About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 189
|
|
Barnard v Swart B.K. (336/92) [1993] ZASCA 189 (30 November 1993)
Saak nr 336/92 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
ARPèLAFDELING
)
In
die saak tussen:
JOHANNES BARNARD
Appellant
en
W F SWART B.K
. Respondent
Coram:
KUMLEBEN AR, HOWIE et VAN COLLER Wn ARR
Verhoordatum:
Lewerinqsdatum:
16 November 1993. 30 November 1993.
2
UITSPRAAK
HOWIE Wn AR:
Appellant is deur respondent gedagvaar vir betaling
ten opsigte van werk gedoen en materiaal verskaf. Die verhoor het voor die
landdros,
Strand, gedien. Uitspraak is in respondent se guns gegee. Na 'n
onsuksesvolle appèl na die Afdeling Kaap die Goeie Hoop en
afwysing van
'n aansoek om verlof om verder te appelleer, het hierdie Hof die nodige verlof
toegestaan.
Dit was gemene saak op die getuienis dat ene Venter te alle wesenlike tye die
eienaar was van 'n woonstelblok wat in aanbou was; dat
hy met appellant, 'n
boukontrakteur, ooreengekom het om bouwerk in hierdie verband uit te voer; dat
sekere elektriese installasies
deel van die oprigting was; en dat respondent, 'n
elektriese kontrakteur, sodanige elektriese werk gedoen het.
Wat die tersaaklike inhoud van die pleitstukke
3 betref, het respondent in sy deklarasie beweer dat hy die elektriese werk
"in opdrag en/of ten behoewe van " appellant verrig het.
Appellant het in sy
verweerskrif erken dat 'n kontrak gesluit is maar ontken dat dit ten behoewe van
homself was. Hy het aangevoer
dat hy as verteenwoordiger van Venter opgetree
het.
Hoewel appellant nie op die pleitstukke spesifiek erken het dat die kontrak
wat hy gesluit het, met respondent ten opsigte van die
elektriese werk aangegaan
is nie, was lg onsekerheid by die aanvang van die verhoor uit die weg geruim.
Dit is nl deur die partye
se prokureurs voor die aflê van getuienis
ooreengekom dat die enigste vraag waaroor die hof moes besin, was of appellant
self
teenoor respondent aanspreeklik was en of hy met die kontraksluiting slegs
as Venter se verteenwoordiger gehandel het.
Ondanks Venter se teenwoordigheid by die hof is hy nie as getuie geroep nie.
Ene Swart ('n direkteur van respondent), appellant en
lg se destydse voorman,
ene
4
Ritter, was die enigste getuies.
Die landdros het Swart se
getuienis aanvaar dat die ooreenkoms met betrekking tot die elektriese werk
(waarna ek geriefshalwe as "die
kontrak" sal verwya) met appellant self
aangegaan is en nie met hom
qua
Venter se agent nie. Appellant se
getuienis is om verskeie redes nie aanvaar nie. Ritter se getuienis is ook
verwerp.
Die advokaat wat in hierdie hof namens appellant opgetree het (wat nie by die
verhoor of die eerste appèl opgetree het nie)
het uit die staanspoor
beide howe se benadering tot die bewyslas gekritiseer. Daar bestaan wel grondige
redes vir sodanige kritiek.
In sy
ex tempore
uitspraak het die landdros
dit onomwonde gestel dat die bewyslas op appellant was, dat hy hom nie daarvan
gekwyt het nie en dat die
hof dus in respondent se guns bevind het. Ook in
geskrewe redes daarna het die landdros gesê dat "die bewyslas van die
beweringe
dat Venter met eiser onderhandel het lê duidelik op die . . .
verweerder". Hy het egter sy redes met die bevinding
5
afgesluit dat
respondent sy saak op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys het.
In die Hof benede is gekonstateer dat die
bewyslas op respondent berus het maar dat nadat
respondent 'n
prima facie
saak uitgemaak het en daardeur
'n weerleggingslas op appellant geplaas het
"dan moet die verweer misluk tensy die Hof op 'n oorwig van waarskynlikhede
tevrede gestel is dat verweerder wel as 'n agent vir 'n
derde opgetree het.
Indien die Hof dus aan die einde van die saak enige twyfel oor die
aangeleentheid het, moet die eiser slaag."
