Baldric Farms (Pty) Ltd v Wessels (309/92) [1994] ZASCA 31; 1994 (3) SA 425 (AD); [1994] 2 All SA 320 (A) (25 March 1994)

70 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Property — Water rights — Unlawful interference with natural water flow — Appellant claiming damages for alterations made by respondent to river boundaries affecting water distribution — Respondent's actions included raising a weir and altering land contours, leading to flooding and damage to appellant's property — Legal issue centered on whether respondent's modifications constituted unlawful interference with appellant's water rights — Court held that respondent's actions were unlawful and awarded damages to appellant for the resultant harm caused by the alterations.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 31
|

|

Baldric Farms (Pty) Ltd v Wessels (309/92) [1994] ZASCA 31; 1994 (3) SA 425 (AD); [1994] 2 All SA 320 (A) (25 March 1994)

Saaknommer 309/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
BALDRIC FARMS (PTY) LTD
Appellant
en
KAREN WESSELS
Respondent
Coram
: Joubert, Kumleben, Eksteen, Nienaber et Howie ARR
Datum van verhoor
: 17 Februarie 1994
Datum qelewer
: 25
Maart 1994
JOUBERT
AR:
2
UITSPRAAK
Hierdie is 'n appèl teen 'n uitspraak van NEL R
in die Kaapse Provinsiale Afdeling, die terme waarvan hierin later toegelig
word. Met verlof van die Hof
a guo
kom die appellant (die "eiser") tans
in hoër beroep na hierdie Hof. Die eiser is 'n filiaal van Baldric Holdings
(Pty) Ltd wie
se aandele deur die Wilson Family Trust in trust gehou word.
Wilson is trustee van laasgenoemde en direkteur van die eiser.
Die Dwarsrivier het sy oorsprong in die Banhoekberge agter Stellenbosch.
Aanvanklik vloei dit oor staatsgrond met digte, ruie
acacia longifolia
en
ander plantegroei aan weerskante daarvan toegegroei. Daar is 'n pad op die
staatsgrond wat oor 'n lae sementbrug (
causeway
) gaan. Laer af vorm die
middellyn van die Dwarsrivier die grens tussen die oewerplase van die eiser en
die respondente
3
(die "verweerderes"). Stroomaf is die eiser se
plaas Baldric Farms (voorheen Oaklands) aan sy regteroewer en die verweerderes
se plaas
Floradale aan sy linkeroewer geleë. Later sluit die Dwarsrivier by
die Bergrivier aan.
Ongeveer teen die einde van die berghelling maak
die Dwarsrivier 'n skerp draai eers na links en dan 30/40m verder na regs om as
kanaal
4 met 'n boog in die vallei af te vloei. Waar dit na links gedraai het,
is 'n afleisloot
(kanaal 1) na regs oor 'n afstand van 350 na 390m tot by die
verdelingsluis (
diversion box
) uitgegrawe. By laasgenoemde is die
afgevoerde water kragtens 'n waterhofbevel verdeel om na Baldric Farms en die
buurplaas van ene
Wood geneem te word terwyl die oortollige water in 'n sloot
terug na kanaal 4 vloei.
Ten einde die afvloei van water vanuit die Dwarsrivier in kanaal 1 te
bewerkstellig, is daar elke somer
'n keerwal (
weir
) net verby die aftakking van kanaal 1 in
die
4
rivier gebou waar hy 5,4m wyd was. Die konstruksie van die keerwal was
ongesofistikeerd. Dit het uit rivierklippe wat op die rivierbodem
gepak is,
bestaan. Grond is daarop gegooi om dit waterdig te maak. Twee lae kunsmissakke
gevul met sand is daarop geplaas. Dit was
ongeveer 1m hoog en l,5m breed. Dit
kon nie betwis word nie dat die keerwal vir etlike dekades tot November 1982
praktiesgesproke
waterdig was nie. Met die koms van die winterreëns nadat
die besproeiïngstydperk verby was, het die keerwal jaarliks
weggespoel.
Die gebied tussen kanale 1 en 4 vanaf die keerwal tot waar kanaal 1 by
kanaal 4 aansluit, is bekend as die eiland. Sy oppervlakte
beslaan
3,3ha.
