S v Mosemeng and Another (623/92) [1994] ZASCA 35 (25 March 1994)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Dolus eventualis — Appellants convicted of robbery and murder, appealing against death sentence — Evidence showed appellants attacked 64-year-old victim with blunt objects, resulting in fatal injuries — Court found that although violence was not extreme, it was sufficient to cause death — Appellants acted with dolus eventualis, foreseeing possibility of death but proceeding recklessly — Court upheld death sentence based on severity of attack and circumstances of the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 35
|

|

S v Mosemeng and Another (623/92) [1994] ZASCA 35 (25 March 1994)

Saak no 623/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
JAN MOSEMENG
Eerste Appellant
PHILEMON SEKGOME
Tweede Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram: HEFER, EKSTEEN et NIENABER, ARR
Verhoor
: 8 Maart 1994
Gelewer: 25 March 1994
UITSPR
AAK
EKSTEEN
, AR :
Die twee appellante is in die Kalahari Rondgaande Plaaslike Afdeling skuldig
bevind aan roof, met verswarende omstandighede, en aan
moord. Op die aanklag van
roof is die eerste appellant tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis, en die tweede
appellant tot 9 jaar.
Op die aanklag van moord is albei die doodvonnis
opgelê. Die huidige appèl is slegs teen laasgenoemde vonnis
gerig.
Dit blyk uit die getuienis dat die twee appellante die aand van 20 April 1992
na die plaas Oopuitsig in die distrik Vryburg gegaan
het. Dit was die plaas van
mnr Lucas Cornelius
.../ 2
2
Pieterse (die oorledene). Hy was 'n 64-jarige vry-gesel wat alleen op die
plaas gebly het. Hy was by 'n vorige geleentheid ook op
die plaas aangeval, en
daarna het hy die gewoonte gehad on elke aand by sy broer mnr Johannes Anthonie
Pieterse op 'n buur-plaas
te gaan slaap. Hulle het hom blykbaar vir aandete
verwag. Soms het hy om sewe-uur daar op-gedaag, en soms so laat as tien-uur.
Hulle
het nie juis vir hom gewag nie, maar slegs sy aandete in die kombuis gelos
en die buitelig vir hom aan-gelaat. As 'n verdere voorsorg
teen aanvallers het
oorledene 'n geelektrifiseerde heining om sy opstal laat span.
Die oorledene het boorwerk gedoen vir
... / 3
3
grondeienaars in Bophuthatswana en in die omliggen-de distrikte. Hy het ses
boormasjiene gehad en sy besigheid op 'n streng kontantbasis
bedryf. Gevolglik
het hy dikwels groot somme geld by hom gehad. Van die geld het hy in 'n kluis op
sy broer se plaas gebêre,
maar dikwels met 'n bondel note in sy hempsak
rondgeloop. Dat hy gewoonlik heel-wat geld by hom gehad het, was vry algemeen
bekend,
en mense het dikwels by hom geleen om byvoor-beeld pompenjins op hul
boorgate te sit. By een geleentheid het hy R8000 aan 'n huurmotorbestuur-der
geleen om 'n taxi te koop.
Toe die twee appellante die aand van 20 April 1992 by die opstal op Oopuitsig
opdaag,
... /4
4
het hulle voor die geëlektrifiseerde draadheining te staan gekom.
Volgens 'n foto wat by die verhoor ingehandig is, was daar
'n sement muurtjie
effens hoër as, en onmiddellik langs die onderste ge-ëlektrifiseerde
draad, vermoedelik om te verhoed
dat mense of diere onder die draad deurkruip.
Hierdie muurtjie het egter opgehou ongeveer 'n tree of wat van die een hoekpaal,
en
dit was net hier waar die appellante die grond weggekrap het om 'n opening te
maak vir hulle om onder die draad deur te skuur.
Die tweede appellant sê in 'n verkla-ring dat dit ongeveer 10 n m was
dat hulle die per-seel betree het. Hulle het blykbaar
die oorledene
.../ 5
5
in sy motorhuis aangetref en hom daar aangeval deur hom met 'n ronde yster
pyp en 'n driehoek-yster, soortgelyk aan dié van
'n windpompvoetstuk, te
slaan. Die pyp was 660 m m lank, met 'n deur-snee van 35 m m , en het ongeveer 1
kg geweeg. Die driehoekyster
was 900 m m lank, met plat kante van 38-40 m m
breed en 2 m m dik. Dit het onge-veer 2 kg geweeg. Daar was ook 'n stuk van 'n
boor-gat
stang gevind met 'n moer aan die een kant wat bloedvlekke op gehad het
en dus ook in die aanval gebruik kon gewees het. Dit was 610
m m lank en was van
soliede yster met 'n deursnee van 15 m m.
