S v Solomons (567/92) [1993] ZASCA 187 (29 November 1993)

54 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession and Sale of Cannabis — Appellant convicted of selling and possessing cannabis — Evidence based on testimony of single police witness — Appellant's defense centered on lack of involvement in transaction — Trial court found witness credible and rejected appellant's version as implausible — Appeal against conviction and sentence dismissed, with court affirming trial court's findings on credibility and sufficiency of evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 187
|

|

S v Solomons (567/92) [1993] ZASCA 187 (29 November 1993)

SAAKNOMMER: 567/92
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
WALTER
SOLOMONS
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, ARR et
VAN COLLER, Wnd AR
VERHOORDATUM
: 22 NOVEMBER
1993
LEWERINGSDATUM:
29 NOVEMBER 1993
UITSPRAAK
VAN COLLER, Wnd AR:
Die appellant is in die landdroshof van Wynberg aangekla van oortreding
van artikel 2(a) van Wet
2
41 van 1971. Dit is die appellant ten laste gelê dat hy twee stoppe
dagga aan 'n polisie-lokvink verkoop het en dat hy ook in
besit was van 38
stoppe dagga met die doel om dit te verkoop. Die appellant het by die verhoor as
beskuldigde 1 saam met twee ander
persone, beskuldigdes 2 en 3, tereggestaan.
Die appellant is skuldig bevind soos aangekla, beskuldigde 2 is as medepligtige
skuldig
bevind slegs aan die verkoop van twee stoppe dagga en beskuldigde 3 is
onskuldig bevind. Die appellant is gevonnis tot 'n boete van
R1000 of ses maande
gevangenisstraf plus 'n verdere drie jaar gevangenisstraf. Beskuldlgde 2 is
gevonnis tot R400 of twee maande
gevangenisstraf plus 'n verdere ses maande
gevangenisstraf wat voorwaardelik vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is. Die
appellant
se appèl teen beide die skuldigbevinding en die vonnis is deur
die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop van die hand gewys.
Verlof is op 9
Junie 1992 deur die hof
a quo
3
verleen om na hierdie Hof te appelleer.
Die Staat se saak het
berus op die getuienis van 'n enkelgetuie, speurderkonstabel D J Visser. Sy
getuienis kan soos volg opgesom
word. Op 17 Junie 1991 het hy vergesel van ene
Deon Mostert na die hoek van Willow- en Walmerstrate in Parkwood gegaan. Die
appellant
en beskuldigde 2 het daar saam met drie ander mans om 'n vuur gesit.
Mostert het aan die persone gesê dat hy en Visser iets
soek om te rook
waarop die appellant aan beskuldigde 2 gesê het om vir hulle 'n skyf te
gaan haal. Beskuldigde 2 het opgestaan
en Visser en Mostert het saam met hom
gestap na 'n perseel bekend as Willowweg 6A. Op pad na die perseel het Visser 'n
gemerkte tweerandmuntstuk
aan beskuldigde 2 gegee. By die perseel het
beskuldigde 2 aan beskuldigde 3 gevra om twee skywe te bring. Beskuldigde 3 het
gesê
dat hy nie skywe by hom het nie; dat hy alles onder die klip gesit
het en dat beskuldigde 2 dit by die klip moes
4
gaan uithaal. Beskuldigde 2 het toe vir iemand anders gesê om die
dagga te gaan haal. Terwyl hulle met die sypaadjie begin terugstap,
het 'n
persoon vanaf 'n hoop klippe gekom, twee stoppe dagga in Visser se hand gedruk
en die tweerand by beskuldigde 2 geneem. Beskuldigde
2 het saam met Visser en
Mostert gestap na hul voertuig waar kollegas vir hulle gewag het. Hy is daar
gearresteer, hulle is terug
na die straathoek en daar is die ander persone
deursoek. Die gemerkte tweerandmuntstuk is in die appellant se sak gekry.
Mostert
en 'n ander polisiebeampte het ongeveer agt tot tien meter vanaf die
plek waar die persone om die vuur gesit het 38 stoppe dagga
in koerantpapier
onder 'n klip gekry. Gedurende kruisondervraging het Visser ontken dat
beskuldigde 3 sou gesê het dat die
man wat die dagga oorhandig het die
persoon was wat die dagga verkoop. Die Staat het volstaan met Visser se
getuienis aangesien Mostert
nie tydens die verhoor beskikbaar was nie.
5
Die appellant het getuig dat hy wel die betrokke dag saam met beskuldigde
2 en nog drie ander persone by die straathoek gesit het.
