About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 51
|
|
Serfontein v Main Industries (Pty) Ltd, Serfontein v Main Industries (Pty) Ltd (534/91, 535/91) [1994] ZASCA 51 (29 March 1994)
Saak No 534/91 en 535/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen
JACOBUS COLYN SERFONTEIN
Appellant
en
MAIN INDUSTRIES (PTY) LTD
Respondent
EN
GIDEON ANDRE SERFONTEIN
Appellant
en
MAIN INDUSTRIES (PTY) LTD
Respondent
CORAM
: HEFER, NESTADT et HOWIE
ARR
AANGEHOOR
: 10 MAART 1994
GELEWER
: 29 MAART 1994
UITSPRAAK
HEFER AR/
HEFER AR
:
Hierdie twee appèlle is saam verhoor en kan gerieflik in een
uitspraak behandel word.
Die appellante is broers wat gesamentlik
besigheid gedoen het en oa belange gehad het in etlike beslote korporasies. Een
van die korporasies
was Pipeflex 2000 BK wat gedurende Augustus 1990 in finale
likwidasie geplaas is. Terwyl die likwidasie-aansoek hangende was, het
die
huidige respondent aansoek gedoen in die Natalse Provinsiale Afdeling vir die
sekwestrasie van die appellante se boedels. Laasgenoemde
het die aansoek bestry.
Gedurende September 1990 is dit van die hand gewys omdat die verhoorhof nie
tevrede was met die samevoeging
van meerdere aansoeke vir die sekwestrasie van
afson-derlike boedels in een aansoek nie. Gedurende Oktober 1990 het die
respondent
dieselfde afdeling genader met twee afsonderlike aansoeke vir
die
2 sekwestrasie van die appellante se boedels. Weereens is die
aansoeke bestry maar gedurende April 1991 het McLAREN R bevele verleen
waarvolgens die boedels gesekwestreer is. Die appèlle is teen hierdie
bevele gemik.
Die appellante se aanspreeklikheid teenoor die
respondent spruit uit 'n borgakte wat hulle op 1 Desember 1989 onderteken het en
waarin
hulle hulself gesamentlik en afsonderlik verbind het as borge en
mede-hoofskuldenare ten opsigte van Pipeflex se skuld by die respondent.
In
beide aansoeke is beweer dat Pipeflex se skuld 'n bedrag van R235 986,07 bedra
het. Voorts is beweer dat elke appellant 'n daad
van insolvensie gepleeg het en
in elk geval insolvent was, en dat die sekwestrasie van hulle boedels ten
voordele van skuldeisers
sou wees. In hulle opponerende verklarings het die
appellante die omvang van Pipeflex se skuld betwis en verder ook ontken
dat
3 hulle dade van insolvensie gepleeg het en dat die sekwestrasie
van hulle boedels skuldeisers ten voordeel sal strek. Dat hulle albei
inderdaad
insolvent is, is egter nie betwis nie; trouens, beide appellante se standpunt
dat die sekwestrasie van hulle boedels skuldeisers
nie kan bevoordeel nie, is
juis gebaseer op die afwesigheid van bates wat 'n noemenswaardige dividend tot
gevolg sal hê.
In hierdie hof het die appellante hulle eie sake behartig. (Ek mag
sê dat hulle dit met bekwaamheid gedoen het.) Tydens die
argument het dit
geblyk dat dit wesenlik gaan om die voordeel van skuldeisers. Beide appellante
het aanvaar dat Pipeflex se skuld
(waarvoor hulle natuurlik gesamentlik en
afsonderlik aanspreeklik is) minstens ongeveer R15 000,00 beloop; en, soos reeds
aangedui,
betwis die appellante nie dat hulle laste hulle bates vêr
oorskry nie. Daarom word hierdie uitspraak
4
toegespits op die vraag of die voordeel van
skuldeisers
bevredigend bewys is.
Ooreenkomstig art 12(1)(c) van die
Insolvensie Wet 24 van 1936, soos gewysig, kan ' n
finale
sekwestrasiebevel toegestaan word indien die
hof oortuig is
dat
"daar rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van skuldeisers van
die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer
word."
