse waarop hulle vorige (en uit 'n regsoogpunt,
identiese)
sessieaktes beskou het, en uitvoering aan hulle gegee het. Gevolglik, in
ooreenstemming met die Koöperasie en die
Landbank se bedoeling, het die
oordrag van die vorderingsregte onder die sessieakte nog nie plaasgevind nie toe
die aansoek om Louw
se sekwestrasie gedoen is. Aangesien die vorderingsregte ten
opsigte van Louw se skuld aan die Koöperasie nog in die Koöperasie
gesetel het, het die Koöperasie dus oor die nodige
locus standi
beskik kragtens art 9(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936. Of die Landbank
desondanks nog altyd regtens die nodige sekuriteit bekom
het wat die sessieakte
veronderstel was om hom te bied, is nie iets wat in die onderhawige appèl
beslis hoef te word nie.
Uit die voorgaande volg dit dat Louw geen vooruitsigte van sukses op die
meriete het nie. Die
25
aansoek om kondonasie kan derhalwe nie slaag nie.
Ek behandel vervolgens
die kwessie van koste. Daar is koste aangegaan ten opsigte van sowel die aansoek
om kondonasie as die appèl.
Soos reeds gemeld, het die aansoek om
kondonasie gegaan oor die laat indiening van die appélrekord, en was dit
gepaard met
'n aansoek om ontheffing van die verpligting om sekuriteit te
verskaf. (Duidelikheidshalwe, as daar gepraat word van die aansoek
om kondonasie
sluit dit albei aansoeke in.)
Dit blyk uit die stukke dat die appèlrekord reeds voor die datum vir
indiening daarvan (17 Mei 1993) klaar voorberei was. Die
nodige afskrifte is
egter nie betyds geliasseer nie vanweë Louw se beweerde onvermoë om
sekuriteit te verskaf (wat kragtens
Appèlhofreël 6(2) voor indiening
van afskrifte van die stukke moes geskied het). Vir die doeleindes van sy
kondonasie-aansoek
moes Louw 'n bevredigende en
26
aanvaarbare verduideliking verstrek waarom hy nie in staat was om sekuriteit
te verskaf nie, en waarom die aansoek om die ontheffing
van sy verpligting in
die verband nie betyds gedoen is nie. Die aansoek het dus binne 'n betreklike
nou bestek geval. Wat die meriete
betref (in sover dit nodig was om redelike
vooruitsigte van welslae op appèl aan te toon), was die wesenlike
geskilpunt of
die Koöperasie van
locus standi
ontneem is as gevolg
van die sessieakte. Ook hierdie was nie 'n aangeleentheid van groot omvang sover
dit die verlangde bewerings
en stawende dokumentasie betref nie. As daar
redelike vooruitsigte was vir 'n bevinding dat die Koöperasie nie
locus
standi
gehad het nie sou die kondonasie-aansoek nouliks geweier kon gewees
het.
Die appèlrekord (wat ook die stukke in saak nr 9266/92 insluit) beloop
in totaal 175 bladsye. In teenstelling hiermee beslaan
die kondonasie-aansoek
'n
27
massiewe vyf bundels en 534 bladsye, waarvan Louw se eedsverklaring (petisie)
alleen, (dws sonder aanhangsels), 311 bladsye beloop.
Die werklike tersaaklike
gedeelte daarvan (in bundel 3) strek net oor 'n rapsie meer as 50 bladsye. Die
antwoordende beëdigde
verklarings namens die Koöperasie en die
Landbank beloop om en by 50 bladsye, en sou klaarblyklik minder gewees het, was
dit
nie vir Louw se wydlopende bewerings nie. In antwoord hierop het Louw 'n
repliserende beëdigde verklaring van 102 bladsye ingedien.
Al was dit nodig om die agtergrond tot die aansoek te skets, was dit oorbodig
en onredelik om dit in soveel detail te gedoen het as
wat die geval was.
Insgelyks was dit geensins nodig om by die 160 bladsye te wy aan die
rekenkundige, finansiële en ander fasette
van die Koöperasie se eis,
insluitende renteberekenings, of om breedvoerig met die Koöperasie se
aansoek om die sekwestrasie
van Louw se vrou se boedel te handel nie.
