About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 39
|
|
Viljoen v Trakman NO and Others (562/92) [1994] ZASCA 39; 1994 (3) SA 116 (AD); (25 March 1994)
Saaknommer 562/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JOHAN LOFTUS VILJOEN Appellant
en
SELWYN TRAKMAN NO Eerste Respondent
PIETER ARNOLDUS CRONJE NO Tweede
Respondent
MARTHINUS JOHANNES DEYSEL Derde Respondent
DAVID FRANCOIS
HEBLER Vierde Respondent
SAAMBOU NASIONALE BOUVERENIGING Vyfde Respondent
CORAM
: HEFER, GOLDSTONE, NIENABER, HOWIE ARR
et OLIVIER Wnd AR
VERHOOR:
4 MAART 1994
GELEWER
: 25 MAART 1994
UITSPRAAK
/NIENABER AR
2
NIENABER AR
:
Die vraag is of die inbetaling, by ooreenkoms tussen die skuldenaar en sy
skuldeiser, van 'n bedrag in 'n bougenootskapsrekening op
naam van 'n aangewese
derde, die vereffening van die skuld daarstel, wat teen die skuldenaar se latere
likwidasie bestand is. In
die Transvaalse Provinsiale Afdeling is beslis dat die
derde, ondanks die skuldenaar se likwidasie en sy likwidateur se teenstand,
die
geld aan die skuldeiser moet oorbetaal. Verlof om teen die bevel te appelleer is
deur die hof a quo geweier maar deur hierdie
hof verleen. Vandaar die
appêl.
Die aanloop tot die twispunt tussen die partye is kompleks:
1.
Gideon Theron (Edms) Bpk
(hierna bloot "die maatskappy" genoem), is 'n maatskappy wat gedurende 1988 in
Pretoria en Krugersdorp doenig
was.
2.
Kort
voor sy onaf wendbare ondergang het die maatskappy, deur middel van sy
direkteure en werknemers, allerlei slinkse grepe uitgevoer
om van sy bates ten
koste van
3 sy skuldeisers ontslae te raak.
3.
'n Begunstigde van die
maatskappy se gulhartigheid was 'n groepering van regspersone, te wete Dahkor
Vervoer BK, Dahkor Ontwikkelaars
(Edms) Bpk. en Dahkor Homes (Edms) Bpk. In die
stukke is ook verwys na Dahkor Management Sales BK maar so 'n entiteit het
inderdaad
nooit bestaan nie. Die derde en vierde respondente, kortweg "Deysel"
en "Hebler" genoem, het belange in dié liggame gehad
en hulle by
verskillende geleenthede verteenwoordig.
4.
Een of meer van die groep het 'n pakhuis in Potgietersrus besit.
Bates van die maatskappy ter waarde van etlike duisende rande is
soontoe vervoer
en aldaar geberg.
5.
Dié soort gekonkel
het op die lappe gekom en tot die voorlopige likwidasie van die maatskappy
gelei. Die eerste respondent,
hierna "Trakman" genoem, is as sy voorlopige
likwidateur benoem.
6.
In sy gemelde
hoedanigheid het Trakman 'n dringende aansoek teen Dahkor Management Sales BK
(die nie-bestaande korporasie) in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling
aanhangig
4 gemaak ten einde die bates van die
maatskappy in die pakhuis
teen vervreemding te beveilig, hangende 'n aksie vir die
terugbesorging
daarvan. 'n Bevel nisi is toegestaan, na
aanleiding waarvan daar op die goed
in die pakhuis beslag gelê
is. Die aansoek is genommer 11693/88.
7. Bekragtiging van die bevel nisi
is deur Dahkor
Management Sales BK teëgestaan. Dat dié entiteit
nie bestaan
het nie, is egter nie as verweer geopper nie. Inteendeel,
daar
is gepoog om die keerdag te vervroeg. Dié poging het
misluk. Die bevel
nisi is later bekragtig, met 'n kostebevel
teen Dahkor Management Sales
BK.
8. Die volgende optrede het van Dahkor se kant gekom.
Dit was 'n aansoek
van Dahkor Vervoer BK, genommer 14947/88,
vir die opheffing van die beslaglegging van die bates in die pakhuis. Die
ander lede van die Dahkor-groepering was nie partye daartoe
nie. In die loop van
daardie verrigtinge het ene Johan Erasmus tussenbeide getree. Hy het daarop
aanspraak gemaak dat hy eienaar
van sekere van die bates in die pakhuis was.
