About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1994
>>
[1994] ZASCA 23
|
|
Caroluskraal Farms (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk, Red Head Boer Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk (326/92, 327/92, 328/92) [1994] ZASCA 23; 1994 (3) SA 407 (AD); (24 March 1994)
Saak No 326/92 327/92 328/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
IN DIE SAAK TUSSEN
CAROLUSKRAAL FARMS
(EIENDOMS) BEPERK
APPELLANT
RED HEAD BOER GOAT
(EIENDOMS) BEPERK
APPELLANT
SLEUTELFONTEIN
(EIENDOMS) BEPERK
APPELLANT
en
EERSTE
NASIONALE BANK
VAN SUIDER-AFRIKA BPK
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, E M GROSSKOPF, GOLDSTONE, VAN DEN HEEVER et HARMS
ARR.
AANGEHOOR
: 18 FEBRUARIE 1994
GELEWER
: 24 MAART 1994
UITSPRAAK
HEFER AR/
2
HEFER AR
:
Hierdie drie appèlle is gelyktydig
aangehoor en word in een uitspraak behandel omdat identiese geskilpunte daarin
geopper en
beredeneer is. Wesenlik gaan dit in elkeen om die korrekte vertolking
van art 23(1) van die Wet op Landbou-krediet 28 van 1966, soos
gewysig ("die
Wet"). (Sedert 1983 word die Wet beskou as een wat op eie sake betrekking het en
is dit deur die afsonderlike huise
van die parlement gewysig. In hierdie
uitspraak word bepalings aangehaal soos dit deur die Volksraad gewysig is.) Die
advokate is
egter versoek om die hof ook toe te spreek oor die vraag of die
bevel waarteen geappelleer word vatbaar is vir appèl. Daarom
is dit nodig
om kortliks aan te dui hoe art 23(1) ter sprake gekom het in die hof a
quo
en wat die bevele is waarteen geappelleer word.
3
Die appellante is lede van 'n groep maatskappye wat gesamentlik boerdery
bedryf. Aanvanklik het die huidige respondent aansoek gedoen
vir die voorlopige
likwidasie van 'n vierde lid van die groep -Stapleford Estates (Proprietary)
Limited ("Stapleford"). Dit was egter
nadat Stapleford reeds 'n sertifikaat wat
ooreenkomstig art 21(1) van die Wet uitgereik heet te gewees het, by die hof
ingehandig
het. Op grond hiervan het VAN NIEKERK R die aansoek van die hand
gewys. Die respondent het daarna aansoeke geliasseer vir die likwidasie
van die
appellante ten spyte daarvan dat . hulle reeds dergelike sertifikate ingehandig
het. Laasgenoemde het hulle op die sertifikate
beroep deur (1) in
limine
in hulle opponerende verklarings aan te voer dat die respondent se aansoeke nie
ontvanklik was nie, en (2) substantiewe aansoeke
gelyktydig met die opponerende
verklarings in te
4
handig vir die ter syde stelling van die likwi-dasie-aansoeke as
onreëlmatig ooreenkomstig reël 30 van die Eenvormige Reëls
op
grond o a van die inhandiging van die sertifikate. (Die kennis-gewings van mosie
opper ander gronde ook maar al wat vir huidige
doeleindes ter sake is, is die
beroep op die sertifikate.) Na die inhandiging van hierdie dokumente, d w s
voordat die respondent
'n repliserende verklaring ingehandig het, het die partye
ooreengekom om eers uitsluitsel te verkry oor die effek van die sertifikate.
Dit
het hulle bewerkstellig deur die likwidasie-aansoeke ter . rolle te plaas maar
argument by die verhoor te beperk tot die vraag
waaroor uitsluitsel verlang is.
Hierdie beperkte argument is deur BERMAN R aangehoor. Sy gevolgtrekking en die
resultaat daarvan
blyk uit die laaste paragraaf van sy uitspraak wat soos volg
lui:
5
"It accordingly follows that the certi-ficates filed in the Court do not
consti-tute a bar to the liquidation proceedings being brought
by the bank
against each of the respondents and their application in each case is DISMISSED
with costs"
Nadat BERMAN R verlof aan die
appellante verleen
het om na hierdie hof te appelleer,
is
kennisgewings van appèl ingehandig waarin daar in
elke geval appèl aangeteken is teen
" die hele uitspraak en bevel in
welke uitspraak en bevel sy Edele Regter BERMAN die appellant se aansoek
en/of beswaar
in limine
van die hand gewys het met koste."
Ek behandel eers die vraag of die bevel
vatbaar is vir appèl. Die antwoord hang natuurlik
daarvan af of dit 'n "uitspraak of bevel" is soos
bedoel in art 20(1) van die Wet op die Hooggeregs-
hof 59 van 1959. In hierdie verband dien aanvank-
lik opgemerk te word dat gelet moet word, nie op
die
vorm
van BERMAN R se beslissing nie, maar wel
6
op die
effek
daarvan
(South African Motor Industry Employers'
Association v South African Bank of Athens Ltd
1980(3) SA 91 (A) op 96 H -
97 A). Daarom is die feit dat die beslissing in die vorm van 'n bevel gegiet is
waarvolgens substantiewe
aansoeke onder reël 30 van die hand gewys is, nie
deurslaggewend nie. Ek sal later meer te sê hê oor die effek van
die
beslissing.