Ter wille van die Hof se gerief om 'n beter beeld te kry van die toneel
met die plekke en area waar beweerde onregmatige handelinge
deur die
verweerderes se werknemers of agente verrig is, heg ek tot hierdie uitspraak 'n
kaart as 'n
5
bylae aan. Die kaart is die getuie Sippel se plan
wat as aanhangsel RSCl(a) tot die eiser se pleitstukke aangeheg is. In sy
getuienis
het Sippel toegegee dat sy plan in verskeie opsigte nie baie akkuraat
is nie. Ek het deur verbeteringe die plan in ooreenstemming
met die aanvaarde
getuienis gebring. Op die kaart word Sippel se vyf nommers met sirkels
omring behou om die kanale aan te dui. Kanaal 5 wat 'n droë
kanaal is, is eintlik irrelevant. Sippel se punt A word behou asook lyn B
ofskoon lyn B volgens Sippel nie tot by kanaal 1 moes strek
nie. Insgelyks word
die letter W behou om die keerwal aan te dui. Deur my is die letters Wl, w2, C
en D aangewend om ophogings (
embankments
) aan te toon. Ll stel 'n
ontboste en gelykgemaakte area op die eiland voor. Tot aan die einde van 1982
het kanale 2 en 3 nog nie
bestaan nie. Daarom kon hulle nie op Stucke se kaart
van 1966 aangetoon word nie. Eers gedurende Mei 1983 het kanaal 2 ontstaan.
Dit
het ongeveer 43m vanaf die uitkeerwal uit
6
kanaal 4 vertak. Kanaal 3 het teen die einde van
1983 reeds bestaan as 'n vertakking uit kanaal 4 wat kanaal 2 op die eiland
verleng
het om by kanaal 4 met 'n omweg aan te sluit, soos uit die aangehegte
kaart blyk.
Op 29 Junie 1984 het die eiser 'n aksie teen die
verweerderes ingestel waarin, soos gewysig, hy R100 304-00 skadevergoeding
geëis
het asook 'n verklarende bevel (i) dat die Dwarsrivier soos aangestip
op Stúcke se Plan (Aanhangsel RSC2) die grens tussen
die partye se
eiendomme is en (ii) dat kanaal 2 soos verleng deur kanaal 3 nie die grens
tussen hul eiendomme vorm nie.
Die eiser se skadevergoedingseis is daarop gebaseer dat die verweerderes
deur haar werknemers en/of agente gedurende 1982 tot 1984
wederregtelik sekere
werke of handelinge ten opsigte van sy plaas en die keerwal verrig het waardeur
hy skade gely het. Die skadelike
handelinge waarop die eiser steun, kan
gerieflikheidshalwe as volg aangestip
7
word:
1. Die verhoging van die keerwal tot 'n hoogte van 2m wat in werklikheid op
'n nuwe versperring oor die rivier neergekom het op die
plek van die keerwal.
(Raadpleeg W2 op die aangehegte kaart.) Dit het van die linkerwal van die
Dwarsrivier gestrek tot op die regteroewer,
en daarvandaan vir 'n afstand van 80
na 100m al langs die linkerkant van die afloopkanaal 1 soos aangedui op Wl op
die kaart. Die
gemelde obstruksie (W2 en Wl) het bestaan uit sand, rivierklippe,
stompe en boomtakke wat met behulp van masjinerie mens-gemaak is.
Hulle is
gedurende November en Desember 1982 deur eiser se getuies waargeneem. Die effek
van hierdie obstruksie was dat geen water
oor die keerwal in kanaal 4 gevloei
het nie. Die hele Dwarsrivier is afgekeer om in afloopkanaal 1 te vloei wat nie
vir so 'n massa
water geskik was nie. Die onvermydelike resultaat was
dat
8
skade aan die bodem en walle van afloopkanaal 1
veroorsaak is. Dit het gepaard gegaan met lekkasies wat die eiland oorstroom
het.
Die verhoging van die keerwal het die rivierbedding onherroeplik verander
en beskadig. Dit het eers aan die lig gekom nadat die verhoogte
keerwal deur die
wintervloed weggespoel is. Geen waterdigte keerwal kon sedertdien in daardie
omgewing van die rivierbedding gebou
word nie. Volgens die deskundige getuienis
van Sippel en Klein het die vermeerderde drukking van die rivierwater weens die
verhoogte
keerwal die rivierbedding se natuurlike slik versteur. Dit sou meer as
'n dekade neem vir die herstel van versteuring. 2. Die ontbossing
en gelykmaking
van daardie omgewing van die eiland soos aangedui deur die letter Ll op die
aangehegte kaart. Gedurende Oktober 1983
het Trent aanduidings van die
aanwending van 'n stootskraper in
9
daardie omgewing gesien. Dit het alle plantegroei verwyder en die terrein
gelyk gemaak.