Sowel Dahkor Vervoer BK se aansoek as Erasmus se
5 toetrede het misluk. Twee
kostebevele is ten gunste van
Trakman gemaak. Dahkor Vervoer BK is gelas om die koste van
die aansoek,
en Erasmus om die verspilde koste voortspruitend
uit 'n uitstel, te delg.
9.
Daarna het Trakman se
voorgenome aksie vir die teruggawe van die goed in die pakhuis gevolg. Die
saaknommer was 15321/88. Die verrigtinge,
soos al die ander, is in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak.
10.
Te gelegener tyd het Trakman ook 'n ondersoek ooreenkomstig artikels
417 en 418 van die Maatskappyewet 61 van 1973 van stapel gestuur.
Deysel en
Hebler is gedagvaar om voor 'n kommissaris te getuig. Die appellant, 'n
prokureur, het hulle verteenwoordig. Hy was 'n
vennoot in die firma H P Krogh en
Viljoen. Na hom sal voortaan as "Viljoen" verwys word. Trakman is bygestaan deur
sy prokureur,
Behrmann.
11. In die loop van die
verrigtinge voor die kommissaris
het 'n skikking van al die aangeleenthede
ter sprake gekom.
Dit is uiteindelik beklink. 'n Dokument is op 9 November
1988
deur Trakman aan die een kant en deur Hebler (in eie
6 hoedanigheid
sowel as namens Dahkor Vervoer BK, Dahkor
Ontwikkelaars (Edms) Bpk en Dahkor Homes (Edms) Bpk), en
Deysel (in eie
hoedanigheid) aan die ander kant, onderteken.
12. Die skikkingsakte bevat 'n omskrywing van "the
Dahkor group"
as synde
"DAHKOR VERVOER, DAHKOR ONTWIKKELAARS, DAHKOR HOMES, DAHKOR MANAGEMENT SALES and
any other trading entity with the name "DAHKOR",
and HEBLER, all herein
represented by HEBLER, and MARTHINUS JOHANNES DEYSEL who represents himself in
this agreement."
13. In breë trekke maak die skikking voorsiening
vir:
(a)
die
storting, deur die Dahkor-groep, van 'n bedrag van R60 000,00 in 'n spesiale
spaarrekening by die vyfde respondent ("Saambou")
in naam van Viljoen en
Behrmann, Die bedrag was bestem vir die delging van die getakseerde kostebevele
in Trakman se guns in die
sake genommer 11693/88 en 14947/88 waarna vroeër
verwys is;
(b)
die daaropvolgende vrylating
deur Trakman aan die Dahkor-groep van sekere gedefinieerde goedere in die
pakhuis (beskryf as "the excluded
goods");
(c)
die onbelemmerde beskikking deur Trakman oor die
res
7 van die bates in die pakhuis as synde die
eiendom van die
maatskappy;
(d)
die terugtrekking deur
Trakman van die aksie genommer 15321/88 wat teen die korporatiewe lede van die
Dahkor-groep ingestel is; en
(e)
afstanddoening deur die Dahkor-groep van enige eise wat enige van
hulle teen Trakman mag hê vir betaling van vergoeding of genoegdoening
voortspruitend uit Trakman se optrede.
14. Die
belangrikste klousule, vir huidige doeleindes, is stellig klousule 4. Dit
lui:
"4.
DEPOSIT IN RESPECT OF COSTS.
4.1
THE DAHKOR GROUP will on or
before 9 November 1988 DEPOSIT with ATTORNEYS H P KROGH & VILJOEN an amount
of R50 000,00 (FIFTY THOUSAND
RAND) and on or before 11 November 1988 a further
R10 000,00 (TEN THOUSAND RAND) which will be held by ATTORNEYS H ? KROGH &
VILJ0EN in trust for the purposes set out below.
4.2
TRAKMAN will as soon as is practicable cause bills of costs to be
taxed in respect of those Orders for costs which have been awarded
in his favour
pursuant to the determination of the applications under case numbers 14947/88
and 11693/88 (both Transvaal Provincial
Division).
4.3
ATTORNEY H P KROGH & VILJOEN will forthwith
pay
8
the said sums of R50 000,00 and R10 000,00
respectively into a special savings account with SAAMBOU NATIONAL BUILDING
SOCIETY (Account No. 09469192 001) which has been opened
up in the name of
"VILJOEN & BEHRMANN".
4.4 Immediately the costs have been taxed the funds standing to the credit of
the special savings account referred to in 4.3 above
will be used to make
payment thereof and BEHRMANN and VILJOEN by their signatures at the foot of this
page agree and undertake to
sign whatever documents are necessary to effect
payment of such costs from the aforesaid funds.
