About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 38
|
|
S v Visagie (113/93) [1994] ZASCA 38 (25 March 1994)
Saak No 113/93
IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
THEO RUDOLPH VISAGIE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, EKSTEEN, ARR et MAHOMED, WnAR
VERHOOR
: 10 Maart 1994
GELEWER
: 25 Maart 1994
UITSPRAAK
2
E M GROSSKOPF, AR
Hierdie appèl gaan net oor vonnis. Die appellant,
'n 31-jarige man, het voor die Streeklanddros van Roodepoort
skuldig gepleit op 'n aanklag van 'n oortreding van art 14 ,
(l)(b) van die Wet op Seksuele Misdrywe, no 23 van 1957,
deurdat hy 'n onbehoorlike of onsedelike daad met 'n meisie
onder die ouderdom van 16 gepleeg het. Hy het 'n verklaring
ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet, no 51 van 1977,
ingedien waarvan die relevante paragrawe soos volg lui:
"3. Ek erken dat ek op 19 Januarie 1992 in die dorpsentrum distrik Roodepoort
was.
4.
Ek erken dat ek toe en daar
'n onsedelike daad met 'n meisie onder 16 jaar gepleeg het te wete CONSTANCE
MAKHUBELA welke persoon 11
jaar oud is.
5.
Ek
erken dat, alhoewel ek nie bewus was van haar ouderdom nie, ek die moontlikheid
voorsien het dat sy onder die ouderdom van 16 jaar
was en my met daardie
moontlikheid versoen het.
6.
Ek erken dat ek
die gemelde onsedelike daad met die gemelde CONSTANCE MAKHUBELA gepleeg het
deurdat, nadat ek haar op die betrokke
dag raakgeloop het, en op pad huis toe
saam met haar gestap het. Ons het gesels en nadat ons agter 'n winkelsentrum
ingestap het
te wete by
3
AVBOB het ons besluit om te vry. Daar het ek toe, nadat sy teenoor my kom staan
het met my vinger in haar geslagsdeel gespeel en
het ek my privaatdeel binne
haar geslagsdeel ingeplaas; oppervlakkig, nadat sy haar bene oopgemaak het en ek
haar broekie weggetrek
het. Ek het toe onmiddellik gevoel dat sy nog klein is en
vir haar gesê ons moet dit los en dat sy moet huis toe loop. Daar
is ek
ook huis toe."
Op grond van hierdie
verklaring is die appellant skuldig bevind. Geen getuienis is gelei t o v vonnis
nie, maar die appellant se prokureur
het die hof toegespreek en in die loop van
sy betoog besonderhede oor die appellant se persoonlike omstandighede verstrek.
Dit blyk
dat die appellant 'n konstabel in die S A Polisie was met nege jaar
diens ten tyde van die voorval. Hy het die misdaad gepleeg in
sy polisie-uniform
terwyl hy op pad huis toe was. Hy is getroud en het drie kinders. Hy is 'n
eerste oortreder.
Na oorweging van die omstandighede van die saak het die landdros die
appellant gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
vir vyf jaar
opgeskort is
4
op voorwaarde dat hy nie aan verkragting of 'n oortreding van
art 14(1)
van Wet 23 van 1957 wat gedurende die tydperk van
opskorting gepleeg is,
skuldig bevind word nie. 'n Appêl teen
hierdie vonnis na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het
misluk. Met die nodige verlof kom die appellant nou in hoër
beroep na
hierdie hof.
Namens die appellant is betoog dat
die
streeklanddros verskeie mistastings begaan het
wat ons sou
regverdig om die vonnis tersyde te stel en opnuut vonnis op
te lê. Die belangrikste hiervan word gevind, so is betoog, in
die volgende passasie uit die uitspraak:
"Die gemeenskap oordeel die hof beskou hierdie tipe van daad met afkeur.