Hy het Visser en
Mostert, wat voorgegee het dat hulle lede was van 'n bende bekend as
"Americans", nie geken nie. Die twee persone
het gevra vir 'n pyp; hulle wou 'n
pyp rook. Hy het vir beskuldigde 2 gesê om die mense te vat en die pyp
saam met hulle te
gaan rook. Een van die twee mans het ' n pyp wat leeg was by
hom gehad. Dit blyk verder uit die appellant se getuienis dat beskuldigde
2 die
twee mans sou neem na 'n man, genaamd Kef, by wie dagga gekoop kon word. Volgens
die appellant is beskuldigde 2 'n persoon
wat dagga rook en sou hy weet waar om
dagga te kry. Hy het ook gesien hoe Kef dagga oorhandig het aan die twee kopers
toe hulle teruggestap
het van die perseel waar beskuldigde 3 was. Die appellant
het erken dat die gemerkte tweerandmuntstuk deur die polisie in sy besit
gevind
is.
6
Hy het verduidelik dat hy 'n groentestalletjie het en vir dié doel
heelwat kleingeld by hom gehad het. Hy het gesien hoe die
tweerand aan Kef
oorhandig is vir die dagga en getuig dat Kef na die transaksie by hom kom sit
het. Hy het aan Kef voorgestel dat
hulle twee biere koop. Hy het die tweerand by
Kef geneem en R4,50 van sy kleingeld gebruik om twee biere te koop. Hy wou van
die
kleingeld wat swaar in sy sak was, wegmaak en dit is waarom hy die
tweerandmuntstuk geneem het en van die kleingeld gebruik het om
bier te
koop.
Beskuldigde 2 het in sy getuienis erken dat hy saam met die appellant by
die vuur gesit het die betrokke oggend. Hy het ook getuig
dat een van die twee
manne wat daar aangekom het, gesê het dat hy 'n pyp wou rook. Die
appellant het hom toe aangesê
om saam met die persone 'n skyf te gaan
rook. Die persone het aan hom gesê dat hulle twee stoppe wou hê en
'n tweerandmuntstuk
is aan hom oorhandig. Hulle is toe na
7
beskuldigde 3 se huis. In antwoord op sy navraag het beskuldigde 3
gesê dat hy nie weet waar die "merchant" is nie. Op daardie
oomblik het
die "merchant" egter opgedaag. Dit blyk uit beskuldigde 2 se getuienis dat Kef
inderdaad die "merchant" is waarna hy
verwys het. Hy het die tweerandmuntstuk
wat hy van die kopers ontvang het aan Kef oorhandig wat toe die twee stoppe vir
hulle gaan
uithaal het. Hy het saam met die twee mans na hul voertuig gestap
waar hy deur hulle gearresteer is. Hulle is terug na die ander
persone by die
vuur. Kef was ook daar en hy is ook deur die polisie deursoek en het daarna
weggehardloop. Gedurende kruisondervraging
het beskuldigde 2 getuig dat hy al
vyf of ses keer dagga by Kef gekoop het.
Beskuldigde 3 het getuig dat beskuldigde 2 by hom dagga wou gehad het. Hy
het aan beskuldigde 2 gesê dat hy nie dagga het nie
maar het getuig dat hy
wel vir hom gewys het dat die "merchant" aankom.
8
Dit blyk uit die landdros se uitspraak dat hy deeglik bewus was daarvan
dat die Staat se saak berus het op die getuienis van 'n enkelgetuie
en dat sy
getuienis met omsigtigheid benader moes word. Die landdros sê in sy
uitspraak dat Visser hom geïmponeer het
as getuie, dat sy getuienis in alle
wesenlike opsigte bevredigend is en dat dit betroubaar is. Hy wys ook daarop,
soos trouens uit
die oorkonde blyk, dat die getuienis van die appellant en sy
mede-beskuldigdes gedurende ondervraging gaandeweg in sekere opsigte
stawing vir
Visser se weergawe gebied het. Hy het die getuienis van Visser dan ook aanvaar.
Volgens die landdros is daar geen sprake
van waarheid in die appellant en sy
mede-beskuldigdes se getuienis nie en hy bestempel dit as 'n klomp leuens. Hy
het in sy uitspraak
volledig die weersprekings, teenstrydighede en
onwaarskynlikhede in hulle getuienis behandel.