4.5 Should the taxed costs exceed the sum of R60 000,00 TRAKMAN shall be
entitled to pursue his claim for costs against the relevant
Respondents, it
being understood that this agreement shall in no way be regarded as limiting
TRAKMAN's right to recover the full
amount of taxed costs.
4.6 In the event that TRAKMAN's taxed costs in respect of both the aforesaid
applications do not exceed the sum of R60 000,00, ATTORNEYS
H P KROGH &
VILJOEN will be entitled to release to THE DAHKOR GROUP any excess remaining
after payment of TRAKMAN's costs.
4.7 If the funds are not deposited as set out in 4.3 above then TRAKMAN shall
have the right to either cancel this agreement alternatively
in his discretion
to postpone the release of the excluded goods as referred to in 5 below until
such time as the funds have been
deposited."
(Die
verwysing, in klousule 4.6, na "H P Krogh & Viljoen"
behoort na regte
"Viljoen & Berhmann" te wees.)
15. Met die oog op uitvoering van klousule 4.4 is die
9 betrokke
bladsy deur beide Viljoen en Behrmann onderteken. 'n
Spesiale spaarrekening genommer 09469192001 is by Saambou in
naam van
Viljoen en Behrmann geopen. Die skikking is deur die
Meester bekragtig.
16.
Daar was nie 'n strikte
nakoming van die bepalings van klousules 4.1 en 4.3 nie. Op 9 November 1988, die
datum van ondertekening van
die ooreenkoms, het Deysel 'n bedrag van R13 000,00
in kontant aan Trakman oorhandig wat Trakman op die spaarrekening in naam van
Viljoen en Behrmann inbetaal het; en op 6 Desember 1988 is 'n verdere bedrag van
R47 000,00 op die rekening inbetaal. Blykens die
dokumentasie wat by die stukke
aangeheg is, was die R47 000,00 die koopprys waarteen 'n maatskappy, Mineq
(Edms) Bpk, die "excluded
goods" aangekoop het. In plaas daarvan dat Mineg
(Edms) Bpk die bedrag aan die Dahkor-groep betaal wat dit op sy beurt aan H P
Krogh
en Viljoen betaal vir uiteindelike storting in die spaarrekening, is die
bedrag direk aan Trakman betaal wat dit in die spaarrekening
by Saambou inbetaal
het.
17. Op 6 Januarie 1989 is Dahkor Vervoer BK, Dahkor
10
Ontwikkelaars (Edms) Bpk en Dahkor Homes (Edms) Bpk op
aandrang van H P Krogh en Viljoen, die firma waarvan Viljoen
'n vennoot was, voorlopig gelikwideer. Die tweede respondent
(hierna "Cronje" genoem) is die likwidateur van die gemelde
liggame in likwidasie. In die finale likwidasie- en
distribusierekening
word H P Krogh en Viljoen as 'n skuldeiser
tot 'n bedrag van R60 000,00 gereflekteer, van wie 'n
kontribusie van Rl 212,25 gevorder word.
18. Op 7 Februarie 1989 is Trakman se kostes in sake
nommers
11693/88 en 14947/88 op 'n bedrag van R63 730,81
getakseer. Dit is soos volg saamgestel:
Saaknommer 11693/88 R30 734,70
Saaknommer 14947/88 R22 696,94
Tussenkoms van JH Erasmus
Rl0 299,17
TOTAAL R63 730,81
Tot sover die agtergrond.
In die korrespondensie wat by die
stukke aangeheg is, neem Cronje die houding in dat die geld in die gesamentlike
rekening in naam
van Viljoen en Behrmann die gelikwideerde Dahkor-maatskappye
toekom, en dat Trakman in sy hoedanigheid
11
as likwidateur van die maatskappy slegs aanspraak het op 'n konkurrente eis
vir sy kostes.
In ooreenstemming met hierdie houding huldig Viljoen deurgaans
die standpunt dat hy nie gemagtig is om in medewerking met Behrmann
uitbetaling
van die bedrag aan Trakman te veroorloof nie.
Dit is hierdie dispuut wat tot die huidige verrigtinge
aanleiding
gegee het waarin Trakman, as applikant, teen
Viljoen, as eerste respondent, Cronje, as tweede respondent,
Deysel, as derde respondent, Hebler, as vierde respondent en
Saambou, as vyfde respondent, aansoek doen om 'n bevel
"directing the First Respondent to slgn whatever documents are necessary to
procure payment to the Applicant of all monies standing
to the credit of a
special savings account number 09469192001 styled 'Viljoen and Behrmann' with
the Fifth Respondent".