By verre die mees omvattende
uiteensetting van die
strekking van hierdie vereiste is te vinde in
Meskin
& Co v Friedman
1948(2) SA 555 (W) op 558-9. Dit is
nie nodig om die volle passasie uit die uitspraak van
ROPER R aan te haal nie. Wat van belang is, is die
volgende:
1. Gesien die verskil in die bewoording van
artikels 10 en 12 van die Wet, word 'n groter mate
van sekerheid vereis vir die verlening van 'n finale
5 bevel
as die
prima facie
oordeel wat voldoende is vir die verlening van 'n
voorlopige bevel.
2. Dit beteken egter nie dat die hof op
die
finale stadium oortuig moet wees dat die
sekwestrasie
van die boedel inderdaad tot voordeel van
skuldeisers
sal wees nie. Wat vereis word, is
oortuiqinq
dat
daar
rede bestaan
om
aan te neem
dat dit die
geval
sal wees.
3.
Of daar rede
bestaan vir so'n aanname hang natuurlik van die feite van elke geval af. Daarom
moet voldoende getuienis voor die hof
geplaas word om die aanname te
regverdig.
4.
Voordeel van
skuldeisers moet as
geldelike
voordeel verstaan word. Daarom is dit nie
voldoende dat 'n sekwestrasiebevel 'n ondersoek van die skuldenaar se sake deur
die kurator
tot gevolg sal hê nie. Vanselfsprekend kan so 'n ondersoek die
skuldeisers slegs geldelik ten voordeel strek
wanneer
6 dit tot tasbare resultate lei,
hetsy in die vorm van die ontdekking van verskuilde bates of vernietigbare
transaksies of die uitskakeling
van twyfelagtige eise. Daar moet dus weens die
feite van die saak rede wees om aan te neem - as 'n moontlikheid wat nie
vergesog
is nie - dat die ondersoek die skuldeisers geldelik sal
bevoordeel.
5.
Geldelike
voordeel moet natuurlik beoordeel word in die lig van die vooruitsig van 'n
dividend aan skuldeisers. Die omvang van die
verwagte dividend kan nie vooraf
bepaal word nie. Die enigste vereiste is dat dit nie onbeduidend moet wees
nie.
6.
Die vooruitsig op ' n
dividend word beoordeel aan die hand, nie net van die skuldenaar se huidige
bates en laste nie, maar ook van
die moontlikheid van 'n suksesvolle ondersoek
soos in 4 bedoel. (Vgl
London Estates (Pty) Ltd v Nair
1957(3) SA 591 (D
& KP) op 592 H - 593
A.)
7
7. Voordeel van skuldeisers behels ten slotte
die voordeel
van die skuldeisers as geheel.
'n Probleem wat dikwels in hierdie soort
aansoek ondervind word, word soos volg beskryf in die
London Estates
saak op 592 C-E:
" ... whether seguestration results in some payment to creditors, depends
upon the number and value of the assets available for distribution,
the total
amount of the claims and the costs of sequestration. At the time application is
made for provisional sequestration and
even when a final order is applied for,
precise information as to these facts is very seldom, if ever, available: the
petitioning
creditor is hardly likely to have that information and the
respondent is rarely frank enough or in a position to supply it. Moreover,
the
assets available for distribution may be more or less than the visible assets
ostensibly belonging to the respondent at the time
of his seques-tration. They
may be less because some visible assets may prove to belong to another; they may
be more because concealed
assets may be found or others recovered by the setting
aside of prior
transactions."
8
Die gepastheid van hierdie uitlatings word geïllustreer deur wat in
die onderhawige sake gebeur het. In beide gevalle het die
respondent gepoog om
aan te toon dat die appellante oor aansienlike bates beskik en dat 'n ondersoek
deur 'n kurator waar-skynlik
nog verdere bates aan die lig sal bring. Die
appellante daarenteen het gepoog om aan te toon dat hulle nie oor bates beskik
wat tot
die betaling van 'n beduidende dividend aan skuldeisers sal lei nie en
dat daar geen vooruitsig is dat verdere bates gevind sal word
nie. Uiteindelik
is die verhoorhof gekonfronteer met 'n hewige geskil, nie net oor presies watter
bates aan die appellante behoort
nie (en nie aan hulle vrouens of aan een of
meer van die beslote korporasies nie), maar ook oor die waarde van die bates
waaroor
daar nie 'n dispuut was nie. In sy uitspraak het die verhoorregter te
kenne gegee dat hy nie in staat was om hierdie geskil op te
los nie.