Alhoewel die getuienis van Visser, die
9
appellant en sy mede-beskuldigdes tot 'n groot mate ooreenstem, is daar
tog sekere wesenlike verskille. So, byvoorbeeld, het die appellant
en sy
mede-beskuldigdes voorgegee dat Kef en nie die appellant nie eintlik die
handelaar was. Dat daar na Kef as die "merchant" verwys
is, word egter deur
Visser ontken. Mnr La Grange namens die appellant het die landdros se
geloofwaardigheidsbevindings aangeveg en
onder andere aangevoer dat Visser se
getuienis onder kruisverhoor in sekere opsigte teenstrydig is met sy
hoofgetuienis. Die getuienis
toon egter dat Visser onder kruisverhoor uitgebrei
het aangaande wat gesê is toe daar aanvanklik oor die aankoop van dagga
gepraat is en dat dit nie as 'n weerspreking bestempel kan word nie. Na
oorweging van ook ander kritiek deur mnr La Grange op die
verhoorhof se
geloofwaardigheidsbevindings is ek nie oortuig dat hierdie bevindings suksesvol
aangeveg kan word nie.
10
Mnr La Grange het ook aangevoer dat die landdros homself wanvoorgelig het
aangaande die vraag hoe Kef betrokke geraak het by die transaksie.
Dit is
duidelik uit die getuienis dat Kef aanvanklik nie by die groepie om die vuur
teenwoordig was nie maar die landdros het bevind
dat die enigste redelike
afleiding wat gemaak kan word, is dat sy betrokkenheid deur die appellant moes
ontstaan het. Dit strook
nie, aldus mnr La Grange se argument, met Visser se
getuienis dat beskuldigde 2 vir iemand gevra het om die dagga te gaan haal nie
en dat 'n onbekende persoon toe wel twee stoppe dagga in sy hand gedruk het nie.
Ek is nie oortuig dat die landdros se bevinding
wel verkeerd is nie maar selfs
indien in hierdie opsig misgetas is, is ek nogtans van mening dat dit nie
wesenlik was nie.
Die kernvraag aangaande die appellant se betrokkenheid by die twee stoppe
dagga is of sy verduideliking hoe hy in besit gekom het
van die
11
gemerkte muntstuk redelik moontlik waar kan wees. Die appellant se
verduideliking aangaande die tweerandmuntstuk moet egter nie in
isolasie
beoordeel word nie maar in samehang met die hele gebeure. Vergelyk
S v
Sigwahla
1967(4) SA 566 (A) op 569H. Die appellant se weergawe hou natuurlik
ook verband met beskuldigdes 2 en 3 se pogings om Kef as die
werklike handelaar
te brandmerk. Hul getuienis in dié opsig word weerspreek deur Visser.
Volgens sy getuienis is daar nie
verwys na die aankoms van die "merchant" nie.
Die landdros se aanvaarding van Visser se getuienis kan nie bevraagteken word
nie en
ek is geneig om met hom saam te stem dat beskuldigdes 2 en 3 se getuienis
in hierdie verband, gegee is om die appellant te help.
Dit is verder insiggewend
dat die appellant die persoon is wat gereageer het op die lokvink se versoek en
dat dit hy was wat beskuldigde
2 gestuur het om die dagga te kry. Die appellant
se verduideliking is ook uiters
12
onwaarskynlik. As groentesmous benodig hy sy kleingeld vir sy besigheid
maar terwyl hy nog wag vir sy groente raak hy ontslae van
sommige van sy
kleingeld omdat dit konsuis te swaar sou wees. Die tweerand sou in elk geval
weinig verskil aan die kleingeld-posisie
gemaak het. Die appellant se getuienis
is deurspek met teenstrydighede en onwaarskynlikhede en soos die oorkonde
aandui, het hy telkens
probeer om eenvoudige vrae te ontwyk. Hierdie
wolhaarstorie is tereg deur die landdros as vals verwerp. Die enigste redelike
af leiding
wat gemaak kan word van die feit dat Kef die gemerkte muntstuk aan
die appellant oorhandig het, gesien in die lig van al die ander
feite, is dat
die appellant die alleen- of medeverkoper van die twee stoppe dagga
was.
Dit is egter na my mening nie bo 'n redelike twyfel bewys dat die 38
stoppe dagga wat later gevind is, verband hou met die twee stoppe
wat aan die
lokvink
13
verkoop is nie. Visser het getuig dat die twee stoppe in sy hand gedruk
is deur 'n persoon geklee in 'n wit en swart trui nadat hy
en Mostert begin
wegstap het van die perseel waar hulle met beskuldigde 3 gepraat het. Volgens
Visser het daar 'n hoop klippe op
die sypaadjie gelê soos wat hulle uit
die grond uitgehaal is en die man wat hom die dagga gegee het, het van die
klippe af
gekom. Dit blyk egter nie uit sy getuienis dat hy inderdaad gesien het
dat die man die dagga onder 'n klip uithaal nie. Visser se
getuienis is verder
dat nadat hulle beskuldigde 2 gearresteer het hulle terug is na die mans by die
vuur. Daar het hy 'n kollega
aangesê om na "daai klippe" (verwysende
blykbaar na die klippe op die sypaadjie) te gaan waar die dagga sou wees.