Koste word slegs teen die
eerste en tweede respondente gevra.
Vreemd genoeg neem Cronje in sowel die aansoek as
die
appèl 'n volkome passiewe houding in. Hy beaam en
vereenselwig hom bloot met Viljoen se uiteensetting van die
feite en berus hom origens in die beslissing van die hof.
12 (Vandaar dat hy in die appèl as die tweede respondent verskyn
en nie as die tweede appellant nie.)
Die aansoek het voor Roux R gedien. Met Viljoen se
standpunt dat
hy nie geregtig was om uitbetaling te magtig
nie, het die hof a quo korte
mette gemaak:
"...it is clear from the papers, and indeed unassailable, that the money so paid
into the account did not emanate from the Dahkor
group but was in fact money
provided by other parties.
The bills of cost have now been taxed and I am at pains to try and establish why
the first and second respondents take up this dog
in the manger attitude.
I cannot see what the first respondent's interest in the matter is other than
that he is holding the money in terms of an agreement
about which he is fully
aware. He has certainly no defence to the matter. The second respondent, as the
liquidator of the Dahkor
group, could only have an interest if the money in fact
is money which could be described as being the property of the Dahkor group.
On
the papers it certainly is not."
Die gedagtegang is
skynbaar dit: omdat die geld nie van die Dahkor-groep afkomstig was nie, het
Cronje geen aanspraak daarop gehad
nie en gevolglik was Viljoen nie geregtig om
te weier om tot uitbetaling daarvan aan Trakman in te stem nie.
Die feitelike grondslag vir hierdie beredenering is na
my
13
mening verkeerd. R13 000,00 het blykbaar van Deysel gekom wat
per definisie deel van die Dahkor-groep was. Die oorblywende R47 000,00 was
die opbrengs van die verkoping van bates wat die Dahkor-groep
kragtens die
skikking toegekom het.
Volgens die bevel van die hof a quo moes die gehele bedrag in die rekening
aan Trakman uitbetaal word, al het dit op daardie stadium
'n R6 000,00 of wat
meer beloop as Trakman se getakseerde koste.
Verlof om teen die beslissing te appelleer is deur die hof a quo geweier
maar, soos reeds gesê, deur hierdie hof verleen.
Die vraag waarom dit hier eintlik gaan, is of Viljoen geregtig was om te
weier dat uitbetaling aan Trakman geskied.
Die antwoord op daardie vraag moet in die bepalings van die ooreenkoms gesoek
word. Dit was 'n skikking. Die Dahkor-groep, bestaande
uit verskillende
maatskappye, beslote korporasies en individue, staan as geheel in vir die
betaling van Trakman se kostes, ofskoon
slegs een van die groep na regte daarby
betrokke was: wat aansoek 11693/88 betref was
14
geeneen van hulle daarmee gemoeid nie aangesien Dahkor
Management Sales
BK, wat die respondent was, inderdaad nie bestaan het nie; en wat aansoek
14947/88 betref was slegs Dahkor Vervoer
BK 'n party daartoe. Na die skikking
was daar geen onenigheid of twis meer oor wie vir betaling van die koste
aanspreeklik was nie:
dit was die onderskeie lede van die Dahkor-groep,
klaarblyklik (ofskoon dit nie uitdruklik gesê is nie) gesamentlik en
afsonderlik.
Al onsekerheid wat daar nog geheers het, was oor die uiteindelike
omvang van die bedrag wat voorlopig op R60 000,00 geskat is. Die
skikkingsakte
bepaal hoe en aan wie betaling van die R60 000,00 moet geskied en wat moet
gebeur as daar óf 'n tekort óf
'n oorskot op die geskatte bedrag
sou wees. Omdat die Dahkor-groep vermoedelik nie 'n oorbetaling aan Trakman wou
maak en aldus met
'n eis vir terugbetaling opgeskeep sit nie en omdat die partye
waarskynlik wantrouig teenoor mekaar gestaan het, is besluit op die
meganisme
van 'n betaling eers in trust by H P Krogh en Viljoen, daarna aan die prokureurs
van die onderskeie partye gesamentlik.
Hulle moes die geld
15
beheer totdat die presiese omvang van die skuld bepaal is.