28
Onnodige herhaling kom ook voor in die stukke, en daar
is talryke oorbodige aanhalings uit gewysdes.
In
Government of the Republic of South Africa
v Maskam Boukontrakteurs (Edms) Bpk
1984(1) SA 680(A) op
692G - 693A het CORBETT, AR, hom as volg uitgelaat:
"In recent years this Court has on a number of occasions drawn attention to
the unnecessary inclusion in appeal records of numerous
and sometimes lengthy
documents and has made appropriate orders relating to the needless costs
occasioned thereby. (See eg
Omega Africa Plastics
case
supra
;
Olivier NO v Rondalia Versekerinqsmaatskappy van SA Bpk
1979(3) SA 20(A)
at 36B-D;
Woji v Santam Insurance Co Ltd
1981(1) SA 1020 (A) at 1030;
Die Meester v Joubert en Andere
1981(4) SA 211 (A) at 228. ) Despite what
has been said and ordered in these and other cases the practice of including
unnecessary
documents in appeal records persists. In my opinion, it is the duty
of attorneys responsible for the preparation and lodging of appeal
records to
ensure that, if possible, this does not occur and thereby to obviate the
incurring of unnecessary costs. Failure to perform
this duty could amount to a
breach of the duty of care owed by the attorney to his client. The time may come
when this Court may
consider it appropriate in such cases to order that such
unnecessary costs be paid by the attorney concerned
de bonis propriis
(cf
Machumela v
29
Santam Insurance Co Ltd
1977(1) SA 660(A) at
664A-C)."
Hierdie woorde kan aangepas
word om ook
toepassing te vind in 'n geval soos die onderhawige.
Waar 'n prokureur 'n
aansoek onnodig belas met
herhalings en oorbodige bewerings, besonderhede
en
aanhangsels tree hy onredelik op, veroorsaak hy onnodige
koste en
versuim hy om sy plig teenoor sy kliënt, die
ander partye en die hof
behoorlik na te kom. Te meer
is dit die geval in 'n aangeleentheid soos die
onderhawige waar Louw, tot sy Kaapstadse prokureur van
rekord se wete, nie in staat is om enige kostebevel teen
hom te betaal nie. In die omstandighede is 'n
ongunstige kostebevel
de bonis propriis
teen Louw se
prokureur aangewese. Sodanige bevel is dan ook deur
beide die Koöperasie en die Landbank reeds in hulle
antwoordende beëdigde verklarings aangevra. Louw se
prokureur is dus vroegtydig op sy hoede gestel teen die
30
moontlikheid van so 'n bevel, en hy het ruim geleentheid
gehad om hom
daarteen te verweer. Daar is voorgestel
dat Louw se prokureur gelas moet word
om
de bonis
propriis
sestig persent tot twee-derdes van die
koste
van die kondonasie-aansoek te betaal. Na my mening
sou twee-derdes billik wees. Dit geld vir die koste
verbonde aan die
voorbereiding en voorlegging van die
aansoek om kondonasie, en die bestryding daarvan, maar
sluit nie die koste van die verskyning in hierdie Hof in
nie want sodanige verskyning was in elk geval nodig, nie
net vir die aansoek nie, maar ook vir die appèl. Alle
oorblywende koste moet deur Louw betaal word,
insluitende die koste van appèl (
Rennie v Kamby Farms
(Pty) Ltd
1989(2) SA 124(A) op 132C.)
Bygevolg word die volgende bevel gemaak:
1. Die aansoeke om kondonasie vir die laat indiening van die
appèlrekord en ontheffing van die verpligting om sekuriteit te
verskaf,
word met koste afgewys.
31
2. Die applikant/appellant se Kaapstadse prokureur van rekord word gelas om
twee-derdes van die koste verbonde aan die gemelde aansoeke
(uitsluitend die
koste verbonde aan die verskyning in hierdie Hof op 14 Maart 1994)
de bonis
propriis
te betaal.
3. Die koste verbonde aan die appèl word aan die eerste en vyfde
respondente
toegeken.
4. Die koste van die eerste en die vyfde
respondente sluit in die koste
verbonde
aan die indiensneming van twee
advokate.
J W SMALBERGER
APPèLREGTER
JOUBERT, AR )
HEFER, AR ) STEM SAAM
FH GROSSKOPF, AR )
HOWIE, AR
)