Die appellante het oorledene verskeie
.... / 6
6
houe oor sy kop, gesig, nek, bors, buik, en die boonste en onderste ledemate
toegedien. Die dis-triksgeneesheer het by die lykskouing
33 verskil-lende
laserasies en kneusings aan die lyk gevind. Die oorledene het blykbaar sy
bewussyn verloor as gevolg van die aanranding.
Die appellante het toe sy hande
met swart binddraad agter sy rug vasgemaak en hom na die woonhuis geneem. Daar
het hulle vermoedelik
sy voete en ook sy hande met 'n blou nylon tou vasgemaak,
en hom in sy slaapkamer langs sy bed laat lê. Daarna het hulle die
telefoon-draad in die huis afgesny, die huis toegesluit, en die perseel verlaat
op dieselfde manier as wat hulle ingekom het. Al
wat hulle gesteel het blyk
... / 7
7
'n aktetas met dokumente; die oorledene se bos sleutels; 'n gelaaide 6.35
Beretta pistool, en 'n videokamera, te wees. Die videokamera
is ver-moedelik uit
die oorledene se bakkie wat voor die motorhuis gestaan het geneem, en die ander
voor-werpe kon ook daaruit geneem
gewees het.
Die oorledene is dood as gevólg van sub-durale en sub-arachnoidale
bloeding. Die bevinding van die distriksgeneesheer was dat
die dood ongeveer 9 v
m van die volgende dag ingetree het dws ongeveer 10 tot 11 uur nadat hy die
kopbeserings opgedoen het. Daar
kon geen skedel-breuk gevind word nie, en, met
die oog op die yster-stawe wat vermoedelik gebruik is in die aanval,
.... / 8
8
was die geneesheer se aEleiding dat die appellante nie uiterste geweld
gebruik het toe hulle die oor-ledene geslaan het nie. Die geweld
was egter
vol-gehoue genoeg, en hard genoeg om die bloeding op die brein te veroorsaak. Na
die geneesheer se mening was dit 'n "erge
aanranding" gewees en moes al die houe
op die kop bygedra het om die brein-bloeding te veroorsaak het.
In die kamer waarin die lyk gevind is, was daar bloedvlekke teen een van die
mure wat daarop kon dui dat die oorledene op 'n stadium
orent gekom het en teen
die muur gestaan het.
Die volgende oggend om ongeveer 9.30 v m het mnr Theunissen, een van die
oorledene se
..../9
9
bure, 'n berig ontvang as gevolg waarvan hy na oor-ledene se plaas gegaan
het. Op weg soontoe het hy die oorledene se broer teëgekom
en hulle is saam
na die plaashuis. Alles het in orde gelyk. Albei oorledene se bakkies was daar -
die een in die motorhuis en die
andereen net buitekant. Die heining was egter
nog geëlektrifiseer en hulle kon nie by die huis kom nie. Die plaaswerkers
het
ook voor die hek gesit en wag. Hulle het om die omheining geloop en die plek
gekry waar daar 'n gat onder die draad gegrawe is. Hulle
is hierop terug na mnr
Theunissen se huis, vanwaar hulle die polisie van die toedrag van sake in kennis
gestel het, en ook vir Evkom
ontbied het om die elektriese
..../ 10
10
stroom in die heining te kom afsny. Nadat dit gedoen is, is mnr Theunissen na
die opstal. Hy het die diefwering van een van die vensters
af-gesaag, toegang
tot die huis gekry, en die oorle-dene se lyk ontdek. Hy was toe reeds dood en
koud.
Die eerste appellant was 28 jaar oud en het tot by std 5 op skool gevorder.
Die verhoor-hof het bevind dat hy 'n "relatief ontwikkelde
man" was en geensins
"ongekunsteld, naïef of onintelle-gent" nie. Hy het 10 vorige veroordelings
weens diefstal erken, en een
weens huisbraak met die op-set om te steel en
diefstal. Hierdie oortre-dings is tussen 1981 en 1990 gepleeg. Al die aanklagtes
blyk
van 'n betreklike geringe aard te
.... / 11
11
gewees het, en hy het slegs by vier geleenthede tronkstraf uitgedien -
driekeer vir vier maande en eenkeer vir 16 maande. Hy het geen
oortredings weens
geweldsmisdade nie.
Die tweede appellant is 31 jaar oud en 'n eerste oortreder, wat daarop dui
dat hy nie 'n gewelddadige persoon is nie (
S v Senonohi
[1990] ZASCA 93
;
1990 (4) SA 727
(A) op 733 I-J). Dit het die ver-hoorhof genoop om - hoewel teësinnig - in
sy guns te aanvaar dat hy rehabiliteerbaar is. Hy
het tot std 7 op skool
gevorder en daarna by 'n myn naby Thabazimbi gaan werk. Soos met die eerste
appellant het die verhoorhof bevind
dat die tweede appellant nie die indruk
geskep het van 'n
..../ 12
12
"ongekunstelde plattelander" nie, maar dat hy pre-sies geweet het "hoe om sy
seile na die wind te span". Dit is ook teen albei die
beskuldigdes gehou dat
hulle geen tekens van berou getoon het nie.