Die uitdrukking "uitspraak of bevel" ("judgment or
order") in art 20(1) en sy voor-gangers het, soos bekend, aanleiding gegee tot
'n reeks uitsprake waarin gepoog is om prakties gestalte daaraan te gee. Ek ag
dit nie nodig om al die regterlike uitlatings oor
die onderwerp wat in die
hofverslae versamel is weer te ontleed of te probeer herlei tot algemeen
geldende beginsels of selfs te
konstateer nie. Daardie taak is groten-deels
reeds verrig in
Van Streepen & Germs (Pty)
7
Ltd v Transvaal Provincial Administration
1987(4) SA 569 (A) op
580D-586E en
Zweni v Minister of Law and Order
1993(1) SA 523 (A) op
531B-536B. Vir
huidige doeleindes is dit voldoende om die aandag te bepaal by punt 8 van
die opsomming in
Zweni
op 532I-533A en in besonder by die vereiste dat
die beslissing waarom dit gaan "must have the effect of disposing of at least a
substantial
portion of the relief claimed in the main
proceedings."
Indien hierdie vereiste behels dat daar slegs gelet
word op die effek van die beslissing op die regshulp deur die eiser (of
applikant
in die . geval van mosieverrigtinge) aangevra, kwalifiseer die
beslissing in die onderhawige saak klaarblyklik nie as 'n "uitspraak
of bevel"
nie aangesien die regshulp deur die destydse applikant aangevra onaangeraak was
en dit hom steeds vry gestaan het om voort
te gaan met die likwidasie-aansoeke.
Uit
8
die appellante se oogpunt is die posisie egter totaal anders. In wese was
hulle beroep op die sertifikate 'n spesiale verweer wat,
indien suksesvol, sou
meebring dat die likwidasie-aansoeke op daardie stadium, en totdat die
sertifikate ingevolge art 21(2) van
die Wet sou verval, nie kon slaag nie. Dat
BERMAN R bedoel het om f inaal uitsluitsel te gee oor die effek van die
sertifi-kate ly
geen twyfel nie. (Vgl
SA Eaqle Verseker-ingsmaatskappy Bpk v
Harford
1992(2) SA 786 (A) op 792 D-E. ) Die effek van sy beslissing was dus
dat 'n spesiale verweer wat die appellante pertinent geopper
het finaal
uitgeskakel is; in die hof a
quo
kon hulle nie verder daarop steun
nie.
So beskou, is die onderhawige saak nie onderskeibaar van sake soos
Labuschaqne v Labuschagne
;
Labuschaqne v Minister van Justisie
1967(2) SA 575 (A),
Smit v Oosthuizen
1979(3) SA
9
1079 (A) en
Constantia Insurance Co Ltd v
Nohamba
1986(3) SA 27 (A) nie. In die
Labuschagne
saak
is
die bevinding dat die afwysing van'n spesiale
verweer
vatbaar is vir appél soos volg gemotiveer:
"Die eerste verweerder het in sy spesiale pleit 'n afdoende verweer
geopper wat geheel en al los staan van sy verweer op die meriete
wat hy voort
gepleit het, en op grond daarvan het hy verligting aange-vra, nl. dat die eiser
se eis teen hom
met koste afgewys word Die verhoor
voor Regter SMUTS het geskied ten aansien van hierdie geskilpunte, wat
geensins betrekking het op die meriete van eiser se saak nie,
en sy uitsluitsel
was dat, alhoewel eiser nie die beweerde afstand-doening bewys het nie, eerste
verweerder se spesiale verweer nie
gehandhaaf kon word nie, daar die betekening
van 'n dagvaarding, en nie die uitreiking daar-van nie, vir die doeleindes van
art.
32 die instelling van die geding is....
Dit volg dus na my mening dat die uitspraak van Regter SMUTS die
geskil-punte wat deur die spesiale pleit geopper is finaal besleg
het. Die
verligting wat eerste verweerder na aanleiding van die bewerings in sy spesiale
pleit aangevra het, is hom geweier. Indien
die verhoor voortgesit sou gewees het
sou die Hof nie bevoeg gewees het om weer opnuut die vraag te oorweeg of die
spesiale pleit
10
gehandhaaf behoort te word, aldan nie. By die verdere verhoor en die
daarop-volgende uitspraak sou slegs die geskil-punte betreffende
die meriete van
eiser se eis ter sprake gewees het. Die uitspraak waarteen eerste verweerder in
hoër beroep is, is dus, wat
betref die Hof wat die uitspraak gegee het, 'n
finale en onherstelbare afhandeling van 'n selfstandige en afdoende verweer wat
eerste
verweerder geopper het as grond-slag vir die regshulp wat hy in die
spesiale pleit aangevra het."
(Per WESSELS
AR op 583 A-F. Kyk ook
Smit v
Oosthuizen
op 1089 A-D
en
Constantia Insurance
op
35 E-F en 36 F-H.)
Ek moet daarop wys dat hierdie hof in
Heyman v Yorkshire Insurance Co Ltd
1964(1) SA
487
bevind het dat die afwysing van 'n
alternatiewe
verweer wat afsonderlik verhoor is, nie vatbaar
is
vir appèl nie. In daardie geval was die redenasie
soos volg:
"In the present case the relief claimed in the action is the payment of a
sum of money, alternative relief and costs. The ruling given
by the Court
a
quo
on the
11
issue in question, does not decide whether or not any such relief is to be
granted in any form. As indicated above, it left undecided
a number of other
issues which had been raised. No such relief could be granted until they had
been determined by the Court or settled
by the parties. If the appeal should
fail, the matter would, as agreed by the parties, have to be reinstated on the
roll of the Court
below for the trial of those issues,and it is only on the
con-clusion of the resumed trial that the Court would be able to give judgment
on the relief sought in the action. The ruling already given would then become
part of the reasons for the final judg-ment. (Cf.
Union Government &
Registrar of Asiatics v. Naidoo
, 1916 A.D. at p. 52). It is, therefore, not
a judgment or order against which an appeal lies at this stage in terms of sec.
20 of
the Act."