Na my mening is dit duidelik dat op hierdie
pleitstukke die bewyslas op respondent berus het om sy
weergawe van die kontrak te bewys, d w s om aan te toon
dat appellant ingevolge die ooreenkoms aanspreeklik was
en bygevolg dat hy nie as agent gekontrakteer het nie:
sien
Blaker v Freedman
1930 TPA 230 te 232; en
Golden
West Floorinq & Waterproofinq (Edms) Bpk v Franck
1972
(4) SA 144 (T) te 147 G-H. Waar iemand 'n kontrak sluit
sonder om aan te dui dat hy in 'n verteenwoordigende
6
hoedanigheid optree kan dit as
prima facie
bewys aanvaar
word dat hy in eie naam die kontrak aangaan. Daar berus dan 'n weerleggingslas
op hom om getuienis tot die teendeel
aan te bied. Daar word nie van hom vereis
dat hy sy weergawe op 'n oorwig van waarskynlikhede moet bewys nie. Dít
was die
quantum van bewys wat respondent moes voorlê. En indien daar
uiteindelik twyfel bestaan het, moes respondent nie geslaag nie,
maar gefaal
het.
Hoe dit ookal sy, dit is nietemin duidelik dat beide howe tot die slotsom
gekom het dat respondent se weergawe aanvaar moes word.
Om nou na die getuienis oor te gaan, Swart het getuig dat hy 'n telefoon
boodskap gekry het dat appellant 'n kwotasie vir die betrokke
elektriese werk
verlang het. Hy het die gebou geïnspekteer en mettertyd sy kwotasie
verstrek. Daarin is die werk en die pryse
in besonderhede uiteengesit en is dit
verder verklaar dat "All light fittings will be for the account of the owner".
Die kwotasie
is geadresseer "Ds Venter p/a H
7 Barnard" omdat hy spesifiek
versoek is om dit so te adresseer. Hy was onder die indruk dat hy eers 'n
kwotasie aan appellant uitgemaak
het en dat appellant hom toe gevra het om dit
aan Venter uit te maak. Appellant het hom nooit meegedeel dat hy slegs as Venter
se
agent optree nie. Swart het immers getuig dat hy Venter vir die eerste keer
by die hof ontmoet het tydens die verhoor.
Toe respondent se eerste rekening aan appellant gestuur is - ook geadresseer
aan "Ds Venter p/a H Barnard" in lyn met die kwotasie
- het appellant vir Swart
geskakel en op 'n bouersafslag aangedring. Krediet ten opsigte van sodanige
afslag is derhalwe in gewysigde
state aangebring.
Die eerste bedrag wat gedebiteer is, was
R2 422,14 , d w s R
2 294,66 ten aansien van werk
gedoen en R127,48 synde bouersafslag. Appellant
het die
bedrag van R2 294,66 met twee tjeks betaal - een op 9
Junie 1986
vir R2 000 getrek deur Boudienste en
8
Skrynwerkers, en die ander gedateer 9 September 1986 vir R294,66 getrek
deur Hottentots Holland Boudienste, albei daardie name synde
die waaronder
appellant besigheid gedoen het. Respondent het geen verdere betalings van
appellant ontvang nie. Toe Swart op betaling
van respondent se finale rekening
aangedring het, het appellant ontken dat hy enige verdere geld aan respondent
verskuldig was en
voorgestel dat Venter gekontak word.
Appellant se getuienis was soos volg. Venter het hom versoek om 'n kwotasie
vir die elektriese werk te verkry. Appellant het ene Olivier,
met wie hy al in
die verlede saamgewerk het, genader maar Olivier se kwotasie was nie vir Venter
aanvaarbaar nie. Appellant het toe
vir Ritter opgedra om respondent vir 'n
kwotasie te vra. Appellant sê hy het Ritter meegedeel dat die werk in
opdrag van Venter
was en dat Swart direk met Venter sou onderhandel. Swart is
naderhand deur Ritter aan appellant voorgestel toe Swart in persoon die
kwotasie
afgelewer het.
9
Swart het toe gesê dat hy nie weer in dieselfde strik wou trap
waarin hy voorheen met bouers getrap het nie en dat hy graag
met Venter self wou
onderhandel. Appellant getuig dat hy hiermee tevrede was aangesien dit Venter
was wat die instruksies uitreik
en opdrag gee en dat hy boonop vermoed het dat
Venter in finansiële moeilikheid kon kom en derhalwe ook om daardie rede
nie
self teenoor respondent aanspreeklik wou word nie. Appellant het bygevoeg
dat hy hom in elk geval nie tot subkontrakteurs verbind
nie - "hulle moet direk
met die eienaar werk".
