S v Kubheka (45/93) [1994] ZASCA 25 (24 March 1994)

56 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Youth offender — Appellant, a 16-year-old, convicted of housebreaking with intent to steal and theft, initially sentenced to six years' imprisonment, two years suspended — Sentence reduced on appeal to four years, half suspended — Further appeal to Supreme Court of Appeal challenging appropriateness of custodial sentence — Court finds that the trial court failed to exercise discretion properly, considering appellant's age and status as a first offender — Direct imprisonment deemed inappropriate; sentence substituted with 18 months' imprisonment, suspended for three years on condition of no further convictions for similar offenses during suspension period.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 25
|

|

S v Kubheka (45/93) [1994] ZASCA 25 (24 March 1994)

/CCC
SAAK NO: 45/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PATRICK KUBHEKA
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: NESTADT, VAN DEN HEEVER ARR et MAHOMED Wnde AR
VERHOORDATUM
: 22 MAART 1994
LEWERINGSDATUM
: 24 MAART 1994
UITSPRAAK NESTADT, AR
:
Die appellant is in die Streekhof in Germiston aan huisbraak met die opset om
te steel en diefstal
2
skuldig bevind. 'n Vonnis van ses jaar gevangenisstraf
waarvan twee jaar
voorwaardelik opgeskort is, is aan hom
opgelê. Op appèl na die
Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling is die vonnis verminder na vier jaar
gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is.
Hierdie verdere appèl teen vonnis dien voor ons met
verlof van hierdie Hof.
Die feite van die misdaad kan kortliks saamgevat word. Die appellant en twee
ander het op 17 Mei 1991 by die huis van die klaagster
ingebreek en items ter
waarde van tussen R9 000 en R10 000 gesteel. Toegang is tot die huis verkry deur
'n ruit van 'n kamer in die
huis te breek.
Die Verhoorhof het tereg daarop gewys dat die misdaad 'n ernstige een was.
Dit is klaarblyklik vooraf beplan. Die huis is in wanorde
gelaat. Die betrokke
misdryf kom dikwels voor. Soos alreeds
3
aangedui, is 'n groot hoeveelheid goedere gesteel.
Normaalweg verg die
belange van die gemeenskap dat 'n stewige vonnis vir hierdie tipe misdaad
opgelê word, selfs waar dit deur
'n eerste oortreder gepleeg is. Die
huidige geval is egter 'n uitsondering. Die appellant is nie net 'n eerste
oortreder nie, hy
is ook 'n jeugdige. Hy was slegs sestien jaar en vyf maande
oud toe hy die misdaad gepleeg het. Hy was nog maar 'n skoolkind (in
standard
agt) wat op die betrokke dag stokkies gedraai het. In hierdie omstandighede was
'n vonnis van gevangenisstraf onvanpas en
deur dit te vel (boonop sonder enige
voorvonnisverslag) het die landdros nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen nie.
In beginsel is
dit onwenslik om kinders bloot te stel aan die nadele van
gevangenisstraf (kyk
S v Theron
1986(1) SA 884(A) te 897 G;
Hiemstra
Suid-Afrikaanse Strafproses, 5e uitgawe 713). Die hof a
quo
(wat besef
4
het dat die appellant waarskynlik beïnvloed is of 'n mindere deelnemer
was) het ook na my mening gefouteer deur hierdie strafvorm
in stand te hou.
Bygevolg is ons geregtig om die vonnis tersyde te stel en dit te vervang met
een wat direkte gevangenisstraf vermy. Daar is verskillende
opsies. Die
vernaamste is (i) lyfstraf; (ii) uitstel van vonnis (kragtens art 297 van Wet 51
van 1977); (iii) die verskillende keuses
wat art 290 bied; (iv) korrektiewe
toesig kragtens art 276(1)(h); of (v) gevangenisstraf wat opgeskort word. Ons
het al hierdie moontlikhede
oorweeg en tot die slotsom geraak dat laasgenoemde
in die omstandighede van die onderhawige geval gepas is. So 'n vonnis hou die
voordeel in dat die saak wat lank sloer onmiddellik afgehandel kan word sonder
terugverwysing vir die verkryging van 'n proef-of
korrektiewe beampte se
verslag. Appellant se moeder.
5
wat hom by die verhoor bygestaan het, het getuig dat hy 'n gehoorsame kind
is. Daar is dus rede om te glo dat hy die geleentheid hom
daardeur gegee, sal
benut.
Die appêl slaag. Die appellant se vonnis word tersyde gestel en met die
volgende vervang: "Agtien maande gevangenisstraf wat
vir drie jaar opgeskort
word op voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word nie aan huisbraak
met die opset om te steel
en diefstal, gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting."
H H NESTADT, AR
VAN DEN HEEVER AR )
) STEM SAAM MAHOMED Wnde AR )