Die bedrag van
R60 000,00 moes op 11 November 1988 deur die Dahkor-groep betaal word. Daarna
sou hulle op 12 November 1988 geregtig
wees op die onvoorwaardelike en
onmiddellike loslating van die "excluded goods" in die pakhuis. Daarbenewens
bepaal klousule 7 soos
volg:
"7.
WITHDRAWAL OF ACTION.
7.1 If there are no disputes in regard to the
excluded goods then immediately
all of the excluded
goods have been released to THE DAHKOR GROUP,
and
provided that the said sum of R60 000,00 has been
paid into the
account referred to in 4 above,
TRAKMAN undertakes to withdraw the action
instituted
against DAHKOR VERVOER, DAHKOR ONTWIKKELAARS, DAHKOR
HOMES and
HEBLER under case no. 15321/88 out of the
Transvaal Provincial Division of
the Supreme Court.
7.2 In the event that there is
any dispute
regarding the excluded goods which the parties are
unable to
resolve, then the action shall continue in
respect of those disputed goods
only."
In werklikheid is die bedrag van R60 000,00 eers heelwat later
as 11 November 1988 in die Saambou-rekening inbetaal, sonder
dat dit via H P Krogh en Viljoen geskied het, en eers daarna
is die uitgeslote goedere vrygelaat en het Trakman sy aksie in
Saaknommer 15321/88 teruggetrek. Die feit dat die vrystelling
16 van die
goed en die terugtrekking van die aksie uitdruklik in
die ooreenkoms gekoppel word aan inbetaling van die bedrag van
R60 000,00 in die Saambou-rekening, is na my mening 'n
pertinente
aanduiding dat ontvangs van die geld op die gemelde
rekening in naam van Viljoen en Behrmann bedoel was as die
onmiddellike delging, altans tot op 'n kerf van R60 000,00,
van die skuld wat die Dahkor-groep kragtens die ooreenkoms op
hom geneem het. Omdat daar geen twis was oor die Dahkor-groep
se aanspreeklikheid vir betaling van die koste nie en omdat
sodanige aanspreeklikheid nie van 'n toekomstige onsekere
gebeurtenis afhanklik gestel is nie, het Viljoen en Behrmann
nie as sogenaamde "stakeholders" opgetree nie (sien Baker v
Probert
1985 (3) SA 429
(A) te 441B-E). Deur die geld in die
Saambou-rekening te stort, het sy via H P Krogh en Viljoen,
hetsy direk (soos inderdaad gebeur het), het die Dahkor-groep
hul verpligting onder die skikking tot op die hoogte van
R60 000,00 nagekom. In die skikkingsooreenkoms word die
rekening in naam van Viljoen en Behrmann as die instansie
aangewys aan wie betaling moet geskied. Viljoen en Behrmann
17
word deur Trakman gemagtig om dit namens hom te ontvang.
Albei van hulle
aanvaar die opdrag deur die dokument te
onderteken. Tot die mate van sodanige betaling het die lede
van die
Dahkor-groep dus ooreenkomstig die bepalings van die
skikkingsakte gepresteer en is hul gesamentlike skuld dermate
vereffen, met al die regsgevolge wat so 'n voldoening vir die
partye inhou. So gesien is die opmerkings van Botha AR in
Baker v Probert supra te 439C-D toepaslik:
"...it is important at the outset to bear in mind what the expression 'agent
of the defendant' means in the present context. It means
no more than the person
authorised by the defendant to accept payment of the purchase price by the
plaintiff. It connotes a mandate
by which the seller confers authority on the
agent (his mandatory) to represent him in the acceptance of the payment of the
purchase
price, with the consequence, in law, that payment to the agent is
equivalent to payment to the seller."
Sien ook 440D, 443F-G, 445C-E.
Dat die presiese omvang van die skuld nog finaliseer
moes word en dat daar dientengevolge óf 'n tekort óf 'n
oorskot op die skuld mag wees, doen aan bogemelde
gevolgtrekking geen afbreuk nie.
18
Die volgende vraag is hoe die likwidasie van sekere van
die lede
van die Dahkor-groep die situasie affekteer?