Onberekenbare skade word aan die psige van so 'n kind gedoen
en daar word in
haar dinge wakker gemaak wat nog moes geslaap het. Die getuienis wat 'n mens
vandag oral in die howe hoor en ook
oor die media lees en hoor is dat sodanige
misbruik van 'n kind lewenslange letsels op daardie kind kan laat. Nou die hof
het nou
nie getuienis in hierdie geval gehoor of daar nou wel letsels is nie,
maar die hof kan kwalik glo dat 'n kind van 11 jaar nie deur
hierdie optrede
geraak sou gewees het nie en die hof oordeel dat die gemeenskap veral vandag se
dae waar hierdie tipe van molestering
en misbruik van kinders aan die orde van
die dag is, seker met reg kan vra dat
5
vonnisse opgelê moet word wat werklik afskrikwaarde het en wat ook straf
sal inhou."
'n Mens moet in gedagte
hou dat hierdie passasie in
'n ex tempore uitspraak voorkom en dat dit nie die logiese
uiteensetting
bevat wat 'n mens in 'n voorbehoude uitspraak
kan verwag nie. By ontleding
vind 'n mens myns insiens dat
die landdros verskeie gedagterigtings verweef
het wat logies
soos volg gerangskik kan word:
1. Hierdie tipe van molestering en misbruik van
kinders is aan die orde van
die dag.
2. Getuienis in die howe, en publikasies in die media, dui aan dat sodanige
misbruik van 'n kind lewenslange letsels op daardie kind
kan laat.
3. Die gemeenskap oordeel hierdie tipe van daad met afkeer, en vra met reg dat
vonnisse opgelê word wat werklik afskrikwaarde
het en wat ook straf sal
inhou.
4. Wat die klaagster betref, het die hof nie getuienis gehoor of daar wel
letsels is nie, maar
6
die hof kan kwalik glo dat 'n kind van 11 jaar nie deur hierdie optrede
geraak sou gewees het nie. Appellant se advokaat het nie kapsie
gemaak teen die
stellings in paragrawe 1 en 3 nie, m i tereg. Dat hierdie tipe misdaad dikwels
voorkom is 'n feit waarvan die landdros
uit eie ondervinding kennis sou dra en
wat hy in aanmerking mag neem by vonnisoplegging. En dit is nie verkeerd om die
afsku van
die gemeenskap op ewewigtige wyse in die vonnis te weerspieël
nie. Sien
R v Karg
1961 (1) SA 231
(A) op bl 236 A-C en
S v
Skenjana
1985 (3) SA 51
(A) op bl 55 B-C.
Namens appellant is daar wel beswaar gemaak teen die stellings wat ek in
paragrawe 2 en 4 beliggaam het. Paragraaf 2 bevat 'n feit
wat so algemeen bekend
is dat die landdros m i regterlike kennis daarvan kon neem. Vandag word algemeen
aanvaar dat kindermolestering
ernstige skade aan die slagoffers daarvan kan
berokken. Dit is om hierdie rede, o m, dat die publiek sulke dade verafsku en,
trouens,
dat wetgewing soos dié waarmee ons tans te doen het, op die
7
wetboek verskyn. Dit sou natuurlik verkeerd wees van die
landdros om van die veralgemening dat sulke dade erg skadelik
kan wees af
te lei dat daar inderdaad in die onderhawige
geval ernstige skade was. Soos ek sy uitspraak lees het hy
dit egter nie gedoen nie. Weliswaar begin hy hierdie passasie
deur te sê dat "onberekenbare skade aan die psige van so 'n
kind ... gedoen" word, maar gaan dan voort om te praat van
letsels wat gelaat
kan
word. Dit wil dus voorkom dat hy nie
beskou het dat ernstige psigiese skade 'n noodwendige gevolg
van sulke dade sou wees nie. En wanneer hy by die spesifieke
geval kom wat voor hom dien, noem hy uitdruklik in stelling 4
dat hy geen getuienis in hierdie verband aangehoor het nie,
en bevind hy slegs dat hy kwalik kan glo dat 'n kind van elf
jaar nie deur hierdie optrede geraak sou gewees het nie.
Hiermee kan ek geen fout vind nie. Dit is vir my ook feitlik
ondenkbaar as 'n saak van algemene waarskynlikheid dat 'n
daad van hierdie aard, gepleeg deur 'n volwasse man op 'n
elfjarige kind, geen psigiese skade of, minstens,
8
beïnvloeding ten slegte, sou veroorsaak het nie.