Volgens Visser
is die kollega na 'n klip waar hy 'n sak met 38 stoppe, wat in
koerantpapier toegedraai was, gekry het. Ook hier is dit nie duidelik
uit sy
getuienis of hy werklik die uithaal van die dagga gesien het nie. Dit
14
is onverstaanbaar waarom die kollega nie ook as getuie geroep is nie.
Aangesien Visser nie gesien het dat die twee stoppe dagga wat
hy ontvang het
inderdaad onder 'n klip uitgehaal is nie kon dit van enige ander plek as vanaf
die klippe op die sypaadjie gekom het.
Indien aanvaar word dat die twee stoppe
van 'n klip op die sypaadjie gekom het, toon die getuienis nie aan waar die 38
stoppe gevind
is nie. Selfs indien die 38 stoppe onder ' n klip gevind is, is
dit ook nie bewys dat die twee stoppe van dieselfde klip gekom het
nie. Die
getuienis van die appellant en beskuldigdes 2 en 3 vul ook geensins hierdie
leemte in die Staatsaak aan nie. Die appellant
se getuienis in die verband is
onbevredigend. Hy het getuig dat Kef die dagga gekry het langs die muur waar die
polisieman die dagga
gekry het. In antwoord op 'n vraag hoe hy weet dat die
dagga by die klippe gekry is, het hy geantwoord dat Kef dit altyd daar plaas.
Volgens beskuldigde 2 se getuienis
15
het Kef die dagga onder 'n klip uitgehaal. Dlt blyk egter nie uit sy
getuienis waar die klip was nie. Beskuldigde 3 het ook getuig
dat Kef altyd die
dagga by 'n klip uithaal maar waar die klip sou wees, is nie duidelik
nie.
Dit is wel moontlik dat die twee stoppe ook in die sak was wat
die 38 stoppe bevat het. Dit is egter nie bo 'n redelike twyfel bewys
nie en dit
is ook nie bewys dat die twee stoppe by dieselfde klip waar die 38 stoppe was
gevind is nie indien aanvaar word dat al
die dagga wel onder klippe gevind is.
Die appellant is dus nie met die 38 stoppe verbind nie en dit is na my mening
nie bewys dat
hy dit besit het nie. Die bevinding dat die appellant met 38
stoppe handel gedryf het moet dus tersyde gestel word.
Wat die vonnis betref bring die feit dat appellant slegs met twee stoppe
dagga handel gedryf het mee dat daar met die vonnis ingemeng
behoort te
word.
16
Vergelyk
S v Jackson
1990(2) SASV 531 (A) op 533 d.
Hy
was tydens die verhoor in 1991 reeds 39 jaar oud. Hy het drie
vorige veroordelings vir die onwettige besit van dagga. Hy is ook gedurende
1988
skuldig bevind aan handeldryf in dagga en gevonnis tot R1000 of 12 maande
gevangenisstraf plus 'n verdere 18 maande gevangenisstraf
wat voorwaardelik
opgeskort is vir vyf jaar. Dit blyk verder dat die opgeskorte vonnis op 20
Augustus 1991 in werking gestel is en
dat die appellant op 2 Oktober 1991 op
borg vrygelaat is. Meer as 'n maand van die opgeskorte vonnis is dus reeds
uitgedien. Daar
is nie getuienis wat die massa van die twee stoppe dagga was
nie, maar dit kon nie veel gewees het nie. In die lig van al die omstandighede
is ek van mening dat 'n vonnis van twee jaar gevangenisstraf waarvan een jaar
samelopend met die 18 maande gevangenisstraf wat reeds
in werking gestel is,
uitgedien moet word 'n gepaste vonnis sal wees.
17
Die appèl slaag dus gedeeltelik. Die skuldigbevinding word gewysig
na 'n skuldigbevinding aan handeldryf in slegs twee stoppe
dagga. Die vonnis
word ter syde gestel en vervang met ' n vonnis van twee jaar gevangenisstraf
waarvan een jaar samelopend met die
opgeskorte vonnis van 18 maande
gevangenisstraf wat op 29 Augustus 1991 in werking gestel is, uitgedien moet
word.
A P VAN COLLER WAARNEMENDE APPèLREGTER
VAN HEERDEN, AR )
STEM SAAM SMALBERGER, AR )