Daar is namens die appellant
betoog dat die skikkingsakte 'n mandaat aan Viljoen en Behrmann behels het om
die gelde te belê,
te administreer en ooreenkomstig die bepalings van die
skikkingsakte uit te betaal of te verdeel; dat die Dahkor-groep een van die
lasgewers was, tesame met Trakman; dat die likwidasie van 'n lasgewer die
onmiddellike beëindiging van sy mandaat tot gevolg
het (vgl. Goodricke
& Son v Auto Protection Insurance Company Limited (in liquidation)
1968 (1)
SA 717A)
te 722H-723C; 724E; Klein NO v South African Transport Services and
Others
1992 (3) SA 509
(W) te 513B-G); dat die likwidasie van een van die
lasgewers in die geval van 'n gesamentlike opdrag dieselfde effek moet hê;
en dat Viljoen, in die afwesigheid van toestemming van Cronje, gevolglik nie
meer oor die magtiging beskik het om met Behrmann saam
te werk om uitbetaling
aan Trakman te bewerkstellig nie.
Dat die skikking 'n mandaat behels, is onteenseglik so. Dit is 'n
multi-funksionele mandaat met meerdere fasette,
19 onder meer:
(a)
die opdrag deur Trakman aan
Viljoen en Behrmann om die geld wat inbetaal word, namens hom in ontvangs te
neem;
(b)
die opdrag deur Trakman aan Viljoen
en Behrmann om, na taksasie van sy rekening, uitbetaling aan hom te
bewerk-stellig van die bedrag
wat hom kragtens die skikkingsakte
toekom;
(c)
die opdrag deur die Dahkor-groep
aan Viljoen en Behrmann om die oorskot, indien enige, na aftrekking van wat
Trakman kragtens die
skikkingsakte toekom, aan die lede van die Dahkor-groep
terug te betaal.
In daardie opsig is die mandaat
dus, wat sy verskillende funksies betref, deelbaar.
Die eerste van daardie funksies is vervul toe betaling aan Viljoen en
Behrmann geskied het. Die verbintenis tot daardie besondere
prestasie is daarmee
voldoen en het aldus tot niet gegaan (vgl. De Wet en Van Wyk Kontraktereg en
Handelsreg, vyfde uitgawe 260).
Die latere likwidasie van een van die
gesamentlike lasgewers kon daaraan nie afdoen nie.
20
Tensy die transaksie vir die een of ander rede en
ooreenkomstig
tersaaklike statutêre bepalings as 'n vernietigbare regshandeling ongedaan
gemaak kon word - waarvan daar in die
stukke voor die hof geen sprake was nie -
was dit wat die partye betref gedane sake. Die Dahkor-groep het geen seggenskap
meer oor
die lotgeval daarvan gehad nie. Die likwidasie van sommige lede van die
Dahkor-groep sou alleen 'n effek op Viljoen se magtiging
kon hê as
betaling aan Viljoen en Behrmann nie gelykstaande was aan betaling, tot 'n
bedrag van R60 000,00, aan Trakman nie.
En omdat ek van mening is, vir die redes
vroeër vermeld, dat dit wel die geval is, kan die appellant se betoog na my
mening
nie slaag nie.
Namens die appellant is betoog dat McEwen NO v Hansa
1968 (1) SA 465
(A)
steun bied vir sy standpunt dat hy bloot 'n verteenwoordiger van die
Dahkor-groep was en dus nie strydig met Cronje se verbod
teen uitbetaling aan
Trakman, kon optree nie. Die betoog gaan nie op nie. Sowel die feite as die
vraag wat in daardie saak ter sprake
was, was anders as in die
21 onderhawige
saak. Kragtens 'n verbandakte was die verband-
skuldenaar verplig om sy afbetalings in 'n bougenootskaps-
rekening wat in naam van ene M geopen is, te stort. M moes
sorg dat die
delging van rente en kapitaal op die verband uit
gemelde rekening geskied.
Die verband-skuldenaar besorg aan
M 'n aantal tjeks, uitgemaak aan M, wat M
op sy beurt
endosseer en op die bougenootskaps-rekening inbetaal. Mspeel
daarna bankrot. Die vraag was of ay kurator op die geld in
die bougenootskapsrekening aanspraak het. Hierdie hof beslis
van nee. Ten opsigte van sowel die inbetaling op die
bougenootskapsrekening as die afbetaling op die verband was M,
so is op die feite bevind, bloot die skuldenaar se "agent"
(vgl. Premier Milling Co (Pty) Ltd v Van der Merwe 1989 (2) SA
1 (A) 8E-F) en dus nie op die geld geregtig nie. Daaruit kan
nie afgelei word dat Viljoen, vir doeleindes van uitvoering
van die skikking, in die onderhawige geval die Dahkor-groep se
"agent" was nie. Die vraag of die verbandskuldenaar se skuld
deur die inbetaling in die bougenootskapsrekening gedelg is,
en wat die effek van die skuldenaar se latere insolvensie
22 daarop sou
wees -die vrae wat in hierdie appèl ontstaan -was
glad nie in die McEwen-saak ter sprake nie. Die beslissing
help die
appellant gevolglik nie.