3. Trent het ook gedurende Oktober 1983 die spore van masjinerie opgemerk in
die omgewing aangedui deur die letter D op die aangehegte
kaart waar 'n ophoging
van klippe en sand op die linkerwal van kanaal 3 geplaas is met die
klaarblyklike doel om al die water in
kanaal 2 in kanaal 3 te laat
afvloei.
4. Trent het met 'n roetine besoek gedurende Oktober 1983 vasgestel dat
masjinerie ongeveer 10 na 15m vanaf die keerwal by die aftakking
van kanaal 2
aangewend is om 'n ophoging van klippe en sand dwarsoor kanaal 4 te
stoot
en te stort. Die ophoging het ook vir 'n afstand van 20 na 30m langs die
linkerwal van kanaal 2 gestrek. (Raadpleeg die letter C op
die aangehegte
kaart.) Die oogmerk was duidelik, naamlik om al die water van kanaal 4 in kanaal
2, wat gedurende Mei 1983 deur 'n
vloed
10
ontstaan het, te laat afvloei. 5. Die opdrifsel (
debris
) by punt A
soos aangedui op die
aangehegte kaart. Dit het bestaan uit takke, stompe en spoelmateriaal wat
deur masjinerie dwarsoor kanaal 4 geplaas is om die water
in kanaal 1 af te keer
na kanaal 3. Laasgenoemde het reeds teen die einde van 1983 as 'n vertakking uit
kanaal 4 bestaan. Die eiser
se getuies het kanaal 3 in Desember 1983 gesien.
Volgens Sippel het die opdrifsel by punt A geen effek op die keerwal en kanaal 1
gehad nie maar dit het kanaal 4 se water deflekteer sodat baie verspoelings in
kanaal 3 plaasgevind het.
Op 26 Januarie 1983 het Wilson
'n brief aan die verweerderes geskryf. Daarin het hy melding gemaak van werk
deur 'n stootskraper by
die keerwal en die ophogings by die aftakking van kanaal
1. (Raadpleeg die letters Wl en W2 op die aangehegte kaart). Hierdie werk
het
die defleksie van
11
die rivier in kanaal 1 bewerkstellig sodat geen
rivierwater in kanaal 4 gevloei het nie. Uitgebreide oorstromings vanuit kanaal
1
het plaasgevind wat uitgebreide skade veroorsaak het. "I am advised that the
work done was illegal and should be rectified, i.e.
the area should be returned,
as far as possible, to its original condition and as soon as possible, which I
am now requesting you
to do." Die verweerderes het nie op die brief geantwoord
nie, Haar werknemers het tot die somer van 1984 voortgegaan met hul aktiwiteite
ten opsigte van die eiland, kanale 1, 2, 3 en 4.
Korrespondensie het tussen die partye en hul prokureurs plaasgevind. Op
28 Februarie 1984 het die verweerderes se prokureurs 'n brief
aan die eiser se
prokureurs geskryf waarin beweer is dat 'n stootskraper op haar grond gebruik is
en dat dit nie die keerwal affekteer
het nie. Die basis van haar verweer word
soos volg gestel: "The real cause of the problem is the fact that the trees
on
12
your client's side of the river were chopped down
and left on the river bank. When the river was in flood the trees caused
blockages
at various points and as a result the river overflowed its banks and
formed new rivulets. Due to the overflowing of the river our
client has suffered
considerable damage in that his (sic) orchards and paddocks were
flooded."
In haar verweerskrif het die verweerderes ontken dat kanaal 4 die
grenslyn tussen Baldric Farms en Floradale vorm. Volgens haar was
kanaal 2 soos
verleng die grenslyn. Die werk wat by die letters Wl, W2, C, D en punt A op die
aangehegte kaart verrig is, was regmatig
op haar eiendom verrig. Op hierdie
basis het sy aanspreeklikheid teenoor die eiser ontken.
Op 16 Oktober 1985 het die eerste verhoor begin. Die volgende dag het die
eerste inspeksie
in loco
plaasgevind. Die aflê van getuienis was op
6 November 1985
13
voltooi en op 14 November 1985 is begin om die
argumente aan te bied waarna uitspraak voorbehou is. Op 24 November 1987 is op
aansoek
van die verweerderes verlof aan haar verleen om die verhoor te heropen
om nuwe getuienis aan te bied dat gedurende 1986, nadat die
partye hul sake
gesluit het, 'n natuurlike blokkasie in kanaal 4 plaasgevind het wat in voorkoms
soortgelyk was as blokkasies wat
gedurende 1983 in kanaal 4 aangetref is en wat
volgens die getuienis van die eiser en sy getuies mensgemaak was.