(Per STEYN HR
op 490H-491B. ) Word
hierdie uitlatings vergelyk met dié bv in
die
aangehaalde gedeelte uit die uitspraak in
die
Labuschagne
saak blyk dit dat die
verskillende
resultate te wyte is aan 'n verskil in
benadering:
in
Heyman
is gelet op die regshulp deur die eiser
12
aangevra en in die ander drie sake op die regshulp deur die verweerder
aangevra. Die grondslag van beide benaderings is die bekende
stelling in
Dickinson and Another v Fisher's Executors
1914 A D 424
op 427 tot die
effek dat ' n "bevel" slegs verleen kan word ten opsigte van aangevraagde
regshulp. In die
Dickinson
saak is die regshulp waarop hierdie
grondreël betrekking het, nie beperk tot dit wat deur die eiser of
applikant aangevra word
nie. Trouens, in sy uitspraak het INNES Wn HR uitdruklik
verwys na 'n "distinct application by
one of the parties
for definite
relief." (My kursivering. ) Wanneer dit dan - hetsy in 'n aksie of in
mosieverrigtinge - gaan om 'n spesiale verweer
wat afsonderlik verhoor is, kom
dit my logies voor om te let op die effek van die uitspraak op die regshulp wat
deur die
verweerder
of
respondent
aangevra is. In wese is
die
13
verhoorhof in so 'n geval gemoeid met 'n versoek van die verweerder of
respondent om die eis van die hand te wys op grond van ' n
verweer wat niks te
make het met die meriete van die saak nie. Dit is die regshulp wat op daardie
stadium ter sprake is.
In die onderhawige geval was die verhoor-hof
ook slegs gemoeid met 'n versoek van die des-tydse respondente om die
likwidasie-aansoeke
van die hand te wys op grond van die sertifikate. Soos reeds
aangedui, is daardie versoek uitdruklik en onherroeplik van die hand
gewys. Wat
vorm sowel as effek betref is 'n geskilpunt wat spesiaal deur die destydse
respondente geopper is met 'n versoek om die
aansoeke op grond daarvan van die
hand te wys, finaal uitgeskakel. Myns insiens is die bevel wat gemaak is
inderdaad 'n "bevel" wat
vatbaar is vir appèl.
Wat die meriete van die appèl betref,
is
14
twee punte ter sprake. In hierdie hof het respon-dent se advokaat
aangevoer (1) dat die sertifikaat waarna in art 23(1) van die Wet
verwys word,
een is wat uitgereik is nadat daar reeds 'n geding soos in art 21(1) bedoel,
ingestel is en (2) dat art 23(1)(c) in
elk geval nie van toepassing is op die
likwidasie van 'n maatskappy nie. Beide bene van die betoog berus op wat,
volgens respondent
se advokaat, die korrekte vertolking van art 23(1) is.
Aangesien die artikel natuurlik vertolk moet word volgens die samehang en
in
ooreenstemming met die algemene strekking en doel van die Wet sal ek eers na
enkele ander bepalings verwys.
Die algemene doel van die Wet is om voorsiening te maak vir bystand aan
persone wat boerdery beoefen of onderneem om dit te beoefen,
en boere op hierdie
wyse in staat te stel om op hulle plase te bly (vgl
Maclean v Haasbroek N.O.
and
15
Others
1956(4) SA 677 (A) op 682D;
Koller N.O. v Steyn N.O. en
'n Ander
1961 (1) SA 422
(A) op 430C). Met die oog hierop is 'n raad, bekend
as die Landboukredietraad, ingestel wat kragtens art 10(1) gemagtig is om
bystand
te verleen aan enige persoon wat tot bevrediging van die Raad boerdery
beoefen of onderneem om dit te beoefen. Dit kan geskied óf
by wyse van 'n
lening óf deur die verkoop of verhuring van onroerende of roerende goed
aan die betrokke persoon óf
"in verband met 'n skikking" (art 10(1)(c)).
Die skikking waarna hier verwys word, is 'n skikking met skuldeisers . waarvoor
in Deel
III van die Wet voorsiening gemaak word. Om so 'n skikking te
bewerkstellig, word 'n vergadering van skuldeisers belê (art
22(1)) waar
'n skikkingsvoorstel ingedien word waarin voorsiening o a gemaak kan word vir
die gehele of gedeeltelike ontheffing van
die skuldenaar van sy
16
skulde of dat uitstel van sy verpligtinge aan hom verleen word (art
24(4)). Word die voorstel aanvaar, of word dit onder art 24(5)
beskou as deur al
die skuldeisers aanvaar te wees, tree art 26 in werking. Daarvolgens word die
skuldenaar oa , tot die mate wat
die skikkingsvoorstel daarvoor voorsiening
maak, onthef van sy skulde. In so 'n geval word'n beredderaar verkies of deur
die Meester
aangestel (art 27) met die doel om uitvoering te gee aan die
skikking. Word die voorstel nie aanvaar nie, kan, nadat die toestemming
van die
skuldenaar verkry is dat daar . ingevolge die artikel met sy bates gehandel
word, 'n kurator op die vergadering verkies word
of daarna deur die Meester
aangestel word waarna die skuldenaar onthef word van sy skulde en sy bates
oorgaan op die kurator (art
28). Laasgenoemde beskik daaroor soos 'n kurator in
'n insolvente
17
boedel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van
die Insolvensiewet (art 29(2)).