Twee aspekte bly oor. Die eerste het betrekking op die
bevel in
aansoek 14947/88 waarkragtens Erasmus, as
tussentredende party, gelas is om die koste te betaal wat
Trakman as gevolg van 'n uitstel verspil het. Blykens die
appellant se betoog kan die Dahkor-groep nie vir Erasmus se
skuld aanspreeklik gehou word nie. Normaalweg sou dit so
wees. Feit is egter dat die lede van die Dahkor-groep in
klousule 4.2 van die skikkingsakte onomwonde aanspreeklikheid
vir vreemde skuld aanvaar het. Die klousule spesifeer nie dat
die kostebevele teen een of meer van die lede van die Dahkor-
groep gemaak moes gewees het nie. Dit verg van Trakman om sy
koste te takseer
"in respect of those Orders for costs which have been awarded in his favour
pursuant to the determination of the applications under
case numbers 14947/88
and 11693/88 (both Transvaal Provincial
Division)."
Een van daardie kostebevele in aansoek
14947/88 was juis
23
dat Erasmus teenoor Trakman aanspreeklik is vir die
uitstelkoste. Na my
mening is dit duidelik dat klousules 4.2
en 4.4 ook op daardie kostebevel van
toepassing is.
Daarteenoor is aangevoer dat klousule 3.4 van die
"Recital"
nie van die kostebevel teenoor Erasmus gewag maak nie en dat
dit
aanduidend is daarvan dat die skikkingsakte alleen vir
betaling van
kostebevele teen die Dahkor-groep voorsiening
maak. Klousule 3.4 lui:
"On 13 October 1988 the DAHKOR GROUP launched an urgent application against
TRAKMAN for inter alia the release of the goods from
attachment. TRAKMAN opposed
the application and on Friday 25 October 1988 the application was resolved in
favour of TRAKMAN. THE
DAHKOR GROUP was ordered to pay the costs of that
application."
Behalwe dat dit Dahkor Vervoer BK en
nie die Dahkor-groep as
sodanig was wat gelas is om die koste te delg nie, is die
stelling korrek ofskoon onvolledig. Dit is onvolledig vir
sover Erasmus se kostebevel nie daarin vermeld word nie. Myns
insiens skep hierdie onvolledigheid nie 'n dubbelsinnigheid
wanneer dit met die duidelike bewoording van klousules 4.2 en
4.4 gekontrasteer word nie - maar indien daar wel so ' n
24
dubbelsinnigheid skuil, word dit volledig deur die
omringende
omstandighede opgeklaar. In sy repliserende verklaring
verklaar
Trakman naamlik:
"15.4 During evidence given to the Commissioner appointed by the Master for
purposes of conducting an enquiry in terms of Sections
417 and 418 of the
Companies Act it was admitted Erasmus was a front and that his intervention in
the proceedings was simply an attempt
to secure a procedural advantage and to
gain access to a warehouse of goods which had been attached and for purposes
other than those
stated by Erasmus in his papers.
15.5 During the discussions which preceded the conclusion of the agreement of
settlement it was made quite clear that the costs payable
by the Dahkor Group
(as defined) would include the costs occasioned by the intervention of Erasmus
who was a man of straw..."
Daar was geen poging deur
Viljoen om hierdie bewerings te
weerlê nie. Op die oog af is klousules 4.2 en 4.4 wyd genoeg
om ook die Erasmus koste-item in te sluit. Indien Viljoen
redes wou aanvoer waarom die klousules nie hul gewone
betekenis moet dra nie, was hy geroepe om oorweginge ter
ondersteuning daarvan te opper. Dit het hy nie gedoen nie.
Na my mening dek die skikkingsakte dus ook die bedrag van
RIO 299,17 wat ten opsigte van Erasmus se koste getakseer is.
25
Ten slotte is daar die vraag hoe klousule 4.4 en 4.5 van
die
skikkingsakte vertolk moet word. Trakman se getakseerde koste het R63 730,81
beloop. Dit oorskry die bedrag van R60 000,00 wat
die bedrag was wat in die
Saambou-rekening namens die Dahkor-groep inbetaal is. Op die stadium van die
aansoek het hierdie bedrag,
vanweë opgehoopte rente, reeds tot R69 766,13
aangegroei. Beteken dit nou dat Viljoen en Behrmann hoogstens R60 000,00 uit die
fonds aan Trakman moet betaal (soos namens die appellant betoog is) of R63
730,81 (soos namens die respondent betoog is) of al die
geld, soos die hof a quo
gelas het? Indien eersgenoemde soudit meebring dat Trakman slegs 'n konkurrente
eis vir die balans bo R60
000,00 teen die gelikwideerde lede van die
Dahkor-groep sou hê.