Op 12 September 1989 het die tweede verhoor, d.w.s. die heropende saak se
verhoor, begin. Twee dae later is 'n inspeksie
in loco
gehou. Op 21
September 1989 is die argumente afgesluit. NEL R het sy uitspraak op die eerste
en tweede verhore as 'n geheel op 19
Julie 1990 gelewer behalwe dat hy op 14
Desember 1990 beveel het dat geen kostebevel betreffende die eerste verhoor
gemaak word nie.
Die bevele wat die Hof
a quo
uitgereik het, is die
14
volgende:
1. Die verweerderes is gelas om aan die eiser R2 000 skadevergoeding ten
opsigte van die ophoging aangedui deur die letter C op die
aangehegte kaart te
betaal.
2. Die verweerderes is gelas om 11% rente daarop per jaar vanaf die datum
van uitspraak tot die datum van betaling te betaal.
3 Dit is verklaar dat kanaal 2 soos aangetoon op RSC 23 nie die Dwarsrivier
is nie en nie die grens tussen die eiendomme van die eiser
en die verweerderes
vorm nie.
4 Geen bevel is ten opsigte van die koste van die eerste verhoor gemaak
nie.
5 Die verweerderes is gelas om die koste van die tweede verhoor te betaal.
Dit sluit in koste van twee advokate asook die kwalifiserende
fooie, indien
enige, van getuie Rossouw.
Voordat ek aandag aan die
meriete van die appêl
15
skenk, is dit wenslik om baie kortliks te verwys
na die strekking van Johnson se getuienis ten behoewe van die verweerderes. Hy
is
die bestuurder van haar plaas met volle beheer oor haar boerdery. Sy
vergoeding is 40% van die profyt. Ofskoon Floradale 'n oewerplaas
is, het dit
geen reg op die water in die Dwarsrivier nie. Dit is betekenisvol dat Johnson
gedurende 1979/1980 'n klein stootskraper
gehad het. Teen November 1982 het hy
'n tru-grawer ('n "back-actor") gehad en 'n jaar later het hy 'n tweede een
verkry. Hierdie
masjiene was geskik om ophogings en opdrifsels te verskuif en te
stoot. Johnson het ontken dat hy gedurende 1982 met sy masjiene
bokant die
keerwal opgetree het. Voor die vloed van Mei 1983 was hy nie bewus van wat by
die keerwal plaasgevind het nie, Hierdie
getuienis is onaanvaarbaar en
klaarblyklik onwaar in die lig van Trent en Wilson se getuienis oor die
verhoging van die keerwal deur
masjiene wat tereg deur NEL R aanvaar is. Johnson
het getuig dat hy eers in Mei 1983
16
vasgestel het dat daar blokkasies in die rivier
en opdrifsels bokant die keerwal was. Volgens hom is die blokkasies veroorsaak
deur
opdrifsels bestaande uit takke, klip en sand wat van bokant die keerwal
afkomstig was. In sy hoofgetuienis het Johnson erken dat
hy die ophoging by die
letters Wl en W2 van die aangehegte kaart met sy back-actor geplaas het. Hy het
ook verklaar dat hy die kant
van die kliptrog by die letter D op die aangehegte
kaart oopgemaak het sodat die volle stroom in kanaal 2 kon vloei. Hy was destyds
oortuig dat kanaal 2 die oorspronklike loop van die rivier was. Dit is moeilik
te versoen met sy erkenning tydens kruisondervraging
dat hy die rivier uit
kanaal 4 as 'n vloedkanaal wou kry sodat dit nie die boorde en kampe van die
verweerderes sou oorstroom nie.
Volgens die getuienis van ene Joubert wat vir
die verweerderes getuig het, het Johnson gedurende Augustus/September 1982 met
sy back-actor
en span werksmanne in die rivierloop van kanaal 4 gewerk vanaf
die
17
stalle en boorde van Floradale tot ongeveer lOOm vanaf kanaal 1. Volgens
Joubert was kanaal 4 op daardie stadium 'n groot oop rivier.
Daar is geen rede
waarom Johnson destyds nie daarvan bewus moes gewees het nie. Joubert het ook
getuig dat die rivier by die keerwal
deur mensehande versper is en dat dit in
kanaal 1 afgevloei het. Na my oordeel is Johnson se optrede duidelik in
ooreenstemming met
sy motief en opset om die rivierloop vanaf kanaal 4 te
verskuif na die eiland ten einde die verweerderes se eiendom teen oorstromings
te beveilig ten koste van die eiser.