Arts 21 en 23(1) lui soos volg:
"21. (1) 'n Geding wat in 'n hof teen 'n persoon ingestel is tot verhaal van
'n bedrag deur hom verskuldig, of tot beslaglegging op,
of verkoop van bates wat
aan hom behoort, by die tenuitvoerlegging van 'n vonnis van daar-die hof, word
opgeskort deur indiening
by daardie hof, van 'n sertifikaat onderteken deur die
voorsitter of ondervoorsitter van die raad of die voorsitter van 'n komitee
van
die raad wat aangestel is vir die doeleindes van die toepassing van hierdie Wet
in die gebied, waaruit blyk dat die bedoelde
persoon (in hierdie Deel die
applikant genoem), aansoek om bystand gedoen het en dat daar na die oordeel van
bedoelde voorsitter
of ondervoorsitter 'n redelike vooruitsig bestaan dat die
raad aan die applikant bystand sal verleen.
(2)
Indien-
(a)
die raad die
aansoek van die appli-kant van die hand
wys;
(b)
daar ingevolge
artikel 25 verklaar is dat alle verrigtings ingevolge hierdie Deel ten opsigte
van die applikant verval
het;
(c)
die raad bystand aan
die applikant
verleen,
18
verval genoemde sertifikaat en kan 'n geding in subartikel (1) bedoel,
behoudens die bepalings van artikel 24, voortgesit word.
23. (1) Met ingang van die datum van die indiening van 'n in artikel 21
(1) bedoelde sertifikaat by 'n hof of, indien geen sertifi-kaat
aldus ingedien
is nie, met ingang van die datum van publikasie van 'n in artikel 22 (1)
bedoelde kennisgewing, en totdat bedoelde
sertifikaat ingevolge artikel 21 (2)
verval-
(a)
mag geen
persoon onroerende of roerende goed van die applikant waarop by die
tenuitvoerlegging van 'n vonnis van 'n hof beslag gelê
is, verkoop nie,
tensy hy van die indiening van die sertifikaat of die publikasie van die
kennisgewing, na gelang van die omstandighede,
onbe-wus is en daar nie
redelikerwys van hom verwag kan word om daarvan te weet
nie;
(b)
mag die applikant
nie sy skulde betaal of sy bates van die hand sit of beswaar nie, behalwe met
die toestemming van die
raad;
(c)
mag geen skuldeiser
van die appli-kant in 'n hof 'n geding instel om die applikant se boedel te
sek-westreer of om betaling van 'n
skuld deur hom verskuldig, af te dwing
nie;
(d)
mag geen persoon
enige trekker of
19
ander landboumasjinerie of enige landbougereedskap of
besproeiings-masjinerie of vragmotor wat onder-worpe aan 'n opskortende of
ontbindende
voorwaarde aan die applikant verkoop is en uitsluitend in verband
met sy boerdery gebruik word, in besit neem of 'n geding vir die
teruggawe
daarvan instel nie;
(e) mag geen skuldvergelyking tussen 'n skuldeiser en die applikant
toegepas word nie."
(Art 21(1) is aangehaal soos dit gelees
het ten tye van die verrigtinge in die hof
a
quo
.
Sedertdien is dit gewysig in opsigte wat nie
vir
huidige doeleindes ter sake is nie.)
Wat die wetgewer met hierdie twee
artikels wou bereik, is duidelik. Ooreenkomstig
art 22(1) mag 'n skikkingsvoorstel behels dat daar
op 'n bepaalde manier beskik word oor die applikant
se bates en/of dat hy geheel of gedeeltelik onthef
word van
sy verpligtings en/of dat uitstel vir
voldoening daaraan aan hom verleen word. So 'n
20
voorstel veronderstel natuurlik, enersyds, dat die betrokke bates
inderdaad beskikbaar sal wees vir aanwending op die voorgestelde
manier en,
ander-syds, dat een skuldeiser nie bevoordeel word ten koste van die ander nie
totdat die skuldeisers as groep besluit
het oor die mate waartoe of die stadium
waarop aan elkeen se eis voldoen sal word. Tussentydse voorsiening moes dus
gemaak word om
te verseker dat die bates en laste intak gelaat word totdat
skuldeisers besluit het oor die voorstel of totdat die aansoek om bystand
weens
ander redes verval. Dit is die oogmerk van artikels 21(1) en .23(1).
In die hof
a quo
het BERMAN R,bevind dat, aangesien die
onderhawige sertifikate ingehandig is terwyl daar geen hangende gedinge teen die
applikante
was nie, dit ongeldig was en nie die likwidasie-aansoeke
ooreenkomstig art 23(1) in die
21
weg gestaan het nie. Die basiese premisse van sy
redenasie is dat 'n sertifikaat soos in art 21(1)
bedoel geen
effek het op gedinge wat nie reeds
hangende was ten tye van die inhandiging daarvan
nie en slegs gemik is op die opskorting van
hangende gedinge van die aangewese soort.
Voortgaande het die belese regter soos volg
geredeneer:
"To debar a creditor from instituting sequestration or liquidation
proceedings in terms of section 23(1)(c) there must have already
been filed,
i.e.prior to the institution of these proceedings a 'certificate referred to in
section 21(1)' i.e. a valid and effective
certificate which means a certificate
which had been filed in order to stay proceedings for the recovery of a debt or
for the attachment
or sale of assets. The certificates relied on by the
respondents in these applications are said to be ones issued pursuant to section
21(1) ... But ... [there] was no occasion for the issue of any such certificate.
There were no proceedings as contemplated in section
21(1) in existence. The
chairman of the board had neither the authority nor the power to cause such
certificates to be filed or to
authorise any other person to file them. There
was no
22
justification for their issue or filing and accordingly they cannot, in my
view, preclude the bank from pursuing its application for
the winding up of the
three respondents."