Na my oordeel is Viljoen en Behrmann verplig om die volle getakseerde bedrag
van R63 730,81 aan Trakman oor te betaal. Dit volg veral
uit die bewoording van
klousule 4.4 van die skikkingsakte waarvolgens
"...the funds standing to the credit of the special
26
savings account referred to in 4.3 above will be used to make payment thereof
..."
En weer:
"...to effect payment of such costs from the aforesaid
funds."
Die hele bedoeling van die klousule was om betaling
te
bewerkstellig van die koste-bevele wat in Trakman se guns
gemaak is. Omdat die presiese omvang daarvan eers by taksasie
bepaal sou
word maar die kwessie nie tot dan kon sloer nie, is
op die onmiddellike inbetaling van 'n geskatte bedrag in 'n
spesiale spaarrekening op naam van die partye se onderskeie
prokureurs besluit. Die klaarblyklike gedagte was dat
betaling van die getakseerde bedrag uit daardie rekening aan
Trakman sou geskied, mits die rekening natuurlik oor voldoende
fondse beskik om dit te kan doen. Die partye kon kwalik
bedoel het, ingeval die taksasie R60 000,00 oorskry en die
rekening wel oor voldoende fondse beskik om die hoër bedrag te
delg, dat Trakman net R60 000,00 uit die rekening sou ontvang,
dat die balans in die rekening aan die Dahkor-groep
terugbetaal moes word, en dat Trakman dan opnuut teen die
27
Dahkor-groep vir betaling van die tekort moes optree. So 'n
uitleg
maak weinig sin; dan word 'n blote skatting van 'n bedrag, sonder enige
opsigtelike rede om dit te doen, tot 'n selfstandige
kriterium verhef. Die
bedrag word in klousule 4.5 genoem omdat die partye die kwessie van rente buite
rekening gelaat het en onder
die indruk verkeer het dat die spaarrekening oor
hoogstens R60 000,00 sou beskik. Klousule 4.5 maak voorsiening vir die geval
waar
die getakseerde koste R60 000,00 oorskry en daar na verwagting dus
onvoldoende fondse in die rekening sou wees om die skuld te delg.
Dit beklemtoon
bloot dat indien Trakman se getakseerde koste die beskikbare fondse in die
rekening oorskry, die ooreenkoms nie as
'n afstanddoening vertolk moet word wat
Trakman verhoed om teen die lede van die Dahkor-groep vir die balans van sy
getakseerde koste
op te tree nie.
Trakman is gevolglik geregtig op betaling van ay getakseerde koste ten bedrae
van R63 730,81. Daar is egter geen saak uitgemaak dat
hy ook op die verdere
balans van die rekening geregtig is nie.
28
Laasgenoemde gevolgtrekking beteken dat daar met die
bevel van
die hof a quo ingemeng moet word vir sover daardie bevel impliseer dat die volle
bedrag in die rekening (R69 766,13) aan
Trakman oorbetaal moet word, selfs al
oorskry dit die bedrag van Trakman se getakseerde koste (R63 730,81).
Namens die appellant is betoog dat hierdie wending in die saak die appellant
op sy koste van appèl, insluitende die koste van
twee advokate, geregtig
maak. Daarmee kan ek nie akkoord gaan nie. Dié kwessie is glad nie in
óf in die appellant se
kennisgewing van appèl óf hoofde van
betoog geopper nie. Dit het vroegstens tydens die debat in hierdie hof ter
sprake
gekom. In elk geval dui dit, gedagtig aan die eintlike geskilpunt tussen
die partye, nie op wesenlike sukses vir die appellant nie.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Paragraaf 1 van die bevel van
die hof a quo word tersyde gestel en met die volgende bevel vervang:
"I. The first respondent is directed to sign whatever
29
documents are necessary to procure payznent to the applicant of
R63 730,81
out of the amount standing to the credit of a special savings account No.
09469192 001 styled 'Viljoen and Behrmann' with
the first respondent."
2. Origens word die appél met koste van die hand
gewys.
P M Nienaber AR
Hefer AR ) Goldstone AR ) Stem saam Howie AR ) Olivier Wnd AR)