Sy betalings het appellant verduidelik deur te sê dat wanneer hy
rekenings aan Venter voorgelê het lg 'n betaling aan
hom gemaak het waarby
respondent se bedrag ingesluit is. Venter sou toe gesê het dat appellant
daardie bedrag aan Swart moet
gee. Hy kon egter nie verduidelik waarom twee
tjeks uitgereik is vir wat in wese een debiet was nie.
Aangaande die bouersafslag, het appellant
10
toegegee dat hy moontlik spesifiek daarvoor kon gevra
het.
Sy rede was dat dit maar "normale praktyk" in die
boubedryf was dat 'n
subkontrakteur 'n persentasie aan
die hoofkontrakteur afstaan, welke
afslagbedrag dan deur
die bouer behou word. Hy het derhalwe daardie
bedrag
afgetrek van die bedrag wat Venter aan hom betaal het, en
voordat hy op sy beurt respondent betaal het.
Appellant het voorts getuig dat Venter
gesekwestreer is toe hy nog steeds geld aan appellant
verskuldig was. Dit blyk ook dat Venter op daardie
stadium die woonstelblok reeds verkoop het en dat die
nuwe eienaar, volgens appellant, van voorneme was om in
stryd met lg se beweerde retensiereg op te tree.
Appellant het derhalwe 'n Hooggeregshofaansoek gedoen
waarin hy 'n belet in hierdie verband versoek het. In
kruisondervraging het appellant erken dat hy in sy
stawende eedsverklaring gedateer 24 Februarie 1987 in
daardie verrigtinge hom oa soos volg uitgelaat het:
"Ek wys graag daarop dat, ten opsigte van woonstelle Nr 3 en
11, daar tussen my en ds
11
Venter ooreengekom is dat
ek slegs die elektrisiteitwerk sou doen
, en nie
die werk aangetoon op gemelde skedule nie."
en
"['n Gedeelte van die retensiebedrag] verteenwoordig word deur sekere fooie wat
aan 'n elektrisiën, mnr W F Swart, verskuldig
is.
Ek beskou my nie as
aanspreeklik
vir hierdie bedrag nie, aangesien die ooreenkoms,
na my
mening
, tussen ds Venter en gemelde W F Swart beklink is." (Die kursivering
is myne.)
Appellant kon die bewoording van daardie
passasie nie verduidelik nie. Dit het ook aan die einde van appellant se
getuienis aan die
lig gekom dat hy wel subkontrakte aangegaan het in verband met
die woonsteloprigting nl met Carpet World en ook sekere "ander Kleurling
subkontrakteure".
Ritter het getuig dat hy die nodige reëlings getref het om Swart se
kwotasie te verkry. Toe lg die woonstelle besigtig het, het
hy Ritter meegedeel
dat weens probleme wat hy met 'n ander boukontrakteur ondervind het hy nie
bereid was om met appellant te
12
onderhandel nie maar slegs met die eienaar. Swart het later
daarop aangedring dat hy Venter ontmoet om betaling te bespreek. Ritter
het
daarvoor gereël. Hy sê dat hy hulle op die bouperseel aanmekaar
voorgestel het en dat hulle daar samesprekings gehad
het waarby hy nie self
teenwoordig was nie.
Die landdros het geen bevindings gemaak ten opsigte van die getuies se
houding nie. Te oordeel na sy redes was dit op grond van ontleding
van die
inhoud van hulle getuienis en die inherente waarskynlikhede dat hy sy
geloofwaardigheidsbevindings gemaak het.
Op die veronderstelling in appellant se guns dat weens bogemelde mistastings
met betrekking tot die bewyslas hierdie Hof nou verplig
is om feitebevindings
opnuut op die oorkonde te maak, meen ek dat die volgende oorwegings
deurslaggewend is.