Hierdie redenasie kan,
met eerbied, nie
ondersteun word nie. Dit is natuurlik so dat art
21(1) slegs
voorsiening maak vir die opskorting van
hangende gedinge van die
aangewese soort en dat 'n
sertifikaat wat ingehandig is terwyl daar geen
dergelike
gedinge is nie, geen effek
onder art
21(1)
het nie. Dit volg egter nie dat die
voorsitter
of ondervoorsitter op daardie stadium
nie die bevoegdheid het of nie gemagtig is om 'n
sertifikaat uit te reik nie. Hoewel die
bevoegdheid om dit te doen nêrens uitdruklik
verleen word nie, is dit die duidelike implikasie
van die beskrywing van die inhoud van die
sertifikaat in art 21(1) dat dit uitgereik kan word
sodra die ondertekenaar in staat is om te
23
sertifiseer dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat die Raad bystand
aan die applikant sal verleen. Niks verhoed die voorsitter
of ondervoorsitter om
'n sertifikaat uit te reik, selfs wanneer daar geen hangende geding is nie, met
die oog daarop dat die skuldenaar
dit kan inhandig sodra een ingestel
word.
Wesenlik gaan dit egter nie oor die bevoegdheid om 'n
sertifikaat uit te reik nie; wat ter sprake is, is die effek, vir doeleindes
van
art 23(1), van 'n sertifikaat wat ingehandig word terwyl daar geen hangende
gedinge is nie. Die . grondslag van BERMAN R se vertolking
is die verwysing in
art 23(1) na 'n "in artikel 21(1) bedoelde sertifikaat" wat volgens hom beteken
"a valid and effective certificate
... a certificate which had been filed in
order to stay proceedings for the recovery of a debt or for the attachment
or
24
sale of assets". Klaarblyklik bevat art 21(1) twee elemente: die een
behels die beskrywing van 'n sertifikaat met bepaalde inhoud
en deur 'n bepaalde
persoon onderteken, en die ander 'n aanwysing oor die effek van so 'n
sertifikaat. Wanneer daar dan in art 23(1)
melding gemaak word van " 'n in art
21(1) bedoelde sertifikaat" kan met veiligheid aanvaar word dat die wetgewer die
beskrywing van
die sertifikaat in gedagte gehad het eerder as die effek daarvan.
(Die verwysing op hierdie manier in een artikel van 'n wet na 'n
beskrywing wat
in 'n ander artikel verskyn, is immers 'n bekende tegniek . om herhaling te
vermy.) Klaarblyklik het die inhandiging
van 'n sertifikaat 'n bepaalde effek
ooreenkomstig art 21(1) maar 'n totaal ander effek ooreenkomstig art 23(1).
Daarom kan dit nouliks
aanvaar word dat die wetgewer met die verwysing in
laasgenoemde na 'n "in artikel 21(1) bedoelde
25
sertifikaat" enigiets anders voor oë gehad het as die beskrywing wat
reeds in art 21(1) verskyn.
Daar is egter 'n meer wesenlike beswaar
teen
BERMAN
R se vertolking wat juis uit die feite van die onderhawige
saak na vore kom. Dit word allerweë aanvaar dat 'n geding soos in
art 21(1)
bedoel nie 'n aansoek om die sekwestrasie van die applikant se boedel insluit
nie (
Robert Hudson & Sons (Pty) Ltd v Crocker
1965(4) SA 418 (N) op
419 en sake daar aangehaal). Daarom word so 'n aan-soek, selfs al sou dit
ingestel word nadat die applikant
aansoek gedoen het om bystand onder die Wet,
nie ooreenkomstig art 21(1) opgeskort deur die inhandiging van 'n sertifikaat
nie. In
hierdie verband kom die hoofdoel (soos dit genoem is in
Koller NO v
Steyn NO en 'n Ander supra
) nou ter sprake. In
Maclean v Haasbroek NO and
Others supra
op 685 D het CENTLIVRES HR opgemerk dat
26
" the Act (verwysende na die Boere-
Bystandswet, 1935 - die voorganger van die Wet) was designed to interfere
with the rights of creditors and to prevent them from seguestrating
the estate
of the farmer in order to enable him to remain on the
land."
Die Boere-Bystandswet is vervang deur die Wet
maar
die basiese skema is behou en sommige van
die
bepalings daarvan is feitlik woordeliks herhaal.
Die
hoofdoel het ongetwyfeld dieselfde gebly. Myns
insiens het die wetgewer met die oog daarop en
gedagtig aan die ontoereikendheid van art 21(1)
juis bedoel om in art 23(1) 'n middel te bied wat,
onafhanklik van art 21(1), die sekwestrasie van die
boedel tydelik sal verhoed; vandaar, anders as in
art 21(1), die spesifieke verbod op die sekwestra-
sie van die applikant se boedel en vandaar die
voorskrif dat die verbod in werking tree, selfs in
die afwesigheid van 'n sertifikaat, by die publi-
kasie van die kennisgewing van 'n vergadering van
27
skuldeisers.
Met hierdie oorwegings hou BERMAN R se
vertolking nie rekening nie. Daarvolgens het 'n sertifikaat wat ingehandig word
terwyl daar
geen hangende gedinge is nie eenvoudig geen effek nie en staan dit
skuldeisers vry om te dagvaar en voort te gaan met eksekusieverkopings
en selfs
om die boedel te sekwestreer. Die eienaardige resultaat is dat, indien die
applikant gedagvaar word vir skuld nadat 'n sertifikaat
ingehandig is, hy die
opskorting van daardie geding kan bewerkstellig - en art 23(1)(c) ook in werking
stel - deur die inhandiging
van 'n nuwe sertifikaat; word daar egter aansoek
gedoen vir die sekwestrasie van sy boedel sonder dat 'n dagvaarding eers
uitgereik
word, is hy weerloos. Ek kan nie aanvaar dat die wetgewer so 'n
resultaat be-oog het nie.