Die verweerderes se aansoek vir die heropening van die verhoor wat tot
die tweede verhoor aanleidíng gegee het, het op 'n beëdigde
verklaring van Johnson gesteun. Daarin het hy beweer dat nuwe feite tot sy
kennis gekom het, nadat die partye hul sake gesluit het
naamlik dat daar in 1986
'n nuwe natuurlike blokkasie in kanaaal 4 ontstaan het wat soortgelyk was as die
blokkasies wat in 1983
in kanaal 4
18
aangetref is en wat volgens die eiser se getuies
mensgemaak was. Tydens kruisondervraging het hy egter die verrassende bewering
gemaak
dat hy die nuwe blokkasie reeds 2 jaar voor 1986 gesien het. Dit het die
heropening van die verhoor sy hele basis ontneem. Daarom
het die Hof
a
quo
die kostebevel van die tweede verhoor gemaak soos
supra
vermeld.
Die eiser se skadevergoedingsaksie is gebaseer op die
interdictum quod
vi aut clam
wat van herkoms 'n herstellende pretoriaanse regsmiddel
(
interdictum restitutorium
) is D43.24.1.1: Hoc interdictum restitutorium
est ... Dit is eintlik daarop gerig om eierigting ten opsigte van grond teen te
gaan
wat heimlik (
clam
) of gewelddadig (vi) geskied. Justinianus se
Digesta boek 43 titel 24 handel met hierdie interdik soos dit deur die Romeinse
juriste
ontwikkel is. Raadpleeg prof van Warmelo se uitmuntende artikel
"Interdictum quod vi aut clam" in
1962
Acta Juridica
p.15-17
en Donellus
(1527-1591) se uitvoerige behandeling van
19
hierdie interdik in sy
Opera Omnia
, 1842,
band 4, lib 15 cap 35. Dit vorm deel van die Romeins-Hollandse reg. Voet
(1647-1713) 43.24. 1-3. Dit is deur ons regspraak
erken. Raadpleeg
Thormahlen
v Gouws
1956(4) SA 430 (A) op p.435 E -436 F,
Wassung v Simmons
1980(4) SA 753 (N) op p.760
in fine
- 762 B.
In die onderhawige saak het NEL R by die toekenning van skadevergoeding
die standpunt ingeneem dat die eiser nie geregtig was op vergoeding
vir skade
wat verrig is
voordat
hy in Oktober 1982 eienaar van sy plaas geword het
nie maar wel vir skade wat verrig is
nadat
hy eienaar geword het. Regtens
is daar geen regverdiging vir hierdie onderskeid nie omdat mev Rycroft as sy
regsvoorganger geen vergoeding
vir skade wat voor Oktober 1982 verrig is,
geëis het nie. Volgens ons gemene reg kom die skadevergoedingsaksie toe aan
die eienaar
van die beskadigde grond of enige persoon wat 'n regsbelang
(
interesse
) daarin het dat die skade nie moes plaasvind nie
20
en dat dit herstel moet word. Raadpleeg D43.24.11.1,
11.14,
13.3, 13.4, 16pr, Donellus
op.cit
., nr 17 en Voet
43.24.3 wat
dit soos volg stel:
"It is available to one to whose prejudice something has been done by force
or by stealth. This is so whether he is or is not in possession;
and whether he
is the owner, or has some other interest in the thing not being done, for
instance if he is a tenant or a usufructuary."
(Gane se
vertaling)
'n Verdere faktor is dat skade
wat voor Oktober 1982 verrig
is eers na Oktober 1982 manifesteer is. NEL R het derhalwe
fouteer deur te bevind dat skadevergoeding regtens nie aan
die eiser toegeken kan word ten aansien van skade wat voor
Oktober 1982 gepleeg is nie. Nietemin het NEL R "om
doelmatige redes" voortgegaan om die getuienis te beoordeel
asof die eiser wel 'n verhaalsreg ten opsigte van daardie
tydperk sou hê.
In hierdie Hof het die hele kwessie van skadevergoeding met
21
inbegrip van die
quantum
daarvan wesentlike veranderings ondergaan
as gevolg van toegewings wat deur die advokate van beide partye gemaak is. Die
kwessie
van skadevergoeding kan soos volg genader word.