Die enigste aspek waarop Swart se getuienis werklik aangeval is, het te doen
met die adressering van die kwotasie. (Die adres op die
rekenings is myns
13
insiens nie 'n aparte faktor nie. Dit het net gevolg wat op die
kwotasie gestaan het). Swart se verduideliking hieromtrent is geensins
onwaarskynlik nie. Dit sou heeltemal sin maak dat die kwotasie na die eienaar
verwys om sodoende vir appellant se onthalwe die kwotasie
met die tersaaklike
boukontrak te koppel. Daardie doel sou natuurlik bereik gewees het indien die
kwotasie aan "H Barnard i/s Ds
Venter" geadresseer was maar die agtergrond was
dat Venter 'n tweede kwotasie wou gehad het en dat appellant van plan was om dit
aan hom voor te lê. Venter moes noodwendig self besluit of respondent se
prys aanvaarbaar was al dan nie ongeag of die elektriese
werk die onderwerp van
' n hoof - of 'n subkontrak sou wees. Die identiteit van die geadresseerde is
derhalwe op die feite van hierdie
saak van mindere indien enige belang in
soverre dit die identiteit van Swart se mede-kontrakterende party aangaan.
Wat appellant se weergawe betref is die oorweging wat die swaarste teen hom
tel die erkende feit
14
dat hy op 'n bouersafslag aangedring het. Die beweerde praktyk
waaop hy steun, is inherent onwaarskynlik. Dit is onlogies en onverstaanbaar
dat
waar die boukontrakteur nie 'n party is tot 'n ander kontrakteur se ooreenkoms
nie eg tog geregtig is om van laasgenoemde 'n
afslag te eis. Die beweerde
praktyk is ook nooit aan Swart gestel nie. As so 'n praktyk bestaan het moes hy
daarvan geweet het en
sou hy dit dan kon beaam. Die versuim om dit te stel
regverdig 'n nadelige afleiding teen appellant.
In die tweede plek is die uitgifte van twee aparte tjeks deur verskillende
firmas onversoenbaar met appellant se beskrywing van hoe
hy met Venter se
betaling aan Swart gehandel het. Hierdie is 'n faktor wat tot 'n sterk mate
aandui dat dit nie Venter nie maar appellant
was wat die skuldenaar was, en dat
appellant nie net Venter se geleibuis was nie maar betaal het as en wanneer dit
hom gepas het.
Boonop is Swart se getuienis nooit betwis of weerspreek nie waar
hy beweer het dat appellant uiteindelik gesê het dat hy geen
verdere
bedrae
15 verskuldig was nie en dat Swart toe vir Venter moes
gaan aanspreek. Hierdie houding strook glad nie met appellant se getuienis
dat
Swart uit die staanspoor uit aangedring het om direk met Venter te
kontrakteer.
Derdens, word appellant se stelling dat hy nie met subkontrakteurs handel
nie, weerspreek deur sy erkenning dat daar wel subkontrakteurs
betrokke was by
die oprigting van hierdie woonstelblok.
In die vierde plek is daar sy eedsverklaring. In teenstelling met appellant
se weergawe dat Swart self gekies het om direk met Venter
te kontrakteer en dit
toe wel gedoen het, kon appellant dit nie sterker stel nie as dat hy hom nie
aanspreeklik
beskou
het nie en dat Venter slegs
na sy mening
met
Swart die kontrak aangegaan het.
Laastens, was dit appellant se saak in die verweerskrif en is dit ook
inbegrepe by die vraag wat die prokureurs voor getuienisaflegging
aan die
landdros vir beslissing gestel het, dat hy by kontraksluiting as agent opgetree
het. Op sy getuienis egter was hy slegs agent
16
vir die beperkte doel om 'n kwotasie te verkry. Daarna het
Swart na bewering direk met Venter die kontrak gesluit en was appellant
in geen
hoedanigheid daarby betrokke nie.
Wat Ritter se getuienis betref kan dit
aanvaar word dat hy die nodige gedoen het om die kwotasie te verkry maar sy
bewerings dat appellant
hom vertel het dat Venter met Swart sou handel, dat
Swart inderdaad daarop aangedring het en dat Swart en Venter daarna op die
bouperseel
onderhandel het, is onwaarskynlik vir dieselfde grondige redes wat
teen appellant se getuienis tel.
In die lig van al die voorgaande oorwegings meen ek dat respondent se
weergawe op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is. Die eis
is tereg gehandhaaf
en die bevel wat die
Hof a quo
gemaak het, was derhalwe korrek.
17 Die appèl word met koste van die hand
gewys.
C T HOWIE
Wn Appèlregter
KUMLEBEN AR
VAN COLLER Wn AR Stem saam