Dit mag gesuggereer word dat daar
nogtans
28
'n ander aanduiding in art 23(1) is dat BERMAN R se vertolking tog korrek
is. Dit is die verwysing in al die paragrawe na "die applikant"
wat volgens art
21(1) blyk te wees 'n persoon teen wie 'n geding van die aangewese soort in 'n
hof ingestel is. Ek meen nogtans nie
dat die wetgewer sy eie definisie
konsekwent toegepas het in al die ander bepalings in Deel III nie. Ek het reeds
daarop gewys dat
so 'n vertolking, wat art 23(1) betref, strydig is met die
hoofdoel van die Wet. Boonop word daar ook in art 22 na "die applikant"
verwys.
Indien hierdie uitdrukking deurgaans dieselfde betekenis dra, sal . dit meebring
dat 'n vergadering vir die oorweging van
'n skikkingsvoorstel nie belê kan
word nie tensy daar reeds'n bepaalde soort geding aanhangig gemaak is. Dit sou
meebring dat
bystand in verband met 'n skikking eenvoudig nie verleen kan word
nie tot tyd en wyl ' n geding van die bepaalde soort
29
ingestel word of, anders gestel, dat slegs boere wat reeds gedagvaar is
vir skuld of wie se bates reeds in beslag geneem is, onder
Deel III gehelp kan
word. Ek kan my nouliks voorstel dat so 'n drastiese beperking bedoel kon gewees
het. Uit art 22(1) blyk dit
dat boere wat reeds voorlopig of finaal
gesekwestreer is of maatskappye wat reeds in voorlopige of finale likwidasie
geplaas is,
nie bystand onder Deel III kan ontvang nie en, indien enige verdere
beperking beoog is, sou dit in alle waarskynlikheid ook uitdruklik
vermeld
gewees het. Dit is opmerklik dat in art 5 van die Boere-. Bystandswet 'n reeks
gevalle genoem is van boere wat aansoek kon
doen om bystand. In art 5(b) is oa
verwys na enige boer teen wie skuldeisers stappe gedoen het of gedreig het om te
doen wat dit
vir hom ondoenlik sou maak om sy boerdery voort te sit met 'n
redelike vooruitsig op sukses. Art 5 is van
30
tyd tot tyd gewysig en uiteindelik is die Boere-
Bystandswet deur die Wet vervang. Die Wet het egter weggedoen met al die
vereistes wat destyds in art 5 verskyn het en die enigste
tans-geldende een skyn
te wees dat die applikant se boedel nie gesekwestreer of voorlopig gesekwestreer
of, in die geval van 'n maatskappy,
dat die maatskappy nie in likwidasie of
voorlopige likwidasie moet wees nie.
My gevolgtrekking is dus dat die feit dat
die
sertifikate in die onderhawige geval ingehandig
is terwyl daar geen
hangende gedinge teen die
appellante was nie, nie meebring dat
die
. likwidasie-aansoeke ontvanklik was nie.
Ten slotte behandel ek die betoog dat 'n sertifikaat soos in art 21(1)
bedoel geen effek ooreenkomstig art 23(1)(c) het op 'n aansoek
om die likwidasie
van 'n maatskappy nie. Dit is hoofsaaklik gebaseer op die feit dat in
die
31
betrokke bepaling slegs melding gemaak word van die
sekwestrasie
van 'n applikant se boedel.
Hoewel, soos aanstons sal blyk, dit
aanvanklik nie die geval was nie, kan 'n maatskappy
wat boerdery bedryf of onderneem om dit te doen,
aansoek doen om, en bystand ontvang ooreenkomstig
Deel III van die Wet. Art 22(1) bepaal bv dat 'n
vergadering van skuldeisers belê kan word as dit na
die oordeel van die Raad wenslik is dat 'n skikking
met skuldeisers getref word
"tensy (die applikant se) boedel gesekwestreer is of, in die geval van 'n
maatskappy, die maatskappy in likwidasie geplaas is..."
. Boonop bepaal art 28(5) dat, hoewel die applikant
by die verkiesing of aanstelling van 'n kurator
onthef word van al sy skulde en sy bates op die
kurator oorgaan, hy by die toepassing van ander
wette
"nie as 'n insolvente persoon en sy boedel nie as gesekwestreer of, in
die geval van 'n
32
maatskappy, die maatskappy nie as in likwida-sie geplaas, beskou (word)
nie."
Respondent se advokaat het veral gesteun op die
uitdruklike verwysing in artikels 22(1) en 28(5) na die likwidasie van 'n
maatskappy
in teen-stelling met art 23(1)(c) waarin slegs melding gemaak word
van die sekwestrasie van die applikant se boedel. 'n Verandering
van woorde in
verskil-lende artikels van dieselfde wet is egter niks meer nie as 'n
prima
facie
aanduiding van 'n veranderde bedoeling (
Sekretaris van Binnelandse
Inkomste v Lourens Erasmus (Eiendoms) Bpk
1966(4) SA 434 (A) op 443 F-H) en
dan slegs wanneer dit doelbewus geskied. Daarom verg elke geval tog maar die
gewone ondersoek na
die bedoeling van die wet-gewer.