1. Die obstruksie W2 het die rivierbedding by sy ligging sodanig beskadig
dat geen waterdigte keerwal op die ou manier aldaar gebou
kon word nie. Wat nou
nodig is, is 'n bedding wat waterdig is en waarop 'n keerwal soos vantevore
opgerig sou kon word. Sippel het
voorsiening gemaak vir 'n beton konstruksie
teen 'n beraamde koste van R25 000. 'n Alternatiewe opsie wat hy in
kruisondervraging
aan die hand gedoen het, was die konstruksie van 'n kleiblad
bedek met beton teen 'n koste van R17 000. Hierdie getuienis was meer
aanvaarbaar as Krige se getuienis ten behoewe van die verweerderes oor 'n
sogenaamde "boere keerwal." In die omstandighede is R17
000 vir die konstruksie
van 'n
22
klei keerwal na my oordeel redelik en billik.
2. Wat betref die skade wat erosie en lekkasie van kanaal 1 tot gevolg het,
het sippel 'n beton kanaal vanuit die uitkeerpunt digby
die keerwal oor 'n
afstand van ongeveer 400m tot by die verdelingsluis (
diversion box
)
bepleit teen 'n koste van R30 000 insluitende Rl 000 vir die skoonmaak daarvan.
Krige was van oordeel dat slegs 40 na 60m van kanaal
1 met beton behandel moes
word. Sippel het dit aanvaar. Indien 60m as die afstand geneem word teen R58 per
meter, soos Sippel beraam
het, bedra dit R3 480 en 40m teen R58 per meter beloop
R2 320. Na my oordeel is 'n bedrag van R3 000 redelike vergoeding vir die
skade
aan kanaal 1 berokken plus Rl 000 vir die skoonmaak daarvan.
3. Die eiser het R9 000 skadevergoeding geëis vir die toemaak van
kanaal 2 by die letter C op die aangehegte kaart asook vir
die verwydering van
die ophoging se
23
oorblyfsels. Die Hof
a quo
het slegs R2
000 skadevergoeding vir hierdie item toegestaan. Dit kom vir my as gerieflik
voor om hier die aspek van die opdrifsels
by punt A op die aangehegte kaart ook
te behandel. Die Hof
a quo
wou niks toestaan nie omdat dit nie bewese was
dat dit mensgemaak was nie. Dit is verkeerd omdat volgens die aanvaarbare
getuienis
van Trent en Sippel, soos ondersteun deur laasgenoemde se foto's, dit
klaarblyklik deur masjinerie daar geplaas is. Na my oordeel
is dit billik en
redelik om vir die skade by die letter C asook by punt A die gesamentlike
skadevergoeding op R9 000 te stel. 4.
Die eiser het sy eis vir skadevergoeding
betreffende die ontbossing en gelykmaking van die eiland in die omgewing van die
letter
Ll op die aangehegte kaart asook die ophoging op die linkerwal van kanaal
3, soos aangedui deur die letter D op gemelde kaart, laat
vaar.
24
Dit volg dat die appél slaag. Eiser het wat die verhoorkoste
betref, gevra dat die verweerderes gelas word om die koste van
die heropende
verhoor op 'n prokureur-en-kliënt skaal te betaal. 'n Dergelike versoek is
ook aan die Hof a
quo
gerig weens Johnson se optrede by die aansoek om
heropening van die verhoor en sy daaropvolgende teenstrydige getuienis. Na my
mening
het die Hof
a quo
dit tereg geweier omdat daar geen aanduiding is
dat die verweerderes persoonlik bewus was van die aard van Johnson se bewerings
nie.
In die lig daarvan dat die appèl slaag, het die noodsaak vir die
onderskeid wat die Hof
a quo
tussen die eerste verhoor en die heropende
verhoor se koste getref het, verval.
Die volgende bevele word gemaak:
1. Die appèl slaag met koste insluitende die koste van twee
advokate.
2. Die bevele van die Hof
a quo
soos op 19 Julie 1990 en 14 Desember
1990 verleen, word in die volgende opsigte
25
gewysig:
(a) In para. (1) word die bedrag van R2 000 deur R30 000
vervang.
(b) Para. (4) word in sy geheel deur die volgende
bevel
vervang:
"Verweerderes word beveel om eiser se koste ten opsigte van die hele verhoor
insluitende die heropende verhoor te betaal met inbegrip
van die koste van twee
advokate en die kwalifiserende fooie van Sippel en
Klein."
C.P. JOUBERT AR KUMLEBEN AR)
EKSTEEN AR)
NIENABER AR)
STEM
SAAM
H0WIE)