Die hof het bevind dat die
appellante nie vooraf die dood van die oorledene beplan het nie, en ongewapen
die omheinde perseel betree
het. Die pyp en die ysterstaaf waarmee hulle die
oorledene geslaan het,is in alle waarskynlikheid daar op die perseel opgetel. In
die lig van die geneesheer se toegewing dat die aanvallers nie uiterste geweld
gebruik het by die toedien-ing van die houe op die
oorledene se kop, en
... / 13
13
geen skedelbreuk veroorsaak het nie, het die hof bevind dat die opset by die
appellante slegs
dolus eventualis
was - dws dat hulle inderdaad die
moont-likheid voorsien het dat hy as gevolg van hul aan-randing kon sterf, maar
desnieteenstaande
voort-gegaan het om hom aan te rand "roekeloos oor die gevolge
van hulle handelinge".
Verswarend het die hof bevind dat die 64-jarige oorledene "op 'n brutale en
ernstige wyse aangerand is"; dat sy aanvallers waarskynlik
geweet het dat hy
alleen op die plaas sou wees; dat hulle "totaal roekeloos was"; en dat daar veel
meer geweld toegepas was as wat
nodig sou gewees het om die oorledene se
weerstand te
.... / 14
14
oorkom". Die hof het ook bevind dat die appellante
uit-eindelik die ernstig beseerde oorledene met "bloudraad" vasgemaak in die
huis
aan sy lot oorgelaat het nadat hulle die telefoondraad afgesny het. Dit,
het die hof bevind, "dui op 'n totale gevoelloosheid aan
hulle kant."
Luidens die bepalings van artikel 277(2) van die Strafproseswet 51 van 1977
("die Wet") word dit aan die verhoorhof opgedra om, met
inag-neming van die
getuienis en betoë oor vonnis, 'n bevinding uit te bring oor die aan- of
afwesigheid van enige strafversagtende
of - verswarende faktore. Die
voorsittende regter sal dan, met inagneming van daardie bevinding, die
doodvonnis oplê slegs
indien hy oortuig is dat dit die enigste gepaste
vonnis
... / 15
15
is. (
S v Nkwanyana and Others
[1990] ZASCA 95
;
1990 (4) SA 735
(A) op 745 E-F.) By 'n
appèl kan hierdie hof, in-dien hy van oordeel is dat hy self nie die
dood-vonnis sou opgelê het
nie, die vonnis tersyde stel en die straf
oplê wat na sy oordeel gepas is. (Artikel 322 (2A).) Ons is dus geroepe om
opnuut
'n eie oordeel te vel oor die toepaslikheid al dan nie van die opgelegde
doodvonnis, en uitdrukking aan daardie oordeel te gee. Uiteraard
sal hier-die
hof opnuut kyk na die strafversagtende en- ver-swarende faktore wat uit die
getuienis blyk.
In die verlede het hierdie hof hom by verskeie geleenthede sterk uitgelaat
oor die. ernstige lig waarin aanvalle op weerlose en
..../ 16
16
onskuldige slagoffers in hul eie huise, en veral op afgeleë plase,
beskou word (cf
S v Khibe
1993 (2) SASKV 1 op 4 c-i en die gewysdes daar
aangehaal), en is doodvonnisse in sulke gevalle telkemale be-kragtig. In die
algemeen
gesproke bly dit steeds die siening van hierdie hof. Dit kan egter nie
afdoen van die plig van die hof om oor die be-sondere omstandighede
van elke
geval individueel te besin nie. In die onderhawige geval het die verhoorhof dit
as 'n verswarende faktor aangemerk dat die
oorledene "klaarblyklik" alleen op
die plaas was, en dat dit vir die hof wou voorkom "asof die afleiding
geregverdig is dat sy aanvallers
dit geweet het". Die getuienis was egter dat
die
.../ 17
17
oorledene nie op sy plaas oornag het nie, maar dat hy saans na sy broer op
die buurplaas gegaan het en daar geslaap het. Die aanduiding
is dat hy
normaalweg vir aandete so om en by 7 n m daar verwag is. As die appellante dus
geweet het dat die oorledene alleen op die
plaas gebly het, soos waarskynlik die
géval was, sou hulle besmoontlik ook van hierdie gebruik kennis gedra
het. Hier-die
afleiding word versterk deur die getuienis dat hulle eers om
ongeveer 10 n m, sonder enige wapens, by die plaashuis opgedaag het.