Wat in die onderhawige geval sterk na vore kom is die afwesigheid van
enige waarneembare
33
rede vir 'n onderskeid - en dit slegs in 'n gedeelte van 'n enkele
klousule van art 23(1) -tussen natuurlike persone en regspersone,
gepaard met
die skynbaar onredelike resultate van so 'n onderskeid. Ek het reeds daarop
gewys dat die oogmerk van artikels 21(1)
en 23(1) is om die applikant se bates
en laste intak te laat totdat sy skuldeisers geleentheid gehad het om oor 'n
skik-kingsvoorstel
te besluit. Daarom was dit nodig om, soos die wetgewer
inderdaad in art 23(1)(c) gedoen het met betrekking tot natuurlike persone,
die
sekwestrasie van die boedel vir tyd en wyl te . verbied. 'n Ooreenstemmende
verbod in die geval van 'n maatskappy skyn ewe noodsaaklik
te wees. Ek het ook
gewys op die hoofdoel van die Wet en aangedui dat die sekwestrasie van die
applikant se boedel terwyl sy aansoek
om bystand hangende is en daar 'n redelike
vooruitsig bestaan dat dit verleen sal
34
word, nie in ooreenstemming met die hoofdoel is nie. Op die oog af geld
dit ook vir die likwidasie van 'n maatskappy wat boerdery
beoefen. Gedagtig
verder daaraan dat hangende gedinge, ook in die geval van 'n maatskappy,
ooreenkomstig art 21(1) opgeskort word
deur die inhandiging van 'n sertifikaat
en dat al die verbiedinge elders in art 23(1) ook in daardie geval in werking
tree, is dit
moeilik om te begryp waarom die wetgewer nogtans die likwidasie van
die maatskappy - en, prakties gesproke, daarmee die ruïnasie
van die
skikkingsvoorstel - doelbewus sou wou toelaat.
Feit bly nietemin dat art 23(1)(c) so bewoord is dat dit slegs by wyse
van ekstensiewe interpretasie toegepas kan word in 'n geval
soos die
onderhawige. Die vraag is of so 'n vertolking geregverdig is op grond van die
oorwegings wat so pas genoem is.
35
Aanvanklik moet daarop gewys word dat die feit dat 'n statutêre
bepaling anomale of onrede-like gevolge het, nie op sigself
voldoende rede bied
vir afwyking van die gewone betekenis van die woorde wat gebruik is nie
(
Constantia Insurance Co Ltd v Hearne
1986(3) SA 60 (A) op 69 F-G) . Soos
blyk uit die beslissing in
Ebrahim v Minister of the Interior
1977(1) SA
665 (A) op 678 A-G en sake daar aangehaal, kan van die gewone betekenis van die
gebruikte woorde slegs afgewyk word in
die uitsonderlike gevalle waarin dit
duidelik is dat daardie betekenis strydig is met die "duidelike en
onbetwyfelbare bepaalde bedoeling
van die wetgewer,
en nie bloot 'n veronderstelde bedoeling nie "
(Per BOTHA AR in
Du Plessis v Joubert
1968(1) SA 585 (A) op 595
A.) By ekstensiewe vertolking is daar boonop die kompliserende faktor dat die
leemte wat die hof gevra
word om aan te suiwer 'n
casus
36
omissus
mag wees wat nie aangevul kan word nie.
Die
probleme met hierdie vorm van vertolking blyk
uit die volgende
opmerkings van CORBETT AR (soos hy
toe was) in
Summit Industrial
Corporation v
Claimants aqainst the Fund comprising the
Proceeds
of the Sale of the M V Jade Transporter
1987(2)
SA
583 (A) op 596I-597B:
"The principle in
Venter's
case
supra
has generally been used
in order to cut down the wide meaning of the words employed by the Legislature,
but in exceptional cases
it may also be permissible for a Court to expand the
literal meaning of the words (see
Barkett v S A National Trust &
Assurance Co Ltd
1951(2) S A 353 (A) at 363A-F).
As has been remarked in various judgments, it is dangerous to speculate on
the intention of the Legislature (see eg the reference
in
Savage v
Commissioner for Inland Revenue
1951 (4) S A 400
(A) at 409A) and the Court
should be cautious about thus departing from the literal meaning of the words of
a statute (see remarks
of Solomon JA in
Dadoo Ltd and Others v Kruqersdorp
Municipal Counsel
1920 AD 530
at 554-5) . It should only do so where the
contrary legislative intent is clear and indubitable (see
Du Plessis v
Joubert
1968 (1) SA 585
(A) at 594-5). Moreover, it is not
the
37
function of the Court to supplement a statu-tory provision in order to
provide for a
casus omissus
(see
Walker v Carlton Hotels (SA) Ltd
1946 AD 321
at 330;
Barkett's
case
supra
at 363F-G )." (Kyk
ook
S v Takaendesa
1972(4) SA 72 (R A D) op 77
D-F.)
In die onderhawige geval moet die vraag of art 23(1)(c)
ook van toepassing is op die likwidasie van maatskappye benader word onder
die
besef van die perke van die hof se bevoegdheid as vertolker, bedag daarop om nie
'n toevoeging te maak anders as in die oortuiging
dat daardeur uitvoering gegee
sal word aan die versweë bedoeling van die wetgewer nie, en gedagtig
daaraan dat laasgenoemde
beweegredes mag gehad het waarvan die hof nie bewus is
nie (
Moser v Milton
1945 AD 517
op 525).
Dit is van belang om daarop te let dat die voorreg om bystand te ontvang
aanvanklik nie
38
vir maatskappye beskore was nie. In sy oorspronk-like vorm het die Wet
(in art 10) voorsiening gemaak vir die verlening van bystand
aan "enige persoon
wat 'n blanke is en tot bevrediging van die Raad boerdery beoefen of onderneem
om dit te beoefen". Nêrens
in die Wet was daar enige aanduiding dat
bystand ook aan regspersone verleen kon word nie. (Trouens, op grond van die
verwysing na
'n
blanke
persoon en die beginsel neergelê in
Dadoo
Ltd & Others v Krugersdorp Municipal Council
1920 AD 530
sou dit kwalik
gesuggereer kon word dat 'n maatskappy 'n "persoon" was wat bystand kon
ontvang.) Daarom is daar destyds in artikels
22(1) en 28(5) slegs verwys na die
sekwestrasie van 'n applikant se boedel. Die Wet is egter telkens gewysig. Vir
huidige doeleindes
is die wysigings aangebring deur Wet 66 van 1970 ter sake.