En
9 dit kon ook nie anders nie. Op die stukke kan die geskil
eenvoudig nie opgelos word nie.
Dit beteken egter nie dat die
verhoorregter se gevolgtrekking noodwendig verkeerd is nie. In-teendeel, daar is
myns insiens op die
onbetwiste feite en die appellante se eie weergawes
voldoende rede om aan te neem dat die sekwestrasie van hulle boedels tot
voordeel
van die skuldeisers sal wees. Volgens sy eie weergawe beskik die
appellant Jacobus Colyn Serfontein oor bates ter waarde van R152
000,00. Daarby
ingesluit is sy woonhuis ter waarde van R120 00,00. Selfs in ag genome sy
bewering dat daar 'n verband van R127 000,00
op sy woonhuis rus, toon sy eie
weergawe nog 'n bruto oorskot van R45 000,00. Dit sluit nie sy belang in enige
van die beslote korporasies
in nie. Volgens sy eie weergawe beskik die appellant
Gideon Andre Serfontein oor bates ter waarde van R126 000,00. Dit
10
sluit ook 'n woonhuis in waarop daar volgens sy bewering 'n verband van R120
000,00 rus. In sy geval is die bruto balans heelwat
kleiner maar weereens sluit
dit niesy belang in enige van die beslote korporasies in nie. Boonop word in
hierdie uiteensettings nie
melding gemaak nie van bates wat, volgens die
appellante se bewerings, in die kantore was waar hulle voor die aansoek sake
gedoen
het. Die waarde van hierdie bates verskyn nie in die stukke nie maar,
volgens beide appellante, is dit nie onaansienlik nie. Of hierdie
bates aan
hulle persoonlik behoort dan wel aan een of ander van die beslote korporasies is
ook nie duidelik nie. Maar, selfs al sou
dit nie aan hulle persoonlik behoort
nie, verhoog dit vanselfsprekend die waarde van hulle belange in die betrokke
korporasies. Hulle
uiteensettings sluit ook nie in 'n eis ten bedrae van .
etlike miljoene rande wat Pipeflex, volgens hulle
11
bewerings, ingestel het teen een van sy verskaffers nie. Die appellante
bevind hulself in die ongemaklike posisie dat hulle hierdie
eis in die stukke
voorhou as 'n rede waarom hulle boedels nie gesekwestreer behoort te word nie
omdat hulle, sou die eis slaag, via
hulle belang in Pipeflex volkome solvent sou
wees. As dit so is, kan die eis klaarblyk nie buite rekening gelaat word by die
bepaling
van die vooruitsig op 'n dividend aan skuldeisers nie.
Boonop is die gevolgtrekking onvermydelik dat die appellante se
transaksies deeglike ondersoek verg. Dit blyk uit die stukke (en het
ook na vore
gekom in die appellante se mondelinge betoë in hierdie hof) dat van hulle
persoonlike bates van tyd tot tyd oorgeplaas
is na die een of ander beslote
korporasie en dat 'n gedeelte van hulle belange in een of meer van die
korporasies aan hulle vrouens
12 oorgedra is. Die onderliggende
transaksies moet klaarblyklik ondersoek word en, hoewel dit op hierdie stadium
sekerlik nie duidelik
is dat die ondersoek inderdaad geldelike voordeel vir die
appellante se persoonlike skuldeisers sal inhou nie, is daar alle rede
om aan te
neem dat daar 'n redelike vooruitsig is dat dit wel die geval sal wees.
Die appèlle word bygevolg afgewys met koste.
J J F HEFER AR NESTADT AR )
Stem saam. HOWIE AR )