Die gewraakte
passasie bevat dus na my mening geen mistasting nie.
Die ander beweerde mistastings waarop die appellant hom beroep, het m i niks
om die lyf nie en hoef nie indiwidueel oorweeg te word
nie.
Die verdere vraag is dan of die vonnis so hoog is dat dit op 'n onbehoorlike
diskresie-uitoefening deur die landdros dui. Ingevolge
art 22(f) van Wet 23 van
1957 is die bevoegde vonnis vir 'n oortreding van art 14 (l)(b) gevangenisstraf
vir 'n tydperk van hoogstens
ses jaar, met of sonder die keuse van 'n boete van
hoogstens R12 000. In ag genome hierdie maksimum vonnis is die appellant se
straf
inderdaad swaar. Ons is verwys na 'n aantal sake waar ligter vonnisse
opgelê.is (soos
S v S
1965(4) SA 405 (N);
S v S
1977(3) SA
830 (A); en
S v D
1989(4) SA 225 (K)) maar die feite en getuienis in
daardie sake het soveel verskil van die onderhawige dat ek hulle nie behulpsaam
gevind het nie.
9
In die onderhawige geval het die landdros 'n aantal
verswarende faktore in
ag geneem. Afgesien van die algemene
voorkoms van die oortreding en die
openbare afsku wat dit wek
(waarna ek reeds hierbo verwys het) het die
landdros gewig
geheg aan die appellant se posisie as konstabel, na wie die gemeenskap
behoort te kan opsien vir beskerming; na die jeug van die klaagster;
en na die
aard van die dade wat gepleeg is. Hierdie faktore is m i inderdaad verswarend.
Teen hierdie verswarende faktore het die
landdros die versagtende faktore
opgeweeg, en 'n vonnis opgelê wat hy as gepas beskou het. Na versigtige
oorweging meen ek
nie dat die vonnis wat ek sou opgelê het as ek hierdie
saak in eerste instansie verhoor het, soveel sou verskil het dat ek
kan oordeel
dat die landdros nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie.
Voor ons is daar verder betoog dat hierdie 'n geval is waar 'n vonnis van
korrektiewe toesig kragtens art 276 (1) (h) van die Strafproseswet
'n gepaste
straf sou wees. Dit is egter gemene saak dat sodanige vonnis nog nie regtens
10
veroorloof was in die Roodepoortse landdrosdistrik ten tyde
van
vonnisoplegging deur die landdros nie. Die landdros kan
dus nie verkwalik
word dat hy nie sodanige vonnis oorweeg of
opgelê het nie. En ons kan onder hierdie omstandighede alleen
'n vonnis van korrektiewe toesig oplê, of die saak na die
landdroshof terugverwys vir die oorweging van so 'n vonnis,
as ons die bestaande vonnis tersyde stel op grond daarvan dat
dit om een of ander rede onvanpas was. Sien
S v R
1993 (1)
SA 476 (A) op bl 485 A-G;
Prokureur-Generaal, Noord-Kaap v
Hart
1990 (1) SA 49
(A). Om die redes wat ek hierbo
uiteengesit het, meen ek nie dat ons geregtig is om die
appellant se vonnis tersyde te stel nie en kan ons dus ook
nie die bevel gee wat die appellant aanvra nie. Dit beteken
egter nie dat die appellant noodwendig die voordeel van 'n
vonnis van korrektiewe toesig moet verbeur nie. Kragtens art
276A (3) van die Strafproseswet kan die Kommissaris van
Korrektiewe Dienste in 'n geval soos die huidige, indien hy
van oordeel is dat die appellant geskik is om aan korrektiewe
11
toesig onderwerp te word, die appellant voor die hof waarin hy gevonnis was
laat verskyn sodat sy vonnis heroorweeg kan word.
Die appél word afgewys.
E M GROSSKOPF, AR
EKSTEEN, AR ) stem MAHOMED, WnAR ) saam