Hulle opset
was om te steel en hulle het waarskynlik nie verwag om die oorledene nog daar te
kry nie. Die
..... / 18
18
waarskynlikhede dui voorts daarop dat hulle eers bewus geword het van die
oorledene se teenwoor-digheid in die motorhuis nadat hulle
onder
die-geëlektrifiseerde heining deurgekruip het. Hulle het hulle toe bewapen
met wat byderhand was en hom aangeval.
Alhoewel die aanranding blykbaar lang-durig en volgehoue was, was dit nie met
uiterste mag en mening deurgevoer nie. Die direkte op-set
was nie om die
oorledene dood te maak nie, maar eerder om hom buite aksie te stel sodat hulle
hom kon beroof. Die moontlikheid dat
die oorledene as gevolg van hierdie
ernstige en
..../ 19
19
volgehoue aanranding kon beswyk, moes hulle egter besef het, en tog het hulle
daarmee voort-gegaan ongeag of die dood sou intree of
nie. Daarom is hulle, van
dolos eventualis
, skuldig aan moord. Dit het die verhoorhof ook gevind.
Daarna het hulle die oorledene na sy woonhuis geneem. Waarom hulle dit gedoen
het, blyk nie uit die getuienis nie. Daar is geen aanduiding dat hulle
daadwerklik iets uit die woonhuis gesteel het nie. Die sakkie
waarin die
videokamera was, tesame met sy ander toebe-hore, is in die bakkie gevind, wat
daarop dui dat die videokamera uit die bakkie
gesteel is. Die
.../ 20
20
aktetas met dokumente en die pistool sou heelwaar-skynlik ook in die bakkie
gewees het. Die bos sleutels sou na alle waarskynlikhede
óf in die
oor-ledene se broeksak gewees het, óf in die bakkie -kwalik in die huis.
Daar is dus, op die waarskyn-likhede,
geen aanduiding dat hulle enigiets uit die
huis gesteel het nie. Dit is hulle voorts deur die verhoorhof as verswarend
toegereken
dat hulle die telefoondrade afgesny het. Die hof het bevind dat
"hierdie handeling aanduidend is van die koelbloedigheid van die
aanvallers en
dui op 'n totale gevoelloosheid aan hulle kant". Ek dink nie dat dit heeltemal
'n geregverdigde afleiding
.... / 21
21
is nie. Die oorledene was nog nie dood toe hy na die huis geneem is nie -
trouens die dood het eers sowat 11 uur na die aanranding
ingetree. Hoe-verre hy
toe nog by sy bewussyn was, is ook nie duidelik op die getuienis nie. Die
aanduiding is daar, soos ek reeds
daarop gewys het, dat hy by ge-leentheid in so
'n mate by sy bewussyn was dat hy opgestaan het en teen die muur geleun het. Sy
hande
was weliswaar agter sy rug vasgemaak gewees, maar die appellante kon
moontlik gedink het dat op so 'n plaaslyn die oorledene miskien
kontak met
iemand sou kon maak. Die buitewerkingstelling van die telefoon was dus
waarskynlik gedoen om hul eie veligheid te probeer
verseker, eerder dan as
.../ 22
22
teken van hul koelbloedige gevoelloosheid teenoor die lot van die
oorledene.
Al hierdie faktore neig om die om-standighede van hierdie saak buite die
kader van sake soos
S v Khiba
(
supra
);
S v Shabalala and
Others
1991 (2) SASK 478
(A); en
S v Khundulu and Another
1991 (1)
SASK 470
(A) te neem. Dit bly. egter 'n baie ernstige oortreding en kan miskien
as 'n grensgeval gesien word, maar by sorgvuldige oorweging
het ek uiteindelik
tot die gevolgtrek-king gekom dat dit nie gesê kan word dat die
dood-vonnis die enigste gepaste vonnis is
nie. Die afskrikkende, voorkomende en
vergeldende oog-merke van straf kan na my mening voldoende gedien
... /23
23
word en die samelewing beskerm word deur die op-legging van 'n lang tydperk
van gevangenisstraf. Dit geld veral vir die tweede appellant
wat 'n eerste
oortreder is. Dit geld miskien nie in dieselfde mate vir die eerste appellant
nie, maar as die aard en die erns van
die voorval in sy ge-heel in oënskou
geneem word, dan dink ek nie dat daar enige wesenlike rede bestaan om 'n
onder-skeid tussen
die vonnisse van die twee appellante te maak nie.
Gevolglik slaag die appel. Die dood-vonnis word, in die geval van elkeen van
die ap-pellante tersyde gestel en vervang met 'n vonnis
van 25 jaar
gevangenisstraf. Dit word beveel
..../ 24
24
dat die vonnis elkeen opgelê op die eerste aanklag van roof sal
saamloop met die vonnis opgelê op die aanklag van moord.
J.P.G. EKSTEEN, AR
HEFER, AR )
NIENABER, . AR ) stem saam