Die effek daarvan was dat "'n maatskappy waarin 'n
39
beheersende belang nie deur of ten behoewe of ten voordele van 'n ander
persoon as 'n persoon wat 'n blanke is, besit word nie" voortaan
ook
gekwalifi-seer het as 'n "persoon wat 'n blanke is" en dus bystand kon ontvang.
Hierdie uitbreiding is teweeggebring deur die
wysiging van enkele
woord-omskrywings en van artikels 22(1) en 28(5) wat niks meer behels het nie as
die invoeging van 'n verwysing
na die likwidasie van 'n maatskappy benewens die
sekwestrasie van 'n boedel. Art 23(1)(c) is egter nie ooreenstemmend gewysig
nie.
Vandag nog verskyn dit in sy oorspronklike vorm in . die Wetboek.
Na my mening kan art 23(1)(c) nie op so 'n wyse vertolk word dat dit die
likwidasie van 'n maatskappy belet nie. Die howe het herhaaldelik
daarop gewys
dat die Wet, net soos sy voorganger, die regte van skuldeisers drasties inkort
en dus
40
beperkend vertolk moet word (
Marais v Rottcher
1936 TPD 120
op
122-123;
Bowles v Kirsten
;
Thompson v Kirsten
1959(4) SA 532 (E)
op 532-533;
Weichelt v Van Rensburq NO en Andere
1990(1) SA 545 (T) op
547 E-F). Dit op sigself skep nie 'n onoorkomelike probleem nie want by
beperkende vertolking is dit uiteindelik
tog ook maar die bedoeling van die
wetgewer wat deurslaggewend is. Nogtans moet die aard van die Wet - en veral van
art 23(1) (c)
waaroor dit hier gaan - in gedagte gehou word wanneer die hof
homself afvra of dit met die nodige mate van sekerheid aanvaar kan
word dat die
wet-. gewer bedoel het om natuurlike persone en regs-persone deurgaans oor
dieselfde kam te skeer.
Wat hierdie vraag betref, het ek reeds opgemerk dat daar geen
waarneembare rede bestaan op grond waarvan maatskappye slegs vir doeleindes
van
'n gedeelte van art 23(1)(c) verskillend van
41
natuurlike persone behandel moet word nie. Ek het ook aangedui dat gelyke
behandeling noodsaaklik skyn te wees ten einde gevolg te
gee aan die hoof-doel
van die Wet en in besonder aan die oogmerk van art 23(1). Dit op sigself open
nie die deur vir die uitbreiding
van die bepaling nie. Dit mag wees dat die
wetgewer van oordeel was dat 'n maatskappy wat boerdery bedryf bystand kan
ontvang maar
nogtans nie dieselfde mate van beskerming as 'n natuurlike persoon
verdien nie. Moontlik was dit 'n oorweging dat alle maatskappye
wat boerdery
beoefen nie afhanklik is van hierdie bron van . inkomste nie. Kortom: die
moontlikheid kan nie uitgesluit word nie dat
die wetgewer, weens redes aan die
hof onbekend en waaroor slegs gegis kan word, juis be-oog het om ' n mindere
mate van beskerming
aan maatskappye te verleen. Andersyds mag dit ook wees dat
die weglating in art 23(1)(c)
42
van 'n verwysing na die likwidasie van 'n maat-skappy 'n blote oorsig
was. Ek mag egter opmerk -gesien die feit dat die Wet gedurende
1970 spesiaal
gewysig is om voorsiening te maak vir bystand aan maatskappye en die wetgewer se
aandag dus pertinent op die onderwerp
toegespits was - dat dit moeilik te
begrype is hoe een van die belangrikste hoekstene van die beskerming waarmee
bystand gepaard
gaan, oor die hoof gesien kon gewees het. Hoe dit ookal sy, meen
ek nie dat dit met sekerheid bepaal kan word of die wetgewer be-oog
het om
beskerming ooreenkomstig art 23(1)(c) teen die likwidasie van 'n maatskappy te
verleen nie.
Boonop is daar nog 'n ander probleem. Soos bekend, spruit die likwidasie
van 'n maat-skappy nie altyd voort uit sy onvermoë om
sy skuld te betaal
nie. Selfs al sou die wetgewer dan beskerming teen likwidasie be-oog het, is
dit
43
hoegenaamd nie duidelik of enige likwidasie
gebaseer op enige
van die gronde in art 344 van die
Maatskappywet 61 van 1973 genoem,
daarby ingesluit
is nie. In
The Firs Investments (Pty) Ltd
v
Johannesburq City Council
1967(3) SA 549 (W) op
557
E-F is opgemerk dat
"... a strong factor militating against the
implication of any such limitation is the
difficulty of formulating it. In contract a
term will not be implied where considerable
uncertainty exists about its nature and scope,
for
it must be precise and obvious ... I think
that the same must apply for implying a term
in a statute, for the process is the same ...."
Hierdie opmerking is reeds met goedkeuring aange-haal in
Rennie NO v
Gordon and Another NNO
1988(1) SA 1(A) op 22 G-H en ek stem met eerbied
daarmee saam. In die onderhawige geval is dit onmoontlik om die omvang te bepaal
van die bepaling wat die hof in effek gevra word om in te lees.
Die gevolgtrekking is dus onvermydelik dat die
44
sertifikate in die onderhawige geval nie in die weg
gestaan
het van die likwidasie-aansoeke deur die
respondent ingestel
nie.
Die appèl word van die hand
gewys met
koste insluitende dié
verbonde aan die dienste van
twee advokate.
J J F HEFER AR.
E M GROSSKOPF AR )
GOLDSTONE AR ) Stem saam.
VAN DEN HEEVER AR )
HARMS AR )